PDA

View Full Version : Energie-onafhanklikheid



Bladsye : [1] 2

Baardman
11 Oct 2007, 13:39
Op 'n ander draad was daar 'n bespreking oor alternatiewe energie (spesifiek sonpanele).

Kom ons kyk wat kan ons doen om energie-onafhanklik te probeer wees. Die doel van so 'n oefening is NIE om dit vir Eskom makliker te maak om hulle foute weg te steek nie, maar eerder om ons kragrekeninge en afhanklikheid te verlaag (d.w.s. jy word minder geraak deur die onvermydelike kragonderbrekings, en jy skenk minder geld aan die nuwe Suid-Afrika).

Omdat alternatiewe energie duur is, is die eerste en belangrikste stap om jou kragverbruik so laag as moontlik te maak. Sonder om geriewe in te boet. Ons doen dit deur ons gebruik van energie so effektief as moontlik te maak.

My (meent)huis is toegerus met mini-kolligte (spotlights), twee in elke vertrek, wat 60W gloeilampies neem. Daar is 3 slaapkamers en twee badkamers, en in totaal is daar 15 gloeilampe (insluitende twee buiteligte) en 3 buisligte (in die kombuis en opwasplek).

Amper 'n kilowatt net aan ligvoorsiening. Ek het die gloeilampe almal met energie-besparings lampies vervang, en as ELKE lig in my huis aan is trek ek nou 270W (ek het nie TWEE lampe in elke kamer nie, net waar ek hoë ligvlakke nodig het). Hierdie is nou die neonlampies waarvan ek praat. Daar is ook die LED-gebaseerde "downlighters" wat in die plafon monteer, wat BAIE energie-effektief is.

Net so mors ons baie energie deur hitte wat verlore gaan. Twee goed wat ons kan doen, het te doen met isolasie. Eerstens, goeie isolasie op die plafon, en 'n isolasiekombers oor die warmwatersilinder. Daar is 'n tydskakelaar-stelsel op die mark wat die warmwatersilinder by tye afskakel, maar in terme van energiedoeltreffendheid is dit 'n foefie. As jou warmwatersilinder vir bv. 6 ure per dag afgeskakel is, verloor dit 'n sekere hoeveelheid hitte, wat weer teruggesit word wanneer die silinder aanskakel. Geen netto energievoordeel nie.

Wat wel gebeur, is dat die TYD wanneer die elektrisiteit gebruik word, geskuif word. Bv. die silinder skakel AF gedurende piektye, en vang op wanneer die totale aanvraag laag is (bv. 3 uur in die oggend). Die voordeel van hierdie stelsel word deur Eskom gevoel, nie die gebruiker nie. Sulke stelsels sal 'n voordeel aan die gebruiker bied slegs wanneer Eskom se prysstruktuur verander gebaseer op die TYD wanneer jy krag gebruik.

(Word vervolg)

Baardman
11 Oct 2007, 14:00
Deur die plafon te isoleer (onthou julle "pink Aerolite"?) word die hitteverlies deur die dak geminimaliseer, en gaan die temperatuur binne-in die huis meer gematigd wees. Dit beteken minder verhitting in die winter, en minder verkoeling in die somer. In terme van energiegebruik maak dit net 'n verskil as jy alreeds geld op verhitting en verkoeling spandeer (meeste van ons verhit ons huise in die winter, maar nie almal het lugversorgers vir die somer nie).

'n "Kombers" oor die warmwatersilinder verminder die verliese uit die silinder en dus die verbruik van elektrisiteit. Die warmwatersilinder is ook die grootste enkele gebruiker van energie in die gemiddelde huis. Moderne (goedkoop) warmwatersilinders se isolasie is maar power, so daar is 'n goeie verbetering te kry hierdeur.

Mens kry ook waterverhitters (gewoonlik vir 'n stort) wat in die waterlyn gemonteer word, en die water op aanvraag warm maak. Dis baie meer effektief as 'n silinder (reservoir) met warm water in, maar kos gewoonlik baie om te installeer.

Ander wenke om die warm-water energie vraag te verminder: jou pype van die silinder af bevat water wat koud word. Wanneer jy dus die warmwaterkraan oopdraai, vat dit 'n rukkie voor warm water by die kraan uitkom. Hoe verder van die silinder af, hoe meer koue water. Baie mense maak bv. 'n ketel vol uit die warmwaterkraan. Die kraan word toegedraai VOOR die warm water by die spuit uitkom. Dit sit egter in die pype, en word weer daar koud. Die warm water (nou in die pyp) word in die silinder vervang met koue water, wat warm gemaak word. Energiegebruik 1, voordeel 0.

As jy net 'n bietjie water gaan gebruik, tap dit uit die KOUE kraan.

Die ander groot manier om energie te spaar op die warm water gebied, is 'n voorverhitter. Dit kan deur 'n sonverwarmer op die dak gedoen word (die water na die silinder toe vloei deur swart pype op die dak voordat dit in die silinder ingaan). Deur die water te voorverwarm, het die silinder minder elektriese energie nodig om die water op temperatuur te bring.

(Word vervolg)

Rooi Jan
11 Oct 2007, 14:01
Sulke stelsels sal 'n voordeel aan die gebruiker bied slegs wanneer Eskom se prysstruktuur verander gebaseer op die TYD wanneer jy krag gebruik.

Daardie tegnologie bestan in ander dele van die wereld maar ek kan nie sien dat Sipho dit sal kan bemeester nie. Dis net te ingewikkeld. :uhoh:

Baardman
11 Oct 2007, 14:09
Die ander hoofgebruikers van energie in 'n huis is alles wat warm maak. Stoof, haardroër, ketel, verwarmer.

'n Mikrogolfoond is BAIE meer effektief as 'n stoof. Die mees (energie) effektiewe manier om 'n koppie koffie te maak is bv. om die koppie water in die mikrogolfoond te kook. Maar ek hou maar van my ketel... Deur die mikrogolfoond meer te gebruik in die voorbereiding van kos kan egter jou kragrekening afbring.

'n Haardroër is tipies 2kW (1kW of 1000W op die lae verstelling). 10 minute se gebruik op volsterkte trek net soveel energie soos my hele huis se ligte saam in 'n uur trek. Hierdie voorbeelde word eintlik genoem dat mense kan weet WAAR hulle kragrekening vandaan kom, eerder as om voor te stel dat mense ophou om hulle hare droog te blaas.

Vervolgens kan ons kyk na waar kan ons krag vandaan kom (ek bedoel nie die "ek slaan my oë op na die berge" krag nie...)

(Word vervolg)

Baardman
11 Oct 2007, 14:56
Watter praktiese alternatiewe bestaan vir die voorsiening van 220V wisselstroom krag?

(1) 'n Kragopwekker (petrol of diesel), en (2) 'n Battery-stelsel wat herlaai word.

'n Kragopwekker is op sy beste 'n korttermyn-oplossing. Hulle raas, en gebruik duur brandstof. Myns insiens is 'n kragopwekker net daar om krag in 'n noodgeval vir 'n relatief kort tyd te voorsien. Die kragopwekker moet ook loop WANNEER DIE KRAG NODIG IS.

'n Batterystelsel is in die verlede (en word nog steeds) met groot sukses op plase gebruik. Om aan 'n tipiese huis se vereistes te voldoen word GROOT (lees duur) batterye benodig. 'n 105 Ah "deep cycle" battery (soos op baie 4x4s gebruik) kos gewoonlik meer as R1000, en 'n huis het baie meer nodig.

Die plaas-stelsels was gewoonlik 36V (18 selle van 2V elk), en die selle was glas tenks met elektrodes en suur in. Die selle was groot. Die voordeel van hierdie konfigurasie was dat die battery versien kon word, anders as geseëlde "deep cycle" batterye (wat soos motorkarbatterye lyk). Maar jy het 'n vertrek/garage nodig waar die batterye kan staan met alles wat daarmee saamgaan.

Die batterye in ons hipotetiese alternatiewe energiestelsel kan in 12V, 24V of 36V konfigurasies gebruik word. Hoër spannings is beter. Hierdie gelykspanning word in 'n omsetter (inverter) gevoer wat dit omskakel na 220V wisselspanning. Op die plase het hulle 3kW omsetters gebruik, gewoonlik meer as een, wat natuurlik ook 'n klomp geld kos.

Vervolgens moet die batterye gelaai word. As die batterystelsel net in die geval van kragonderbrekings gebruik gaan word, kan die batterye met Eskomkrag herlaai word. As die alternatiewe stelsel HEELTYD gebruik word (d.w.s. die huis is ontkoppel van Eskomkrag, en word van die batterye af voorsien, en Eskomkrag herlaai net die batterye) gaan die kragrekening OPGAAN, omdat daar verliese in beide die batterylaaier en die omsetter is. MEER krag gaan gebruik word as wat die huis self trek.

Ander bronne van energie wat 'n battery-bank kan herlaai, is 'n kragopwekker en sonpanele.

(Word vervolg)

Baardman
11 Oct 2007, 15:09
Om die batterye met 'n kragopwekker te herlaai, is natuurlik baie meer aantreklik as om die kragopwekker direk te gebruik. Dis steeds minder effektief, maar die kragopwekker kan nou aangeskakel word wanneer dit geleë is (bv. wanneer ander nie deur die geraas gepla gaan word nie).

Die kragopwekker kan ook deur ander bronne as 'n petrol of diesel motor aangedryf word. 'n Windlaaier is een voorbeeld, of as daar lopende water beskikbaar is, deur iets soos 'n waterwiel. Hierdie is natuurlik nie vreeslike praktiese opsies in 'n meenthuiskompleks nie.

Die grootste nadeel van 'n fotovoltaiese stelsel (sonpanele) is die koste. 'n Verdere nadeel is hul grootte (jy het 'n redelike groot oppervlakte nodig om sinvolle hoeveelhede energie te lewer).

Andersins is dit die ideale oplossing, veral in Suid-Afrika. Maar mens gaan steeds tye hê (soos tans in Gauteng) waar die son vir dae aaneen nie skyn nie. In sulke tye is die effektiwiteit van 'n sonpaneel baie laer as gewoonlik.

Om te bereken hoeveel sonpanele 'n mens nodig het, moet jy na jou huis se verbruik kyk. Die maklike oplossing is om na jou kragrekening te kyk. Energieverbruik word in kilowatt-uur gemeet (eenhede op die rekening). Die grootte van die sonpaneel (en ook die batterye) hang af van die verbruik.

As 'n gegewe huis bv. 2000 eenhede per maand gebruik, kan ons die gemiddelde kragverbruik bereken (eenhede / 24 / 30). 24 uur in 'n dag, 30 dae in 'n maand. Die antwoord in hierdie voorbeeld is ongeveer 2.8 kilowatt gemiddeld.

Omdat 'n sonpaneel net sowat 6 ure per dag op volsterkte loop (d.w.s. 25% van die dag), moet die sonpaneel se "sterkte" minstens vier maal hoër wees as die huis se gebruik (wat op 'n 24 uur basis bereken is). Die hipotetiese huis van die voorbeeld het dus 'n 12 kW sonpaneel opstelling nodig om onafhanklik te wees.

Met die pryse van sonpanele (in die orde van R30000 per kilowatt) kan julle dus sien hoekom ek begin het met energie-effektiwiteit. Hopelik word sonpanele in die afsienbare toekoms heelwat goedkoper (die tegnologie bestaan), wat hierdie opsie meer aantreklik sal maak.

In my opinie is 'n alternatiewe energie opstelling net finansieel sinvol vir 'n plaas sonder krag, waar dit in elk geval R100 000 sal kos om Eskom krag te laat aanlê.

Die idee van onafhanklikheid van 'n voorsiener waarop jy nie kan vertrou nie, is egter vir my 'n baie aantreklik.

Groete
Baardman

Boervrou
11 Oct 2007, 15:16
Ek het op Landbou Weekblad se webwerf gelees van 'n egpaar wat 'n plaas gekoop het wat produkte verwerk, en dus krag as kern van hulle bedrywighede nodig het. Met die krag wat gedurig so onderbreek, het hulle hulle eie krag gegenereer. Ek weet hulle het o.a. hout en blare (wat hulle elkgeval sou moes uitbrand) gebruik in die hele proses. Ek sal die artikel soek en die skakel kom plaas hier. Dit het my baie beindruk. Hulle het genoeg krag vir eie gebruik gegenereer en beplan om later vir ander ook te kan voorsien daarvan. Amper sub-kontrakteurs van Eskom. :drinker:

Baardman
11 Oct 2007, 15:20
In die buiteland (bv. Amerika, Nieu-Seeland) kan jy jou surplus energie "terugdruk" in die stelsel in, as jy 'n rugsteun (backup) kragstelsel het. Dan kry jy ooreenkomstig afslag op jou kragrekening. Nie in SA nie...

Groete
Baardman

Boervrou
11 Oct 2007, 15:56
Hier's solank 'n interessante artikel as julle wil kyk. Soek nog na die artikel... byt vas. Ek sal hom nou kry.

http://landboublogs.24.com/ViewBlog.aspx?blogid=27f2557b-7fac-4da9-887c-dfd0a599cd9f

Boervrou
11 Oct 2007, 16:22
www.landbou.com/LandbouWeekblad/Nuus/0,,1294-1295_2157168,00.html

As die Boere maar net so iets kan aanpak om krag vir ons eie mense te voorsien, sal dit nie sleg wees nie. Ek kry nie die artikel wat ek gesoek het nie. Sodra ek dit kry sal ek dit kom plaas hier.

Baardman
18 Oct 2007, 21:44
Weet iemand dalk van 'n boer (plaaseienaar) wat onlangs Eskom-krag op sy plaas laat aanlê het wat dalk van 'n lekker fris (3kW+) inverter ontslae sal wil raak? 12V, 24V of 36V is goed, selfs 48V.

Ek is op soek na een maar die geld knyp maar. Ek wil nie te veel betaal nie. Die ding hoef nie in wonderlike kondisie te wees nie.

Groete
Baardman

Boerboel
19 Oct 2007, 10:30
Ek het vir my swembad sonpanele opgesit. Ek skakel nou slegs die elektriese swembadverhittings stelsel aan as daardie metertjie van Eskom op die TV rooi wys.

As die meter rooi wys en vir my se dat ek moet my elektrisitiet gebruik in die rooi in moet druk, dan skakel ek sommer al die 'spot lights' in die tuin ook aan, gaan vang n lekker warm bad. Se vir my vrou sy moet n koek bak en kry die bediende aan die stryk.

n Mens kan nie se dat ek nie my deel vir die nuwe SA doen nie.

Hennovdm
19 Oct 2007, 10:51
Ek het vir my swembad sonpanele opgesit. Ek skakel nou slegs die elektriese swembadverhittings stelsel aan as daardie metertjie van Eskom op die TV rooi wys.

As die meter rooi wys en vir my se dat ek moet my elektrisitiet gebruik in die rooi in moet druk dan skakel ek sommer al die 'spot lights' in die tuin ook aan, gaan vang n lekker warm bad. Se vir my vrou sy moet n koek bak en kry die bediende aan die stryk.

n Mens kan nie se dat ek nie my deel vir die nuwe SA doen nie.

Val ek amper van my stoel af van die lag. :rofl2:

Hennovdm
19 Oct 2007, 11:02
Baardman

Hierdie gesprek oor alternatiewe krag is dalk meer belangrik as wat ons dink. Selfbeskikking gaan dalk met selfonderhoud ook gepaard gaan en elektrisiteit is seker een van die belangrikste faktore.

Baardman, lyk my jy het al soos ek nagte wakker gele opsoek na oplossings.

Baardman
19 Oct 2007, 11:31
Terloops, net gisteraand het ek die film "Soylent Green" op DVD gekyk. Dit is gemaak in die vroeë 70s, en speel af so 15 jaar van nou af.

In die fliek het Charlton Heston se karakter 'n klein woonstel wat hy met 'n ou man deel. Krag word voorsien deur 'n paar batterye, en word herlaai deur 'n alternator wat op 'n oefenfiets gekoppel is. Wanneer die ligte dof raak, spring hy of sy woonstelmaat op die fiets en trap dat die sweet spat.

Dis natuurlik 'n heel lewensvatbare opsie. Klaarblyklik kan 'n ou wat fiks is, vir 30 minute 'n gemiddeld van sowat 150W handhaaf. Hierdie draad het sy oorsprong gekry in die bespreking van 'n sonstelletjie wat adverteer word:

http://www.solar-panel.co.za/rural-solar-power.htm

Die stel waarna ek verwys is 'n 15W sonpaneel, battery, lamp en reguleerder, teen R1300. R780 sonder die battery. 'n Oefenfiets-alternator vergelyk goed met hierdie stel, maar vat natuurlik moeite om te onderhou (dis egter goeie oefening).

Baardman

Hennovdm
19 Oct 2007, 12:12
Ek dink ons moet dalk eerder fokus op wind turbines. Die hele Nederland is vol wind turbines en die goed draai selfs al waai die wind nie, seker omdat hulle so hoog is.

Een voorbeeld. "n 20KW eenheid kos $56 000 (omtrent) R400 000 en sal seker genoeg krag kan verskaf aan 3 tot 4 huishoudings en seker meer (6-8)indien die huise energie vriendelik is.

Dus as 'n gemeenskap hul geld saam gooi kan dit baie goedkoper uitwerk. Hierdie wind turbines benodig minimum instandhouding.

Gaan Loer hier
http://www.windturbine.net/index.html

Baardman
19 Oct 2007, 12:45
Ek stem saam met wind-krag, maar dan begin dit groter raak as net wat ons vir onsself kan doen. Op 'n plaas is dit 'n ander saak, maar in my meenthuiskompleks gaan ek baie teenstand kry as ek selfs 'n klein windgenerator opsit.

Energie is hoofsaaklik van die volgende bronne afkomstig: kinetiese energie (enigiets wat beweeg), potensiele energie (goed wat van hoog na laag vervoer moet word - swaartekrag help hier), direkte lig-energie (sonpanele) en termiese energie (iets wat brand, of as daar 'n natuurlike temperatuurverskil bestaan soos bv. 'n warmwaterbron).

Lig-energie is die maklikste om te gebruik (maar duur), jy sit net 'n sonpaneel in.
Kinetiese energie is die mees algemene ('n rivier wat loop, windkrag, branders in die see ens.)
Potensiële energie is tot 'n groot mate tot watervalle ens. beperk - die gemiddelde man het nie toegang tot veel in hierdie lyn nie.
Natuurlike termiese energie is ook nie so algemeen beskikbaar nie, en om kunsmatig iets te brand vat natuurlik brandstof (dis wat kragstasies doen). Selfs kernkragstasies gebruik slegs termiese energie. Son-waterverwarmers gebruik die termiese eienskappe van sonlig (anders as sonpanele wat die lig gebruik).

Interessant genoeg is daar 'n "buitebrand" enjin, genaamd die Stirling enjin. Enige temperatuur differensiaal kan gebruik word om hom aan te dryf. Hoe groter die verskil, hoe beter werk die ding. Jy kan hom selfs bedryf deur een helfte in skaduwee en die ander helfte in sonlig te hou.

Stirling enjins is nie so maklik om te bou nie, maar daar is maatskappye wat dit doen. Een oplossing is om sonlig te fokus op die "warm kant" van die Stirling enjin (termiese energie).

Op die web is daar videos, sien onderstaande skakels:

http://www.youtube.com/watch?v=tugshxuh-f0
http://www.youtube.com/watch?v=1dTt2s6YwJ8

Baardman

Opstandig
19 Oct 2007, 14:40
Hierdie is n BAIE belangrike punt. In ons voorbereiding vir die toekoms, en die pad waarop dinge nou gaan, raak dit al hoe duideliker dat ons totaal afhanklik is van elektrisiteit vir oorlewing, selfone & internet vir kommunikasie en petrol vir vervoer. In die laaste paar maande het dit BAIE duidelik geword dat hierdie dinge MAKLIK uit ons samelewening weggeneem kan word wat ons gestrand by die huis laat sit. Ek stel voor dat ons na mekeer kyk in die opsig met n forum wat net op alternatiewe hulpbronne gemik is. Wat goeie en slegte produkte uitwys, 'pro's' en 'con's', die beste plekke om mee te deel met die aankoop van die produkte, meer belangrik, dat ons met ons eie mense begin deel instede van die koelie op die hoek van die straat.
Miskien wil die weborganiseerders n deel op die webwerf plaas, en dalk n alternatiewe webwerf op die been bring waar ons blankes met mekaar kan kontak maak om besigheid te doen. Ek weet dit kan dalk deure oopmaak vir ander dinge ook, maar dis belangrik dat ons weet van mekaar en mekaar ondersteun in die dae!

Baardman
19 Oct 2007, 15:11
Ek speel al 'n ruk met die idee van 'n "Boere geel bladsye" (vierkleur bladsye?), waar ons ons besighede en "skills" kan lys, sodat ons mekaar kan ondersteun. Ek kan maklik so 'n area op die forum oopmaak...

As mense dit wil gebruik, PM my asseblief dan sien ek wat ek kan doen.

Groete
Baardman

protea
19 Oct 2007, 15:41
Ek dink ons moet dalk eerder fokus op wind turbines. Die hele Nederland is vol wind turbines en die goed draai selfs al waai die wind nie, seker omdat hulle so hoog is.

Een voorbeeld. "n 20KW eenheid kos $56 000 (omtrent) R400 000 en sal seker genoeg krag kan verskaf aan 3 tot 4 huishoudings en seker meer (6-8)indien die huise energie vriendelik is.

Dus as 'n gemeenskap hul geld saam gooi kan dit baie goedkoper uitwerk. Hierdie wind turbines benodig minimum instandhouding.

Gaan Loer hier
http://www.windturbine.net/index.html

Hi Daar,

Die 2 dinge wat ons in SA in oorvloed het is sonlig EN wind. En beide van hulle word as energie voorsienings moontlikhede totaal onderbenut.

n Boer in die diep Karoo het n ESKOM kwotasie van R800 000 gehad om ESKOM krag op sy plaas te kon kry. Hy besluit toe om son en wind te implementeer en dit kos hom toe in die orde van R120 000. Sy vrou ontbeer geen geriewe nie ,maar al haar elektriese toerusting is die AEG produk waarop n 'sensoric' tekentjie aangebring is wat verklaar dat die betrokke toestel in staat stel om van battery te opereer. Die enigste nadeel is die prys van die 'sensoric' toestelle wat omtrent 2 1/2 keer die prys van sy gewone elektriese eweknie is.

Met die koop van ons plaas moes ons n onderneming onderteken wat verklaar dat ons die bestaande ESKOM krag sal gebruik. Maar hoe kanselleer jy so n onderneming wettig want anders sal dit neerkom op kontrakbreuk?

sclark
19 Oct 2007, 15:59
Ek speel al 'n ruk met die idee van 'n "Boere geel bladsye" (vierkleur bladsye?), waar ons ons besighede en "skills" kan lys, sodat ons mekaar kan ondersteun. Ek kan maklik so 'n area op die forum oopmaak...

As mense dit wil gebruik, PM my asseblief dan sien ek wat ek kan doen.

Groete
Baardman

Fantastic idea, love it!!!

noordoos
19 Oct 2007, 17:28
,maar al haar elektriese toerusting is die AEG produk waarop n 'sensoric' tekentjie aangebring is wat verklaar dat die betrokke toestel in staat stel om van battery te opereer.

Ek het verstaan mens gebruik n "inverter" om die battery krag na 220 volt gewone krag om te sit. Waar het ek agter geraak?

noordoos
19 Oct 2007, 17:29
Ek speel al 'n ruk met die idee van 'n "Boere geel bladsye" (vierkleur bladsye?), waar ons ons besighede en "skills" kan lys, sodat ons mekaar kan ondersteun. Ek kan maklik so 'n area op die forum oopmaak...

As mense dit wil gebruik, PM my asseblief dan sien ek wat ek kan doen.

Groete
Baardman

Klink interessant. Kan ons meer hoor?

Baardman
19 Oct 2007, 18:04
'n Opsie wat nog glad nie genoem is nie, is gas (LPG). Stowe, oonde en warmwatersilinders kan maklik van gas af bedryf word. Dit is hoogs effektief, en baie prakties. Ek self gebruik 'n gas verhitter in die winter.

Groete
Baardman

Baardman
20 Oct 2007, 00:31
Iets wat ek so pas raakgelees het (net voor 12 op 'n Vrydagaand, OK, so ek het nie 'n lewe nie)...

Dis 'n webwerf oor wind-krag, ook hoe om dit self te doen.

http://www.scoraigwind.com/

Groete
Baardman

Voertsek
20 Oct 2007, 11:16
:stop:
Kyk gerus na die volgende alternatiewe energie databasis....dit sluit videos en dokumentasie oor hoe om die patente self te bou.

Die webwerf..

http://www.panaceauniversity.org/


Meers spesifiek.. :icon_pidu

http://www.panaceauniversity.org/D14.pdf

Max
20 Oct 2007, 12:26
:stop:
Kyk gerus na die volgende alternatiewe energie databasis....dit sluit videos en dokumentasie oor hoe om die patente self te bou.


Sjoe dit is omtrent n storie maar definiteif iets wat ek meer gaan bestudeer. Die kennis kan net van hulp wees in die toekoms. My kennis van elektronika, fisika ens is werklik skrikwekkend min so ek hoop nie ek blaas iets op in die huis in die tussentyd nie...:rofl:

Henry
20 Oct 2007, 13:25
New Energy Sources and Inventions
By Peter Lindemann, D. Sc. (Summarized and edited by Fred Burks)

In the late 1880's, trade journals in the electrical sciences were predicting "free electricity" in the near future. Incredible discoveries about the nature of electricity were becoming commonplace. Within 20 years, there would be automobiles, airplanes, movies, recorded music, telephones, radio, and practical cameras. For the first time in history, common people were encouraged to envision a utopian future filled with abundant modern transportation and communication, as well as jobs, housing and food for everyone. So what happened? Where did the new energy breakthroughs go? Was this excitement about free electricity all just wishful thinking that science eventually disproved?
Current State of Technology. The answer is no. Spectacular new energy technologies were developed right along with other breakthroughs. Since then, multiple methods (http://www.wanttoknow.info/newenergyinventionsnewsarticles)for producing vast amounts of energy at extremely low cost have been developed. None of these technologies have made it to the open consumer market, however. Why this is true will be discussed shortly. First, here is a short list of new energy technologies. The common feature connecting all of these discoveries is that they use a small amount of one form of energy to control or release a large amount of a different kind of energy.
Radiant Energy (http://www.wanttoknow.info/radiantenergy). Nikola Tesla's Magnifying Transmitter (http://www.wanttoknow.info/nikolateslamagnifyingtransmitter), T. Henry Moray's Radiant Energy Device (http://www.rexresearch.com/moray2/morayrer.htm), Edwin Gray's EMA Motor, (http://www.rexresearch.com/evgray/1gray.htm) and Paul Baumann's Testatika Machine (http://www.rexresearch.com/testatik/testart.htm)all run on Radiant Energy. This natural energy can perform the same wonders as ordinary electricity at less than 1% of the cost. It does not behave exactly like electricity, however, which has contributed to the scientific community's misunderstanding of it. The Methernitha Community in Switzerland currently has 5 or 6 working models (http://www.wanttoknow.info/methernitatestatika)of fuelless, self-running devices that tap this energy. [More (http://www.wanttoknow.info/freeenergy#1)]

Permanent Magnets (http://www.wanttoknow.info/permanentmagnets). Dr. Tom Bearden has two working models of a permanent magnet powered electrical transformer. (http://www.wanttoknow.info/beardenmeg) It uses a 6-watt electrical input to control the path of a magnetic field coming out of a permanent magnet. By channeling the magnetic field, first to one output coil and then a second repeatedly and rapidly, the device can produce a 96-watt electrical output with no moving parts. Multiple inventors have working mechanisms that produce torque from permanent magnets alone. [More (http://www.geocities.com/CapeCanaveral/Lab/1287/adams/adamsall.htm)]
Super-Efficient Electrolysis (http://www.wanttoknow.info/electrolysis). Water can be broken into hydrogen and oxygen using electricity. When water is hit with its own molecular resonant frequency, it collapses into hydrogen and oxygen gas with little electrical input. Hydrogen fuel can drive engines (like in your car (http://www.waterfuelcell.org/WFCprojects/Video/NewsReport.wmv)) for the cost of water. [More (http://www.wanttoknow.info/freeenergy#4)]
[URL="http://www.wanttoknow.info/resources#cold"]Cold Fusion. (http://www.wanttoknow.info/coldfusion1) Though initial claims were debunked, cold fusion is very real. Not only has excess heat production been repeatedly documented, but also low energy atomic element transmutation has been catalogued, involving dozens of different reactions! [More (http://www.wanttoknow.info/freeenergy#6)]
There are dozens of other systems. Many are viable and well tested. But this short list is sufficient to make the point: new energy technology is here. It offers the world pollution-free energy abundance for everyone, everywhere. It is now possible to stop the production of "greenhouse gases" and shut down the nuclear power plants. Transportation and production costs for just about everything can drop dramatically. Yet all these wonderful benefits that can make life on this planet so much easier and better for everyone have been postponed for decades. Why?

Henry
20 Oct 2007, 13:27
Whose purposes are served by this postponement?

Four Invisible Forces. There are four forces that have worked together to create this situation. The wealthiest families and their central banking institutions are the first force (http://www.wanttoknow.info/051115secretsocietiesbilderberg). Their motivations are greed and the need to control almost everything except themselves. Their plan is to eventually control all of the resources of the world, and thereby control everyone's life through the availability of all goods and services. An independent source of wealth (new energy device) in the hands of every person in the world ruins their plans for world domination. They dont want any competition. The weapons they have used to enforce this include intimidation, "expert" debunkers, buying and shelving of technology, and murder of inventors. They have also promoted the scientific theory that states free energy is impossible (laws of thermodynamics).
The second force is national governments. The problem here is related to the maintenance of national security. There is a constant jockeying for position and influence in world affairs, and the strongest party wins. In economics, it's the golden rule, which states: "The one with the gold makes the rules." Unlimited energy on this planet will lead to an inevitable reshuffling of the balance of power. Everybody will want it, and at the same time, want to prevent everyone else from getting it. So, national governments motivations are self-preservation. Their weapons include preventing the issuance of patents based on national security grounds, harassment of inventors with criminal charges, tax audits, threats, phone taps, arson, theft, and a host of other intimidations which make the business of building and marketing a new energy machine practically impossible.
The third force consists of deluded inventors and con men. On the periphery of the extraordinary scientific breakthroughs that constitute real new energy technologies, lies a shadow world of unexplained anomalies, marginal inventions and unscrupulous promoters. The first two forces have constantly used the media to promote the worst examples of this group, to distract the public's attention, and to discredit real breakthroughs by associating them with the frauds. So, the third force is delusion and dishonesty. The motivations are self-aggrandizement, greed, want of power over others, and a false sense of self-importance. The weapons used are lying, cheating, self-delusion and arrogance combined with bad science.
The fourth force operating to postpone the public availability of new energy technology is all of the rest of us. It may be easy to see how narrow and selfish the motivations of the other forces are, but actually, these motivations are still very much alive in each of us as well. Like the wealthiest families, don't we each secretly harbor illusions of false superiority and want to control others instead of ourselves? Also, wouldn't you sell out if the price were high enough? Or like the governments, don't we each want to ensure our own survival? Or like the deluded inventor, don't we trade a comfortable illusion once in a while for an uncomfortable fact? Or don't we still fear the unknown, even if it promises a great reward?
All four forces are just different aspects of the same process. There is really only one force preventing the availability of new energy technology, and that is unspiritually motivated behavior. New energy technology is an outward manifestation of divine abundance. It is the engine of the economy of an enlightened society, where people voluntarily behave in a respectful and civil manner toward each other. Unspiritualized humans cannot be trusted with new energy. They will only do what they have always done, which is to take merciless advantage of each other, or kill each other and themselves in the process.
The Opportunity. What is new is that you and I can communicate with each other now better than at anytime in the past. The Internet offers us, the fourth force, an opportunity to overcome the combined efforts of the other forces preventing new energy technology from spreading. What is starting to happen is that inventors are publishing their work (http://www.peswiki.com/index.php/Congress:Top_100_Technologies_--_RD), instead of patenting it and keeping it secret. More and more, people are "giving away" information on these technologies in books, videos and websites. While there is still a great deal of useless information about new energy on the Internet, the availability of good information is rising rapidly.
All of us constitute the fourth force. If we stand up and refuse to remain ignorant and action-less, we can change the course of history. Only mass action can create the world we want. The other three forces will not help us put a fuelless power plant in our homes. New energy technology will change everything about the way we live, work and relate to each other. It obsoletes greed and fear for survival. But like all exercises of spiritual faith, we must first manifest generosity and trust in our own lives.
New energy technology is here. It has been here for decades. Communications technology and the Internet have torn the veil of secrecy off of this remarkable fact. People all over the world are starting to build new energy devices. The bankers and governments dont want this to happen, but cant stop it. Tremendous economic instabilities and wars will be used to distract people's attention from the new energy movement. There will be essentially no major media coverage of this aspect of what is going on.
Western society is in many ways spiraling toward self-destruction due to the accumulated effects of greed and corruption. New energy technologies cannot stop this trend. If, however, you have a new energy device, you may be better positioned to support the transition that is underway. The question is, who will ultimately control the emerging world government, the first force, or the fourth force? Some who refuse to fight will survive to see the dawn of the world of new energy. I challenge you to be among the ones who try.

Henry
20 Oct 2007, 13:42
Burgers, daar is mos etlike ingenieurs onder ons.

Ongelukkig verstaan ek min van sulke goed, maar as leek stel ek belang daarin.

Kan ons nie 'n komitee stig om iets te ontwikkel nie? As ons moontlik aan plekke wat deur ons eie mense beset word, soos bv Balmoral se gemeenskap, krag kan verskaf teen amper zero koste het ons mos 'n slag geslaan. Die sweisskool daar kan vir ons produkte vervaardig, en daar is ook ander tans onbenutte vaardighede beskikbaar.

Kom ons sien 'n plan of twee, kerels! Hoe lyk dit?

Mike.
20 Oct 2007, 13:50
Henry, die ouens daar het 'n sweisskool, nie 'n fabriek nie.

Hulle bou ne transformators nie, hulle leer mense sweis.

Daaar is nogal 'n verskil, weet jy?

Henry
20 Oct 2007, 13:57
Korrek, Mike.

Baie ouens leer egter om transformators te bou in basiese N2 en N3 - kursusse. Maar wat ons waarskynlik nodig sal he is apparaat om bv waterstof uit gas uit te haal en te stoor vir gebruik soos nodig. Sulke apparaat kan bv kopersweiswerk of aluminiumsweiswerk behels. Sulke tegnologie is reeds daar in Boerevolkhande gevestig.
Kom ons benut dit.

Mike.
20 Oct 2007, 14:03
Kan seker gedoen word! Wat is ons ingenieurs se menings?

sclark
20 Oct 2007, 14:03
Ek het gister vir Kolonel Willem Ratte gekontak, hy ken klaarblyklik vir ou Lets Petoors en onder verbaasing praat hy niks slegs van die moerskont nie

EK EN WILLEM RATTE KEN MEKAAR AL JARE LAAT DIT MAAR 'N GEBORGE GEHEIM BLY


AS JULLE 'N SWEISKURSUS WIL DOEN BEL MY BY 0836306364

Maybe it's a language thing, I'm not sure, but that comment sure sounds like an insult to Dr lets. Please correct me if I'm wrong....BTW I'm a chapess, not a chap!

Faurie
20 Oct 2007, 14:32
Maybe it's a language thing, I'm not sure, but that comment sure sounds like an insult to Dr lets. Please correct me if I'm wrong....BTW I'm a chapess, not a chap!

Lyk my hy het nie die chapess gedeelte verstaan nie. :D

Ek is ook n (self aangestelde)siener maar het niks van Nubiru gesien nie, wat ek wel sien is dat ons nog lekker gaan gesels in die komende week of so. :rofl:

Groetnis

Henry
20 Oct 2007, 14:36
Jan!

Moet jy altyd!@#$%^&*()_alles bedonner waaraan jou vieslike pote raak!
Jy dra nie by tot enige kennis nie. As jy nie kan bydra nie, hou jou afstootlike taal en jou ongevraagde beledigings vir jouself.

En moenie die onderwerp verander nie!

Niemand stel belang in wie jy ken en hoe belangrik jy is nie, Jan die M**rsk@nt! (ek gebruik die woord omdat jy ander so noem, nie omdat ek dit goedkeur nie) Almal weet egter wie jy is. Hierdie soort gedrag is egter onverskoonbaar. Jou gedragspatroon wyk baie duidelik ernstig af van normale mense s'n. Ek stel voor jy raadpleeg 'n professionele persoon. Ek dink nie jy hoort op straat nie.

As ek dit se beledig ek jou nie. Ek probeer help.

Moderators, kan ons asb Frikkie Kubaan, Piett, en Luther permanent verwyder van hierdie forum af en hulle verhoed om ooit weer onder name soos hierdie en ander hier te pos? Hierdie tipe gedrag en taalgebruik hoort nie op hierdie forum nie.

Vicky, jy moet nou maar my blaker skop, maar ek dink werklik Jan en sy vriende het professionele hulp nodig. Sulke gedrag dui nie op normale optrede nie.

Faurie
20 Oct 2007, 14:39
Ek het gister vir Kolonel Willem Ratte gekontak, hy ken klaarblyklik vir ou Lets Petoors en onder verbaasing praat hy niks slegs van die moerskont nie

EK EN WILLEM RATTE KEN MEKAAR AL JARE LAAT DIT MAAR 'N GEBORGE GEHEIM BLY


AS JULLE 'N SWEISKURSUS WIL DOEN BEL MY BY 0836306364

Net n woord van advies, sensor jou woorde anders gaan jy nie meer lank kan kuier hier nie, ek sien nogal uit na n lekker kuiertjie.

Sien die forum reels met betrekking tot taalgebruik. Dit is nie om snaaks te wees met jou nie.

Groetnis

Vicky
20 Oct 2007, 14:51
Ek het gister vir Kolonel Willem Ratte gekontak, hy ken klaarblyklik vir ou Lets Petoors en onder verbaasing praat hy niks slegs van die moerskont nie

EK EN WILLEM RATTE KEN MEKAAR AL JARE LAAT DIT MAAR 'N GEBORGE GEHEIM BLY


AS JULLE 'N SWEISKURSUS WIL DOEN BEL MY BY 0836306364

Luther, hierdie is jou enigste waarskuwing, aangesien jy eintlik reeds lankal verban is vir hierdie tipe taalgebruik. Volgende oortreding is jy uit.

Vicky
20 Oct 2007, 14:53
Jan!

Moet jy altyd!@#$%^&*()_alles bedonner waaraan jou vieslike pote raak!
Jy dra nie by tot enige kennis nie. As jy nie kan bydra nie, hou jou afstootlike taal en jou ongevraagde beledigings vir jouself.

En moenie die onderwerp verander nie!

Niemand stel belang in wie jy ken en hoe belangrik jy is nie, Jan die M**rsk@nt! (ek gebruik die woord omdat jy ander so noem, nie omdat ek dit goedkeur nie) Almal weet egter wie jy is. Hierdie soort gedrag is egter onverskoonbaar. Jou gedragspatroon wyk baie duidelik ernstig af van normale mense s'n. Ek stel voor jy raadpleeg 'n professionele persoon. Ek dink nie jy hoort op straat nie.

As ek dit se beledig ek jou nie. Ek probeer help.

Moderators, kan ons asb Frikkie Kubaan, Piett, en Luther permanent verwyder van hierdie forum af en hulle verhoed om ooit weer onder name soos hierdie en ander hier te pos? Hierdie tipe gedrag en taalgebruik hoort nie op hierdie forum nie.

Vicky, jy moet nou maar my blaker skop, maar ek dink werklik Jan en sy vriende het professionele hulp nodig. Sulke gedrag dui nie op normale optrede nie.

Henry, ek verstaan jou punt, maar moenie jou nou ook skuldig maak aan 'n oortreding van die rels nie. Ek voel egter net soos jy.

Faurie
20 Oct 2007, 14:55
Hi Daar,

Die 2 dinge wat ons in SA in oorvloed het is sonlig EN wind. En beide van hulle word as energie voorsienings moontlikhede totaal onderbenut.

n Boer in die diep Karoo het n ESKOM kwotasie van R800 000 gehad om ESKOM krag op sy plaas te kon kry. Hy besluit toe om son en wind te implementeer en dit kos hom toe in die orde van R120 000. Sy vrou ontbeer geen geriewe nie ,maar al haar elektriese toerusting is die AEG produk waarop n 'sensoric' tekentjie aangebring is wat verklaar dat die betrokke toestel in staat stel om van battery te opereer. Die enigste nadeel is die prys van die 'sensoric' toestelle wat omtrent 2 1/2 keer die prys van sy gewone elektriese eweknie is.

Met die koop van ons plaas moes ons n onderneming onderteken wat verklaar dat ons die bestaande ESKOM krag sal gebruik. Maar hoe kanselleer jy so n onderneming wettig want anders sal dit neerkom op kontrakbreuk?

Mike en Henry, sal daar nie sulke tipe reëlings soos bo ook van toepassing wees op dorps gebiede nie?

Groetnis

Mike.
20 Oct 2007, 15:02
Ek stem saam met Fourie en Henry en die ander.

Jan het sopas alle grense van beskaafdheid oorskry. Ek glo nie 'n volksheld soos Willem is trots om so 'n persoon te ken nie. Ek wil "Jan" ook nie ken nie. Ek steun ook sy onmiddellike verwydering, asook 'n paar ander persone s'n, wie se uitsluitlike doel dit is om te "stir", die gesprekke te ontspoor, chaos te stig, en eerbare sake en persone in diskrediet te bring. "Jan" is al etlike kere in die verlede hier verbied en kom dan onder 'n skuilnaam terug. Hy probeer ook op forums soos "Stormfront" om ons mense swart te smeer. Die Boerevolk wil eendragtig saamstaan en kankers soos hierdie uitsny.

Hierdie draad gaan egter nie daaroor nie.

Kom ons spits ons toe op die doel van hierdie draad.

Kom ons ondersoek die metodes hierbo en kyk eerder na hoe ons energie kan ontwikkel volgens idees wat hier uiteengesit is. Dit kom my voor of daar reeds werkende modelle bestaan. Kan iemand hierop uitbrei, asb?

Kan ons 'n projek aan die gang kry?

noordoos
20 Oct 2007, 15:22
Ek stel ook baie belang. Ek woon in n munisipale gebied en vermoed hulle sal n stokkie daarvoor wil steek? Ek sal hierdie week uitvind wat die munisipale wet sê. My elektrisiteit rekening alleen is R5000 per maand. Dit is sonder water en ander dienste. Saam met dit, sonder erf belasting, is dit R10775.00 hierdie maand! Krag verbruik volgens Baardman se formule is 15.5 kilowatt, gemiddeld per dag.(eenhede verbruik is 11109)

Baardman
20 Oct 2007, 15:40
Daar is baie mense wat beweer daar is oneindige energie in die heelal, wat deur spesiale metodes "getap" kan word. Hierdie energie word "zero point energy" genoem. Mense wat hierdie veld bestudeer word algemeen deur die wetenskaplike gemeenskap as "crackpots" geklassifiseer.

Daar is egter baie slim mense wat in die veld werk, soos bv. Dr. Thomas Bearden, voorheen by NASA. Hierdie navorsers beweer mens kan 'n masjien bou wat, as jy bv. 1 kW insit, kry jy 3 kW uit.

Ek het die eerste keer blootstelling gekry aan die "free energy" konsepte toe ek ongeveer 10 jaar gelede vir Anglo American (vir wie ek toe gewerk het) 'n ondersoek moes doen op 'n stelsel wat deur 'n vrou in Kaapstad aanmekaar geslaan is, wat na bewering energie uit die "vakuum" getrek het.

Ons kon geen definitiewe "verniet energie" bespeur nie. Die mees waarskynlike verklaring was meetfoute. Daar was definitief nie "significant over-unity" gedemonstreer nie.

Ek lees al vir 10 jaar hieroor op. Ek vind dit baie interessant, veral die feit dat niemand 'n masjien kan demonstreer nie. Jy HOOR van masjiene, lees daaroor op, dan vind jy uit iemand het 'n verklaring. Baiekeer is die verduideliking HOEKOM hulle nie 'n masjien kan demonstreer nie, iets in die lyn van "dit word deur die Illuminati onderdruk". Hierdie tipe storie werk nie vir my nie.

Ek sê nie dis onmoontlik om oneindige verniet energie te kry nie (soos wat die "zero point energy" mense glo moontlik is nie), ek dink egter om hoop daarop te plaas is dalk onredelik.

Ek, as ingenieur, sou my eerder by energiebronne hou wat ons duidelik kan sien, maar wat ons niks kos nie. Dit sluit in riviere, wind, sonkrag ens.

Groete
Baardman

Faurie
20 Oct 2007, 16:43
Ek stel ook baie belang. Ek woon in n munisipale gebied en vermoed hulle sal n stokkie daarvoor wil steek? Ek sal hierdie week uitvind wat die munisipale wet s. My elektrisiteit rekening alleen is R5000 per maand. Dit is sonder water en ander dienste. Saam met dit, sonder erf belasting, is dit R10775.00 hierdie maand! Krag verbruik volgens Baardman se formule is 15.5 kilowatt, gemiddeld per dag.(eenhede verbruik is 11109)

Ek glo daar sal iets in lyn wees soos jy seg. Hulle sal definitief n probleem h as jy krag aan n gemeenskap wil verskaf.

Dit keer egter niemand om n eenheid(windkrag miskien) te ontwikkel en beskikbaar te stel aan mense in die gemeenskap teen kosprys plus, wat jy dan kan gebruik vir privaat gebruik soos gesien kan word op n huis hier op Baardman se skakel vroer: http://www.scoraigwind.com/

As dit goedkoop genoeg uitgesit kan word sien ek nie dat enige iemand nie daarvan gebruik sal wil maak nie.

Ek dink dit kan ook dalk met Mike en Henry se gedagtes aansluit, ons voorsien soortvan krag, befonds die BVS op n mate en ter selfde tyd bemark ons die BVS? Gedagtes?

Groetnis

ps: As ek daai rekening van jou kry beskuie ek myself....:icon_wtf:

Kaptein Hempel
20 Oct 2007, 20:45
Dagse mense, Ek is besig met 'n ding wat krag vir 'n doodgewone huis te kan opwek, sonder brandstof.... Ek sal julle inlig hoe dit vorder, en tot watter kapasiteit hierdie toestel sal kan werk, bedoelende sal die ding 'n TV, Yskas, Vrieskas, Stoof ens..... tegelyk hanteer.

Indien die toestel dit kan volhou oor 'n konstante lading en nie ingee of uitbrand nie sal ek dit dan bekendmaak. Miskien skakel ek dalk net een toestel uit wat die krag vreet.... Maar ek hou jul op hoogte.

Boere Groete
KH

protea
20 Oct 2007, 23:25
Hallo Kaptein Hempel,

Ek het die ander dag van n ketel gehoor wat op die prinsiep werk van 2 metale wat jy in kontak bring met mekaar wat dan die water sal laat kook. Die persoon wat my dit vertel het , kon my ongelukkig nie meer inligting gee nie.

Stertkte met jou planne. Onthou : n Boer maak n plan en sommige maak 2! n Ou oom het eendag gese : My kind , jou geld gaan opraak, maar jou planne moet net nooit opraak nie!

Groetnis

Protea

Baardman
21 Oct 2007, 00:53
Die wette van termodinamika stel dit aan ons dat jy energie kan omsit van een vorm na 'n ander, maar nie kan maak nie. Dit staan vas. Niemand gaan dit oorkom nie. Nooit nie.

Die konsep van "verniet energie" behels die gebruik van energie wat daar is, maar wat JY nie hoef in te sit nie. Dis nou die wat ek vroeër genoem het (kineties, potensieel, lig, hitte).

Om 'n liter water 1 graad celsius warmer te kry, vat 4.184 kiloJoule energie. Dit moet iewers vandaan kom, ons kan nie daarby verby kom nie. Om dit in 1 sekonde te doen, vat 4.184 kW drywing (drywing is energie per tydseenheid, 1 W = 1 J/s).

Die drywing uit sonlig beskikbaar is ONGEVEER 1 kW per vierkante meter. Sonpanele is 12-15 persent effektief, mens kry dus sowat 120-150 Watt per vierkante meter.

Twee metale wat met mekaar in kontak kom, kan nie water warm maak nie. Drywing moet ingesit word. Daar moet 'n bron van energie wees.

Selfs die omstrede "zero-point energy" (as so iets bestaan) teorie verkondig nie die "maak" van energie nie, hulle reken die energie is reeds daar, mens moet dit net kan tap.

Weer eens, konvensionele bronne van energie is enigiets wat werk kan doen - 'n rivier wat vloei, 'n waterval, sonlig, 'n vuur wat brand, wind wat waai, branders in die see, en dies meer.

Baardman

Baardman
21 Oct 2007, 01:04
Die grootste probleem met alternatiewe energiebronne (soos ook met alternatiewe brandstowwe vir voertuie) is die volumes energie wat ons gebruik.

Ons hele samelewing is gebou op die beskikbaarheid van goedkoop energie (Eskom krag). Net so ons motors. Meeste mense het nie 'n idee van die hoeveelheid brandstof wat per dag gebruik word nie. Ons het nou uit vorige poste alreeds 'n idee van hoeveel elektrisiteit 'n gemiddelde huis gebruik (die oorskakeling na alternatiewe bronne sal honderde duisende rande kos).

SA se kragvoorsienings kapasiteit is omtrent 40 000 megawatt. Die totale Bruto Binnelandse Produk van SA is nie genoeg om sonpanele te koop om hierdie syfer uit sonkrag te bereik nie (jou sonpanele sal sowat 27 000 hektaar moet beslaan)

Groete
Baardman

noordoos
21 Oct 2007, 13:11
Baardman
Dankie, ek geniet dit baie. Wat is die vordering op die gebied van weerlig. Wat kan gedoen word om dit op te vang en te stoor?

Hornett
21 Oct 2007, 16:39
Middag almal Skies ek weet dit is nie deel van die onderwerp nie maar ek het al oral gesoek, So tyd trug was daar 'n dokument met basiese Oorlewings benodigehede gepos ek is opsoek na dit as iemand dalk net vir my kan sê waar ek kan gaan soek sal ek dit wardeer.
Groete

noordoos
21 Oct 2007, 18:31
Hornet, http://www.boerevryheid.co.za/forums/member.php?u=2779 , Warlord het baie goed gepos. Kyk op sy profiel, show all posts, en werk daardeur totdat iemand jou n beter verwysing gee.

Kaptein Hempel
21 Oct 2007, 22:58
Baardman, ek sien jy kan my dalk van hulp wees..... Ek soek hoeka iemand wat vir my die gemiddelde krag verbruik kan uiteensit, wat ek hier vra is die volgende, indien so 'n eenheid gebou kan word wat moet hy finaal kan lewer om 'n gemiddelde huishouding van krag te voorsien.

Breek dit asb vir my in dele op. My elektroniese kennis is maar beperk. Ek sal enige hulp waardeur.

Boere Groete
KH

Patriot 001
22 Oct 2007, 09:40
Baardman, ek sien jy kan my dalk van hulp wees..... Ek soek hoeka iemand wat vir my die gemiddelde krag verbruik kan uiteensit, wat ek hier vra is die volgende, indien so 'n eenheid gebou kan word wat moet hy finaal kan lewer om 'n gemiddelde huishouding van krag te voorsien.

Breek dit asb vir my in dele op. My elektroniese kennis is maar beperk. Ek sal enige hulp waardeur.

Boere Groete
KH

KH,kontak my asseblief,wil iets met jou bespreek.Kan nie vir jou n PM stuur nie,want dit wys jy kan nie dit ontvang nie.

Groete,
GS.

Rooi Jan
22 Oct 2007, 11:43
Daar was een keer op BBC 'n program oor 'n ou wat sy droomhuis in die middel van 'n woud gebou het. Hy was heeltemal selfonderhoudend met 'n hele klomp sonpanele. Sy batterye het uit 'n ou duikboot gekom. Selfs met al die swaardiens toerusting kon hy nie veel meer as 'n rekenaar en 'n par ligte bedryf nie.

As 'n mens regtig alleen wil werk het jy sommer 'n klomp sulke lekker groot battery nodig:
http://www.germes-online.com/direct/dbimage/50024151/2V_450Ah_Sealed_Lead_Acid_Battery.jpg

Sealed Lead - Acid Battery 2V 450Ah Description

Suitable for railway systems, etc.

Specifications:
a) Nominal voltage: 2V
b) Rated capacity (10 hour ): 450Ah

Inner packing: Dimensions: 220 x 176 x 335mm
Total height: 365mm
Weight: 34kg ()

venterid
22 Oct 2007, 12:16
Baardman, ek sien jy kan my dalk van hulp wees..... Ek soek hoeka iemand wat vir my die gemiddelde krag verbruik kan uiteensit, wat ek hier vra is die volgende, indien so 'n eenheid gebou kan word wat moet hy finaal kan lewer om 'n gemiddelde huishouding van krag te voorsien.

Breek dit asb vir my in dele op. My elektroniese kennis is maar beperk. Ek sal enige hulp waardeur.

Boere Groete
KH
stoof plaat klein/groot 1000/2000 w
frieskas 230-330 w
microgolf 1300
kettle 2400
stagige kkoker 250
rekenaar 120
yskas 550
geyser 2000
ligte 60/100 60/100
televisie 70cm kleur 100
lug verkoeler 2500
energy saver 11/20
radio 6/18
oond 1900-2200

Groete

Kaptein Hempel
22 Oct 2007, 18:19
Patriot 001, kyk nou of jy my kan pm.

Boere Groete
KH

Kaptein Hempel
22 Oct 2007, 18:33
Venterid, ek het die bogenoemde.... ek soek nou die konstante "Watts" wat die eenheid moet uitsit ongeag of almal tegelyk of alleen moet loop.

Boere Groete
KH

Rooi Jan
22 Oct 2007, 21:51
'n Yskas trek relatief min stroom as hy loop maar ek het iewers gelees dat die motor baie ampere (en dus watt ook) nodig het om aan die gang te kom.

Boere Pelgrim
22 Oct 2007, 22:03
Die voordeel van sulke batterye is dat hulle nie weggedra kan word nie.he he he

Baardman
22 Oct 2007, 22:03
Elektriese motors, veral in verkoeling, het op tot 6 maal die gemiddelde stroom nodig om te begin. 'n 3/4 perdekrag motor op die kompressor is so 375W, so hy kan momenteel 2 kW trek op begin.

My huis (meenthuis) het 'n gemiddelde gebruik van omtrent 2kW. Maar die piek verbruik is BAIE hoër. Jy weet nie wanneer jou geyser aanskakel nie (hy is maar net 'n kort rukkie per dag aan), so as jou verhitter (2kW), stoof (2kW) aan is en die geyser skakel (vanself) aan, moet jy ten minste 6kW kan lewer.

As my krag afgaan en ek loop my huis van my (2.2kW) kragopwekker, skakel ek die geyser en yskas af. En natuurlik gebruik ek nie 'n strykyster, verhitter of stoof in daardie tyd nie.

Die res van my huis (2 PCs, al die ligte, DVD speler met projektor, en verskillende ander klein stukke toerusting) loop heel gemaklik van die kragopwekker af. Maar die groot kragvreters is alles wat warm maak.

Groete
Baardman

Rooi Jan
22 Oct 2007, 22:15
Die voordeel van sulke batterye is dat hulle nie weggedra kan word nie.he he he
Ja, en jy het ses van hulle nodig om die portaboel TV aan te dryf. :evil6:

noordoos
22 Oct 2007, 22:20
Ek het n 80A breker by my munisipale aansluiting. Sodra te veel goed gelyk aanskakel, skop hierdie breker af. Daarom moes ek n spesiale "sensor eenheid" in die verdeler kas installeer, wat sien wanneer die stoof/oond aanskakel en dan die geysers afsit.

Kan mens daarvolgens sê hoe groot opwekker ek sou nodig hê om alles soos normaal te laat funksioneer sou daar n kragonderbreking wees?

Hennovdm
23 Oct 2007, 09:31
Ek het bietjie verder gaan lees oor die wind turbines en dit lyk nie na 'n baie werkbare opsie nie. Die goed is duur en jy kan maar net 'n konstante krag toevoer van tussen 12% en 25%(maks) verwag. Dus as jy 'n 10Kw turbine het kan jy maar net 'n konstante toevoer van 1,2 kw tot 2,5kw verwag. Dit is veels te min vir een huishouding, en 'n 10kw turbine is bietjie meer as die meeste van ons se jaarlikse salaris en rente.

Terug tekenbord toe!

Johan Engelbrecht
18 Nov 2007, 12:25
www.landbou.com/LandbouWeekblad/Nuus/0,,1294-1295_2157168,00.html

As die Boere maar net so iets kan aanpak om krag vir ons eie mense te voorsien, sal dit nie sleg wees nie. Ek kry nie die artikel wat ek gesoek het nie. Sodra ek dit kry sal ek dit kom plaas hier.
Soek op Google na Biomass

Henry
26 Dec 2007, 10:03
'n Kernreaktortjie vir jou huis..
Vergeet van EVKOM. Skaf een van hierdie aan vir huisgebruik:

E-pos ontvang van Fred Rundle

http://img146.imageshack.us/img146/9493/reaktordeurtoshibabg1.jpg
By wolf_ (http://profile.imageshack.us/user/wolf_) at 2007-12-23

Toshiba's Home Nuclear Reactor
By Rob Beschizza December 18, 2007 | 5:36:38 PM


If we lived in a world where everyone was (a) smart and (b) trustworthy, Toshiba's micro-sized nuclear reactor, small enough to fit in the basement or a large shed, would be a slam-dunk solution to the energy/climate crisis.

Twenty foot long by six foot wide, the reactors produce 200kW of energy and run themselves: the entire thing is manufactured with the fuel within, and when it runs out, they can just send a truck to pick it up.

"Unlike traditional nuclear reactors the new micro reactor uses no control rods to initiate the reaction. The new revolutionary technology uses reservoirs of liquid lithium-6, an isotope that is effective at absorbing neutrons. The Lithium-6 reservoirs are connected to a vertical tube that fits into the reactor core. The whole whole process is self sustaining and can last for up to 40 years, producing electricity for only 5 cents per kilowatt hour, about half the cost of grid energy."

Waste, you say? Throw it in a mile-deep pit in New Mexico, or something.

Unfortunately, with the way nukes have been run, it's unlikely they'll be replacing every neighborhood's electricity substation with one of these any time soon. It's claimed there are buyers in Japan and Europe. Mitsubishi Heavy Industries, I recall, makes something similar, but bigger.

Toshiba Builds 100x Smaller Micro Nuclear Reactor [Nextenergynews via Gizmodo]



Subject: Toshiba Builds 100x Smaller Micro Nuclear Reactor


http://www.nextenergynews.com/news1/...ar-12.17b.html

Toshiba Builds 100x Smaller Micro Nuclear Reactor

Toshiba has developed a new class of micro size Nuclear Reactors that is
designed to power individual apartment buildings or city blocks. The new
reactor, which is only 20 feet by 6 feet, could change everything for
small remote communities, small businesses or even a group of neighbors
who are fed up with the power companies and want more control over
their energy needs.

The 200 kilowatt Toshiba designed reactor is engineered to be fail-safe
and totally automatic and will not overheat. Unlike traditional nuclear
reactors the new micro reactor uses no control rods to initiate the
reaction. The new revolutionary technology uses reservoirs of liquid
lithium-6, an isotope that is effective at absorbing neutrons. The
Lithium-6 reservoirs are connected to a vertical tube that fits into the
reactor core. The whole whole process is self-sustaining and can last
for up to 40 years, producing electricity for only 5 cents per kilowatt
hour, about half the cost of grid energy.

Toshiba expects to install the first reactor in Japan in 2008 and to
begin marketing the new system in Europe and America in 2009.

kgb224
27 Dec 2007, 12:17
Ek het die werf raakgeloop.Daar is n paar werwe op waar mens ook kan kyk oor wind energie en hoe om wind turbines self te maak.
Hoop die werf help.http://blog.makezine.com/archive/diy_projects/72.html .
[B]laai net af ondertoe om die artikels te sien oor hoe om die wind terbines te maak .

Groete
Christo

Password
4 Jan 2008, 18:00
ek het 'n calculator gemaak wat mens kan sien hoeveel geld mens kan spaar op 'n solar sisteem .
dit is gemaak in microsoft works spreadsheat

solar saver (http://oorspronklikheid.googlepages.com/solarsaver.xlr)

Baardman
4 Jan 2008, 20:33
Batterye

Daar kan baie geskryf word oor batterye vir 'n sonkrag installasie. Ek het onlangs opgelees en hier is die verskille soos ek dit verstaan:

Jy kry karbatterye, "deep cycle" batterye, en "high cycle" batterye. In vergelyking met kar batterye is die laaste twee BAIE meer duursaam, duurder en het langer lewens.

Om te vergelyk, ek het 'n paar maande terug 'n groot (90 Ah), maar goedkoop, karbattery gekoop, dit het my R500 gekos. Dit was die beste prys wat ek kon kry. 'n 105 Ah "deep cycle" battery gekoop kos amper R1400 (dit is wel een van die beste batterye beskikbaar). Deep cycle batterye van hierdie grootte is van sowat R800 af beskikbaar.

Ek is van mening dat goedkoop duur kan uitwerk as dit by batterye kom.

Deep cycle batterye kan dieper (verder) ontlaai word as bv. karbatterye. Vandaar die naam. Dit is moontlik om 'n battery sowat 80% te ontlaai. Deltec beveel aan dat hulle Voyage reeks "deep cycle" batterye herlaai word as hulle onder 50% kapasiteit gaan (daar is 'n metertjie op die battery wat sy stand aandui).

In teenstelling hiermee word 'n karbattery tipies nooit onder 80% van sy kapasiteit gebruik nie. 'n Paar diep ontladings van 'n karbattery is gewoonlik genoeg om hom die gees te laat gee.

"High cycle" batterye is ook hoë kwaliteit batterye wat bedoel is om vir korter tye, buitengewoon hoë stroom te lewer. Tipies word "high cycle" batterye gebruik in UPS ("uniterruptible power supplies") en "server rooms" se rugsteunkragstelsels gebruik (waar daar vir kort tye (tipies minder as 'n halfuur) relatief hoë stroom getrek word.

Die 4x4 gemeenskap verkies "deep cycle" batterye om byvoorbeeld hul radios en draagbare vrieskaste in hul voertuie van krag te voorsien, sonder dat dit 'n las op die aansitterbattery plaas. In hierdie toepassing is die stroom wat van die battery gevra word, klein, tipies onder 10A. In teenstelling kan 'n aansitter van 'n voertuig 600A trek (maar vir kort tye).

Kar batterye word nie aanbeveel vir die tipiese sonkrag installasie nie, omdat hulle nie werklik vir die doel ontwerp is nie. "Deep cycle" batterye is duurder omdat hulle stewiger konstruksie het, en hulle is ook baie keer swaarder. Dit is omdat hulle soliede lood plate het, in plaas van sponserige lood soos in 'n karbattery (sponserige lood gee 'n baie groter oppervlakte vir dieselfde massa lood, en kapasiteit is eweredig aan loodoppervlak).

Groete
Baardman

Baardman
4 Jan 2008, 20:41
Sonpanele

My navorsing oor sonpanele het die volgende aan die lig gebring:

Mens kry verskillende konstruksie van sonselle, waarvan drie groot klasse is:

Mono-kristallyne silikon
Poli-kristallyne silikon
en
Amorfe (amorphous) silikon

Mono-kristallyne silikon is die mees "suiwer" en duurste om te maak. Poli-kristallyne is goedkoper, en amorfe silikon is by verre die goedkoopste.

Amorfe silikon (dun-film) is 'n nuwer tegnologie, en die leeftyd van hierdie tipe panele is nog nie goed bepaal nie. Tans is die syfer wat rondgeslinger word, 10 jaar, maar oor nog 5 jaar kan dit dalk 15 jaar wees (amorfe silikon panele is blykbaar al sowat 10 jaar op die mark).

In teenstelling het ondervinding geleer dat kristallyne silikon panele sowat 15 tot 20 jaar hou. Die leeftyd word tipies bepaal as die tydperk waar die paneel meer as 80% van sy oorspronklike kapasiteit lewer.

Dit is dus heel moontlik dat 'n kristallyne paneel na 25 jaar nog iets soos 60% van sy oorspronklike uitset kan lewer.

Kristallyne silikon selle is ook HEELWAT meer effektief as amorfe silikon. Die beste sonselle is sowat 22+% effektief (die goed wat op die ruimtestasie gebruik word - BAIE duur), tipiese kommersiële panele in die orde van 16 persent, en amorfe silikon panele 6-8%. Dit beteken dat 'n amorfe silikon paneel vir 'n gegewe krag-uitset (bv. 15%) ten minste twee keer so groot gaan wees as 'n kristallyne paneel van dieselfde uitset.

Kristallyne panele kan uitgeken word aan die individuele selle (rond of vierkantig) op 'n bord onder glas gemonteer, terwyl amorfe silikon panele heeltemal swart is (van naby is daar dun skeidslyntjies op die paneel sigbaar).

Die beste pryse wat ek kon kry in die Vaaldrieheok vir (kristallyne) sonpanele is in die orde van R47-R50 per Watt, die beste prys in die land is 'n man in Montagu wat panele adverteer teen sowat R42 per Watt (Landbouweekblad advertensie).

In teenstelling hiermee is daar 'n winkel in Pretoria wat amorfe panele verkoop teen 'n rapsie oor R20 per Watt.

Die vraag is dus, waarvan het jy meer: geld of spasie?

Groete
Baardman

Baardman
4 Jan 2008, 20:55
Beheer-elektronika

Sonpanele se kraglewering word gespesifiseer soos volg:

Die krag (in Watt) is die produk van die spanning (in Volt), en die stroom (in Ampere), gemeet onder ideale laboratorium toestande, met 'n standaard ligintentsiteit (1000 W per vierkante meter).

Die werking van 'n sonpaneel is egter sodanig dat die spanning geleidelik afneem soos wat jy meer stroom trek, tot op 'n punt waar die spanning skielik val. Vir enige gegewe spanning deur die paneel gelewer, is daar 'n ooreenkomstige maksimum stroom wat die paneel kan lewer. Die KRAGLEWERING is die produk van hierdie spanning en die stroom.

Kom ons neem aan, vir argumentsonthalwe, dat die plek waar die produk van spanning en stroom 'n MAKSIMUM is, is by 17 V vir 'n gegewe paneel. As jy die paneel aan 'n 12 V battery koppel (om die battery te laai), gebruik jy moontlik soveel as 30-40% minder krag as wat die paneel onder ideale omstandighede (d.i. teen 17 V) kan lewer.

Die goedkoopste "solar regulators" gooi hierdie ekstra krag eenvoudig weg. Dis nou die modelle wat in die orde van enkele honderde rande kos. Die beste oplossing is wat hulle noem 'n "maximum power point tracking regulator". Hierdie (duur) stuk toerusting hou die uittreespanning (na die battery) konstant, terwyl dit die sonpaneel teen sy optimum spanning (en stroom) laat werk.

'n MPPT reguleerder kos egter duisende rande, en kan miskien 20-25% ekstra uit jou sonpaneel haal. Die algemene gevoel is dat hierdie belegging net op groterige sonpaneel installasies die moeite werd is. Gebruik eerder die duisende rande om meer sonpanele te koop. Op groot installasies kan die 20% ekstra krag egter meer wees as wat bv. 'n drie- of vierduisend rand sonpaneel kan lewer.

Groete
Baardman

Baardman
4 Jan 2008, 21:03
Ander interessante punte

(1) 'n Kristallyne silikon paneel gebruik meer energie tydens sy vervaardiging as wat die paneel ooit in sy leeftyd kan lewer. Kristallyne sonpanele is dus nie "groen" nie - dit skuif net die besoedeling VANAF die land waar die paneel gebruik gaan word, NA die land waar die paneel geproduseer word.

(2) Die "goedkoop" panele waarvan daar vroeër in die draad gepraat is (die een wat deur die SA professor ontwikkel is), gaan nie binnekort realiseer nie. 'n Besigheids kontak van my het die Duitse maatskappy gekontak wat die goed vervaardig, en die prys is ietwat goedkoper as konvensionele panele.

Die rede hiervoor is tweeledig (en word deur besigheidsbeginsels gedryf): (1) die maatskappy wat die goed vervaardig is alreeds die grootste vervaardiger van konvensionele sonpanele in die wêreld, en hou die tegnologie as 'n troefkaart indien ander vervaardigers in 'n prysoorlog betrokke wil raak, en (2) die totale hoeveelheid sonpanele wat vervaardig word, word verkoop. Hulle gaan nie MEER verkoop deur dit goedkoper te maak nie, want hulle verkoop reeds alles wat hulle kan maak en daar is mense wat tou staan en wag. As 'n kliënt dus "weier" om te koop omdat dit te duur is (d.w.s. afslag wil beding), kry die volgende ou in die tou die produk.

(3) Jy kan die kraglewering van jou sonpanele verhoog deur lig op die paneel te reflekteer. Spieëls is baie goedkoper as sonpanele. Ek het vandag 'n eenvoudige toets gedoen en maklik 25% ekstra krag uit 'n paneel gekry deur 'n spieël te gebruik (die spieël was seker omtrent 'n derde van die grootte van die sonpaneel self).

Ek is seker 'n mens kan dit te ver neem deur bv. banke spieëls op een paneel te rig (dit mag die sonpaneel beskadig), maar binne perke kan jy die kraglewering opstoot. Ek gaan egter nie waag om te probeer sê wat "binne perke" is nie.

Groete
Baardman

Baardman
4 Jan 2008, 21:12
Dus as jy 'n 10Kw turbine het kan jy maar net 'n konstante toevoer van 1,2 kw tot 2,5kw verwag. Dit is veels te min vir een huishouding, en 'n 10kw turbine is bietjie meer as die meeste van ons se jaarlikse salaris en rente.


2,5 kW se sonpanele is self goed oor 'n R100 000. Alternatiewe energie is op hierdie stadium nog glad nie 'n koste-effektiewe opsie nie.

Alternatiewe energie se aantreklikheid is dat jy jou afhanklikheid (van Eskom) verlaag. As jy egter net vir kragonderbrekings voorsiening wil maak, koop 'n petrol generator (tipies R1 per Watt).

Groete
Baardman

Arend
4 Jan 2008, 21:33
Kom ons gaan van die onderstelling uit dat daar geen aankoop kostes is nie. Ek het 'n diesel kragopwekker wat aangekoop is teen ± R75000 instalasie ingesluit. Dit sal die hele huishouding kan voorsien van krag. Ek wil nou Eskom uitskakel.

Sou die verbruik en instandhoudings koses meer wees as Eskom krag? Hoe sou dit vergelyk?

Baardman
4 Jan 2008, 21:51
Kom ons gaan van die onderstelling uit dat daar geen aankoop kostes is nie. Ek het 'n diesel kragopwekker wat aangekoop is teen ± R75000 instalasie ingesluit. Dit sal die hele huishouding kan voorsien van krag. Ek wil nou Eskom uitskakel.

Sou die verbruik en instandhoudings koses meer wees as Eskom krag? Hoe sou dit vergelyk?

Ek het GEEN idee van die hoeveelheid diesel wat so 'n kragopwekker sal gebruik nie.

'n Huis met 'n 80A stroombreker (soos in 'n vorige pos beskryf) kan 'n maksimum kragverbruik van 17.5 kW voorsien (80A x 220V).

Maar vir die grootste gedeelte van die dag sal die huis minder as 2 of 3 kW gebruik. Net wanneer die geyser aan is EN die stoof is aan (twee of drie plate) EN die strykyster is aan EN die tuimeldroër loop EN iemand besluit om koffie te drink EN dis winter (so die verwarmer loop) sal jy by daai groot kragverbruik uitkom.

Die dieselverbruik is natuurlik ook eweredig aan die krag wat getrek word (die enjin trek swaarder (gebruik meer brandstof) soos wat die kragverbruik toeneem). Ek dink dit sal nodig wees om eksperimenteel die verbruik te bepaal om 'n kosteberaming te doen. Meer inligting is ook nodig om die instandhouding kostes te bereken.

Die ander nadeel van 'n enjin-gedrewe kragopwekker as enigste kragbron is dat die ding heeltyd moet loop, al is daar net een lig aan in die huis. Dis waar 'n battery stelsel goed werk (al laai jy die batterye met 'n Lister enjin), want as daar geen krag getrek word nie, behou die batterye net hul lading. Batterye is egter weer duur en hou net so lank.

As EK onafhanklik van Eskom wou wees, sal ek my huis toerus met 'n gas stoof, gas geysers, gas verhitting. Gas is baie doeltreffend wanneer dit by energie-per-rand kom (baie meer as petrol of diesel). Ek dink nie paraffien of gas yskaste is so doeltreffend nie, so dis 'n probleem. 'n Uiters effektiewe vrieskas (soos 'n Minus40) is dalk 'n goeie idee.

Groete
Baardman

Rooi Jan
4 Jan 2008, 21:56
Ek het nog nie die sommetjie gemaak nie, maar ek is oortuig dat dit duurder gaan wees om self energie m.b.v. 'n dieselenjin te genereer as wat Eskom daarvoor vra. Eskom is beroemd daarvoor dat hulle energie die goedkoopste ter wereld is (was).

'n Dieselenjin is ook nie juis instandhoudingsvry nie. Die ding se olie moet gereeld getap word, en filters moet vervang word.

Iets wat net ek (so lyk dit my) oor bekommers is: waar gaan al die diesel vandaan kom? As Eskom baie van lyn af gaan wees, moet die aanvraag na diesel mos styg. Ek vermoed dat die bedryf skaars kan nyhou soos dinge reeds staan. Die gebrekkige diens vanaf Spoornet het 'n hele vloot van vragmotors op ons paaie geplaas wat 'n nimmereindigende vraag na diesel skep.

En nog 'n ding. Die vlakke van besoedeling in ons stede is reeds kommerwekkend. Daar is verskeie redes hiervoor. 'n Groot deel karre en vragmotors op ons paaie is tipies derede wereld. Die goed is stokoud en word nie baie goed onderhou nie, met die gevolg dat hulle die lug besoedel sover as wat hulle gaan. 'n Gebrek aan paaie veroorsaak groot verkeersknope, en 'n voertuig wat stilstaan besoedel meer as een wat beweeg. Die gebrek aan veilige, betroubare en bekostigbare openbare vervoer veroorsaak dat die eerste wereld liewers alleen in hul eie karre ry as om die bus te vat.

Nou is daar 'n dieselopwekker in elke kantoorblok en in elke derde agterplaas. As al die goed ook gerelld loop, hoe erg gaan die besoedeling dan wees? :uhoh:

Baardman
4 Jan 2008, 21:57
Ek gaan egter 'n poging aanwend om die kostes van 'n diesel generator te beraam:

Kom ons neem aan die huis trek 'n konstante 10 kW (groot huis met BAIE ligte). Dis net om 'n syfer te bereken - dit gaan nie die vergelyking beinvloed nie. Kom ons neem aan 'n klein diesel-gedrewe motorkarretjie gebruik sowat 10kW om teen 60 km/h op 'n gelyk pad te ry. Kom ons neem aan die klein motortjie kry sowat 20 km/l teen daardie lae spoed. Dis 1 km per minuut (60 km/h), so 20 minute per liter, of 3 liter per uur dieselverbruik (om 10 kW te lewer konstant).

3 liter diesel is rofweg R20 (per uur). In teenstelling, kos een kilowatt-uur sowat 25 sent (dink ek). So 10 kW uur gaan maar omtrent R2-50 kos.

Ek dink nie my aannames is uit met 'n faktor 10 nie, so diesel krag is BAIE duurder.

Groete
Baardman

jongwitman
13 Jan 2008, 09:45
Ja diesel krag is baie duurder. Die vergelyking is nie 100% reg nie maar wat wel korek is is die feit dat dit heelwat duurder is. Vat nou die prys van n 10 kw gen. Vir n china maak gaan jy sowat R15000 betaal dan het hy swak verkoeling geen beskerming vir overheat of under oil pressure . N bekende naam gen gaan jou dalk 4 keer meer kos. Diesel gaan nie goedkoper word nie en kan ook op raak. Die antwoord is hernubare energie. Biogasse Sonkrag , windkrag , ou olie werk goed vir verhitting van geyser en selfs n aga stoof. en ou olie kry jy teen omtrent 10-20c n liter. vir die krag onderbreekings het ek n stelsel ontwerp wat darm n tv , dvd en n paar ligte vir n paar uur kan "trek" wat van batterye af werk.Ek is n elektrisien en een van die dae gaan ek nie meer werk he nie want daar gaan nie meer elektrisieteit wees nie ( he he)

Die jongwitman

Baardman
15 Jan 2008, 17:35
Hier is 'n foto met twee sonpanele, vir vergelyking.

Op linkerhand, 'n 20W poli-kristallyne silikon paneel (herken poli-kristallyne sonselle aan die "vlekkies" op die selle). Prys ongeveer R1000, met 'n geskatte leeftyd van 15+ jaar.

Op regterhand, 'n 15W amorfe (dun-film) silikon paneel (heeltemal swart, nie onafhanklike selle) teen 'n prys van ongeveer R300. Geskatte leeftyd: 10 jaar.

Groete
Baardman

P.S. ignoreer die weerkaatsing van die kameraman in die paneel op regterhand :D

Arend
15 Jan 2008, 18:01
Hoekom is die leeftyd van die goed so kort. As dit elke 10 jaar vervang moet word, is dit dan nog koste doeltreffend?

Baardman
15 Jan 2008, 18:23
Hoekom is die leeftyd van die goed so kort. As dit elke 10 jaar vervang moet word, is dit dan nog koste doeltreffend?

Fisika en materiaal eienskappe bepaal die leeftyd van hierdie goed. Die 10 jaar leeftyd is egter geskat (die tegnologie is nog net 10 jaar oud).

Die leeftyd is gespesifiseer vir uitset > 80% van aanvanklike waarde. Panele se effektiewe uitset val oor die jare.

En, my opinie: sonpanele is nie en was nog nooit koste doeltreffend nie. As jy sonpanele gebruik, is dit vir ander redes as geld. Om die waarheid te sê, daai rede moet sommer BAIE beter wees as geld, in ag genome hoe duur die goed is.

Baardman

Arend
15 Jan 2008, 18:28
sonpanele is nie en was nog nooit koste doeltreffend nie

Is daar 'n ander opsie wat koste effektief is, teen huidige elektrisiteit kostes.

Saarkie
15 Jan 2008, 18:38
Dagse mense,

Ai jong , ons het alweer vir die afgelope 3 en 'n half ure 'n krag onderbreking gehad!!
Ek raak so moedeloos, want as jou krag af gaan, kan mense net mooi niks doen nie.

Mens kanie koffie maak nie, radio luister nie. 'n Mens se hele lewe kom tot 'n stilstand. Ons is heeltemal onafhanklik van krag en elektrisiteit...

Die botterneuse moet tog net rigting in hulle lewe kry!!!!

Boerenooi Groete

Saarkie

jongwitman
15 Jan 2008, 19:22
Sonpaneele is nog glad nie die antwoord nie. Ek het probeer om n stelsel te skep met n 60watt paneel wat ligte tv en dvd te trek. Dit was nie heeltemal suksesvol nie.Ek het planne gesien van n wind generator wat self gebou kan word as jou hande nie rond is nie en jy goeie kennis van elektrisiteit en basiese wetenskap het. die klein een met drie 1m "vlerke" wek 250 wat op, 12v.Ek het nog net n antwoord vir die blackouts maar werk nog aan iets volhoubaar. Waneer n mens in die veld is ( bv. post uhuru.) ej jy wil n radio en miskien 1 of 2 flourescent ligte in die aand gebruik , dan sal n mens wegkom met n 180ah battery en so 2 60watt sonpanele. so wind gen. sal natuurlik baie beter werk mits daar wind is. Dieselfde gen. wat gebruik word by die wind opwekker sal great werk met n waterwiel in n rivier. In ander Afrika lande word daar baie van pico hidro elektriiteit gebruik gemaak , En hulle praat van so 2kw na 5kw wat regtig baie is. Die waterwiel is die beste idee sover maar nie almal van ons bly naby die rivier waar daar n lekker stroom vloei nie. Laat ons hoor dalk is daar nog idees. Wat wel seker is , vergeet van petrol of diesel gen's en vergeet van sonpanele vir nou.

groete

Ben Geldenhuys
16 Jan 2008, 17:11
Baardman,

Wat het van die Prof van Wits geword wat die sonpanele so goedkoops sou bou?

Baardman
16 Jan 2008, 17:24
Baardman,

Wat het van die Prof van Wits geword wat die sonpanele so goedkoops sou bou?

Ek het dit in pos #71 bespreek - hy verkoop sy tegnologie aan maatskappye wat die panele wil vervaardig, nie self betrokke by die vervaardiging nie. Sover het een maatskappy (Johanna Solar) 'n lisensie gekoop. 'n Besigheidskontak van my het Johanna Solar (in Duitsland) gekontak. Die prys is vergelykbaar met ander sonpaneel-pryse.

Die "bottom line" is dat Johanna Solar geen aanmoediging het om die panele beskikbaar te stel teen 'n goedkoper prys nie - hulle verkoop reeds alles wat hulle fabrieke kan maak (en hulle is een van die grootste vervaardigers wreldwyd). Hulle gaan nie MEER verkoop deur dit goedkoper te maak nie.

Wat nodig is, is dat meer maatskappye die tegnologie aanneem en 'n prysoorlog begin. Maar ek hou nie my asem op nie.

Baardman

Ben Geldenhuys
16 Jan 2008, 17:34
Baardman,

Dankie, ek het deur die draad begin lees (tot ek by die nutsman se poste gekom het en het dus jou pos 71 gemis)

Ek neem aan die lisensie om dit te vervaardig is baie duur?

Baardman
16 Jan 2008, 18:27
Ek neem aan die lisensie om dit te vervaardig is baie duur?

Ek neem so aan, dit sal bedoel wees vir maatskappye wat panele op groot skaal wil vervaardig (d.w.s. miljoene der miljoene aan 'n fabriek kan spandeer om die panele te maak).

Baardman

Ben Geldenhuys
16 Jan 2008, 18:44
Baardman,

Vir 'n tydelike oplossing vir die beurtkrag (lees hopelose bestuur deur NSA), wat dink jy van die ouens: http://www.sinetech.co.za/home%20power.htm
Ek sal natuurlik verkies om 'n Volkseie maatskappy te ondersteun.

Baardman
16 Jan 2008, 19:00
Ons het almal gehoor ons kragprobleme sal vir die volgende 7 - 10 jaar hier wees. Ek HOOP hulle kan dit in 10 jaar regkry, ons sal sien.

Maar dink bietjie hieroor: Elke jaar groei die kragverbruik van die land met 7-12 persent. D.w.s. volgende jaar gaan dit moontlik 10% erger gaan. En die jaar daarna. En die jaar daarna.

En glo my, daar gaan nie 'n "wonder-oplossing" uit die lug val nie. Ons kan (en MOET) kla, maar ons moet ook iets DOEN. Dink vir julleself. Dis nou die BEGIN. Daar is nie 'n oplossing nie, behalwe om kragstasies te bou nie. En dit gaan tyd vat (7 jaar).

So begin voorberei. Kies jou tegnologie (ek glo sonkrag is 'n oplossing, maar DUUR). En begin aan 'n oplossing bou. Al koop jy net 50W se panele, een battery en 'n 500W omsetter. Jy kan altyd later bysit.

Jy kan natuurlik ook 'n generator koop. Maar oor 5 jaar mag ons dalk ALMAL 50% van ELKE dag sonder krag sit (dis wat die wiskunde voorspel, dieselfde wiskunde wat vandag se situasie voorspel het). 'n Generator gaan duur en raserig raak.

Kyk ook na gas-toerusting so ver moontlik, en son-waterverwarmer.

Groete
Baardman

P.S. terloops, ek wonder wat die prys-implikasie vir huise naby hospitale gaan wees, wat op dieselfde transformator as 'n hospitaal werk (wat nie aan beurtkrag blootgestel is nie). Binne 'n jaar of so behoort jy 'n goeie 50 of 100 duisend rand by jou huis se prys te kan bysit as jy op die advertensie kan sê: "Nie blootgestel aan beurtkrag"

Gezina
16 Jan 2008, 21:32
Baardman, ek was vandag in ons dorp se privaat hospitaal (Medi-Clinic), terwyl ons krag af was as gevolg van beurtkrag. Dit was stikdonker daar binne. Ek het die susters gevra of die hospitaal se krag dan ook af was. Hulle antwoord was ja, maar dat hulle generators het ingeval van 'n noodgeval. Dis nie 'n baie groot hospitaal nie.

My man het vandag ges dat hy gehoor het dat, volgens wet mag 'n hospitaal se krag nie afgesit word nie, selfs nie eers al is hul rekening agterstallig nie; maar hy het juis gehoor dat hulle wel al die hospitale se krag ook afsit.

Geen een van die huise rondom die hosp. het krag gehad nie.

Of praat jy dalk van staatshospitale?

Bosperd
16 Jan 2008, 21:37
Ek werk naby aan 'n Swart woongebied in 'n industriële area. Ons was nog NOOIT deur beurtkrag geraak by die werk nie. Nog nie een maal nie!

Baardman
16 Jan 2008, 22:06
Baardman, ek was vandag in ons dorp se privaat hospitaal (Medi-Clinic), terwyl ons krag af was as gevolg van beurtkrag. Dit was stikdonker daar binne. Ek het die susters gevra of die hospitaal se krag dan ook af was. Hulle antwoord was ja, maar dat hulle generators het ingeval van 'n noodgeval. Dis nie 'n baie groot hospitaal nie.

My man het vandag ges dat hy gehoor het dat, volgens wet mag 'n hospitaal se krag nie afgesit word nie, selfs nie eers al is hul rekening agterstallig nie; maar hy het juis gehoor dat hulle wel al die hospitale se krag ook afsit.

Geen een van die huise rondom die hosp. het krag gehad nie.

Of praat jy dalk van staatshospitale?

Spesifiek verwys na Unitas hospitaal. 2 blokke van my huis af. Nog geen beurtkrag probleme hier gehad nie.

Baardman

Henry
28 Jun 2008, 08:23
Gas uit vullis

But hold on a second: There may be gold, or at least electricity, in those dumps. So says Jean Claude Ohayon, CEO of Israeli startup TGE Tech, which has developed and patented a system whereby unrecycled refuse can be converted into fuel with a special patented device that turns garbage into gas - syngas, a well-known element that has some of the properties of gas, oil and coal.

Syngas, although less potent than those natural resources, can be used to generate electricity.

Ohayon says; as much as 70 percent of it has decayed so badly by the time it gets to the dump, it has no commercial value, and no recycler is willing to touch it. So, in the dump most trash remains.

Ohayon's thermolysis gasification technology system can change the fortunes - environmental, administrative, and financial - of a municipality almost immediately.

Syngas is not as effective as oil or coal, Ohayon realizes; it only has about 15% of the calorie (energy) power of its authentic siblings.

Ohayon, a recent immigrant from France, says that his system is cheap to install and run, and can gasify trash -

Deel van 'n e-posstuk vanoggend ontvang van Jacob Israel, VSA

Henry
23 Aug 2008, 09:58
Hier is 'n video oor sonpanele, ens. Kyk gerus daarna.


http://www.energy-monthly.com/solarvideo.html (http://www.energy-monthly.com/solarvideo.html)

Toffie
23 Aug 2008, 10:22
Dis duur!!!!

Nou onlangs 'n artikel gelees dat 'n solar paneel(ele) wat genoegsaam is om 'n standaard 3 slaapkamer huis te trek, ongeveer R50,000.00 kos.

Dit is sonder die inverters en die vervanging van die batterye wat ook vrek duur is.

Baardman
23 Aug 2008, 10:51
Konvensionele sonpanele kos in die omgewing van R50 per Watt. R50k koop dus ongeveer een kiloWatt se krag. Op 'n goeie sonskyndag kan jy vir ongeveer 6 ure daardie kapasiteit kry, d.w.s. in hierdie geval 6 kWh terug in die batterye.

Oor 30 dae is dit 180 kWh, of 180 eenhede, wat die sonpaneel kan terugsit in die batterye (reg vir gebruik deur die huishouding). My (een persoon, meenthuis) huishouding gebruik in die orde van 500 eenhede per maand, so alreeds het ek in die orde van R150k se panele nodig (onthou, nie elke dag is 'n wonderlike sonskyndag nie).

As ek egter 'n sonverwarmer vir die warmwaterstelsel insit (kom ons s R5k) kan ek seker 'n goeie 30% van my verbruik aftrek. Vir argumentsonthalwe gaan ek R100k se panele nodig h, plus seker NOG dit vir inverter en batterye..

Ek stem dus saam met Toffie - sonkrag is DUUR, en dus nie 'n alternatief gebaseer op koste nie.

Groete
Baardman

Toffie
23 Aug 2008, 12:03
Baardman,

Ek het nog al die jare geglo deur jou geyser deur die dag af te skakel, jy nie veel elektrisiteit spaar nie, maar helaas!

Ons skakel nou ons geyser net in die middae vanaf 6 -8 uur saans aan en ons bespaar so R500.00 per maand op ons elektrisiteits rekening.

Daar is in die oggende dan nog genoeg warm water ook om te stort.

Dit werk verseker.

Gecko
23 Aug 2008, 13:01
A simple cost effective solar panel built from Coldrink cans to heat your house in winter.
Cold air gets sucked in at the bottom, gets heated up and enters your house at 15 degrees warmer than outside.

You may use a 12 volt car fan to circulate the air.

http://i.treehugger.com/images/2007/5/24/diysolarheater.jpg

Henry
23 Aug 2008, 16:15
Ek stem dus saam met Toffie - sonkrag is DUUR, en dus nie 'n alternatief gebaseer op koste nie.

BM, dankie vir al die slim somme, maar kan jy die kWh in Rand vertaal? Grieks kan ek nog hanteer/ opkyk/ verwerk/ vertaal, maar somme is moeilik.

Dit kom my voor asof 'n sonlig-waterverwarmingstelsel se panele relatief goedkoper is as sonlig-elektrisiteitpanele.

Gestel ons praat van 'n 7m x 3m vertrek (Vraghouer met 'n driepaneelsinkdak bo-op. Middelste seksie van dak is hoger as twee seksies weerskante). Die ligte is "downighters" of 'n platvelskerm (hele plafon is 'n lig), of liguitstraaldiodes (12 of 24 volt) Daar is 'n yskas (sonverwarming?) en 'n verwarmingstelsel vir wintersdae (kan dit dmv sonverwarmde water werk?), en daar moet 'n rekenaar en radio wees, plus 2-rigtingradio/ selfoonstelsel, handewasbak/skottelgoedwasbak. (Beknop maar toemaar).
Ligte buite (motorvoertuigsterkte) kan LUD wees (12 of 24 volt).

Dak bestaan uit drie seksies: 3,5 x 3 m + 2 x 3 m + 3,5 x 3 m, waarop die panele in gebalanseerde patroon gerangskik moet word.

Hoeveel sonligpanel en hoeveel waterverwamingspanele (ongeveer), en wat gaan dit min of meer kos?

Baardman
23 Aug 2008, 18:15
Henry:

Ek sal wanneer ek bietjie meer tyd het, die somme beter verduidelik (in rand!). Maar een kWh is een eenheid, en kos sowat 40-50c (gaan kyk op 'n kragrekening)?

Vir die oomblik kan ek net s dis BY VERRE meer koste-effektief om EERS jou huis in te rig om uiters energie effektief te wees, dan die verbruik te bepaal om die sonpaneel vereiste vas te stel.

Toffie:

Ek hoor wat jy se, maar ek kan nie wetenskaplik verklaar hoekom dit krag sal spaar nie. Tensy jou geyser ongelooflik baie hitte afgee (wat dan verlore gaan) behoort die enigste (noemenswaardige) verlies aan hitte (energie) te wees wanneer jy warm water gebruik. D.w.s. tensy jou verbruik van warm water TESAME met die afskakel verander het, behoort die elektrisiteitverbruik in totaal (oor bv. 'n maand) dieselfde te wees.

Groete
Baardman

Koos
23 Aug 2008, 19:07
Baardman en Henry

Ek bly op n hoewe buite Bloem.
Ek het 2.8Kw wind turbine en 4 x 80 watt son panels
Die huiwel waarop ek bly vorm n natuurlike ventura en die wind waai 6 uit die 7 dae lekker sterk en slegs paar kilometer in stad is dit doodstil.

Ek trek al my huis se ligte en vloedligte deur 5kw suiwer golf inverter voltyds.

Ek het ook songeyser opgesit en gas vir stoof. My krag rek het geval van R1300 pm na ongeveer R500 elke tweede maand.

As ek net nog meer deepcycle batterye kon aanlas sal ek my huis met gemak van ESKOM afhaal.

Groetnis

Henry
23 Aug 2008, 20:20
A simple sost effective solar panel built from Coldrink cans to heat your house in winter.

Thanks, Gecko. This may solve my winter heating problem for my proposed container-office design.

Baardman
23 Aug 2008, 21:03
The way to go is what both braindead and Gecko suggests: Convert your house off electricity as far as possible, and try to use the energy in sunlight directly (instead of converting sunlight/heat to electricity and electricity into heat to heat a house, use the heat directly). The intermediate step of electricity is inherently wasteful (as solar panels are at best about 20% effective).

Also, if you want to run off batteries, use 12V directly for lighting (and preferably using LEDs which is much more efficient than fluorescent bulbs, which in turn is much more efficient than incandescent lamps). The 220V AC inverter step is also lossy (although a good inverter runs at 95% efficiency).

Baardman

Hannes Lottering
23 Aug 2008, 21:26
Dit is waar.
Om sonlig om te skakel na elektrisiteit is nie koste effektief nie.
In alle geval kan die sonpaneel net vir 6 ure per dag effektief werk.
As die son skyn.
n Gemiddelde huishouding sal ongeveer 19 sonpanele benodig teen n koste van ongeveer R 5 000 elk.
Jy sal dan ook jou Geyser en stoof moet vervang om met gas te werk.

wasklip
23 Aug 2008, 21:41
Wat is dan die oplossing?:confused:

Hannes Lottering
23 Aug 2008, 22:01
Wat is dan die oplossing?:confused:

Werk jou ligte met 12 volt.
Kry n Kar alternator en koppel dit op n klein petrol enjin.
Die alternator laai dan jou batterye.
Jy kan ook n oefenfiets gebruik om die alternator te laat draai.
Op daardie manier kry jy oefening en jy laai jou batterye. LOL!

Baardman
23 Aug 2008, 22:14
'n Fietsryer wat hard werk kan so 400W vir 'n kort rukkie "sustain".

Elkeen in die huishouding sal 'n beurt op die oefenfiets moet kry.

wasklip: Daar is 'n BAIE BAIE BAIE goeie rede hoekom die wreld rondom konvensioneel gegenereerde elektrisiteit draai - dis ordegroottes meer prakties en goedkoop as die tweedebeste.

Die alternatiewe (son, gas ens.) word eers aantreklik as opsie nr. 1 nie (meer) beskikbaar is nie.

Groete
Baardman

wasklip
23 Aug 2008, 22:33
Dankie vir al die inligting maar die oefen fiets is uit.Dekades laas fiets gery.Sal tien teen een selfs van die oefen fiets afval en moenie praat van n ander deel van my anatomie wat dit beslis nie sal waardeer nie.:rofl:

Henry
24 Aug 2008, 00:11
Die oefen fiets is uit.

... Maar ek hou van die ...


2.8kW windturbine en 4 x 80 watt sonpanele

Klink na minder werk.

wasklip
24 Aug 2008, 00:30
Dit klink beslis meer aanvaarbaar.Ons huis is juis gelee in so n wind tregter.Maar ek wonder of die bure van so n windturbine in my erf gaan hou.

Hou julle oe op Jesus.:)

Toffie
24 Aug 2008, 00:34
Maar ek wonder of die bure van so n windturbine in my erf gaan hou.


Wasklip,

Dink jy hulle het in vandag se tye 'n keuse?

Ek glo nie.

Kyk, my kragopwekker is 'n regte lawaaigat.

6.5 Kva Diesel, en as die krag 5 uur in die oggend afgaan, start ek hom.

Bogger die bure, want ek het een!

wasklip
24 Aug 2008, 00:37
Toffie hier by ons het ons nog nie krag onderbrekings gehad nie behalwe as daar gewerk word aan die kragdrade.En my bure is swart.

Hou julle oe op Jesus.:)

Toffie
24 Aug 2008, 00:39
Toffie hier by ons het ons nog nie krag onderbrekings gehad nie behalwe as daar gewerk word aan die kragdrade.En my bure is swart.

Hou julle oe op Jesus.:)

Ons het ook nogal baie lanklaas gehad, maar my opwekkertjie staan soos vir "Op jou merke, gereed , weg!":)

wasklip
24 Aug 2008, 00:58
Hou hom so.Want ek weet nie of Evkom al die geld uit die regering gekry het nie.Waaroor alles per slot van sake gegaan het nie.SAAL probeer dit nou weer.Volgende sal dit seker Telkom wees.Dan weer Evkom.

Want die sprinkane weet net hoe om die land kaal te vreet en niks agter te laat nie.

Hou julle oe op Jesus.:)

Chrisvis
20 Sep 2008, 06:04
Ek is self besig om te kyk na die solar power situasie. Wat ek op die oomblik weet is dat die prys voor invoer belasting en vervoerkostes by 15 verkillend vervaardigers gemiddeld 4$ per watt beloop(absolute cost), maximum grootte panele beskikbaar tot 250 watt standaard. Ek kyk glad nie om inverters in te voer nie, as hy oppak het jy n probleem om die ding weer reg te kry. ek is nog besig om die vatbaarheid van batterye te ondersoek,
Mense wat belang stel kan my kontak: chrisvisno1@gmail.com

Rooi Jan
28 Sep 2008, 21:50
Dis omtrent hoog tyd dat son energie in Afrika aangewend word.

Eskom looks to the rising sun
YOLANDI GROENEWALD - Feb 25 2008 00:00

Stretched-out plains with dust devils and the hot, unrelenting sun are the trademarks of the Northern Cape.

Every year the province records some of the highest aggregates of sunny days a year worldwide and rainy days are as rare as hen's teeth. This is bad news if you're a farmer, but great news if you plan to build one of the world's biggest solar plants. And that's just what power utility Eskom plans: to build a multimillion-rand solar plant near Upington that will generate 100MW.

Upington gets more solar radiation annually than sites in California, Nevada and New Mexico in the United States as well as other sun-splashed countries, such as Jordan, Morocco, Crete, India and Spain. The Upington project will be the first major solar-energy project in Africa. The electricity generated will be directed into the national power grid.

With South Africa's electricity crunch and the need for renewable power in an economy where 90% of the power is generated by coal, it seems this plant is long overdue.

Until now solar power has been one of the most neglected renewable technologies. The figures of UBS, one of the world's leading financial firms, show that solar contributes less than 1% to the world's energy. But the world is getting a wake-up call.

UBS calculated that demand for solar energy is unprecedented. Its industry estimates are for 50% year-on-year growth. Figures released in January by the Earth Policy Institute show that solar power generation is the fastest-growing electricity source, doubling its output every two years. Forbes magazine says that in the next 25 years solar will be the fastest-growing alternative source of electric energy.

The potential of solar is enormous. Scientists estimate that every year 1km2 of desert receives solar energy equivalent to 1,5-million barrels of oil, which, multiplied by the area of deserts worldwide, is nearly a thousand times the entire energy consumption of the world. Another startling figure is that one hour of sunlight packs enough energy to power the world for a day.

Peet du Plooy, World Wildlife Fund trade and investment adviser for South Africa, says an area of 70km x 70km (a square with its corners in Cape Town and Paarl) could provide all of South Africa's electricity requirement from concentrated solar power (CSP).
The biggest drawback to solar power up to now has been its cost. Eskom's pilot project in Upington in 2003 cost about R2,2-billion. The utility was unable to give an estimate of what it would cost now. But Eskom expects solar to be priced around R22,50/watt at scale, Du Plooy says.

Spending R2,2-billion for 100MW of electricity might seem expensive €” especially for a country credited with producing the world's cheapest electricity at about R10/watt €” because of the abundance of coal. But Du Plooy disagrees.

"I think it is worth re-evaluating the view that renewables are two to three times more expensive," he says. "New coal power is no longer as cheap as we used to think: while Eskom has cited R10/watt, Medupi's actual price comes in at R16,40/watt (with no flue gas cleaning) and that's capital cost only. That's getting very close to R22,50/watt for solar at scale, which has no fuel cost."

He says the price of coal climbed steeply in the past three years and the environmental cost is also high. "Fossil-fuelled power today is cheap compared with solar, mostly because of its scale," he says. "As solar sees increased uptake, it will also become cheaper."

Sipho Neke, spokesperson for Eskom, says high up-front capital costs, relatively small proven plant sizes compared with conventional generation options and component supply issues have been the biggest factors inhibiting Eskom's investment in solar power. The single biggest cost to solar cell-makers is the high price of raw polysilicon, which makes up 70% of the structure, says UBS. But the cost of raw silicon for wafers is expected to fall by 66% in the next three years, from $300/kg to $100/kg.

The race is on to find the best solar technology €” and the company that perfects it will make a killing.

One company competing in the race is Nanosolar, one of several in Japan, Europe, China and the US in competition to develop versions of "thin film" solar technology. Nanosolar claims to have the lowest cost solar panel and can sell solar panels for as little as 99c a watt. This is comparable with the price of coal-generated electricity.

The company says it aims to build solar power stations up to 10MW in size, which can be up and running in six to nine months, compared with 10 years or more for coal-powered stations and 15 years for nuclear plants.

South Africa has its own contender in the "thin film" race. Solar guru Professor Vivian Alberts, a physicist at the University of Johannesburg, has developed a thin film solar design, believed to be the most advanced in the world. He perfected his design in 2004 and his panels are ready for commercial use.

Alberts says it will cost about R14 a watt to produce his units. He sold his technology to German company Johanna Solar Technology, leading many South African critics to ask why Eskom did not lap up the technology.

But the professor kept the South African licence to the technology and Thin Film Solar Technologies will manufacture the product locally.

Eskom's plant in Upington will use CSP, a relatively new technology worldwide that has the backing of the World Bank because it is the only zero-greenhouse-gas-emission technology that has the potential to rival coal-fired power as a low-cost solution to the energy crisis.

The US has the largest installed base of CSP plants, followed by Spain, while several others, including Australia, Morocco, Egypt, Mexico and India, are undertaking feasibility studies or building their own plants.

Eskom's Neke says the power utility's decision to look at CSP was the result of evaluating solar options being developed worldwide over many years. "A key criterion, however, has been that the technology we would focus on had to be proven at the MW scale to reduce the overall technology risk," he says.

Despite solar's great economic predictions Neke says the CSP technologies are yet to benefit from economies of scale, sufficient supplier competition and standard product offerings.

At this point Eskom is reluctant to commit itself to an estimate of how much it will invest in solar power in the next 10 years. "The possible investment will be determined by approval for the pilot [in Upington] and, if approved, the overall project success," Neke says.
http://www.mg.co.za/article/2008-02-25-eskom-looks-to-the-rising-sun

Rooi Jan
28 Sep 2008, 21:51
Ongelukkig is Afrika te arm vir alternatiewe energie. 'n Mens kan ook maar net wonder of Mandelatopia dit kan bekostig...

Africa awash in sunlight, but not solar energy
PARIS, FRANCE Sep 28 2008 07:09

From household solar panels to thermal generators big enough to power a town, sun power has enjoyed explosive growth around the world.

Everywhere, that is, except on the sun-drenched continent of Africa.

With an average daily dose of five-to-seven kilowatt hours (kWh) for every square metre, Africa has more potential for producing energy from the sun than almost anywhere on Earth, with the possible exception of northern Australia or the Arabian peninsula.

Yet the continent accounts for only a miniscule percentage of the world's solar energy output. And most of what it does generate is produced in one country, South Africa.

"In Africa, there is a growing awareness of the potential benefits of solar, especially as the conventional grid continues to prove unreliable. Lots of people are looking for alternatives," said Lawrence Agbemabiese, a Paris-based energy expert at the United Nations Environment Programme (Unep).

And the need for energy could hardly be more urgent: in sub-Saharan Africa, barely one person out of four has access to grid electricity. And in the region's rural areas, this falls to just a tenth.

At the micro scale, grassroots groups are pushing solar through simple, low-tech applications. One such example is the solar cooker, in which a polished concave dish focuses sunbeams on to a pot, slowly heating water.

But on a macro scale, solar power is almost untapped. Why so?

Most reasons boil down to money.

Solar panels, or photovoltaic systems, use semiconductors to generate electricity, and can be used for individual buildings or villages. Another solar source, but in a collective role, is solar thermal, which uses the sun to create steam that turns a turbine to generate electricity.

Both technologies are sprouting across wealthier economies, but only thanks to tax breaks and discounts that remain beyond the reach of the planet's poorest continent.

"The photovoltaic boom in Europe and Japan depend on a very generous pricing structure. It is a policy found only in rich countries," explained Yves Bruno Civel, head of France's Renewable Energy Observatory, based in Paris.

Not able to surf on the current solar wave
"One has to be realistic: Africa will not be able to surf on the current wave. That will happen when economies of scale result in a drop in prices," said Agbemabiese.

Beyond financial constraints, solar technologies suffer from an image problem in parts of Africa, because they usually operate on a small scale and in isolation.

Indeed, some rural areas continue to resist solar energy out of fear that it will preclude later access to national or regional electricity networks.

But there is a silver lining: in the same way that cellphones are a cost-efficient alternative to laying telephone lines, the very fact that solar panels can be installed in the remotest of regions can make them a more affordable solution than connecting to existing power grids.

There can be hidden costs of depending on a centralised source of energy, explained Agbemabiese.

For rural hospitals, for example, an eight-hour power cut by the electricity grid can destroy thousands of dollars' worth of medicine, he said.

Some governments have initiated policies to promote use of solar energy at village level.

In West Africa, for example, Burkina Faso offers state-backed micro-credit loans, paid back over two or three years, that make it possible for a family to purchase a solar panel. Ghana is also looking at how to set up a system of financial incentives.

The continent is also making its first tentative steps towards large-scale solar generators big enough to power an entire region.

A "solar plan" sketched by the newly minted Union for the Mediterranean -- a grouping of European Union nations and non-EU countries -- aims to create gargantuan thermodynamic generators in the middle of the Sahara Desert.

With a projected output of 100 gigawatts by 2050, a project initiated by Middle Eastern and North African nations called "Desertec" could not only help power large swathes of North Africa, but parts of Europe as well via trans-Mediterranean cables.

One gigawatt is enough to power a city the size of San Francisco.

Concerns about soaring oil costs, dependence on Russian natural gas, and climate change have made some EU nations keen to push the project forward.

But sub-Saharan Africa -- far from Europe, lacking infrastructure and in some places prone to chronic instability -- will have a hard time attracting such investments, experts say.
http://www.mg.co.za/article/2008-09-28-africa-awash-in-sunlight-but-not-solar-energy

Toffie
28 Sep 2008, 21:56
Dit sal baie goed hier by ons werk, want daar is darem nognie 'n mark vir spielglas nie. Daardie kragstasies sal verseker wees van volhoubare energie lewering. Ek hoop net hulle gebruik "Optic fibres" en nie koperkabels nie.

noordoos
20 Oct 2008, 21:53
Weet iemand wat die prys van hierdie outjie is. 3kw wind turbine.
http://www.kestrelwind.co.za/content.asp?PageID=61

propatria
20 Oct 2008, 22:13
Weet iemand wat die prys van hierdie outjie is. 3kw wind turbine.
http://www.kestrelwind.co.za/content.asp?PageID=61

Ek het dit iewers, maar dit is nie goedkoop nie, n plaaslike maatskappy turbex het ook een beskikbaar, maar effe groter.

Die probleem met die meeste van die europese tipes is dat jy 11km p uur wind nodig het wat in die meeste gebiede by ons minder as 5% is. In Botswana is n hele paar hektaar van die goed en dit is n flop.
Jou verhouding moet wees dat jy teen 3km/u reeds opwek dan kan jy sowat 70% van die tyd krag he (veralgemening) as jy met die eienaar by turbex praat sal hy vir jou die spesifieke area waarna jy kyk se syfers gee.

noordoos
20 Oct 2008, 22:27
Is daar n maklike manier vir n leek om jou windspoed te monitor. Maklik lees eintlik 'goedkoop' ;-)

noordoos
25 Feb 2010, 23:24
Tyd dat ons hierdie draad weer afstof! Het iemand al iets belowends raakgeloop?

Wat van n Stirling Engine? Ek weet nie of hier op die draad al daaroor gepraat is nie, ek sal bietjie soek, maar ek het hierdie interessante YT video gesien. Wat is die potensiaal?

http://www.youtube.com/watch?v=fUrB7KRvxUk&NR=1&feature=fvwp

Hierdie een werk met sonlig, maar jy kan enigiets brand om so n engine te laat werk. Son wanneer beskikbaar, brand iets wanneer nie? Daar moet seker al modelle wees wat so 5.5 kw kan opwek?

Wat is die nuutste tegnologie op 'deep cycle' batterye, wat kos hulle en waar kry mens dit?

YFZ 007
25 Feb 2010, 23:41
Ek het gehoor van EGEN. Dit is 'n "inverter". Kry hulle in verskillende groottes volgens krag benodighede. Werk met son krag. Word aangewend vir huise, fabrieke as "back up" en ook vir pomp stasies ens.
Ek weet nie veel nie maar ons het 'n soortgelyke dink gebruik as "back up" vir pomp stasies, maar die batterye het nie gehou nie. Glo is ENGEN 'n beter produk.

noordoos
26 Feb 2010, 00:07
Ek stem saam met wind-krag, maar dan begin dit groter raak as net wat ons vir onsself kan doen. Op 'n plaas is dit 'n ander saak, maar in my meenthuiskompleks gaan ek baie teenstand kry as ek selfs 'n klein windgenerator opsit.

Energie is hoofsaaklik van die volgende bronne afkomstig: kinetiese energie (enigiets wat beweeg), potensiele energie (goed wat van hoog na laag vervoer moet word - swaartekrag help hier), direkte lig-energie (sonpanele) en termiese energie (iets wat brand, of as daar 'n natuurlike temperatuurverskil bestaan soos bv. 'n warmwaterbron).

Lig-energie is die maklikste om te gebruik (maar duur), jy sit net 'n sonpaneel in.
Kinetiese energie is die mees algemene ('n rivier wat loop, windkrag, branders in die see ens.)
Potensile energie is tot 'n groot mate tot watervalle ens. beperk - die gemiddelde man het nie toegang tot veel in hierdie lyn nie.
Natuurlike termiese energie is ook nie so algemeen beskikbaar nie, en om kunsmatig iets te brand vat natuurlik brandstof (dis wat kragstasies doen). Selfs kernkragstasies gebruik slegs termiese energie. Son-waterverwarmers gebruik die termiese eienskappe van sonlig (anders as sonpanele wat die lig gebruik).

Interessant genoeg is daar 'n "buitebrand" enjin, genaamd die Stirling enjin. Enige temperatuur differensiaal kan gebruik word om hom aan te dryf. Hoe groter die verskil, hoe beter werk die ding. Jy kan hom selfs bedryf deur een helfte in skaduwee en die ander helfte in sonlig te hou.

Stirling enjins is nie so maklik om te bou nie, maar daar is maatskappye wat dit doen. Een oplossing is om sonlig te fokus op die "warm kant" van die Stirling enjin (termiese energie).

Op die web is daar videos, sien onderstaande skakels:

http://www.youtube.com/watch?v=tugshxuh-f0
http://www.youtube.com/watch?v=1dTt2s6YwJ8

Baardman

Die tweede video van Baardman is baie goed. Wonder wat het van die ouens geword. Dit was in 2007.

noordoos
26 Feb 2010, 00:11
My swaer is in Aussie- en hy se die mense daar in die "Outback" het 'n heel interresante idee:

Ons het al flieks gesien met mense wat talle klein windpompies in hulle erwe het. Ek het gewonder watse kultuur is dit- toe vra ek hom terloops.

Interresant vertel hy my dis vir KRAG! Daar doerrr onder in die woestyn is mos nie elektrisiteit nie. Hulle vat batterye, sit 'n Inverter op- gebruik 'n ou "generator" van die ou Volkswagens ....sit dit aan 'n as van 'n windmeul wat in die rondte in die dag spin- generator gaan na die batterye toe- en siedaar- elke windas voorsien krag vir die batterye. Nuwe generators werk nie- want hulle soek 'n "trigger" om hulle aan die gang te kry- waar die oues nie een nodig het nie. Hulle gebruik parrafien yskaste en koelkaste- en gas vir kos.

Nou die windpompie geheim: Sommige sit fiets generators aan elke windpompie. Soos die windpompie deur die dag tol- draai hy die generatortjie heeldag- wat die batterye heeldag laai....DIE dat daar altyd so 10-of-wat windpompies in elke ou se erf is.

Ja, dit is n goeie idee. Mens sal klomp goed saam moet gebruik om jou batterye te laai. Ek het gelees die nuwe generasie 'deep cycle' batterye is baie effektief en kan tot 20 jaar hou indien jy dit nie meer as 50% ontlaai nie. Jou battery bank moet dus groot genoeg wees om jou te dra vir periodes sonder om meer as 50% te gebruik. Kan duur wees, maar soos die prys van krag opgaan, is duur een van die dae goedkoop, en as dit 20 jaar kan hou, waarom nie?

Henry
26 Feb 2010, 08:34
Ek het gehoor van EGEN. Dit is 'n "inverter". Kry hulle in verskillende groottes volgens krag benodighede. Werk met son krag. Word aangewend vir huise, fabrieke as "back up" en ook vir pomp stasies ens.
Ek weet nie veel nie maar ons het 'n soortgelyke dink gebruik as "back up" vir pomp stasies, maar die batterye het nie gehou nie. Glo is ENGEN 'n beter produk.

Kommentaar op hierdie aanhaling?

Kan ons nie kyk na reeds beskikbare toerusting en 'n pakket saamstel van die goedkoopste beskikbare goed nie? Waarom nie? Baardman en/of ander ingenieurs kan dan 'n stelsel ontwerp wat ons dalk nog goedkoper in (Boere)volkseie fabrieke kan bou (Daar is so 'n volkseie fabrikant wat belangstel) en deur volkseie ondernemings kan bemark (ook deur die Internet).

Het ons langer 'n keuse? Ons kan nie langer Eskom dra nie. Kom ons breek die slaweband.

Propatria se projek gaan sulke items gebruik. Waarom kan dit nie in (Boere)volkseie fabrieke gebou word en die orige produkte op die ope mark verkoop word nie?

noordoos
1 Mar 2010, 15:02
Baardman, wat dink jy van hierdie? Onmoontlik, s jy?

http://www.youtube.com/watch?v=u5lXNpOnurw

Arend
1 Mar 2010, 15:47
Baardman pos al baie lankal nie meer hier nie.

Wow. Die ou gaan geldmaak.

noordoos
1 Mar 2010, 16:03
Baardman pos al baie lankal nie meer hier nie.

Ek weet. Ek het gehoop ek kan hom hiermee terug lok! :rofl:

noordoos
1 Mar 2010, 16:05
Wow. Die ou gaan geldmaak.

Nee, die slim ouens s hy verneuk! Daarom wou ek Baardman se reaksie hoor. Dit lyk darem baie geloofwaardig...

noordoos
1 Mar 2010, 16:36
Gestel op die een of ander manier werk mens iets uit en jy het gratis elektrisiteit. Wat sal dit help? Dan slaan hulle jou net op n ander plek, soos eiendom belasting, water, petrol of net wat hulle wil. Die voordeel sal egter wees dan kan jy trek. Al bly jy in n woestyn, as jy kan maklik krag opwek, kan jy n oase tot stand bring!

Kom mense, sit skouer aan die wiel. Speel met idees daar in jou werkswinkel, iewers gaan iemand met iets vorendag kom. Ons houding moet nie wees om geld te maak nie. Dit is wat ons in die eerste plek in die gemors gekry het. Almal wil mos stink ryk word. Nee, as ons iets kry, gooi dit oop vir die wreld, geniet jou persoonlike voordeel daaruit en wees tevrede...

Arend
1 Mar 2010, 16:50
Wel, As daardie ou se idee werk en hy kan dit wreldwyd patenteer het hy 'n sak vol geld. Dink net hoe lekker gaan my ou karretjie ry met so 'n wieletjie.

Geen petrol, net 'n ligte trap op die versneller en daar gaan ons. Geruisloos.

Ek kry sommer lekker as ek net daaraan dink.

Ben Kruger
1 Mar 2010, 23:15
Ek sit nou al twee jaar met 'n idee wat kom en gaan. Ek neem nou stappe en begin dinge bymekaar kry.

Ek deel dit met julle sodra die die ding werk en slegs as hy reg werk.

Lekker draad hierdie.

Sover het ek 'n 1a 50hz coil. Kort net 'n lekker ronde magneet so dik soos 'n d sel battery en so lank soos twee en 'n groterige plastiek of "fibre glass" "propellor" om 'n klein wind turbine te bou.

Ek het 'n 80ah 12 Volt battery en 'n dubbel prop "UPS" wat ek ook moet toets maar die UPS is stok oud. Ek is bang vir daai groot transformators binne in sy staal boks.

Maar Baardman het wel baie uitstekende idees hier geplaas wat ek gaan gebruik. Ps. hy loer nou en dan in en ek het om al een keer gevang laat aand vroeg oggend laas jaar.

Slaggat
3 Mar 2010, 12:57
Die volgende e-pos het ek vanoggend ontvang. Hoewel nie van Eskom afkomstig nie, reflekteer dit tot ‘n mate die gevoel van verbruikers oor die goedgekeurde verhogings in die elektrisiteitstarief.


Dear Electricity Consumer,

Just a little note to let you know we understand your anger at the
recent price hike & power cuts.

But it should be noted that you have no choice.
We are a big company and you will pay what we tell you.
We have the ruling ANC party behind us to assist with tariff increases

You have no choice.
We have the power, you need the power.
So sad, too bad. Sucks to be you.

We have enclosed a little picture to help outline our response.
Have a nice day and keep those cheques coming, ………… loser!

Regards
ESKOM

Die klein prentjie waarna verwys word toon ‘n paar manne op ‘n oorhoofse kabelmas waarvan die broeke (en onderbroeke) afgetrek is oor die boude en di naaktheid dan na die fotograaf (eintlik dan die kyker) geprojekteer word. Die boodskap is duidelik ……. Gaan na jou maai!


Hierdie e-pos het my nie net genoop om by die Boerevryheid se webwerf aan te sluit nie, maar ook om hopelik ‘n bydrae in die besparing van kragverbruik – veral egter die onafhanklikheid van Eskom te help bewerkstellig.

Self werk ek al ongeveer 2 jaar aan planne om onafhanklik van Eskom te raak. Ek is ‘n groot kragverbruiker en die verhogings tans goedgekeur en di wat volg sal tot gevolg h dat ek deure sal moet sluit. Die afgelope 6 maande het ek amper op ‘n voltydse basis beplan en navorsing gedoen om nie ‘n bydraer te wees ten opsigte van Eskom se buitensporige bonuse, salarisse ensomeer nie.

Het so ‘n paar weke gelede begin om – na baie berekenings en planne maak – die papierwerk in die praktyk te laat neerslag vind. Tot op datum het ek reeds my elektristeisverbruik sodanig verminder dat my rekening tans 50% minder is.
Die eerste implimenteringskostes op pad na onafhanklikheid sal einde van die maand alreeds verhaal wees.

Indien daar ‘n nodigheid bestaan om van die idees te deel sal ek dit graag doen. Laat maar weet.

Slaggat
5 Mar 2010, 19:30
Het ons langer 'n keuse? Ons kan nie langer Eskom dra nie. Kom ons breek die slaweband.



"Om die slaweband" te breek verg volgens my 'n heel ander benaderingswyse. Ek het ook weggespring om windlaaiers te wil bou, solarpanele te monteer en wat nog alles. Dit is eers toe ek gaan sit en myself 'n paar vrae begin vrae het, dat ek besef het ek sal baie dieper moet delf as net die onskynlike voor die handliggende oplossings.

'n Hele kopskuif is nodig. Eers toe ek begin dieper delf het, het ek besef daar is oplossings, eintlik so maklik en so logies, dat as ons sou saamwerk, ons nie net die knellende band van Eskom kan verlig nie, maar in baie gevalle self kan afwerp. Meer nog, ons kan so 'n beter beheer oor die ekonomie uitoefen want ons swaarverdiende Rande gaan nie meer in oorvloed na die staat nie.

Die kern van Eskom se verhogings myns insiens, is nie vir die uitsluitlike doel om kragstasies te bou nie, maar onder andere om geld te bekom om die onrus onder sy ondersteuners te besweer.

Die ANC het persoonlike belange in Eskom. Net net is dit staatseiendom nie, maar genereer dit inkomste vir die staat of anders gestel - vir die ANC.

Die vinnigste wyse waardeur die staat 'n vinnige kontant inkomste kan genereer, is om brandstof te belas (wat hulle gedoen het) en om elektrisiteit te belas (wat nou gedoen is). Hierdie kontantvloei is onmiddelik beskikbaar en kan aangewend word om die onrus onder die swartes onder beheer te kry.

Brandstof kan egter nie onbeperk verhoog word nie - daar is te veel swartes met voertuie. Veral die taxi's gaan 'n stofwolk opskop. Dit sal ook die ekonomie ernstig benvloed en die staat se inkomste negatief raak.

Elektrisiteit is egter 'n perd van 'n ander kleur. Meeste swartes koop betaalkaarte en die aankoop daarvan vind meestal in hulle eie omgewings plaas. 'n Betaalkaart word "onsigbaar" gelaai. 'n R20 aktiverings kaart kan maklik met R80.00 se waarde gelaai word. So is dit moontlik om die swart mense te subsidieer sonder dat hulle 'n werklik verhoging van Eskom ondervind.

Waar witmense betaalkaarte gebruik word dit eenvoudig net met die verhoogde tarief gelaai.

Myne en besighede is tot 'n groot mate prys bepalers. Die verhoogde Eskom tariewe word net "aangestuur". Nou is dit ook so dat die swartmense nie ho waarde produkte aankoop nie - Malema se kaliber uitgesluit. Die meeste swartmense koop sulke produkte tweedehands - met ander woorde ho tarief kostes is nie noodwendig op hulle van toepassing nie.

Slaggat
6 Mar 2010, 09:14
Wat bedoel ek met n "hele" kopskuif?

Daarmee word kortliks bedoel dat n mens jouself moet afvra hoe ernstig jy is om op jou elektrisiteitsverbruik te bespaar. Sou n mens maar net daaroor praat en kla en jou onvergenoegdheid oor die ho verhogings uitspreek los dan liewers die gedagte om ten minste die impak van die verhogings teen te werk, praat nie eers van n maandelikse finansile besparing te bewerkstellig nie.

So n persoon is besig met n halwe kopskuif en sal waarskynlik nie baie verder kom as om n paar gloeilampies te vervang en die geyser van n moontlike kombers te voorsien nie - indien wel.

Om n hele kopskuif te bewerkstellig moet n mens jou eie posisie in onskou neem, n wilsbesluit neem om iets te DOEN en dan ook daadwerklik begin om iets te doen. Wat die iets is, is gewoonlik waar die onsekerheid l.

In wat hierna volg gaan ek probeer om eerstens enkele gedagte rigtings te skep in die voorbereiding tot n nuwe denke oor kragverbruik. Dit sal enkele aanpassings verg en selfdissipline. Die eindresultaat is egter soet en uiters lonend.

Dit is amper soos om op n dieet te gaan. Dit gaan bietjie moeilik wees in die begin, maar soos dinge vorder sal die motivering verskerp en toeneem.

Slaggat
6 Mar 2010, 10:55
Wat hierna volg mag ietwat vreemd voorkom, maar dit is noodsaaklik om dit te weet.

Beskou jou eie finansile omstandighede met n vergrootglas. Het jy n maandelikse begroting? Waar op jou begroting kan jy bespaar? Dalk op brandstof deur minder te ry? Ander oplossings? Onthou elke R10.00 wat jy kan afknyp behoort aan JOU en is dit JOUNE waarvoor JY gewerk het! As jy kredietkaarte het en maandeliks daaraan afbetaal werk jy nie vir jouself nie maar vir die banke. Dieselfde rel geld vir Eskom. Betaal jy meer as wat hulle toekom is jy in dieselfde bootjie jy werk om hulle aan die lewe te hou en die geld wat jy meer betaal as wat nodig is, behoort aan hulle ONTHOU hulle wil kragstasies bou met JOU geld en jy is nie n bankier nie!!.

Die eerste belangrikste stap gaan wees is om eerstens die geld waarvoor jy werk joune te maak. Knip en beendig jou kredietkaart of dan ten minste van die kredietkaarte. Stel n plan van aksie op om n kontantkoper te word. Dit beteken eenvoudig dat n mens kontantafslag kan beding en nie maandeliks rente (geld in die water) betaal nie. Slegs jy alleen kan iets aan jou omstandighede doen om dit te verbeter. Soos alreeds ges, dit gaan dieselfde werk as n dieet. Swaar aan die begin.

Doen gerus die moeite om alle rentes wat jy maandeliks moet betaal op te tel en jy mag verbaas staan om te sien wat jy maandeliks verloor. Begin om die kleinste skuld eerste te delg. Sukses hierin behaal, genereer verdere sukses.

Die volgende vraag kan met reg gevra word: Wat het voorafgaande met elektrisiteitsbesparing of selfs die wegbreek van Eskom te doen?

Enige een wat al navraag gedoen het het oor die koste van diepsiklusbatterye, windturbines, omsetters, sonpanele word onmiddelik ontmoedig deur die onskoulike ho pryse wat in baie gevalle nie eers BTW of installasiekoste insluit nie.

Wat ek gaan poog om te doen is om te verduidelik dat daar ander werkwyses is waarop n mens stelselmatig en bekostigbaar en sonder om noodwendig baie geriewe op te offer, geleidelik en suksesvol KAN oorskakel.

Wat ek nagevors en bevind het asook self gemplimenteer het, sal ek deel sodat daar nie duur foute gemaak word nie.

wasklip
6 Mar 2010, 13:24
Slaggat wat van diegene wat alreeds op die broodlyn leef?

Hou hulle ook in gedagte.

Slaggat
6 Mar 2010, 16:25
Indien ‘n mens besluit het om te DOEN eerder as om te praat en die finansies is ‘n slag onder die loep geneem kom die volgende aan die beurt: Hoeveel krag het ek REGTIG nodig en WANNEER het ek dit nodig? (Hierdie stellings sal later meer breedvoerig bespreek word) Hier gaan elkeen se behoeftes verskil. ‘n Arend kan net so hoog vlieg as wat sy vlerke lank is. Met ander woorde jou persoonlike omstandighede (kan ook lees finansies) en behoeftes gaan hier deurslaggewend van aard wees. Uiteindelik moet omstandighede en behoeftes versoenbaar wees. Jy kan tog nie ‘n mieliemeel inkomste ontvang en ‘n oor ‘n Malema se spandeervermo beskik nie! Dit is juis hier waar realiteit moet intree.

Dat jy meer aan krag gaan betaal is ‘n realiteit. Bereken hoeveel meer. Daardie geld moet in jou begroting ingebou word. Die vraag is nou hoe daardie “ekstra” geld verhaal kan word. Dit is die EERSTE vertrekpunt. Probeer om die elektrisiteitsverbruik daadwerklik af te bring. Sonder om daarop in te gaan (die meeste mense weet dit reeds maar doen dit noodwendig altyd nie), kan die volgende aanvanklik gedoen word:

• Skakel alle ligte nie in gebruik nie af.
• Wanneer geslaap gaan word, skakel alle televisie, rekenaars, hotrou stelle en ander onnodige kragverbruikers af. (Hier begin die dissipline!
• Gooi net die benodigde water in indien koffiewater gekook word.
• Skakel buiteligte af.
• Stel geyser se termostaat laer.

Daar is baie meer wat gedoen kan word sonder dat ‘n sent spandeer is. Indien ‘n mens oor die kragverbruik van di apparate en toerusting beskik, kan die besparing wat verkry word bereken word. Die besparing wat oor die verloop van ‘n maand bewerkstellig word sal ‘n tervrede glimlag ontlok. Glo my dit kan heelwat wees!

Die TWEEDE stap is ook nie juis by kragverbruikers ‘n nuutjie nie. Nie te min noem ek enkeles:

• Vervanging van ou tipe gloeilampe met gloeilampe wat minder krag verbruik. Die aanvanklike duurder koste word vergoed met die langer leeftyd daarvan. Hier egter ‘n waarskuwing! Di tipe gloeilampe is ongelooflik sensitief vir kraggolwe (surge) in die bedrading. Swaar weer veral kan deur middel van induksie hul leeftyd drasties verkort! Indien hierdie tipe gloeilampe veral op plase gebruik word, moet ‘n mens katvoet loop. Installeer die nodige apparaat – nie noodwendig duur nie as jy weet wat om te doen nie. Sal toerusting later bespreek. Wenk: Wag totdat daar spesiale aanbiedings is in groot kettingwinkels en koop dan die sterkste gloeilampie wat op ‘n spesiale aanbieding te koop aangebied word.Die 15 Watt is meer geskik vir groter vertrekke en waar beter beligting verwag word. Die laer watt-gloeilampies kan vir toilette ensomeer gebruik word waaar sterk lig nie noodwendig benodig word nie en die vertrek klein is.

• Die nuwe LED gloeilampe is ‘n pragtige tegnologie maar nog nie ekonomies haalbaar nie.
• Maak die geyser toe met ‘n geyserkombers. Nie te duur nie. Soek spesiale aaanbiedings of beding ‘n kontant afslag. Besighede trek swaar en sal dit toeken – moet net VRA.

Bogoende stappe verg dissipline en ‘n bietjie geld. Geld wat u vinnig gaan verhaal deur die besparings wat te weeg gebring gaan word!

Slaggat
8 Mar 2010, 06:21
Vir watter doeleindes word elektrisiteit die meeste in n huishouding benodig? Hiermee word nie bedoel wat die meeste kilowatt verbruik nie. Antwoorde op hierdie vraag gaan van mekaar verskil maar almal gaan een gemene deler bevat naamlik di van beligting. Ja n geyser (warm water) en stoof (kos gaarmaak) asook yskas (verkoeling) sal ook hoog op die lys wees. Beligting word die meeste en die aaneenlopendste (langste) gebruik by huishoudings en ook elders. Die gaarmaak van kos gebruik baie krag (kilowatt) maar het oor die algemeen n kort interval. So ook n geyser vir waterverhitting. Trouens baie mense skakel hulle geysers gedurende die dag af. Kragverbruik vir verkoeling is ook kortstondig en periodiek in n huishouding.

Eers n paar gedagtes oor BELIGTING. Omdat daar oor die algemeen aanvaar word dat relatief min krag verbruik word wanneer n gloeilampie brand, blyk dit dat dit nie noodsaaklik is om ligte af te skakel wanneer n vertrek verlaat word nie veral vir n lang tydperk.Dit is gevolglik noodsaaklik dat ons hier begin met n paar berekenings. Daar bestaan ook n siening dat veral buisligte aan gelos moet word omdat hulle baie krag gebruik wanneer hulle weer aangeskakel word. Of hierdie uitgangspunte kwantifiseerbaar is sal ons later na kyk.

Weer gaan ek op n vreemde noot begin. Later sal dit duidelik word waarom di benaderingswyse gevolg word.

Weet jy waar die huis, woonstel of meenthuis se distribusiekas aangebring is. Dit is waar die hoofskakelaar asook die ander uitknikskakelaars gele is. In die handel en wandel staan dit bekend as die DB. Wanneer n mens die deurtjie indien dit van een voorsien is oopmaak, kry n mens die hoofskakelaar wat as sodanig aangedui word. Dit behoort n kombinasie skakelaar te wees wat insluit n aardlekrels. Aardlekrels = earthleakage/mainswitch. Hierdie hoofskakelaar skop gewoonlik uit as daar n kortsluiting in die bedrading ontstaan of die weerlig (op plase/plotte) die hooflynkabels tref.


Die ander uitknikskakelaars behoort aangedui te word waarvoor hulle genstalleer is naamlik: plugs, lights, geyser, stove ensomeer. Hierdie tipe skakelaars bevat n aanduiding van die aantal ampre wat oorskry moet word voordat dit uitknik (afskakel). Maak seker of daar een of meer uitknikskakelaars vir ligte op die DB voorkom (gaan die kennis later benodig). n Groter huis mag oor meer as een beskik. Kyk ook wat hulle onderskeie ampre aanduidings (byvoorbeeld 10Amp, 15Amp ensomeer) is. Iets waarop solank gelet MOET word is dat die lewendige (rooi) toevoerdraad ALTYD van bo-af aan die uitknikskakelaar gekoppel word. Dit is nou indien die elektrisin dit reg gekoppel het.

Slaggat
8 Mar 2010, 09:00
Maak nou n vryhandskets van jou woonstel, huis, meenthuis, plaasopstal ensomeer met buitegeboue. Dui daarop aan waar al die ligte voorkom ook veiligheidsligte byvoorbeeld teen die buitemure.Dui gloeilampies op die skets aan as n sirkeltjie met n op-en-af strepie binne die sirkeltjie wat van die een ronding tot die ander ronding geteken word. Buisligte se aanduiding kan as n enkel of dubbel langwerpige reghoeke aangedui word. Enkel vir een buis of twee vir dubbelbuise.

Skryf vervolgens elke gloeilamp se sterkte of watt op die skets by die gloeilampie se aanduiding neer. Waar daar n lig met meer as een gloeilampie voorkom, moet elke gloeilamp se watt neergeskryf word. Normaalweg behoort almal dieselfde te wees maar gloeilampe wat vervang is mag oor n ander waarde beskik. Gewoonlik word die watt-aanduiding op die gloeilamp/buislig self aangebring. By die CFL-tipe gloeilampe (energiebesparende gloeilampies) word dit op die basis (wit gedeelte) aangebring in rooi of swart letters/syfers.

Wanneer jy alle buisligte en gloeilampe se kragverbruik (watt) neergeskryf het, skryf hulle vervolgens ondermekaar en bepaal die totale aantal watts wat die ligte van die huis sal gebruik indien alle ligte aangeskakel is. Argumentsonthalwe word aanvaar dat veiligheidsligte wat met infrarooi of n bewegingsensor aangeskakel word (gewoonlik n 100 watt of 150 watt gloeilamp/e) ook almal sal brand.

Voorbeeld 1 veronderstel n meenthuis met die OU TIPE gloeilampies. Alle ligte brand en die tydperk wat hulle brand word aangedui as 4 ure vir vergelykende doeleindes.

VOORBEELD 1
Ingangsportaal: 100 watt
Gang: 60 Watt
Sitkamer:
Daklig (3 gloeilampe) 300 Watt
Staanlamp 150 Watt
Eetkamer (3 gloeilampe) 300 Watt
Kombuis (buislig-2 buis) 116 Watt
Agterdeurlig 100 Watt
Slaapkamer 1
Daklig 100 Watt
Bedlampies 2x60watt 120 Watt
Slaapkamer 2
Daklig 100 Watt
Bedlamp 1x100watt 100 Watt
Badkamer 100 watt
Veiligheidslig(2x150watt) 300 Watt
Motorhuis (buislig-2 buise) 116 Watt
Buitelig motorhuis 60 Watt

TOTAAL: 2122 WATT

Wat nou opval is dat n gemiddelde meenthuis 2122 watt per uur nodig het om al die LIGTE te laat brand. Met n tarief van s R0.75c per kilowatt gaan dit die eienaar R1.60 per uur kos. Indien die ligte vir 4 ure n aand brand beloop die koste R6.40. In n maand met 30 dae beloop dit R192.00. Dit slegs vir beligting.

In voorbeeld 2 word van die gloeilampe vervang met CFL-gloeilampies. Bedlampies waar die lampskerm op die gloeilamp rus kan tans nog nie met n CFL-gloeilamp vervang word nie. Veiligheidsligte se gloeilampe asook die buisligte word ook nie vervang nie.

Voorbeeld 2

Ingangsportaal: 12 watt
Gang: 12 Watt
Sitkamer:
Daklig (3 gloeilampe) 45 Watt
Staanlamp 15 Watt
Eetkamer (3 gloeilampe) 45 Watt
Kombuis (buislig 2 buis) 116 Watt
Agterdeurlig 15 Watt
Slaapkamer 1
Daklig 15 Watt
Bedlampies 2x60watt 120 Watt
Slaapkamer 2
Daklig 15 Watt
Bedlamp 15 Watt
Badkamer 15 watt
Veiligheidslig(2x150watt) 300 Watt
Motorhuis (buislig 2 buise) 116 Watt
Buitelig motorhuis 12 Watt

TOTAAL: 868 WATT

Dieselfde meenthuis se kragverbruik neem nou af van 2132 kilowatt (in voorbeeld 1) na 868 kilowatt. Teen R0.75 per kilowatt gaan die koste per uur R0.65 beloop. Teen 4 ure per dag is die koste R2.60. Vir n 30 dae maand kos dit R78.00. n Besparing van R114.00 per maand. Die uitgawe aangegaan om CFL-gloeilampies te koop kan bykans in twee maande as gevolg van elektrisiteitsbesparing verhaal word. Dit dan volgens hierdie bepaalde voorbeeld. Daar word aangedui dat die CFL-gloeilampies n leeftyd van 6 000 uur het. Sou dit waar wees is die besparing nog meer op die lang termyn wanneer dit vergelyk word met die leeftyd van gewone gloeilampies met n wolframkarbiet element.

Die volgende berekening kan jy self doen. Vermenigvuldig nou die laer elektrisiteitsverbruik in die voorbeeld met die verhogings wat aan Eskom vanjaar toegeken is, (28%) en jy sal opmerk dat die besparing deur mindel van die CFL-gloeilampies meer is as die verhoging. Indien jy die ligte van jou eie huis/woonstel/plaasopstal ensomeer se watt uitgewerk het, en jy gekyk het waar jy kan bespaar, kan jy jou besparing self uitwerk. WENK: n Buislig met twee buise se een buis kan verwyder word om kragverbruik te bespaar. Veral in n motorhuis of n vertrek waar helder lig nie so noodsaaklik is nie.

Slaggat
8 Mar 2010, 09:17
Uit voorafgaande voorbeelde blyk die volgende baie duidelik:

Indien jy n kragopwekker of n omsetter wil aanskaf slegs vir beligting, moet dit in die eerste voorbeeld ten minste een wees van 2200 watt indien alle ligte aangeskakel sou word.
In die tweede voorbeeld word slegs n 900 watt, omsetter of kragopwekker benodig indien alle ligte aangeskakel sou word. Dus meer as die helfte kleiner!!

Deur die ligte af te skakel wanneer niemand in n vertrek is nie, gaan op die lang duur n sigbare besparing op die maandelikse rekening te weeg bring.

Betaalkaart gebruikers kan op hul beurt weer langer met dieselfde betaalkaart krag verbruik. Mens moet net in gedagte hou dat wanneer daar n kragonderbreking voorkom, BELIGTING di belangrikse is wat moet werk.

Beskou die saak uit n veiligheids aspek. Indien die krag afgeskakel sou word in n woongebied wat byvoorbeeld aangeval word in die nag. Hoe effektief is jy daarop voorbereid en hoe vinnig kan jy lig kry waar jy dit benodig? Wat van veiligheidsligte en sensors wat nie werk nie? Hoe weet jou kinders wat deur die slaap mag wees waar julle is? Daar is baie ander redes dink maar self.

Dit behoort nou duidelik te wees dat die vertrekpunt van onafhanklikheid van Eskom begin by BELIGTING. Daarna volg die ander kragverbruikers in die huis.

Die argument kan aangevoer word dat n mens nie alle ligte gelyktydig aanskakel nie. Baie waar. Maar hoeveel ligte dink jy gaan jy aanskakel in n noodgeval en hoeveel dink jy sal moet aanbly as daar baie gewoel word in die huis? En as die huis brand? Doen di berekening en jy weet wat jou kragbehoeftes is wat jy gaan benodig vir beligting. Mens moet net in gedagte hou dat n omsetter afskakel as hy oorlaai word. Minder goeie omsetters brand uit. Later sal ons by al die verskillende apparate en toerustings kom.

Om vas te stel wat die maksimum krag is wat getrek kan word alvorens die uitknikskakelaar op die DB uitskop (afskakel), kan die volgende formule gebruik word:

Volt X Ampre = Watt of kortweg gestel: V x A = W.

Die volts kan normaalweg as 220 geneem word.
Indien die uitknikskakelaar 10 Amp aandui, kan die hoeveelheid Watts beskikbaar maklik bereken word.

V x A = W
220 x 10 = 2200

Dus 2200 watt. Die meenthuis in bogenoemde voorbeeld 1, kan dus nie veel meer gloeilampies bykry voordat dit sal uitskop (afskakel) nie. Indien meer gloeilampies bygevoeg word (s byvoorbeeld ekstra veiligheidsligte), moet die kragverbruik nie 10 amprre oorskry nie anders gaan onderbrekings aan die orde van die dag wees. n Groter of sterker uitknikskakelaar moet dan aangebring word maar terselfdertyd moet gekyk word of die dikte van die bestaande draad geskik is om die hor lading te kan dra! Die meenthuis in bogenoemde voorbeeld 2 gebruik slegs 868 watt. Daar is dus ruimte vir addisionele beligting sonder duur veranderings.

Slaggat
8 Mar 2010, 10:47
Alvorens die ander kragverbruikers in die huis/woonstel ensomeer bespreek word is dit miskien wys om eers stil te staan om die monitoring van kraggebruik van nader te beskou. f deur die munisipaliteit f Eskom self.


BETAALKAARTE:

n Betaalkaart, vir diegene wat dit nie ken nie, werk baie soos n selfoonbetaalkaart. Jy koop s n R100.00 se krag, verkry n strokie met n aantal nommers daarop, en sleutel di nommers op die meterkassie se sleutelbord in. Die aantal eenhede ter waarde van R100.00 word dan gelaai en die beskikbare eenhede word deur syfers op die meterkassie aangetoon. Soos wat n mens krag verbruik loop die syfers (eenhede) terugwaarts, met ander woorde van groot na klein en wanneer jou eenhede begin min word kan jy weer aankoop.

n Voorbeeld: In Vredendal kos n eenheid R0.93. Vir n bedrag van R100.00 kry n mens dus 93 eenhede of anders gestel, 93 kilowatt. Betaalkaaarte in Vredendaal is verkrygbaar by die Spar, Eskom en die Munisipaliteit. Die koste is R0.93 per eenheid vir ALLE inwoners. (Sal dit wees omdat die Weskaap deur die DA bestuur word?)

Nog n voorbeeld: In Pretoria het n inwoner in die Oostelike voorstede blykbaar n betaalkaartmeter op eie koste laat aanbring. Met die aankoop van die betaalkaart is sy een uitgereik. Eers daarna is aan haar gevra waar sy woonagtig is. Toe die dame aandui dat dit in die Oostelike voorstede is, is sy versoek om die kaart terug te gee aangesien in daardie gebied hulle n ander kaart moet kry. Dan vermoedelik n kaart met n duurder koste per kilowatt. Swyg gevolglik oor jou woonbuurt, of wys met jou hand weswaarts indien jy in Pretoria woonagtig is.

Besparing van krag kan nou nog bewerkstellig word deur betaalkaarte vooruit te koop. Of indien daar n afslag vir n groter bedrag gegee word, koop soveel as wat jy tans kan bekostig. Dit bly egter maar dieselfde as om jou motor se tenk vol brandstof te maak voor die pryse styg. Dit hou totdat dit klaar is.

Of n betaalkaart in Pretoria gekoop in Parys gebruik kan word, weet ek nie. Indien betaalkaarte op n sentrale sisteem aangedui word, bestaan die moontlikheid dat n mens in n swart woonbuurt n kaart kan koop (goedkoop) en dit dan by jou huis aanwend. Indien iemand weet of dit sal werk, laat my asseblief weet.

Slaggat
8 Mar 2010, 13:42
METERS EN METERKASTE:

Vroer jare was die elektrisiteitsverbruiksmeter op die voorstoep van woonhuise aangebring. n Meterleser het dan op n bepaaldag van huis tot huis geloop in n sekere gebied en die verbruik van elke huis op n kaart vir daardie huis aangeteken. Die voordeel van die stelsel was dat n mens jou lesings kon kontroleer en ook dat jy kon bespaar omdat jy geweet het wat jou maandelikse verbruik was. Trouens jy kon jou daaglikse verbruik monitor dieselfde as betaalkaarte vandag.

Deesdae word die meters van n aantal woonhuise in n woonbuurt saam gegroepeer in n staalkas op die sypaadjie. Die meterleser neem dan die lesings deur die kas waarin die meters aangebring is oop te sluit en die nuwe lesings aan te teken. Die voordele van di tipe stelsel is nie net n besparing in tyd nie, maar die gesukkel om die verskillende erwe van mense te betre wat gesluit is, of waar kwaai honde voorkom, word uitgeskakel. Die nadele is dat jy nie kan kontroleer wat jou daaglikse verbruik is nie, ook nie of die maandelikse lesings geneem korrek is nie. Dit laat ruimte vir foutiewe inskrywings. Om te gaan kla veral deesdae dat jou verbruik buitensporig hoog is, en dit terwyl jy met vakansie weg was en hoegenaamd nie soveel eenhede kon verbruik nie, val op dowe ore.

Vir laasgenoemde is daar n oplossing. Kry toestemming by die munisipaliteit om n venstertjie op die staalkas aan te bring regoor jou huis se meter. Al wat nodig is, is n hoekslyper, om n vierkantige gat deur die staalkas se deur te sny, gaatjies te boor en n deursigtige aktielharsmonomeerplaatjie (perspex) met silikonseel te sel en met vier boutjies en moertjies vas te skroef. Indien jy iemand is wat twee duime op elke hand het, kry liewers n fima om die werkie netjies te kom afhandel. Met die venstertjie aangebring is die meter leesbaar en kan die nodige kontrole gedoen word. Die alternatief is om di meter te vervang met n betaalkaartmeter op eie koste.

BAIE BELANGRIKE WENK: Hou ALLE rekeningstate van elke jaar vandat jy gekoop of begin huur het. Liaseer hulle kronologies en berg hulle in lers vir maklike onttrekking. Die rede hiervoor is omdat n nuwe tendens hom nou voordoen in Pretoria. Die deposito wat aanvanklik betaal is en wat in trust by die munisipaliteit gehou behoort te wees, word stil stil van s R7 000.00 verminder na R700.00. n Jaar of wat later ontvang jy n briefie op jou woonhuis se buitehek dat jy weens verhoogde kragverbruik n verdere R5 000.00 moet betaal as deposito of jou krag word afgesny! E-posse of skrywes het die gewone stilte as antwoord. Besoek jy die munisipaliteit is die person wat jou bedien so onhandig met die rekenaar dat sy/hy ongelukkig nie in die stelsel kan teruggaan om te kontroleer nie. Indien alle rekeningstate beskikbaar is, kan die bewyse voorgel word en indien reaksie of regstellings nie daar en dan gedoen word nie, bly n prokureursbesoek n alternatief om sodoende te verhoed dat jou krag afgesny word. NOG n belangrike rede om onafhanklik te raak van energie, hetsy van Eskom of die Munisipaliteit!


PLAASKRAG:

Helaas, die boer loop ook deur. Waar die munisipaliteite die krag goedkoop as grootverbruiker van Eskom aankoop en n heffing na goeddunke byvoeg, het die boere die probleem van lynkoste en instandhoudingskoste. Die nuutste foefie scam is die omgewingsimpakheffing wat per kilowatt verbruik aangeslaan word. Dus n weggesteekte verhoging op die tariefskaal.

Op plase word ook meterkaste aangetref, gewoonlik op die paal net onderkant die transformator. Die meeste plase gebruik 3 Fase krag. Dit beteken, eenvoudig gestel, dat daar drie 220 volt kragpunte van 220 Volt elk beskikbaar is wat n gemeenskaplike neutrale lyn deel. Elke kragpunt het sy eie meter wat die kragverbruik registreer. Dit open die deur om waterpompe, sweismasjiene en ander toerusting meer ekenomies te laat werk op 380 Volt. 3 Fase elektriese motors is nie net goedkoper om te vervaardig nie, maar kan ook meer kragtige werk verrig as n enkelfase motor.

Die probleem van plaaskrag is dat daar vroer vir die aanl van die kragdrade na die plaas betaal moes word. Di koste kon hemelhoog styg wanneer bosse veral in bergagtige gebiede oogekap moes word. Ook moes die hergroei jaarliks of tweejaarliks teruggesnoei word om nie in die kragdrade in te groei nie. Boere wat dit kon bekostig het hierdie gelde betaal omdat die destydse tariewe die aanvanklik hor uitgawes regverdig het. Tot die ontsteltenis van di boere moes hulle in die nuwe bedeling maar weer uithaal en wys. Dit asgevolg van die instel van lynkoste en instandhoudingskoste op di lyne. Die nuutste ook soos alreeds ges n omgewingsinpakheffing.

Waarop hierdie lynkostes in effek op neerkom is eenvoudig dat daar deesdae vir boere, voordat n sent kilowatt krag verbruik is, alreeds n bedrag van R900.00 rand plus betaal moet word. Op die R900.00 of meer word natuurlik 14% BTW betaal wat die R900.00 nog verder verhoog. Of die nuwe tariefverhogings die lynkoste gaan affekteer moet nog gesien word.

Die meterlesings op plase vind minder gereeld plaas en n skatting word gedoen vir die volgende drie maande se rekening. Dit het al gebeur waar nuutaangestelde meterlesers (moet lees regstellende aksie) die meters gelees het, hulle foute gemaak het en dat n maandrekening tot soveel as R25 000.00 foutief aangedui is. Gelukkig vir die boere kan daar deesdae op n bepaalde dag die lesings ingebel word wat dan dadelik op die Eskomrekenaar aangebring word. Belangrik indien n mens inbel is om n verwysingsnommer te verkry asook die naam van die person met wie jy gepraat het. Teken alle gegewens aan.

WENK: Stel n rekening saam op n spreivel wat soos die oorspronklike een funksioneer. Lesings geneem word ingesleutel. Die spreivel bereken dan jou voorlopige rekeningstaat wat jy op jou maandelikse begroting kan aanbring. Indien maandrekening se bedrag aansienlik verskil, kan jy navraag doen.

WENK: Om te meet is om te weet!

Slaggat
9 Mar 2010, 11:27
GROOT KRAGVERBRUIKERS IN DIE HUIS

DIE ELEKTRIESE STOOF:

Almal weet dat die grootste kragverbruiker naas die geyser die elektriese stoof is. Nie net is die toevoerdrade vanaf die distrubisiekas dikker nie (moet meer ampre dra), maar is die uitknikskakelaar ook een van n hor waarde (meer ampre).

Om die elektriese stoof te vervang met n gasstoof word nie net n aansienlike hoeveelheid krag bespaar nie, maar het dit ook verskeie voordele bo n elektriese stoof. Seker die grootste voordeel is minder energie verkwisting. Indien n gasstoof aangeskakel word is die hitte onmiddellik beskikbaar. Dit neem gevolglik nie n lang tyd om warm te word en verkwis sodoende energie nie. Met kragonderbrekings en in n noodsituasie waar krag nie beskikbaar is nie, kan byvoorbeeld water verwarm en kos voorberei word.

Indien die installasie van n gasstoof oorweeg word, sal sekere aspekte teenoor mekaar opgeweeg moet word.

n Stoof se verbruiksfrekwensie is normaalweg nie baie hoog nie. Die verbruiksfrekwensie word hoofsaaklik bepaal deur die grootte van die gesin, of een of beide ouers werk, of n huishulp by die huis bly en die kos vir n bepaalde tyd van die dag vir die gesin moet voorberei ensomeer. Hoe hor die verbruiksfrekwensie van die stoof is hoe groter gaan die besparing op elektrisiteit wees indien na n gasstoof oorgeskakel word.

Wat gebeur indien n kombuis oor n ingeboude oond en afsonderlike kookblad beskik? Indien di verwyder sou word sou dit die waarde van die huis verminder. Dit kan myns insiens net so gelaat word. Waar n elektriese stoof met oond as n losstaande eenheid gekoppel is kan di maklik verwyder word en met n losstaande gasstoof met oond vervang word. Die uitknikskakelaar word net afgeskakel en die drade by die stoof net verseel sodat n kortsluiting nie kan ontstaan nie.

Wanneer na n gasstoof oorgeskakel is die volgende punte enkeles om in gedagte te hou:
Plasing en grootte van gassinder/s.
Watter tipe en grootte gasstoof.
Koste van die stoof.
Installasie van die stoof.

Plasing en grootte van gassilinders:

Die plasing van n gassilinder/s vir n gasstoof hang nou saam met uitleg van die bestaande kombuis asook beskikbare ruimtes of ruimtes wat omskep kan word om n gassinder of -silinders te huisves. Indien n mens jou hier vasloop is die alternatief om die silinders buite aan te bring. Di silinders moet in n staalkas met behoorlike ventilasie geplaas word. Om n staalkas te maak met n traliewerk daarom en n sinkplaat dakkie verg egter nie veel vaardigheid nie. Die pypleiding vanaf die gassilinder na die stoof kan, afhangende van die lengte, n rubberpyp vir gasgebruik, of n koperpyp wees. Handelaars in gasprodukte is in hierdie opsig baie hulpvaardig.

Die grootte van die gassilinder/s word normaalweg bepaal deur die gebruiksfrekwensie van die stoof. Hoe meer hy gebruik word, hoe groter kan die gassilinder wees. Daar is sommige handelaars wat gas verkoop op n glyskaal vir hoeveelheid. Hoe meer gas jy koop, hoe goedkoper kos dit per kilogram.

WENK: Indien twee gassilinders aangekoop word, word die een in reserwe gehou en skep dit nie n probleem indien die gas skielik klaar raak nie.

Watter tipe en grootte-, koste van-, en installasie van n gasstoof?

Hier gaan sekere werklikhede deurslaggewend wees. Die ruimte beskikbaar, die uitleg van die kombuis ensomeer. Indien die kombuis oor n ingeboude kookplaateenheid beskik, kan n drie- tot vierbrander stofie bo-op aangebring word wat baie effektief en goedkoop is. Indien ruimte beskikbaar is om n gasstoof met oond aan te bring, kan so n tipe stoof aangekoop word om die elektriese stoof te vervang. Gasstowe is beskikbaar met 4, 6 of selfs agt boonste branders. Outomatiese aanskakeling en met n groot oond. Natuurlik, hoe meer funksies en geriewe hoe hor die prys. Pryse kan wissel van ongeveer R2000.00 tot R14 000.00. In die laer geprysde modelle word die gas met n vuurhoutjie aan die brand gesteek en kan di tipe stowe beskou word as die basiese van die gasstoof reeks. Hulle verrig egter dieselfde werk net so doeltreffend en is esteties heel aanvaarbaar. Dit is die moeite werd om deeglik huiswerk in hierdie verband te doen.

Daar is ook losstaande branders wat n mens kan koop en dit in n eie stoofplaateenheid (sonder oond) kan ombou. Hierdie tipe branders werk ook uitstekend in die buitelug en word deurlopend in restaurante deur chefs gebruik om kos voor te berei. Onthou n mikrogolfoond kan baie funksies van n stoof se oond oorneem, net baie vinniger en goedkoper!

Die oorskakeling na gas vir voedselvoorbereiding is ekonomies haalbaar en die besparing op elektriese kragverbruik is aansienlik.

WENK: Deur jou losstaande elektriese stoof te verkoop is die uitgawe verbonde aan die aankoop van n nuwe gasstoof nie so groot nie.

Indien jy die roete wil volg om onafhanklik van Eskom te raak, is hierdie al n goeie vertrekpunt.

Slaggat
9 Mar 2010, 16:28
GROOT KRAGVERBRUIKERS IN DIE HUIS:-

DIE GEYSER:

Nuwe tegnologie maak dit vandag so maklik om veranderings by huise aan te bring dat dit meer ‘n plesier as ‘n las, of as werk beskou kan word. Een hiervan is om elektrisiteit te bespaar deur wysigings by die geyser aan te bring.

In die vorige pos is alreeds uitgewys dat die geyser di grootste kragverbruiker is. Kan jy die meneer systap, gaan jou maandelikse kragrekening soos ‘n klip val. Met systap word nie bedoel die aan-en-afskakel van die geyser, hetsy met die hand of met behulp van duur elektroniese apparaat nie. Laasgenoemde het seker meriete maar dit gaan baie, baie lank neem om di kapitale uitgawe te verhaal. Met systap word bedoel die kompleet UITSKAKEL van die geyser. Nie die verwyder van die geyser nie, maar voorlopig systap om onmiddellike elektrisiteitsbesparings te bewerkstellig. Ook om kapitale uitgawes aangegaan baie gouer te verhaal. Die geyser word voorlopig gesystap sodat dit later aangewend kan word as ‘n opgaartenk vir water wat deur die son verwarm word.

Die eenvoudigste, goedkoopste en mees effektiewe manier om ‘n warmwater geyser te systap is om di met ‘n gasgeyser te vervang. Dit hou etlike voordele in. Die belangrikste voordele is dat in tye van nood, kragonderbrekings, of sonlose dae (indien sonpanele aangebring is), warmwater met die oopdraai van ‘n kraan beskikbaar is. Dit kan dien om selfs ‘n vertrek te verhit. Dit teen ‘n fraksie van die koste van elektrisiteit. ‘n verdere voordeel is dat warm water op aanvraag beskikbaar gestel word en dat dit gevolglik nie nodig is om warmwater in reserwe te hou nie. ‘n Sielkundige voordeel is dat wanneer ‘n warmwaterkraan oopdraai word die geyser met ‘n krrrrr….woep geluid aanskakel. Indien jy net wou hande afspoel herinner di geluid jou vinnig dat jy besig is om krag te mors en soos blits word die warmwaterkraan toegedraai. Die kouewaterkraan bied dan die antwoord.

Daar is verwys na die moderne tegnologie. Hedendaagse watergeysers is nie meer soos die destydse ou Junkers wat op plase aangetref is nie. Met di het mens meer krane verstel as gestort. Eers te warm dan weer te koud. Teenswoordige geysers gee ‘n konstante warmwater stroom. Hoe kleiner die kraan oopgedraai word hoe warmer is die water. Wat egter belangrik is, is die feit dat sou jy die kraan oopdraai soos jy gewoond was met ‘n elektriese geyser, sal die water ook vinnig uitkom. Indien te koud, kan jy op die geyser die hittewaarde van die vlam hor stel. Daar is ook nie meer ‘n gidsvlammetjie wat deurlopend brand en sodoende gas vermors nie. Die gas word elektronies ontsteek deur twee selle (ons praat gewoonlik maar foutiewelik van batterye). Hierdie selle kan, afhangende van die gebruiksfrekwensie, vir maande hou.

Iets wat ek nog nooit kon verstaan nie, is die redes waarom ‘n warmwater geyser in ‘n huis se dak ingebou moet word. Ek aanvaar dit is om al die warmwater pype so naby as moontlik te h en sodoende hitteverlies tot die minimum te beperk. Maar aan die anderkant kry jy weer warmwaterpyp wat oor die hele lengte van die huis loop, en dit nogal bokant die plafonne. Geen wonder mense ly skade as ‘n pyp deurroes of iets dergeliks gebeur nie.

‘n Pluspunt van ‘n gasgeyser is dat jy dit oog- en selfs middelhoogte teen ‘n muur kan monteer. Nie net kan die geyser maklik gediens word nie maar verstellings kan met gemak daarop aangebring word. Die koppeling van die gassilinder is dieselfde as die van ‘n gasstoof en dieselfde rels geld.

Die plek van montering van ‘n gasgeyser kan maklik tot ‘n bietjie moeilik wees. Bepalende faktore is waar die huidige elektriese geyser gele is. Indien in die dak van die motorhuis – geen probleem nie. Indien in die dak bokant die kombuis, ook nie so ‘n groot probleem nie. Ek sal in ‘n latere pos aandui hoe die installasie gedoen word. Moet net eers uitvind hoe laai ‘n mens prente, foto’s en of sketse in jou pos!

Gasgeysers kom in verskillende groottes voor en word aangedui in liter. Dit is die hoeveelheid liter water wat binne een minuut verhit word. Natuurlik is die kraanwater in die winter kouer as in die somer. Doorom is daar ‘n verstellings om daarvoor voorsiening te maak.

Die pragtigste deel is om die gasgeyser te koppel sodat dit die elektriese geyser uitskakel. Dit sonder om pype te vervang en met bobbejaansleutels in die dak rond te skuifel. Hier kom die tegnologie weer tot ons redding! Hieroor ‘n bietjie later.

propatria
9 Mar 2010, 17:23
Julle moet nou baie versigtig wees met hierdie gas storie, want sien ek het persoonlik n stoof gemeet teen n gasstoof met meterlesings en al, teen die huidige tarief kan n normale gesin maar soveer soos R30 per maand spaar met n gastoof. Hierdie sal verseker in die toekoms verander en kan dalk n groter gaping veroorsaak, die belangrikste van die gastoof is natuurlik ononderbroke gebruik en die feit dat elemente baie probleme met baterye veroorsaak, en dus nie aanbeveelbaar is vir son energie sisteme nie.

Ons kan ook verwag dat gas se pryse heelwat op sal gaan. Die verskil in die koste moet dus vereken word oor die termyn wat dit jou gaan neem om die koste terug te verhaal.

Groete

Slaggat
9 Mar 2010, 17:46
Julle moet nou baie versigtig wees met hierdie gas storie, want sien ek het persoonlik n stoof gemeet teen n gasstoof met meterlesings en al, teen die huidige tarief kan n normale gesin maar soveer soos R30 per maand spaar met n gastoof. Hierdie sal verseker in die toekoms verander en kan dalk n groter gaping veroorsaak, die belangrikste van die gastoof is natuurlik ononderbroke gebruik en die feit dat elemente baie probleme met baterye veroorsaak, en dus nie aanbeveelbaar is vir son energie sisteme nie.

Ons kan ook verwag dat gas se pryse heelwat op sal gaan. Die verskil in die koste moet dus vereken word oor die termyn wat dit jou gaan neem om die koste terug te verhaal.

Groete

Propatria, baie dankie vir jou insette. Daar is verwys na (by stowe) dat die gebruiksfrekwensie asook die grootte van 'n gesin 'n rol sal speel. Natuurlik ook die tariefskaal waarvolgens elektrisiteit in 'n bepaalde omgewing verhandel word. Dit is gevolglik belangrik dat elkeen wat wil oorskakel eers die nodige berekenings moet doen. Dat Suid-Afrikaanse elektrisiteitstariewe meer sal verhoog as gaspryse is vir my 'n gegewe. Ons betaal nie net vir die elektrisiteit nie maar ook vir die kapitale uitgawes aangegaan om kragstasies te bou. Wat ons effektief 'n bankier en 'n aandeelhouer maak. 'n Aandeelhouer sonder enige dividend verwagtinge.

Petroleum verwante produkte is onderworpe aan vraag en aanbod op die wereldmarkte. Daar is dus kragte wat prysstygings teenwerk. Pryse sal styg maar dit is onwaarskynlik of dit in so 'n groot mate sal wees soos elektrisiteit in Suid-Afrika.

Kan jy asseblief vir my jou aanhaling naamlik ...."die belangrikste van die gastoof is natuurlik ononderbroke gebruik en die feit dat elemente baie probleme met baterye veroorsaak, en dus nie aanbeveelbaar is vir son energie sisteme nie" verduidelik. Ek is bevrees ek verstaan dit nie mooi nie.

Baie dankie.

propatria
9 Mar 2010, 18:03
Propatria, baie dankie vir jou insette. Daar is verwys na (by stowe) dat die gebruiksfrekwensie asook die grootte van 'n gesin 'n rol sal speel. Natuurlik ook die tariefskaal waarvolgens elektrisiteit in 'n bepaalde omgewing verhandel word. Dat Suid-Afrikaanse elektrisiteitstariewe meer sal verhoog as gaspryse is vir my 'n gegewe. Ons betaal nie net vir die elektrisiteit nie maar ook vir die kapitale uitgawes aangegaan om kragstasies te bou. Wat ons effektief 'n bankier en 'n aandeelhouer maak. 'n Aandeelhouer sonder enige dividend verwagtinge.

Kan jy asseblief vir my jou aanhaling naamlik ...."die belangrikste van die gastoof is natuurlik ononderbroke gebruik en die feit dat elemente baie probleme met baterye veroorsaak, en dus nie aanbeveelbaar is vir son energie sisteme nie" verduidelik. Ek is bevrees ek verstaan dit nie mooi nie.
Baie dankie.

Slagat
Ek weet nie wat jy nie lekker verstaan nie, maar ek gaan probeer:
1. Ononderbroke gebruik
Indien jy kragonderbrekings ondervind kan jy altyd n kers opsteek, maar nie gemaklik kos kook nie, die voordeel van n gas stoof is dus ook dat jy altyd kan geholpe raak, as is dit met kerslig, jy kan steeds kook (sorg net dat jou gas vol is)
Jy hoef ook nie te wag tot jou gas heel leeg is nie, koop by n hervuller wat jou bottel voor en na vulling weeg, dus koop jy net dit wat kort.
Wanneer jy koop by n omruil stasie verloor jy gewoonlik effe, tensy jy gewag het dat dit geheel leeg is.

2. Sonkrag en stowe
Wanneer jy enige ietem gebruik wat n element het het dit n baie groter impak op baterye as wat n motor gedrewe tem sou he van dieselfde watts. Ek is nie slim genoeg om te se hoekom nie, maar dit is getoets met n ketel van 2200 watt en n elektriese grasnyer en die gras snyer werk vir n langer tyd van n batery en omsitter af.

Jy moet ook onthou dat n element eintlik n beheerde kortsluiting is, en die hoeveelheid watts wat getrek word die sterkte van die kostsluiting aandui, die plate van jou battery ondervind dus n kortsluiting alhowel dit extern is. Gerelde kortsluitings het dus ook n efek op die plate binne die battery en die 'seperator' wat tussen die plate is. Deur n element aangedrewe produk te gebruik van n batery af sal dus ook die batery se lewensduur verlaag.

Daarom is dit belangrik om hierdie oorwegings in berekening te bring in die beplanning van sonkrag kombinasie met gas sisteem.

As jy steeds nie verstaan nie, moet jy dalk een van die Reddingsbootjie bemarkings vergaderings bywoon. Ek het spesialiste gebruik van binne en buite SA om die sisteme te beplan enis seker dat ons ons huiswerk goed gedoen het.

Groete

Slaggat
9 Mar 2010, 18:24
Propatria

Dankie vir die verduideliking. Ek het dan reg verstaan maar kon aanvanklik nie die oortjie by die kloutjie kry nie aangesien ek oor gasstowe geskryf het en jy oor dit maar ook oor batterye as alternatiewe krag geskryf het.

Moet s ek onderskryf wat jy s oor batterye. Wanneer ek bietjie gesls oor batterye, omsetters, windturbines, ‘n elektroniese donkie en dies meer sal dit aan die beurt kom.

Verskoon my nuuskierigheid. Wie bied hierdie Reddings-bootjie bemarkings vergaderings aan. Waar en wanneer vind dit plaas. Klink heel interessant en leesrsaam?

propatria
9 Mar 2010, 19:02
Propatria

Dankie vir die verduideliking. Ek het dan reg verstaan maar kon aanvanklik nie die oortjie by die kloutjie kry nie aangesien ek oor gasstowe geskryf het en jy oor dit maar ook oor batterye as alternatiewe krag geskryf het.

Moet s ek onderskryf wat jy s oor batterye. Wanneer ek bietjie gesls oor batterye, omsetters, windturbines, n elektroniese donkie en dies meer sal dit aan die beurt kom.

Verskoon my nuuskierigheid. Wie bied hierdie Reddings-bootjie bemarkings vergaderings aan. Waar en wanneer vind dit plaas. Klink heel interessant en leesrsaam?

Die Reddingsbootjie is n beplande aftree oord te Orania, en ek het die projek aanmekaar gesit, dit gaan nie aan Efkom verbind wees nie en het nogal baie intresante kenmerke, ek is gewoonlik die aanbieder en jy kan gerus ook op radio pretoria luister wanneer ek gesels, ek dink dit is more weer. Ek vat ook soms een van die profesionele span saam as ek aanbiedings doen vir voornemende kopers.

Ons het die ontwerp van die begin af reg gedoen, die woonings is dus termies reg ontwerp, en sal 'led's he vir beligting, sonpanele, gas ens, en ek dink dit gaan die eerste van sy soort in die wereld wees.

Groete

Slaggat
9 Mar 2010, 19:51
Ons het die ontwerp van die begin af reg gedoen, die woonings is dus termies reg ontwerp, en sal 'led's he vir beligting, sonpanele, gas ens, en ek dink dit gaan die eerste van sy soort in die wereld wees.




Baie dankie vir die inligting. Woon ongelukkig buite die opvanggebied van Radio Pretoria. 'n Belangrikke aspek wat jy noem is die van termies korrekte ontwerp. Meeste huise in Suid-Afrika voldoen nie eers nastenby aan die vereistes nie.

In byvoorbeeld Israel gebruik hulle by hulle vensters twee glaspanele. Daar is ook 'n paneel wat in die muur inskuif. Ons het nog wat dit betref 'n lang pad om te loop.

Sal graag eendag by Oranje wil inloer.

Mooi loop

Slaggat
9 Mar 2010, 19:58
NUWE WATERPYPTEGNOLOGIE EN KOPPEL VAN GASGEYSER

Vroer onder die bespreking van n gasgeyser - is verwys dat dit maklik is om n gasgeyser aan n bestaande pypstelsel te koppel.

Voor ek daarby kom net eers n paar gedagtes oor n nuwe waterpyptegnologie. Die tegnologie is nie so nuut as wat dit onbekend is nie. Vroer jare veral (teenswoordig ook) was gegalvaniseerde waterpype in huishoudings aan die orde van die dag. Sou dorpswater, boorgatwater of watter water ook al gebruik word, se PH (suurgehalte) te hoog wees, was dit net n paar jaar en di pype was deurgeroes. Ook het die byvoeging van chloor in water sy deel bygedra. Pype wat in mure ingebou was moes dan teen groot koste vervang word. Veral as die mure getel was.

Koper en plastiekpype het later hul verskyning gemaak met spesiale koppelstukke. Di plastiekpype kon aan bestaande koperpype of gegalvaniseerde pype gekoppel word. Die plastiekpype roes nie, en kan n ho druk weerstaan. Koperpype is verkrygbaar in hoofsaaklik twee wanddiktes. Die nadeel van die koperpyp is dat dit korrodeer wanneer dit aan n warmwater geyser gekoppel word veral indien die suurgehalte van die water hoog is. Die koppelstukke van koperpype (nie die wat soldeer word nie) is van brons gemaak en ook hulle het n neiging om te korrodeer.

Die nuutste tegnologie bestaan uit n pyp saamgestel uit drie plastieklae wat ongeveer 2mm dik is. Hierdie tipe pyp kan n druk van 12.5 bar by 20 oC hanteer. Met die gebruik van warmwater neem die druk wat die pyp kan hanteer af tot 3 bar by 92 oC.

Wat egter uitstaan is hoe hierdie tipe pyp en gepaardgaande koppelstukke aangewend kan word. Krane, buigbare pyp-koppelstukke, hoek-koppelstukke, T-koppelstukke ensomeer klik slegs aan. Geen sleutels meer nodig om koppelstukke vas te draai nie. Indien die koppelstuk uitgehaal moet word, klik dit slegs weer af. Genoemde koppelstukke klik op koperpyp, plastiekpyp en gegalvaniseerde pyp ewe gemaklik vas en los as op hul doelgemaakte pyp.

Om dus n elektriese geyser uit te skakel word die pype van die gasgeyser bloot gekoppel aan die warmwater geyser se inlaat- en uitlaatpype. Die warmwater geyser word gevolglik ontkoppel vir latere gebruik. Geen drukkleppe, ventilasiepype ensomeer nie. Al wat nodig is om di modifikasie met die pype te doen is n maatband, n ystersaag en die nodige koppelstukke en n lang genoeg pyp.

Slaggat
9 Mar 2010, 20:44
Met hierdie pos gaan ek voorlopig eers afsluit. Ek vertrou dat die skrywes gelewer n bydrae kon, of sal lewer vir di wat nog nie die pad volkome geloop het met elektriese energiebesparing nie. Op n latere stadium sal ek in diepte ingaan op die pad na volkome onafhanklikheid. n Pad vol slaggate indien n mens nie oor die nodige kennis beskik nie. Daarmee hoop ek om te wys op die swakpunte van stelsels, dinge waarop n mens bedag moet wees, watter vrae gevra behoort te word asook om n diverse maar praktiese stelsel saam te stel. n Stelsel waarin jy groei tot onafhanklikheid. Elke komponent soos windturbines, sonpanele, songeysers, hidrokrag ensomeer sal bespreek word. Belangrik egter is die projekte vir die Doen dit Jouselwers. Hier kan jy onder andere jou eie sonpanele bou vir waterverwarming teen n fraksie van die koste van di in die kommersile mark.

Aspekte wat onder die loep sal kom is skrootwerwe (scrap yards), n beheerpaneel, elektroniese kontoleerders, n elektroniese donkie en vele meer. Alles projekte vir die selfdoenman met twee duime aan elke hand.

Hiermee nooi ek almal uit om vrae te vrae indien daar enige is. Ek is nie n kenner nie maar sal help waar ek kan. Verder adverteer en verkoop ek niks. Ek is in die diepkant ingegooi met Eskom se kragverhoging verlede jaar en met die nuwe verhogings moes ek myself help om te oorleef. Die kennis opgedoen deel ek graag met die wat belangstel.

Indien daar aspekte is wat jy voel ek oor moet skryf laat gerus weet.

Vanaand het ek een voorreg. Ek het vanmiddag my Eskom maandrekening ontvang. Dit natuurlik nadat ek die lesings deurgebel het aan die begin van die maand. Die lesings het vir hulle seker baie verdag voorgekom en het hulle waarskynlik goedertrou dit maar self verhoog. Nege dae later en hulle lesings waarop hulle my aanslaan is nog 1500 eenhede te veel.
Hierdie voorreg gaan wees om hulle te bel en vra dat my rekening reggestel moet word. Ja, dit is net nog n kort tydjie dan is hierdie witman se geldkraan na Eskom ook toegedraai. Hoe bly is ek, ek het begin DOEN en nie net gepraat nie.

soldaat
10 Mar 2010, 12:35
Hi

Ek is nou besig om vir die agentskap in Nordtransvaal ansoek te doen vir parrifin geyser.

1lt parrifin is genoeg vir a gesin van 4 om me te stort

SABS goegekuer
water vat 60s om warm te word tussen 50 en 60 degrees

sal later meer inligting plaas

Slaggat
10 Mar 2010, 15:33
http://www.boerevryheid.co.za/forums/attachment.php?attachmentid=4420&stc=1&d=1268226629

Die aangehegde ler bevat twee fotos.

Boonste foto wys waar die in- en uitlaatpype van die elektriese geyser gesaag is en die gasgesyser gekoppel is. Die los pyp wat hang word later aan die son waterverwarmingspanele gekoppel om die geyser weer funksioneel aan te wend.

Onderste foto verteen die kouewater inlaatpyp regs en die warmwater uitlaatpyp links. Die gastoevoerpyp loop regaf.

Die pypkonstruksie is aangebring in 'n werkswinkel. In 'n huis word netjiese gate geboor en die pype is onsigbaar. Koppeling sal waarskynlik in die dak geskied.

Let veral op na die wit plasstiek pypkoppelstukke wat slegs inknip. Dieselfde geld vir die twee krane.

Slaggat
10 Mar 2010, 16:30
Hi

Ek is nou besig om vir die agentskap in Nordtransvaal ansoek te doen vir parrifin geyser.

1lt parrifin is genoeg vir a gesin van 4 om me te stort

SABS goegekuer
water vat 60s om warm te word tussen 50 en 60 degrees

sal later meer inligting plaas

Soldaat.

Het hierdie verwarmers al gesien en baie oor hulle nagelees. Veral toe hulle die eerste keer bemark is. As ek dit reg het, het hulle die waterverwarmers ontwikkel vir die swart mark. Hoe suksesvol hulle was weet ek nie. Ek het verneem dat veral boere die produk vir hulle plaaswerkers aangeskaf het. Sover my kennis strek het slegs enkele wittes die produk aangekoop vir kampeerdoeleindes. In vandag se omstandighede bied die produk opnuut weer moontlikhede.

Huidig is daar natuurlik 'n gas kook- waterverwarmer beskikbaar waarmee jy in die veld kan stort asook kos kan op voorberei. Blykbaar heel effektief.

Sterkte met jou aansoek. Vertrou jy sal suksesvol wees.

noordoos
10 Mar 2010, 16:46
Slaggat, wat weet jy van die opstel van planne vir jou gas bottels en gas lyn? Ek sukkel en geen tekenaar hier by ons het ondervinding nie. Die Brandweer se gaan praat met Afrox of n handelaar. Ek hou nie van hulle nie. Ek het nou n tekenaar wat dit gaan doen en hy doen nou ondersoek na al die reels en regulasies. Net gewonder of jy kan slaggate uitwys voor ek daarin val?

LID 5876
10 Mar 2010, 16:55
Nee manne, vir wat wil julle met gas en parafien bodder. Sonkrag is die inding. N paar batterye weggesteek vir die liggies. Dit is die antwoord. Dan n gennie eenkant vir emergencies. Parrafien en gas raak klaar. In moeilike tyd wat kom, waar gaan jy daai brandstowwe kry?

Koos
10 Mar 2010, 18:34
Hi Almal...

EK is nou al vir twee jaar amper op alternatiewe krag. Ek gebruik sonkrag en tandem met n 2.8 Kw windturbine. Ek het omtrent 15 Kwh beskikbaar elke dag. Ek het n paar suiwer golf inverters wat my hele huis trek, Behalwe was-masjien en skottelgoed wasser. Ek gebruik ook Bosch se lae energie yskaste A+ en vrieskaste wat omtrent niks krag trek nie. Ek het ook Solar geyser. Ek het steeds ESKOM maar gebruik dit bitter min.

Ek het alles self geinstalleer en was elke sent werd. As die st@@t die fan tref kan ek gemaklik aangaan sonder enige in perking.

Ek wil my nie uitgee as expert nie maar glo my ek het skoolgeld betaal. Onthou die teorie is nie wat mens altyd in praktyk ervaar nie. As ek n mede boer (broer) kan advies gee laat weet asb en ek kan probeer help waar ek kan.

Koos

noordoos
10 Mar 2010, 19:32
Nee manne, vir wat wil julle met gas en parafien bodder. Sonkrag is die inding. N paar batterye weggesteek vir die liggies. Dit is die antwoord. Dan n gennie eenkant vir emergencies. Parrafien en gas raak klaar. In moeilike tyd wat kom, waar gaan jy daai brandstowwe kry?

5876, dis nie vir nood nie, dis vir nou, stowe en geysers. Spaar water en krag. (In my situasie) Die batterye gaan ook daar wees, vir die liggies. En daai gennie wil ek vaseline smeer... Die geraas maak my mal. Ek moet nog uitwerk hoe ek die batterye gaan laai, sal seker son / wind kombinasie wees. Ek oorweeg ook n Stirling engine wat met enigiets wat jy brand kan loop, om die batterye te laai. Steenkool sal seker die beste werk, maar daar is ook baie af val stowwe wat mens kan brand om die batterye te laai.

Slaggat
10 Mar 2010, 19:50
Slaggat, wat weet jy van die opstel van planne vir jou gas bottels en gas lyn? Ek sukkel en geen tekenaar hier by ons het ondervinding nie. Die Brandweer se gaan praat met Afrox of n handelaar. Ek hou nie van hulle nie. Ek het nou n tekenaar wat dit gaan doen en hy doen nou ondersoek na al die reels en regulasies. Net gewonder of jy kan slaggate uitwys voor ek daarin val?

Noordoos.

Indien daar spesifikasies of bywette vir die verpligte opstel van planne vir gasbottels en die dienooreenkomstige pyplyne bestaan, sal dit by die plaaslike owerheid verkrygbaar wees. Ek sou aanvaar dat indien n woonhuis ten volle met gasligte, gasgeysers ensomeer toegerus sou word dit op die planne aangedui moet word.

Met installasies soos n stoof- en/of n gas watergeyser soos deur my beskryf is dit nie nodig nie. Wat wel vereis word is dat wanneer n gasinstallasie gedoen word waar koperpype, koppelstukke ensomeer gebruik word, en ek verwys hier na plekke soos laboratoriums, hospitale en dies meer, of waar n groot installasie by n woonhuis gedoen word, daar wel n bevoegverklaarde persoon di installasie moet doen, of indien dit self gedoen is (laasgenoemde geval), dit deur so n persoon nagegaan word. Hierdie persone word geakrediteer om die werk te kan verrig. Aspekte soos die plasing van die silinders, die beskerming daarvan, koppelstukke, drukkleppe en dies meer moet aan sekere veiligheidmaatrels en standaarde voldoen. Dit sal miskien wys wees om by n gashandelaar en/of n plek soos Afrox navraag te doen.

Die belangrikste aspek waar gas binnenshuis aangewend word, is di van behoorlike ventilasie. In my artikel het ek onder andere aangetoon dat by implikasie n gasgeyser en n gas stoof ook n vertrek kan verhit. Die stoof vanwe oortollige hitte, veral waar die vlam te hoog gestel is (n pluspunt in die winter). By n gasgeyser die hitte wat verby die verhittingselemente van die geyser verby beweeg. Indien na die gasgeyser op die aanhangsel by my een pos gekyk word, sal die skoorsteen (swart) aan die bokant daarvan gesien word wat daar uitsteek. Gewoonweg word n uitlaatpyp of skoorsteen daaraan geheg om die gasse na buite te lei. Omdat die gasgeyser in my geval in n groot werkswinkel aangebring is, is die ventilasie baie goed en is n skoorsteen nie nodig nie. In n klein vertrekkie is dit natuurlik nie moontlik nie.

Die handleidings van die stoof en die geyser l klem op wat ek hierbo aangedui het. Waar n mens self die koppelwerk doen soos om n rubberpyp vanaf die drukklep by die gassilinder met die stoof of geyser te koppel, moet n mens net seker maak dat daar nie n lekkasie voorkom nie. Vir n lekkasie kan maklik getoets word deur n seepwateropplossing rondom die verbinding te smeer en dan te kyk of daar borreletjies verskyn. Baie soos om n motor se buiteband en/of binneband te herstel. (Gas wanneer vervaardig of gesuiwer is reukloos. In n gassilinder word die gas vermeng met n gas wat nie reukloos is nie almal ken die bekende reuk indien n gassilinder oopgedraai word wanneer die skroefdraad skoongeblaas word voordat die drukklep aangebring word.

Ons het die gebruik om die stoof se silinders (19 kg) na gebruik toe te draai. Die gasgeyser in die werkswinkel se klep bly oop. Om gassilinders veral groottes buite aan te bring is altyd die veiligste opsie.

Hoop dit beantwoord jou vraag.

BOERLANDER
10 Mar 2010, 20:06
5876, dis nie vir nood nie, dis vir nou, stowe en geysers. Spaar water en krag. (In my situasie) Die batterye gaan ook daar wees, vir die liggies. En daai gennie wil ek vaseline smeer... Die geraas maak my mal. Ek moet nog uitwerk hoe ek die batterye gaan laai, sal seker son / wind kombinasie wees. Ek oorweeg ook n Stirling engine wat met enigiets wat jy brand kan loop, om die batterye te laai. Steenkool sal seker die beste werk, maar daar is ook baie af val stowwe wat mens kan brand om die batterye te laai.

Het gou hier deurgedraf, hoor wat julle manne seg, maar ek gaan saam stem met LID. Sonkrag - en windkrag van ons nuwe mater hier breandead ( waar kom jy aan die naam ou maat ).

Nou is juis die tyd om om te skakel na die twee bronne. Later is te laat, as dit nie alreeds is nie. Tyd is nou van baie belang. As VADER ons spaar, kom my son geyser in Junie maand.

Gas en andere brandstowwe, het elle lange by wette wat jy moet doen vir veiligheid. Noordoos, jy het die spasie daarvoor, maar gaan vrk naby jou geboue wees. As daai goete ontplof, gaan ek die mushroom hier by my huis sien. Jy moet n paar van daai groot gasbottels aanhou en in lyn h aan jou plekkie te voldoen.

Kry n prys op dit, en dan ook op die sonkrag een. Sonkrag gaan jy spaar van dag een af. Gas gaan jy weer elke maand uitgawes op h.

Keuses, keuses.:icon_hug:

BOERLANDER
10 Mar 2010, 20:10
Noordoos.

Indien daar spesifikasies of bywette vir die verpligte opstel van planne vir gasbottels en die dienooreenkomstige pyplyne bestaan, sal dit by die plaaslike owerheid verkrygbaar wees. Ek sou aanvaar dat indien n woonhuis ten volle met gasligte, gasgeysers ensomeer toegerus sou word dit op die planne aangedui moet word.

Met installasies soos n stoof- en/of n gas watergeyser soos deur my beskryf is dit nie nodig nie. Wat wel vereis word is dat wanneer n gasinstallasie gedoen word waar koperpype, koppelstukke ensomeer gebruik word, en ek verwys hier na plekke soos laboratoriums, hospitale en dies meer, of waar n groot installasie by n woonhuis gedoen word, daar wel n bevoegverklaarde persoon di installasie moet doen, of indien dit self gedoen is (laasgenoemde geval), dit deur so n persoon nagegaan word. Hierdie persone word geakrediteer om die werk te kan verrig. Aspekte soos die plasing van die silinders, die beskerming daarvan, koppelstukke, drukkleppe en dies meer moet aan sekere veiligheidmaatrels en standaarde voldoen. Dit sal miskien wys wees om by n gashandelaar en/of n plek soos Afrox navraag te doen.

Die belangrikste aspek waar gas binnenshuis aangewend word, is di van behoorlike ventilasie. In my artikel het ek onder andere aangetoon dat by implikasie n gasgeyser en n gas stoof ook n vertrek kan verhit. Die stoof vanwe oortollige hitte, veral waar die vlam te hoog gestel is (n pluspunt in die winter). By n gasgeyser die hitte wat verby die verhittingselemente van die geyser verby beweeg. Indien na die gasgeyser op die aanhangsel by my een pos gekyk word, sal die skoorsteen (swart) aan die bokant daarvan gesien word wat daar uitsteek. Gewoonweg word n uitlaatpyp of skoorsteen daaraan geheg om die gasse na buite te lei. Omdat die gasgeyser in my geval in n groot werkswinkel aangebring is, is die ventilasie baie goed en is n skoorsteen nie nodig nie. In n klein vertrekkie is dit natuurlik nie moontlik nie.

Die handleidings van die stoof en die geyser l klem op wat ek hierbo aangedui het. Waar n mens self die koppelwerk doen soos om n rubberpyp vanaf die drukklep by die gassilinder met die stoof of geyser te koppel, moet n mens net seker maak dat daar nie n lekkasie voorkom nie. Vir n lekkasie kan maklik getoets word deur n seepwateropplossing rondom die verbinding te smeer en dan te kyk of daar borreletjies verskyn. Baie soos om n motor se buiteband en/of binneband te herstel. (Gas wanneer vervaardig of gesuiwer is reukloos. In n gassilinder word die gas vermeng met n gas wat nie reukloos is nie almal ken die bekende reuk indien n gassilinder oopgedraai word wanneer die skroefdraad skoongeblaas word voordat die drukklep aangebring word.

Ons het die gebruik om die stoof se silinders (19 kg) na gebruik toe te draai. Die gasgeyser in die werkswinkel se klep bly oop. Om gassilinders veral groottes buite aan te bring is altyd die veiligste opsie.

Hoop dit beantwoord jou vraag.

Slaggat, jameer ou maat, moenie die idee kry ek ondermyn dit wat jy hier bespreek nie. Ek vind dit baie insiggewend. As ons omstandighede anders was, sou ek 100% saam met jou gegaan het.

Ek gaan n koolstoof einde volgende maand koop. My plekkie waar ek hout en antrasiet gaan berg maak ek einde van die maand klaar. Daar kan ek voorraad aanhou vir n jaar se gebruik. Dit is kook en as verwarmer gebruik. Ek oorweeg dit om 100l geyser sommer op die koolstoof te koppel. Hy hey fasilieteit om warm water te maak. R2500 MOERSE BARGAIN.

noordoos
10 Mar 2010, 20:19
Noordoos.

Indien daar spesifikasies of bywette vir die verpligte opstel van planne vir gasbottels en die dienooreenkomstige pyplyne bestaan, sal dit by die plaaslike owerheid verkrygbaar wees. Ek sou aanvaar dat indien n woonhuis ten volle met gasligte, gasgeysers ensomeer toegerus sou word dit op die planne aangedui moet word.

Met installasies soos n stoof- en/of n gas watergeyser soos deur my beskryf is dit nie nodig nie. Wat wel vereis word is dat wanneer n gasinstallasie gedoen word waar koperpype, koppelstukke ensomeer gebruik word, en ek verwys hier na plekke soos laboratoriums, hospitale en dies meer, of waar n groot installasie by n woonhuis gedoen word, daar wel n bevoegverklaarde persoon di installasie moet doen, of indien dit self gedoen is (laasgenoemde geval), dit deur so n persoon nagegaan word. Hierdie persone word geakrediteer om die werk te kan verrig. Aspekte soos die plasing van die silinders, die beskerming daarvan, koppelstukke, drukkleppe en dies meer moet aan sekere veiligheidmaatrels en standaarde voldoen. Dit sal miskien wys wees om by n gashandelaar en/of n plek soos Afrox navraag te doen.

Die belangrikste aspek waar gas binnenshuis aangewend word, is di van behoorlike ventilasie. In my artikel het ek onder andere aangetoon dat by implikasie n gasgeyser en n gas stoof ook n vertrek kan verhit. Die stoof vanwe oortollige hitte, veral waar die vlam te hoog gestel is (n pluspunt in die winter). By n gasgeyser die hitte wat verby die verhittingselemente van die geyser verby beweeg. Indien na die gasgeyser op die aanhangsel by my een pos gekyk word, sal die skoorsteen (swart) aan die bokant daarvan gesien word wat daar uitsteek. Gewoonweg word n uitlaatpyp of skoorsteen daaraan geheg om die gasse na buite te lei. Omdat die gasgeyser in my geval in n groot werkswinkel aangebring is, is die ventilasie baie goed en is n skoorsteen nie nodig nie. In n klein vertrekkie is dit natuurlik nie moontlik nie.

Die handleidings van die stoof en die geyser l klem op wat ek hierbo aangedui het. Waar n mens self die koppelwerk doen soos om n rubberpyp vanaf die drukklep by die gassilinder met die stoof of geyser te koppel, moet n mens net seker maak dat daar nie n lekkasie voorkom nie. Vir n lekkasie kan maklik getoets word deur n seepwateropplossing rondom die verbinding te smeer en dan te kyk of daar borreletjies verskyn. Baie soos om n motor se buiteband en/of binneband te herstel. (Gas wanneer vervaardig of gesuiwer is reukloos. In n gassilinder word die gas vermeng met n gas wat nie reukloos is nie almal ken die bekende reuk indien n gassilinder oopgedraai word wanneer die skroefdraad skoongeblaas word voordat die drukklep aangebring word.

Ons het die gebruik om die stoof se silinders (19 kg) na gebruik toe te draai. Die gasgeyser in die werkswinkel se klep bly oop. Om gassilinders veral groottes buite aan te bring is altyd die veiligste opsie.

Hoop dit beantwoord jou vraag.

Ja dankie. Ek het n spesialis van Jhb wat die installasie kom doen en behulpsaam sal wees met die finale planne. Maar net gedink jy weet van slaggate wat ek voortydig kan vermy. Ek doen die installasie op n perseel met 15 vertrekke waar warm water nodig is. Elkeen kry sy eie klein gas geyser. Die gas word dus net gebruik vir die klein hoeveelheid water wanneer nodig en jy spaar water omdat dit onmiddellik by die kraan is en nie eers al die koue water hoef te laat uitvloei voor die warm water jou bereik nie. Al die geysers sit direk buite die vertrek, so na as moontlik aan die kraan(e) aan die binnekant. Ek beoog twee groot silinders agter in die erf, een aan die bas, een in die kas ;-). Die planne benodig is reeds hiervoor en die leiding vandaar na die geysers.

Slaggat
10 Mar 2010, 20:44
Slaggat, jameer ou maat, moenie die idee kry ek ondermyn dit wat jy hier bespreek nie. Ek vind dit baie insiggewend. As ons omstandighede anders was, sou ek 100% saam met jou gegaan het.

Ek gaan n koolstoof einde volgende maand koop. My plekkie waar ek hout en antrasiet gaan berg maak ek einde van die maand klaar. Daar kan ek voorraad aanhou vir n jaar se gebruik. Dit is kook en as verwarmer gebruik. Ek oorweeg dit om 100l geyser sommer op die koolstoof te koppel. Hy hey fasilieteit om warm water te maak. R2500 MOERSE BARGAIN.

Boerlander.

Hoe beweeg ons nie terug na die “goeie ou dae” van mieliestronke-, hout- en steenkoolstowe nie. Ek hoor wat jy s, en ja dit is ‘n besondere winskoop. Veral die feit dat di stoof water kan verwarm. Het self lank na so ‘n stoof gesoek maar kon nie een kry nie. Het toe maar volstaan met die gewone sonder die warmwater komponent.

Miskien moet ek iets op hierdie stadium eers duidelik stel. Eintlik het Nooroos dit reeds uitgelig. Die voorafgaande wat ek geskryf het was om die juk van groot betalings NOU te verlig teen ‘n redelike en hopelik bekostigbare wyse.

Met my volgende skrywes gaan ek – soos alreeds aangedui – elke komponent van alternatiewe krag onder die loep neem en behandel. Handelaars wil vinnig geld maak. Plekke adverteer sonpanele as ‘n winskoop teen R35.00 per watt. Ekself het dit bekom teen R21.00 per watt. Dan nie B-graad of uitskot panele nie. Splinternuwe Polikristal panele met ‘n verwagte leeftyd van 20+ jaar. Hieroor kan natuurlik lank gedebateer word. Dit kom later aan die beurt.

Braindead het al waarheen ekself op pad is en waarna die meeste van ons streef. As braindead egter moet aandui wat dit hom gekos het, selfdoen ten spyt, gaan dit meer wees as wat die gemiddelde man uit sy agtersak sal kan uithaal. Ek wil graag wys hoe ‘n mens in so ‘n stelsel kan ingroei sonder dat jy te seer geknyp word.

Later beoog ek ook om “Bliksem” bekend te stel. Nee nie die vloekwoord bliksem nie! Di na analogie van ‘n weerligstraal. (Moet egter erken dat die woord my gedagtes gekruis het as Eskom se krag weer eens onbepland af is en ek aan hulle dink - dan in die meervoudsvorm.) Dit is ‘n beheerpaneel waar hidrokrag, windkrag, sonkrag en 2 generators vanaf beheer word. Dit sluit die elektronies donkie gedeeltelik in. Die sal ek ook later bekend stel.

Maar jy is reg Boerlander, ons gebruik ons hout/koolstoof met die gasstoof as rugsteun. Die gasgeyser sal later ook op bystand geplaas word wanneer die elektroniese donkie inskop asook die son waterverwarmingspanele wat ek self bou.

BOERLANDER
10 Mar 2010, 20:49
Boerlander.

Hoe beweeg ons nie terug na die goeie ou dae van mieliestronke-, hout- en steenkoolstowe nie. Ek hoor wat jy s, en ja dit is n besondere winskoop. Veral die feit dat di stoof water kan verwarm. Het self lank na so n stoof gesoek maar kon nie een kry nie. Het toe maar volstaan met die gewone sonder die warmwater komponent.

Miskien moet ek iets op hierdie stadium eers duidelik stel. Eintlik het Nooroos dit reeds uitgelig. Die voorafgaande wat ek geskryf het was om die juk van groot betalings NOU te verlig teen n redelike en hopelik bekostigbare wyse.

Met my volgende skrywes gaan ek soos alreeds aangedui elke komponent van alternatiewe krag onder die loep neem en behandel. Handelaars wil vinnig geld maak. Plekke adverteer sonpanele as n winskoop teen R35.00 per watt. Ekself het dit bekom teen R21.00 per watt. Dan nie B-graad of uitskot panele nie. Splinternuwe Polikristal panele met n verwagte leeftyd van 20+ jaar. Hieroor kan natuurlik lank gedebateer word. Dit kom later aan die beurt.

Braindead het al waarheen ekself op pad is en waarna die meeste van ons streef. As braindead egter moet aandui wat dit hom gekos het, selfdoen ten spyt, gaan dit meer wees as wat die gemiddelde man uit sy agtersak sal kan uithaal. Ek wil graag wys hoe n mens in so n stelsel kan ingroei sonder dat jy te seer geknyp word.

Later beoog ek ook om Bliksem bekend te stel. Nee nie die vloekwoorde bliksem nie! Di na analogie van n weerligstraal. (Moet egter erken dat die woord my gedagtes gekruis het as Eskom se krag weer eens onbepland af is en ek aan hulle dink.) Dit is n beheerpaneel waar hidrokrag, windkrag, sonkrag en 2 generators vanaf beheer word. Dit sluit die elektronies donkie gedeeltelik in. Die sal ek ook later bekend stel.

Maar jy is reg Boerlander, ons gebruik ons hout/koolstoof met die gasstoof as rugsteun. Die gasgeyser sal later ook op bystand geplaas word wanneer die elektroniese donkie inskop asook die son waterverwarmingspanele wat ek self bou.

Mooi man, ek hou baie van wat jy hier seg, sit nog n bietjie kennis by die grysstof by. Hou so aan.

propatria
10 Mar 2010, 22:04
Kerels, ek wil julle net red van groot fiasko's
As jy daaraan dink om n stoof van n sonpaneel af te trek, wees maar gereed vir sowat R65000 adisioneel, en die meeste daarvan gaan in jou battery sisteem wees (wat ook nie onderhoudsvry is nie) die enorme kapitale uitleg spaar jy ook nie te veel op nie want die verwagte lewensduur van die sonpaneel is sowat 15 jaar, so as jy dit alles in n pot gooi, dan moet jy weet dat jy nooit voorkom met die som nie.

Die beter manier is n sonstoof wat deur n gat in jou muur en n reflekteerder na n 50mm dik plaat herlei word, hierdiehet die vermoe om dan die hitte energie te stoor en tot in die oggend voor sonop nog te kan kook, indien jy dan ook met drukpotte kook (wat minder energie gebruik) sal jy ver kom.

Ek is wel ten gunste van die gas, want dit is gebruikersvriendelik, en daar is baie navorsing en ontwikkeling op metaangas wat uit jou tuin afval en jou riool opgewek kan word, dit is nie te ver in die toekoms nie, dan sal dit gebottel kan word (hopelik)

Die sonstoof gedagte het Noord Oos verlede jaar hier iewers geplaas.

Groete

Slaggat
11 Mar 2010, 05:51
Kerels, ek wil julle net red van groot fiasko's
As jy daaraan dink om n stoof van n sonpaneel af te trek, wees maar gereed vir sowat R65000 adisioneel, en die meeste daarvan gaan in jou battery sisteem wees (wat ook nie onderhoudsvry is nie) die enorme kapitale uitleg spaar jy ook nie te veel op nie want die verwagte lewensduur van die sonpaneel is sowat 15 jaar, so as jy dit alles in n pot gooi, dan moet jy weet dat jy nooit voorkom met die som nie.

Die beter manier is n sonstoof wat deur n gat in jou muur en n reflekteerder na n 50mm dik plaat herlei word, hierdiehet die vermoe om dan die hitte energie te stoor en tot in die oggend voor sonop nog te kan kook, indien jy dan ook met drukpotte kook (wat minder energie gebruik) sal jy ver kom.

Ek is wel ten gunste van die gas, want dit is gebruikersvriendelik, en daar is baie navorsing en ontwikkeling op metaangas wat uit jou tuin afval en jou riool opgewek kan word, dit is nie te ver in die toekoms nie, dan sal dit gebottel kan word (hopelik)

Die sonstoof gedagte het Noord Oos verlede jaar hier iewers geplaas.

Groete

Propatria.

Ek dink nie die gedagte om ‘n elektriese stoof vanaf ‘n batterybank (indirek dan sonpanele) te gebruik was ter sprake nie. Veel eerder die spoedige besparing van Eskom energie voor die nuwe verhogings vanaf 1 April vanjaar inskop. Wat jy egter noem is baie waar.

Wat metaangas betref word dit baie oorsee en ook al in Suid-Afrika aangewend as ‘n brandstof in gasstowe. Ook om kragopwekkers aan te dryf. Hier word veral na hoendermis en varkmis gekyk as die bronne van oorsprong vir die metaangas. Voldoende grondstowwe word benodig. Afhangende watter metode gebruik word om metaangas te genereer kan dit baie duur wees of ‘n groot ruimte (vloeroppervlakte) in beslag neem. Dit is veral op geskikte plase lewensvatbaar.

Groot volumes metaangas om byvoorbeeld ‘n kragopwekker aan te dryf is op ‘n dorpserf nie haalbaar nie. Kleinskaalse gebruik met byvoorbeeld tuinafval is egter moontlik. Weer eens gaan volumes metaangas wat gegenereer kan word teenoor die aanvraag deurslaggewend wees in ‘n huishouding van byvoorbeeld vier mense.

Tydens die laaste wreldoorlog het motors op metaangas geloop wat van hout afkomstig was. Die hele "kontrepsie” was op die agterkant van die motor aangebring. Dit nogal redelik maklik en goedkoop. So ‘n stelsel kan verder verfyn word om gasstowe te laat werk, veral as ‘n mens woonagtig is in ‘n omgewing waar baie afvalhout beskikbaar is.

'n Gat in die muur? Kan jy jou indink wat die diewe daarmee of moet dit lees daardeur gaan doen as jy nie by die huis is nie. Tensy jy die gat natuurlik toemaak met pantserglas. Mag in 'n gebied soos Oranje werk maar in Pretoria/Johannesburg? Ek weet nie.

Mooi loop

Ben Brand
12 Mar 2010, 22:36
1. Hoelank sal dit neem om 1 102Aph battery te gebruik tot sy maksimum 80% vlak
2. Hoe lank sal dit 1 75W paneel vat om die battery weer vol te laai?

Ben Brand
12 Mar 2010, 22:40
Hoe lank gaan dit neem as jy 'n 100watt paneel het, om 1 'deep cycle' battery vol te laai

Slaggat
13 Mar 2010, 15:19
1. Hoelank sal dit neem om 1 102Aph battery te gebruik tot sy maksimum 80% vlak
2. Hoe lank sal dit 1 75W paneel vat om die battery weer vol te laai?

Goeie middag Ben.

Jou vrae verwys:

1) Om ‘n 102 Am/h battery tot op ‘n 80% vlak te ontlaai hang af van die vrag (aantal ampre) wat getrek of dan aangewend word. Dit kan vinnig of oor ‘n lang tyd geskied. Onthou, diepsiklusbatterye wil nie vinnig ontlaai word teen ‘n ho amprre nie. (‘n motor se battery is daarvoor ontwerp). Veel eerder wil dit ‘n stroom oor ‘n lang tydperk ontlaai.

Indien jy my voorsien van ‘n voorbeeld van wat jy in gedagte het om te aan te dryf deur middel van ‘n diepsiklusbattery, kan ek jou verder help.

2) Die laaitempo van die battery deur ‘n 75 Watt sonpanneel sal afhang van die volgende:

• Die hoeveelheid krag onttrek uit die battery met ander woorde aantal ampre.
• Die aantal ampre wat die sonpaneel op daardie stadium “opwek”. Kyk na die volgende eenvoudige voorbeeld: V x A = W Dus 12 x A = 75. ‘n 75 Watt behoort dus teoreties ongeveer 6 ampre op te wek. Dit gebeur nie in die praktyk nie. Die vermo van ‘n paneel hang saam met sy ouderdom (hoe effektief dit nog werk). Die invalshoek van die son op die paneel. Of die paneel stof op het of nie. Die temparatuur van die paneel en baie sulke kleiner dinge.
• Natuurlik speel die toestand en temperatuur van die battery ook ‘n rol.

3) Indien ‘n 100 Watt paneel ook bedraad is vir ‘n 12 volt stelsel gaan die berekening as volg wees:

V X A = W Dus 12 X A = 100. Gevolglik ongeveer 8 ampre. ‘n 100 watt sonpaneel gaan dus onder dieselfde omstandighede ‘n groter hoeveelheid ampre lewer en gevolglik gaan die battery gouer volgelaai word.

Kom ons veronderstel ‘n battery het 48 ampre aan ‘n omsetter gelewer voordat die battery ontkoppel is. Teoreties gaan ‘n 75 watt paneel 8 uur neem om die krag terug te plaas terwyl ‘n 100 watt paneel 6 ure gaan neem.

Ben hier is soveel veranderlikes wat ‘n rol speel dat bogenoemde slegs ‘n aanduiding is om jou vrae te beantwoord.

Ek het byvoorbeeld genoem dat indien die battery ontkoppel word. Indien die battery nie ontkoppel word nie en die omsetter is steeds gekoppel maar afgeskakel, trek die omsetter nog steeds ‘n hoeveelheid krag, s teoreties 1 ampre. Jy kan dus sien dat dit dan langer gaan neem om die battery weer vol te kry. Dan natuurlik is daar bewolkte en rendae ensomeer.

Hoop dit help!

Slaggat
14 Mar 2010, 09:50
Dit is in my vorige skrywes uitgewys dat die geiser die grootste kragverbruiker is van die al duurderwordende elektriese krag. Voordat ek begin om elke individuele komponent onder die loep te neem, eers enkele kommentare wat ontleen is uit: The Maritburg Sun en die Huisgenoot. Hieruit kan afgelei word dat die pad van sonwaterverwarming vol slaggate is.

Uit die Huisgenoot:

Dr Deon Mushavi Huysamen

Ek het 'n behoorlike kommentaar getik, maar blykbaar het die Hyuisgenoot stelsel my gefaal. Ek sien nie kans om dit te herhaal nie en sal hier bloot volstaan by my opinie dat sonkrag-geysers 'n klug is in terme van besparing en die toetse is nie oor seisoene gedoen nie. Die investering sal nooit herwin word nie en dit bly 'n elektriese geyser wat deur sonhitte aangevul word. daar is baie beter opsies beskikbaar onder andere 'n Heat Pump wat 'n inset uitset ratio het van 1:4kW terwyl 'n songeyser 1:1kW is as die weersomstandighede dit toelaat. Vertikale geysers is ook 'n eenvoudige goeie opsie. Die publiek word emosioneel ge-eksploiteer om songeysers te laat installeer onder andere met behulp van artikels in isolasie soos hierdie een van Huisgenoot. Ek bevraagteken die empiriese integriteit van die statistiek. My ekstreme reaksie is "Bly weg van son-geysers"


Chris:

Eskom het n 10% besparing by industriee af gedwing.Goed dit beteken hulle verloor 10% inkomste.Dis hoekom die belaglike verhogings.En hoe meer die mense gaan bespaar hoe meer gaan die verhogings wees,Want eskom lewer nie meer diens nie hulle moet wins toon vir hul aandeel houers.So as ons krag bespaar gaan ons dit maar net weer in extra belasting moet betaal.Waar parasiete is is daar stadige dood,Jammer vir die negatiewe skrywe,maar daar is nie hoop.


Verward:

Ons rekening het net soos Toekie s'n hierbo vermeerder van ongeveer R600 pm na R1000 pm. Ons is ook net 2 mense in die huis, stort net eenmaal per dag, gebruik nie snaakse toestelle nie. Het nie n bediende nie. Ongelukkig is my grassnyer elektries. Alle gloeilampe is vervang. Ons skakel ons geyser af in die oggend en weer aan voor ons gaan stort. Ek wil nou vir my n tydskakelaar laat installeer op die geyser wat die aan en af tye kan reguleer. Maar, my gevoel is dat die munisipaliteit die rekeninge manipuleer soos hulle geld benodig. Ons meters is in een kas in die straat waar ons geen toegang het nie. Dus kan ons nie die lesings monitor nie. Ons het baie lank nie iemand gesien wat die lesings kom neem nie. Op die manier sal ons nooit wen nie al leef ons met kerse en lampe, of kook op gas.


Ek wil weet:

Ek het n pre paid.. koop krag soos ek nodig het, ek het uit gekom met R400 ... nou moet ek R600 koop .. en my ligte is almal vervang en ek bly in n 2 slaap, 1badkamer met toilet ,1 sitkamer, n klein kombuis jy moet uit gaan om om te draai ... dis amper soos n pophuis ma ek bly lekke ...EN AS EK NIE MY WATER BETAAL NIE SNY HULLE MY KRAG AF ...AL HET EK PREPAID ..NOU WAT NOU .. ONS SAL NOOIT WEN NIE. WANT AS DA NIE WATER IS NIE DAN IS DA NIE KRAG NIE ..MAAR ONS MOET BETAAAAAAAL. EK WIL NET WEET NOU WAT NOU ....


Magriet Mayer:

My meters is al twee maande agter mekaar geskat omdat, volgens die meterlesers, ons hekke gesluit was.(ons het nie eers hekke nie) Die rekening is van ongeveer R800 per maand, met die nuwe lesings, op na R1500. Toe my man die lesings na-gaan, vind ons uit dat ons nog nie eers die lesings bereik het nie - 2 maande later. Ons het besluit om self die lesings in te skakel en tot my skok ontdek ek dat hulle my 'n krediet op my water gebruik gegee het teen die normale tarief en nie teen die verhoogde gebruik tarief wat ek moes betaal het omdat ek volgens hulle oor my kwota gegaan het nie. Ons lees sederdien elke dag albei meters en is verbaas om te sien hoe ons almal (3 volwassenes) skarrel om water en elektriese tyd te bespaar. My rekening hierdie maand is maar R400. Ons het die water na die toilet afgedraai en gebruik net die tenk se water om die waterbak bo, vol te hou.

Slaggat
14 Mar 2010, 09:55
Dan ook die volgende.


Toekie van den Berg:

My man en ek stort soggens en saans. Die geyser word slegs vir 15min op 'n keer aangesit hiervoor, maar ons ekening wat altyd in die omgewing van R580 pm was - met die geyser 24uur per dag aan, oorskry die afgelope paar maande R1000 per maand. Die probleem l by die skielike "ekstras" wat op die rekening gehef word waarvan geen mens kop of stert kan uitmaak nie. Ons het nie meer kinders in die huis nie. Ons gebruik nie die tuimeldror nie en het 'n bediende wat slegs 1x per week inkom om te stryk. Al ons gloeilampe is vervang met nuwes wat veronderstel is om minder krag te gebruik. Slegs die vertrek waar ons besig is se lig word aangeskakel en weer dadelik afgeskakel wanneer ons uitgaan - m.a.w. geen lig brand onnodig nie. Ek sal self baie graag wil hoor wat ander doen om kostes te bespaar.


Uit: The Maritzburg Sun:


Son water verhitting Stelsel

Ek bou tans 'n nuwe huis en het 'n son geiser as 'n absolute moet gesien.
Ek het begin navorsing doen oor die"pro & cons" van 'n son geiser. Vandag sit ek met meer vrae as antwoorde m.b.t. 'n son geiser.
1. Niemand kon nog vir my 'n temperatuur analise gee van winter / somer, hoe lank, as die geiser die aand leeg (koud) gebruik is, sal dit die volgende dag neem om warm water te verskaf.
2. Die vraag oor hoe die panele hael kan hanteer bly onbeantwoord.
3. Hierdie geisers is vir 5 jaar gewaarborg. Ek sal my kop op 'n blok sit, dat hierdie toestel na 3 jaar van blootstelling aan die uiterste Vrystaatse somers en winters "gaar" gebrand / geryp / ge-ys sal wees. Enige skade wat dan onstaan sou dan waarskynlik ook as normale "wear and tear" skade deur die vervaardiger / verkoper gesien word en nie onder die 5 jaar waarborg gedek word nie.
4. Ongelukkig is "fly by night" maatskappye in SA volop en verdwyn die verkopers maklik oornag met die waarborg.

Die belangrikste vraag wat jy jouself moet afvra is: Hoekom 150 of 200 liter warm water STOOR om die aand of oggend miskien 50 - 100 liter te gebruik?

Wanneer jy dus 'n ander tipe hitte energie bron oorweeg, kyk gerus na gas ook. Op die oog af lyk dit duur, maar onthou jy gebruik net die energie wat jy nodig het.
Met 'n gas geiser bespaar Eskom ook elektrisisteit en jy betaal NET vir die warm water wat jy gebruik.
Die gas geisers wat vandag verkoop word is:
Ten volle automaties
Effektief,
Ekonomies,
Veilig,
Jy kan die hitte verstel na jou smaak,
Jy het ALTYD warm water - As jy sonder warm water is, sal dit waarskynlik wees omdat jy vegeet het om die gas te vervang.

Die volgende vrae ontstaan nou: Is die aanwending van sonkrag die moeite werd? Nie net kostegewys nie maar ook sover dit die beskikbaarheid van warm water betref? Gaan ek nog steeds afhanklik wees van elektriesekrag vanaf Eskom? Kan n mens heeltemal wegbreek van Eskom en nog steeds warmwater op deurlopende basis beskikbaar h?

noordoos
14 Mar 2010, 10:42
Drie hoera's vir Dr Deon Mushavi Huysamen. Ek het die son geyser ouens ook in hul peetjie gestuur. Wat n klug! Ek gaan vir gas stoof, oond geyser. Son om batterye te laai vir die res.

Slapgat, ag skuus , Slaggat, he he, jy praat van self panele bou. Is ek reg? Gaan jy nog vir ons vertel hoe? En watter batterye? Wat van n kombinasie son panele en wind. Het jy daarvoor ook n plan?

Ridder Van Die Langpad
14 Mar 2010, 11:25
Daars 'n ou naby Pietermaritzburg wat sy krag met hoendermis opwek.
Hy was op Carte Blanche.
Die lot lyk egter vir my meer na 'n ding wat 'n moelse gat in jou erf kan maak as daar 'n vonk of iets naby kom.
Miskien moet ons elke ou so vier lhenne kry. Voordelig.

Ridder Van Die Langpad
14 Mar 2010, 11:26
Daars 'n ou naby Pietermaritzburg wat sy krag met hoendermis opwek.
Hy was op Carte Blanche.
Die lot lyk egter vir my meer na 'n ding wat 'n moelse gat in jou erf kan maak as daar 'n vonk of iets naby kom.
Miskien moet ons elke ou so vier lhenne kry. Voordelig.

Myne moet ek maar op die lorrie se dak sit.

Slaggat
14 Mar 2010, 11:30
Drie hoera's vir Dr Deon Mushavi Huysamen. Ek het die son geyser ouens ook in hul peetjie gestuur. Wat n klug! Ek gaan vir gas stoof, oond geyser. Son om batterye te laai vir die res.

Slapgat, ag skuus , Slaggat, he he, jy praat van self panele bou. Is ek reg? Gaan jy nog vir ons vertel hoe? En watter batterye? Wat van n kombinasie son panele en wind. Het jy daarvoor ook n plan?

Noordoos.

Toemaar, ons almal sukkel een of ander tyd met spelling. Jy is verskoon. Meer enrnstig – ja om self panele te bou is nie moeilik nie en hulle werk. Minder effektief miskien as die van “proffesionele” vervaardigers. Dit hang natuurlik af van jou beskikbare begroting. ‘n Kliener begroting kan sonpanele tot gevolg h wat warm water van 60 grade Celsuis en meer genereer - net oor 'n langer tyd. As mens die spesifikasies van die Buro van Standaarde gebruik (duur begroting) kan di temperature in ‘n baie korter tyd bereik word. Ja ek gaan later volledige instruksies verskalf vir die “doen dit self” persoon.

Wat batterye betref sal ek ook daaroor skryf asook die kombinasie met windkrag en sonpanele. Het vanoggend e-pos ontvang van ‘n persoon in Amerika wat windlaaiers verskaf. Sal ook daaroor in latere poste skryf.

BAIE BELANGRIK: Verskaffers van songeisers kyk nie holisties na die onafhanklikwording van elektriese energie nie. Hulle bied hoofsaaklik ‘n produk aan wat gekoppel word met f die bestaande geiser (wat goedkoper is) of met ‘n “songeiser” wat eintlik ‘n goed gesoleerde tenk is van ‘n bepaalde volume.

Songeisers is tans hoog in aanvraag en word ook deur Eskom gesubsidieer. Later meer daaroor. Die rede vir die plasing van die kommentaar is om die slaggate (twee g’s en nie een p en een g nie -h h) uit te wys. Terloops, ook die rede vir my “skuilnaam”. Daar is deesdae so baie slaggate, letterlik (op die paaie) maar ook in aankope, dat ‘n mens gevolglik maar lig moet loop om nie daarin te val nie.

Om holisties na die hele “probleem” van energie onafhanklikheid te kyk is ‘n veel beter opsie as net na byvoorbeeld sonwaterverwarming alleenlik.

In toekomstige poste (oor tyd heen), sal ek stapgewys deur dit werk. Elke persoon kan dan kyk waar hy/sy in so ‘n stelsel wil inskakel. Glo my, daar gaan baie nuwighede die lig sien waarvan baie mense nie geweet het nie. Ekself het met my navorsing dit “ontdek” en deel dit graag met ander.

noordoos
14 Mar 2010, 14:09
Ek kan nie wag nie. Ernstig.

propatria
14 Mar 2010, 20:55
Ek het na die meeste sonpanele gekyk wat tans beskikbaar is.
Een groot probleem is dat hulle efektiewiteit afneem oor jare, en die meeste van die vervaardigers projekteer 15jaar as n vervangingstyd, hierdie is die duurder fabrikate, somige chinese vervaardigers maak ook so stelling, maar by navraag na hulle toetse om dit te staaf stuur hulle Duitse navorsing, wat vir my beteken dat hulleeie produkte glad nie getoets is nie.
Om n huis met n verbruik van ongeveer 3kw te voorsien behoort jou tussen R110 000
en R140 000 te kos.

Wat die songesers betref dink ek baie kritiek is oorbodig, ek het na van die make gekyk en die dik perspeks sal na baie jare nie deur haal stukend geslaan word nie, ek dink die glas buise is beter en sal nie verblyk nie, (Het iemand al gesien dat n glas 200ml bottel deur haal stukkend geslaan kan word?)

Die vries van die water word voorkom deurdat die pyp binne n pyp isolasie voorsien en gewoonlik ook met n vakuum gevul is.

Ek het onlanks na n sisteem gekyk wat baie doeltreffend was en ons kon voor sonop in die oggend nog drie mense stort, dit was vir my goed genoeg, maar R16 000.00 later? Jy gaan baie gas brand voordat jy daar kom.

Ek het ander sisteme na gekyk wat baie meer efektief is, op die oomblik soek ek na iemand wat meer kennis het van die telsa turbine wat my kan help. Ek sal die materiaal voorsien en het die ingeneurs gereedskap vir die fabriseering van proto tipes.
Indien my tegnologie kan werk sal ek 25KW kan opwek teen onder R100 000 en dit sal dus baie goedkoper wees as enige bestaande alternatiewe bron.

Groete

Slaggat
14 Mar 2010, 22:06
Ek het ander sisteme na gekyk wat baie meer efektief is, op die oomblik soek ek na iemand wat meer kennis het van die telsa turbine wat my kan help. Ek sal die materiaal voorsien en het die ingeneurs gereedskap vir die fabriseering van proto tipes.
Indien my tegnologie kan werk sal ek 25KW kan opwek teen onder R100 000 en dit sal dus baie goedkoper wees as enige bestaande alternatiewe bron.

Groete

Propatria.

Verwys jy na die tesla turbine?

Gee meer inligting oor jou tegnologie.

propatria
14 Mar 2010, 22:28
Ja, jammer my spelling is nie altyd na wense nie.

Ek soek iemand wat goeie kennis van hierdie turbine het, dit is glo die mees efektiefste turbine en ook geskik vir kleiner aplikasies. Ek wil stoom opwek en dan hierdie tipe turbine gebruik om n opwekker aan te dryf.

Indien iemand kennis het van gewone stoom aangedrewe turbines wat geskik is vir sowat 25kva sal dit ook help. Omdat die hoeveelheid energie maar op sowat 40- 60% uitkom sal mens soveel meer stoom moet genereer. Daar is natuurlik ook n klomp ander faktore maar die belangrikheid is dat gewone sonpanele slegs tussen 5 en 10% van die son se potenisaal gebruik en dit relatief duur is ook nog. Inteenstelling daarmee kan reflekteerders gebruik word wat geen meganiese verliese het nie, relatief goedkoop is en lang lewensduur het.

Groete

Slaggat
14 Mar 2010, 23:02
Ek soek iemand wat goeie kennis van hierdie turbine het, dit is glo die mees efektiefste turbine en ook geskik vir kleiner aplikasies. Ek wil stoom opwek en dan hierdie tipe turbine gebruik om n opwekker aan te dryf.



Propatria.

Nikola Tesla se wetenskaplike uitvindings is uitsonderlik. Die Tesla Turbine waarna jy verwys loop teen ho revolusies (13 000 plus) en is baie meer effektief as 'n gewone binnebrandenjin. Indien 'n mens brandstof gebruik moet dit onder ho druk ingespuit word om dan pulserend te ontbrand. Saamgepersde lug kan ook gebruik word en werk baie goed. Stoom as dryfmiddel is nogal oorspronklik! Moet net seker maak dat die stoom wel deur die dun skywe doeltreffend sal beweeg. Stoom naby superverhitting sal waarskynlik beter werk aangesien dit nie gaan kondenseer nie, en oor voldoende druk beskik.

Die bou van so 'n turbine is kapitaal intensief en om gereedskap te vervaardig (tooling) om so 'n enjin te vervaardig blyk ook duur te wees.

Dit is insiggewend dat jy in die turbine belangstel. Tans het ek op die tekenbord ook een van Tesla se projekte wat gepatenteer is in die VSA en toe op die rak geplaas is. Dit werk net mooi die teenoorgestelde as die turbine waarvan jy melding maak. Dieselfde samestelling. Die skywe is net verder uitmekaar. Dit werk nie met molekulre adhesie nie, maar met "vorteks" energie. Dit gebruik 'n klein hospoed elektriese motortjie om ho hitte op te wek. Voldoende om 'n huis mee te verhit. Baie baie meer ekonomies as 'n olie- of staafverwarmer. Moet enkele modifikasie op sy ontwerp aanbring en dan duimvashou dat die konsepverwarmer sal werk. Die prototipe op skaal lewer skitterende resultate.

propatria
14 Mar 2010, 23:24
Watter materiaal om te gebruik en sulke vrae kry ek nie antwoorde op nie, die kwessie is dat dit wel die mees effektiewe ontwerp is, en my belangstelling gaan vanuit n oogpunt om so min as moontlik van die energie te vermors wat geskep is deur die verhitting van die water na stoom.

Ek sal egter speel met ander maniere vir eers net om my stoom te kan gebruik.

Groete

Slaggat
15 Mar 2010, 10:18
In hierdie pos lewer ek op enkele punte kommentaar op die aanhalings soos voorheen geplaas uit Die Huisgenoot en The Maritzburg Sun. Die slaggate blyk duidelik.

Dr Deon Mushavi Huysamen

sonkrag-geysers 'n klug is. Die investering sal nooit herwin word nie en dit bly 'n elektriese geyser wat deur sonhitte aangevul word.

Dr Huysamen is ontnugter. Die stelsel wat hy aangeskaf het lewer duidelik nie die resultate wat hy verwag het nie. Toe hy begin het om die kostes te ontleed, is twee dinge besef: Die kapitaal uitgel gaan oor n baie lang tyd indien ooit (volgens hom) verhaal word en die songeyser gebruik nog steeds elektriese krag. Die aansienlike kosteverhogings van Eskom kon waarskynlik aanleiding gegee het tot n oorhaastige besluit sodat die nodige navorsing nie na behore gedoen is nie.

Chris:

Eskom het n 10% besparing by industriee af gedwing.Goed dit beteken hulle verloor 10% inkomste.Dis hoekom die belaglike verhogings.

Chris het gesien hoe Eskom krag kan voorsien deur besparings af te dwing en huiseienaars te laat spaar maar terselfdertyd verseker dat hulle inkomste meer is as voorheen

Verward:

Ons meters is in een kas in die straat waar ons geen toegang het nie. Dus kan ons nie die lesings monitor nie. Ons het baie lank nie iemand gesien wat die lesings kom neem nie.

Verward bevestig wat ek reeds aangedui het. Lesings word geskat en n mens kan dit nie kontroleer nie. Hierdie is nie noodwendig n doodloopstraat nie. Mens moet net onderhandel dat hulle die meterkas oopsluit dat die lesings geneem word.

Alternatiewelik moet gevra word op watter dag van die maand hulle die lesings neem en dan sorg dat n mens teenwoordig is om dit te kontroleer. Indien die meterleser nie opdaag nie, dan ernstig versoek dat hulle dit moet kom lees. Daar is maniere waarop n mens druk kan uitoefen. Altyd n goeie beginsel om lesings op n spreivel op die rekenaar aan te bring.

Ek wil weet:

Ek het n pre paid.. koop krag soos ek nodig het, ek het uit gekom met R400 ... nou moet ek R600 koop.

Hier moet besparing die hoogste prioriteit geniet. Mens kan vasstel of mens nie goedkoper kan weg kom deur n ousie byvoorbeeld te stuur om naby, of in hulle woonbuurt die aankope te maak nie.


Magriet Mayer:

Skryf oor watergebruik wat blykbaar op n kwota onderworpe is en dan beboet word indien hulle meer as die toegekende kwota gebruik. Hulle meter was oorlees en die munisipaliteit het die rergstelling teen die normale watertarief reggestel en nie teen die tarief wat gehef was vir die oorskryding van die kwota nie.

Mens moet in so n geval maar net gaan kla en eis dat die regstelling korrek gemaak word.Wat sy doen wat wys is om lesings aan te teken en te vergelyk.

Toekie van den Berg:

Die probleem l by die skielike "ekstras" wat op die rekening gehef word waarvan geen mens kop of stert kan uitmaak nie.

Bevraagteken elke ekstra wat nie verklaar kan word nie en laat hulle verduidelik. Indien nie geholpe kan raak nie skryf n brief aan die plaaslike koerant waar n mens vra dat hulle ondersoek moet instel en daaroor berig. Meer mense sal dan weet indien dit ongerymdhede is.

Uit: The Maritzburg Sun:

Vandag sit ek met meer vrae as antwoorde m.b.t. 'n son geiser.
Die belangrikste vraag wat jy jouself moet afvra is: Hoekom 150 of 200 liter warm water STOOR om die aand of oggend miskien 50 - 100 liter te gebruik?

Hierdie Vrystater het dieselfde fout gemaak as so baie van ons. Nie vooraf eers gaan ondersoek instel na sy behoeftes nie. n Geldige vraag hoeveel water en moet n mens dit stoor? In my poste wat volg sal di probleem ook aangespreek word.

Niemand kon nog vir my 'n temperatuur analise gee van winter / somer, hoe lank, as die geiser die aand leeg (koud) gebruik is, sal dit die volgende dag neem om warm water te verskalf?
Die vraag oor hoe die panele hael kan hanteer bly onbeantwoord.

Die antwoord op die eerste vraag is heel eenvoudig. Dit hang van verskeie faktore af almal veranderlikes. Die sonligure beskikbaar. Die plek waar die verhittingspanele geplaas is en die invalshoek daarvan op n bepaalde tyd van die jaar. Die material waarvan die verhittingspanele vervaardig is, of dit direkte of indirekte verhitting is ensomeer.

Ja panele en buise is haelbestand tot op n punt. Die word gewoonlik aangedui synde die grootte van die haelkorrel en die spoed (m/sek) wat die haelkorrel die paneel of buise tref. Wat egter nie genoem word nie is die invalshoek van die haelkorrel en die plek waar dit die paneel of buise tref. By ons het haelkorrels al motors se voorruite laat kraak. Weet van gevalle waar dit deur n motor se venster gegaan het. Teen die tipe aanslag sal die glas nie hou nie. Mens kan natuurlik getemperde glas laat aanbring. Daar is baie ander dinge wat ook gedoen kan word om die impak van hael te verminder. Om die vries van water te voorkom in n paneel is daar ook verskeie opsies wat uitgeoefen kan word.

Slaggat
15 Mar 2010, 11:40
Daar is ook ander sienings oor sonwaterverwarmingstelsels asook n goeie plan deur n Pretorianer.

Hennie Klopper

Ek het 'n sonkragverwarmingstelsel van 'n Suid-Afrikaanse maatskappy in 2006 laat installeer. My kragverbruik het met 30% afgeneem. Die stelsel is ook aan 'n tydskakelaar gekoppel wat die elektriese element van die stelsel net 4 uur per dag laat werk wanneer daar nie voldoende son is nie. Met die verhoging in die elektrisiteitstariewe gaan ek die R16000 (daar was nie subsidie toe ek installeer het nie) wat ek spandeer het, binnekort in die vorm van besparing terugwen. Die stelsel het nie my dak beskadig nie, inteendeel dit is meer voordelig as die stelsel buite sit want as die stelsel breek, gaan daar nie waterskade binne in die huis wees nie soos wat ek met die ou interne elektriese stelsel ervaar het nie. As lesers geskatte rekenings ontvang, is die enigste wyse om dit teen te werk om maandeliks self die lesings te neem. E-pos dit dan aan die munisipaliteit na 'n e-posadres wat spesifiek hiervoor bestaan. In Pretoria is die adres: meterrecords@tshwane.gov.za. Ek doen dit al vir die afgelope jaar en kry nie meer skattings nie, maar die lesings wat ek deurgestuur het. Ander metodes om lesings aan te gee soos telefoon, fakse of e-posse aan die klantedienste werk nie.

annemarie

Het self 'n songeiser geinstalleer @R10 000. Besparing35% . Oor en oor die moeite werd. Op koue en bewolkte dae word die geiser soggens en saans ong 40 min aangeskakel. Op die medium termyn gaan die geiser homself binne 2 jaar betaal

noordoos
15 Mar 2010, 11:47
Lyk of die tydskakelaar die geheim in hierdie gevalle is. Ek het ook so geyser, maar sonder die tydskakelaar. Daarom het ek geen respek vir n son geyser nie. Nou wonder ek, wat van n tydskakelaar sonder die son panele. Ek weet dit is genoem, wil net weet of dit nie die alleen antwoord vir die besparings genoem, is nie?

Slaggat
15 Mar 2010, 12:18
Lyk of die tydskakelaar die geheim in hierdie gevalle is. Ek het ook so geyser, maar sonder die tydskakelaar. Daarom het ek geen respek vir n son geyser nie. Nou wonder ek, wat van n tydskakelaar sonder die son panele. Ek weet dit is genoem, wil net weet of dit nie die alleen antwoord vir die besparings genoem, is nie?

Tydskakelaar het vir seker 'n rol te speel. Van hulle kos R830.00 plus. Jou gewone ligtydskakelaars kan baie goekoper aangekoop word en aangebring word. Maak net seker dat die tydskakelaar die stroom (ampre) kan hanteer. 20-25 ampre.

Weeg net die koste van die tipe skakelaar op teen die besparing wat jy teweeg wil bring en oor watter tydperk.

In my poste wat volg gaan ek wys hoe 'n mens jou bestaande geiser sonder elektriese krag met behulp van sonkrag goed kan bestuur. Daar is ander metodes, hang egter ook nou saam met verskillende faktore wat gesamentlik opgeweeg moet word.

Slaggat
17 Mar 2010, 07:42
Met die volgende poste wil ek begin om eers n bietjie stil te staan by sonwaterverwarming. Kortliks die verskillende soorte stelsels verduidelik, die voor en nadele daarvan uitlig asook waar die onderskeie stelsels aangewend behoort te word. In van die vorige poste het ek die opinies wat mense ervaar het geplaas, en selfs my nek uitgesteek om daaroor kommentaar te lewer.

Na aanleiding van die opinies wat verskillende mense ervaar het, asook wat mense mag dink oor sonwaterverwarming, wil ek die feite deur middel van wetenskaplike navorsing weer gee. Die verslag sal as n PDF-ler aan 'n pos geheg word.




Dr Deon Mushavi Huysamen

Daar is baie beter opsies beskikbaar onder andere 'n Heat Pump wat 'n inset uitset ratio het van 1:4kW terwyl 'n songeyser 1:1kW is as die weersomstandighede dit toelaat.



In di navorsing word ook die hittepomp (soos deur Dr Deon Huysamen hierbo vermeld), as alternatiewe metode om water te verwarm. betrek.
Daar word bereken dat tussen 35% tot 45% van die elektriese energie wat in n huishouding gebruik word, aangewend word om water deur middel van die elektriese geiser te verhit. As grootste kragverbruiker word daar gevolglik eerste gekyk hoe n mens die energiekoste hiervoor aangewend kan verminder en selfs heeltemal uitsny.

Slaggat
17 Mar 2010, 13:17
Kom ons kyk eers op watter beginsel die sonwaterverwarmer werk.

Sonligstrale val op ‘n absorbeerder wat warm word. Hierdie “warmte” verhit die water in die pype wat in die absorbeerder aangebring is. Die warmwater in die pype word minder dig en styg na bo na ‘n opgaartenk wat gesoleer is. Die koue water vanaf die opgaartenk se onderkant beweeg na die onderkant van die absorbeerder (is meer dig), word op hulle beurt verwarm en styg weer op na die opgaartenk. Die water in die opgaartenk word dus stelselmatig al warmer. Indien warmwater benodig word in die huis, word dit van die bokant van die opgaartenk af onttrek. Koue water van die toevoerpyp beweeg nou in die opgaartenk in om die warmwater se plek te vul en word weer op hulle beurt verhit. Dit in kort is die beginsel van sonwaterverwarming.

Hoe om ‘n stelsel daar te stel wat die water vinnig en optimaal kan verhit is die hoofrede waarom daar verskillende stelsels in die handel aangetref word. Elke stelsel het voor- en nadele ten opsigte van effektiewe funksionering, lewensduur en gevolglike aankoop koste.

Alvorens na ‘n stelsel gekyk word (hulle word later bespreek) moet daar eers na sekere omgewingsfaktore gekyk word.

Sonskyn dae per jaar: Suid-Afrika is bevoorreg. Daar is meer as voldoende sonskyndae.

Sonligure per dag: Hier weet ons dat die somer baie meer sonligure het as die winter. Dit skep ‘n probleem in ‘n sekere sin. ‘n Groter volumes warmwater word in die winter benodig as in die somer. Dit is dan juis di tydperk wanneer die sonligure die minste is.

Nie-sonskyndae: Hier word verwys na die nagte, ‘n bewolkte dag en selfs baie dae. Die kan voorkom in die somer sowel as in die winter.

Omgewingstemperature: Sekere gebiede in ons land ervaar in die winter ‘n skerp daling in temperature (-7 grade Celsuis en meer) terwyl ander plekke in die Noorde baie selde ryp in die winter kry. Ook is die somertemperature in sekere plekke aansienlik hor as di in ander plekke.

Hael en wind: Sonwaterverwarmers moet die elemente trotseer. Hulle is onderhewig aan hael en sterk winde. Stormsterk winde kom in sekere gedeeltes van die land voor. Ander gebiede is weer meer blootgestel aan hael (veral tydens die bekende hoveldse donderstorms) as ander gebiede. Afhangende van die grootte van so ‘n donderstorm kan die haelkorrels ook in grootte wissel van klein tot groter as golfballe.

Die Estetiese: Nie almal is gelukkige om hul huise se dakke te ontsier met sonwaterverwarmingspanele nie. Praat dan nie eers van ‘n opgaartenk bokant die panele nie. Omdat die meeste huise se voorkant in ‘n noordelike rigting geplaas is, en ‘n sonpanele in dieselfde rigting aangebring moet word, moet die stelsel esteties met die huis se vooraansig versoenbaar wees. Om dit te bewerkstellig moet ander opsies van installering oorweeg word.

Volume water wat verhit moet word: Ja hierdie is ‘n belangrike punt. In die wintermaande is die sonligure min en die water wat in ‘n groot geiser, s 300 liter verhit moet word gaan waarskynlik nie eers warm genoeg wees om mee te stort nie. Nou moet elektriese krag gebruik word om di gedeeltelik warm water verder te verhit. Waarom dan van sonkrag gebruik maak? Daar is egter maniere om die probleem te omseil. Eintlik heelwat maniere. Baie installeerders is waarskynlik nie altyd bewus daarvan nie. Een voorbeeld is om ‘n laer volume water in jou geiser “toe te laat” sodat die kleiner volume tot ‘n hor temperatuur in minder sonligure verhit kan word.

Sammevatting: Indien ‘n mens dus weet watter omgewingsfaktore in jou bepaalde klimaatstreek heers, weet hoe jou huis staan en wat jy verlang om nie die estetiese voorkoms te benaaldeel nie, kan ‘n mens begin soek na ‘n geskikte stelsel.

Slaggat
17 Mar 2010, 18:52
Na aanleiding van die opinies wat verskillende mense ervaar het, asook wat mense mag dink oor sonwaterverwarming, wil ek die feite deur middel van wetenskaplike navorsing weer gee. Die verslag sal as n PDF-ler aan 'n pos geheg word.

In di navorsing word ook die hittepomp (soos deur Dr Deon Huysamen hierbo vermeld), as alternatiewe metode om water te verwarm. betrek.

Soos hierbo aangehaal dan die verslag van Dr. Riaan Rankin en Dr. Martin van Eldik as 'n PDF-ler as 'n aanhangsel.

Watter stelsels is beskikbaar op die mark? Di kom volgende aan die beurt.

Slaggat
18 Mar 2010, 12:35
Daar is na my wete drie stelsels wat gebruik word om sonkrag aan te wend om water te verwarm. Die verskille l hoofsaaklik by die absorbeerders wat die son se energie gebruik om die water te verhit.

Absorbeerders werk op dieselfde beginsel maar verskil in samestelling en effektiwiteit. Die twee kommersile stelsels wat in die handel verkrygbaar is is di wat gebruik maak van vakuumbuise om die water te verhit en die ander stelsel maak gebruik van alluminiumplaat waarop koperpype aangebring is. Die derde stelsel klassifiseer ek as die selfgemaakte stelsel wat onderling kan verskil vanwe die samestelling van die verskillende komponente wat gebruik word

Albei die kommersile stelsels is verkrygbaar in n direkte of indirekte wyse waarop water verhit word. Die direkte wyse by beide stelsels is ook goedkoper as die indirekte stelsels omdat daar minder komponente by betrokke is.

Direkte of indirekte stelsels word weer vervaardig met n warmwater opgaartenk bo die absorbeerder/s of met die warmwatertenk afsonderlike en weg van die absorbeerder af gewoonlik onder die dak van die huis of aan die buitekant van die huis teen n muur of selfs in die binnekant van die motorhuis teen die muur. Die bestaande geiser van die huis kan ook gekoppel word aan die absorbeerder wat n goedkoper stelsel tot gevolg het.

Die indirekte vakuumbuis absorbeerder.

Hoe hy lyk en hoe hy werk asook sy voor- en nadele sal bespreek word. Wanneer ek na n figuur of foto verwys sal dit gesien kan word in die aangehegte pdf- ler.

Foto #1 toon die samestelling van die vakuumbuis absorbeerder met n klein opgaarruimte aan die bokant van die buise. In hierdie klein tenk word n termostaat aangebring wat aan n kontroleerder gekoppel is. Die kontroleerder monitor die die temperatuur van die tenk en sodra die temperatuur 2 of 3 grade warmer is as di van die water in die geiser, skakel die pompie aan en pomp die warm water vanaf die tenk van die absorbeerder na die geyser totdat beide se temperature dieselfde is alvorens dit afskakel. Uit wat hierbo ges is kan afgelei word dat die geiser ook oor n termostaat beskik.

Skets #1 wys hoe die indirekte vakuumbuis die water in n klein tenk of in die geiser verhit. Waar die indirekte vakuukbuis in n geslote entiteit met n nie-giftige vloeistof wat vinnig verdamp funksioneer, werk die direkte stelsel met water (koue) wat in die buis afvloei, verhit word en opstyg en weer deur koue water vervang word.

Die absorbeerder wat saamgestel is uit vakuumbuise word gewoonlik op n huis se dak wat noordwaarts front aangebring. Dit kan natuurlik op die grond aangebring word maar die risiko is hoog dat die buise beskadig kan word. Daar moet geen obstruksie in die pad van die sonstrale na die absorbeerder wees nie (soos ho bome). Indien die dak se helling voldoende is word die absorbeerder met dieselfde hoek gemonteer. Esteties die mees aanvarbare. Indien die huis se dak plat is of nie die regte hoek het nie, moet die absorbeerder so gelig word dat die son se strale min of meer reghoekig daarop inval.

Voordele van die direkte vakuumabsorbeerder.

* Goedkoper as die indirekte stelsel
* Heel effektief aangesien die buise rond is en die son se strale van soggens vroeg tot sonsondergang min of meer reghoekig daarop inval. Hier word nie verwys na migrasiehoek van die son nie maar die bewegingshoek van die son.
* Onderdele (soos buise) is relatief maklik verkrygbaar indien dit breek.
* Is redelik haelbestand. Maak net seker watter toetse op die buise uitgevoer is.
* Meer effektief as die indirekte stelsel

Nadele van die direkte vakuumabsorbeerder.

* Nie geskik vir omgewings met lae temperature nie. Die buise kan bars as die water daarin vries.
* Loop n risiko van breekskade as die gebied in n haelsone gele is.
* Indien n buis breek loop die water aanhoudend uit totdat die afsluitkraan toegedraai word.

Voordele van die indirekte vakuumabsorbeerder.

* Heel effektief aangesien die buise rond is en die son se strale van soggens vroeg tot sonsondergang min of meer reghoekig daarop inval. Hier word nie verwys na migrasiehoek van die son nie maar die bewegingshoek van die son.
* Onderdele (soos buise) relatief maklik verkrygbaar indien dit breek alhoewel duurder as die van die direkte stelsel.
Is redelik haelbestand. Maak net seker watter toetse op die buise uitgevoer is.
* Geskik vir omgewings met lae temperature. Die buise behoort nie te bars by lae temperature nie.
* Indien n buis breek loop die verhitte water nie noodwendig uit die geiser nie. Hang net af waar die breekskade voorgekom het.

Nadele van die indirekte vakuumabsorbeerder.

* Loop n risiko van breekskade as die gebied in n haelsone gele is.
* Duurder as die direkte stelsel
8 Nie so effektief soos die direkte stelsel nie.

Slaggat
22 Mar 2010, 16:46
Die Plat absorbeerder.

Na hierdie absorbeerder verwys ek as die plat absorbeerder vanwe die plat voorkoms daarvan. Hierdie tipe absorbeerder word ook in die handel aangetref as n direkte en indirekte absorbeerder. Indirekte tipes werk gewoonlik met water en n antivriesmiddel wat in n bepaalde verhouding met water vermeng is. Dit voorkom dat die vloeistof gedurende die winterkoue in die verhittingspype vries en gevolglik bars.

Die beginsel waarop hierdie absorbeerder werk is baie eenvoudig en sal volledig verduidelik word wanneer gekyk word om n eie absorbeerder te bou.

n Nadeel van hierdie tipe absorbeerder is dat, wanneer noord gemonteer, die sonligstrale eers om 12:00 loodreg op die paneel inval. Soggens en saans val die sonstrale teen n hoek in wat beteken dat dit minder doeltreffend is. Ten spyte van hierdie tekortkoming werk hierdie absorbeerder baie goed en is nie so blootgestel aan haelskade soos die vakuumbuise nie. My mening is dat die leeftyd van hierdie tipe absorbeerder langer is as di van die vakuumbuise. Om te kompenseer vir die feit dat die absorbeerder nie die sonstrale deurlopend met n hoek van 90 grade ontvang nie, kan die absorbeerder groter gemaak, of n alternatiewe absorbeerder gekoppel word. Hierdie beginsel geld ook in koue streke waar die winterson n groot hoeveelheid water moet verwarm.

Die aangehegde pdf-ler toon so n absorbeerder asook moontlike besparings wat in elektrisieteitsverbruik teweeg gebring kan word.

Slaggat
22 Mar 2010, 17:13
Met hierdie pos sluit ek voorlopig my skrywes oor sonwaterverwarmers af.

Seker die mees doeltreffende, asook die mees ekonomiese wyse om deurlopend warmwater in n dorpshuishouding te verseker is om n sonwaterverwarmer by die bestaande geiser in die huis aan te bring. Die geyser te isoleer om hitteverlies te voorkom en die warmwateruitlaatpyp deur n gaswaterverwarmer te stuur. Indien die sonlig voldoende is en die warmwater is voldoende, vloei die warm water deur die gasgeiser na die kraan sonder dat die gasgeiser die water verder verhit.

Indien daar kuiergaste is en meer warmwater word benodig, kan die gasgeiser aangeskakel word, dit met die druk van n skakelaar, om te voorsien na die groter vraag na warm water. Hierdie beginsel geld ook in die winter en bewolkte dae. Die water in die geiser word waarskynlik nie voldoende verhit nie, maar wanneer dit deur die gasgeiser beweeg word die effens verhitte water baie vinniger verhit wat op sy beurt weer n besparing van gas tot gevolg het.

Waar die huishouding heeltemal onafhanklik van Eskom funksioneer en daar is n windlaaier of meer, kan die krag wat beskikbaar raak vanaf die windlaaier/s en die sonpanele wanneer die batterye volgelaai is, gebruik word om die water in die geyser te verhit. Daar word gepraat van n dumpload. Hierdie beginsel sal ook later bespreek word.

Op plase waar daar hout beskikbaar is kan water deur middel van n donkie ook verwarm word en na die geiser herlei word. Met donkie vir die wat dit nie ken nie, word in sy eenvoudigste vorm bedoel n drom waarin water verwarm word deur middel van n vuur. Dit is veral baie ekonomies as groot volumes water s 5000 liter water verhit moet word vir byvoorbeeld ondervloerse verhitting.

Slaggat
23 May 2010, 14:45
Met die nuwe elektrisiteitsverbruikrekeninge op pad of alreeds ontvang sal dit interessant wees om te hoor wat die werklike verhoging per kW-eenheid beloop. Dit sal natuurlik van plek tot plek verskil.

Merk in die koerant (Rapport van 23 Deser) op dat bo-en-behalwe die 24.8% verhoging van Eskom, NERSA 'n verdere verhoging van 19% vir die "Twane metroraad" goedgekeur het, dus 'n stewige 43.8%! Wat meer is die verhoging vir genoemde raad sal volgende jaar na 25% vermeerder word. Op die verhoogde bedrag van 43.8% - slegs op elektrisiteit - sal die persentasie verhoging volgende jaar dus bykans 50% wees.

As die gemiddelde bedrag tans R500.00 per maand beloop, sal vir dieselfde Kw verbruik dan R750.00 betaal moet word. Die jaar daarna dan R1125.00.

Laat mens dink!!

Slaggat
5 Jun 2010, 16:34
BliXsem (Beheerpaneel (vir) Legitieme Intelligente Sekondre Energie Modules) in die werkswinkel. Die bedrading word tans gedoen. Die X dui die vier bene waarvandaan alternatiewe krag verkry en dan beheer word naamlik: Son, Wind, Hidro en Ander.

Hou die spasie dop!


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/Alternatiewe%20krag/DSC_0219.jpg

Slaggat
5 Jun 2010, 18:27
Foto van "elektroniese donkie" in aanbou. Vorm 'n integrale deel van alternatiewe krag se beplanning. Verhitte water word elektronies gesirkuleer waar dit benodig word op die plaas - huis ensomeer.

Hierdie konstruksie bevat drie afdelings: Donkie vir warmwater, braaivleisplek en aan die sykant 'n oond om brood, beskuit ensomeer te bak. Aldrie afdelings se hitte word gekanaliseer om die donkie te verhit.

http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/DSC_0224.jpg

Slaggat
15 Jul 2010, 09:22
Vir di lesers wat belangstel in die onafhanklik wording van Eskom - verdere inligting. Sedert ek die reeks begin skryf het besoeke aan die draad toegeneem van 12814 tot vandag na 15780. Ongeveer 2966 besoeke. Aangesien ek aangedui het dat ek verder sal skryf wil ek net my belofte gestand doen deur te s dat dit wel besig is om te gebeur. My verdere skrywes vir die wat belang sou stel sal u vind op die webwerf van swartbergiss.co.za onder die hofie Algemeen en dan die opskrif ESKOM: Besparing of Onafhanklikheid? Ek vra by voorbaat om verskoning as die reling u sou verontrief.

Belangrik egter is dat al die inligting daar gelees sal kan word totdat die hele reeks voltooi is waarna dit slegs aan betaalde lede van Swartberg toeganklik sal wees. Waarskynlik sal u huidig moet registreer alvorens u die webwerf sal kan gebruik – is egter nie seker nie.

Die foto’s huidig op die draad van Boerevryheid sal later verwyder word.

MaakNPlan
22 Oct 2010, 15:14
Dit was die beste ding wat ek gelees het in 'n lang tyd. Mooi so!

Slaggat
24 Jul 2011, 04:16
Vir di lesers wat belangstel in die onafhanklik wording van Eskom - verdere inligting. ..... My verdere skrywes vir die wat belang sou stel sal u vind op die webwerf van swartbergiss.co.za


Die reeks wat ek geskryf het oor energie-onafhanklikheid is nou in aflaaibare PDF formaat beskikbaar in drie dele. Deel 1 : 5.03 MB; Deel 2: 11.65 MB; Deel 3: 10.89 MB op Swartberg se webwerf.

Swartbergiss het nou 'n opgedateerde webwerf. U sal waarskynlik moet registreer om lers te kan aflaai. Nie seker nie. Probeer maar eers om af te laai sonder registrasie. Klik op Afllaaie en daarna op Volhoubare leefwyse.

Wil net noem dat BliXsem (sien hierbo) soos 'n "droom" werk. Tans besig om die windturbine te monteer asook die sonpanele. Sal later 'n foto's plaas. My totale onafhanklikheid van Eskom is nog net 'n paar tree weg.

Ben Kruger
24 Jul 2011, 09:33
Slaggat email my die lers asseblief.

jeug@boerevryheid.co.za

Ek dink ek mag by swartberg registreer wees. Kan jy die direkte skakel plaas na waar al die goed is dan kan ek dit vinniger opspoor.

Baie Dankie.

Slaggat
24 Jul 2011, 11:40
jeug@boerevryheid.co.za

Kan jy die direkte skakel plaas na waar al die goed is dan kan ek dit vinniger opspoor.

Baie Dankie.

BPK,

Die skakel is: www.swartbergiss.co.za

Onder die prente word twee inligtingsbalkies aangetref. Dit is in swart en die inskripsies is in blou. Die tweede balkie, heel regs kry jy n inskripsie wat die woorde Download Area bevat klik daarop.

Vier verdere keuses word nou vertoon naamlik:

Gemeenskapsbeveiliging,
Misdaadvoorkoming,
Volhoubare leefwyse en
Administrasie.

Klik vervolgens op Volhoubare leefwyse.

Die verskillende PDF lers wat afgelaai kan word, word aangetoon. Langs elke aflaaibare ler word die titel aangedui en daaronder waaroor die inhoud handel.
Behalwe die drie lers ( Eskom besparing of onafhanklikheid) van my is daar ook twee lers oor Renwater Opvang Sisteem hoe om waterbehoefte te bepaal asook n volledige plan vir die oes, berging en verspreiding van renwater vir n huishouding.
Julle kan gerus hierdie webwerf se skakel in julle webwerf aanbring aangesien daar baie insiggewende inligting weergegee word wat vir baie lesers van belang kan wees.

Groete.

Ben Kruger
24 Jul 2011, 23:45
Dankie.

Ek het dit gekry en begin aflaai. My data is omtrent klaar so ek sal weer aan gaan met deel 2 en drie en sommer enige ander inligting wat ek dalk kan gebruik.

Ek stem saam dat ons julle hier op ons forum moet adverteer. Ek hou baie van die blad en hoe hy lyk.

BG.

Deborah de Richter
25 Jul 2011, 19:52
SLAGGAT dit is netjies. So mooi. Die pdf files waarvan jy praat sal dit vit my kan verduidelik hoe ons dit moet bou met prente. ek is 'n vrou ek moet dinge eers kan sien.

groete

Slaggat
25 Jul 2011, 20:35
Deborah,

Eers net oor die pdf formaat lers. Die aflaaie op Swartbergiss het n php ler ekstensie. Sagteware wat pdf lers open sal ook hierdie php lers open.

Laat ek vervolgens verduidelik waaroor die inligting handel soos vervat in die lers. Dit bestaan uit hoofsaaklik twee gedeeltes. Eerstens hoe om elektriese krag te bespaar. Dit word toegelig met tabelle asook met fotos waar dit nodig is. Tweedens handel dit oor toerusting soos omsetters ensomeer. Die spesifiksies van n omsetter word verduidelik en wat dit vir die oningeligte persoon beteken.

Aangesien hierdie inligting op n forum geplaas is, is daar die onvermydelike besprekings wat gevolg het. Baie nogal heel insiggewend. Daar word ook kortliks met fotos verduidelik hoe om n sonwaterverwarmer te bou. As ek reg onthou word dit vooraf gegaan oor die verskillende soorte waterverwarmers en watter tipe word waar gebruik.

Die gedeeltes wat tans nog ontbreek is besprekings oor sonpanele, sonvolg-elektronika vir die sonpanele, batterye, die beste koppelmetodes vir batterye, kontrolers om die krag te beheer asook wat n mens met oortollige krag opgewek, kan of behoort te doen.

Ten slotte, hoe alles bymekaar gebring word deur n beheerpaneel. Daar is baie maklike en eenvoudige werkwyses en dan die wat meer gekompliseerd is soos myne. Omdat ek op n plaas woon en ek n groot kragverbruiker is, moes ek uit die aard van die saak slimmer te werk gaan om eventueel van Eskom weg te breek.

Baie maande en selfs jare se navorsing het gevolg om te bepaal wat die BESTE en GOEDKOOPSTE toerusting is alvorens my skrywes die lig gesien het. Dit is n proses wat nog voorgaan as gevolg van nuwe inligting en toerusting wat deurlopend op die mark beskikbaar raak. Dit in kort.

Lees maar en voel gemaklik om te vra waar dit nie duidelik is nie.

benblixem
26 Jul 2011, 09:25
Hier is nog inligting vir die wat belang stel.....http://www.mrpower.co.za/index.html

Slaggat
6 Aug 2011, 08:07
Hoe meer dae hoe meer dinge. Eskom is tans hier by ons besig om die plase se meters na te gaan. Dit is nou di wat die lesings deur middel van n draaiende skyf (elektromagneties) aandui. By my is toe bevind dat twee van die meters onderpresteer. Dit beteken kortliks dat ek meer krag kry as waarvoor ek betaal. Die een meter dui die lesing met 58% minder aan as wat verbruik word. Die ander meter is reg en die derde meter lees weer 65% minder.

Die uitkoms van die bevinding is dat al die meters vervang moet word met digitale meters. Die kinkel in die kabel is toe dat ek n vorm ontvang wat my in kennis stel van die wysigings. Op die vorm word die laaste lesings van die ou meters aangedui. Normaalweg neem n mens die vorm en liaseer dit. Pasop! Omdat ek elke oggend om 07:00 elke meter se lesing neem en op n gepaste vorm neerskryf, was ek nuuskierig om te sien hoeveel Kwh ek sedert 07:00 die oggend tot die middag, toe die meters verwyder is, gebruik het. Groot was my verassing toe ek op een meter 4 Kwh meer, maar op die ander twee meters ongeveer R14 000.00 en R16 000.00 rand se Kwh meer verbruik het.

Met die dat ek bykans van die netwerk af is het ek in die laaste maande baie minder krag verbruik. Die koue het veroorsaak dat ek noodgedwonge die hoenderhokke meer en langer moes verhit. Ten spyte daarvan was die kragverbruik relatief laag. Om nou n eksta R30 000.00 op jou rekening te verwag het my mo#rmeter hoog in die rooi laat toer!!

Onnodig om te s dat ek dadelik n dispuut met Eskom verklaar het. Met die nodige verwysingsnommer het ek later weer die vorm opgeneem en probeer bepaal hoe die onderlees van 58% en 65% aangewend en bereken is om die genoemde bedrae te bewerkstellig. Geen berekening kon daardie bedrae laat realiseer nie. Ten einde laaste het ek die meters se nommers weer met die lesings wat ek geneem het vergelyk, en walla, daar kry ek die antwoord. Die man het die meternommers in die lesingkolom geskryf en die lesings in die meternommer se kolom.

Die saak is nou reggestel en my gemoed toer weer rustig in die groen.

In n neutedop. Moenie goedsmoeds glo wat Eskom (waarskynlik ook die munisipaliteit) aanvang nie. Gaan dit na en hou verslag van di mense wat by jou skep!!

Deborah de Richter
9 Aug 2011, 17:12
Dit is sulke tye wat 'n mens maar bid dat die ligte finaal uitgaan in SA. Dat dinge nou maar kan begin en klaar kry. My bybel s na die tyd gaan ons min mense
wees so daar gaan hout wees vir die donkies. lol. gaan vir 'n ruk weer wees soos in die ou dae. Mens moet maar met ouma gaan praat en hoor hoe het hulle die dinge gedoen gekry.

F a n i e
10 Aug 2011, 03:02
Jammer ek het die' draad nie van die begin af gesien nie... julle pos mos vir my weg !

Ek weet so bietjie van alternatiewe energie, vra wat julle wil weet. 'n Gewone huis kan maklik van 12V af werk, die enigste ding is die mikrogolf oond moet van 'n inverter af loop, kan nie van 12V af werk nie. O ja en daai 3kW haardroeer van die vrou.

Alle ander huishoudelike groceries is in 12V beskikbaar, yskaste, jou PC, TV ens ens ens of alternatiewe maniere.

Pre-paid krag spaar so R200 tot R300 per maand en mens is ook meer bewus van die krag wat jy wel gebruik.

Ek het 'n solar geyser ingesit so paar maande gelede - ons spaar ongeveer R800 per maand ! Die geyser kos R7000 (200L)om te koop en dis 'n winskoop ! Jy kan nie glo die son maak die water so warm nie - en dis in die winter. Ons moes wel die elektriese element (ingesluit) so 5 keer vir 'n uur tot 2 ure aanskakel wanneer dit bewolk was. Die een wat ek het is gravitasie druk en het sy eie drom ingebou. Installasie is maklik en kan self gedoen word. DIe elektriese geyser was 3kW 150L.

Ek het verlede week die elektriese hob uitgehaal en vir die ou heks 'n gas hob ingesit. Ons kan nou bad en kos maak as die krag af is. Ons kook ook nou die water op die stoof in stede van die elektriese ketel. Jy kan jou strykyster ook op die gasstoof warm maak, mens kry sulke giet yster strykysters.

Die volgende stap is om elektriese solar panele op te sit wat batterye laai om die ligte en alarm stelsels vanaf te voer asook 12V yskaste. Mens kry 12V yskaste en daar is 'n plek in SA wat jou 230V yskas 12V/230V maak deur die kompressor te vervang met 'n 12V/230V eenheid.

Bly weg van inverters af ! Hulle is krag vreters !
Petrol en diesel generators werk, maar is duur om te loop en verg deurentheid instandhouding.

Ons het bietjie gerieflik geraak met 230V krag, om om te skakel na die alternatiewe kos ongelukkig geld.

Ek wil ook se dat verskeie mense al gratis energie bronne gebou het, almal word stilgemaak en die goed verdwyn omdat regerings nie kan bekostig dat ek en jy onafhanklik en gratis kan lewe nie ! As jy wel heeltemal gratis wegkom gaan hulle jou van belasting ontduiking aankla ok, so hou een klein lampie aan die gang en betaal die R50pm.

Slaggat
1 Nov 2011, 05:11
BliXsem in Beheerkamer


(Beheerpaneel (vir) Legitieme Intelligente Sekondre Energie Modules) aan die werk.

Die X dui die vier bene waarvandaan alternatiewe krag verkry en dan beheer word naamlik: Son, Wind, Hidro en Ander.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/001-1.jpg

Vanaf die beheerkamer word al die plaas se kragverbuik gemonitor en beheer. Op die foto die volgende:

Linkerkant bo: Omsetter 4000 Watt 'n Verdere 2400 Watt omsetter word tans aangebring.

Na regs in die middel: Die sekeringskas (DB) wat deur BliXsem werk. Alle pompe, ligte ensomeer. Deurtjie afgehaal vir foto.

Regs van die sekeringskas: Twee alternatiewekrag kontroleerders (wind-, son- en waterkrag). Kan 440 Ampere hanteer. Sonpanele lewer 30 Ampere en Windturbine gemiddeld ongeveer 45 Ampere. Dit is in enige taal baie krag. 24 Volt stelsel.

Heel regs: Nood UPS. Indien daar ‘n kragonderbreking op enige stelsel is skop die alarm in en noodligte gaan aan.

BliXsem self (oranje kas met meters): Hanteer 3 Fase krag van Eskom of kragopwekker – 380Volt en/of 240Volt. Kan drie kragopwekkers hanteer – 3 fase of enkelfase. Dui kragverbruik aan, lading in ampere per fase, Hertz per fase asook elke fase se voltlewering, toestand van batterye, windturbine rem, Aantal Ampere in en uit. Trek boorgat pomp, haardror, mikrogolf, wasmasjen, kleredror, elektriese ketel en vele meer. Laas genoemdes natuurlik binne sekere parameters en voorwaardes.

Batterye: 24 Volt, 612 Amp/uur.

Wanneer battery vol gelaai is word oortollige krag wat opgewek word (sonpanele, windturbine ens.) na die geyser (elektries) gestuur om die water te verhit. Warmwaterstelsel is weer 'n verhaal op sy eie.

Egte Boere ontwerp en tuis gebou. Alle etikette en aanwysings slegs in Afrikaans.

Mens kan omdat ‘n mens wil!

My krag slaggate (Eskom) is opgevul!

etienne
1 Nov 2011, 22:45
Ek is onder korreksie, maar het Die soutie nie n rug terug gese hy werk aan iets wat dit sal moontlik maak om onafhanklik van eskom te wees nie?
D.S. ?

Slaggat
3 Nov 2011, 01:42
Ek is onder korreksie, maar het Die soutie nie n rug terug gese hy werk aan iets wat dit sal moontlik maak om onafhanklik van eskom te wees nie?
D.S. ?

Etienne, ek gaan vir jou probeer antwoord.

Ek is nie bewus van wat Die Soutie ges het nie. Wat ek egter wel weet is dat jy kan onafhanklik van Eskom wees in n baie kort tydjie of oor n langer tydperk. Daar is twee baie belangrike aspekte wat bepalend is van jou onafhanklikheid. Die eerste is jou kragverbruik in Kwu per maand en die tweede is uiteraard beskikbare kapitaal.

Indien jy slegs onafhanklikheid van Eskom vir slegs n woonhuis wil verkry is dit relatief maklik, veral as jy oor voldoende kapitaal beskik. Indien kapitaal oor n tydperk beskikbaar raak byvoorbeeld deur middel van n salaris, kan die proses van onafhanklikheid geskied in fases en oor n tydperk wat bepaal word deur die beskikbare maandelikse kapitaal.

Indien jy n groot kragverbruiker is raak die proses n bietjie meer gekompliseerd en begin jy, indien jy die proses geleidelik infaseer, deur eers krag te bespaar. Eers met alle toestelle wat ho kragverbruikers is, daarna deur krag gedurende die dag af te skakel en dan uiteindelike onafhanklikheid.

Die foto van BliXsem wat ek geplaas het, is die resultaat van so n proses. Die beheerpaneel word aangewend om krag te voorsien met n kragonderbreking en of beurtkrag. Dit skop outomaties in. Die alarm waarna ek verwys het is bloot om jou aandag op die onderbreking te vestig anders kom jy dit nie agter nie. Bedags wanneer die wind waai en/of as die son skyn, laai die sonpanele die batterye (wat dan in werking is) en indien die wind waai lewer dit n verdere hoeveelheid krag. Eskom krag word afgeskakel wat aansienlike besparings tot gevolg het.

Omdat ek baie verhitting nodig het, maak ek gebruik van water wat verhit word. Gelukkig is daar onbeperkte voorraad hout vir die doel.

Dit in kort. Lees van die vorige poste. Daar word n webwerf gegee vanwaar jy nuttige inligting kan aflaai. Dit wys jou hoe om jou kragverbruik te bereken wat baie belangrik is, en daarna hoe om hierdie berekenings te gebruik om die nodige toerusting aan te skaf. Indien jy ernstig is met so n projek, kan jy vrae aan my rig en ek sal help waar ek kan. Gelukkig het ek die proses klaar deurloop.

Sterkte!

Boere Pelgrim
3 Nov 2011, 08:24
EK het sopas vir my n sonkrag dompelpomp geinstalleer op een van my sterk boorgate.

Ek kan direk uit die gat uit besproei,het ongeveer 5 bar druk.Die pomp lewer 70 000 liter water per dag.In die winter gaan dit 60 000 l water per dag lewer.
16 son panele van 1500X560 word ingespan vir krag.

Die pomp en panele is vrek duur maar uitgewerk teen die lewering betaal die pomp homself binne ses maande teen eksdom tariewe.Daarna is die water gratis vir die leeftyd van die pomp.Dit kan 20 of 30 of selfs 40 jaar wees.

etienne
3 Nov 2011, 16:00
Dankie Slaggat..

mjb 1 fs
3 Nov 2011, 17:04
Tyd gelede het iemand op hierdie webwerf melding gemaak van n Skeeps Kragopwekker(Generator) vir kragopwekking vir kleiner dorpe.Wil die persoon nie asseblief weer daaroor gesels nie .Sal dit baie waardeer.!!!!!!

Spes 44
3 Nov 2011, 22:19
Tyd gelede het iemand op hierdie webwerf melding gemaak van n Skeeps Kragopwekker(Generator) vir kragopwekking vir kleiner dorpe.Wil die persoon nie asseblief weer daaroor gesels nie .Sal dit baie waardeer.!!!!!!

Ek hoop net nie die ding word aan gedryf met diesel nie... nie met die huidige diesel prys nie, ek kan nie sien hoe dit ekonomies kan wees nie,

Slaggat
4 Nov 2011, 06:27
Ek hoop net nie die ding word aan gedryf met diesel nie... nie met die huidige diesel prys nie, ek kan nie sien hoe dit ekonomies kan wees nie,

Brandstofkoste alleenlik vir n dieselaangedrewe kragopwekker van 15 000 Watt of 15 Kw beloop ongeveer R40.00+ per uur. Die hoeveelheid stroom wat getrek word het n belangrike invloed op dieselverbruik. Dit beteken om 12 ure krag op te wek gaan jou aan diesel R480.00+ kos.

Met Eskom wat somtyds tot 24 uur afwesig kan wees kan dit jou R960.00+ per dag kos. n Aardige bedrag.

In die nuwe Landbouweekblad van 4 November 2011 (no. 1728) op bladsy 40, 41 en 42 is daar n artikel oor n Karooboer wat onafhanklik van Eskom is. Lees dit gerus.

Slaggat
13 Nov 2011, 09:42
Dit gebeur (meestal onvoorsiens) dat die UPS (uninterrupted power supply) se battery die gees gee. Vooraf tekens om die gebruiker te waarsku is meestal daar, maar soos dit maar gaan steur n mens jou nie altyd daaraan nie.

Watter vooraf aanduidings word gegee?

1. Die UPS word baie (meer as gewoonlik) warm gewoonlik aan die bokant. Dit is egter misleidend aangesien die hitte na bo styg en die bokant van die UPS verhit. Die transformator is meestal daarvoor verantwoordelik. Voel waar die battery gele is. Die battery/batterye is gewoonlik aan die onderkant (of agterkant) van die UPS aangebring. Voel ook daar. As dit daar warm is, is n battery vervanging moontlik n mens se voorland.

2. n Ander aanduiding is dat die UPS n sein gee (n Piep geluid) met n sekere inval van 10 of wat sekondes. Slaan in die handboek na en stel vas wat die sein se interval beteken.

3. Gewoonlik gaan n liggie (LED) aan gewoonlik rooi wat ook nie gegnoreer moet word nie. Slaan weer eens na wat die liggie wat brand se betekenis is.

4. Skakel die UPS af, verwyder alle drade en maak die omhulsel oop. Meet die potensiaalverskil oor die pole, met ander woorde die aantal volts. Indien laer as 12 Volt is die kanse goed dat die battery kapoet is.

5. Laai die battery met n geskikte batterylaaier. Indien die battery nie laai nie, hoef n mens nie meer verder te twyfel nie. Nou, vervang n mens die battery met n soortgelyke een, of is daar ander moontlikhede?

n Ander opsie.

Aangesien die battery van n UPS meestal uit een 12V 9A/h battery bestaan, twee in die geval van n 24 volt stelsel, is dit miskien n gele tyd om n ander opsie te oorweeg. Vervang die bestaande battery van die UPS met n eksterne battery van 12 volt 102 A/h. Dit kos n bietjie meer maar gaan baie moeite en verdere kostes op die pad voorentoe bespaar. Nie net het di battery meer siklusse (laai/ontlaai) as n kleiner een nie, maar kan, wanneer aan n rekenaar gekoppel, die gewone 10 minute voor afskakeling verleng met tot soveel as drie ure, afhangende van die rekenaar se kragverbruik.

Al wat gedoen moet word is om twee 4mm2 meervoudige draad (stranded wire) te koppel aan di drade wat aan die battery so pole gekoppel sou word. Gebruik rooi draad vir die positief en swart draad vir die negatief. Draai dit mooi toe met isolasieband om n kortsluiting te voorkom. Boor twee gaatjies deur die UPS se omhulsel waardeur die swart en die rooi draad na die eksterne battery gaan en koppel die drade met die nodige koppelstukke op die korrekte pole van die groter battery.

Glo my vry dit werk!

Slaggat
27 Dec 2011, 09:58
Somtyds is n mens baie gelukkig en loop jy iets raak wat jy kan gebruik, maar nie altyd weet of die finansile uitleg dit regverdig nie. So het my pad iemand gekruis wat in besit was van hierdie Lister/Hoffberg kragopwekkerstel.

Hy het R6 000.00 vir die krag-kombinasie gevra. Volgens my berekenings R2 000.00 per silinder en R2 000.00 vir die alternator. Het dit betaal.

Die foto hieronder reflekteer egter nie hoe die Lister enjin en alternator gelyk het nie. Na n paar duisend rand is die alternator nagegaan en getoets, die enjin oopgemaak, alle afsaksels (sludge) verwyder, nuwe ringe aangebring, inspuiters se druk en volumes getoets, die nodige proppe en knaldemper aangebring en gespuitverf.

Hieronder is die enjin aan die draf (1500 o.p.m.) met die alternator wat naby maksimum krag lewer. Alternator lewer 220 volt 36 amper met n dieselverbruik van 1 liter per uur. n Uitstekende kombinasie wanneer n groot hoeveelheid krag in n noodstuasie benodig word, of wanneer hulpkrag benodig word wat meer is as wat alternatiewe energie kan lewer.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/016.jpg

Onderdele vir die Lister is nog beskikbaar, alhoewel n bietjie duur.

Slaggat
27 Dec 2011, 10:18
Al ooit gewonder wat doen n mens met die oortollige krag wat deur middel van alternatiewe energie opgewek word?

Die antwoord is eenvoudig. Gebruik dit elders. Die foto hieronder dui die uitgehaalde element en termostaat van n elektriese geyser aan. Die groot gerolde metaal is die 220V element van die elektriese geyser gekoppel aan die plaat wat die opening versel. Die reguit gebuigde staaf aan die bokant van die gerolde element is n 24V gelykstroom element.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/004.jpg

Die tweede foto toon die rugkant van die plaat van die geyser en toon hoe die 24V element aangebring is. Deur die plaat met die twee elemente terug te plaas en vas te draai kan die geyser se water nou verhit word met beide 220V en/of 24V. Indien die batterye dus volgelaai is, deflekteer die sonpanele en/of die windgenerator hulle oortollige krag (dump load) bloot na die 24V element om sodoende die water teverhit.



http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/006.jpg

Slaggat
1 Jan 2012, 11:10
ELEKTRIESE KRAGVERBRUIK VERMINDER DIE PYN

Moderne tegnologie maak dit deesdae maklik om sekere aspekte te monitor en dan om dit wat gemonitor is, visueel voor te stel. Di moontlikheid vereenvoudig die verstaan van gebeure en kan meehelp om sekere doelwitte of n beter beplanning van stapel te stuur.

Deur elektrisiteits verbruiksyfers op n daaglikse basis neer te skryf, kan byvoorbeeld bepaal word watter tendens hom wanneer voordoen. Die grafiek hieronder vertoon maar een van vele moontlikhede. Hier word die gemiddelde kilowatt verbruik per maand aangetoon asook hoe hierdie tendens homself manifesteer oor n tydperk van een jaar. Die lae somerverbruik en hor winterverbruik is verstaanbaar, maar toon egter aan hoe groot die verskille werklik is. Deur vas te stel wat bygedra het tot di hor verbruiksyfer in die winter kan gepoog word om die verbruik te verminder. So kan byvoorbeeld die verhitting van hoenderhokke in die winter die hoof oorsaak wees van verhoogde elektriese kragverbruik. Deur die hokke byvoorbeeld met warm water (verkrygbaar van waterverhitting deur middel van hout) kan heelwat elektriese krag bespaar word.

Wanneer koste per kilowatt bereken word, kan n koste effektiewe plan bereken word om na waterverhitting oor te skakel. In n gewone huishouding kan byvoorbeeld bereken word of dit lonend gaan wees om die plafonne te isoleer, n geiserkombers aan te bring, n son waterverwarmingseenheid in die bestaande warmwaterstelsel in te voeg ensomeer.

Verder kan daaglikse doelwitte gestel word om op sekere wyses krag te bespaar. n Gewone huishouding se verbruik is ongeveer 30 Kilowatt/dag.

Met die naderende verhogingsdatum van elektrisiteitstariewe is dit miskien die aangewese tyd om weer die sakrekenaar nader te trek.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/image002-1.png

Slaggat
8 Jan 2012, 11:25
Die ho elektrisiteitstariewe het tot gevolg dat maatskappye appara'tjies ontwerp en ontwikkel wat die gewone verbruiker help om elektriese krag te bespaar. Sommiges is goed, ander minder goed betreffende die werkverrigting daarvan.

Ek plaas inligting hieronder van die e2 energiemonitor. Ek adverteer nie, maar ek het hierdie toestelletjie in werking gesien en dit het my bendruk. Dit is draadloos. Het ‘n sender (of drie), hang af van die fases van die huishouding se stelsel, en kan tussen 40 tot 70 meter ver die sein stuur. Laasgenoemde hang natuurlik af van die dikte- en hoeveelheid van die mure of obstruksies. Dit toon die verbruik feitlik onmiddelik aan. Sou ‘n warmwaterkraan oopgedraai word en die geyser se element skakel aan, word die verhoogde verbruik aangedui.

Die pamflet hieronder dui waarskynlik nie alle moontlike gebruike aan nie. Sou ‘n mens byvoorbeeld ‘n sendertjie slegs by die geyser aanbring, kan die geyser as ‘n afsonderlike entiteit gemonitor word. So byvoorbeeld is aan my uitgewys dat die huisbediende (nog nie wit nie) verantwoordelik was vir ‘n verhoogde kragverbruik van – in geldwaarde uitgedruk – R1 000.00 per maand. Dit slegs as gevolg van die onverantwoordelike oop- en toemaak van die warmwaterkraan op ‘n deurlopende basis deur die dag.

‘n Verdere voordeel is dat sagteware afgelaai kan word, met di voordeel dat ‘n mens die kragverbruik op die rekenaar grafies kan aantoon, vergelykings kan tref en met beter beplanning die kragverbruik kan verminder.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/e2Energymonitor.jpg

Vir meer inligting gee ek die webwerf van di mense.

www.efergy.co.za

Slaggat
13 Jan 2012, 15:21
Die hart en siel van alternatiewe energie

Om n gesprek te voer (somtyds te stry) oor alternatiewe energie is in. Wanneer n mens sommige artikels lees en luister na dit wat ges word, dan besef n mens dat aan die een kant die mens se kennis oor hierdie onderwerp grootliks toegeneem het, maar aan die ander kant, daar groot onkunde heers oor die konsep van alternatiewe energie. Die batterystelsel is seker di komponent van alternatiewe energie waaroor die meeste onkunde bestaan.

Indien daar oor elektriese voertuie nagelees word, dan val een belangrike tekortkoming gereeld op die tydsduur wat die batterye krag kan lewer. Gewoonlik uitgedruk in kilometers wat afgel kan word voordat hulle weer herlaai moet word.

In wese is die batterye die hart en siel van alternatiewe krag, hetsy vir die huis/plaas of voertuigaandrywing. Sonder n battery is n alternetiewe stelsel n siellose (nuttelose) stelsel. Dit sal slegs n samestelling van komponente wees.

Batterye is duur. Hoe batterye versorg word bepaal hulle lewensduur. Die regte battery vir die regte taak is n keuse wat reg uitgeoefen moet word.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/Loodsuurbattery.jpg

Die deursnee skets van n loodsuurbattery hierbo kom uit n boek wat gepubliseeer is in 1957. Dit wil s ongeveer 55 jaar gelede! Wanneer na n hedendaagse battery gekyk en met bostaande vergelyk word, is die onskynlike verskille relatief min. Tog het ontwikkeling plaasgevind wat dit noodsaaklik maak om die hedendaagse tegnologie van nader te beskou.

Sal met verloop van tyd hier artikels plaas wat enkele tipe batterye aanspreek, wat van die spesifikasies beteken, hoe om n keuse uit te oefen om die regte battery te kies vir jou stelsel. Hoe om hulle te monitor en hoe om die mees effektiewe batteryverbindings te bewerkstellig en waarom. Dit is baie inligting, ietwat tegnies maar verstaanbaar vir enigiemand wat bietjie moeite wil doen om dit te lees.

Blackie
13 Jan 2012, 15:54
baie interresant Slaggat, wat bepaal die regte battery, die grootte van die battery? Wat is beste- instandhoudingsvrye battery of gewone een wat jy batterywater of suur moet bygooi?

Slaggat
13 Jan 2012, 16:09
Blackie, om uit die vuis te antwoord gaan die inligting afwater. Ek gaan dit sistematies aanbied sodat aan die einde van die reeks artikels 'n mens sal weet presies wat jy verlang. Dit handel oor die verskillende tipes soos suur, instandhoudingsvry, gasse, laaityd, geltipe, dikte van kabels ens. ens. Hierdie inligting is gefundeer op die nuutste tegnologie, is BAIE feite en - vir my altans - hoogs interessant. Wat jy wil weet oor batterye (binne perke) sal jy hier kan lees. Wees dus maar net geduldig met my asseblief. Moet ook die brood 'n bietjie by die huis botter.

Ek sien egter baie daarna uit om met julle, na die artikels, hieroor te gesls.

Slaggat.

Slaggat
14 Jan 2012, 17:39
Kom ons kyk na die skets van die battery soos hierbo aangetoon. Verwysing 5 loodioksied [PbO2 (bruin)] en verwysing 6 naamlik lood(sulfaat) [PbSO4 (grys)] wys na dieselfde plaat. Dit is foutief. Na regte moes die plate ‘n oopgesnyde aansig getoon het. Dan sou verwysing 6 die tweede plaat aangetoon het. Dit kom dus daarop neer dat die plate mekaar afwissel. Een looddioksied plaat en dan ‘n lood(sulfaat) plaat ensomeer.

Wat gebeur binne ‘n loodplaat akkumulator? Nou moet u nie ophou lees nie. Ek sal die reaksies wat binne ‘n battery plaasvind stadig verduidelik. Indien u die werkverrigting hiervan verstaan gaan u baie maklik snap waarom batterye van mekaar verskil maar tog eintlik dieselfde is, asook hoe om ‘n uiteindelike keuse te maak. U sal uit die chemiese verbindings sien hoe ‘n belangrike rol lood speel. Dit is nou nie die lood in mans se voete waarna die vrouens geneig is om na te verwys nie, maar die chemiese element lood of dan volgens die tabel van elemente [periodieke tabel] as Pb aangetoon word.

‘n Battery het twee pole (gewoonlik bo-op die battery aangebring) waarvan die een ‘n bietjie kleiner in omtrek is as die ander een. Dit voorkom natuurlik dat die verkeerde draad by die verkeerde pool aangebring word. Die hoofrolspelers in ‘n battery is lood (Pb) en looddioksied (PbO2) wat in swaelsuur (H2SO4) bedek word. En dit is so eenvoudig soos dit. Die lood- en looddioksied plate word langs mekaar geplaas met ‘n skeiding soos rubber, hout of ander nie-geleiers om as isolators te dien – plate mag nie aanmekaar raak nie. Aan die bokant word plate van dieselfde soort aanmekaar geheg om ‘n negatiewe- of positiewe pool te vorm. Hierdie groepering van plate word dan in ‘n ruimte verpak binne swaelsuur wat dan ‘n sel genoem word. ‘n Sel verteenwoordig ongeveer 2 Volt. Indien 6 selle in serie aanmekaar gekoppel word dan word ‘n 12 volt battery verkry. (2+2+2+2+2+2 = 12).

‘n Sel is onderhewig aan heelwat moontlikhede of beter gestel – veranderlikes. Kom ek noem ‘n paar. Die oppervlakte van die plate, die dikte van die plate, die hoeveelheid van die plate en dan ook die tipe isolators en ontwerp van die battery.

Slaggat
13 May 2012, 13:11
Watter chemiese reaksies vind plaas by die onderskeie pole van die battery tydens die laai- en ontlaaiproses van n battery?

Di lesers met kennis van chemie sal die reaksies soos hieronder aangetoon verstaan. Ek gaan probeer om aan di wie se kennis n bietjie verroes geraak-, of di wie nie oor kennis van chemie beskik nie, dit so eenvoudig moontlik te verduidelik. Dit dan wat binne n battery plaasvind. Ek vermy dus terminologie soos halfreaksies, anione, katione, elektrone ensomeer.

Waaruit bestaan n nuwe volgelaaide battery? Die negatiewe plate bestaan uit lood (Pb) meer n tipe sponslood en word op onderstaande reaksies as swart aangedui. Daarteenoor bestaan die positiewe plate uit loodoksied (PbO2) wat n rooi kleur het maar in die reaksies hieronder in wit aangetoon is. Hierdie sponslood en loodoksied word in n raamwerk (grid) aangebring wat individueel n plaat vorm.

Wanneer die twee pole verbind word vind n chemiese reaksie plaas. By die negatiewe plaat verander die sponslood in loodsulfaat (PbSO4) aangedui in rooi/bruin. By die positiewe plaat verander die loodoksies (PbO2) ook na na loodsulfaat (PbSO4) in rooi/bruin aangetoon, verder word water (H2O) gevorm. Die gesamentlike reaksie dui hierdie proses mooi aan. Die water wat gevorm word verdun die swaelsuur (H2SO4) vanwe die feit dat water gevorm word.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/Chemiesereaksies-battery.jpg

Tydens die laaiproses van die battery word die loodsulfaat (PbSO4) op die negatiewe plaat nou weer verander na sponslood (Pb) terwyl die loodsulfaat op die positiewe plaat weer verander word na loodoksied (PbO2). In die proses word die water nou weer gebruik wat die Swawelsuur (HsSO4) met die ontlaaiproses verdun het.

So herhaal die prosesse hulle self deurlopend tydens die ontlaai- of met die laai van n battery. Maar kan hierdie prosesse onbepaald aanhou? Mens kan n nuwe akkumulator (battery) met n pas voltrekte huwelik vergelyk. Alles gaan aan die begin ongelooflik goed totdat daar foute gemaak word. Dan begin dinge so n bietjie skeef loop. Die foute wat by n battery gemaak word sal later onder die loep geneem word.

NATagterDIEoor
13 May 2012, 17:03
Dankie Slaggat

Slaggat
14 May 2012, 07:46
Die aanbring van n battery in die motor, bakkie of vragmotor is vandag nie juis n probleem nie. Indien jy vermoed die battery lewer nie meer die gewensde krag nie word dit dood eenvoudig na n batteryhandelaar geneem, getoets en indien nodig met dieselfde kapasiteit battery vervang.

Wanneer battery in n batterybank vervang moet word waar dit diens doen vir alternatiewe krag, ook in n woonwa of elders waar bystand- of noodkrag benodig word, moet n ander benadering gevolg word. Daar is sekere rels wat geld. Voor di aspek aangespreek kan word is dit noodsaaklik om vas te stel hoe die battery in n batterybank gekoppel kan word. Die onderstaande sketse dui drie eenvoudige moontlikhede aan.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/Koppelingvanbatterye_0002.jpg

Figuur A dui n seriekoppeling van twee 6 volt batterye aan om n gesamentlike lewering van 12 volt te bewerkstellig. Let op dat die positiewe pool van die een battery met die negatiewe pool van die ander battery gekoppel word. Die koppeling (kabel) moet so kort as moontlik gehou word om kragverliese te voorkom. Die ander twee pole (+ en -) sal dan 12 volt beskikbaar stel. n BAIE BELANGRIKE beginsel geld hier. Die twee 6 volt batterye MOET van dieselfde amper uur (A/h) wees en verkieslik van dieselfde fabrikaat. Indien dit nie gebeur nie gaan daar n wanbalans ontstaan in die laaiproses en kan die een battery oorlaai word terwyl die ander een onderlaai gaan bly.

Deur nou nog n 6 volt battery in serie by te voeg word 18 volt uitset verkry en met nog n 6 volt battery n 24 volt uitset. Met die seriekoppeling van batterye verhoog die volts elke keer met die aantal volts van die battery. Die amper uur van die batterye bly egter dieselfde. Dit is verkieslik dat seriekoppeling uit dieselfde hoeveelheid volts- asook dieselfde hoeveelheid amper/uur batterye VAN DIESELFDE FABRIKAAT sal bestaan.

Voorbeeld: 4 x 6volt batterye van 100 A/h word in serie gekoppel. Die volts wat die koppeling gaan lewer is 24 volt terwyl die stelsel nog steeds 100 A/h beskikbaar sal stel.

Figuur B dui n paralelle koppeling aan van 2 x 6 volt batterye. Die twee positiewe pole en 2 negatiewe pole word met mekaar verbind (weer so n kort kabel as moontlik). Di batterystelsel gaan 6 volt lewer terwyl die A/h sal verdubbel.

Voorbeeld: 2 x 6 volt paralelle battery van 100 A/h lewer 6 volt maar daar is 200 A/h beskikbaar.

Figuur C dui n kombinasie van bogenoemde twee koppelstelsels A en B by batterye aan.

Voorbeeld: Die kraglewering van die stelsel gaan 12 volt wees met n maksimum van 200 A/h. Die volts en die A/h het verdubbel.

LET WEL: Bogenoemde figure is slegs om die konsep tussen serie- en paralelle stelsels asook n kombinasie daarvan aan te toon. Die koppeling van die kabels soos in figuur C aangetoon kan veroorsaak dat daardie battery huwelik vroegtydig op die rotse mag loop. Die koppeling van kabels of drade word later breedvoerig bespreek om die optimale leeftyd van batterye te verseker.

Slaggat
17 May 2012, 07:41
Nou eers n bietjie oor die terminologie van elektriese krag en n paar begrippe om sekere beginsels later maklik verstaanbaar te maak. Ek probeer om op my manier dit so eenvoedig as moontlik te verduidelik. In die vorige poste is onder andere melding van volts, ampre ensomeer. Kom ons kyk na enkele begrippe wat gebruik word in n batterstelsel of met n battery. Gelykstroom, volts, ampre en krag (Watt). Wat beteken dit en hoe moet kan dit verstaan word?

GELYKSTROOM

Wanneer daar met n sel of batterye gewerk word dan word implisiet aanvaar n gelykstroom is ter sprake. Huishoudelike krag en omsetters lewer n wisselstroom. Wat beteken die woord gelykstroom wanneer van n battery gepraat word? In kort kom dit daarop neer dat n stroom elektriesiteit deur middel van n chemiese reaksie verkry word en dat die elektriese krag wat so verkry word begin by 0 en vermeerder na n sekere maksimum syfer van s byvoorbeeld 12. Hierdie maksimale syfer sal dan gelykmatig aanhou vloei solank as wat die chemiese reaksie voortduur. Indien die chemikalie gedaan raak sal die syfer afneem totdat dit weer n nulpunt bereik. Simplisties gestel, die krag (elektrone) vloei gelykmatig (sonder polariteit skommeling) in n bepaalde rigting vir n bepaalde tyd. n Gelykstroom word simbolies aangetoon as n reguit lyn met n gebroke lyn parallel daaronder.

STROOM

Stroom is die hoeveelheid elektriese krag (elektrone) wat vloei. Dit is elektrone wat chemies genereer word en deur n geleier (byvoorbeeld koperdraad) vloei. Die hoeveelheid elektrone wat vloei word uitgedruk in ampre. Hoe groter die ampre hoe meer elektrone vloei deur die geleier. Ampre word aangedui as n A vir die berekening van sekere gegewens. n Motor se battery kan met die aanskakelslag tot soveel as 300 ampre lewer om die enjin te draai. Wanneer n bepaalde tyd (byvoorbeeld n uur) gekoppel word aan die hoeveelheid ampre wat gelewer word dan word daar gepraat van ampre-uur wat by wyse van simbole as Ah (engels) of Au (my afrikaanse gebruik) aangetoon word.

VOLTS

Volts is n elektriese eenheid en word gebruik om die potensiaal om werk te verrig aan te dui. Nou wat word daarmee bedoel? Neem die voorbeeld van n waterturbine. Indien water vanaf n 5 meter ho dam deur n 500mm deursnee pyp nan turbine gestuur word, sal daar weinig krag opgewek word. Die druk van die water (Volts) is eenvoudig net te min. Met ander woorde die potensiaal om di werk te verrig is ontoereikend. Word soortgelyke pyp vanaf n 100 meter ho waterval deur die turbine herlei, sal daar baie krag opgewek kan word aangesien die druk (volts) van die water soveel meer is as die van die dam. Volts kan dus eenvoudig gestel gesien word as n drukkrag. n Ses volt battery gaan maar die helfte van die drukkrag kan lewer as di van n twaalf volt battery. Hoe hor die drukkrag of volts, hoe gevaarliker raak dit om daarmee te werk. Wanneer die twee pole van n 6 volt of n 12 volt battery onderskeidelik met die regterhand en lankerhand vasgehou word, sal geen stroom gevoel word nie. Doen dieselfde met n battery van 50 volt en hor en dit kan lewensgevaarlik word. Volts word gebruik (drukkrag) om die elektrone (ampre) deur n draad te laat vloei.

KRAG

Dit is so dat ampre en volts nie in isolasie beskou kan word nie. Die twee werk saam. n Flitsligsel lewer (deur chemiese werking) n stroom van ongeveer 1.5 volt en n minimale hoeveelheid ampre. n Motorbattery lewer teen 6- of 12 volt n minimale hoeveelheid stootkrag maar is in staat om baie ampre bekikbaar te stel. Wanneer die twee egter saamwerk kry n mens n krag wat werk verrig en wat meetbaar is. Die krag word aangedui as hoeveelheid Watts.

Die volgende eenvoudige vergelyking maak berekenings baie maklik. V (volts) X A (ampre) = Watt. Deur die aantal volts met die aantel ampre te vermenigvuldig word die werk wat verrig word verkry en di word uitgedruk as hoeveelheid Watt. Neem bogenoemde voorbeeld van die battery wat die motor se enjin moet draai.

12 (volt) X 300 (ampre) = 3600 Watt. Nou dit is baie krag. Die vraag is nou vir watter tydperk is of kan die hoeveelheid krag gelewer word? Die tydperk wat gebruik word, word weer in uur uitgedruk. Indien die battery die motor se enjin vir n uur lank sou kon draai sou die battery 3600 watt per uur lewer. Dit word dan geskryf as kWh (engels) of in afrikaans (my weergawe) as kWu.

Die meters wat die huishoudelike kragverbruik registreer dui die verbruik aan as kWh. Tarief vir kragverbruik word bereken teen kWh (kilowatt-uur). S byvoorbeeld 8.125c per 1000 Watt of 1 kilowatt.

Slaggat
24 May 2012, 09:00
LOOD-SUUR BATTERYE

n Groot verskydenheid lood-suur batterye (waarvan ek die chemiese werking hierbo aangetoon het) is in die handel verkrygbaar. Enkeles word hieronder aangedui:


Lood-antimoon en lood-kalsium;
Nat- of vloeistof teenoor gesmoorde (Gel of AGM) elektroliese;
Plat-plaat voertuig battery (nat);
Plat-plaat semi-traksie battery (nat);
Die traksie of diep-siklus battery (nat);
Die verseelde (VRLA) gel battery;
Die verseelde (VRLA) AGM battery;
Die verseelde (VRLA) spiraal sel battery;

Nou hoe onderskei Jan en Alleman die verskillende tipes van mekaar? Trouens, wat is die aangewese aanwending van elk van genoemde batterye? Kom ons kyk na enkele belangrike punte:

Lood-antimoon en lood-kalsium

Die lood in di batterye is n allooi (vermenging) met antimoon (saam met ander elemente soos selenium of tin in klein hoeveelhede) of met kalsium om die materiaal harder, meer duursaam en makliker te maak om te prosesseer. Vir die gebruiker is dit belangrik om te weet dat wanneer lood-kalsium batterye vergelyk word met lood-antimoon batterye, die lood-antimoon batterye n groter tempo van interne self-ontlading het en gevolglik n hor laaistroom (volts) benodig, maar sal egter n groter aantal laai-ontlaai siklusse kan hanteer.

Nat- of vloeistof teenoor gesmoorde (Gel of AGM) elektroliese

Die elektroliet in hierdie batterye is of n vloeistof (nat), of gesmoord (hervorm na n gel) of is geabsorbeer in n mikroporeuse materiaal (die AGM battery).

n Feitlik volledig gelaaide nat battery, sal begin vergas, wat beteken dat die elektroliet opgebreek word in suurstof- en waterstof gas.

In batterye wat oor n gesmoorde elektroliet (geltipe) beskik, migreer die suurstofgas wat by die positiewe plaat gevorm word na die negatiewe plaat waar n gekompliseerde chemiese reaksie plaasvind en die suurstofgas met die waterstof in die elektroliet verbind om water te vorm. Dit beteken dat geen gas uit die battery ontsnap nie. Waterstofgas word slegs gevorm indien die laaitempo (volts) te hoog is. Tydens n oormatige en ho laaiproses sal suurstof- en waterstofgas deur n veiligheidskleptsnap. Dit is waarom hierdie batterye bekend staan as VRLA (Valve Regulated Lead Acid) batterye.

Hierdie batterye is die bekende batterye wat aangetref word in rekenaar UPSe, kampeerlampe, kollampe ensomeer.

Slaggat
25 May 2012, 07:16
Plat-plaat voertuig battery (nat)

Hierdie is die welbekende battery wat in voertuie aangetref word. Hulle is NIE GESKIK vir deurlopende diep ontladings nie. Met diep ontlading bedoel ek om die battery te gebruik totdat hy pap is. Grafieke en verduidelikings sal later gegee word oor hierdie aspekte. Hierdie tipe battery het dun plate met n groot oppervlakte. Hulle is ontwerp vir n korttermyn ho kraglewering (enjin wat aan die gang gesit word). Grootte van batterye wissel na gelang die kraglewering wat vereis word. n Groot diesel vragmotor- of trekker enjin benodig heelwat meer krag op koue wintersdae om aan die gang gesit te word as byvoorbeeld n klein petrolaangedrewe voertuig met n enjinkapasiteit van 1400 cc.

Plat-plaat semi-traksie battery (nat)

Hierdie tipe wat bekend staan as die sogenaamde leisure battery se plate is dikker, daar is 'n beter kwaliteit skeidingsmateriaal tussen die plate om kromtrek te help verhoed en die afvalstowwe tydens sikliese gebruik, makliker na onder verby te laat beweeg. Dit word gebruik vir ligte ontladings (siklusse). Woonwaens, kampering en bote is n voorbeeld van waar die batterye aangewend word. Vandaar die term leisure.

Die traksie of diep-siklus battery (nat)

Hierdie tipe batterye is waaroor dit gaan wanneer daar swaardiens elektriese batterykrag ter sprake is. Dit is di battery wat aangewend sal word vir alternatiewe kragverbruik, vir oorlewing, vir sonpanele, windturbines, waterturbines, kragopwekkers ensomeer. Die berekenings en grafieke wat later geplaas sal word, sal geskoei wees op die werkverrigting van di tipe batterye.

Die plate van di diepsiklus batterye is of n dik reghoekige plaat samestelling of dit bestaan uit ronde plate. Hulle aanwending is o.a. in elektriese vurkhysers, noodbeligting asook natuurlik vir alternatiewe kragstelsels.

In vurkhysers word die batterye ontlaai tot tussen 60-80% van hul volle kapasiteit en word dan oornag weer ten volle herlaai. n Proses wat dag na dag plaasvind.

Hierdie tipe batterye word teen n relatiewe ho stroomsterkte (volts) herlaai. Bepalend is die grootte van die battery en die chemiese samesteling daarvan. Later meer daaroor.

n Buisvormige-plaat (ronde pyp) battery is baie robuust en kan gereeld diep ontlaai en herlaai word (siklusse). Dit is n uitstekende lae koste alternatief gemeet teenoor die koste van verselde gel- of AGM (Absorbed Glass Mats) batterye.

Slaggat
26 May 2012, 13:40
Die verseelde (VRLA - Valve Regulated Lead Acid) gel battery

Die hoof verskil teenoor n nat sel, is dat die elektroliet vasgevang word as n gel. Reeds genoem. Bo en behalwe die kleiner formaat battery is grootteres ook beskikbaar vir gebruik. Grotes word veral in bote gebruik vanwe die feit dat die elektroliet versel, en die elektroliet dus nie maklik kan spil tydens rofsee nie. Nadeel baie duur.

Die verseelde (VRLA - Valve Regulated Lead Acid) AGM (Absorbed Glass Mats) battery

In hierdie batterye word die elektroliet geabsorbeer (opgesuig) in n veselglasmat tussen die plate. In n AGM battery beweeg waterstof ione (H2) en sulfaat ione (SO4) (ione = ladingdraers), meer gemaklik tussen die plate as wat dit die geval is met gel batterye. n Bekende handelsnaam in batterye by ons wat as AGM battery bekend staan is die Northstar battery.

Die verseelde (VRLA- Valve Regulated Lead Acid ) spiraal sel battery

Staan ook bekend as die Optima battery. Exide het nou n soortgelyke produk. Hierdie is n variant van die VRLA AGM battery. Elke sel van die battery bestaan uit 1 negatiewe en 1 positiewe plaat wat buisvormig is en gevolglik oor n hor graad van meganiese rigiditeit beskik met baie lae interne weerstand. Die buisvormige sel battery kan n baie ho stroom lewer en kan ook herlaai word teen n ho stroom sonder oorverhitting en is ook, vir n VRLA (Valve Regulated Lead Acid) battery, baie tolerant rakende die grootte van die herlaai stroom (volts).

Hiermee in kort, enkele beskrywings van verskillende batterye.

Slaggat
28 May 2012, 09:40
VERSORGING VAN BATTERYE


Met die volgende paar poste gaan ek aandag gee aan die versorging van voertuie se batterye. Nuwe tegnologie maak van die dinge wat ek hier gaan s miskien n bietjie irrelevant. Daar is egter nog baie batterye waarop hierdie versorging beginsels van toepassing is.

Indien n battery gebruik word, of slegs in n voertuig vir n lang tydperk gelos word, verloor dit van die water in die elektroliet deur verdamping. Hoe warmer die elektroliet word, hoe meer water sal verdamp. Die water moet gereld aangevul word sodat die bokant van die selplate nie droog word nie. Indien die plate droog word, gaan hulle vinnig agteruit. Een keer per week, of die voertuig nou werk of nie, moet die battery nagegaan word en indien die waterstand laag is, moet die water aangevul word.

Gebruik slegs gedistilleerde water om die battery te vul. Renwater, opgevang in n skoon erde- of glasbak wat buite op die gras geplaas is, is ook geskik. Veral in noodgevalle! Renwater van n dak afkomstig, kraanwater of enige ander water mag nie gebruik word nie.

Moenie die battery te vol maak nie!! Die elektroliet moet nie dieper as 10mm bokant die plate l nie. Indien die battery te vol is, kook die oortollige suur en water uit en verswak die suursterkte van die battery, benewens die skade wat die suur wat uitkook aan alles in die nabyheid aanrig.

Indien die battery baie vinnig droog word, is dit miskien te wyte aan n lekkasie in die batterykas en so n battery moet vervang word. Indien daar gen lekkasie in die kas is nie is dit moontlik daaraan te wyte dat die battery te vinnig gelaai word en gevolglik word die elektroliet warm en verdamp. In laasgenoemde geval behoort die alternator getoets te word, en indien foutief, herstel of vervang te word.

arndtbester
28 May 2012, 13:37
Dit sal mos ook werk ! :rofl2:

http://i1236.photobucket.com/albums/ff447/dicythos/1-1.jpg

Slaggat
28 May 2012, 16:43
[QUOTE=arndtbester;417533]Dit sal mos ook werk ![ /QUOTE]

Moet s ek het die foto noukeurig bestudeer. Die hakke is goed geplaas met die voete wyd uit - baie goeie balans. Alle veiligheidsvoorskrifte blyk nagekom te wees soos veiligheidsklep om terugslag van die vlam te voorkom, die nodige geventileerde vertrek, in die geval buite ruimte. Ook veiligheidsklere ensomeer.

Ek wil nou nie koue water oor die unieke projek gooi nie, maar daar is enkele dinge wat pla: Die hoeveelheid plate wat die boontjie ione kan hanteer - is dit volhoubaar tydens die aanskakel periode. Dan is daar die draaivermo van die knormoer. Les bes - die projek gaan 'n verleentheid veroorsaak as 'n vroulike wese skielik van voor verskyn. Ek weet ek het iewers gelees van 'n Zuma wie se ......... wag laat ek 'n wag voor my mond plaas!

Slaggat
28 May 2012, 16:45
Dit sal mos ook werk !

Moet s ek het die foto noukeurig bestudeer. Die hakke is goed geplaas met die voete wyd uit - baie goeie balans. Alle veiligheidsvoorskrifte blyk nagekom te wees soos veiligheidsklep om terugslag van die vlam te voorkom, die nodige geventileerde vertrek, in die geval buite ruimte. Ook veiligheidsklere ensomeer.

Ek wil nou nie koue water oor die unieke projek gooi nie, maar daar is enkele dinge wat pla: Die hoeveelheid plate wat die boontjie ione kan hanteer - is dit volhoubaar tydens die aanskakel periode. Dan is daar die draaivermo van die knormoer. Les bes - die projek gaan 'n verleentheid veroorsaak as 'n vroulike wese skielik van voor verskyn. Ek weet ek het iewers gelees van 'n Zuma wie se ......... wag laat ek 'n wag voor my mond plaas!

benblixem
28 May 2012, 16:47
[QUOTE=arndtbester;417533]Dit sal mos ook werk ![ /QUOTE]

Moet s ek het die foto noukeurig bestudeer. Die hakke is goed geplaas met die voete wyd uit - baie goeie balans. Alle veiligheidsvoorskrifte blyk nagekom te wees soos veiligheidsklep om terugslag van die vlam te voorkom, die nodige geventileerde vertrek, in die geval buite ruimte. Ook veiligheidsklere ensomeer.

Ek wil nou nie koue water oor die unieke projek gooi nie, maar daar is enkele dinge wat pla: Die hoeveelheid plate wat die boontjie ione kan hanteer - is dit volhoubaar tydens die aanskakel periode. Dan is daar die draaivermo van die knormoer. Les bes - die projek gaan 'n verleentheid veroorsaak as 'n vroulike wese skielik van voor verskyn. Ek weet ek het iewers gelees van 'n Zuma wie se ......... wag laat ek 'n wag voor my mond plaas!

5522 Baie goeie opsomming van die situasie... 5522

JannieVanniePlaas
28 May 2012, 19:45
Ek weet net een ding, dis dat hy self eerste daai tjop gaan proe!

Soos biodiesel gemaak van kerriewinkel kookolie, die karre se uitlaat na kerrie laat ruik!

Slaggat
29 May 2012, 10:25
Die moontlikheid bestaan dat wanneer n battery aan n voertuig gekoppel word, die kabels verkeerd om gekoppel kan word. Meestal word die nagatiewe kabel aan die onderstel gekoppel en die positiewe aan die bedrading. Die pole is gewoonlik gemerk + of - . Indien dit nie gemerk is nie, onthou dat die positiewe pool altyd dikker is as die negatiewe pool, en die ooreenstemmende poolklampe sal maklik op die batterypole pas slegs as die battery in die korrekte posisie is.

Gee veral aandag aan die vulproppies van die selle. Die luggaatjies in die proppies moet altyd skoon en oop wees. Gas ontwikkel binne in n battery en indien die gas nie deur die luggaatjies kan ontsnap nie, sal druk binne in die selle opbou wat die selle sal beskadig. Sorg dat die rubberwassers (somtyds ook plastiekwassers) van die proppe in n goeie toestand is.

Die suur in die battery het n wegvretende uitwerking op die poolklampe en ander metale waarmee dit in aanraking kom. Een keer per maand behoort die bokant van die battery, die poolklampe en metaaldele in die onmiddellike omgewing met n oplossing van koeksodat en water afgewas te word. Die koeksoda neutraliseer die suur. Sorg net dat daar nie van die koeksoda-oplossing per ongeluk in die battery kom nie. Daar is in die handel n suurbestande verf verkrygbaar waarmee die batterykas en metaaldele in die omgewing geverf kan word om wegvreting te verhoed.

Die poolklampe moet skoon wees en styf vasgedraai word. Swak of vuil konneksies sal hier veroorsaak dat die selfaansitter (knormoer) nie werk nie en dat die ontstekingstelsel n swak vonk gee. Dit kan ook die rekenaarstelsels van voertuie n bietjie lekker deurmekaar krap. Die poolklampe moet ook skoon gemaak word, veral aan die binnekant van die klamp. Enige aanpaksels hier sal die stroomvloei van die battery benadeel. Heg die poolklampe styf aan die batterypole en smeer die poolklampe en pole met ligte ghries of vaseline.

Wanneer die poolklampe aangesit word, MOENIE die klampe met n HAMER SLAAN NIE!!! Maak die klampboutjies los sodat die klamp oor die pool gly en draai dan die boutjie styf vas. Indien dit VASGEHAMER word, sal die verbindings binne-in die battery beskadig word. Vervang die klampe en die boutjies as hulle miskien deur wegvreting beskadig is.

In die handel kan n battery skoon maak stelletjie gekoop word. Dit beskik onder andere oor n borsel wat die binnekant van die klampe mooi skoon kan borsel.

Slaggat
30 May 2012, 10:11
Dit is BAIE nadelig om n battery heeltemal te laat afloop voordat dit gelaai word. Batteryselle, veral as batterye staties is (lank staan sonder om gebruik te word). Batteryselle moet dus gereeld met n hidrometer getoets word, of met n goeie kwaliteit batterylaaier (wat ek later sal bespreek), gelaai word. In Suid-Afrika behoort die hidrometer lesings as volg te wees: Volgelaaide battery 1.250; half ontlaaide battery ongeveer 1.180, en n geheel ontlaaide battery ongeveer 1.120.

Sodra die hidrometer n lesing van 1.150 aantoon, moet die battery gelaai word. Party hidrometers dui net aan of die battery vol, half of leeg is. In di geval moet die battery gelaai word sodra die leegmerk bereik word.

Indien een sel van n battery deurgaans n lae hidrometerlesing gee terwyl die ander n ho lesing gee, is die sel heel moontlik defek en moet die battery getoets word. Indien dit blyk dat die sel werklik defek is, is die enigste oplossing om n nuwe battery aan te skaf.

Pacific Barbarian
31 May 2012, 00:53
Brasil is 100% energie onafhanklik.

Slaggat
31 May 2012, 16:54
Brasil is 100% energie onafhanklik.

Die volgende skakel bring jou by Google uit. Die 4de een van bo bevat 'n pdf ler. Interessant om te lees hoe hulle dit bereik het. Wie weet, eendag dalk hier by ons ook.

Slaggat
31 May 2012, 17:00
Het 'n kennisgewing saam met my maandrekening gekry:


Notice:

Eskom would like to remind its customers that it is no longer
politically correct to refer to power failures as "black outs".

Reference must now be made to "previously lit" areas.






Toemaar - net 'n grappie!:D

Slaggat
3 Jun 2012, 07:41
Die suurkonsentrasie van die elektroliet in die battery mag moontlik verswak weens die feit dat van die suur uitgestort het of uitgekook het. (Voertuig betrokke in n ongeluk, of n voertuig op sy sy omgerol soos -n 4X4 byvoorbeeld ) Baie mense voeg dan sommer suur na skatting by. Die regte prosedure in die geval is om die battery te laai tot die hidrometerlesing nie meer toeneem nie. Vandag egter is daar uitstekende battery laaiers wat oor n agtgang laaiproses beskik soos byvoorbeeld CTEK. Nie net word die battery teen die regte ampre gelaai nie, maar hou hulle ook die battery oor n lang tydperk volgelaai. Nietemin, wanneer daar nie so n laaier beskikbaar is nie, kan soos beskryf, van n hidrometer gebruik gemaak word. Keer die battery om en laat al die suur uitloop. Vul die battery met skoon gedistilleerde water. Laat dit n paar uur staan en keer dit dan om om die water te laat uitloop. Vul nou die battery met suur van die regte sterkte wat van n plek soos Battery Centre verkry kan word. Hierdie metode word partykeer ook met n mate van sukses toegepas om n ou battery, wat nie meer wil werk nie, weer diensbaar te maak.

Algemene wenke en versorging van batterye.

Wanneer n battery vir n tyd lank weggesit moet word, moet dit nie direk op n sementvloer staan nie. Dink in hierdie geval aan die battery/e van n boot, woonwa en so meer. Plaas dit op n plank of n soorgelyke isolasie materiaal.

Dit is nadelig om n battery ontlaai te laat staan. Laai dus eers die battery vol voordat dit gebre word. Gaan die battery elke veertien dae na om te sien of daar voldoende water in is. Aangesien n battery wat stilstaan vanself ontlaai behoort dit ten minste een maal n maand weer gelaai te word.

Enige vinnige ontlading of laai van n battery is nadelig. Dink byvoorbeeld nou waar die winter aanbreek en die battery vir n lank tydperk aangeskakel bly om die koue enjin aan die gang te kry. Doen dit liewers met kort intervalle en gee die battery n paar minute kans om te herstel voordat weer probeer word.

As u gekonsentreerde suur self wil verdun, onthou voeg altyd die suur stadig by die water - nooit die water by die suur nie. Laasgenoemde kan n ontploffing veroorsaak wat die suur oor u kan laat spat.

Waterstof, n baie ontvlambare gas, ontwikkel altyd in n battery. Moet dus nooit met n vuurhoutjie lig om te sien hoeveel water daar in die battery is nie. Laasgenoemde kan n ontploffing veroorsaak. Gebruik eerder n flits. Waar alternatiewe krag se batterye gekoppel is, maak seker dat die kas en/of vertrek goed geventileer is.

Die loodplate van batterye en die inhoud van die plate is baie giftig. Moet nie ou stukkende batterye op die werf laat rondl nie. As diere dit inkry, sal hulle vrek. Neem dit veel eerder na n metaal afvalwerf en omskep dit in kontant.

Hiermee dan voorlopig my laaste pos oor batterye. Sal by n latere geleentheid verder gaan.

Slaggat
4 Jun 2012, 04:23
Elektriese krag van water? Hier is 'n slag goeie nuus indien dit in die handel sou realiseer!


Electricity generated from water: BlackLight Power announces validation of its scientific breakthrough in energy production


CRANBURY, N.J., May 22, 2012 /PRNewswire via COMTEX/ -- Leading academic and industry experts have validated BlackLight's new process that directly produces electric energy from the conversion of water vapor to a new, more stable form of Hydrogen.

Experts agree that BlackLight's "Hydrino theory" represents a fundamental breakthrough in clean energy technology.

BlackLight Power, Inc. (BLP) today announced a major breakthrough in clean energy technology, which experts agree holds tremendous promise for a wide range of commercial applications. The announcement comes on the heels of BlackLight's recent completion of a $5 million round of financing to support commercial development of its new process for producing affordable, reliable energy from water vapor.

In six separate, independent studies, leading scientists from academia and industry with PhDs from prestigious universities including the Massachusetts Institute of Technology and the California Institute of Technology, confirm that BlackLight has achieved a technological breakthrough with its CIHT (Catalyst-Induced-Hydrino-Transition) clean energy generating process and cell. The Process is fueled by water vapor that is a gaseous component of air and present wherever there is any source of water. The CIHT cell harnesses this energy as electrical power output and is suitable for essentially all power applications including transportation applications and electrical power production completely autonomous of fuels and grid infrastructure at a small fraction of the current capital costs.

"BlackLight's continuously operating, power-producing system converts ubiquitous H2O (water) vapor directly into electricity, oxygen, and a new, more stable form of Hydrogen called Hydrino, which releases 200 times more energy than directly burning hydrogen," said Dr. Randell Mills, Chairman, CEO and President of BlackLight Power, Inc., and inventor of the process. Hydrogen is not naturally available and has to be produced using energy. But, H2O vapor is ubiquitous and free, obtainable even from ambient air. Dr. Mills says that BlackLight has achieved critical milestones in scaling its new technology with typical electrical gain of more than ten times that which initiates the process, operating over long duration at the 10 Watt (W) scale. A 100 W unit is planned for completion by the end of 2012, and a 1.5 kiloWatt (kW) pilot unit that can serve the residential power market, as an initial target commercial application, is expected to be operational by 2013. (One kW is equal to 1000 W, and 1.5 kW is the typical, average power consumption of a U.S. home.)

BlackLight has raised a total of $75 M for the development and commercialization of its breakthrough energy technology, and has license agreements with companies to use its patented commercial processes and systems in heating and electric power generation. The new BlackLight Process validation reports, including full documentation and results of theory evaluation, replication and testing of the CIHT systems, and Hydrino characterization, are publicly available at http://www.blacklightpower.com/ . The website also includes links to validator resumes and to technical and business support materials, including recent presentations that further explain the BlackLight Process and a technical paper providing the detailed chemistry and identification of Hydrinos by analytical methods, which laboratories can follow and replicate.

Quotes from Academic and Industry Experts

Dr. K.V. Ramanujachary, Rowan University Meritorious Professor of Chemistry and Biochemistry. "BlackLight's CIHT electrochemical cell harnesses this fundamentally new primary energy source as electrical output by using a catalyst to cause hydrogen atoms of water molecules to transition to a lower-energy, Hydrino state, resulting in a release of energy that is intermediate between chemical and nuclear energies, and a nonpolluting product," said Dr. Ramanujachary, who conducted one of the validation studies. "The CIHT cells constantly output stable, very high-gain electrical power for more than a month, with H2O as the only source of fuel for the process. The trace H2O vapor was supplied by a water source, or alternatively, it was extracted directly from the air, resulting in generation of electricity from water alone. This process and system that I have confirmed is truly exceptional."

W. Henry Weinberg, who was a professor of Chemical Engineering, Chemistry and Applied Physics at California Institute of Technology for eighteen years, a professor of Chemical Engineering, Chemistry and Materials Science at University of California, Santa Barbara for six years, and co-founder and CTO of Symyx Technologies for 13 years. "It would be irrational not to be very skeptical, and I was extremely skeptical. However, after having reviewed Dr. Mills classical theory, participated in experimental designs and execution, and having reviewed vast amounts of other data BLP produced, I have found nothing that warrants rejection of their extraordinary claims, and I encourage aggressive optimization and fast track development of a scaled up prototype," said Dr. Weinberg. "To be able to use hydrogen from water as a cheap and nonpolluting source of power would represent one of the most important technological breakthroughs in history."

Verolg..........

Slaggat
4 Jun 2012, 04:24
Dr. Terry Copeland, former manager of product development for several electrochemical and energy companies including DuPont Company and Duracell. "BLP has successfully fabricated and tested CIHT cells capable of producing net electrical output up to 50 times that input to maintain the process," said Dr. Copeland. "Some cells have produced steady power for over one month. The power generation is consistent with Dr. Mills' theory of energy release resulting from Hydrino formation. No other source of energy could be identified. The CIHT cell will use cheap, abundant, nontoxic, commodity chemicals, with no apparent long-term supply issues that might preclude commercial, high volume manufacturing. The capital cost of the CIHT cell based on optimization of the cell dimensions is estimated to be under $100/kW compared to at least ten times that for fuel cells that further require a source of hydrogen or hydrogen gas and a fuel infrastructure."

Dr. James Pugh, Director of Technology at The ENSER Corporation. "Representatives from the ENSER Corporation witnessed the assembly and operation of multiple CIHT cells, and the results showed excess electrical energy, up to 100 times that used to maintain the process in cells run as long as sixty days," said Dr. Pugh. "There is no apparent difficulty in assembling single cell and multi-cell units, in a production scale environment. By carefully designing and optimizing the CIHT cell, a one-liter volume could generate 3.3 kW. This is greater than that necessary for motive as well as stationary electrical power applications."

Recently, the prestigious European Physical Journal D selected as a highlighted article, the Company's results of the predicted characteristic high-energy light emission from hydrogen forming Hydrinos using a high-voltage pinched pulsed plasma source that further reported the replication of this signature by CfA spectroscopists at the Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics (CfA) under a study contracted by GEN3 Partners. The Physical Journal D article and other supporting articles also are available on BlackLight's website.

About BlackLight Power

BlackLight Power, Inc. was incorporated in 1991 and is based in the Princeton area of New Jersey. It has received 62 patents including four in the U.S., and has more than 100 pending patent applications for its innovative processes, process applications, and products. The BlackLight Process uses a novel catalytic process to generate energy from water vapor, releasing the latent energy of the hydrogen atom by forming a more stable form of hydrogen called Hydrinos. The Process is applicable to essentially all power applications, including thermal, electrical, automotive, trucking, marine, rail, aviation, and aerospace.

For more information about the Company, please visit http://www.blacklightpower.com/ .

Glossary:

BlackLight Process: A novel chemical process invented by Dr. Mills that causes the latent energy stored in the hydrogen atom to be released as a new primary energy source.

Hydrino: A new form of hydrogen, which was theoretically predicted by Dr. Mills and produced and characterized by BLP. Hydrinos are produced as energy is released from the hydrogen atom as the electron transitions to a lower-energy state, resulting in a smaller radius hydrogen atom. (note:The identity of the dark matter of the universe as Hydrinos is supported by BlackLight's spectroscopic and analytical results as well as astrophysical observations.)

CIHT Cell: Comprised of a positive electrode, the cathode, a negative electrode, the anode, and an ion-conducting electrolyte that also serves as a source of reactants to form Hydrinos. A Hydrino-producing reaction mixture creates electricity from H2O as the reactants are constituted with the migration of the electrons through an external circuit and ion mass transport, through a separate internal path through the electrolyte to complete an electrical circuit. The CIHT cell was invented by Dr. Mills to release energy from forming Hydrinos directly as electricity. It uses water vapor as its sole fuel source.

Spectral Emissions: Spectral emission of an atom such as hydrogen is its unique signature that serves as a fingerprint of its characteristics. Each line of the spectrum is characteristic of and identifies the energy levels of the atom. The Hydrino signature is unique in that it comprises a continuum of wavelengths, as opposed to discrete lines, and the energy is in the soft X-ray region. This indicates that hydrogen has more stable states than previously thought possible or accounted for by the historical theory of quantum mechanics.

Media Contact:Eric ReissH+K Strategies for BlackLight Power, Inc.Office: (202) 944-5154Mobile: (202) 549-5783Eric.Reiss@ hkstrategies.com

SOURCE BlackLight Power, Inc.

Copyright (C) 2012 PR Newswire. All rights reserved

etienne
17 Jun 2013, 20:16
Ek weet dit is n ou draad, maar dalk kan iemand baat hierby http://pegasus-systems.co.za/ ;)

NATagterDIEoor
27 Jun 2013, 14:50
Baie dankie Etienne.

NATagterDIEoor
27 Jun 2013, 14:52
Het iemand hier al prober om n magnet-aangedrewe motor te bou?