PDA

View Full Version : Vandag in ons Geskiedenis



Ben Kruger
9 Feb 2011, 20:33
1 Januarie: Nuwejaarsdag

* 1954 - "Apartheid": Die Wet op Bantoeonderwys, Nr 47 van 1953, word van krag.

2 Januarie:

* 1666 - Die hoekstene van die Kasteel in Kaapstad word deur Zacharias Wagenaer en andere gelę.

3 Januarie:

* 1892 - Die skrywer J.R.R. Tolkien word in Bloemfontein, Suid-Afrika gebore.

("Lord of the Rings" Outeur)

4 Januarie:

* 1987 - "Apartheid": Arbeiderspartyleier Eerwaarde Allan Hendrickse en 150 ondersteuners baai in protesaksie by die Slegs Blankes Kings Beachstrand in Port Elizabeth.

5 Januarie: -

6 Januarie:

* 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: 'n Duisend mense kom om in 'n aanval deur magte van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat tydens die 118 dae lange beleg van Ladysmith.

7 Januarie:-

8 Januarie:


* 1806 - Die Slag van Blaauwberg vind plaas gevolg deur die tweede Britse besetting van die Kaap.
* 1912 - Die South African Native National Congress (SANNC) word as voorloper van die ANC in Bloemfontein gestig.

9 Januarie:

* 1871 - Afrikaanse digter, skrywer, regsman en natuurkenner Eugčne Nielen Marais word in Pretoria gebore.
* 1996 - Die Nasionale Misdaadinligtingbestuursentrum stel syfers vry wat bevestig dat Suid-Afrika die mees geweldadige land ter węreld buite 'n oorloggebied is.

10 Januarie:-

11 Januarie:

* 1879 - Die Anglo-Zoeloe-oorlog breek uit nadat Cetshwayo nie reageer op die Britse ultimatum van 11 Desember 1878 nie.

12 Januarie:

* 1915 - Eerste Węreldoorlog: Suid-Afrikaanse magte val Duits-Suidwes-Afrika by Ramansdrift in.

13 Januarie:

* 1916 - Pieter Willem Botha, Eerste Minister en Staatspresident van Suid-Afrika en van 1978 tot 1989 leier van die Nasionale Party word in (Paul Roux in die Vrystaat gebore.

14 Januarie:

* 1918 - Demetrios Tsafendas wat Hendrik Frensch Verwoerd op 6 September 1966 vermoor het word in Lourenço Marques, Mosambiek gebore.

15 Januarie:

* 1876 - Die eerste koerant in Afrikaans, Die Afrikaanse Patriot met C.P. Hoogenhout as redakteur word in die Paarl uitgegee.

16 Januarie:-

Ben Kruger
9 Feb 2011, 21:21
17 Januarie:

* 1852 - Die Sandriverkonvensie waarvolgens Brittanje alle aansprake tot outoriteit anderkant die Vaalriver opgee, word geteken.


18 Januarie:

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/60/Jan_van_Riebeeck.png/125px-Jan_van_Riebeeck.png

* 1677 - Jan van Riebeeck (57) sterf in Batavia.
* 1902 - Kommandant Gideon Scheepers word per vuurpeleton tereggestel naby Graaff-Reinet, nadat hy skuldig bevind is deur 'n Britse krygshof op aanklagte van moord, brandstigting en vernietiging van treine tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
* 2006 - Dr. Anton Rupert, Afrikaanse entrepreneur, sterf by sy huis in Thibaultstraat, Stellenbosch op die ouderdom van 89.


19 Januarie:

* 1984 - Die Standerbende beroof drie banke in minder as 'n uur in Johannesburg se middestad.


20 Januarie: -

21 Januarie:

* 1969 - Suid-Afrika teken 'n verdrag met Portugal (wat namens Angola optree) oor die eerste-fase ontwikkeling van die waterhulpbronne van Kunenerivervallei.

22 Januarie:

Die Slag van Isandlwana

* 1879 - Britse magte in Zoeloeland lei 'n verpletterende nederlaag teen Cetewayo se impies in die Slag van Isandlwana.

23 Januarie:

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f0/Boers_at_Spion_Kop%2C_1900_-_Project_Gutenberg_eText_16462.jpg/120px-Boers_at_Spion_Kop%2C_1900_-_Project_Gutenberg_eText_16462.jpg

* 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Spioenkop begin sowat 38 km wes-suid-wes van Ladysmith langs die Tugelarivier, Natalkolonie in Suid-Afrika.

24 Januarie:

* 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: Die Britte onder Generaal Warren gee aan Generaal Botha oor by Spioenkop nadat meer as 1 000 Britse soldate en 60 Boere in die slag omkom.


25 Januarie: Vir Interessantheid

* 1919 - Die Volkebond, 'n voorloper van die Verenigde Nasies, word gestig om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig.

26 Januarie:

* 1962 - Bouwerk begin aan die Pretoriase Kunsmuseum in Arcadia, Pretoria

27 Januarie: -

28 Januarie:

* 1871 - Georges de Villebois-Mareuil wat ook teen die Britte geveg het in die Tweede Vryheidsoorlog, word swaar gewond in 'n slag om die brug van Blois vanaf die Pruise te herower.

29 Januarie:

* 1950 - Jody Scheckter, voormalige Suid-Afrikaanse renjaer en die Formule Een-węreldkampioen van 1979 word in Oos-Londen gebore.

30 Januarie:

* 1981 - "Apartheid": 24 mense sterf in Operasie Beanbag, 'n aanval deur die Suid-Afrikaanse weermag op die ANC en PAC, in Matola, 'n woonbuurt in Maputo, Mosambiek.


31 Januarie: -

Ben Kruger
9 Feb 2011, 21:48
1 Februarie: -

2 Februarie: Maria-Ligmis (Westelike Christendom);

* 1990 - President F.W. de Klerk kondig by die opening van die parlement aan dat die ANC en ander groepe ontban sou word en dat Nelson Mandela vrygelaat sou word. Dit lei tot die einde van Apartheid en die daarstel van volle demokrasie in Suid-Afrika.


3 Februarie:

* 1488 - Bartolomeus Dias van Portugal seil om die Kaap van Goeie Hoop by die suidelike punt van Afrika en land in Mosselbaai.


4 Februarie: Vir Interresantheid

* 1859 - Constantin von Tischendorf ontdek die Kodeks Sinaiticus, 'n 4de eeuse manuskrip van die Nuwe Testament, in 'n klooster by die voet van die Sinaigebergte in Egipte.


5 Februarie:

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Dewet-cr.jpg/125px-Dewet-cr.jpg
* 1922 - Boere generaal, Minister van Landbou in die Oranjerivierkolonie en leiersfiguur in die Rebellie van 1914, Christiaan De Wet (http://af.wikipedia.org/wiki/Christiaan_De_Wet), sterf op die plaas Klipfontein naby Dewetsdorp, Vrystaat.

6 Februarie: Vir Interessantheid

* 1952 - Die Hertogin van Edinburgh hoor van haar opvolging tot die Britse troon terwyl sy in Kenia is – sy word daarmee Koningin Elizabeth II.

7 Februarie: Vir Interessantheid

* 1992 - Die Maastrichtverdrag, wat lei tot die vorm van die Europese Unie, word in Maastricht, Nederland onderteken.


8 Februarie: Vir Interessantheid

* 1971 - Handel begin in die VSA op die NASDAQ, die węreld se eerste elektroniese effektebeurs.

Ben Kruger
9 Feb 2011, 21:50
Vandag 09 Februarie

1940 - Suid-Afrikaanse skrywer en Nobelpryswenner, J.M. Coetzee (http://af.wikipedia.org/wiki/J.M._Coetzee), word in Kaapstad gebore.

Ben Kruger
9 Feb 2011, 21:58
10 Februarie:

* 1763 – Brittanje en Spanje verdeel Nieu-Frankryk met die Verdrag van Parys. Kanada word aan Brittanje toegeken en Louisiana aan Spanje.
* 1840 - Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha trou met Koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk.
* 1996 - Deep Blue, die skaakspelende rekenaar verslaan Internasionale Grootmeester en Węreldskaakkampioen Garry Kasparov vir die eerste keer in 'n skaakpot.

Ben Kruger
9 Feb 2011, 22:00
Mense laat weet of julle net dinge oor Suid Afrika wil lees of soos hierbo in pos 5 'n mengelmoes van gebeure?

Waardeer.

JPCBurger
9 Feb 2011, 22:00
BPK uitstekende draad, gaan jy dit onderhou of kan elkeen kopieer en byvoeg om n volledige jaar kalender saam te stel?

Boeregroete
JPC

Ben Kruger
9 Feb 2011, 22:10
Hierdie Idee is aan my gegee deur 'n Opregte Boer.

Ek sal waardeur as mense meer Suid Afrikaanse Geskiedenis kan byvoeg want ek gaan nie altyd elke ding kan opspoor nie.

boerseun3
10 Feb 2011, 04:39
Interresant Barend. Sou wil voorstel konsentreer op Suid Afrika, maar die "vir die interresantheid" dele is ook goed.

NATagterDIEoor
10 Feb 2011, 08:22
Kan julle dalk n ou land kaart (4 provinsies) met al die "ou" dorpsname daar op sit. Dat die kenis ook nie verlore gaan nie asseblief.

NATagterDIEoor
10 Feb 2011, 09:53
Die selfde kaart moet die revier en dam name (dlk berge ook) se name op he.....


Is daar dalk n kaar wat aanwys watse "paie" die voortrekers gevat het en waar al die "slagte" was.... Soos die slag van Bloed revier ens...?

JPCBurger
10 Feb 2011, 12:00
Kan ons ook die huidige volksmoord se slagoffers nie dalk ook by die dag van die moord aanteken nie?

Groete

Ben Kruger
10 Feb 2011, 21:09
11 Februarie: Nasionale Stigtingsdag in Japan

* 1650 - René Descartes, Franse filosoof, wetenskaplike en wiskundige sterf in Stockholm, Swede.
* 1665 - Maria Van Riebeeck (Née: de la Quellerie), Jan Van Riebeeck se vrou, sterf op 35-jarige ouderdom in Malakka.
* 1966 - Distrik Ses in Kaapstad word in terme van die groepsgebiedewet tot 'n blanke gebied verklaar waarna sowat 60 000 Swart en Bruin mense tussen 1968 en 1982 na die Kaapse Vlaktes verskuif word.
* 1990 - Anti-apartheid stryder Nelson Mandela, 'n politieke gevangene vir 27 jaar, word uit die Victor-Verstertronk in Paarl buite Kaapstad, Suid-Afrika vrygelaat.

Ben Kruger
11 Feb 2011, 21:38
12 Februarie: Darwindag (1809), Lincoln se Verjaarsdag (Arizona, 1892)


* 1818 - Onder leiding van Generaal Bernardo O'Higgins, verklaar Chile formeel onafhanklikheid van Spanje.
* 1832 - Ecuador annekseer die Galápagos-eilande.
* 1912 - Xuantong, keiser van die Manchu Qing-dinastie en die laaste Keiser van Sjina, abdikeer.
* 2001 - NEAR Shoemaker land op Eros en word die eerste ruimtetuig om op 'n asteroďde te land.

Ben Kruger
12 Feb 2011, 21:47
13 Februarie:


* 1668 - Spanje erken Portugal as 'n onafhanklike nasie.
* 1880 - Thomas Edison neem die Edison-effek waar, wat later die grondslag sou vorm vir John Ambrose Fleming se vakuumbuisdiodes.
* 1945 - Tweede Węreldoorlog: Sowjet magte buit Boedapest, Hongarye van die Nazis.
* 1984 - Konstantin Chernenko volg die ontslape Yuri Andropov op as Algemene Sekretaris van die Kommuniste Party van die Sowjetunie.

Ben Kruger
14 Feb 2011, 19:21
14 Februarie: Valentynsdag

* 1876 - Elisha Gray en Alexander Graham Bell doen elkeen aansoek om 'n patent vir die telefoon.
* 1879 - Chileense magte beset die Boliviese hawe Antofagasta, en bring die Stille Oseaanoorlog teweeg.
* 1945 - Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin tiene-duisende burgerlikes sterf.

Ben Kruger
14 Feb 2011, 21:51
15 Februarie: Vlagdag in Kanada, Nasionale Dag in Serwië


* 1861 - Gebore: Alfred North Whitehead, Brits-Amerikaanse filosoof, fisikus en wiskundige wat bydraes gemaak het in logika, wiskunde en filosofie.
* 1942 - Tweede Węreldoorlog: Generaal Tomojoeki Jamasjita lei die Japanse magte om die sogenaamde "onneembare fort" van Singapoer in te neem.
* 1989 - Die Sowjetunie kondig amptelik aan dat al sy troepe Afghanistan reeds verlaat het.
* 2003 - Miljoene mense die węreld oor neem deel aan die grootste massabetoging in die geskiedenis teen oorlog in die algemeen en spesifiek die beplande inval in Irak.

Ben Kruger
16 Feb 2011, 04:57
16 Februarie: Staatskapdag in Litaue (1918)


* 1838 - 'n Groot aantal Voortrekkers sterf in 'n Zoeloe aanval langs die Blaukraansrivier, naby wat nou Weenen is.
* 1918 - Litaue verklaar onafhanklikheid van Rusland.
* 1923 - Howard Carter ontseël die grafkelder van Tutankhamun, 'n Farao van die agtiende dinastie van Egipte.
* 1950 - Peter Hain, Britse politikus en Anti-Apartheidsaktivis, wat veral betrokke was by die ontwrigting van Suid-Afrikaanse rugby- en kriekettoere na Brittanje, word in Nairobi, Kenia gebore.

boerseun3
16 Feb 2011, 05:13
* 1945 - Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin tiene-duisende burgerlikes sterf.
Oorlogsmisdaad en grosse!

Ben Kruger
16 Feb 2011, 20:11
Die moorde by Blaauwkrantz, Moordspruit,
Malanspruit en Boesmansrivier (16 Februarie 1838).

Na Piet Retief se vertrek vir sy tweede besoek aan Dingane, versprei die Trekkers oor 'n wye gebied van die Natalse landskap, sommige verby Blaauwkrantz, terwyl nog Trekkers oor die Drakensberg kom. Teen die 15de Februarie 1838 stuur Gert Maritz 'n groepie verspieders om Retief se lot te probeer bepaal. Maritz doen by die kampe aan om die Trekkers te waarsku teen die Zoeloe en te vermaan om terug te keer laer toe. Sommige reageer wel terwyl andere hom ignoreer. Die verskillende kampe en laers word op die kaart aangedui.

Intussen beweeg die Zoeloemag stadig vorentoe terwyl spioene die presiese posisies van die kampe vasstel. Gedurende die nag van 16 Februarie 1838 sluip 10 000 krygers in 'n uitgestrekte formasie en slaan toe op die Trekkers in die gebied tussen die Boesmansrivier en 'n sytak van die Blaauwkrantzrivier, genaamd Moordspruit.

Teen ongeveer eenuur die oggend hoor Daniël Pieter Bezuidenhout sy honde blaf en hy stel ondersoek in. Skielik besef hy dat die Zoeloes reeds in aantog is na die kamp.

Hy hardloop terug om sy geweer te kry terwyl hy die ander waarsku dat die swartes op hulle is en reeds besig is om die honde dood te maak. Dit was egter te laat en hy hoor hoe sy pa uitroep voor hy sterf. Sy swaer, Roelof Botha, vuur drie skote af voor hy sneuwel.

Daniël se vrou gee hulle nieugebore baba aan en dring by hom aan om te vlug; sy self was te swak om ver te beweeg. Bezuidenhout hardloop met die baba deur die harwar van vegtende Zoeloes en Trekkers. Toe die baba huil, word Bezuidenhout met 'n assegaai in die skouer en die ribbes gewond. Hy word weer raak gesteek maar slaag daarin om tussen die beeste te beland - om agter te kom dat die baba in sy arms reeds beswyk het.

In die stilte wat volg, hoor Bezuidenhout hoe die waens gebreek en die seile geskeur word. Met die uitsondering van een van Daniël se broers, is die ganse groep Trekkers uitgemoor.

Bebloed haas Bezuidenhout om die Trekkers in die ander kampe te waarsku, maar die hordes val die Liebenbergs, Rossouws, Engelbrechts, Bothmas, Cilliers', Steenkamps, Maritze, Van Dyks en Van Rensburgs aan en vermoor baie op die aller wreedste en barbaarse wyse. Daar word jag gemaak op die Trekkers wat probeer ontvlug; die vrouens en mans word op die afgryslikste maniere vermink en vermoor. Die swartes gryp babas aan hulle enkels en verbrysel hulle koppe teen die wawiele.

Sommige Trekkers probeer nou weerstand bied. Die Bothmas, wat op 'n koppie vasgekeer word, veg dapper en dood 'n aantal Zoeloes, maar word deur die oormag, wat agter stormende osse skuil, oorrompel.

Die Van Rensburgs bied sterk weerstand en toe hulle koeëls opraak, storm Marthinus Oosthuizen te perd deur die Zoeloe-kordon na 'n wa om ammunisie te kry. Hy bereik die Trekkers ongedeerd en in die geveg wat volg val die krygers terug en laat 80 dooies agter. Klik vir meer oor Marthinus Oosthuizen en sy heldedaad (http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?26664-Marthinus-jacobus-oosthuizen).

Die Bloukransmonument

http://www.groottrek.co.za/bloukrans_mon_01.jpg

Anna Steenkamp, Piet Retief se suster, lewer 'n ooggetuie-verslag van die moorde in haar gedenkskrif oor die Groot Trek.

Gert Maritz slaan die aanval af -

Gert Maritz en sy groep Trekkers is gereed vir die aanstormende impi's. Sy laer op die noordelike wal van die vinnig vloeiende Boemansrivier bied 'n goeie uitsig in alle rigtings. Die Zoeloes val uit die noorde en suide aan en Maritz hulle moet toesien hoe die Trekkers buite die laer afgemaai word. Sarel Cilliers3 en sy geselskap bereik die laer ter elfder ure en voer saam met Maritz se manne stormlope te perd uit tot in die rivier waar hulle talle krygers doodskiet. In die laer veg mans, vrouens en seuns skouer aan skouer en mev Angenitha Maritz en jong haar dogter, Deborah, stel 'n voorbeeld en dien as inspirasie vir die groepie Trekkers.

Die geveg duur tot in die middag en die Zoeloes, met groot lewensverlies, blaas uiteindelik die aftog terwyl hulle oudergewoonte derduisende stuks vee en perde meeneem. Die Trekkers kry kans om hulle eie skade te besigtig. Altesaam 185 kinders en 56 vrouens het in die aanvalle gesterf, terwyl 40 mans en nagenoeg 200 bediendes gedood is. Die totale lewensverlies aan die Trekkers se kant, insluitende Retief se geselskap, tel byna 600. Sommige mense oorlewe die aanvalle op wonderbaarlike wyse. Die krygers het die laer met Piet Retief se vrou misgeloop. Tussen die stapels gesneuweldes word lewendes gevind, byvoorbeeld, Johanna van der Merwe en Margareta Prinsloo,4 wat albei meer as twintig assegaaisteke opgedoen het; Klasina le Roux word tussen die verbrande waens gevind met sewentien wonde. Gert Maritz maak seker dat die gewondes, die oues van dae, die weduwees en wese versorg word terwyl hy 'n massabegrafnis vir sy gesneuweldes reël.

Die volgende oggend maak Maritz en 'n kommando van 50 man jag op die Zoeloes tot by die Tugela waar baie in die rivier verdrink. 'n Klompie vee word teruggevind maar die verlies aan lewende hawe is ontsettend groot en laat baie Trekkers verarmd. Later word die dorp Weenen gestig om hierdie donker episode in die Trekkers se geskiedenis te herdenk.

1. Nadat Retief sy versoek tot Dingane gerig het, beskuldig die koning hom dat die Boere sy vee gesteel het, alhoewel hy daarvan bewus is dat Sekonyela, 'n baTlôkwa-kaptein, eintlik die skuldige is. Retief wys hom daarop en Dingane beloof om die gebied tussen die Tugela en die Umzimvubu aan die Trekkers af te staan indien Retief die gesteelde vee herneem en aan hom besorg. Alhoewel Dingane se eis onredelik is, en waarskynlik gestel is met die doel om 'n botsing tussen Sekonyela en Retief te bewerkstellig, stem hy nogtans in om aan die voorwaardes te voldoen.

2. Die traktaat is deur Jan Gerritze Bantjes geskryf. Dingane se merk is deur drie Zoeloe-indoenas en drie Trekkers gesertifiseer. Die dokument is later in Retief se leertas by die moordtoneel aangetref.

3. Sarel Cilliers red Gert Barends se mense met behulp van slegs vyf man en jaag met hulle deur die Zoeloe-geledere. Daarna neem hy deel aan die gevegte saam met Gert Maritz se makkers.

4. Albei die dames het herstel en 'n hoë ouderdom bereik.

http://www.groottrek.co.za/bloukaart_01.jpg

Ben Kruger
16 Feb 2011, 20:21
1838
Dr Arnoldus Pannevis gebore

Arnoldus Pannevis is op Oudekerk, Holland, gebore en op 14 Augustus 1884 in die Paarl oorlede. Hy het in die medisyne gestudeer en ‘n tyd lank as skeepsdokter gepraktiseer, totdat hy in 1861 bedank en in die klassieke studeer. Op 11 Julie 1866 het hy in Kaapstad geland. Hy gee onderwys, hoofsaaklik in die Paarl en omgewing. Pannevis ontdek in Afrikaans ‘n volwaardige taal; hy is baie godsdienstig en bepleit die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Dit gee aanleiding tot die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners, die georganiseerde taalbeweging. Pannevis het in Nederlands en Afrikaans gedig; hy is medeskrywer van die Afrikaanse Volkslied (‘n Ieder nasie het sijn land). Aka fak P.J.N.
1854
J.D. Cilliers gebore

Jan Daniël Cilliers is op ‘n plaas naby Wellington gebore en het vroeg kennis gemaak met Die Patriot en sy strewe om Afrikaans erken te kry. In Die Patriot het die meeste van sy gedigte onder die skuilname Kleinjan Wat Versies Maak, Neef Jan (Wat Versies maak), Jan die Versiemaker Junior Verskyn. In 1886 is hy na die goudveld. Hy vestig hom en sy gesin mettertyd op Potchefstroom waar hy op 28 Mei 1922 oorlede is. Hy het Transvaalse burger geword en as sodanig aan die Engelse Oorlog deelgeneem. Na C.P. Hoogenhout was hy die produktiefste digter van sy tyd in Afrikaans; hy het feitlik tot aan sy dood gedig. Sy gedigte sal ‘n paar boekdele vul. Die meeste is godsdienstig. Hoogenhout was veral bekommerd oor die welsyn van sy volk, Cilliers veral oor die welsyn van sy siel. Nadat Cilliers die sewe lydensweke berym het, sluit hy af:

Muns Heilands kruis is almyn lus
Syn kruis myn hoop, Syn kruis myn rus
Myn troos, myn heil, myn lewe.

Hy het ook enkele speels-humoristiese en ‘n paar komiese gedigte geskryf. Sy werk getuig van innigheid en opregtheid, maar besit weinig oorspronklikheid. Aka fak G.S.N.

1877
Vredestraktaat met Sekoekoenie I

Die oorlogsverklaring van die Boere in Mei 1876 teen Sekoekoenie I, opperhoof van die Pedi-stam in Noord-Transvaal, is deur Sekoekoenie en die Britse regering tot hul voordeel uitgebuit. Sekoekoenie het hom hierdeur aan die węreld voorgedoen as die onskuldige slagoffer van ‘n aggressor wat daarop uit is om sy gebied met geweld af te neem. Die Britse regering het aan die ander kant in die oorlogsverklaring ‘n voorwendsel gevind om die anneksasie van Transvaal deur te dryf en as rede aangevoer die kwansuise onvermoë van die Republikeinse regering om die swartes in Transvaal te hanteer. In werklikheid het Sekoekoenie die Republikeinse regering as’t ware in ‘n oorlog gedwing met sy volgehoue uittartende en aggressiewe optrede. Na die mislukking van die Boeremagte om Sekoekoenie te verslaan, val die Boere terug en word ‘n vrywilligerkorps onder bevel van kapt. C.H. van Schlickmann aangewys om die beleg teen Sekoekoenie voort te sit. Sekoekoenie besef spoedig dat toestande vir hom hopeloos geword het en hy besluit om vrede met die Boere te sluit. Ook vir die ZAR was die spoedige vredesluiting van die allergrootste belang, en op 16 Februarie 1877 is die vredestraktaat tussen die twee partye op Botshabęlô onderteken en verklaar Sekoekoenie hom onderdaan van die ZAR. Dit het sir Theophilus Shepstone egter nie beweeg om van sy planne af te sien nie, en op 12 April 1877 annekseer hy Transvaal. Want nie Transvaal se armoede nie, maar juis sy potensiële rykdom; nie sy swakheid wat gehelp moes word nie, maar juis sy krag wat gevrees is, was die rede tot anneksasie. Aka fak M.v.H

1890
Orde van die Nederlandse Leeu aan pres. Kruger toegeken

Op hierdie datum is aan Paul Kruger by Nederlandse koninklike besluit, nr 11, die onderskeiding toegeken van Ridder Grootkruis in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die toekenning is op 29 September 1851 deur koning Willem I van Nederland ingestel. Dit is aan Kruger met die oog op die Nederlandse koning. Willem III, se verjaardag op 19 Februarie 1890 toegeken. In buitengewone omstandighede kan dit ook aan buitelanders – soos met Kruger die geval was – oorhandig word. Dan sluit dit mense in wat waardevolle dienste en bewyse van liefde aan die medemens gelewer het. of wat op die terrein van die wetenskap en kuns gepresteer het. aka fak M.J.S

1922
Daan Goosen gebore

Daniël Petrus Goosen is op Schweizer-Reneke gebore. Nadat hy sestien jaar lank onderwys gegee het, was hy hoof van die afdeling Skool publikasies van ‘n uitgewery. Daarna het hy Algemene Sekretaris van die Transvaalse Onderwysersvereniging geword. In 1962 is ha as Sekretaris van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aangestel. Hy het in 1969 uitgetree, en nadat hy ‘n tyd lank in diens van ‘n uitgewery was, het hy vennoot in ‘n sakeonderneming geword. Mnr. Goosen was ‘n vurige spreker en het sowel aan die Rand as in Pretoria ‘n aktiewe rol in die Afrikaner se kultuurlewe gespeel en ‘n besondere bydrae gelewer. Hy is op 16 Desember 1975 oorlede. Aka fak P.F.D.W.

Ben Kruger
17 Feb 2011, 19:36
17 Februarie: Tanis Diena in Letland

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6b/Flag_of_the_Orange_Free_State.svg/125px-Flag_of_the_Orange_Free_State.svg.png

* 1854 - Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat in die hedendaagse Vrystaatprovinsie, Suid-Afrika.
* 1895 - Die ballet Swanemeer word vir die eerste keer teen volle lengte met musiek deur Tsjaikowski in Sint Petersburg, Rusland opgevoer.
* 1979 - Ongeveer 120 000 troepe van die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek van Sjina gaan noordelike Viëtnam binne en begin daarmee die Sjina-Viëtnamoorlog.
* 1981 - Paris Hilton Amerikaanse sosiale persoonlikheid, aktrise, model, outeur en sangeres word gebore.

1838
Bloukransmoord

Die Voortrekkers in Natal het in Februarie 1838 op Piet Retief se terugkeer van Dingaan af gewag. Retief het ‘n ooreenkoms om grondgebied finaal gaan beklink. Marits se mense het langs die Boesmansrivier naby die huidige Estcourt gestaan. Retief se mense was by Moordspruit, Bloukransrivier en Doornkop (vandag naby Chievely), saamgetrek; andere by Malanspruit. Hulle was onbewus van die moord op Retief-hulle op 6 Februarie, dog Maritz het onrustig geraak en die groepe op ‘n Zoeloe-aanval probeer voorberei. Maar in die oggend donker is die families Liebenberg, Rossouw en Bezuidenhout uitgewis. Daniël Bezuidenhout kon gewond ontsnap en die Van Dyks, Roetse, Van Vuurens en Scheepers elders betyds waarsku. Die Greylings en Bothmas en Engelbrechts is egter almal by Moordspruit om die lewe gebring. Marthinus Oosthuizen se heldedaad het die Van Rensburgs se lewe gered. Sarel Cilliers, ‘n paar Bothas en De Klerks het die Maritzlaer van groter skade en uitwissing deur die tienduisend Zoeloe-krygers gered. Vrouens en kinders het volledig teen die vyand saamgeveg. Ander het die duisternis ingevlug om die dood te ontwyk. Teen die middag het die Zoeloes as gevolg van die groter teenstand begin terugval, maar 25 000 stuks vee is met die aanval doodgemaak en geroof of het weggehardloop. Die Groot Moord was ‘n laagtepunt in die geskiedenis van die Groot Trek, en 40 mans, 56 vrouens, 185 kinders en 200 bediendes is op bloeddorstige wyse vermoor, hulle liggame is vermink en stapels goedere is verbrand. Talle heldedade is verrig, en Catherina Prinsloo, Johanna van der Merwe en Elizabeth de beer het erename geword. Aka fak M.J.S

1888
Dr N.J. van der Merwe gebore

Nicolaas Johannes van der Merwe is op Senekal gebore en op 11 Augustus 1940 in Bloemfontein oorlede. Hy het in die Konsentrasiekamp op Norvalspont as kind besondere ondervindinge meegemaak wat beskrywe is in sy boek Die Burgermeester van Sannahspos (1929). Hy behaal sy BA aan UKOVS en voltooi sy teologiese studie aan die Teologiese Kweekskool, Stellenbosch. Hier was hy ‘n studenteleier. Hy volg Tobie Muller op as leier van die Afrikaanse Taalvereniging en speel ‘n belangrike rol om die studente van Stellenbosch bewus te maak van hulle taal. Van 1915 tot 1919 was hy predikant van Wepener. Met sy eerste Sinodesitting in 1916 dien hy ‘n voorstel in dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word, en dat predikante die reg moet hę om in Afrikaans te preek. Hierdie voorstel word goedgekeur. Dit was die eerste sinodale besluit van die aard in Suid-Afrika. Kort hierna sou ander sinodes volg. Dit was die eerste sinodale besluit van die aard in Suid-Afrika. Kort hierna sou ander sinodes volg. Dit was die begin van die Afrikaanse Bybelvertaling. In 1919 vertrek hy na die Vrye Universiteit van Amsterdam om sy doktorsgraad in die Nuwe Testament te behaal. Hy promoveer op 21 Januarie 1921 op die proefskrif Die Sosiale Prediking van Jesus Christus. Hierdie proefskrif het hy in Afrikaans geskryf, terwyl baie Boere in daardie tyd nog hulle proefskrifte in Hollands ingelewer het. Van 1921 tot 1924 was hy predikant op Theunissen. In 1924 word hy Volksraadslid van die Nasionale Party vir Winburg, ‘n setel wat hy tot sy dood behou. Na samesmelting in 1933 word hy ‘n volgeling van dr. D.F. Malan en leier van die Nasionale Party in die Vrystaat. Dr. Van der Merwe het ‘n prominente rol in die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gespeel. Hy was onder meer stigter en eerste voorsitter van die FAK in 1929. Saam met hom het in die eerste Hoofbestuur van die FAK gedien mnre.. I.M. Lombard, L.J. eerste sinodale besluit van die aard in Suid-Afrika. Kort hierna sou ander sinodes volg. Dit was die begin van die Afrikaanse Bybelvertaling. In 1919 vertrek hy na die Vrye Universiteit van Amsterdam om sy doktorsgraad in die Nuwe Testament te behaal. Hy promoveer op 21 Januarie 1921 op die proefskrif Die Sosiale Prediking van Jesus Christus. Hierdie proefskrif het hy in Afrikaans geskryf, terwyl baie Boere in daardie tyd nog hulle proefskrifte in Hollands ingelewer het. Van 1921 tot 1924 was hy predikant op Theunissen. In 1924 word hy Volksraadslid van die Nasionale Party vir Winburg, ‘n setel wat hy tot sy dood behou. Na samesmelting in 1933 word hy ‘n volgeling van dr. D.F. Malan en leier van die Nasionale Party in die Vrystaat. Dr. Van der Merwe het ‘n prominente rol in die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gespeel. Hy was onder meer stigter en eerste voorsitter van die FAK in 1929. Saam met hom het in die eerste Hoofbestuur van die FAK gedien mnre.. I.M. Lombard, L.J. Erasmus, proff.. T.J. Hugo, E.C. Pienaar en mev. M.M. Jansen. Hy het trouens tot sy dood in 1940 voorsitter van die FAK gebly. Hy was ook lank voorsitter van die Kaapse Helpmekaarbeweging. Saam met dr. C.F. Visser, het hy hom beywer vir ‘n jeugbeweging. Saam met dr. C.F. Visser, het hy hom beywer vir ‘n jeugbeweging onder Boerekinders. Die Voortrekkers word in 1931 gestig met hom as die eerste nasionale leier van hierdie beweging. Hy was getroud met Isabella (Tibbie), dogter van pres. M.T. Steyn. In 1921 skryf dr. Van der Merwe ‘n biografie van twee boekdele oor sy skoonvader. Dit is hoofsaaklik gedoen met behulp van dokumente wat toe nog in besit van mev. (pres) Steyn was. Die onmeetbare invloed van dr. Van der Merwe op die Boer en sy kultuur kan vandag nog nie ten volle na waarde geskat word nie.

(Die term afrikaner erken ek nie en dus word dit uit my geskiedenis verwyder)

Ben Kruger
17 Feb 2011, 21:15
18 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Gambië, (1965)


* 1546 - Maarten Luther, die Duitse protestantse teoloog en hervormer, sterf in sy geboortedorp, Eisleben.
* 1861 - Met Italiaanse unifikasie amper voltooi, neem Koning Victor Emmanuel II van Piedmont, Savoje en Sardinië die titel Koning van Italië aan.
* 1932 - Die Ryk van Japan vestig Mantsjoekwo, 'n marionettestaat in noordoostelike Sjina tydens die Sjinees-Japannese Oorlog.
* 1945 - Die term ystergordyn word vir die eerste keer in 'n artikel van die Duitse dagblad Das Reich gebruik om die skeiding tussen die Duitse en Russiese invloedsfere aan te dui.


Zoeloes se Bloeddorstige Aanval op Boere-Laers
Trekkers Onverhoeds Oorval
Doornkop
Sondag 18 Februarie 1838

‘n Nag van angs en verskrikking is agter die rug na die gruwelike bloedbad toe duisende Zoeloes verlede nag gelyktydig die laers van die Boere langs die Tugela-, die Bloukrans- en Boesmansriviere en hul sytakke aangeval en 40 mans, 56 vroue, 185 kinders en oor die 200 gekleurde bediendes uitgemoor het.

Kindertjies wat teen die wawiele verpletter is, moeders deur tallose assegaai steke vermoor, en afskuwelik-verminkte lyke – sulke tonele is die stomme getuies van die barbaarse wreedheid van die aanvallers.

Aangesien die vyand slegs met die grootste moeite teruggedryf is, en almal verwag dat die Zoeloes terug sal kom, het die Trekkers vandag al hul kragte ingespan om die laers te versterk. Die gewondes en sterwendes moet verpleeg en die dooies begrawe word. Maritz is vandag met vyftig vrywilligers agter die Zoeloes aan om soveel as moontlik van die gesteelde vee terug te neem.

Oor die lot van Retief en sy manskappe heers daar nog onsekerheid. Die ergste word egter gevrees. Allerhande vae gerugte is in die laers in omloop, en een van die Zoeloes het deur middel van ‘n tolk vertel dat almal op Dingaan se folter heuwel, Hloma Amabutha, by Ungungundlovu vermoor is.


1854

Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat in die hedendaagse Vrystaatprovinsie, Suid-Afrika.

1902
Kmdt. Gideon Scheepers tereggestel

Op die ouderdom van sestien het Gideon Jacobus Scheepers tot die Transvaalse Artillerie in Pretoria toegetree. Vanaf 1894 dus sou hy in militęre kringe beweeg. Hy was skrander, fier, bekwaam en baie gewild. Die manne het hom Die Springbok van die Hoëveld genoem. Scheepers is opgelei as heliograaf deur luit. Paul C. Paff, en sy skoolonderrig het onder maj. Thomas Kroon voortgegaan. Heliografie is ‘n metode van kommunikasie met sonligflitse, en Gideon was spoedig so behendig in die stuur en lees van boodskappe, soms oor groot afstande, dat hy soveel aandag getrek het dat maj. Richard Albrecht van die Vrystaat-Artillerie vir pres. Kruger gevra het of hy Scheepers kan leen om sy jong manne op te lei. Soos John of Johnie (so het almal hom genoem) meer volwasse geword het en in rang bevorder is, het hy ‘n taamlike groot snor gekweek wat effens vreemd lyk op sy mooi jong gesig. Dit was egter na die militęre tradisie, en hy was pure soldaat, hoewel ook fyngevoelig en soms emosioneel. Hy het hegte vriendskappe gesluit, en sy makkers het hom aanbid, want hoewel streng, was hy altyd bedagsaam, getrou, vol pret en waaghalsigheid. Net voor die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 het hy met die oprigting van heliografiese stasies begin en hom toe by die kommando’s aangesluit. Hy sou een van Genl. De Wet se baasverkenners word en baie sou met hom saamwerk totdat hy met sy eie klein kommando Kaapland binnegeval het. Scheepers se rol in Kaapland was so belangrik dat hy tot kommandant bevorder is. Hy en sy jong kęrels het almal opslaan hoede met wit bande en volstruisveer punte gedra, en hul waaghalsige ondernemings het hulle baie bekend laat raak. Gideon Scheepers het die verbeelding van alle Boere en ook Engelssprekendes begin aangryp. Duisende Engelse soldate het hom agternagesit – sonder welslae. Toe word hy skielik so siek, blykbaar blindedermontsteking, dat hy sy manne verplig het om hom te verlaat en toegelaat het dat die Engelse hom vang. Hulle het hom en Graaff-Reinet toegesluit en na ‘n verspotte verhoor deur ‘n vuurpeloton laat doodskiet. Hy is op so ‘n geheimsinnige wyse begrawe dat sy stoflike oorskot nooit gevind is nie. Gideon Scheepers het ‘n dagboek geskryf waarvan slegs die slotgedeelte nog gevind is. Tog is dit ‘n belangrike menslike dokument, en van nog groter belang is hoe sy loopbaan en tragiese einde die volk aangegryp het. Baie skrywers en digters, van Olive Schreiner tot D.J. Opperman, het in sy verhaal inspirasie geput, sodat Gideon Scheepers deel van ons kultuurbesit geword het. In 1978 is in sy eeufees-geboortejaar ‘n monument tot sy eer buite Graaff-Reinet onthul. Aka fak J.M

jjgsmith
18 Feb 2011, 03:38
BPK
Jy doen wonderlike werk

jjgs

Ben Kruger
18 Feb 2011, 22:27
Dankie JJG.

Ek probeer om dit te verfyn.

19 Februarie:

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1e/Mir_on_24_September_1996.jpg/125px-Mir_on_24_September_1996.jpg

* 197 - Septimius Severus verslaan Clodius Albinus in die Slag van Lugdunum en verseker daarmee volle beheer oor die Romeinse Ryk.
* 1594 - Koning Zygmunt III Vasa van die Pools-Litauese Gemenebes word gekroon as Koning van Swede.
* 1942 - Darwin, die hoofstad van die Noordelike Gebied, Australië word hard getref deur 242 bomwerpers en vegvliegtuie van die Keiserlike Japanse vloot.
* 1986 - Die ruimtestasie Mir van die Sowjet-ruimteprogram word lanseer om die eerste langtermyn navorsingsstasie in die ruimte te vestig.

1730
Jan de la Fontaine as goewerneur van die Kaapkolonie benoem


Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers as van die amptenare aan die Kaap geniet. Soos die gewoonte onder die vooraanstaande Kapenaars van die 18de eeu was, is daar ook in die huis van die goewerneur musiek gemaak en verskeie musiekinstrumente bespeel. In 1735 laat die goewerneur vir sy dogter ‘n kamer orrel met tien tot twaalf registers bou. Met sy vertrek na Nederland in 1737 het hy hierdie orrel aan die kerkraad van die Groote Kerk in Kaapstad verkoop. Dit was die eerste kerkorrel in Suid-Afrika. Aka fak J.C.P

1856
Vrystaatse onafhanklikheidsdag tot feesdag verklaar

1871
J.M.C. Schonegevel oorlede


Johan Marthinus Carstens Schonegevel is in 1819 in Kaapstad gebore en het bekendheid verwerf as kunstenaar, litograaf en kopieërpersdrukker. In 1849 het hy die beroemde maar skaars litografie van die anti-bandiete vergadering vervaardig, en in 1856 ‘n Maleise kategismus in Arabiese letters, maar met Afrikaanse woorde gedruk. Hy is in Kaapstad oorlede. FAK

Ben Kruger
19 Feb 2011, 21:51
20 Februarie:

* 1472 - Jacobus III van Skotland annekseer die Orkney- en Shetlandeilande van Denemarke-Noorweë.
* 1810 - Sluipmoord op Andreas Hofer, 'n Tiroolse patriot en leier van 'n opstand teen Napoleon se troepe.
* 1959 - Die supersoniese stralerprogram, Avro Arrow, in Kanada, word beëindig
* 1965 - Die ruimtetuig Ranger 8 versend met sukses 7137 beelde van die maan in die laatste 23 minute van sy sending voordat dit in Mare Tranquillitatis neerstort.


1656
Jan van Riebeeck se seuntjie oorlede

Anthony, die babaseuntjie van Jan en Maria van Riebeeck, het slegs twee maande oud geword. Omdat daar gedurende hierdie tyd geen predikant aan die Kaap was nie, het hy gesterf sonder dat hy gedoop is. Die sterftesyfer onder jong kinders was in die sewentiende eeu ontsettend hoog. Jan en Maria van Riebeeck moes reeds in Nederland hulle oudste seuntjie aan die dood afstaan. Dit is ook bekend dat van Abraham van Riebeeck, seun van Jan van Riebeeck , se elf kinders slegs drie volwassenheid bereik het. Dit was die gebruik onder die hoë amptenare van die VOC om hulle seuns na Nederland te stuur om daar onderrig te word. So het Van Riebeeck sy twee oudste seuntjies, Lambertus en Abraham, wat op 20 Maart 1660 saam met die skipper Douwe Aukes na hulle oom, Abraham Quevellerius, in Rotterdam vertrek het, nooit weer gesien nie. aka fak J.C.P

1860
Prof A. Francken gebore

Prof. Adriaan Francken is in Wyde-wormer, Noord-holland, gebore, waar sy vader opsigter van ‘n dyk was. Hy is op 15 April 1949 in Bloemfontein oorlede. In die jare 1876 – 1880 het hy aan die Rijkskweekschool in Haarlem sy opleiding as onderwyser ontvang. Vanaf 1880 was hy as onderwyser werksaam in Nederland. Gedurende 1882 – 1887 gee hy onderwys in Engeland, en toe weer terug na Nederland. In 1891 is hy as onderwyser aangestel aan die Grey-Kollege, waar dr. J. Brill toe rektor was. Op 21 April 1891 het hy in Bloemfontein aangekom. In die Engelse Oorlog was hy ‘n tyd lank op kommando. Met die totstandkoming van die Grey-Universiteitskollege is hy benoem tot hoogleraar in Nederlands en Frans. In 1927 het hy afgetree en is toe aangestel as bibliotekaris, ‘n pos wat hy beklee het tot sy finale aftrede in 1939. Hy was een van die Afrikaanse kultuur stryders, en ‘n stigterslid van die vereniging Ons Taal. Sy blyspel Susanne Reyniers (1908) was jare lank een van die weinige toneelstukke wat deur honderde gemeenskappe op die planke gebring is. Daarbenewens het hy ‘n Afrikaanse grammatikaboek geskrywe. Prof. Francken was ‘n kenner van die skilderkuns en die argitektuur. Hy was ‘n begaafde klavier- en vioolspeler, en naas Frans, Italiaans en Duits, ook ‘n kenner van die klassieke tale. Hollander van geboorte, het hy sy volle krag by die Boerevolk ingewerp. Aka fak P.J.N

1937
Totius in Bloemfontein gehuldig

In 1937 besit die Afrikaanse volk reeds die Psalmboek in sy eie taal. Totius was die berymer. Ook met die Afrikaanse Bybel het hy die leeue-aandeel gehad. Kerk en volk is innig dankbaar, en die FAK neem die voortou om hierdie dank te bewys. En so word 1937 die jaar van die Totius feeste met die hoogtepunt in die stadsaal van Bloemfontein op 20 Februarie.. ‘n Skare van 2 000 vul die saal van hoek tot kant, en vader J.D. Kestell voer namens die volk die woord.

Aangrypend is Die Volksblad se berig:

VOLK VERENIG IN HULDE AAN GROOT DIGTER
Hart Tril saam by Kestell-woord: Ons innig Geliefde Totius

Voorts sę die blad: Dwarsdeur die verrigtinge was ‘n warm "Afrikaner" gees waarneembaar. Die toesprake, sang en grootsheid van die plegtigheid was van so ‘n aard dat die koudste "Afrikaner" hart daardeur sou geroer word, en toe dr. J.D. Kestell met bewoë stem, ‘n ferme handdruk en ‘n traan van dankbaarheid in die oog, met die woorde “hoog geagte doktor, toegewyde bedienaar van die Woord, seer geliefde professor – innig geliefde Totius” die Transvaalse Vierkleur, wat ‘n bronsbeeld van Van Wouw omsluier het, aftrek en aan hom ‘n tjek van ruim Ł1 000 oorhandig, het geweldig toejuiging losgebars – ‘n nasie het hulde gebring. Aka fak V.E.D

Ben Kruger
20 Feb 2011, 19:52
21 Februarie: Internasionale Moedertaaldag; Presidentsdag in die VSA

* 1613 - Mikhail I word eenparig deur die Zemsky Sobor tot Tsaar verkies en begin daarmee die Romanovdinastie in Keiserlike Rusland.
* 1838 - Samuel Morse demonstreer die telegraaf aan President Martin van Buren en sy kabinet.
* 1888 - Die Nederlandse skilder Vincent van Gogh kom in Arles in die suide van Frankryk aan.
* 1987 - Die leiers van die Action Directe, 'n linksgesinde terreurorganisasie word op 'n plaas naby Orléans, Frankryk deur die polisie betrap.

1657
Eerste toekenning van grond aan Vryburgers aan die Kaap

Op hierdie dag het die eerste “nege vrije luyden” grond aan die Kaap gekry. Die burgers kon hulle eie grond uitkies en is in twee kolonies gevestig, nl. Harmanskolonie en Stevenskolonie. Hulle moes die landbou op vasgestelde voorwaardes bevorder. Die Kompanjie sou aan die Vryburgers plaasgereedskap en trekosse voorsien, en vęrdere benodighede kon hulle op krediet van die Kompanjie koop. Dit was hulle toegelaat om vrylik handel te dryf met die skepe vanaf die derde dag dat die bote die hawe binnegekom het. Onder hierdie bedeling sou die burgers dus vrygestel word van diens aan die VOC. Die volksplanting is bevestig en volks wording is moontlik gemaak. Die Vryburgers se status het verander van werknemers tot werkgewers, en hulle sou op selfstandige wyse die beroep beoefen wat hulle nageslagte jare lank na hulle sou doen, naamlik die van boer, waaruit die eretitel Boer gegroei het. Die feit dat hulle nou grondbesitters was, het die Vryburgers in die Suid-Afrikaanse bodem laat wortelskiet; dit het aan hulle ‘n eie trots gegee en later ‘n nasionale gevoel en ‘n gevoel van samehorigheid gekweek. Die feit dat hulle vrye burgers was, het hulle in die geleentheid gestel om later die binneland te verken en –plase noordwaarts te beset om sodoende die blanke beskawing uit te dra. Hulle was nou nie meer emigrante arbeiders weg van Nederland nie – Suid-Afrika het hulle vaderland geword. Die instelling van die Vryburgers kan dus beskou word as die geboorte van die Boerevolk. Hier het ons volk sy eie tuiste gevind as grondbesitters in ‘n eie land. Aka fak P.G.N

1862
Henriëtte Armstrong gebore

Henriëtte Ester Carolina Armstrong (gebore Oberholzer) was ‘n Boervrou wie se werk en vreugde die opheffing van haar volk was. Sy is op Fauresmith gebore en het met die uitbreek van die Engelse Oorlog in 1899 haar as verpleegster by die kommando van genl.. Piet Joubert aangesluit. Na die inname van Pretoria op 5 Junie 1900 keer sy na die hoofstad terug en organiseer ‘n groep vrywillige verpleegsters om in die Konsentrasiekamp op Irene te verpleeg. Na die oorlog word mev. Armstrong ‘n ywerige lid van die SA Vrouefederasie, wat sy in 1904 help stig het. Sy is ook een van die stigters van die Langlaagte-weeshuis vir oorlogswese, en tydens die Rebellie van 1914 dien sy in ‘n hulp komitee wat die rebelle gevangenes van voedsel voorsien. Sy help ook in 1916 met die organisasie van die vroue-optog wat amnestie vir die gevangenes beoog. Mev. Armstrong is op 17 Oktober 1944 in Pretoria oorlede. FAK

1877
Prof. J.D. du Toit (Totius) gebore

Jacob Daniël du Toit is meer bekend onder sy digters naam Totius – die naam wat sy studentevriend, B.J. Esser in 1901 in Amsterdam aan hom gegee het. Sy lewe, wat vroeg in 1877 in die Paarl ‘n aanvang geneem het, vind 76 jaar later ‘n graf in Potchefstroom. ‘n Buitengewoon vol lewe: skitterende student, Kaapse rebel saam met die Boeremagte, ‘n predikant, ‘n professor in Teologie, ‘n Bybel vertaler, ‘n volksman, ‘n kerkman, ‘n Psalm berymer, ‘n taalstryder, ‘n digter… onder sy eie mense en oorsee geniet sy werk groot erkenning: nege doktorsgrade word aan hom toegeken! Dr. J.D. Kestell noem hom op ‘n keer namens die volk: “Ons innige geliefde Totius.” Duisende het gewag op sy boodskap soos in die stadsale van Johannesburg en Bloemfontein, by ons grootste monumente soos die Vrouemonument en die Voortrekkermonument. In sy tuisdorp het hy sy studente geďnspireer met sy lesings, en Sondae is die kerkvolk meegesleep met sy prediking. Uit die ryke verskeidenheid van Suid-Afrika se bodem, is hierdie seun van hom gevoed: die Paarl in die Boland, waar hy gebore is in die lug van die Genootskap van Regte Afrikaners, die Magaliesberge in Rustenburg se węreld, waar die woord vryheid ‘n betekenis in die gees van Paul Kruger kry, Burgersdorp in die Oos-Karoo, waar die mense taai is soos die besembosse teen die kliprante. En dan volg ons hom saam met die burgers van die twee Boererepublieke. Totius se spore gaan ook langs die hange van die Natalse slagvelde, waar hy gewondes moet versorg en lyke moet dra. Ons vind hom in die vuurlinie van Magersfontein naby Kimberley. As Kaapse rebel moet hy saam met ander voor die oorwig van lord Roberts uitwyk, en dit laat hom in Amsterdam beland. Dit is ‘n beskikking wat hom ‘n groot geleerde maak. Hierna kry Totius ‘n woonplek op Potchefstroom, waar hy op die puinhope van die oorlog oor die hele Wes-Transvaal predikantswerk moet doen. Hier word hy professor, skryf hy sy gedigte, hier naby tussen ‘n lap doringbome vertaal hy die Bybel in Afrikaans en berym hy die Psalms. Hier in Potchefstroom word twee kinders binne twee maande deur die dood weggeruk. Maar Passieblomme word gebore en Totius se verlies was die volk se wins. Die profeet van die ou hoofstad van Transvaal, het ook die profeet van die Afrikanervolk geword. Hy is op 1 Julie 1953 in Pretorius oorlede. Aka fak V.E.D

Ben Kruger
20 Feb 2011, 20:14
Wat is die
Genootskap van Regte Afrikaners

Is dit die mense wat ons Boeretaal en Boere Geskiedenis so verdraai het?

Voorwaarts
20 Feb 2011, 20:29
Sover ek dit het, is dit die groep wat die taal Afrikaans, 'n formele taal begin maak het. 'n Taal waarmee ons wetenskap, finansies, wiskunde en tegologie kon beoefen.

Ben Kruger
21 Feb 2011, 09:55
Dankie Voorwaarts.

Was ons taal altyd Afrikaans of Boeraans of Hollands? Ek weet dat daar sprake was van die mense wat geklaag het dat die Boere se Hoog Hollands vir hul te moeilik is om te verstaan...

Elk geval terug by die draad. Enige persoon wat Kennis het oor ons Boere Geskiedenis is welkom om my te help byvoeg hier. As julle moontlik kan plaas skakels na die informasie of verwys waar jy dit vandaan kry.

Boere Groete.

funquin
21 Feb 2011, 19:59
Ek gaan hierdie draad sommer baie geniet!


21 Februarie 1848 het die Boere in die Nataliese Republiek 'n protesmanifes onderteken. Vermoedelik teen die Britte. Daar is nie veel besonderhede oor hierdie manifes op die web beskikbaar nie, maar hier is die skakel.

http://af.wikipedia.org/wiki/J.N._Boshoff

Verder lyk dit my 21 Februarie was 'n lui dag on die geskiedenisboeke. Ek sal more sien of ek meer oor vandag kan uitgrawe.

Ben Kruger
21 Feb 2011, 20:17
22 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Sint Lucia (1979)

* 1819 - In terme van die Adams-Onís verdrag, verkoop Spanje Florida aan die VSA vir vyf miljoen VSA dollar.
* 1788 - Arthur Schopenhauer, 19de eeuse Duitse filosoof word in Danzig, Pole gebore.
* 1987 - Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar, avant-garde filmmaker, skrywer en sosiale figuur sterf in New York tydens 'n roetine galblaasoperasie.
* 1990 - T.O. Honiball, wat bekend staan as die skepper van die Afrikaanse strokiesprent, sterf in Montagu.

1707
Stryd teen W.A. van der Stel gewen

Die inwoners van Stellenbosch is in die nag van 22 Februarie 1707 uit hul slaap gewek deur ‘n jong man wat te perd deur die stil strate gejaag en die lug laat weergalm het met die kreet “Victorie, Victorie!” Die gerug het die burgers bereik dat hulle die stryd teen die omstrede Goewerneur W.A. van der Stel en die hoë amptenare gewen het, en dat die goewerneur uit die Kaapkolonie verban is. Dit was inderdaad die geval, en hierna moes verskeie hoë amptenare die Kaap verlaat. Hulle vroeëre beleid het nietemin daartoe help lei dat al hoe meer burgers algaande die binneland ingetrek en sodoende die onbekende oopgestel en hulle gevolglik daar gevestig het. Die owerheid moes telkens agterna beweeg en het daardeur die proses eerder verhaas as vertraag. Aka fak J.C.P

1707
Hendirk Bibault:
“Ik ben een Africaander”

Die oorwinning oor Van der Stel het nie sonder uitbundige vreugde gepaard gegaan nie. Vier jong mans van Stellenbosch het te perd deur die strate van die dorp gejaag en onder die invloed van drank by die meule moles gemaak deur die graan bakke rond te gooi en die meulenaar uit te skel. Landdros Starrenburg, wat op die lawaai afgekom het, het twee van die jong mans met ‘n rottang bygekom, waarop een, Hendrik Bibault, geskreeu het: “Ik wil niet loopen, k’ben een Africaander.” Hier gebruik Bibault die woord “Afrikaner” in die sin van ‘n persoon wat in Suid-Afrika gebore is, in teenstelling met die Hollanders en Franse wat van oorsee kom. Biblaut maak onderskeid tussen, aan die een kant, die emigrante en VOC-amptenare van wie Starrenburg een was) wat slegs tydelik aan die Kaap gestasioneer was, en aan die ander kant homself en ander Suid-Afrikaansgeborenes wat Suid-Afrika as hul enigste vaderland ken en aanneem.

Ben Kruger
21 Feb 2011, 20:21
Ek gaan hierdie draad sommer baie geniet!

21 Februarie 1848 het die Boere in die Nataliese Republiek 'n protesmanifes onderteken. Vermoedelik teen die Britte. Daar is nie veel besonderhede oor hierdie manifes op die web beskikbaar nie, maar hier is die skakel.

http://af.wikipedia.org/wiki/J.N._Boshoff

Verder lyk dit my 21 Februarie was 'n lui dag on die geskiedenisboeke. Ek sal more sien of ek meer oor vandag kan uitgrawe.

Dankie Funquin.

Jacobus Nicolaas Boshoff, ook wel J.N. Boshoff, (Kogmanskloof, Montagu, Kaapkolonie, 31 Januarie 1808 – Weston, Pietermaritzburg, 21 April 1881), was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, 'n Voortrekker en die tweede Staatspresident van die Oranje-Vrystaat van 1855 tot 1859.

Boshoff was 'n lid van 'n hugenote-familie van die Kaapkolonie waarvan die agternaam oorspronklik Boseau was. Hy het sy opleiding in Swellendam en Graaff-Reinet voltooi.[1] Boshoff is twee keer getroud. Die eerste keer was met Adriana Petronella Gertruida van Aswegen (van Graaff-Reinet) op 3 November 1827 en na haar dood in 1878 met Louisa Perry van der Berg op 26 Mei 1880.

Boshoff was een van die oorspronklike Voortrekkers in Natal wat die Natalia Republiek gestig het. Hy het homself as 'n bekwame politikus bewys in die lig van Britse planne om Natal te annekseer. Hy het die protesmanifes wat die Boere op 21 Februarie 1842 by Pietermaritzburg geteken het, opgestel en hy was ook self 'n ondertekenaar. Dit het sy reputasie onder die Britte gevestig.[2]

Boshoff was nog in die Natalse regeringsdiens toe hy as president van die Oranje-Vrystaat gekies is. Hy het met 'n groot meerderheid bo drie ander kandidate, waaronder J.J. Venter en A. du Toit, gewen.

Gedurende sy termyn het Boshoff die hoeksteen van Grey-kollege in Bloemfontein op 13 Oktober 1856 gelę .

Politiek in die Oranje-Vrystaat was op daardie stadium nog baie lewendig en persoonlik in die 1850's en daar was gereeld konflik tussen die Volksraad en die Staatspresident. Op 25 Februarie 1858 het Boshoff sy bedanking ingedien wat op 15 Maart 1858 in effek sou tree. Dit was as gevolg van 'n dispuut oor die volgorde van die vergaderings van die Volksraad. Die Volksraad het die bedanking aanvaar maar was nie gelukkig daaroor nie. Boshoff het sy bedanking teruggetrek na samesprekings maar dit het die bedanking van sommige lede van die Volksraad tot gevolg gehad, waarvan die voorsitter een was.[3]

Vroeg in 1858 het die spanning op die grens met die Basotho-gebied hoog geloop en oorlog en onafwendbaar gelyk. Die staatsfinansies was op daardie tydstip baie sleg en Boshoff het baie moeite ervaar om die verdidiging te organiseer en wapens te koop. Met die aankoop van vyftig gewere teen Ł6 stuk het hy 'n vertraging in betaling vir ses maande aangevra. Bystand van die Transvaal en die Kaapkolonie het nie belowend gelyk nie en die regering van die Oranje-Vrystaat het vir Goewerneur Grey gevra om as bemiddelaar tussen die Basotho en die Orane-Vrysaat op te tree. Dit het in Augustus en September 1858 verval en het uigeloop op die Verdrag van Aliwal-Noord op 29 September 1858. Daarin is die jurisdiksie van die Oranje-Vrystaat en die Basotholand vir die eerste keer vasgelę saam met sekere wetlike voorskrifte.[4] Intussen was daar oproepe dat die Oranje-Vrystaat met die Zuid-Afrikaansche Republiek moes saamsmelt. Hierdie oproepe het in Mei 1857 byna op 'n burgeroorlog tussen die twee buurstate uitgeloop.

In die oorlog teen die Basotho's, wat in 1858 verklaar is, het die Vrystaatse kommando's aanvanklik groot suksesse behaal, maar hulle kom dit op die lange duur nie volhou nie. Die Vrystaters het uiteidelik groot veeverliese gely en die Vrystaat is militęr so deur die oorlog uitgeputdat hy nie in staat was om verder met die Basotho's af te reken nie. Daar moes dus dringend ander planne beraam word.

Een uitweg was om die ondersteuning van Transvaal te soek. Pretorius was daartoe bereid maar alleen op die voorwaarde dat die twee republieke dan met mekaar moes verenig. Goewerneur Grey van die Kaapkolonie het egter 'n stokkie daarvoor gesteek en het self probeer om vereniging van die Oranje-Vrystaat met die Kaapkolonie te bewerkstellig. Die Vrystaatse Volksraad was ten gunste daarvan, maar die Britse regering wou dit nie toelaat nie.[1]

In 1860 is M.W. Pretorius as nuwe president gekies en die twee republieke was vir 'n kort rukkie verenig onder een staatshoof. Die eksperiment het misluk met Pretorius wat eers as president van Transvaal bedank het en nie sy termyn as president van die Oranje-Vrystaat voltooi het nie. Vir die nuwe verkiesing in 1963 is Boshoff as een van die kandidate benoem maar uiteindelik is J.H. Brand deur die Volksraad aangewys as die enigste kandidaat.[5]
Latere lewe en dood [wysig]

Boshoff het sy politieke loopbaan in Natal voortgesit as lid van die Wetgewende Vergadering van die Kliprivier-distrik (1866).[6] Hy is op 24 April 1881 in Weston, Pietermaritzburg, oorlede en is begrawe in die Voortrekkerbegraafplaas in Pietermaritzburg. Toe die nuus van Boshoff se sterfte Bloemfontein bereik het, het die Volksraad 'n voorstel deurgevoer wat Boshoff vir sy dienste tot die Oranje-Vrystaat bedank het.[7]

Ben Kruger
22 Feb 2011, 23:22
23 Februarie: Verdedigers van die Moederlanddag in Rusland (1918), Republiekdag in Guiana, (1970), Lanternfees in die Sjinese kalender (2005).

* 1455 - Johannes Gutenberg begin die Gutenberg Bybel in Mainz, Duitsland druk.
* 1574 - Die vyfde heilige oorlog teen die Hugenote begin in Frankryk.
* 1854 - Die Oranje-Vrystaat verkry amptelik onafhanklikheid met die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein met Brittanje.
* 1903 - Guantánamo Baai, Kuba word tot in ewigheid aan die VSA verhuur.

Februarie 23
1854
Die Oranje-Vrystaat kom tot stand

Nadat sir Harry Smith die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier tot die Oranjerivier-Soewereiniteit verklaar het, sou die Republikeinse Trekkers met die steun van Andries Pretorius tevergeefs by Boomplaats in Augustus 1848 die gebied probeer herwin. Die Britse gesag is opnuut bevestig, maar dit is halsstarrig en onwillig deur die Boere aanvaar. Ook Mosjesj, die Basoeto-opperhoof, het in vyandskap met die gebied geleef en die Britse resident, maj. H.D. Warden, het dit moeilik gevind om die Basoeto’s se roofaanvalle op die blankes te bekamp. Hy het sake vir homself nog moeiliker gemaak deur hom voortdurend in te meng met die onderlinge twiste tussen die inboorling kapteins en ander stamme in die gebied. Die prestige van die Britse gesag is ‘n ernstige knou toegedien toe Warden deur die Basoet’s in 1851 by Viervoet verslaan is, veral omdat hy nie die steun van die Boere in die stryd geniet het nie.

Hierdie chaotiese toestand wat meer Britse troepe geverg het, maar geweier is, omdat die regering in Brittanje teen verdere uitbreiding in Suid-Afrika gekant was, het tesame met ernstige probleme aan die Kaapse oosgrens die Britse owerheid laat besluit dat die voordeliger sou wees om die Soewereiniteit prys te gee.

‘n Uitvloeisel hiervan was die sluiting van die Sandrivier-konvensie, waardeur Transvaal in 1852 sy onafhanklikheid verkry het.

Die kommissarisse, Hogge en Owen, wat die onderhandelinge gevoer het, het ook sake in die Soewereiniteit ondersoek en eweneens aanbeveel dat die gebied prysgegee moet word indien nie meer troepe daarheen gestuur kan word nie. Sir Harry Smith het steeds wal gegooi vir die behoud van sy destydse gedagte, maar toe hy in die begin van 1852 deur sir George Cathcart vervang is, was die skrif aan die muur.

Cathcart was daarvan oortuig dat die Britse gesag aan die gebied onttrek moet word, maar voordat die geskied, wou hy die Basoeto’s oor al hul aanvalle op die gebied eers op hul plek sit. Die omgekeerde vind plaas, want sy sterk mag word in Desember 1852 gevoelig by Bereaberg verslaan, en hy word gedwing om ‘n vredesaanbod te aanvaar. Hierop het die Britse Sekretaris van staat en kolonies besluit dat die gebied aan die oorspronklike inwoners teruggegee moet word en sou dit net ‘n klein klompie lojale Boere en die invloedryke Engelse winkeliers en grond spekulante wees wat die Britse vlag oor die gebied wou sien wapper.

Sir George Clerk is as spesiale kommissaris na Bloemfontein gestuur om die sop segging deur te voer. In Augustus 1853 onderhandel hy met 95 gemanipuleerde afgevaardigdes wat weier om die Britse gesag prys te gee. Nuwe afgevaardigdes, 25 representante, word onder die republikeinse gesinde inwoners gekies wat in die ou Raadsaaltjie in St. Georgestraat met Clerk onderhandelinge voer om die gebied oor te neem.

Tot op die laaste het die Engelssprekendes bly protesteer. Selfs dr. A.J. Fraser en ds. Andrew Murray is vir die doel na Engeland gestuur. So hewig en luidrugtig was die teenstand dat die finale ondertekening van die Bloemfontein-konvensie in die Britse resident se woning, Green Lodge, digby die ou Raadsaaltjie moes plaasvind.

Die ondertekening van die konvensie op 23 Februarie 1854 het die totstandkoming van die Oranje-Vrystaat beteken en kon J.P. Hoffman as waarnemende Staatspresident op die dag verklaar:


Landgenoten! Medeburgers! De dag van heden was een der zeldsame, indienniet de eenigste, in de wereldgeschiedenis, en voor ons de geboortedag onzer onafhanklijkheid. Wat wij op dezelven werden, verkregen wij ongevraagd, terwijl andere volken, voor dit dierbaar kleinood jaren strijk en stroomen bloeds offerden, ontvingen wij door slechts te nemen wat ons aangeboden werd.

Omdat die Boere nog oor min politieke kennis en ervaring beskik het, is die taak van ‘n grondwet aan die Nederlandse onderwyser, Jacobus /Groenendaal, toevertrou. Groenendaal het as leidraad die Amerikaanse konstitusie van 1787 gebruik. Voorts het hy hom verlaat op die ampte en politieke instellings wat die Voortrekkers seder 1836 self geskep het. Die Volksraad, wat deur die stemgeregtigde burgers aangewys is, was die vernaamste bestuurs orgaan.

1856

23 Februarie word Vrystaatse onafhanklikheidsdag tot ‘n feesdag verklaar

1857

23 Februarie
Vrystaatse onafhanklikheidsdag word vanjaar as Publieke Feesdag gevier.


Aangesien die onafhanklikheid van die Vrystaatse republiek in ‘n sekere sin op die inwoners van die gebied afgedwing is en ‘n gedeelte daarteen geprotesteer het, was daar met die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 23 Februarie 1854 naas ‘n klompie kanon skote nie van feesvieringe sprake nie. Ook die Republiek se eerste verjaarsdag het heel ongemerk verbygegaan, maar op 18 Februarie is besluit dat die aanstaande
“Zaterdag, de 23ste Februarij, gevierd zal worden als een publieke feestdag, ter herinnering van den vrijdom van onzen Vrijstaat en dat het in vervolg jaarliks zal worden gehouden.” Ondanks die besluit, is geen besondere feesprogram afgehandel nie, want selfs die Volksraad het op daardie dag met sy gewone werksaamhede voortgegaan. Eers die volgende jaar sou 23 Februarie as feesdag tot sy reg kom. Aka fak M.C.E.v.S

Ben Kruger
23 Feb 2011, 19:46
24 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Estland (1918)

* 1582 - Pous Gregorius XIII promulgeer die Gregoriaanse kalender om die Juliaanse kalender te vervang.
* 1917 - 'n Spontane volksopstand begin in Moskou nadat tsaar Nikolaas Rusland in die Eerste Węreldoorlog begewe.
* 1918 - Estland verklaar onafhanklikheid van Rusland.
* 2005 - Die krytrotsformasie Wissower Klinken naby Rügen, wat deur die Duitse landskapskilder Caspar David Friedrich in 1818 geskilder is, verbrokkel as gevolg van verwering en stort in die see.


1866
Nederduitsch Hervormde kerkgebou, Potchefstroom ingewy

Op hierdie dag is die huidige kerkgebou van die Nederduitse Hervormde gemeente Potchefstroom deur ds. Dirk van der Hoff ingewy. Die hoeksteen was al op 20 Oktober 1859 gelę, maar binnelandse onrus het die voltooiing van die gebou vertraag. Die plegtige inwyding is ook destyds bygewoon deur die President en die hele Volksraad, wat selfs sy sitting opgeskort het om die feesviering te kan bywoon. In die kerkgebou is ‘n pragtige geelhoutpreekstoel wat in Natal gemaak is, terwyl die orrel in 1891 in die kerkgebou geplaas is. Die banke, plafon en beligting dateer ook uit hierdie tyd. In 1965 die kruiskerk, die oudste kerkgebou in Transvaal, tot ‘n historiese monument verklaar. So word hierdie pragtige voorbeeld van ons vroeë kerkboukuns bewaar. Aka fak A.D.P

1968
Randse Afrikaanse Universiteit

Die Randse Afrikaanse Universiteit het tot stand gekom ingevolge Wet nr. 51 van 1966, waarin die Randse Afrikaanse Universiteit omskryf is as Afrikaans in gees en karakter, en dat die beginsels vervat die aanhef van die Grondwet van die Republiek van RAU gehandhaaf sal word. Die Universiteit is op 24 Februarie 1968 amptelik geopen. Sy eerste kanselier, dr. N. Diederichs, is ingehuldig, nadat die eerste 741 studente hulle op 3 Februarie begin inskryf het en die eerste lesings op 13 Februarie aangebied is. In die eerste sewe jaar is van ‘n tydelike kampus in Braamfontein, Johannesburg, gebruik gemaak totdat die moderne nuwe kampus op 24 Mei 1975 deur dr. Diederichs Staatspresident en Kanselier van die universiteit, amptelik geopen is.

Ben Kruger
24 Feb 2011, 20:57
25 Februarie: Nasionale Dag in Koeweit (1950)

* 1852 - Die Britse troepe draer H.M.S. "Birkenhead" gaan onder onderweg na Port Elizabeth, wat aanleiding gee tot die oprigting van die "Danger Point" -vuurtoring 43 jaar later.
* 1836 - Samuel Colt ontvang 'n patent vir die rewolwer.
* 1912 - Marie-Adélaďde, die oudste van ses dogters van Willem IV, word die eerste heersende Groothertogin van Luxemburg.
* 1921 - Die Demokratiese Republiek van Georgië word deur die Sowjets Rooi Leër beset.


1807
Johanna Magaretha Duminy oorlede

Johanna Magaretha Duminy, gebore in Kaapstad op 29 Junie 1757, was die bekende Kaapse dagboek skryfster, dogter van Benjamin Nöthling en getroud met die Franse skeepskaptein, Francois Renier Duminy. Teen die einde van die agtiende eeu woon hulle in hul huis, Le Jardin, teen die hange van Tafelberg, waar sy noukeurig boekhou van haar uitgawes. Dit bied ‘n goeie insig in die daaglikse lewe van ‘n betreklik welvarende Kaapse gesin. Johanna Duminy het veral bekendheid verwerf danksy haar dagboek – waarvan slegs ‘n klein gedeelte bewaar gebly het – en wat sy op hulle Overbergse plaas, Bokkerivier, en op die warm bron naby Caledon geskryf het. Die dagboek het groot kultuurhistoriese waarde, omdat dit lig werp op die taalgebruik aan die Kaap teen die einde van die agtiende eeu en ook die daaglikse lief en leed van die Overbergers op lewendige en humoristiese wyse uitbeeld. Sy is op Caledon oorlede. Aka fak P.G.N

1902
Oorwinning by Ysterspruit

Op die oggend van 25 Februarie 1902 is ‘n verrassingsaanval deur gens. J.H. de la Rey, P.J. Liebenberg, J.C.G. Kemp en J.G. Celliers op ‘n Britse konvooi onder bevel van kol. Anderson by Ysterspruit in die omgewing van Klerksdorp gedoen. Verwarring het gevolg, en aan Britse kant is 53 gedood, 130 gewond en sowat 500 krygsgevangene geneem, terwyl hulle geskut en ‘n groot hoeveelheid ammunisie ook in Boere hande geval het. aka fak C.M.B

Ben Kruger
25 Feb 2011, 21:45
26 Februarie: Vryheidsdag in Koeweit (1991)

* 1815 - Napoléon Bonaparte ontsnap uit bannelingskap op Elba.
* 1935 - Adolf Hitler herstig die Duitse Luftwaffe en verbreek hiermee die Verdrag van Versailles wat na die Eerste Węreldoorlog geteken is.
* 1993 - 'n Paneelwa ontplof in die ondergrondse parkeerplek van die Węreldhandelsentrum in New York Stad, ses mense sterf en meer as 1000 word beseer.
* 1981 - Die Franse sneltrein, die TGV, stel 'n nuwe węreldrekord op wanneer dit 'n snelheid van 381 kilometer per uur bereik op die spoorweg naby Tonnerre.

1876
Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal gepubliseer

Die voorstanders van Afrikaans het dadelik besef dat ‘n Afrikaanse spraakkuns onontbeerlik is. Nog voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners skryf Een Ware Afrikaander (ds. S.J. du Toit) op 30 Januarie 1875 aan Klaas Waarzegger jr. (C.P. Hoogenhout) oor die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal en wat Die eerste vraag sal wees …wat is die Afrikaanse taal?

Die eerste boekies is geskryf en gedruk ooreenkomstig ‘n bepaling in die statute van die GRA. Die naam van die vroegste werkie is Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal (1876), wat veral die hand van ds. S.J. du Toit verraai, maar waaraan ook eerw.. J.W. van der Rijst en C.P. Hoogenhout meegewerk het. Dit was maar dun en het slegs 29 bladsye leesstof bevat.

Ses jaar later is dit herdruk en in 1897 deur ds. Du Toit enigsins omgewerk, toe 6 000 eksemplare van die Vergelykende Taalkunde van Afrikaans en Engels, soos dit nou heet, gedruk is. In 1902 was ‘n herdruk al nodig. Die GRA is op hulle vergaderings gereeld op die hoogte gehou van die vordering wat gemaak is met die skryf en publikasie van Eerste Beginsels. Aka fak P.J.N

Hier het die taal wat die Boere se taal vervang het, vorm begin kry en so ook stadig maar seker het die Afrikaans Sprekendes begin verwys na hulself as Afrikaanders en later.. Afrikaners.

1956
Mej. L.F. Meyburgh oorlede

Louisa Frederika Meyburgh was ‘n merkwaardige dame. Na haar is reeds verwys as Port Elizabeth se eerste Afrikaanse predikant, Port Elizabeth se vroue-predikant, die moeder van die Moedergemeente (PE), die moeder van die NG Kerk in Port Elizabeth, die goeie Engel van Port Elizabeth, ‘n Engel van die Lig en ‘n Heldin van die stad. Sy is op 8 Augustus 1876 in Graaff-Reinet gebore en het in Cradock grootgeword. In 1900 het sy om gesondheidsredes na Part Elizabeth gekom, waar sy haar lewens roeping sou vervul. Port Elizabeth was toe ‘n buitewyk van die gemeente Uitenhage. ‘n Eie NG gemeente in Port Elizabeth is eers in 1907 gestig. Mej. Meyburgh, wat die godsdienstig was, het haar duidelik die lot van haar verarmde geloof- en volksgenote aangetrek. Sy het geestelike en maatskaplike werk onder hulle begin doen, want geen gesin durf vir kerk en volk verlore gegaan het nie. En weldra word die hele stad haar arbeidsveld. Sy bearbei die gemeente-in-wording feitlik op haar eie. In 1901 het sy met ‘n Sondag skoolklas en ‘n biduur kring begin. Sy hou selfs dienste, lei begrafnisse en beywer haar met hart en siel vir die stigting van ‘n eie NG gemeente in die hawestad. Op die armesorg akker lewer sy ‘n bydrae van monumentale omvang. Vir die hulpbehoewende Afrikaner was sy geneesheer, verpleegster, sieketrooster, landdros, raadgeefster, ‘n vriendin en ‘n moeder. Haar lewe was een van onbaatsugtige naaste diens. Ter nagedagtenis van haar is ‘n tehuis vir bejaardes, Huis Louisa Meyburg, in 1976 in Port Elizabeth opgerig. Aka fak H.O.T

Ben Kruger
26 Feb 2011, 23:16
Onafhanklikheidsdag in die Dominikaanse Republiek (1844)

* 1751 - Rijk Tulbagh neem oor as Goewerneur van die Kaap.
* 1881 - Die Boere van Transvaal behaal 'n deurslaggewende oorwinning in die Slag van Majuba, die laaste militęre botsing met Groot-Brittanje tydens die Eerste Vryheidsoorlog.
* 1900 - Generaal Piet Cronje gee met 4000 man by Paardeberg oor en word as krygsgevangene in hegtenis geneem en na Sint Helena gestuur.
* 1976 - Die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek word uitgeroep in die Marokkaans besette Wes-Sahara.

27 Februarie 1881
Die Slag by Amajuba


GESKIEDENIS VAN MAJUBA
Die Oorwinning van Majuba:
“Die Heuwel van die duiwe”

27 Februarie 1881

Die anneksasie van die ZAR op 12 April 1877 het meegebring dat baie van die grootste sentra van die Transvaal beset was deur die Britse garnisoene. Die herstel van die ZAR op 13 Desember 1880 het weer openlike vyandelikhede tussen die Transvaalse burgers en die Britse besetters laat uitbreek.Om Pretoria te ontset is ‘n Britse leërafdeling van Lydenburg af gestuur. Naby Bronkhorstspruit is die mag deur genl. Frans Joubert totaal verslaan en gevange geneem.

Dit was die eerstes van ‘n reeks neerlae wat die Britte gedurende die Eerste Vryheidsoorlog teen die Boere sou ly. Genl. sir George Pomeroy Colley was luitenant-goewerneur van Natal, maar sy pogings om met sy ontsettingsmag na Transvaal deur te dring, is verydel deur genl. Joubert, die Transvaalse kommandant-generaal wat met ongeveer *2 000 man die toegang deur die Drakensberg by Laingsnek versper het.

Twee keer, by Laingsnek op 28 Januarie 1881 en by Schuinshoogte op 8 Februarie 1881, moes Colley na sy militęre kamp by Mount Prospect terugkeer om sy wonde te gaan lek. Begerig om sy geskonde reputasie ná al die neerlae te herstel het Colley ‘n laaste poging aangewend deur op 27 Februarie die berg Amajuba te beset.

Colley wou met die oorheersende hoogte in sy besit, poog om met ‘n hernieude aanval op die toegangsweg sy opmars na Transvaal geslaag op dreef te kry. By wyse van ‘n nagmars het hy dit reggekry om in die nag van 26/27 Februarie 1881 troepe op Amajuba te plaas.

Hiermee het hy ‘n verrassing behaal, want dit was eers na dagbreek dat genl. Joubert van die ontstellende feit kennis geneem het. Joubert wat besef het dat sy linie aan weerskante van Laingsnek nou deur omvleueling bedreig word, het aan genl. N. Smit opdrag gegee dat Amajuba ingeneem moet word.

Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg.

Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant beweeg.

Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg.

So is die kruin van drie kante af, noord, oos en wes beset. Van agter die skuiling van die groot terras het die Boere ouer as die ouderdom van 50 jaar voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.Colley het aanvanklik min gedoen om sy magte ordentlik op die kruin te verskans. Hy was ook traag om artillerie teen die berg uit te sleep. Verder het hy geen werklike plan in werking gestel om die Boere stellings weerskante van Laingsnek met ‘n gekoördineerde aanval van Amajuba af en sy kamp by Mount Prospect aan te pak nie.

Nadat hy die borswering en ‘n viertal koppies op die rand van die plato beset het, het hy dadeloos gewag, skynbaar om sy soldate geleentheid te bied om uit te rus, salig onbewus van die ontplooiing van die storm groepe wat onder dekking van die grond, besig was om die berg te bestyg.

Teen ongeveer *12h45 die middag was die Boere in posisie om die borswering van die plato en gereed vir die finale stormaanval. Terwyl ‘n speerpunt van ongeveer *60 burgers vorentoe beweeg, het die res dekkings vuur verskaf en met moordende akkuraatheid die Britse rooi en blou baadjies wat duidelike teikens agter hul yl skanse was afgemaak.

Colley wat op die tydstip besig was om te dut, is totaal verras en nňg hy, nňg sy troepe in linie of die reserwes kon die inbraak deur die borswering op die kruin afweer. Teen ongeveer *eenuur was die inbraak voltooi en het die Boere deur die doelwit begin veg, terwyl die Britse soldate voor hulle suidwaarts oor die gelykte wat die berg bo-op vorm, vlug en sneuwel.

Geen teenaanval kon deur Colley georganiseer word nie en terwyl hy deur die ineenstorting van sy verdediging vasgenael staan en toekyk, is hy dodelik getref. Sommige soldate het tydens hul vlug tog oor die rand van die suidelike kruin die afgrond afgestort, die meerderheid wat nie gedood of gewond is nie, het oorgegee.

Dit was die mees verpletterende neerlaag wat ‘n Britse leërafdeling sedert Isandlwana gely het.Die uitslag as ‘n besliste neerlaag van die hele reeks gevegte van die Eerste Vryheidsoorlog is deur die Liberale regering van Gladstone aanvaar en ‘n wapenstilstand is met die Boere aangegaan. Dit het gelei tot die Pretoriase konvensie in 1881 en tot die Londense konvensie in 1884 wat die onafhanklikheid van die ZAR weer eens herstel het.

*Getalle en tye word verskillend deur verskeie bronne aangedui, en moet slegs as benadering gesien word.

Ben Kruger
26 Feb 2011, 23:23
1900
Oorgawe van genl. P.A. Cronje

Nadat veldmaarskalk Roberts, genl. Piet Cronje se strategiese stellings by Magersfontein omvleuel het, was Cronje met die tweede belangrikste Republikeinse leër in gevaar om ingesluit te word.

Omdat hy sy walaer saam met sy mag van bykans 4 000 man wou red en nie insig genoeg geopenbaar het om Roberts se strategie vooruit te loop nie, is hy uiteindelik op 17 Februarie 1900 op die plaas Wolwekraal, nie ver van Paardeberg nie, teen die Modderrivier, vasgedruk.

Tien dae lank is tevergeefs weerstand gebied teen ‘n Britse oormag van 33 000 man, met 120 kanonne wat Cronje van alle kante bestook het. Sy laaste poging om te ontkom, is op 26 Februarie verydel toe sy geďmproviseerde wabrug oor die steeds voller wordende rivier deur Britse artillerievuur vernietig is.

Die lyding van die kinders, vroue en burgers in sy bom verflenterde laer, waar honger, koue, gebrek aan medikamente, die wil tot verder weerstand begin ondergrawe het, het ‘n breekpunt veroorsaak. Die meerderheid van sy burgers het oorgawe geëis.

Toe teen dagbreek die voorspel tot die finale stormloop met ‘n bombardement ingelui is, het enkele wit vlae bokant die laer verskyn. Die krygs rumoer het bedaar, en Cronje het ‘n nota uitgestuur en ‘n rukkie later onder geleide van Britse boodskappers persoonlik na Roberts uitgery en met 46 offisiere en 3 873 man oorgegee.
Aka fak C.M.B

President Paul Kruger was ook teenwoordig in hierdie tyd en het 'n bevel aan Cronje gestuur dat hulle 'n weg sou regmaak vir die laer om te ontsnap. Cronje was natuurlik beterweterig en het die bevel ignoreer. (Dit kan verifieer word uit President Kruger se eie "memoirs" en "Genl. de Wet -The Three Year War")

Ons kan amper 'n Feit hier neer lę in ons Geskiedenis anale, met Cronje se Oorgawe het die Boervolk reeds verloor.

Ben Kruger
26 Feb 2011, 23:26
1907
Generaal Botha Word Eerste Minister
Pretoria

‘n Oorwinning wat die stoutste verwagtinge van die Het Volkparty oortref het, is vandag by die stembus behaal. Die Progressiewe Party het met sy verkiesingsleuse “Vote British” slegs 21 setels, Het Volk daarenteen 37 setels met behulp van die Arbeidersparty verower.

Die eerste Transvaalse kabinet sal saamgestel word deur genl.. Louis Botha, terwyl genl. Jan Smuts genoem word as “koloniale sekretaris” (minister van binnelandse sake). Verder verneem ons uit betroubare bron dat die heer Johann F.B. Rissik in Botha se kabinet sal dien. Onder die nuwe parlementslede waaruit die kabinet verder saamgestel sal word, is baie name van bekende Boereleiers.

Ons noem slegs genl. J.H. de la Rey en genl.. Schalk W. Burger, asook generaals D.J.E. Erasmus, L.A.S. Lemmer en baie kommandante uit die jongste oorlog. Die byeenkomste van die Wetgewende Vergadering sal plaasvind in die saal in die Goewermentsgebou aan die Kerkplein, waar die Tweede Volksraad tydens die Republikeinse regering gesit het.

Die goewerneur het die reg om die lede van die Wetgewende Raad te benoem. Sir George Farrar van die Progressiewe Party, wat nou die leier van die opposisie is, was een van die vier “reformers” wat na die Jameson-inval ter dood veroordeel was.

Ben Kruger
28 Feb 2011, 05:06
28 Februarie: Pannekoekdag in Brittanje (2006); Vredeherdenkingsdag in Taiwan.

* 364 - Valentininius I word verkies as Romeinse keiser deur amptenare van die Romeinse leër by Nicaea, Bithynia.
* 1784 - John Wesley, 'n predikant van die Anglikaanse Kerk, stig die eerste Metodiste Kerk.
* 1900 - Die Beleg van Ladysmith, wat op wat op 2 November 1899 deur die Boere begin is, eindig.
* 1947 - Die 228-Voorval in Taiwan: Burgerlike opstand in Taipei en Keelung word brutaal onderdruk deur die Sjinese Nasionalistiese leër.

Februarie 27
http://majuba.arkpark.net/majubaslag.htm

Slag van Majuba
Die Britte beset Majuba

Die nag van 26 Februarie 1881 het ‘n Britse mag van ongeveer 400 man onder Generaal Colley die berg Majuba van die suidekant af beset. Om 21h30 het hulle weswaarts uit Mount Prospect beweeg tot by die Imkwelaberg en toe weer noordwaarts bokant O’Neill se plaashuis verby. Om 03h30 Sondagmôre
27 Februarie 1881 het die eerste soldate die kruin bereik. Weens die steilte en die nag, was die bestyging van die berg uiters moeilik. Hulle was afdelings van die 58ste, 60ste en 92ste (Skotse) regimente en ‘n afdeling seesoldate onder aanvoering van Kommandeur Francis Romilly, tweede in bevel van die mag. Hy het op die suidwestelike kruin gesneuwel.

Die Boere se strategie by Majuba

Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant beweeg. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg. So is die kruin van drie kante af, noord, oos en wes beset. Van agter die skuiling van die groot terras (sien kaart) het die Boere met die ouderdom oor 50 jaar voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.

Die geveg bo-op Majuba

Die reserwe Britse soldate is agter ‘n lang randjie wat van wes na oos loop geplaas. Hulle was egter magteloos teen die moordende vuur van die Boere wat van drie kante af gekom het - Roos en sy manne vanuit die noorde, Ferreira en sy manne vanuit die weste en Malan en sy manne vanuit die ooste. Die Britte het suidwaarts oor die kruin gevlug. Hulle verliese was groot: Van die 400 het net 120 ongeskonde oorgebly. Van die 280 ongevalle was 92 dood, 135 gewond en 53 is gevange geneem. Die 120 Skotte het die swaarste gely - slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap.

Nadat die Britse garnisoene aan die suidekant van Majuba verjaag is, het ‘n digte mis en reën toegesak (‘n faktor wat verhoed het dat die Boere Mount Prospect kon inneem).
Op 27 Februarie 1881 het die Boere die Britte 'n vernietigende slag toegedien op Majubaberg.
Toe was ons die oorwinnaars!

1899 tot 1902 - 'n Volskaalse Boere Oorlog (Anglo Boere Oorlog) teen die Britte. En die Britte het vir mekaar gesę:
"Remember Majuba!" 1881 se neerlaag moet herstel word!
Toe was ons die verloorders!

DIE DERDE ANGLO BOERE OORLOG

Weer in 'n Oorlog teen kommunisme en węreldgeldmag. Nou sę ons vir mekaar:
ONTHOU MAJUBA!!!

Laat die Majuba-oorwinning ons volk opnuut aanspoor om die volgende veldslag te wen


http://majuba.arkpark.net/monument.htm

Majuba
Waarom 'n gedenkteken by Majuba?

Die een belangrike kenmerk van die Boerevolk is sy hunkering en strewe na vryheid. In ons verlede moes ons eers veg vir ‘n eie land en daarna moes ons verder worstel om hierdie eie land te behou... en in die stryd het baie bloed van ons mense gevloei.

Ons geskiedenis word dus gekenmerk deur ongelooflike hoogte- en diepte punte. Daar was momente van seëvierende oorwinning, maar daar was baie momente van pyn, lyding en hartverskeurende vernedering.

Die Boerevolk het deur die loop van jare by die meeste oorwinnings plekke en by die neerlaag- en pyn plekke gedenktekens en monumente opgerig sodat die volk die gebeurtenisse moet onthou, en dit oorvertel aan ons kinders. (Daar is ongerymdhede wat ons moet reg stel te doen met dit wat Slegs Boere Geskiedenis is)

By Majuba, het die Boere, met die genade van ons Hemelse Vader, en deur skitterend strategies beplande vernuf en eendragtige optrede, die Engelse verslaan. Dit was die finale oorwinning slag oor die magtige Britse Ryk in die Eerste Anglo Boere Oorlog! Al was dit so ‘n groot neerlaag vir die Engelse, het hulle drie monument op die berg opgerig, en ons volk het nog geen gedenkteken opgerig om ons te herinner aan die Majuba oorwinning nie.

Tydens die 1996 Kongres van Aksie Vrouekrag, het hierdie saak onder bespreking gekom en die volgende besluite is geneem:

1. Dat die volgende kongres op 7 en 8 Maart 1997 DV aan die voet van die geskiedkundige Majubaberg, wat sy mooi voetheuwels uitstoot in die Transvaal, die Vrystaat en Natal, gehou word;

2. Dat tydens die Kongres ‘n monument opgerig moet word ter herinnering aan die oorwinning van die Boere oor Brittanje;

3. Dat die monument moet dien as inspirasie tot die eeufeesherdenking van die Tweede Anglo Boere Oorlog, want toe die Britte in 1899 weer ons land binne marsjeer, het hulle mekaar opgesweep en gefluister: "Remember Majuba";

4. Dat die monument 'n boodskap moet uitdra na die volk. Ons volk is nou in 'n ander wurggreep as in die verlede, dié van kommunisme en sy vennote. Die boodskap van die monument moet die volk vra om homself te ontworstel van die wurggreep wat al nouer om ons nekke trek. Met mag en mening moet ons volk onafhanklik word, op alle terreine van die volkslewe ons eie werk doen en terugvat wat aan ons behoort!

Ons volk moet bereid wees om al die hoër berge as Majuba eendragtig, sonder aarseling uit te klim! Klim die kranse van die onderwys, die gesondheid, oorlewing, kultuur, veiligheid, ja, klim die krans van self oortuiging om alles op te offer vir vryheid! Bly klim met geloofskrag en wilskrag, tot ons weer ons eie Vaderland het!

Op die monument is ingegraveer die woorde van G. A. Watermeyer:
"Met moed, om teen die môrekim méér as Majuba uit te klim"
Aksie Vrouekrag vra die volk om eendragtig, klimmend te veg en vegtend te klim!
Lucia van den BergVoorsitter

Die Majuba monument

(Kort samevatting van toespraak by onthulling van Majuba-monument)
Die twee grootste gedenkdae in die Boerevolk se geskiedenis is die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 en die slag van Majuba op 27 Februarie 1881. Die eerste was die Boerevolk se oorlewing teen barbarisme en die tweede sy oorlewing teen Britse Imperialisme. Beide veldslae was wonderwerke - wonderwerke van God. As ons as Boerevolk dit nie meer raaksien nie, dan sal hierdie monument ons daaraan herinner. As ons God se almag en beskikking in ons vryheidstryd vergeet, sal die klippe van hierdie berg (Majuba) dit uitroep.

In die 19de eeu was Groot Brittanje die magtigste węreldryk op aarde. Hulle het byna een-vyfde van die aarde se oppervlakte besit. Hulle hebsug en magswellus was onstuitbaar - totdat hulle hul teen die berg van Majuba vasgeloop net. In ongeveer 80 oorloë wat Brittanje in die l9de eeu rondom die aardbol gevoer het, het hulle slegs één verloor: teen die Boere in die Eerste Boere oorlog van 1880 - 1881. En met Majuba is die magtige Britse ryk tot in sy fondamente geskud. Die trilling van ‘n politieke aardbewing het deur die węreld gegaan. Die Engelsman kon hierdie veldslag nog nooit verwerk nie en Majuba het Engeland se grootste, bose wraak ontketen. ‘n Verbitterde koningin Victoria het by die Engelse se verpletterde neerlaag uitgeroep: "I don’t like peace before our honour is not retrieved." "Remember Majuba!" was die Tommie se oorlogskreet en 20 jaar later het Groot Brittanje met sy derduisendes toegeslaan om strome bloed oor ons velde te laat vloei. En toe hulle nie ons dapper burgers kon oorwin nie, het hulle teen ons vrouens en kinders begin veg. In 45 konsentrasiekampe het byna 27 duisend binne 18 maande gesterf. 0ok ongeveer 30 duisend Boereplase is tot die grond vernietig. Swart rookwolke het maande lank die lug oor die Transvaalse en Vrystaatse velde donker gemaak.

En ons vandag? Weer eens is ons volk in die krisis om te oorleef. Die duiwelse doelwit om hierdie volk met sy protestantse godsdiens, sy Afrikaanse taal en kultuur te vernietig, is nog nooit laat vaar nie. Maar laat ons ‘n slag by hierdie monument gaan stilstaan en oor hom na die berg Majuba in die agtergrond kyk. Laat ons nuwe besieling uit God se reddingsdade van die verlede put - en vooruit en opwaarts beur!

(Prof Victor d’Assonville)

Ben Kruger
28 Feb 2011, 22:40
Vervolg:

1706
Adam Tas in hegtenis geneem

In die nag van 27/28 Februarie 1706 is Adam Tas deur landdros Starrenburg in hegtenis geneem. Dit is belangrik om daarop te let dat Adam Tas in 1697 as vrye burger na die Kaap gekom het. Hy was dus, in teenstelling met so baie ander Vryburgers, nooit in diens van die Kompanjie nie.

In sy stryd teen die Goewerneur en sy aanhangers, het Tas die ondersteuning gehad van baie Franse Hugenote wat, ook soos hy, as vrye burgers na die Kaap gekom het.

Adam Tas was vir sy tyd ‘n belese man, soos blyk uit die boekery wat hy nagelaat het. Hy was ‘n vaardige man met die pen en dus die aangewese persoon om die klagskrif teen die Goewerneur op te stel.

Na sy aankoms aan die Kaap het hy as boekhouer van sy oom en invloedryke Boer, Henning Hüsing, opgetree. Toe die Goewerneur en van sy amptenare op groot skaal begin boer, het dit die Vryburgers baie benadeel, aangesien daar reeds ‘n oorproduksie van wyn, graan en vleis aan die Kaap was. Die afset probleem is vererger deurdat die Goewerneur dit so bewerk het dat die wyn- en vleispag in die hande van sy handlangers gekom het. Verset hierteen was onvermydelik.

Tas het die klagskrif opgestel, wat deur 63 burgers onderteken is. Die landdros van Stellenbosch het sterk vermoede gehad dat Tas die opsteller is en het derhalwe op hom toegeslaan. Gelukkig is hierdie eerste Stryd van Recht deur die burgers gewen. Aka fak J.A.H.

1832
Ds. Meent Borcherds oorlede

Hy was ‘n predikant uit Oos-Friesland, word in 1786 predikant van Stellenbosch en in 1826 Moderator van die Sinode van die NG Kerk. Op versoek van die redakteur van die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift (NZAT), skryf hy die geskiedenis van Stellenbosch. Voor sy dood boekstaaf hy ook die geskiedenis van die volksplanting aan die Kaap vir die vroegste tydperk (1652 tot 1673). Hy publiseer ‘n Hollandse gedig De maan; een leerdigt wat as die eerste letterkundige voortbrengsel wat aan die Kaap gedruk is, beskou word. Ondanks hulle literęre gebreke, is sy gedigte uit kultuurhistories oogpunt uniek. ‘n Aantal menuette is ook deur hierdie interessante figuur gekomponeer. Hy is op 2 September 1762 in Oos-Friesland, Nederland, gebore en sterf sewentig jaar later op Stellenbosch. Aka fak F.C.F

1839
Sytze Wopkes Wierda gebore

Na ervaring as timmerman, argitek en spoorwegaanleg-opsigter in Nederland, bedank hy in 1887 as hoofopsigter en word daarna deur pres. Kruger aangestel as Goewerment Ingenieur en Architekt en Hoofd van Publieke Werken van die ZAR. Hy was dus een van die Kruger’s Hollanders wat ‘n belangrike plek in die ontwikkelingsgeskiedenis van die ZAR ingeneem het, deur sy ontwerp en beplanning van verskeie geboue, waaronder die bekende kultuurhistoriese Raadsaal op Kerkplein, Pretoria, talle brűe (waarvan sommige vandag nog gebruik word), sowel as die ontwerp van die Paardekraal monument by Krugersdorp. Hy is op 10 Desember 1911 in Seepunt, Kaapstad, oorlede. Aka fak H.M.R

1898
J.J. Fagan gebore

Johannes Jacobus Fagan, gebore op Tulbagh en oorlede op 13 Julie 1920 in Londen was lid van ‘n welgestelde en invloedryke familie. Na sy skoolopleiding op Somerset-Wes, studeer hy aan die SA "College of Music", Kaapstad (1914) en in 1916 verower hy ‘n driejarige beurs om aan die "Royal College of Music", Londen te studeer.

Weens swak gesondheid keer hy terug na Suid-Afrika en in 1919 geniet sy Prelude vir Orkes sy premičre deur die Kaapstadse Munisipale Orkes onder leiding van Theo Wendt.

Dit was ‘n groot prestasie vir ‘n 21-jarige. Hy keer terug na Londen, maar as gevolg van toenemende gesondheidsprobleme, gepaard met die dood van sy jong verloofde, het hy selfmoord gepleeg – ‘n groot verlies vir Suid-Afrikaanse musiek. Sy broer, Gideon, publiseer Johannes se Soos die windjie wat suis en Die soekende moeder (1931), albei belangrike bydraes tot die Suid-Afrikaanse kunslied.

Johannes is die eerste Suid-Afrikaanse komponis wat hom op die gebied van orkesmusiek onderskei het. aka fak C.G.H

1933
Koalisie-ooreenkoms aangekondig

Die ekonomiese depressie van 1929 tot 1932 het verreikende politieke gevolge vir Suid-Afrika gehad. Genl. Smuts het aangedring op die bedanking van die Hertzog-regering sodat ‘n ware nasionale regering gevorm kan word. Hertzog was nie hiervoor te vinde nie en het ook enige koalisie-gerugte ontken.

Nasionaliste was gevolglik verslae toe Hertzog op 14 Februarie 1933 plotseling sewe punte bekend gemaak het waarop hy bereid was om met Smuts ‘n koalisie aan te gaan. Die punte het ondermeer gegaan oor die handhawing van die Unie se soewerein onafhanklike status. En op 28 Februarie het Hertzog in die Volksraad aangekondig dat hy en Smuts ooreengekom het om ‘n koalisie-regering saam te stel. Aka fak H.O.T

Ben Kruger
28 Feb 2011, 22:45
29 Februarie: Skrikkeldag in die Gregoriaanse kalender.

* 1704 - Gesamentlike Franse en Inheemse Amerikaanse magte verwoes Deerfield, Massachusetts tydens Koningin Anne se Oorlog.
* 1712 - In Swede word 29 Februarie deur 30 Februarie gevolg in 'n stap om die Sweedse kalender af te skaf.
* 1988 - Suid-Afrika se aartsbiskop Desmond Tutu word saam met 100 geestelikes gearresteer in 'n vyf dae lange anti-apartheid betoging in Kaapstad
* 2004 - Jean-Bertrand Aristide bedank as President van Haďti na 'n populęre rebelle opstand.


1684
Goew. Simon van der Stel se koper ekspedisie op reis

Gerugte van ryk koper myne in die binneland het goew. Simon van der Stel van tyd tot tyd bereik. As handel liggaam het die VOC sterk daarop aangedring dat waardevolle minerale in sy kolonies ontgin moet word. Toe ‘n aantal Manakwas op ‘n dag by die Kasteel opdaag sonder koper, het die goewerneur besluit om Isaak Schrijver met 15 soldate en drie mynwerkers saam met hulle na die noorde te stuur om na die koper myne te soek. Simon van der Stel kon op daardie oomblik sekerlik nie besef het watter fabelagtige ryk minerale bronne in die binneland van Suid-Afrika op ontginning gewag het en watter geweldige invloed dit op die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sou hę nie.

1752
Ekspedisie van August Friederich Beutler verlaat die kasteel

In opdrag van goew. Tulbagh, wat graag meer besondere inligting oor die uitgestrekte Oos-Kaapse binneland wou bekom, het ‘n groep land toggangers onder aanvoering van Beutler op hierdie dag van die Kasteel vertrek. Altesaam 71 mense en elf waens het die destydse bekende trekroete tot by Mosselbaai gevolg. Daarvandaan het hulle deur Attakwaskloof deur die Langeberge, ooswaarts met Langkloof langs en verder in ‘n noordoostelike rigting tot oos van die Keirivier gereis. Eers na ongeveer agt maande was die ekspedisie by die Kasteel terug. Deur die tog is die bekende maar vae inligting oor hierdie gebied deur juister waarnemings vervang. Voorts het hierdie reis die aandag sowel van die voort trekkende veeboer pionier as van die owerheid op Attakwaskloof as natuurlike roete oor die Langeberge gevestig. Langkloof is nie slegs as hoof toegang roete tot die Oos-Kaapse streke oopgestel nie, maar dit het as ‘n belangrike vestiging streek vir die Boervolk in sy wording en vir sy nageslag gedien. Aka fak A.A

Ben Kruger
1 Mar 2011, 21:41
1 Maart: Sint Dawiddag in Wallis, Mărţişor in Roemenië, Martenitsa in Bulgarye.

* 1562 - Die Franse geloofsoorloë begin met 'n menseslagting op die Hugenote.
* 1896 - Ethiopië wen die beslissende Slag van Adowa oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
* 1919 - Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal onderdruk deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
* 1994 - Walvisbaai word deur Suid-Afrika aan Namibië oorhandig.

1803
Kaap aan Bataafse Republiek teruggegee

Kommissaris J.A. de Mist (1749 – 1823) het op hierdie dag, in opdrag van die Bataafse regering van Nederland, vir J.W. Jansens as goewerneur, en die Politieke Raad en Raad van Justisie as belangrikste gesagsliggame van die Kaapkolonie ingestel, nadat die eerste Britse bestuurstyd (1795 – 1803) ten einde geloop het. Daarmee is die weg vir die amptelike toepassing van verligte Bataafse idees aan die Kaap geopen.

1850
Ds. A.P.Kriel gebore

Abraham Paul Kriel, die stigter van die bekende kinderhuis wat vandag sy naam dra, is op die plaas Keerwater, Franschoek, gebore. In 1880 is hy op Stellenbosch gelegitimeer as predikant van die NG Kerk. Veral word hy onthou vir sy belangstelling in die jeug. Reeds in sy eerste gemeente Du Toitspan by die Kimberleyse diamantveld, beywer hy hom veral vir armesorg werk en onder sy leiding koop die kerkraad ‘n huis, wat omgeskep is in ‘n jeugtehuis.

Op ‘n besoek aan Europa maak hy kennis met verskeie wees inrigtings. Later sou hy weer sulke besoek reise onderneem. Met die uitbreek van die Anglo Boere Oorlog, bevind hy hom in die gemeente Witwatersrand-Wes (Langlaagte) en word hy veldprediker by die Boeremagte. Na die oorlog besluit sy gemeente om ‘n kinderhuis in Langlaagte op te rig vir die kinders van ouers wat op die slagveld of in Konsentrasiekampe oorlede is.

Die kinderhuis het aanvanklik geen vaste inkomste gehad nie, maar word in antwoord op die gebede van die stigter en sy personeel steeds van die nodige middele voorsien. Na Kriel se dood op 9 Junie 1928 is die kinderhuis se naam verander in die Abraham Kriel-kinderhuis. Aka fak P.B. v.d.W

1878
A.G.Visser gebore

Andries Gerhardus Visser is in ‘n tent “in die tuin met die groot saffraanpeerboom” om die plaas Zaaifontein in die distrik Frazerburg gebore. Tot sy dertiende jaar bly hierdie later beminde digter en geneesheer in die vrye Karoo-omgewing, waarna hy sy skoolloopbaan as tydgenote van Totius en D.F. Malherbe in die Hugenote-Gedenkskool voortsit.

Nadat hy hom as onderwyser bekwaam het, hou hy van 1896 in Carnarvon skool, waar hy op 20-jarige ouderdom hoof van die skool word. Tydens die Anglo Boere Oorlog toon hy openlike simpatie met die Transvaalse burgers en bots met die militęre owerhede op die dorp. Hy bedank uit sy pos en gaan hom bekwaam as medikus in Edinburg, Skotland.

By sy terugkeer praktiseer hy aanvanklik op Carnarvon, later op Steytlerville, waar hy Lettie Conradie ontmoet en in 1913 met haar in die eg verbind word. In 1916 vestig hy hom op Heidelberg, Transvaal.

Na die dood van sy eerste vrou in 1920 ontmoet hy ‘n jong onderwyseres, Marie de Villiers, in 1923, met wie hy in 1927 in die huwelik tree, ‘n egverbintenis wat nie lank geduur het nie, want Visser sterf skielik aan ‘n hartaanval op 10 Junie 1929.

Reeds gedurende sy skooljare het hy gedigte geskryf wat onder die voorletters A.V. of A.G.V. in Ons Kleintji gepubliseer is. Dit was egter na die dood van sy eerste vrou dat hy, onder die aanmoediging van Eugene Marais, hom met erns aan die poësie gewy het.

In 1925 verskyn Gedigte, hoofsaaklik minne poësie, patriotiese verse, ligte satire en vrolike verse. Die volk het die toeganklik gevind, en dit beklemtoon die besondere bydra wat Visser as digter gespeel het – om die Afrikaner en Boervolk poësie te laat lees.

In 1948 is hierdie bundel die sestiende keer herdruk. Voor sy dood verskyn Rose van Herinnering (1927) en na sy dood word Die Purper Iris (1930) en Uit ons prille jeug (1930) gepubliseer. As geneesheer het Visser die harte en vertroue van mense met woord en daad verower en sy opofferende – en dikwels gratis – diens veral in die griepepidemie het bewondering by die gemeenskap afgedwing.

Die Hertzogprys is twee keer aan hom toegeken. Dit is uitsonderlik dat ‘n kunstenaar 47 jaar oud word voordat hy in erns begin dig en dan sy belangrikste werk in minder as een jaar tot stand bring. Eugene Marais skryf in sy In Memorium voor in Gedigte:… indien dr. Visser vier jaar vroeër die Ewige Stilte ingegaan het, Suid-Afrika nooit een van sy mees populęre digters sou geken het nie …” aka fak N.J.S

Die Rose van Herinnering

Wees jy, my lied,
Vir my ‘n goue kelk
Waarin met bloesems onverwelk
Die donkerrooie roos van my verdriet
Nog een te kort, te skone uur
Van smartelik’ geluk
-Die tyd ontruk –
-Sal duur.

Wees jy ‘n kostelike vaas waarin
Nog liefd’rik word bewaar
Elk arm’ verwelkte blaar
Deur my weleer geliefkoos en bemin;
Dat wie ook al hierna verby mag gaan,
Blyswymend sal ontwaar
Die soete allegaar
En weet: Hier --- eenmaal --- het ‘n roos gestaan.

Wees jy, my lied, die urn van edelsteen
Waarin die kosb’re as,
Wat eenmaal skoonheid was,
Deur my nog steeds bewaak word en beween
Totdat die bittersoet geheuenis
Van diepe liefde en leed
Vergaan is en vergeet,
En wie die roos bemin het, …. nie meer is.

Wees jy, my lied, ‘n snaar so fyn,
Van louter goud, klinkklaar en rein,
Waarop my dank
Vir elke wonderdag
Van lewe, liefde en lag ---
Die sending en die seëning;
Die rose van herinnering ---
Sal tril en sterwe met jou laaste klank!

1941
Volkspele beweging gestig

In die begin van 1941 het die Reddingsdaadbond na vore gekom om Volkspele onder sy pas gestigte Afdeling vir Vrye tydsbesteding onder sy vleuels te neem. Dit is toe dat die Uniale Komitee vir Volksang en Volkspele en Provinsiale en Gewestelike Volkspele komitees in die lewe geroep is.

Die eerste Uniale Komitee bestaan o.a. uit: dr. S.H. Pellissier (voorsitter); adv J.F. Marais (sekretaris); dr. N. Diederichs (namens die Reddingsdaadbond). Die eerste vergadering is deur dr. S.P. van der Walt geopen. Wat baie interessant en van historiese belang is, is die feit dat die notule van hierdie vergadering deur adv. J.F. Marais geskrywe is op 22 Maart 1941 in die Marshall plein-polisieselle, waar hy destyds aangehou is en daarna na die Interneringskamp op Koffiefontein gestuur is.

Die organisasie van die Volkspele beweging het dus in moeilike tye begin, maar met die drie Afrikaanse Kerke verteenwoordig in sy sentrale bestuur, en met die goeie wil en belangstelling van die Afrikaner en Boerevolk, het hy van krag tot krag gegroei.

Ben Kruger
2 Mar 2011, 22:36
2 Maart: Onafhanklikheidsdag in Marokko (1956)

* 1808 - Helsinki, word tydens die Russies-Sweedse Oorlog deur Russiese troepe verower wat daartoe lei dat Swede in 1809 gedwing word om Finland aan Rusland af te staan.
* 1836 - Die Republiek van Texas verklaar onafhanklikheid van Meksiko.
* 1943 - Tweede Węreldoorlog: Australiese en Amerikaanse lugmagte val 'n groot konvooi van die Japannese vloot onderweg na Nieu-Guinee aan.
* 1998 - Water word ontdek op Europa, 'n maan van die planeet Jupiter.

1653
Eerste retoervloot om vars voorraad in te laai

Jan van Riebeeck se koms na die Kaap was primęr om ‘n verversingspos te stig om skepe van vleis en groente te voorsien. Op Sondag 2 Maart 1653 kry Van Riebeeck berig dat daar skepe buit die ingang van Tafelbaai lę, onder meer ‘t Hoff van Zeelant en die Walvis van die retoervloot. Enkele dae nadat hulle skaap, beesvleis en onder andere meer kool en wortels ingeneem het, het hulle na Nederland vertrek. Aka fak D.E

1866
Die Universiteit van Stellenbosch gestig

Die geskiedenis van die Universiteit van Stellenbosch strek terug tot in die jaar 1866 toe die openbare skool op die dorp volgens die Onderwyswet van 1865 as die Stellenbossche Gymnasium gereorganiseer is. Die aanvoorwerk vir die totstandkoming van die Gymnasium is gedoen deur proff.. J. Murray en N.J. Hoffmeyr van die Teologiese Seminarium in samewerking met die plaaslike predikant, ds J.H. Neethling.

Die drie manne is dan ook as die stigters van die Universiteit van Stellenbosch bekend.

Die Gymnasium het in 1881 die Stellenbosch College geword. In 1887, die jaar van die 50-jarige Jubileum van die regering van koningin Victoria van Brittanje, is die naam verander in die Victoria-Kollege van Stellenbosch. Dr. D.F. Malan, wat later Suid-Afrika se vierde premier sou word, het ‘n groot aandeel gehad in die vervanging van die Victoria-Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch op 2 April 1918.

Hy was saam met prof. A. Moorrees en mnr. J.G. van der Horst die mede opsteller vir voorlegging aan die owerhede van die klassieke memorandum waarin Stellenbosch aangedui word as die plek waar die Boervolk sy ideale verwesenlik kan sien en die grootste invloed op Suid-Afrika kan uitoefen.

Soos in die verlede, lewer die universiteit vandag nog mense wat op alle terreine en in alle beroepe in ons land ‘n belangrike rol speel. Tot 1978 het byvoorbeeld ses van Suid-Afrika se sewe eerste ministers aan die universiteit gestudeer. Bykans 50 000 studente het reeds op Stellenbosch gestudeer. Die universiteit het in 1978 11 438 studente in sy 12 fakulteite.

Die fakulteite is die van Bosbou en Krygskunde, wat die enigste in hulle soort aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit is, Lettere en Wysbegeerte, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, Landbou, Regsgeleerdheid, Teologie, Handel en Administrasie, Ingenieurswese, Geneeskunde en Tandheelkunde.

Op sportgebied beskik die universiteit oor die beste geriewe vir elke moontlike sport.

Baie van die land se knapste sportsterre word op Stellenbosch gekweek.

1906
Ds H.J.C. Snijders gebore

Hendrik Johannes Christoffel Snijders is op Leeudoringstad gebore. Vanweë sy buitengewone geesdrif en groot bekwaamheid het hy spoedig na sy legitimasie belangrike ampte in die kerk begin beklee aktuarius en moderator van die Natalse Sinode, assessor en moderator van die Suid-Transvaalse Sinode. Hy het ook in sy bediening ‘n lewendige belangstelling in die Boervolk se kultuurlewe getoon en deur sy aktiewe deelname ‘n belangrike rol in die uitbouing en handhawing daarvan – veral in Natal – gespeel. Hy was jare lank lid van die FAK se Hoofbestuur. Kort nadat hy op ‘n gesamentlike Hervormings diens op Swartruggens op die kansel ineengesak het, sterf hy op 23 November 1975. aka fak P.F.D.W

Ben Kruger
2 Mar 2011, 22:48
3 Maart:

* 1431 - Gabriel Condulmer word Pous Eugenius IV.
* 1845 - Florida word deel van die VSA.
* 1918 - Rusland teken die Verdrag van Brest-Litovsk en beëindig sy deelname aan die Eerste Węreldoorlog wat lei tot onafhanklikheid vir Finland, Estland, Letland, Litaue en Pole.
* 1983 - Georges Remi, Belgiese strokiesverhaalskrywer en -kunstenaar, beter bekend onder sy skuilnaam Hergé, sterf.

1858
Nuwe Vlag, Wapen en Volkslied vir Transvaal

Potchefstroom, 3 Maart 1858. ‘n Nuwe vierkleur is vandag as nasionale vlag van “De Zuid-Afrikaansche Republiek” in gebruik geneem. Op die wit agtergrond van die horisontale baan verskyn die wapen van die Republiek. Bo die wapen staan die woorde “Eendracht Maakt Magt” en onder “De Zuid-Afrikaansche Republiek”. Nadat die vlag gehys is, het die landdros die vlaglied voorgelees. Een-en-twintig vreugdeskote is met ‘n kanon afgevuur, gereeld onderbreek deur geweervuur uit vyfhonderd muskette. President Marthinus Wessel Pretorius het die aanwesiges met ‘n kragtige woord toegespreek en die lug het weergalm met die woorde: “Getrouw tot die dood.” Noudat die simbole van eenheid gevind is, is dit die president se vurigste wens dat hy spoedig al die Republiekkie’s onder een regering sal kan verenig.

1875
Ds. E.J.J. van der Horst gebore

Evert Jean Jacques van der Horst begin in 1903 sy bediening as leraar van die NG gemeente Wolmaransstad. Hy was ‘n sterk en oortuigde volksman en het hom in 1915 verkiesbaar gestel as Volksraadslid van die Wolmaransstad-setel. Dit is dus ‘n unieke geval van iemand wat daardie twee posisies gelyktydig beklee het. Na ‘n toetssaak in die Hooggeregshof het hy in 1920 as Volksraadslid bedank en na die heeltydse bediening in sy gemeente teruggekeer. Steeds sou sy belangstelling in die volksake bly en so beywer hy hom vir skool belange. In 1925 is hy benoem as Welsyn superintendent in die Departement van Arbeid. Sy liefde en groot belangstelling in die posisie van die minderbevoorregtes het hom nou in staat gestel om by verskeie besproeiingskemas, soos Kakamas, Warrenton, Vaalharts en Hartbeespoort waardevolle diens te lewer. Hy is in 1958 oorlede. Aka fak P.B.v.d.W

1943
Saambou (Permanente) Bouvereniging gestig

Die Tweede Węreldoorlog was in volle gang toe in 1942 die eerste eie Afrikaanse bouvereniging, die Unie-Bouvereniging, gestig is om in die geweldige woningnood wat in die oorlogs jare ontstaan het, te voorsien. Die naam van hierdie bouvereniging is agt maande later op 3 Maart 1943 verander in Saambou (Permanente) Bouvereniging. As rede vir die naamsverandering is aangevoer die moontlike verwarring wat kon ontstaan tussen die nuwe Afrikaanse bouvereniging en die van ‘n ander bouvereniging wat toe reeds etlike jare bestaan het. Met die stigting van Saambou (Permanente) Bouvereniging het die "Afrikaner" se strewe na ekonomiese selfstandigheid en onafhanklikheid, ook op finansiële gebied, positiewe gestalte begin aanneem en is sodoende nog ‘n belangrike mylpaal in die ekonomiese geskiedenis van die Afrikaner bereik. Insgelyks kan daar gesę word dat Saambou (Permanente) Bouvereniging uit die volk gebore is om die volk te dien. Hoewel die nuwe jong bouvereniging in die ongunstige ekonomiese toestand wat in die oorlogs jare in die land geheers het, dit moeilik gevind het om met reeds gevestigde bouverenigings mee te ding, is die vertroue van die publiek geleidelik gewen en het die Vereniging van krag tot krag gegroei in die naoorlogs jare. Onder die bekwame en geďnspireerde leiding van dr. M.S. Louw, sy voorsitter, het die Vereniging spoedig gegroei tot een van die ses grootste bouverenigings in Suid-Afrika met totale bates van meer as R100 miljoen. In April 1970 het Saambou (Permanente) Bouvereniging geamalgameer met Nasionale Bouvereniging om die nuwe Afrikaanse bouverenigings reus Saambou-Nasionaal te vorm. Aka fak H.A.S (Die Boervolk is hier al hoe minder in die Geskiedenis genoem omrede die afrikaner Geld Magnate Polities die Boervolk se land regeer het.)

Ben Kruger
3 Mar 2011, 21:30
4 Maart: Sint Casimirdag in Litaue en Pole

* 1790 - Tydens die Franse Rewolusie word 'n reeks nuwe départemente in Frankryk gevorm, waaronder Pyrénées-Atlantiques, Côtes-d'Armor enCalvados.
* 1791 - Vermont word deel van die VSA
* 1975 - Akteur en filmregisseur Charlie Chaplin word deur Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk tot ridder geslaan.
* 1980 - Robert Mugabe van die Zimbabwe African National Union (ZANU) word as die eerste regeringshoof van Zimbabwe verkies

1896

Eerste beëdiging van pres. M.T. Steyn

Nadat strafregter Marthinus Steyn met ‘n volstrekte meerderheid deur die Vrystaatse Volksraad in Desember 1895 as kandidaat vir die presidentskap aangewys is, is hy in Februarie 1896 met ‘n oorweldigende meerderheid bo sy oom, J.G. Fraser, tot die amp verkies. As eerste gebore Vrystater, sou hy in die bekende Tweetoringkerk, soos sy voorgangers Brand en Reitz, die plegtige ampseed aflę en as vyfde en laaste Staatspresident van die Oranje-Vrystaat in die kerkgebou sy intreerede hou. Hy is ook uit hierdie kerkgebou begrawe. Aka fak M.C.E.v.S

Ben Kruger
5 Mar 2011, 21:58
5 Maart:

* 1770 - Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militęre besetting loop uit op geweld in Boston.
* 1824 - Brittanje verklaar amptelik oorlog teen Birma en begin daarmee die Eerste Anglo-Birmese Oorlog.
* 1918 - Bolsjevistiese Rusland skuif sy hoofstad van Moskou na Petrograd.
* 1946 - Die term "Ystergordyn" word vir die eerste keer in 'n openbare toespraak deur Winston Churchill gebruik.

1839
J.F. (Jan Volkstem) Celliers gebore

Johannes Francois Celliers is in die distrik Malmesbury gebore, ontvang sy onderrig in die Paarl. Op 24-jarige leeftyd word hy joernalis by Het Volksblad. Op versoek van pres. Burgers gee hy op 8 Augustus 1873 ‘n pro-regeringskoerant, De Volksstem, in Pretoria uit, wat as teenvoeter vir die Engelse koerante sou dien. As gevolg van hierdie openlike steun aan die Transvaalse burgers wat Celliers in sy blad uitspreek, word hy in 1880 ‘n maand lank deur die Britse regering in die gevangenis gehou. Onder leiding van genl.. Joubert word ‘n bedrag geld ingesamel om Celliers in staat te stel om sy blad na sy vrylating weer uit te gee. In 1881 word Celliers Volksraadslid en sekretaris van die afrikanerbond. In 1881 verkoop hy sy drukkery aan die regering, waarna dit die grondslag vorm vir die staatsdrukkery, en hy wy hom tot sy dood op 4 Maart 1895 aan die politiek. J.F. Celliers was die vader van Jan F.E. Celliers, een van ons bekende Afrikaanse digters. Aka fak P.G.N

Wat 'n verassing!!!

1865
Rachel (Tibbie) Steyn gebore

As pastorie-dogter van Philippolis uit Skotse ouers (ds. En mev. Colin Fraser) sou Rachel Isabella as opgeleide onderwyseres ‘n besondere rol in die geskiedenis van die Boerevolk speel. Sy tree in 1887 in die huwelik met advokaat M.T. Steyn en word daarna eers regters- en uiteindelik in 1896 Staatspresidentsvrou.

Hierdie hoedanigheid beklee sy met waardigheid in die Presidensie sowel as op hul plaas, Onze Rust. Gedurende die Engelse Oorlog wyk sy aanvanklik saam met die regering uit, maar sedert die helfte van 1900 is sy as gevangene in huisarres in Bloemfontein aangehou, waar dikwels onbehoorlike druk op haar uitgeoefen word om die bittereinder pres. Steyn te oorreed om oor te gee.

Met Steyn se ernstige siekte by die vredesonderhandelinge is sy die een wat intree en teen alle advies reël dat hy vir mediese behandeling na Europa geneem word. Deur haar troue sorg keer die Steyn-gesin in 1905 na Suid-Afrika terug. Steeds bly sy die sjarmante en innemende gasvrou op Onze Rust. Saam met Steyn wy sy haar aan volksopbou: sy word tot eerste voorsitster van die Oranje-Vrouevereniging verkies; vervul ‘n belangrike skakel deurlopend met haar vriendin Emily Hobhouse, en as laaste skakel met die presidents amp van die eertydse Republieke, tree sy by talle volksfeeste op.

In 1948 is sy per vliegtuig as buitengewone gesant na Nederland om Suid-Afrika by Juliana se troonopvolging te verteenwoordig. Op 8 Oktober 1948 huldig die FAK haar as een van Suid-Afrika se uitnemendste volks heldinne by ‘n geleentheid wat saamgeval het met ‘n landwye huldiging van volks heldinne op Krugerdag van daardie jaar. Sy sterf op 3 Januarie 1955, byna negentig jaar oud, en word in dieselfde graf as pres. Steyn by die Vrouemonument ter ruste gelę. aka fak M.C.E.v.S.

Het President Steyn dan nie nog die Presidentskap van die Vrystaat gehad met sy terugkeer in 1905 nie?

1906
Siegfried Mynhardt gebore

Gebore in Johannesburg en as predikant seun getoë in Wynberg, Kaap, en Carnarvon, tree Siegfried Mynhardt in 1929 toe tot die toneel beroep as lid van die geselskap van Hendrik Hanekom, waarna hy waardevolle vorming ondergaan by bekende toneel figure soos Paul de Groot. Anna Claassen en Andre Huguenet, voordat hy in 1937 na Engeland gaan waar hy lid word van die beroemde Old Vic-geselskap. Hy keer in November 1940 na sy vaderland terug, en stig sy eie Afrikaanse toneelgeselskap. In 1945 tree hy en sy geselskap voor die Suid-Afrikaanse troepe op in Noord-Afrika, Italië en Oostenryk. Hy is in 1947 mede-regisseur van en vertolk hy ook die rol van Laertes in die Afrikaanse opvoering van Hamlet in Johannesburg, waarna hy as lid van die eerste geselskap van die Nasionale Toneelorganisasie aangestel word. Siegfried Mynhardt is een van die veelsydigste spelers op die Suid-Afrikaanse verhoog, is volkome tweetalig en het hom ook onderskei as radio-, film- en televisie speler. Hy ontvang in 1957 die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Toneelkuns (spel) aka fak M.J.G

Ben Kruger
5 Mar 2011, 22:04
6 Maart: Onafhanklikheisdag in Ghana (1957)

* 1521 - Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik.
* 1869 - Dmitri Mendelejef stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor.
* 1982 - Gesterf: Ayn Rand, Amerikaanse skryfster en filosoof.
* 1987 - 193 mense aan boord die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat.

1902
Prof C.H. Rautenbach gebore

Casper Hendrik Rautenbach was seker een van die gewildste en bekwaamste rektore van die Universiteit van Pretoria. Nadat hy die grade BA en BD, die MA-graad in Wysbegeerte (alles met lof) behaal het, word hy in 1923 aangestel as deeltydse lektor in Wysbegeerte. Hierna tree hy in die bediening van die NH Kerk, behaal in 1932 die D. Phil-graad aan UP en word in 1939 hoogleraar in die Etiek en die Geskiedenis van die Wysbegeerte aan die Universiteit van Pretoria. In 1948 word hy rektor, ‘n pos wat hy met die hoogste onderskeiding tot en my sy aftrede op 30 Junie 1970 beklee het. Benewens talle publikasies het prof. Rautenbach in verskeie rade gedien soos die Adviserende Universiteitskomitee vir die Minister van Onderwys; voorsitter van die Raad van Beheer van die SA Biografiese Woordeboek; lid van talle komitees insake onderwys, opvoedkundige en kulturele aangeleenthede. As akademikus en kultuurmens van formaat het prof. Rautenbach ‘n groot bydrae gelewer tot die bestendiging en uitbouing van die Afrikaanse karakter van die Universiteit van Pretoria. Aka fak P.G.N


1905
Is’t Ons Erns-toespraak – Onze Jan

Deur sy hele politieke loopbaan pleit J.H. Hofmeyr (Onze Jan) daarvoor dat Engels en Hollands op gelyke voet geplaas moet word. Hy stel hom ten doel om die lees van Hollands aan te moedig. In sy bekende toespraak op Stellenbosch op 6 Maart 1905 voor die Stellenbosse studentevereniging Ons Spreekuur, getitel “Is’t ons ernst?”, bepleit hy die handhawing van Hollands as die skryf en moedertaal van die volk, al is die skryftaal in ‘n vereenvoudigde spelling. Hy stel die vraagt of die miskenning van hul moedertaal wel vir die Nederlanders van destyds ‘n saak van erns is. Hy gee praktiese voorbeelde van waar Nederlands verdraai en verengels is en trek veral te velde teen die swak toestand op skool waar Hollands nouliks as vak aangebied is. Hy is van mening dat die Hollanders selfs iets aan die saak moet doen, dat die miskenning van hulle taal hulle eie skuld is, en dat hulle wat praat oor liefde vir en lojaliteit teenoor die moedertaal, iets daadwerkliks aan die taalkwessie sou doen as dit vir hulle ‘n saak van erns was. Deur voorbeelde van volke wat onder vreemde heersers nog hulle moedertaal behou het, toon hy aan die hoorders dat so iets slegs moontlik is as ‘n volk taalkwessie hulle erns maak. As ander volke hulle taal kon handhaaf, kan die Hollanders in Suid-Afrika dit ook doen – “indien het u Ernst is”. Dit is opmerklik dat Hofmeyr pleit vir die behoud van Nederlands, en dat hy nie die waarde van Afrikaans besef of ingesien het nie. Die kernvraag van hierdie toespraak verskyn op die voetstuk van Hofmeyr se standbeeld in Kaapstad. Die toespraak het gelei tot ‘n belangrike debat tussen Afrikaanse geleerdes, predikante en joernaliste oor die onderskeie meriete van Nederlands en Afrikaans, waaraan mense soos Gustav Preller, J.H.H. de waal en dr. D.F. Malan deelgeneem het wat die voortou geneem het om die tweede Afrikaanse taalbeweging van stapel te laat loop. Gustav Preller antwoord in Junie 1905 met “Laat’t ons toch ernst wezen”, waarin hy pleit vir die voortbestaan van Afrikaans in plaas van Nederlands. Na hom volg dr. D.F. Malan in Augustus 1908 met “Het is ons Ernst”, waarin hy ook Afrikaans bo Nederlands stel as die taal van die volk. Hierdie toespraak ten gunste van Nederlands het dus direk aanleiding gegee tot die bewussyn dat die stryd om Afrikaans as volkstaal bo Nederlands voortgesit moet word. Aka fak P.G.N

Ben Kruger
6 Mar 2011, 19:39
7 Maart: Onderwysersdag in Albanië

* 161 - Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op om mede-keisers van die Romeinse Ryk te word.
* 1926 - Die Suid-Afrikaanse filosoof Johan Degenaar, word in Ladysmith, Natal gebore.
* 1936 - Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland, en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno Verdrae wat na die Eerste Węreldoorlog onderteken is.
* 1950 - Die Sowjetunie reik 'n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs as 'n Sowjetse spioen gedien het.

1902
Oorwinning by Tweebos

In Wes-Transvaal was lord Methuen se mag op 6 Maart 1902 in ‘n skermutseling met ‘n klein Boerekommando betrokke en het hy daardie aand op Tweebos oornag, waar hy verneem het dat die Boerekommando met ‘n sterk mag onder genl.. J.H. de la Rey verenig het. Vroeg die volgende oggend het Methuen se mag in ‘n noordelike rigting getrek, maar hy is spoedig deur die burgers van De La Rey aangeval. Baie Britse soldate het op die vlug geslaan, en hul offisiere het ‘n vergeefse poging aangewend om hulle te keer. Die geveg was spoedig verby. Verliese aan Britse kant was hoog, naamlik 68 gedood, 121 gewond en ongeveer 600 krygsgevange geneem. Onder die gewonde krygsgevangenes was ook lord Methuen, maar genl.. De la Rey het hom vrygelaat, sodat hy beter mediese versorging kon geniet. Die geveg by Tweebos was die laaste groot Boere-oorwinning in die Engelse Oorlog en het vanweë die foutlose taktiek die kroon gespan op De la Rey se bekwaamheid as ruiter generaal.

Aka fak C.M.B

sanetscott
7 Mar 2011, 08:09
Om by te las..
1994 ANC chief Nelson Mandela rejects demand by white right-wingers for separate homeland in South Africa
1900 Battle at Poplar Grove South Africa, President Kruger flees - (kan nie verder inligting kry hieroor)
The battle of Poplar Grove (Boer War) saw the failure of both a Boer attempt to defend Bloemfontein and a British attempt to capture the main Boer army in the Orange Free State.

The Boers at Poplar Grove were badly outnumbered. In the aftermath of the surrender at Paardeberg, only around 6,000 men were left to defend the Orange Free State capital. They had a new commander, Christiaan De Wet, who began work on a new defensive line on the hills around Poplar Grove. His main problem was that the morale of the Boer commandoes was at a very low ebb after Cronjé’s surrender.

The British commander, Lord Roberts, decided to send two infantry division straight at the Boer position, while the cavalry made a wide flanking move to the south, coming up behind the Boers to prevent their escape. His main problem was the poor condition of his cavalry horses. Many of them had been lost during the successful relief of Kimberley, while the remaining horses had been on short rations since the loss of the main supply column at the start of the operations in February. Worse, the commander of the cavalry, Sir John French, can best be described as being in a sulk. His mood was not improved by a dressing down he had received after the chief supply officer forgot to include the sick and injured horses in his calculations of required rations and accused the cavalry of taking too much food.

As a result, French moved very slowly on the morning of 7 March. He started late, and stopped twice to take long breaks to rest his horses. As a result the cavalry were nowhere near where they needed to be when the infantry advance began.

That advance never needed to turn into an attack. The British infantry came into view from the Boer camp at about 8 a.m. Demoralised by recent events, the burghers simply turned and fled. De Wet blamed the fiasco on Cronjé’s surrender, only two weeks earlier, although it probably helped save his army. If the Boers had stood and fought at Poplar Grove then French would have been able to get into place to cut off their retreat, and the entire army might have been lost. As it was, three quarters of De Wet’s men abandoned the fight, at least for the moment. When he made his next stand at Driefontein it was with only 1,500 men.

How to cite this article: Rickard, J (2 March 2007), Battle of Poplar Grove, 7 March 1900, http://www.historyofwar.org/articles/battles_poplar_grove.html

Ben Kruger
7 Mar 2011, 22:36
Baie dankie Sanette.

8 Maart: Internasionale Vrouedag; Moedersdag in Albanië

* 1618 - Johannes Kepler ontdek die derde wet van planetęre beweging.
* 1739 - Gebore: Joachim van Plettenberg, goewerneur van die Kaap de Goede Hoop na wie Plettenbergbaai vernoem is.
* 1869 - Gesterf: Hector Berlioz, Franse komponis.
* 1965 - Die sluipmoordenaar Demetrios Tsafendas arriveer per skip in Durban na sy vrylating in Mosambiek.

1827
Prof. dr. N.J. Hofmeyr gebore

Nicolaas Jacobus Hofmeyr is op Stellenbosch gebore en ontvang sy skoolopleiding aan die enigste Hollandse skool in die Kaap, Tot Nut van’t Algemeen. Hy vertrek na Holland om hom aan die Universiteit van Utrecht as predikant te bekwaam. In 1849 lę hy die kandidaatseksamen af met die hoogste lof. Van 1851 tot 1858 is hy predikant van die gemeente Hantam, wat op sy aandrang Calvinia, na Calvyn, genoem is. In 1859 word hy en ds. John Murray die eerste teologiese professore aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Baie jare het hy ‘n onberekenbare invloed op sy studente uitgeoefen. Hy het baie in die hoër onderwys belang gestel, en hierin was sy bondgenoot ds. J.H. Neethling, van Stellenbosch. Op hulle aandrang is die Stellenbossche Gymnasium (Gimnasium Paul Roos) in 1866 gestig. Hieruit het die senior afdeling in die Victoria-Kollege ontwikkel, wat in 1918 die Universiteit van Stellenbosch geword het. Hulle het ook die Hoër Meisieskool Bloemhof gestig. Prof. Hofmeyr het hom vroeër al verset teen die liberalisme wat in die NG Kerk begin indring het. In 1862 stig hy De Volksvriend, wat veral die ortodokse Calvinistiese geloof teenoor die liberalisme beklemtoon het. Hy begin die Sondagoggend Bybelklasse op Stellenbosch, waaruit die Christelike Jongeliedevereniging (CJV) voortgekom het. Hierdie lesings word in ‘n aantal stigtelike boeke gepubliseer, wat wye invloed uitgeoefen het en selfs in Duits vertaal is. Hy is op 2 September 1909 op Stellenbosch oorlede.

Ben Kruger
8 Mar 2011, 23:12
9 Maart: Baron Blissdag in Belize

* 1816 - Vyf van die Slagtersnekrebelle word in die openbaar gehang.
* 1916 - Generaal Pancho Villa lei 1500 Mexikane in 'n aanval oor die VSA grens op Columbus, Nieu-Meksiko, wat aanleiding gee tot 'n strafekspedisie deur die VSA-leër.
* 1932 - Eamon de Valera word President van die uitvoerende raad van die Ierse Vrystaat.
* 1945 – Tweede Węreldoorlog: 'n bomaanval op Tokio veroorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf.

1816
Slagtersnek

Wat rondom Slagtersnek gebeur het, is as historiese feit in die geskiedenis van die Boerevolk as sodanig nie belangrik nie. Belangriker miskien is die agtergrond waarteen hierdie rebellie plaasgevind het en die invloed wat dit gehad het om die gevoel van nasionalisme en eenheid by die Boerevolk aan te wakker en te stimuleer. Die hooffigure in die rebellie van 1815 was Freek Bezuidenhout, sy broer Hans en die vyf tereggesteldes. Cornelis Frederik Bezuidenhout, wat as grensboer aan die Baviaansrivier gewoon het, is deur landdros A. Stockenström gedagvaar om op 5 Oktober 1815 voor die Rondgaande Hof op Graaf-Reinet te verskyn op ‘n aanklag wat teen hom ingebring is deur die Hottentot Booi. Hy daag nie by die hof op nie en word in sy afwesigheid tot een maand tronkstraf gevonnis oor minagting van die hof. Daarna is ‘n opdrag vir sy inhegtenisneming gegee. Luit. F. Rousseau, vergesel van die onderbalju, J. Londt, berede polisieman Gerrit Lemke, vaandrig William McKay en twaalf lede van die Kaapsche Regiment (‘n Hottentot regiment wat in die volksmond bekend gestaan het as Pandoere) word gestuur om Bezuidenhout, sy baster seun Hans en ene Jacob Erasmus na ‘n nabygeleë grot, en uiteindelik is Bezuidenhout dodelik getref deur ‘n koeël van sers. Joseph, ‘n Hottentot soldaat. Op sy begrafnis het sy broer, Johannes Jurgen (Hans), wraak gesweer ten die owerhede wat verantwoordelik was vir sy broer se dood. Hy en Hendrik Frederik Prinsloo het begin om ‘n opstand aan die Oosgrens te organiseer. Die rebelle is uiteindelik tot oorgawe gedwing. Hans Bezuidenhout is dodelik gewond, en die res is op 15 Desember 1815 in die landdroshof op Uitenhage verhoor; een is begenadig deur lord Charles Somerset; die ander, naamlik Cornelis Faber (43 jaar), ‘n swaer van Hans Bezuidenhout, Stephanus Cornelis Bothma (43 jaar), en sy broer Abraham Carel Bothma (29 jaar), Hendrik Frederik Prinsloo (32 jaar) en Theunis Christiaan de Klerk (3o jaar), ‘n swaer van Prinsloo, is die doodstraf opgelę. Op 9 Maart 1816 is die vyf op Van Aardtspos, 20 km suid van Slagtersnek, in die openbaar opgehang.

Ds. T.J. Herold, leraar te George, en dr. G. Glaeser, geneesheer van die Kaapsche Regiment, was onder die aanwesiges om hul laaste dienste te bewys. Stephanus Bothma het die omstanders toegespreek en hulle vir oulaas gemaan om die owerhede gehoorsaam te wees. Toe die toue van vier van die veroordeeldes breek, het hulle, half verwurg, landdros Cuyler gesmeek om genade. Cuyler se antwoord was dat hy nie die mag daartoe het nie, en hulle is een vir een opgehang. Bittere haat teen die owerhede oor die strenge vonnisse en onmenslikheid van die teregstelling het onder die bevolking van die Oos-grens posgevat. Die geelhoutbalk waaraan die vyf rebelle opgehang is, is in die kelder van die Staatsargief in Pretoria.

Salmon
9 Mar 2011, 07:57
@#$#@%$@ $#@@@$#@$#@ !!!

As die britte kan sę " remember Amajuba "
Kom ons onthou Slagtersnek!!

Ben Kruger
10 Mar 2011, 05:08
10 Maart (http://af.wikipedia.org/wiki/10_Maart):

(http://af.wikipedia.org/wiki/L%C3%AAer:NASDAQ.JPG)


1826 (http://af.wikipedia.org/wiki/1826) - Pedro I (http://af.wikipedia.org/wiki/Pedro_I_van_Brasili%C3%AB), Keiser van Brasilië (http://af.wikipedia.org/wiki/Brasili%C3%AB), verklaar homself tot Koning Pedro IV van Portugal (http://af.wikipedia.org/wiki/Portugal) na die dood van sy vader Koning Johannes VI.
1876 (http://af.wikipedia.org/wiki/1876) - Alexander Graham Bell (http://af.wikipedia.org/wiki/Alexander_Graham_Bell) voer die eerste suksesvolle telefoonoproep (http://af.wikipedia.org/wiki/Telefoon) uit.
1952 (http://af.wikipedia.org/wiki/1952) - Voormalige President (http://af.wikipedia.org/wiki/President) Fulgencio Batista (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Fulgencio_Batista&action=edit&redlink=1) voer 'n staatsgreep uit om beheer van Kuba (http://af.wikipedia.org/wiki/Kuba) oor te neem.
2000 (http://af.wikipedia.org/wiki/2000) - Die NASDAQ (http://af.wikipedia.org/wiki/NASDAQ)-effektebeursindeks bereik 'n hoogtepunt van 5048,62, die hoogste vlak van die dot-comvoorspoedgolf (http://af.wikipedia.org/wiki/Dot-comvoorspoedgolf).

1850
C.C. de Villiers gebore

Met reg word Christoffel Coetzee de Villiers nie alleen die vader nie, maar ook die prins van die Suid-Afrikaanse genealogie genoem. Hy het feitlik alleen die geslagsregisters opgestel van byna alle Suid-Afrikaanse stamouers wat voor 1880 na die Kaap gekom het. Dis ‘n prestasie wat uniek is in die genealogiese węreld. Om hierdie groot taak te verrig, het hy die doop- en trouregisters van die agt oudste gemeentes in ons land van 1665 tot 1810 deurgewerk en die inskrywings onder die betrokke familiename geďndekseer. Aangesien die registers van sommige gemeentes, soos Paarl en Stellenbosch, onvolledig was, het hy die leemtes probeer aanvul deur navorsing in die staatsargief en weesheer kantoor. Ongelukkig is hy jonk oorlede, op 4 September 1887 voor sy 38ste verjaarsdag, toe sy groot taak nog nie voltooi was nie. Die Kaapse parlement het toe ‘n som geld beskikbaar gestel vir die voltooiing van die werk deur G. McCall Theal en W.J. Vlok. In 1893 is die eerste deel van die Geslachtregister der oude Kaapsche Familiën gepubliseer, gevolg deur dele twee en drie in 1894. Hierdie registers is in 1966 deur Balkema herdruk en staan bekend as die De Villiers/Pama-herdruk.

sanetscott
10 Mar 2011, 09:29
1922 State of siege proclaimed during mine strike Johannesburg, South Africa

1900 Battle at Driefontein, South Africa (Boers vs. British army)

The battle of Driefontein (Boer War) was the last attempt to prevent the British under Lord Roberts from occupying Bloemfontein, the capital of the Orange Free State. The Boer position in the Orange Free State had collapsed very quickly. Only four weeks earlier their main army had been camped at Magersfontein, blocking the direct route to Kimberley. On 11 February Lord Roberts had begun his great flank march, which had seen Kimberley liberated on 15 March, and the army from Magersfontein captured at Paardeberg on 27 February. A first attempt to stop the British advance had failed with hardly any fighting at Poplar Grove (7 March).

In the aftermath of the rout at Poplar Grove, President Kruger had made valiant attempts to rally the fleeing burghers, but only 1,500 of the 6,000 men from Poplar Grove could be convinced to stay. Under the command of Christiaan De Wet, with assistance from De La Rey, the Boers organised a new defensive line at Dreifontein.

This time they fought, and fought well. Lord Roberts organised his men into three columns and attacked along the entire Boer line. Despite being heavily outnumbered, the Boers managed to hold on all day, but as darkness fell the British had seized the northern end of the Boer line, and were threatening the southern flanks. Once again the burghers fled – De Wet described it as a panic. This time there was no stopping them. Three days later the British captured Bloemfontein without facing any more significant resistance. British losses at Driefontein had been 82 dead and 342 wounded. Boer losses were at least 102 dead and 22 captured. To the British it began to look as if the war would soon be won.

Ben Kruger
11 Mar 2011, 05:25
11 Maart (http://af.wikipedia.org/wiki/11_Maart): Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (http://af.wikipedia.org/wiki/Verenigde_Koninkryk) (2005 (http://af.wikipedia.org/wiki/2005))
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/80/John_Howard_May_2006.jpg/125px-John_Howard_May_2006.jpg (http://af.wikipedia.org/wiki/L%C3%AAer:John_Howard_May_2006.jpg)


1845 (http://af.wikipedia.org/wiki/1845) - Māori (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Maori&action=edit&redlink=1) magte onder leiding van stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse (http://af.wikipedia.org/wiki/Verenigde_Koninkryk) nedersetting van Kororareka in Nieu-Seeland (http://af.wikipedia.org/wiki/Nieu-Seeland) wat die Eerste Maorioorlog ontlont.
1966 (http://af.wikipedia.org/wiki/1966) - President (http://af.wikipedia.org/wiki/President) Sukarno (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sukarno&action=edit&redlink=1) van Indonesië (http://af.wikipedia.org/wiki/Indonesi%C3%AB), aan bewind sedert die Tweede Węreldoorlog (http://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_W%C3%AAreldoorlog), word deur Suharto (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suharto&action=edit&redlink=1) afgeset.
1990 (http://af.wikipedia.org/wiki/1990) - Die Litause Sowjet Sosialistiese Republiek se bestaan eindig toe Litaue (http://af.wikipedia.org/wiki/Litaue) die herstel van onafhanklikheid van die Sowjetunie (http://af.wikipedia.org/wiki/Sowjetunie) verklaar.
1996 (http://af.wikipedia.org/wiki/1996) - John Howard (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=John_Howard&action=edit&redlink=1) betree diens as die 25ste Eerste Minister (http://af.wikipedia.org/wiki/Eerste_Minister) van Australië (http://af.wikipedia.org/wiki/Australi%C3%AB)

Hieronder nie noodwendig Boere Geskiedenis nie maar interessant om te weet -

1843
C.P. Hoogenhout gebore

Casper Peter Hoogenhout is in Amsterdam, Holland, gebore en op 13 Januarie 1922 naby Wellington oorlede. In 1860 het hy in Kaapstad aan wal gestap. Onder leiding van dr. Arnold Pannevis bekwaam hy hom as onderwyser, en meer as 40 jaar lank hou hy skool op Groenberg naby Wellington. Hy was van die begin van die Afrikaanse Beweging ‘n sterk voorstander en voorvegter vir Afrikaans; op 14 Augustus 1875 was hy een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners. Hy was een van die belangrikste Afrikaanse prosaskrywer voor 1900. Die tweede Afrikaanse prosaboek is deur hom geskrywe: Die Geskiedenis van Josef voor Afrikaanse Kinders en Huisouwens (1873), en die eerste Afrikaanse novelle: Catharina, die Dogter van die Advokaat (1879). Van al die digters voor 1900 het hy die meeste gedigte in Afrikaans geskrywe, en sommige van hulle is juweeltjies van volkskuns. Aka fak P.J.N

Meer oor:
CASPER(US) PETER (PETRUS) HOOGENHOUT (1843-1922)

C.P. Hoogenhout is op 11 Maart 1843 te Amsterdam, Nederland, gebore as die oudste seun van Nicolaas Hoogenhout en sy vrou Wynanda Elizabeth Imker, en op 13 Januarie 1922 op Optenhorst, Wellington, oorlede. Hy was onderwyser en hoof van die Groenbergskool, een van die vroeë Afrikaanse skrywers en een van die leiers van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Op dertienjarige ouderdom verloor hy sy moeder. Hy is nie gelukkig by sy stiefmoeder nie en verhuis na Suid-Afrika waar hy in 1860 in Kaapstad by die Nederlandse konsul werk kry. Spoedig na die aankoms van Arnoldus Pannevis in Julie 1866 raak Hoogenhout met hom bevriend en word deur hom as onderwyser opgelei. Kort voor 1870 begin hy op Groenberg naby Wellington sy byna veertigjarige loopbaan as onderwyser.

Hoogenhout en Pannevis, wat albei Hollanders was, is die eerste persone wat propaganda maak vir die gebruik van Afrikaans as skryftaal, veral omdat hulle die Bybel in dié taal wou vertaal. Die eerste proef van so ’n vertaling, Mattheüs 28, is van die hand van Hoogenhout. Op 12 April 1873 pleit hy in ’n brief aan De Zuid-Afrikaan vir ’n Afrikaanse vertaling van die Bybel; hierdie brief is tegelyk ook ’n pleidooi vir die gebruik van Afrikaans as skryf-taal. Sy vertaling van Markus (1878) is nooit gepubliseer nie.
Met “Klaas Waarsegger Jr.” as skuilnaam begin hy op 26 Julie 1873 in dieselfde blad met sy reeks van elf “Gesprekke tussen oom Jan Vasvat en neef Daantje Loslaat” waarin hy sy propaganda vir Afrikaans voortsit; die inhoud, taal en gees is suiwer Afrikaans, en hy skrywe oor onderwyssake, Afrikaans as Bybeltaal en ook oor die politiek, want hy wil die Afrikaners wakker skud op nasionale gebied en hy slaag daarin om baie Afrikaners se oë te open.

Na aanleiding van die briewe van “Een ware Afrikaander” (S.J. du Toit) in De Zuid-Afrikaan (8, 11 en 12 Julie 1874) bespreek Hoogenhout, Du Toit en andere die opstel van spelreëls, ’n Afrikaanse geskiedenisboek asook ’n volkslied. Na hierdie voorbereidingswerk skryf Pannevis aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap en pleit vir ’n Afrikaanse Bybel; dit lei tot die stigting op 14 Augustus 1875 in die Paarl van die Genootskap van Regte Afrikaners, waarvan Hoogenhout een van die agt stigters is.

Die eerste hoofartikel van die Genootskap se eie koerant, Die Afrikaanse Patriot (15 Januarie 1876), is die werk van Hoogenhout en S.J. du Toit. Aan die volkslied “Een ieder nasie het syn land” wat in dié koerant verskyn, het Hoogenhout ook ’n groot aandeel. Hy is tot 1877 een van die redakteurs en later die letterkundige redakteur wat die voorgelegde gedigte nasien en opknap; aldus oefen hy groot invloed uit op die eerste digters. Hy moedig hulle op simpatieke wyse aan en hulle ontdek dat hulle net “lekker kan rym”. Van die gedigte in Die Patriot stel hy sewe bloemlesings saam en in 1878 verskyn die eerste in druk. Hoogenhout gaan voort met die skryf van die hoofartikels in dié koerant, maar na die politieke ommeswaai van ds. S.J. du Toit verbreek hy en Oom Lokomotief (D.F. du Toit) hul verbintenis met die blad in 1902.

Hoogenhout se bydrae tot die Afrikaanse letter-kunde is aansienlik. Die derde boek in Afrikaans, en tewens die eerste kinderboek, is van sy hand: Die geskiedenis van Josef voor Afrikaanse kinders en huissouwens, in hulle eige taal geskrywe deur een vriend (1873). Dit is bedoel as voorbereiding vir die groter werk van Bybelvertaling en omdat die Nederlandse Bybel veral vir kinders moeilik verstaanbaar is, vertel hy die Josef verhaal in eenvoudige Afrikaans, boeiend en interessant.

Saam met S.J. du Toit en G.J. Malherbe skryf hy die eerste Afrikaanse geskiedenisboek, Die geskiedenis van ons land in die taal van ons volk (1877), en twee jaar later verskyn die eerste novelle in Afrikaans, Catharina, die dogter van die advokaat, onder sy skuilnaam “Klaas Waarsegger Jr.” In hierdie werk wat van kultuurhistoriese belang is, maak hy openlik propaganda vir die Afrikaanse taal en kultuur en vir ’n eie Afrikaanse lewensbeskouing. In 1879 verskyn ook sy Eerste printjies boeki ver soet kinders. Hy vertaal ook boeke uit Nederlands: De wege des Heeren met George Muller (1882) en saam met E.J. du Toit Die vinger Gods en sewe ander verhale (1884). Baie gewild was sy reken-boek in Nederlands, Uw en mij cyfer-boekje (1882).

Pres. F.W. Reitz het Hoogenhout tereg die Jacob van Maerlant van die Afrikaanse digters genoem, want tydens die Eerste Taalbeweging maak hy die meeste gedigte en sommige is inderdaad juweeltjies van volkskuns; veral bekend is “Waer Tafelberg begin tot vęr in die Transvaal...”, “Engels, Engels, alles Engels wat jy siet en hoor” en “Uitnodiging an Annie”.

In 1908 tree Hoogenhout met pensioen af en woon tot sy dood op Optenhorst, Boven Vallei, Wellington. Hy is op 29 Maart 1875 getroud met Catharina Maria Marais (25.6.1847 - 31.10.1942); uit hulle huwelik is ses kinders gebore, van wie twee bekendheid verwerf: dr. N.M. Hoogenhout, taalkundige en onderwyshoof en P. Imker Hoogenhout, wat ambassadeur in Nederland geword het.

Op 11 Maart 1955 het die Afrikaanse skrywers-kring, onder die voorsitterskap van dr. P.C. Schoon-nees, in die Bovleise kerkhof ’n gedenkplaat ter ere van C.P. Hoogenhout onthul. Prof. F.E.J. Malherbe het by dié geleentheid gesę dat dit vir Hoogenhout allermins gegaan het om deur sy geskrifte kuns te lewer, maar om die behoud van sy volk. Hy was ’n man van diepe Godsvrug met ’n vurige liefde vir sy aangenome vaderland.
http://www.agrisa.info/assets/dynamic/86/files/28_23-000_hoofstuk_23__alombekende_wellingtonners.doc (http://www.agrisa.info/assets/dynamic/86/files/28_23-000_hoofstuk_23__alombekende_wellingtonners.doc)

Ben Kruger
11 Mar 2011, 05:26
1910
Ontwikkeling van die Taalbond

Die pogings wat gedurende die eerste dekade van hierdie eeu aangewend is om Afrikaans te handhaaf en verder uit te bou, word duidelik weerspieël in die jaarverslag van die Taalbond se sekretaris wat gepubliseer is in De Zuid-Afrikaan van 11 Maart 1910. In die jaarverslag is besondere hulde gebring aan die nagedagtenis van J.H. Hofmeyr wat gedurende sy lewe van groot betekenis van die Taalbond was. Om dit in permanente herinnering te roep is besluit om ‘n bydrae tot die “Hofmeyr Gedenkteken Fonds” te maak, terwyl die vier eerste pryse van die vier Taalbondeksamens mettertyd ook as die Onze Jan Taalbondpryse bekend sou staan. Dit is opvallend hoe die groeiende taalgevoel onder Afrikaners ook uitgekristalliseer het in groter deelname in die aktiwiteit van die Taalbond. In 1908 het 3 300 kandidate ingeskryf vir die Taalbondeksamens – in 1909 het dit tot 4000 gestyg. Gedurende die voorafgaande sewe jaar het die getal kandidate byna verviervoudig – ‘n teken van die lewenskragtigheid van die Tweede Taalbeweging. Hierdie groei en lewenskragtigheid het verder ook tot uiting gekom in die stigting van die ZA Akademie. Die Taalbond was verheug oor die totstandkoming van die Akademie en was bereid om met die Akademie saam te werk – selfs daarin op te gaan as dit nodig was. Ten einde handhawing van die taalregte van die Afrikaner te bestendig en uit te brei, is die aandag ook toegespits op die onderwys. Die Opvoedings-Gazette is aan Afrikaners gestuur, terwyl geskikte persone benoem is “om voor die belangen van onze taal op onderwijsgebied op te treden” in die regeringsopvoedingskommissie wat kort tevore aangestel is.

Ben Kruger
12 Mar 2011, 05:58
12 Maart (http://af.wikipedia.org/wiki/12_Maart): Onafhanklikheidsdag in Mauritius (http://af.wikipedia.org/wiki/Mauritius) (1968 (http://af.wikipedia.org/wiki/1968))
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d1/Portrait_Gandhi.jpg/125px-Portrait_Gandhi.jpg (http://af.wikipedia.org/wiki/L%C3%AAer:Portrait_Gandhi.jpg)


1930 (http://af.wikipedia.org/wiki/1930) - Mahatma Gandhi (http://af.wikipedia.org/wiki/Mahatma_Gandhi) begin die Sout Satyagraha: 'n 24-dae lange, 320 km-staptog om protes aan te teken teen die Britse (http://af.wikipedia.org/wiki/Verenigde_Koninkryk) belasting op sout (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tafelsout&action=edit&redlink=1) in koloniale Indië (http://af.wikipedia.org/wiki/Indi%C3%AB).
1938 (http://af.wikipedia.org/wiki/1938) - Oostenryk (http://af.wikipedia.org/wiki/Oostenryk) word deur die Duitse weermag beset, en word vervolgens Ostmark (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ostmark&action=edit&redlink=1), 'n provinsie in die Duitse Ryk (http://af.wikipedia.org/wiki/Duitsland).
1940 (http://af.wikipedia.org/wiki/1940) - Die Moskou Vredesverdrag word onderteken wat 'n einde bring aan die Winteroorlog (http://af.wikipedia.org/wiki/Winteroorlog) tussen Finland (http://af.wikipedia.org/wiki/Finland) en die Sowjetunie (http://af.wikipedia.org/wiki/Sowjetunie).
2003 (http://af.wikipedia.org/wiki/2003) - Serwiese (http://af.wikipedia.org/wiki/Serwi%C3%AB) Eerste Minister Zoran Đinđić (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Zoran_%C4%90in%C4%91i%C4%87&action=edit&redlink=1) sterf in 'n sluipmoordaanval (http://af.wikipedia.org/wiki/Sluipmoord) in Belgrado (http://af.wikipedia.org/wiki/Belgrado).

1815
C. Moll gebore

Cornelis Moll, vier-en-twintigste kind van Cornelis Moll van Nieuwendam, en Anna Sophia Nijhoff, word op hierdie dag in Kaapstad gebore. Nadat hy sy eerste drukkersaak in Kaapstad begin maar insolvent geraak het, het hy in Maart 1844 na Natal verhuis, waar hy die eerste koerant "De Natalier" begin het. Hy is deur pres. M.W. Pretorius oorreed om na die ZAR te gaan, en in 1857 rig hy ‘n drukpers te Potchefstroom op. Hier het hy die eerste Transvaalse staatskoerant gedruk, maar as gevolg van meningsverskille met die owerheid, koop die regering spoedig die pers. Daarna dien hy as staatsekretaris en staatsprokureur, later as landdros van Pretoria en selfs as Volksraadslid. Met sy vele talente, maar rustelose geaardheid, kon hy baanbrekerswerk in die drukkers bedryf in drie gewestes verrig. Oorlede op 25 April 1880 op Nylstroom.

1871
Sen. F.S. Malan gebore

Francois Stephanus Malan is op Bovlei by Wellington gebore. In sy lang openbare loopbaan het hy op haas elke gebied van die volkslewe ‘n noemenswaardige bydrae gelewer. As redakteur van "Die Patriot" en "Ons Land", vooraanstaande Kabinetslid en gesiene kerkman, het hy die Afrikaanse taal bevorder, en sedert 1924 tot sy afsterwe op 31 Desember 1941 het hy as kultuurleier, onder meer as voorsitter van die Afrikaanse Taalbond, ‘n vername rol gespeel. Hy was onder meer ‘n stigterslid van die FAK. Aka fak P.S.d.J.

1894
W.A. van Warmelo gebore

Willem Lambertus van Warmelo emigreer na SA in 1939 en word veral bekend vir sy versameling en dokumentering van Afrikaanse liederwysies, wat verskyn in twee publikasies, nl. Afrikaanse Liederwysies (1948) en Liederwysies van Van’s Lewe (1958). Hy keer in 1962 terug na Holland. Aka fak C.L

1913
Kmdt. C.C. Froneman oorlede

Christoffel Cornelis Froneman, gebore op 26 Maart 1846, het op jeugdige ouderdom aan die laaste Basoeto-oorlog deelgeneem en dwarsdeur die Engelse Oorlog as Vrystaatse kommandant en assistant-hoofkommandant aktief en dapper die stryd meegemaak. As een van die Vrystaatse afgevaardigdes by die vredesonderhandelings by Vereeniging, verklaar hy dat hy kans sien om minstens nog ‘n jaar aan die stryd deel te neem. Na die oorlog vestig hy hom in die distrik Marquard waar hy hom beywer vir die stigting van die dorp Marquard. Aka fak J.C.M.

1960
Bartholomeu Dias-standbeeld onthul

Bartholomeu Dias de Novaes was ‘n Portugese ontdekkingsreisiger wat die koninklike opdrag gehad het om die lang soektog na ‘n seeroete na Indië suidwaarts langs die Weskus van Afrika suksesvol af te rond. Van die triomf dat hy Kaappunt wel omseil het, was hy as gevolg van stormwinde onbewus. In Desember 1487 was die ongeveer 37-jarige Dias nog regoor Luderitz baai, en in Februarie 1488 het hy by Visbaai digby Mosselbaai aan land gegaan. Daarna is verder geseil. Sy bemanning het hom kort hierna verplig om terug te keer. Met die terugreis het hy sy klipkruis, die padrao van St. Gregorius, naby die mond van die Boesmansrivier in die distrik Alexandria by Kwaaihoek geplant. Prof. Eric Axelson het die brokstukke van hierdie oudste baken van ons Europese erfenis in April 1938 ontdek. Die herstelde kruis is tot historiese gedenkwaardigheid verklaar en staan by die Universiteit van die Witwatersrand. ‘n Afgietsel is op die terrein self aangebring. Dias het in Mei 1500 ‘n onbekende watergraf in die Kaapse see gevind toe hy ‘n lid van Pedro Cabral se vloot na Indië was. ‘n Standbeeld vir Dias deur prof. Barata Feyo is op 12 Maart 1960 in die tuin voor die Kunsmuseum in Kaapstad onthul. Aka fak M.J.S.

Ben Kruger
13 Mar 2011, 21:55
13 Maart:

* 1781 - William Herschel ontdek die planeet Uranus.
* 1881 - Tsaar Alexander II van Rusland sterf in 'n sluipmoord in 'n Nihilistiese komplot deur Ignacy Hryniewiecki.
* 1954 - In Viëtnam stuur Viet Minh magte onder Vo Nguyen Giap 'n reuse artillerieaanval af op die Franse leër van stapel om die Slag van Dien Bien Phu, die finale slag in die Eerste Indosjinese Oorlog, te begin.

Belangrike Konferensie By Blignaut Se Pont
Samesprekings Agter Geslote Deure
Vaalrivier
13 Maart 1890

Op versoek van Paul Krüger het die Hoë Kommissaris, sir Henry Loch, en Cecil Rhodes hom gister ontmoet om oor gemeenskaplike belange te onderhandel. Die samespreking het gister van nege-uur in die môre tot vyfuur in die agtermiddag geduur, met ‘n kort onderbreking vir middagete. ‘n Groot aantal boere het met hul gesinne van Griekwaland-Wes en die Vrystaat gekom, hoofsaaklik om die president te ontmoet. President Krüger wou na afloop van die konferensie egter niks sę oor die verloop van die onderhandelinge nie. “Daar is nog niks vasgestel nie,” het hy gesę, “maar die hoofsaak is dat ons as vriende geskei het.”

Aangesien die samesprekings agter geslote deure plaasgevind het, weet niemand wat bespreek is nie. Dit is egter goed bekend dat die Republiek gretig is om Kosibaai te annekseer en Swaziland te beheer. Terwyl Rhodes in die noorde geen mededinger wil duld nie. President Krüger het ook geweier om kommentaar te lewer op die behandeling van die klompie Engelse wat ‘n paar dae gelede in Johannesburg hom geen kans gegee het om aan die woord te kom nie deurdat hulle luidkeels “God save the Queen” en “Rule Britannia” gesing het. Ander het die vierkleur verskeur en voor die woning van landdros Van Brandis ‘n volksoploop teweeggebring wat deur die polisie uitmekaar geja moes word. Die Nuusbode.

XxXxX

One example is sufficient to show the conduct of the Uitlanders toward the Boers, but thousands could be given. President Kruger journeyed to Johannesburg in order to learn from the newcomers what his government might do to improve the industry. A crowd met Mr. Kruger, and, after rude remarks on his personal appearance, sang " God save the Queen." Later the Transvaal flag was torn down from a staff in front of the house in which the President was conferring with leading residents of the city. The Transvaal Government, on the other hand, sought by all means in its power to secure the good-will of the newcomers, and frequent conferences between leading men of the Randt and the officials of the Government were held with that object in view. [71]

http://www.mainlesson.com/display.php?author=hillegas&book=people&story=gold&PHPSESSID=eaf6da86ec57cb263441018355fc6f20

Dublin street song sung by children during the Boer War :
The British they came marching
The Boer came in sight
The Boer took their rifles
And blew them out of sight
Sound the bugleSound the drum
And give three cheers for Kroojer
Away with Bullerand all his men
and HurrahFor Dan O’Connell

1900
Die Britse magte neem Bloemfontein in

Na die skitterende oorwinning by Magersfontein in Desember 1899 het die Boere hul sukses nie opgevolg nie en is lord Roberts toegelaat om sy magte op te bou. Na die oorgawe van genl. Piet Cronje met 4 000 man by Paardeberg is die opmars na die Vrystaatse hoofstad voortgesit. Aanvanklik wou pres. Steyn en genl. De Wet die hoofstad verdedig, maar vanweë die lae moreel van die burgers, om skade te voorkom en die burgerlikes lyding te bespaar, is besluit om na Kroonstad uit te wyk. Sonder slag of stoot, is Bloemfontein toe deur Roberts ingeneem. Aka fak M.C.E.v.S

1903
Genl. D.J. Joubert oorlede

David Johannes (ou Kat) Joubert (gebore op 7 November 1849) sterf op sy terugtog van Shirati na Dar-es-Salaam aan malaria nadat hy grond vir ‘n nuwe woongebied by die goewerneur van Duits-Oos-Afrika gekoop het, en word “in ‘n eensame graf weggelę, ver van huis en haard, in die weste van Duits-Oos”. Te midde van groot ontberinge het genl.. Joubert met ander lede van die landsoekersekspedisie, wat op 7 Januarie 1903 op Ermelo saamgestel is, gepoog om baanbrekerswerk te doen en so die steeds aanwesige trekgees van die Boere te bevredig deur nuwe gesigseinders oop te stel vir vęrdere trekke en moontlike uitbreiding van Suid-Afrika. FAK

1957
N.C. Havenga oorlede

Nicolaas Christiaan (Klasie) Havenga is op 1 Mei 1882 in die distrik Fauresmith gebore. Na sy opleiding aan die Grey Universiteitskollege tree hy tot die regspraktyk toe. Vir die duur van die Anglo Boere Oorlog tree Havenga as private sekretaris vir genl.. J.B.M. Hertzog op. Hul vriendskap het na die oorlog voortgeduur, en Havenga het Hertzog se politieke vertroueling in die jare hierna geword. Havenga se eerste toetrede tot die aktiewe politiek was as LPR vir Fauresmith (1910 tot 1915) en LUK van die OVS. In 1915 word hy tot LV vir Fauresmith verkies, en hy dien as sodanig tot 1940. Van 1948 tot 1954 het hy die kiesafdeling Ladybrand in die Volksraad verteenwoordig. In die Hertzog-regering het hy die portefeulje Minister van Finansies van 1924 tot 1939 beklee, en daarna weer in dr. D.F. Malan se Kabinet, en wel van 1948 tot 1954. Na die oorlogsverklaring van 1939 en die mislukte hereniging pogings tussen die Hertzog-groep en die “gesuiwerde” Nasionale Party van dr. Malan, skei N.C. Havenga saam met genl.. Hertzog af en stig die Afrikanerparty. As ‘n leier het Havenga ‘n sentrale rol in die Afrikanerparty gespeel, en veral ten opsigte van ‘n gematigde nasionalisme, wat die party sterk gepropageer het. Met die algemene verkiesing van 1948, het die Herenigde Nasionale Party van D.F. Malan en die Afrikanerparty kragte gesnoer. In 1951 het die twee partye onder die ou naam, die Nasionale Party, saamgesmelt. In 1954 het Havenga hom aan die aktiewe politiek onttrek.

Ben Kruger
14 Mar 2011, 00:22
14 Maart: Volkebonddag (2005), Witdag in Japan, Pi-dag

* 1676 - Johan Bax van Herenthals volg goewerneur IJsbrand Godske as kommandeur van die Kaapkolonie op.
* 1883 - Karl Marx sterf in Londen.
* 1984 - Gerry Adams, leier van Sinn Féin, word ernstig gewond in 'n sluipmoordpoging in Belfast, Noord-Ierland.
* 1991 - Die "Birmingham Ses", te vore verkeerdelik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland skuldig bevind, word na 16 jaar in die tronk vrygelaat.

1895
Hollandse Mannekoor in Pretoria gestig

Hierdie koor het ontwikkel uit De Hollandsche Club, wat op hierdie dag in Pretoria gestig is. Die klub het sy naam op 25 April 1895 verander in De Hollandsch Mannekoor, met ‘n meer bepaalde doel: om die Hollandse taal deur sang te bevorder en daardeur die samewerking en gesellige verkeer van alle Hollanders in Pretoria te bewerkstellig. Dirk Balfoort het hom laat oorreed om as direkteur op te tree. Reeds in Augustus 1895 is die eerste uitvoering gegee. Die koor was herhaaldelik vir liefdadigheid in Pretoria diensbaar. Met Balfoort se vertrek na Europa word M. de Groot die koorleier. Die koor het uit 26 werkende lede en sy direkteur bestaan en ‘n foto uit 1898 bestaan van die geselskap. Tydens die Engelse Oorlog is die koor se werksaamhede tydelik gestaak, maar in 1903 het hy herleef onder voorsitterskap van W.J. Neijenes, later H. Visscher en nog later H. van Bommel. Die tienjarige bestaan is op 27 en 28 April 1905 feestelik herdenk. Die koor het ‘n vaandel met bybehorende kas besit, en hierdie vaandel word tans in die Nederlands Cultuurhistorisch Instituut aan die Universiteit van Pretoria bewaar. Dirk Balfoort het ‘n sangstuk, getitel Liever dood dan onderworpen vir die koor gekomponeer. Hier5die koor het in die negentigerjare van die vorige eeu ‘n lewendige rol gespeel in die kultuurlewe van Pretoria. Aka fak P.G.N

1897
G.J.Th. Beelaerts van Blokland oorlede

Gerhard Jacob Theodoor Beelaerts van Blokland gebore op 12 Januarie 1843 het hom vanaf 1881 vir die saak van die Transvaalse Boere beywer by sy vriende in Nederland, Engeland en Amerika. Hy was medestigter van die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging, met die doel om belangstelling in en hulp vir die Boererepublieke wakker te hou . aka fak P.G.N.

1922
Die Randse staking finaal beëindig

Die rampspoedige gebeurtenisse aan die Witwatersrand die eerste drie maande van 1922 het in hoofsaak gewortel in die onvermoë van laegraadse goudmyne om met produksiekoste tred te hou, terwyl die goudprys ‘n dalende neiging getoon het. Die Kamer van Mynwese moes derhalwe kies tussen loonverlaging vir mynwerkers of die opheffing van die sogenaamde status quo-ooreenkoms, wat sekere werk vir blankes gereserveer het. ‘n Loonverlaging kon nie die laegraadmyne red nie, en die opheffing van die status quo-ooreenkoms is dus oorweeg. Loonverlaging is terselfdertyd by steenkoolmyne en by enkele groot maatskappye ingestel, en dit het ‘n kollektiewe gees van verset by die werkers laat posvat. Die Suid-Afrikaanse Industriële Federasie, spreekbuis van die werkers, het aan die begin van Januarie 1922 ‘n algemene staking afgekondig, ‘n gebeurtenis waarby ook die Randse Afrikaner nou betrokke geraak het, aangesien baie mynwerkers Afrikaners was. Die Eerste Minister, genl. J.C. Smuts, se pogings om die staking te beëindig, was onsuksesvol en sy verklaring dat die regering hom nie sou inmeng nie, maar die vegtende partye die saak sou laat uitveg, het hom as ‘n onsimpatieke bemiddelaar by die stakers gebrandmerk. Etlike skikkings pogings het daarna misluk, en toe die SA Industriële Federasie vroeg in Maart nie meer deur die Kamer van Mynwese erken is nie, het ‘n revolusionęre groep Kommunistiese agitators, die sogenaamde Council of Action, beheer oor die stakers verkry. Geweld het spoedig begin hoogty vier, en veral sedert 8 Maart het onluste toegeneem: die Kaapse hooflyn trein is ontspoor, motors is in strate omgekeer, swartes is aangeval en die polisie het gaandeweg die inisiatief begin verloor. Die afkondiging van krygswet het geen uitwerking op die geweldpleging gehad nie, en sake het eers ‘n wending geneem nadat genl. Smuts persoonlik beheer oor die militęre magte oorgeneem het. Spoedig is toestande aan die Oos- en Wes-Rand genormaliseer, terwyl Fordsburg, die laaste vesting van die stakers, op 14 Maart verower en die staking daarmee beëindig is. Smuts se optrede het hom die wrewel van sy politieke bondgenootskap tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty, wat deur adv. Tielman Roos aangevoor is. Hierdie bondgenootskap het daartoe gelei dat die party wat die aspirasies van die Afrikaner verteenwoordig het, veertien jaar na sy stigting met die hulp van sy Arbeider bondgenote aan die bewind gekom het.

Ben Kruger
15 Mar 2011, 06:06
15 Maart (http://af.wikipedia.org/wiki/15_Maart):


1493 (http://af.wikipedia.org/wiki/1493) - Christophorus Columbus (http://af.wikipedia.org/wiki/Christophorus_Columbus) keer na Spanje (http://af.wikipedia.org/wiki/Spanje) terug na sy eerste reis na die Amerikas.
1877 (http://af.wikipedia.org/wiki/1877) - Krieketspelers (http://af.wikipedia.org/wiki/Krieket) wat Engeland (http://af.wikipedia.org/wiki/Engeland) en Australië (http://af.wikipedia.org/wiki/Australi%C3%AB) verteenwoordig, speel die eerste toetswedstryd by die Melbourne Cricket Ground (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Melbourne_Cricket_Ground&action=edit&redlink=1).
1917 (http://af.wikipedia.org/wiki/1917) - Tsaar Nikolaas II (http://af.wikipedia.org/wiki/Nikolaas_II_van_Rusland) van Rusland (http://af.wikipedia.org/wiki/Rusland) word gedwing om te abdikeer tydens die Februarie Revolusie (http://af.wikipedia.org/wiki/Russiese_Rewolusie_%281917%29) wat drie eeue van Romanofheerskappy (http://af.wikipedia.org/wiki/Huis_van_Romanof) beëindig.


1827
Jan Orrelis de Villiers gebore
Jan Stephanus (Jan Orrelis) de Villiers wat as die eerste Afrikaanse komponis van belang beskou word, is in die Paarl gebore. Sy eerste musiekonderwyser was die Stellenbosse (en later Paarlse) orrelis, Pieter Hugo. Vanaf 1840 het hy in Kaapstad lesse in klavier, viool, harp en orrel ontvang, waarskynlik van die bekende Kaapse orrelis Frederick Logier. In 1847 begin hy dan in die Paarl met sy werksaamhede as musiekonderwyser, komponis en, as opvolger van Pieter Hugo, orrelis van die Strooidak kerk. As uiters deeglike musiekonderwyser het hy ‘n groot bydrae gelewer tot die opvoeding van die jeug, eers deur private lesse, later aan die Paarlse Gimnasium en vanaf 1872 in sy eie “Ladies Seminary”, die voorloper van die Hoër Meisieskool La Rochelle. As ywerige koorleier en orrelis (vanaf 1875 aan die afgestigte gemeente Noorder-Paarl), het hy weliswaar sterk onder invloed van die negentiende-eeuse Engelse geestelike lied, in samewerking met sy neef Rocco de Villiers, in opdrag van die Sinode gewerk aan die verbetering van die kerksang, en oratoriums (o.m. Epiphanie), orrelwerke en Psalmmelodieë gekomponeer. Sy musiek by die reeks toesprake van ds. S.J. du Toit oor die Onvervulde Profesieë (1878) kan as die begin van die geestelike kantate in die NG Kerk beskou word. Verder komponeer hy ‘n groot aantal geleentheid komposisies vir verskillende vokale en instrumentale besetting n.a.v. gebeurtenisse van nasionale en internasionale belang. Aan die GRA het hy daadwerklike steun verleen en o.m. melodieë geskryf vir ‘n Ieder nasie het sy land en vir Die Vierkleur. Hy was getroud met Johanna Maria Wilhelmina van der Lingen. Hulle twee dogters, Nancy de Villiers en Elizabeth (Von Willich), was in 1905 medestigters van die Konservatorium op Stellenbosch. Jan Orrelis is op 2 Mei 1902 in die Paarl oorlede. Aka fak R.E.O
1874
W. Postma gebore
Willem (dr. O’kulis) Postma was ‘n Gereformeerde predikant, baanbreker skrywer en streng Calvinis. In Bloemfontein beywer hy hom vir die erkenning van Afrikaans as taal en voorspel dat Afrikaans een van die amptelike tale van Suid-Afrika sal word. Hy het as CNO-man die Engelse Onderwysstelsel in die OVS heftig teëgestaan. Gevolglik stig hy die eerste CNO-skool in 1905 in die voorportaal van die Gereformeerde Kerk, Bloemfontein. In 1916 word hy voorsitter van die provinsiale onderwyskommissie in die OVS. Op die eerste vergadering van die Bybelvertalings kommissie (22November 1916) verteenwoordig hy die Gereformeerde Kerk en in dieselfde jaar verskyn uit sy pen ‘n vertaling in Afrikaans van die Nuwe Testamentiese boek Titus. In 1914 word hy die regterhand van genl. J.B.M. Hertzog tydens die stigting van die Nasionale Party. In 1909 verskyn sy werk, Die esels kakebeen. Hy is op 13 Desember 1920 op Reddersburg oorlede. Aka fak D.E
1961
Dr. Verwoerd en die Statebond
By monde van sy Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, word Suid-Afrika se aansoek om as republiek lid van die Britse Statebond te bly, op hierdie dag teruggetrek. Daarmee is die intensiewe pogings om die Statebond in sy ou vorm te laat voortbestaan, finaal verydel. Die aansoek om lidmaatskap te behou, is gedoen vanweë ‘n belofte deur dr. Verwoerd aan die Volksraad dat hy sou trag om die republiek lid van die Statebond te hou, met die oog op die instandhouding van blanke solidariteit in Suid-Afrika. Groot-Brittanje het onder aanvoering van sy Eerste Minister, mnr. Harold MacMillan, alles in sy vermoë gedoen om Suid-Afrika se lidmaatskap te verseker. Die Afro-Asiatiese blok, bygestaan deur Kanada en Nieu-Seeland, het egter onwrikbaar op hul eis bly aandring dat Suid-Afrika sy binnelandse beleid geheel moet verander as hy lid wil bly. “Ek was geskok en oorweldig deur die vyandige gees wat hier teenoor Suid-Afrika geheers het,” het dr. Verwoerd in sy afskeidstoespraak gesę: “Die teenstand is gebaseer op die sogenoemde diskriminasie wat ons in Suid-Afrika beoefen. Maar dit was juis afkomstig van lande waar verdrukking en diskriminasie welig voort-tier, en waar die beginsels van die so geroemde demokrasie afwesig is. Dit is duidelik dat die Statebond in sy hele wese verander het om hom nou die reg toe-eien om aan ander voor te skryf. Ek voorspel dat ons vandag die einde gesien het van die ou Statebond.”

jjgsmith
15 Mar 2011, 06:47
Baie dankie BPK.

Doen so voort. Jy roep baie in herinnering.

jjgs

Ben Kruger
15 Mar 2011, 23:15
16 Maart:

* 1521 - Ferdinand Magellaan bereik die Filippyne.
* 1871 - Gebore: Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener.
* 1968 - 347 Viëtnamese burgerlikes sterf in die My Lai-menseslagting.
* 2004 - Die Russiese president, Wladimir Poetin, word vir ’n tweede termyn herkies.

1717
Koffiehuis aan die Kaap geopen

Aan burger Ernst Frederik de Swart is op hierdie dag toestemming verleen om in sy woonhuis aan besoekers, wat van verbyvarende skepe aan land gekom het, koffie te voorsien. Hy durf egter nie ander drank verkoop het nie. Hiermee het die Kaap aan sy oorspronklike doelwit getrou gebly naamlik om as verversingspos te dien en om aan die skeepslui ‘n tuiste te bied wanneer hulle hier vertoef. Die bedoeling was om onder huislike, gesellige omstandighede die besoekers ste onthaal. In Nederland self was koffie nog baie duur, maar in die Ooste was dit drasties goedkoper. Met die jare het die gedagte van ‘n koffiehuis natuurlik nuwe betekenis gekry. Dit het later ook verblyf en ‘n aand se konsert ingesluit. Die gedagte van ‘n klub of kroeg of rumoerige drinkplek is vroeg in die Afrikaner se wordingsgeskiedenis afgekeur. Met die dekades het daar later in Kaapstad en in Pretoria weer koffiehuise ontstaan waar gesellig verkeer en programme aangebied is. tot vandag toe nog word koffiehuis konserte oor die radio in Afrikaans aangebied. Menige jong Afrikaner kunstenaar het onder sulke omstandighede ‘n eerste openbare optrede gelewer. Aanvanklik en later het die Afrikaner as lief vir koffie bekend geword, maar in die Groot Trek se jare het ons voorgeslagte aan flou tee voorkeur gegee. Aka fak M.J.S

1852
Versoening tussen Hendrik Potgieter en Andries Pretorius te Rustenburg

Andries Pretorius se onderhandelings met die Britse owerheid het op 17 Januarie 1852 op die ondertekening van die Sandrivier-konvensie uitgeloop, waardeur Pretorius Britse erkenning vir die onafhanklikheid van Transvaal verkry het. Aangesien Potgieter sterk gekant was teen enige vorm van onderhandeling met die Britse owerhede en hy met ‘n de facto onafhanklikheid vir die Oorvaalse gebied tevrede was, het Pretorius se optrede en die feit dat hy sonder goedkeuring van die Volksraad met die Britte onderhandel het, hom die gramskap van Potgieter op die hals gehaal. Ten einde verslag van Pretorius se werksaamhede in verband met die Sandrivier konvensie te ontvang, is ‘n Volksraad vergadering vir 16 Maart 1852 te Rustenburg belę. Vanweë die spanning wat tussen Potgieter en Pretorius en hul onderskeie ondersteuners bestaan het, is daar gevrees dat dit tot ‘n breekpunt tussen die twee partye mag kom. Sover het sake egter nie gegaan nie. Om die twee Voortrekkerleiers tot kalmte te maan en vęrdere moeilikheid te voorkom, het ‘n aantal invloedryke burgers gedurende die aand van 15 Maart die aanwesige ouderlinge te Rustenburg versoek om ‘n gesprek met die twee leiers te voer. Voortvloeiend hieruit het die ouderlinge vroeg die volgende oggend ‘n ontmoeting tussen Potgieter en Pretorius in Potgieter se tent gereël waar hulle op ‘n grootmoedige en dramatiese wyse ‘n einde aan die wrywing gemaak het. Kort voor die volksraad sitting op 16 Maart 1852 word die tentklap van die tent waarin Potgieter en Pretorius onderhandel het, ten aanskoue van die vergaderde mense oopgeslaan en aanskou hulle die twee Voortrekkerleiers met hulle hande in mekaar met oop geslane Bybel voor hulle. Aka fak W.A.S

1869
Sen. W.A. Hofmeyr gebore

William (Willie) Angus Hofmeyr, sakeman en kultuurleier, is op Montagu gebore. In 1889 het hy sy BA-graad aan die Victoriakollege op Stellenbosch behaal, hom as prokureur in Johannesburg bekwaam en in sy eie Randse praktyk en later in ‘n vennootskap in Kaapstad gepraktiseer. Na die uitbreek van die Eerste Węreldoorlog in 1914 het hy in die politieke stryd van daardie jare beland, veral weens sy diepe begeerte om uiting deur middel van die pers vir die opgekropte gevoelens van menige Afrikaners te verkry. Die Nasionale Pers het in 1915 onder sy aanvoering tot stand gekom, en hy was die eerste direksie voorsitter. Tot met sy dood op 18 September 1953 op Stellenbosch was hy in verskeie ampte aan die Nasionale Pers verbonde. Op sakegebied was hy ‘n baanbreker en het in 1918 die eerste voorsitterskappe van Santam en Sanlam beklee, asook later die van African Homes Trust, Bonuskor en Voortrekkerpers. Hy het ‘n aanmerklike bydrae tot die stigting van Federale Volksbeleggings en die vestiging van Saambou-Bouvereniging gelewer. By die toekenning van die eregraad D.Com, deur die Universiteit van Stellenbosch in 1947 word W.A. Hofmeyer bestempel as aanspraakmaker op die benaming van leier van die eerste ekonomiese oplewing van die Afrikaanssprekende. Hy het van 1929 tot 1939 en weer in 1948 in die Senaat gedien.

Ben Kruger
16 Mar 2011, 23:37
17 Maart: Sint Patrickdag

* 1901 - 'n Uitstalling van 71 skilderye deur Vincent van Gogh veroorsaak 'n opskudding in Parys, 11 jaar na sy dood.
* 1956 - Die Suid-Afrikaanse operasangeres Mimi Coertse maak haar debuut by die Weense Staatsopera as die "Koningin van die Nag" in Mozart se Die Towerfluit.
* 1958 - Vanguard 1, die eerste sonkragaangedrewe satelliet, word gelanseer. Dit is die oudste mensgemaakte voorwerp wat vandag nog in die ruimte is.
* 1966 - Die Universiteit van Zambië se eerste studente word geregistreer.


1863
F.V Engelenburg gebore

Frans Vredenrijk Engelenburg is in Arnhem gebore as seun van ‘n welgestelde Hollandse familie. Hy verwerf sy doktorsgraad in 1887 in Leiden en kom in 1889 na Suid-Afrika. Hy word in dieselfde jaar aangestel as redakteur van De Volksstem. Nadat hy gedurende die Engelse Oorlog deur die Engelse owerheid uit Natal verban is, toer hy twee jaar lank deur Europa. Hy keer in 1903 terug na Pretoria, nadat hy dr. W.J. Leyds in Europa behulpsaam was met ‘n inligtingsdiens oor die oorlog in Suid-Afrika, en hervat sy redakteurskap van De Volkstem. In 1904 was hy stigterslid van Het Volk, die politieke party van die Transvaalse regering. Hy was in 1909 lid van die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Vredeskongres in Parys. Dr. Engelenburg was ‘n belese man wat geglo het dat objektiewe beriggewing die toetssteen van goeie joernalistiek is. Nie alleen was hy as joernalis goed toegerus vir sy taak nie, maar sy artikels toon ook dat hy openbare mening kalm en sonder onnodige vooroordeel kon weergee. As stigterslid van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst laat hy na sy dood op 21 Augustus 1939 sy woning aan die volk na. Die Akademie se hoofkwartier is daar gesetel. Die Engelenburg-huis is ‘n museum, met die Akademieraad as kurator. Aka fak D.J.C.G

1951
PU vir CHO kry volwaardige universiteit status

Op die dag het die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys sy status as volwaardige, selfstandige universiteit verkry. Hierdie Universiteit se beginjare lę baie ver terug, want hy het sy ontstaan uit die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, wat op 29 November 1869 op Burgersdorp, Kaapland, opgerig is. Naas teologiese opleiding, het hierdie skool literariese opleiding verskaf, ook aan studente wat nie predikante wou word nie. In 1876 is die sogenaamde Literariese Departement aan die Teologiese Skool in die lewe geroep om die opleiding te verskaf. Dit is gedoen totdat veranderde omstandighede en probleme as gevolg van die universiteit wetgewing van 1916, die Gereformeerde Kerk gedwing het om die Teologiese Skool en die Literariese Departement van mekaar te skei en laasgenoemde in 1919 om te vorm tot ‘n aparte universiteitskollege – “Het Potchefstroomse Universiteitskollege voor Kristelike Hoger Onderwijs” - onder beheer van ‘n eie raad!

Soos sy van aandui, was dit ‘n universiteitskollege met ‘n bepaalde doel: om Christelike hoër onderwys te verskaf. Die sogenaamde gewetensklousule, vervat in die 1016-wet, het dit vir die PUK vir KHO onmoontlik gemaak om van die regering subsidie te ontvang, veral toe noodsaaklikerwys pogings in die werk gestel is om die Kollege by die Universiteit van Suid-Afrika te inkorporeer. Dit het in 1921 geskied, maar teen die prys van verlies van sy van, naamlik “vir KHO”. Naas die voortsetting van sy universitęre werk, onder werklik moeilike omstandighede, het die destydse rektor, prof. dr. F. Postma, bygestaan deur prof. J.D. du Toit, ander Potchefstroomse kollegas en vorige ondersteuners en gewaardeerde medewerkers dwarsoor die hele land geen steen onaangeroer gelaat om die volle naam van due Universiteit herstel te kry nie. Dit het na lange stryd in 1933 gebeur, toe die naam van die inrigting deur wetgewing herstel is tot Die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys. Na hierdie naamsherstelling het die PUK vir CHO sy werksaamhede as samestellende kollege van die Universiteit van Suid-Afrika voortgesit en het die inrigting, ten spyte van ernstige geldelike kwellinge, veral na 1945 so uitgebrei dat saam met ander samestellende kolleges van die Universiteit van Suid-Afrika in 1947 die eerste stappe in die rigting van selfstandigwording gedoen is. Hierdie ideaal is op 17 Maart 1950 verwesenlik na ‘n spanningsvolle stryd om die selfstandige universiteit vrygestel te kry van die gewetensklousule en sy Christelik-historiese karakter en roeping in sy wet deur die Regering van die land erken te kry.

sanetscott
17 Mar 2011, 09:34
Nog 'n paar gebeurtenisse:


1992 De Klerk wins a white only referendum
1966 South Africa government bans Defense and Aid Fund
1961 South Africa leaves British Commonwealth ???

Salmon
17 Mar 2011, 11:05
Regstelling : 1992 De Klerk lies to the people of GOD and deceives them in beleiving him, and not GOD

sanetscott
17 Mar 2011, 12:36
Regstelling : 1992 De Klerk lies to the people of GOD and deceives them in beleiving him, and not GOD

Dankie Salmon, ek kon dit nie beter gestel het nie.

Ben Kruger
17 Mar 2011, 22:07
18 Maart: Vlagdag in Aruba (1976)


* 1229 - Sesde Kruistog: Keiser Frederik II van die Heilige Romeinse Ryk verklaar homself tot Koning van Jerusalem.
* 1921 - Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet Rusland bepaal, kom formeel tot 'n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga.
* 1922 - Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlike ongehoorsaamheid.
* 1965 - Sowjet ruimtevaarder Aleksei Leonof word die eerste persoon om in die ruimte te loop


1834
Maria Koopmans-De Wet gebore

Maria Margaretha Koopmans-De Wt is in Kaapstad gebore uit een van die vooraanstaande Kaapse families. As jong dogter is sy aangegryp deur die lotgevalle van die Voortrekkers, die totstandkoming van die twee Boererepublieke en die Anti-Bandiete beweging – almal gebeurtenisse wat bygedra het om ‘n vurige patriotisme te ontwikkel. Haar woning in Strand straat 23 het die bymekaarkomplek geword van vooraanstaande Kaapse persone en selfs Boere presidente. Sy het daarna gestreef om die Kaaps-Hollandse tradisies en leefwyse in ere te hou deur haar te beywer vir die bewaring van die volkseie, beskerming van die inheemse flora en die bewaring van die Kasteel. Sy lewer ook ‘n wesenlike bydrae tot die uitbouing van die Hollandse taal, aar dit was veral tydens die Engelse Oorlog dat haar volksdiens tot ‘n hoogtepunt uitgevoer is. Haar woning het terselfdertyd die versamelplek geword van goedere wat vir Boerekrygsgevangenes en die Konsentrasiekampe bestem was. Sy is op 2 Augustus 1906 oorlede. Aka fak G.J.J

1880
Volks byeenkoms by Kleinfontein

Op die volks byeenkoms by Wonderfontein op 10 Januarie 1879 het die Transvaalse burgers dit duidelik gestel dat hulle nooit gewillig aan Britse gesag sou onderwerp nie. Piet Joubert is daarop deur die burger komitee na Natal afgevaardig om die Britse Hoe Kommissaris, sir Bartle Frere, wat hom op daardie tydstip aldaar bevind het, oor die Transvalers se gevoelens in te lig. Joubert moes egter onverrigte sake terugkeer, want Frere het openlik verklaar dat, ofskoon hy bereid is om ‘n “liberale” grondwet aan Transvaal toe te ken, daar geen sprake was van ‘n terugkeer tot die toestand voor die anneksasie nie. Hy was egter bereid om na Transvaal te kom om hom persoonlik op die hoogte van sake te stel. Gevolglik is ‘n volksvergadering op die plaas Kleinfontein vir 18 Maart belę, wat deur tussen vier- en vyfduisend burgers bygewoon is. By sy aankoms is Frere deur die Boere voormanne te perd tegemoet gery en na die tent van die burger komitee begelei. Ofskoon die Hoë Kommissaris die Transvalers, wat dig opmekaar gestaan het, links en regs gesalueer het, het die burgers ‘n doodse stilswye bewaar. By die samesprekings met die burger komitee is tot ‘n herontmoeting na enkele dae besluit, en op die vasgestelde dag het Frere, vergesel van die Britse Administrateur van Transvaal, sir Owen Lanyon, die volks byeenkoms by Kleinfontein ‘n tweede keer besoek. Weer eens moes die Hoë Kommissaris verneem at die volk die Britse anneksasie van Transvaal nooit sou aanvaar nie, en Frere moes erken dat Brittanje nie juis ingelig was omtrent die gevoelens van die Transvalers nie. Hy het hom bereid verklaar om die burgers se besware aan die Britse regering oor te dra, maar persoonlik was hy vir die behou van die anneksasie. Na die byeenkoms by Kleinfontein het die burger komitee kennis gegee dat ‘n tweede volksvergadering by Wonderfontein sou plaasvind. Aka fak M.H

1883
Prof T.H. le Roux gebore

Thomas Hugo le Roux, gebore op Worcester, was een van die vroeë taalgeleerdes wat op die Afrikaanse taalkunde ‘n aansienlike invloed uitgeoefen het. Gedurende die 51 jaar at hy lid van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns was, lewer hy ‘n reusebydrae onder meer in reëls vir korrekte skryfwyse in Afrikaans, en in 1959 ontvang hy ‘n eredoktorsgraad (D. Litt.et Phil.) van Unisa. Hy is op 17 November 1970 oorlede. Aka fak D.J.C.G

1950
Stigting van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat

Reeds in 1896 het pres M.T. Steyn die ideaal van ‘n selfstandige universiteit vir die Vrystaat gekoester. In 1899 besluit die Volksraad om in samewerking met die ZAR ‘n eie republikeinse inrigting vir hoër onderwys tot stand te bring. Die uitbreek van die Engelse Oorlog sou die verwesenliking van hierdie ideaal egter verhinder. Intussen het dr. Johannes Brill, rektor van die Greykollege, verskeie van sy matrikulante vir die Intermedięre Eksamen van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop opgelei, wat die grondslag gevorm het vir die stigting van die Grey-Universiteitskollege in 1904 deur die Oranjerivier-Kroonkolonieregering. Byna ‘n halwe eeu sou die GUK ‘n klein en versmaaide inrigting bly, omdat die Vrystaters verkies het om hul seuns en dogters na ander inrigtings te stuur en ook vanweë die feit dat die GUK se beleid en voertaal nie deur en deur Afrikaans was nie. Om die inrigting ‘n sterker Vrystaatse karakter te gee, is die naam van die inrigting in 1935 in die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat verander. Sedert 1918 het die inrigting ‘n samestellende kollege van die Universiteit van Suid-Afrika uitgemaak, wat na die Tweede Węreldoorlog die meeste van sy kolleges as selfstandige universiteite moes afstaan. Na die oorlog is die langdurige stryd om die inrigting ‘n suiwer Afrikaner- en Christelik-nasionale karakter te gee, gewen. Die studente tal het snel begin groei, en op grond van die gehalte van doseer werk en navorsing aan die inrigting, het ‘n Gekose Komitee in 1949 by die Volksraad aanbeveel dat die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat ‘n volwaardige en selfstandige universiteit moet word. ‘n Jaar later, nl. Op 18 Maart 1950, het die Universiteit van die Oranje-Vrystaat formeel tot stand gekom en sedertdien van krag tot krag gegroei.

sanetscott
18 Mar 2011, 10:21
Baie dankie vir jou moeite Barend, ek waardeer hierdie draad opreg!

Ben Kruger
19 Mar 2011, 22:40
Ek waardeer dat jy en ander my help bylas en bewaar vir ons kinders op die draad. Informasie raak al hoe skaarser op die internet asof iemand ons probeer uitvee.

Ek kon altyd Boer google en vele blaaie kry oor Die oorloë, baie Suid Afrikaanse webblaaie..Kry hulle nie sommer meer nie.

19 Maart: Sint Josefdag in Katolisisme en Vadersdag in verskeie lande

* 1279 - Die Song Dinastie in Keiserlike Sjina eindig met 'n Mongoolse oorwinning in die Slag van Yamen.
* 1915 - Die planeet Pluto word vir die eerste keer gefotografeer 15 jaar voor dit uiteindelik deur Clyde Tombaugh by die Lowell Observatory ontdek is.
* 1932 - Die Sydneyhawebrug, 'n belangrike landmerk in Sydney, Australië, word formeel geopen.
* 1982 - Die Falklandoorlog begin met die Argentynse besetting van Suid-Georgia.

1906
Die Afrikaner wil voortleef

“Dit is asof die Here ons patriotisme nou dat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die węreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaner sal sterf.” So het genl.. Beyers, volgens ‘n berig op die dag in de Volkstem in Pretoria gesę. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare na die Anglo Boere Oorlog oor die Afrikaner se wil om voort te leef. Ds. H.S. Bosman sę in sy groete boodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: “Ons Kerk is onder, maar niet dood . . . ons volk is onder, maar niet dood.” Ds. H.C. de Wet: “Wij blijven Afrikaners.” En Genl. C.R. de Wet, die vasberade bittereinder, het met pres. Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesę: “Onze plicht is het te strijden voor de toekomst.” FAK

1953
Luit.-kol. H.C. Bredell oorlede

Hermanus Christian (Manie) Bredell is op hierdie datum bykans onopgemerk op sy plaas Zonneheuvel, distrik Marquard, oorlede. Voor sy aftrede op 31 Desember 1926 was hy Sekretaris en Hoof-adjunk kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie. Manie Bredell sal egter veral onthou word vir die noue verbintenis waarin hy met pres. Kruger gestaan het tydens laasgenoemde se laaste lewensjare in Europa. Tydens die bykans vier jaar het Bredell feitlik onafgebroke by Paul Kruger gebly en hom op sy verskillende reise vergesel – eers as lyfwag en na Oktober 1901 ook as private sekretaris. Soms het Bredell se eie persoonlike ambisie, sy frustrasie en die begeerte om na Suid-Afrika terug te keer en daadwerklik aan die wapen stryd deel te neem, hom byna te magtig geword, tog het hy sy pligte ten opsigte van pres Kruger tot op die laaste met sy kenmerkende bekwame pligsgetrouheid nagekom. Uit hierdie tyd dateer sy dagboek (gepubliseer deur die RGN in 1972) waarin hy insiggewende besonderhede vermeld van die huishouding van die President, sy laaste lewensdae, en veral ten opsigte van die persone wat die naaste aan Paul Kruger in die jare van sy ballingskap gestaan het. Saam met P.G.W. Grobler was Bredell ook verantwoordelik vir die teboekstelling van die Gedenkskriften van Paul Kruger wat in 1902 gepubliseer en in verskeie tale vertaal is.

Ben Kruger
20 Mar 2011, 09:32
20 Maart: Onafhanklikheidsdag in Tunisië (1956)

* 1413 - Hendrik V word koning van Engeland.
* 1602 - Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, wat later 'n groot rol sou speel in die vestiging van die Europese nedersetting in die Kaap, word gestig.
* 1933 - Die konstruksie van die eerste Nazi-konsentrasiekamp by Dachau word voltooi.
* 1987 - AZT word die eerste antiretrovirale middel wat goedgekeur word vir die gebruik teen MIV en vigs. (As Chemo Middel vir Kanker gebruik, affekteer die Lewer en Pankreas waarvoor die gebruiker elke 6 -12 maande toetse voor moet ondergaan)

1602
Stigting van die VOC

Gedurende die sestiende eeu het Nederland as ‘n sterk handel moondheid na vore getree en daarin geslaag om regstreeks met die Ooste met sy speserye en ander kosbare handelsartikels handel te dryf. Ten einde die onderlinge wedywering tussen die tal van handelskompanjies wat so ontstaan het, uit te skakel, het daar in 1602, veral deur bemiddeling van die bekwame staatsman, Johan van Olderbarnevelt, ‘n groot verenigde handelsliggaam tot stand gekom – die “Generale Vereenigde Nederlandsche G’octroyeerde Oostindische Compagnie”’ kortweg bekend as die VOC. Die State-Generaal het aan die VOC ‘n monopolie verleen om handel te dryf in die gebied vanaf die Kaap die Goeie Hoop ooswaarts tot by die straat van Magellaan. Die hoogste gesag van die VOC het by die Here XVII berus en in die Ooste was daar ‘n sentrale bestuur, nl. Die Goewerneur-Generaal en sy Raad van Indië, gesetel in Batavia op die eiland Java. Die VOC het uitgebreide magte besit: hy het oor ‘n eie leër, vloot en vestingwerke beskik, amptenare aangestel, verdrae met inheemse vorste gesluit en sy eie munt geslaan. Weens sy strategiese ligging is daar in 1652 aan die Kaap die Goeie Hop ‘n verversingstasie gestig vir die skepe op die lang tog na en van die Ooste. Dit het tot die vestiging van die Christelik-westerse kultuur en ontwikkeling van ‘n uwe blanke volk in die suidpunt van Afrika gelei. Weens die monopolistiese beleid en jag na wins is die kolonies uitgebuit. Aan die Kaap het dit daartoe gelei dat die koloniste hulle tot die veeteelt gewend en geleidelik al hoe dieper die binneland in getrek het. Die Afrikanervolk het ‘n volk van boere geword en nie van handelaars nie. Nogtans moet daar nie vergeet word nie dat die VOC verantwoordelik was vir die oorplanting van die Calvinistiese godsdiens, die Nederlandse kultuur en beskawing aan die Kaap. Aka fak J.C.P

1870
C.G. Fichardt gebore

Charles Gustav Fichardt was ‘n seun van ‘n Duitse sakeman, G.A. Fichardt, by wie se firma hy hom aansluit tot hy later sy eie onderneming bestuur. Hy dien jare lank as stadsraadslid in Bloemfontein, en in 1899 word hy daar Belgiese erekonsul. Hy veg aan Boerekant in die Engelse Oorlog en word na afloop daarvan ‘n vermoënde man. In 1914 word hy stigterslid van die Nasionale Party en in 1915 Volksraadslid daarvan. Hy was ‘n goeie vriend van pres. Steyn. Aka fak P.G.N

1873
Ds. J.F. Naude gebore

Jozua Francois Naude is in Middelburg, Kaap, gebore. Na sy opleiding as onderwyser in Kaapstad, gee hy onderwys aan die Goeie Hoopskool in Germiston. Gedurende die Engelse Oorlog is hy veldprediker, veral by generaal Beyers, op wie hy ‘n sterk invloed uitoefen. Sy oorlogservarings en belangrike foto’s publiseer hy daarna in sy boek Vechten en Vluchten. Na die oorlog word hy predikant van die NG Kerk en staan in die volgende gemeentes: Roodepoort, Piet Retief en Graaff-Reinet. As skriba van die Transvaalse Sinode, skryf hy die eerste notule in Afrikaans. Hy was ook lid van die Kommissie vir die Afrikaanse Bybelvertaling en het hom van harte aan die bevordering van Afrikaans gewy. As onvermoeide kampvegter vir moedertaalonderwys, het hy in 1918 ‘n reuse-aandeel in die stigting van die eerste Afrikaanse laerskool in Transvaal, op Roodepoort, wat vandag sy naam dra, en op Graaff-Reinet het hy die eerste Afrikaansmediumskool in Kaapland, nl. Die Hoër Volkskool (Junie 1920) gestig. Hy was ook die eerste predikant wat Afrikaans van die Kansel in Graaff-Reinet se kerk gebruik het. As kerkman, volksman en onderwysman, was hy ‘n baanbreker. Hy is op 27 Augustus 1948 op Graaf-Reinet oorlede. Aka fak P.F.D.W

1950
D.C. Boonzaier oorlede

Daniël Cornelis Boonzaier, wat op 11 November 1865 op Patatsrivier, distrik Carnarvon, gebore is, is op hierdie dag in Kaapstad oorlede. Boonzaier, wat aanvanklik ‘n klerk was, word in 1899 die eerste amptelike spotprenttekenaar in Suid-Afrika verbonde aan ‘n koerant, en hy het ‘n aktiewe en suksesvolle loopbaan gehad. Hy is verder veral bekend vir sy ondersteuning van kunstenaars soos Wenning en Kottler. Aka fak A.J.W

Ben Kruger
21 Mar 2011, 21:59
21 Maart: Benito Juárezdag in Meksiko, Norouz in Iran, Węreldpoësiedag

* 1800 - Pius VII word as Pous gekroon in Venesië met 'n tydelike pouslike tiara uit papier-mâché gefabriseer.
* 1881 - Die Eerste Vryheidsoorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Verenigde Koninkryk kom tot 'n einde met die ondertekening van 'n vredesooreenkoms.
* 1960 - Die Formule Een renjaer Ayrton Senna word in Săo Paulo, Brasilie gebore.
* 1990 – Die voormalige Suidwes-Afrika, Namibië, verkry onafhanklikheid van Suid-Afrika, met Sam Nujoma as eerste President.

Paardekraal – Laingsnek – Ingogo – Majuba!
21 Maart
1881
Transvaal Oorwinnaar in die Stryd
‘n Verenigde Volk Triomfeer


Vandag 21 Maart 1881 op O’Niel se Plaas is daar na drie maande van spanning en stryd ‘n voorlopige vredesonderhandeling afgesluit om later deur die koninklike kommissie voortgesit te word. Na Paardekraal, Laingsnek, Ingogo en Amajuba gaan die Boere terug na hul plase. Hulle het gewaag en gewen. Die gebeurtenisse van die afgelope drie maande word oral bespreek. Paardekraal, waar hulle vroeër bymekaargekom het, na Cronje se optrede in Potchefstroom, om die besluite wat op 16 Desember van die vorige jaar geneem is, in werking te stel – Paardekraal, waar tienduisend gewapende burgers belowe het om hul eie Republikeinse regering tot die dood toe te verdedig, daar het die Volksraad nou weer vergader en die bestuur van die Republiek in hande van die driemanskap, Paul Kruger, Piet Joubert en Marthinus Wessel Pretorius, gestel.

Die eerste proklamasie is deur dr. E.J.P. Jorissen opgestel en deur die heer Borrius in Potchefstroom gedruk, terwyl Piet Cronje sy drukkery met ‘n Boerekommando teen die Engelse beskerm het. Daar is op 16 Desember die eerste skote gevuur, terwyl die Boere op daardie selfde dag beslag gelę het op die Regeringsgeboue by Heidelberg, waar die Vierkleur gehys is. Daarvandaan is Hendrik Schoeman Pretoria toe gestuur om met sir Owen Lanyon te onderhandel oor die teruggawe van Transvaal. Ook is sterk kommando’s na die ooste en die suide gestuur om die sametrekking van Engelse troepe te verhoed.

Vier dae na hierdie gebeurtenisse het die oostelike kommando by Bronkhorstspruit met kolonel Anstruther se regiment wat op pad na Pretoria was, slaags geraak. Nadat hy geweier het om sy opmars te staak, het die Boere geskiet en binne tien minute het 120 van sy 300 manskappe gesneuwel. Die Engelse regimente in die suide het ‘n geveg vermy en teruggetrek na Standerton, waar hulle deur die Boerekommando’s omsingel is. Ook in Potchefstroom, Rustenburg, Lydenburg en elders is Engelse garnisoene deur die Boere omsingel en buite geveg gestel. Aangesien die grootste gevaar van die kant van Natal gedreig het, is die hoofmag van die Boere na die grense van Natal gestuur. Agthonderd burgers te perd het die pas by Laingsnek bewaak en op 28 Januarie het sir G. Pommeroy Colley tevergeefs probeer om daardeur te breek. Elf dae later, teen Skuinshoogte by die Ingogo rivier, het Colley weer slaags geraak eh het die Boerekommando onder generaal Nicolaas Smit hom so getakel dat hy teen die einde van die dag die gevegsterrein moes verlaat.

Na die geveg het Colley die aanbod van Paul Kruger aanvaar om ‘n koninklike kommissie oor die toekoms van Transvaal te laat beslis. Hy het egter binne 48 uur ‘n antwoord geëis, wat ‘n geografiese onmoontlikheid was. Colley, gretig om sy twee neerlae uit te wis, het gedurende die nag van 26 op 27 Februarie met omtrent 550 man die Majuba berg beklim. Teen sonop het die Boere in die kamp hulle teen die hange van die berg gewaar. Dadelik het kommandant-generaal Piet Joubert vrywilligers gestuur om hulle daar te gaan afhaal en 200 man het onder aanvoering van Nicolaas Smit die gevaarlike taak onderneem. Dit het hulle vyf uur geneem om die berg te beklim. Slegs die lope van die Boere se gewere was sigbaar van bo, en die Engelse wat hul gewere nie op die regte afstand gestel het nie, het niemand raakgeskiet nie. Die meeste wat bo oor die kranse geloer het, is dodelik getref, en hul laaste poging om die Boere te keer, het hopeloos misluk. Daar was verwarring onder hulle geledere wat groter geword het toe die Boere sonder aarseling oor die verskansing storm. Die meeste Engelse het halsoorkop langs die steilste kant van die berg probeer wegkom. Neëntig is gedood, 133 gewond en 57 gevange geneem. Onder die gesneuweldes is ook sir G. Pommeroy Colley getel. Aan Boerekant het slegs een man gesneuwel en is vyf gewond.

Op 6 Maart het sir Evelyn Wood, Colley se opvolger, met Piet Joubert ooreengekom om die stryd tydelik te staak. Paul Kruger het ‘n week later, en president Brand het gister, O’Neil se plaas bereik. Die voorlopige besprekinge is vandag afgesluit, maar die besonderhede van die ooreenkoms is nog nie bekend gemaak nie. Die Boere weet nou dat ‘n koninklike kommissie bymekaar sal kom om die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en Brittanje finaal te bespreek, maar baie van hulle was bitter ontevrede toe hulle hoor dat die Engelse nog ses maande in die land sou bly. Paul Kruger het bekend gemaak dat ‘n buitengewone vergadering van die Volksraad binnekort te Heidelberg gehou sal word.
1881
Vredesluiting na Transvaalse Vryheidsoorlog

Op Geloftedag 1880 het die eerste skoot van die Transvaalse Vryheidsoorlog op Potchefstroom geklap, en op 27 Februarie 1881 het die laaste geveg, ‘n glansryke oorwinning vir die Boere op Amajuba plaasgevind. ‘n Wapenstilstand het gevolg, en pres. J.H. Brand van die Oranje-Vrystaat het op die toneel verskyn om as onpartydige vriend en raadgewer die onderhandelinge tussen die Boere en Britse verteenwoordigers op 21 Maart 1881 in R.C. O’Neil se huis by te woon. ‘n Ooreenkoms is bereik, waardeur die driemanskap van Transvaal, S.J.P Kruger, P.J. Joubert en M.W. Pretorius, onderneem het om Britse susereiniteit te aanvaar. Op 3 Augustus 1881 is die Konvensie van Pretoria deur die lede van ‘n koninklike kommissie aan die een kant en deur die Transvaalse driemanskap aan die ander kant onderteken. Van die datum af het Transvaal weer selfbestuur verkry, onderworpe aan die susereiniteit van die Britse kroon, en hy sou voortaan as die Transvaal staat bekend staan. Deur die Londen-konvensie van 27 Februarie 1884 is die naam Zuid-Afrikaansche Republiek in ere herstel en het die republiek ‘n soewerein onafhanklike staat sonder Britse susereiniteit geword. Aka fak C.M.B

1890
Die Vrouesendingbond van die NG Kerk gestig

Op hierdie dag is die Vrouesendingbond van die NG Kerk op Wellington gestig, waar in 1877 die Sending instituut opgerig is. Aanvanklik het die organisasie net in Kaapland, maar weldra landwyd opgetree. Vir byna ‘n eeu het Afrikaanse vroue skitterende werk langs hierdie weg verrig. Die Evangelie is onder Indiërs, Kleurli8nge en Swart volke verkondig, die Bybel of Skrifgedeeltes, versprei, maatskaplike opheffings programme geloods, reuse bedrae geld is ingesamel om arbeiders op te lei of in die verkondiging terreine werksaam te hou en onderwys skemas is aan die gang gesit. Hierdie Bond het op verskeie maniere die Kerk ook buite die landsgrense in sy taak gesteun. Vandag is die Bond steeds deeglik georganiseer en word van die mees moderne tegnieke en metodes gebruik gemaak om die Christus-opdrag te vervul. Uit die optrede van die Bond volg noodwendig newe-voordele vir diegene wat bereik word, gesonde gesinslewe, beroepsopleiding, geldelike stabiliteit en word veral die geleentheid geskep dat inheemse volkere self weer aan hulle eie mense die Evangelie suiwer kan oordra.

Ben Kruger
22 Mar 2011, 23:51
22 Maart (http://af.wikipedia.org/wiki/22_Maart): Węreldwaterdag
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c6/Moonmir_sts91_big.jpg/125px-Moonmir_sts91_big.jpg (http://af.wikipedia.org/wiki/L%C3%AAer:Moonmir_sts91_big.jpg)


1584 (http://af.wikipedia.org/wiki/1584) - Gebore: Grégoire de Saint-Vincent (http://af.wikipedia.org/wiki/Gr%C3%A9goire_de_Saint-Vincent), Jesuďet en wiskundige (http://af.wikipedia.org/wiki/Wiskunde) wat die Mercatorreeks ontdek het.
1765 (http://af.wikipedia.org/wiki/1765) - Die parlement van die Verenigde Koninkryk (http://af.wikipedia.org/wiki/Verenigde_Koninkryk) neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatistebeweging in koloniale Amerika (http://af.wikipedia.org/wiki/VSA) verder aanblaas.
1847 (http://af.wikipedia.org/wiki/1847) - Gebore: Georges de Villebois-Mareuil (http://af.wikipedia.org/wiki/Georges_de_Villebois-Mareuil), 'n Franse militęre leier en skrywer uit 'n adellike gesin wat die vreemdelinge legioen van die ZAR (http://af.wikipedia.org/wiki/Zuid-Afrikaansche_Republiek) aangevoer het tydens die Tweede Vryheidsoorlog (http://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Vryheidsoorlog).
1995 (http://af.wikipedia.org/wiki/1995) - Russiese (http://af.wikipedia.org/wiki/Rusland) ruimtevaarder (http://af.wikipedia.org/wiki/Ruimtevaarder) Waleri Poljakof (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Waleri_Poljakof&action=edit&redlink=1) van die Sojoes-program (http://af.wikipedia.org/wiki/Sojoes-program) keer terug van die Mir-ruimtestasie (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mir-ruimtestasie&action=edit&redlink=1) na 437 dae in die buitenste ruimte.



1896
Ons Klyntji verskyn vir die eerste maal

Ons Klyntji was die eerste en by sy verskyning die enigste tydskrif in Afrikaans. Die Patriot, wat in 1876 verskyn het as spreekbuis vir die taal strewe van die Genootskap vir Regte Afrikaners, het mettertyd in ‘n nuusblad verander en het ongewild geraak, veral as gevolg van die veranderde politieke beleid van ds. S.J. du Toit. Om die taalstryd voort te sit, moes ‘n nuwe medium gevind word. Op die eerste Afrikaanse taalkongres gehou in die Paarl in Januarie 1896 ter viering van die twintigste verjaardag van Die Patriot, is besluit om ‘n Afrikaanse tydskrif in die lewe te roep wat neutraal sou staan ten opsigte van die politieke vraagstukke van daardie tyd, met S.J. du Toit as redakteur. Die tydskrif is dadelik goed ontvang deur die Afrikaner. Na 1900 het dit egter finansieel, veral as gevolg van die Engelse Oorlog, al hoe slegter met Ons Klyntji gegaan, en in 1906 het die laaste uitgawe van die tydskrif verskyn. Ons Klyntji was die draer van ‘n Afrikaanse gedagte. Hy het die Afrikaner in sy eie taal aangespreek en hom bewus gemaak van homself, hom trots opsy kultuur gemaak en nasionalisme opgewek deur voortdurende propagering van die Afrikaanse gedagte. Die redaksie het deurentyd gepoog om die Afrikaner van sy minderwaardigheidsgevoel op taalgebied te genees deur hom daarop te wys dat hy ‘n taal het wat geensins vir Engels of Hollands terug hoef te staan nie. Deur hierdie houding het die tydskrif ‘n teëwig teen die verengelsingsbeleid gevorm. Op taalgebied het hy baie bygedra tot die gebruik – veral lees en skryf – van Afrikaans, aangesien dit in eenvoudige taal verskyn het wat almal kon verstaan en die redakteur almal aangemoedig het om bydraes in te stuur. Wedstryde wat oor die Afrikaanse taal handel, is uitgeskryf om die Afrikaner meer belangstelling in sy taal en die suiwere gebruik daarvan te gee. Deur taal bewusmaking het Ons Klyntji gedien as ‘n skakel tussen die eerste en tweede Afrikaanse taalbewegings. Omdat hy die soms ongeskoolde Afrikaner bereik het, kon die tydskrif opvoedings werk doen op die gebied van die taal, letterkunde, geskiedenis, wetenskap, ens. Eenvoudige lessies is op eenvoudige praktiese en prikkelende wyse aangebied oor ‘n groot verskeidenheid van onderwerpe. In Ons Klyntji word bydraes gevind van ons eerste skrywers oos S.J. de Toit, T.L. Cachet, M.H. Neser, G.R. von Wielligh, C.P. Hoogenhout, J.D. du Toit en B.R. Buys en vind ons spore van ‘n ontwikkelende letterkunde. In Ons Kleintji tref ons reeds prosa en poësie aan met hoër kunswaarde as die wat in Die Patriot verskyn het. Soos Ons Klyntji in sy hoofartikel sę: “Die Patriot het honderde geleer om te skrywe fer ‘n koerant, Ons Klyntji moet tiintaller leer om goed te skrywe.” Vir die volkskundige en kultuurhistorikus is Ons Klyntji ‘n bron van onskatbare waarde. Dit is ‘n spieëlbeeld van die kulturele gesteldheid van die gemiddelde Afrikaner rondom 1900 – daaruit kan ‘n beeld van die Afrikaner gekonstrueer word in sy daaglikse omgang, sy sedes en norme, godsdiens, lewensbeskouing, gewoontes en gebruike, ens. Omdat ons hier bydraes deur die Afrikaner oor homself en sy tyd vind, kan ons die Afrikaner leer ken uit die tydskrif. S.J. du Toit het veral moeite gedoen om ou vertellings, dokumente en volksgewoontes in Ons Klyntji te publiseer wat vir die volkskundige ‘n kosbare erfenis is. Briewe wat tydens die Engelse Oorlog deur Boere te velde of in krygsgevangenekampe ingestuur is, gee ‘n beeld van die daaglikse lewe van die gewone burger tydens die oorlog. Ons Klyntji het daarin geslaag om in ‘n tyd toe die Afrikaanse taal bedreig is, die Afrikaner aan te gryp en hom vir Afrikaans en die Afrikaanse gedagte terug te wen. Die Afrikaner wat nie meer met Die Patriot se politieke houding saamgestem het nie, kon bevrediging put uit ‘n ander blad. Dit het verhoed dat die Afrikaanse taalbeweging doodloop en het aanleiding gegee tot die tweede Afrikaanse taalbeweging wat meer tasbare vrugte afgewerp het.

(Ek hoop U het al raak gelees dat die Afrikanerbond stigter ds. S.J. du Toit baie verwys na die Anglo Boere Oorlog as die Engelse Oorlog en dat die FAK dieselfde doen...)

Ben Kruger
23 Mar 2011, 23:19
23 Maart: Nasionale Dag in Pakistan (1956)

* 1801 - Tsaar Alexander I bestyg die Russiese troon na sy vader vermoor is.
* 1919 - Benito Mussolini stig die Fascistebeweging in Milaan, Italië.
* 1996 - Lee Teng-hui word verkies as President van die Republiek van Sjina in die eerste direkte presidensiële verkiesing in Taiwan.

1887
Dr. W. Nicol gebore

William Nicol is op Robertson gebore. ‘n Man wat as prediker, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en staatsman ‘n groot rol in die ontwikkeling van die Afrikaner gespeel het. In 1906 het hy sy BA-graad op Stellenbosch verwerf en daarna aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en Princeton gestudeer. Vanaf 1913 tot 1938 was hy predikant van die NG Gemeente Johannesburg-Oos (Irene kerk) en daarna Pretoria-Oos. Hy was Moderator van die NG Sinode van Transvaal, 1934 tot 1948. In Johannesburg was hy ‘n voorvegter vir die erkenning van die Afrikaanse taal en vir die stigting van Afrikaansmediumskole. As boeiende spreker en fyn kultuurmens het hy die Afrikaner in die stad geďnspireer en gehelp om sy minderwaardigheidsgevoel teenoor die Engelse stadskultuur te oorwin. In 1948 het hy Administrateur van Transvaal geword en vir tien jaar sy reuse werk veral ten opsigte van opvoeding en kultuur voortgesit. Hy is op 22 Junie 1967 oorlede. Aka fak P.H.K

1962
Oranjerivier skema aangekondig

Na Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond in Maart 1961, Republiekwording op 31 Mei van dieselfde jaar, en die Sharpeville terreur in 1962 het Suid-Afrika dit op ekonomiese gebied moeilik gehad. Flouhartiges en kapitaal het die land uitgevlug. Op 23 Maart 1962 kondig die Regering onder die premierskap van dr. H.F. Verwoerd egter die Oranjevivierskema aan met ‘n totale beraamde koste van R450 miljoen, maar wat uiteindelik honderde miljoene meer bedra het. Dit het ‘n keerpunt in die ekonomiese insinking gebring en versiende en vęrreikende vooruitsigte geskep vir veral ‘;n groot deel van die Republiek se hartland wat hoofsaaklik deur die Afrikaner bewoon en bewerk word. Die skema is aangepak met die oprigting van die Hendrik Verwoerd dam tussen Colesberg en Bethulie en die Ovis tonnel wat die dam met die Visrivier in Oos-Kaapland verbind. Mev. Betsie Verwoerd, eggenote van dr. Verwoerd wat in 1966 vermoor is, het die dam in 1972 ge-open. Die skema behels ‘n tweede dam, die P.K. le Roux-dam tussen Petrusville en Luckhoff, genoem na min. P.M.K. le Roux, Minister van Landbou-Tegniese Dienste en Waterwese in die eerste Republikeinse kabinet.

Ben Kruger
24 Mar 2011, 00:00
24 Maart:

* 1603 - Koning Jakobus I word die eerste Britse heerser wat gelyktydig oor Skotland, Engeland en Ierland heers.
* 1882 - Robert Koch kondig die ontdekking aan van die bakterie wat tuberkulose veroorsaak.
* 1944 – Tweede Węreldoorlog: Gevange Geallieerde soldate begin die groot ontsnapping (Engels: Great Escape), toe hulle uit die Stalag Luft III, krygsgevangenekamp wat deur die Luftwaffe bedryf is, ontsnap.
* 1976 - President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.

1823
J.C. Lotter oorlede

Johannes Casparus Lotter (gebore 1768) was ‘n lid van bekende familie van silwersmede aan die Kaap. Onder die groot aantal sierlike en waardevolle silwervoorwerpe wat hy nagelaat het, is onder andere twee nagmaalbekers in die Groot Kerk, Kaapstad. Dit is sulke kunstenaars wat die Afrikaners se estetiese gevoel bevestig en gevoed het. aka fak J.C.P


1842
Nederlandse skip verhaas Britse anneksasie van Natal

Die onafhanklike republiek wat die Voortrekkers in Natal gestig het, het kortstondig bestaan. Pas nadat die militęre mag van die Zoeloes gebreek was, het die Trekkers, hulle in ‘n stryd met Brittanje bevind wat die aanwesigheid van die Boere in Natal nie wou duld nie. Na aanvanklike welslae moes die Trekkers, onder aanvoering van Andries Pretorius die stryd ter verdediging van hul staat gewonne gee. Op 15 Julie 1842 het die Trekkers hulle aan Britse gesag onderwerp. By sommige het die hoop egter geleef dat hul Nederlandse stamland ‘n beskermende hand na hulle sou uitsteek. Gerugte van Nederlandse bemoeienis het ontstaan nadat die skip Bracilia op 24 Maart 1842 in Port Natal aangekom het. Aan boord was ene J.A. Smellekamp wat die Trekkers goedgesind was en verwagtinge van Nederlandse ingryping by hulle gewek het. Hierdie gerugte het egter juis Brittanje sneller laat optree. Terwyl hy tevore wars van uitbreiding was, is die anneksasie van Natal eensklaps goedgekeur en het die goewerneur sir George Napier Natal op 12 Mei 1842 by wyse van proklamasie tot Britse kolonie verklaar. ‘n Maand later, op 9 Junie, het Henry Cloete, wat as kommissaris in Natal benoem is, die proklamasie van 12 Mei op ‘n byeenkoms van 400-500 Trekkers in Pietermaritzburg uiteengesit. Dit was ‘n bra stormagtige byeenkoms. Weens weerstand onder ‘n groep Trekkers het dit tot 8 Augustus 1842 gesloer voordat die Volksraad die proklamasie van 12 Mei aanvaar het. Vergeefs die bloed wat aan Trekker kant vir onafhanklike bestaan gestort is. aka fak A.J.v.W

1855
Olive Schreiner

Olive Emilie Albertina Schreiner is by die sendingstasie Wittebergen, Herschel, gebore. Hierdie mooi en briljante vrou en beroemde skryfster het in haar beste politieke pamflet, An English South African’s view of the situation, aan die vooraand van die Engelse Oorlog elke Britse soldaat gewaarsku: “Hier wag geen louere vir jou nie,” en aan Brittanje profeties dat “die uur van uiterlike welslae die uur van onherroeplike mislukking kan wees.” Oorlede op 11 Desember 1920, in Wynberg, Kaap.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:05
25 Maart: Onafhanklikheidsdag in Griekeland (1821)

1634 - Die Engelse kolonie Maryland word deur lord Baltimore en 'n groep Katolieke setlaars gestig.
1655 - Christiaan Huygens ontdek Titan, die grootste van die planeet Saturnus se mane.
1957 - Wes-Duitsland, Nederland, Luxemburg, Italië, Frankryk en België teken die Verdrag van Rome wat die Europese Ekonomiese Gemeenskap daar stel.
1995 - Ward Cunningham vestig die eerste wikiwerf, die Portland Pattern Repository.

1916
Heldedag in Kaapstad


Op 27 Maart 1916 berig De Burger onder ‘n groot banier opskrif :

“Heldedag te Kaapstad – Jong Zuid-Afrika op mars”,

dat studente en leerlinge op Saterdag 25 Maart 1916 in hul duisendtalle in Kaapstad by die stasie vergader en in ‘n optog met Adderley- en Darlingstraat langs na die stadhuis gestap het om Heldedag te vier. Vooraan die optog was ‘n groot banier met die woorde “Jong Zuid-Afrika – Wij zullen handhaven”, en agterop “Eer uw helde”. Dit was “een prachtig, treffende schouwspel” toe die jong mense die stadhuis volpak. Die byeenkoms is gereël deur die Studenten-Werda-Komitee wat Afrikaner studente in Kaapland verteenwoordig het. Die komitee is in 1912 gestig om “te waken over de taalbelangen van Jong Zuid-Afrika”. ‘n Vroeë voorsitter van die komitee was ‘n teologiese student, N.J. van der Merwe, later in 1929 die eerste voorsitter van die FAK. Die komitee het ook tevore ‘n groot taal fees gereël, en is in ‘n hoofartikel in De Burger bestempel as ‘n toonbeeld van die krag van die nasionale herlewing onder die jong geslag. “De studenten hebben met recht ingesien, dat onze taal en onze geschiedenis die hoeksteen zijn, waarop het nationale gebouw veilig rusten kan en tot voltooiing komen moet,” het De Burger geskryf. Op die Heldedag viering het prof. A Moorrees ‘n inleidende woord gespreek, en het die Werda-Komiteevoorsitter, J. Mentz, die duisende jong Afrikaners verwelkom. Ds. J. Blignaut van Smithfield het oor “Onze voorgeslachten in Europa” gepraat, dr. T.B. Muller oor die Voortrekkers, ds. J. Naude van Roodepoort oor Paul Kruger en dr. D.F. Malan oor Onze Jan Hofmeyr. FAK


25 Maart
1647

Stranding van die Haarlem


Die Haarlem, lid van die VOC se retoervloot op pad terug na Nederland, is die namiddag van 25 Maart 1647 deur ‘n tierende suidoostewind tot op die sand by Bloubergstrand gedryf. Hoewel sommige van die bemanningslede op ander skepe oorgelaai is, moes die meerderheid onder gesag van Leendert Janszen aan die Kaap agterbly. Hulle het daarin geslaag om heelwat van die skeepslading en toerusting te red. Spoedig het die skipbreukelinge vir hulle ‘n sand fort, genaamd Zandenburgh, opgerig en ‘n tuin aangelę waar groente soos kool, pampoene en uie suksesvol gekweek is van saad wat uit die wrak gered is. Nadat die skipbreukelinge in 1648 na Nederland gebring is, het Janszen en Matthijs Proot hulle bekende Remonstrantie opgestel waarin hulle sterk aanbeveel het dat ‘n fort opgerig en tuin aangelę word aan die suidpunt van Afrika. So ‘n verversingspos sou, volgens hulle, met min onkoste aangelę word. So het die stranding van die Haarlem dan direk bygedra tot die stigting van die Kaapse verversingspos in 1652. aka fak G.J.J

1853
Ds. W.A. Alheit gebore

Wilhelm Adolph Alheit was die seun van ‘n Duits-Rynse sendeling wat in 1842 na Suid-Afrika gekom het. Ds. Alheit was predikant op Colesberg, Dordrecht en Ceres. Hy was ‘n besonder geliefde predikant en het op baie terreine in die kerklike lewe leiding gegee. In die Engelse Oorlog was hy veldprediker vir die Boeremagte. Hy het in die Sinodale Sendingkommissie gedien en een van die sendingstasies in Masjonaland (Suidoos-Rhodesië) is na hom genoem. Ook op die Algemene Armesorgkommissie het hy ‘n leidende rol gespeel, veral met die aanleg van Kakamas, is na hom genoem. Terwyl hy met sy gesin op hul geliefde vakansieoord Kleinmond met verlof was, is hy op 31 Desember 1910 deur ‘n brander van die rotse geslaan en het hy verdrink. Sy jongste seun, ds. B. Alheit, het in 1964 op byna dieselfde plek verongeluk. Aka fak H.C.


1908
Stigting van die Oranje-Vrouevereniging


Die stigtingsvergadering van die Oranje-Vrouevereniging (OVV) is op Onze Rust, die plaas van pres. M.T. Steyn in die distrik Bloemfontein gehou met mev. Steyn as eerste voorsitster. Na die Engelse Oorlog was veral pres, en mev. Steyn bewus van die behoeftes van die Afrikanervolk op sedelike, kulturele en stoflike gebied. Sowel die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging van Kaapland en die destydse Zuid-Afrikaanse Vrouefederasie van Transvaal het toe takke in die Vrystaat begin stig ten einde dienste te lewer. Op sommige dorpe was daar selfs ‘n tak van elk van die verenigings. Op 5 Augustus 1907 is ‘n vergadering onder voorsitterskap van mev. Steyn gehou waarop besluit is dat die ACVV en die ZAVF hul werksaamhede sal beperk tot hul eie gebiede van oorsprong en dat ‘n eie vrouevereniging in die Vrystaat gestig moet word. Op voorstel van pres. Steyn is besluit dat die vereniging die Oranje-Vrouevereniging moet heet. Hierdie vroue liggame het waarlik verheffende en blywende werk met groot opoffering tot heil van die Afrikanerdom op haas elke terrein oor baie jare gelewer. FAK


1943
Johannes van der Walt oorlede


Johannes van der Walt – die groot Afrikaner sportheld van die jare dertig – sterf in ‘n verlamde toestand in Johannesburg nadat ‘n polisie koeël sy rugmurg deurboor het. Hy was ‘n aktiewe lid van die Ossewa-Brandwag en is in Desember 1941 in hegtenis geneem op aanklag dat hy ‘n rewolwer sonder ‘n lisensie in besit gehad het. ‘n Paar dae later het hy uit polisiebewaring ontsnap en op 23 Februarie 1942 is hy by Krugersdorp vasgekeer en raakgeskiet. Sy begrafnis op 28 Maart 1943 in Melville, Johannesburg was ‘n volk saamtrek van 50 000 Afrikaners. Sy stoflike oorskot is op die ossewa van Louis Trichardt uit die Groot Trek vervoer. Op sy grafsteen staan treffend geskryf: “Ek het geval op die pad van Suid-Afrika.”

Op 10 Oktober 1975 is ‘n gedenkplaat by die RAU tot sy nagedagtenis onthul. Hy is op 1 November 1908 op die plaas Witkoppen buite Johannesburg gebore. Hy verlaat die skool op 15-jarige ouderdom en tree in diens van die Johannesburgse munisipaliteit. ‘n Ernstige hartkwaal kniehalter hom, maar met die vasberadenheid en veggees wat so kenmerkend van sy lewe sou wees, pak hy die stryd aan. Hy oorwin nie net sy siekte nie, maar word ‘n geesdriftige en geoefende stoeier. In 1934 tree hy as die Gemaskerde Wonder tot die beroep stoeikryt toe en eers na 15 maande ontmasker hy homself. In 1938 word hy swaargewigkampioen van die Britse Ryk. Johannes se prestasies in die stoeikryt het die Afrikaner aangegryp omdat Johannes volksmens was wat hom in alle opsigte met sy volk se strewe en beginsels geďdentifiseer het.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:11
26 Maart: Onafhanklikheidsdag in Bangladesj (1971)

1707 – In terme van die Acts of Union, smelt die Koninkryke van Engeland en Skotland saam in die Koninkryk van Groot-Brittanje.
1881 - Domnitor Carol I van Hohenzollern-Sigmaringen word uitgeroep as die eerste Koning van Roemenië.
1902 - Cecil John Rhodes, Britsgebore Suid-Afrikaanse sakeman, mynmagnaat en politikus, sterf.
1999 - Die Melissawurm tas e-posstelsels regoor die węreld aan.

1861
Teregstelling van Hans Dons


In Ladysmith, vandag 26 Maart 1861 in die verlede het die openbare teregstelling van Johannes Hendrik de Lange, by sy vriende bekend as Hans Dons, hier plaasgevind onder omstandighede wat die gedagtes teruggevoer het na Slagtersnek. Die waardige gedrag van die dappere grysaard het almal met agting vervul.


Hans Dons wat bekend was vanweë sy opoffering en moed tydens die veldtogte onder Uys en Pretorius teen die Zoeloes, is op 27 Februarie aangekla van moord op die naturel Ncatya. Die treurspel het op 1 Desember plaasgevind, toe Hans Dons se geweer tydens ‘n stoeiery met Ncatya, afgegaan het. Vyf naturelle was die enigste getuies en hul getuienis was baie teenstrydig. Hans Dons se bejaarde eggenote Catrina het gepleit om versagting van die straf, maar die Uitvoerende Raad in Natal het op voorstel van Theophilus Shepstone eenparig besluit dat die vonnis voltrek moet word. Op 7 Maart is hierdie besluit deur luitenant-goewerneur Scott bekragtig en vandag is dit voltrek.


1842
Eerste gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Transvaal gestig

Op hierdie dag het ds. Daniël Lindley wat deur die Voortrekker-Volksraad in Natal as predikant van die onafhanklike Voortrekkerkerk aangestel is, sy eerste godsdiensoefening in Potchefstroom gehou. By die geleentheid het hy die sewe kerkraadslede, wat op 23 Februarie deur die Volksraad goedgekeur is, in hulle ampte bevestig. Dit kan as die stigtingsdatum van die eerste gemeente in Transvaal beskou word en die begin van die georganiseerde kerklike lewe aldaar. Hierdie eerste kerkraad het bestaan uit die ouderlinge F.G. Wolmarans en P.J. van Staden en die diakens P.F. Strydom, P. du Preez, G. Maree en S.P. Viljoen. By die godsdiensoefeninge is vir die eerste maal in Transvaal die Nagmaal bedien, terwyl 189 kinders gedoop is en 103 lidmate belydenis van geloof afgelę het. Die gemeente Potchefstroom het aanvanklik die hele Voortrekker gebied noord van die Vaalrivier omvat. Uit hierdie gemeente het die ander gemeentes voortgekom wat in 1853 sinodaal saamgesnoer is deur die eerste Algemene Kerkvergadering van die Ned. Hervormde Kerk. Aka fak A.D.P

1856
C.W.H. van der Post gebore

Christiaan Willem Hendrik van der Post is in Leiden, Nederland, gebore. Hy kom as driejarige saam met sy ouers in 1859 na SA. As gevolg van sy vader se sieklikheid moes Christiaan op vyftienjarige ouderdom na drie maande formele skoolopleiding in 1871 begin werk. Sy ouers se onderrig stel hom in staat om as private onderwyser te begin werk. Hy studeer intussen en behaal sy onderwyssertifikaat, waarna hy as onderwyser na Philippolis, OVS, vertrek. Na ‘n aantal jare as onderwyser aan Grey-Kollege lę hy hom in 1881 op die regte toe en vestig hom as vennoot in ‘n groot regspraktyk op Fauresmith. In 1885 trou hy met Johanna Lubbe, en hy word in 1887 gekies tot lid van die Volksraad van die OVS. Hy tree op as konsul vir Nederland, ‘n pos wat hy in die oorlog verruil vir ‘n kommandantskap. Hy word gevange geneem en vertrek op parool na die Kaapkolonie. In 1906 vestig Van der Post hom weer op Philippolis sonder om die Eed van Getrouheid af te lę en verteenwoordig Philippolis van 1907 tot 1910 in die Parlement. Na Uniewording onttrek hy hom aan die politiek. Uit sy pen kom Piet Uys en Ignas Prinsloo en ook talle gedigte en vertalings uit Engels. Aka fak P.G.N

1965
Emile Hullebroeck oorlede

Die Vlaamse orrelis, koorleier, komponis en sanger, Emile Hullebroeck, is op 20 Februarie 1878 in Gentbrugge in Vlaandere gebore en het ‘n besondere geneentheid teenoor die Afrikaner geopenbaar. Hy het Suid-Afrika in 1920 besoek, liederaande landwyd gehou, en daarna veel gedoen om die bande tussen Vlaandere en Suid-Afrika nouer te trek. Bekende Afrikaanse liedjies soos Lamtietie, damtietie; Trou, Vryheidslied, Grietjie en Die studentejare gaan verby, is van sy toonsettings.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:15
27 Maart:

1513 - Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer, terwyl hy op soek is na die Fontein van ewigdurende jeug in die Nuwe Węreld.
1958 - Nikita Chroesjtjof word Premier van die Sowjetunie.
1964 - Die Goeie Vrydag-aardbewing wat 9,2 op die Richterskaal meet, tref Prince William-sont aan die kus van Alaska. Dit veroorsaak tsoenami's wat Kalifornië en Hawaii bereik.
1977 - Twee Boeing 747-vliegtuie bots by Tenerife in die Kanariese Eilande. 583 sterf in een van die ergste lugrampe in die geskiedenis van lugvaart.

27 Maart
1690
Kaap Koop Natal Vir Krale En Ringe
Maar Kontrak Gaan Met Skip Verlore
Kasteel Die Goeie Hoop

Vandag het Theunis van der Schelling en drie van sy maters uitgeput en seervoet in die Kaap teruggekom. Hulle het dadelik na die kasteel gegaan en aan Simon van der Stel berig dat hulle die enigste oorlewendes is van die galjoot De Noord wat op 28 Oktober 1689 uitgeseil het. “Ons was op 9 Desember in die baai van Natal,” het stuurman Van der Schelling gesę. Daar het ons nog drie skipbreukelinge van die Stavenisse gevind. Ons het ook ons opdrag om die baai te koop uitgevoer. Laurens van Swaanswyk het die kontrak geskrywe, die Bantoe kaptein het sy merk daarop gemaak en ons het hom krale, plaatkoper, ysterdraad en ringe in ruil daarvoor gegee. Ons het voor ons vertrek ook oral die bakens van die Kompanjie opgerig.

“Op 15 Januarie het ons Bahia de Lagoa bereik. ‘n Hard wind het gewaai en die baai was soos ‘n onstuimige see. Skipper Pieter Timmerman het besluit om dadelik te vertrek. Ons het gemeen ons is reeds ver uit in die see toe ons op die 16de plotseling omtrent 24 kilometers van Kaap St. Francis gestrand het. Daar was agtien van ons en ons het almal die land bereik. Op 23 Januarie het ons besluit om Kaap toe te loop. Ons vier het vinniger geloop as die ander.

Kaptein Klaas het ons vriendelik behandel, maar die Bossiemans (Boesmans) het baie las gegee.” Op Van der Stel se vraag of hulle dan niks uit die wrak van De Noord gered het nie moes stuurman Theunis toegee dat die koopkontrak in die golwe verdwyn het.

27 Maart
1894
H.W.A. Cooper (Samuel Zwaartman) oorlede

Henry William Alexander Cooper is in 1842 in Rondebosch gebore as seun van Engelse immigrante. Hy gaan in Kaapstad skool en gee later onderwys op Plettenbergbaai, Knysna en Oudtshoorn. In 1866 vestig hy hom as wetsagent op Fraserburg, waarvandaan hy tussen 13 Januarie 1870 en 26 Mei 1873 in Afrikaans 25 Boerenbrieven uit Fraserburg aan Het Volksblad skrywe onder die skuilnaam Samuel Zwaartman. Hierdie briewe het op informele, geselsende en vrolike wyse die skindernuus uit Fraserburg bekend gemaak. Met sy Boerenbrieven het Cooper ‘n onbewuste baanbreker vir die Afrikaanse taal geword. In 1871 verskyn sy Kaapsche Schetsen ook in Het Volksblad in Afrikaans. Ook daarmee bewys hy onbewys aan die Afrikaner dat sy spreektaal ook skryftaal en joernalistiek taal kan word. In 1873 word Cooper prokureur in die ZAR, en in 1874 gaan hy na Lydenburg as landdros op die goudve3lde. Na die anneksasie van Transvaal in 1877 word Cooper advokaat in Pretoria, waar hy later as lid van die firma Cooper en Scholtz ‘n bydrae tot die maatskappyreg lewer. In opdrag van die Transvaalse regering is hy ten behoewe van die NZASM-spoorlyn na Londen en Lissabon, waar hy in 1894 oorlede is.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:19
28 Maart

193 - Die pretoriaanse garde voer 'n sluipmoord op Romeinse keiser Pertinax uit en verkoop die troon in 'n veiling aan Didius Julianus.
845 - Wikingstropers, waarskynlik onder leiding van Ragnar Lodbrok, neem Parys in en eis 'n groot losprys.
1939 – Magte van die Spaanse Staat gelei deur generaal Francisco Franco neem Madrid in, wat die Spaanse Burgeroorlog beëindig.
1979 - 'n Kernreaktor by Three Mile Island naby Harrisburg, Pennsilvanië, ondergaan 'n gedeeltelike smelting.

Generaal Joubert Oorlede
Pretoria
28 Maart 1900

Kommandant-generaal Piet Joubert het die Britse mag by Dundee in Noord-Natal gestuit, maar daarna het die Boeremagte ’n nederlaag by Elandslaagte gely. Daarna het die burgers weer reuse suksesse behaal by Modderspruit en Nicholsnek, ten spyte van genl. White se pogings om hulle te stop. Joubert het Ladysmith beleër, wat ’n fout was omdat te veel manskappe vir hierdie doel gebruik was. By Estcourt het die Britte weer eens op hul herrie gekry, maar die burgers moes terug tot by die Tugela-rivier. Ná die siekte van genl. Joubert, wat hom op 28 Maart 1900 sy dood gekos het, het genl. Louis Botha bevel van die Transvaalse magte oorgeneem. Die Britte het hierna drie groot nederlae gely wat hul moraal tot op die laagste vlak sou laat daal. Die eerste was by Colenso, die tweede by Spioenkop en die laaste by Vaalkrans. http://www.mieliestronk.com/ruil17.html

http://en.wikipedia.org/wiki/Petrus_Jacobus_Joubert

In ‘n buitengewone staatskoerant word vandag bekend gemaak dat generaal Petrus Jacobus Joubert gisteraand om elfuur in die hoofstad van die Suid-Afrikaanse Republiek ontslape is in die ouderdom van 69 jaar. Die oorledene sal oormôre op sy plaas Rustfontein in die distrik Wakkerstroom ter aarde bestel word.

1875
Dr. A. Faure oorlede

Abraham Faure is op 29 Augustus 1795 uit ‘n gesiene Stellenbosse familie gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding op Stellenbosch en in die Latynse skool te Kaapstad. Vir verdere studie gaan hy na Gosport in Engeland, waar hy as sendeling van die London Missionary Society opgelei word. Daarna gaan na die Universiteit van Utrecht, waar hy sy teologiese studie afhandel. Hy was van 1818 tot 1822 predikant van Graaff-Reinet en van 1822 tot sy aftrede in Kaapstad. Hy het ‘n leidende rol gespeel in die sameroeping van die eerste Sinode van die NG Kerk in 1824. Baie jare was hy lid van die moderatuur as aktuarius en skriba. Hy het hom veral daarop toegelę om tydskrifte uit te gee en so inligting en kennis deur te gee aan die Hollandse bevolking aan die Kaap, wat maar min geleentheid daartoe gehad het. In 1824 stig hy Het Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Tijdschrift waarin kennis en nuus meegedeel is sonder om in politieke vaarwaters te beland. Dit bly voortbestaan tot 1843. In 1838 stig hy die eerste kerkblad in Suid-Afrika, De Honingby. Dit word op 13 Januarie 1849 die spreekbuis van die NG Kerk in Kaapland met die naam De Gereformeerde Kerkbode. Dr. Faure bly hiervan redakteur tot 1869. In 1910 word dit die amptelike orgaan van die Gefedereerde NG Kerke en dit bestaan vandag nog onder die naam Die Kerkbode. Met hierdie tydskrifte het dr. Faure ‘n groot bydrae tot die bevordering van die Hollands-Afrikaanse kultuur in Suid-Afrika gelewer. Maar hy was ook in die onderwys geďnteresseerd. Hy was stigter van die Z.A. Athenaeum in 1829, waaruit later die Universiteit van Kaapstad ontwikkel het. Hy het hom beywer vir die uitbreiding van kennis deur boeke. Hy was voorsitter van die Zuid-Afrikaansche Christlijke Boek Vereniging en het gesorg dat die Von Dessen-versameling wat die kerkraad in bruikleen aan die Suid-Afrikaanse Biblioteek gegee het, gereeld met boeke aangevul is. Hierdie versameling is een van die kosbaarste kulturele besittings wat ons in Suid-Afrika het. aka fak F.C.P

1935
Tielman Roos oorlede

Tielman Johannes de Villiers Roos is op 8 Mei 1879 in Kaapstad gebore en het in 1902 na Transvaal verhuis. Hy het belangrike aanvoorwerk vir die totstandkoming van die Nasionale Party gedoen en daarna ook ‘n vurige kampvegter vir die republikeinse ideaal geword. Sy onderhandelinge agter die skerms met Arbeiderleiers na die Randse staking (1922) het gelei tot die bewinds oorname van die Pakt in 1924. In die nuwe kabinet was hy Minister van Justisie, maar ‘n omstrede figuur weens sy inmenging in kollegas se terreine. Swak gesondheid het hom in 1929 uit die politiek laat tree, waarna hy appčlregter geword het. Sy hertoetrede tot die politiek teen die einde van 1932 het ‘n enorme ekonomiese en politieke omwenteling tot gevolg gehad. Pogings om met genl.. J.C. Smuts ‘n koalisie ooreenkoms te sluit, het misluk en in Mei 1934 het Roos die Sentrale Party gestig – ‘n party met suiwer ekonomiese oogmerke en met ‘n kortstondige bestaan.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:23
29 Maart:

1461 – In die Koninkryk van Engeland behaal troepe van die Huis van York 'n oorwinning oor die Huis van Lancaster in die Slag van Towton, die grootste veldslag in die Rose-oorloë tot op daardie stadium.
1638 - Sweedse setlaars stig Nieu-Swede naby Delaware Baai, die eerste Sweedse kolonie in die Amerikas.
1807 - Heinrich Wilhelm Olbers ontdek die asteroďde 4 Vesta word naby Jupiter se wentelbaan.
2004 - Die Republiek van Ierland word die eerste land wat rook in alle werk plekke verbied, insluitend kroeë en restaurante.


1893
L.H. Meurant (Klaas Waarzegger) oorlede

Louis Hendri Meurant, ‘n man van Switsers-Britse afkoms, is op 19 Februarie 1811 aan die Kaap gebore en het groot geword by ‘n Afrikaanse familie. Hy was onder meer joernalis, redakteur en uitgewer, magistraat, kommandant en Kaapse parlementslid tot sy dood in 1893. Hy lę hom aanvanklik op die drukkers beroep toe en verlaat Kaapstad in 1828 as gekwalifiseerde drukker. In Grahamstad gee hy vanaf 1831 die eerste Oos-Kaapse koerant uit, die Graham’s Town Journal en vanaf 1844 tot 1850 Het Kaapsche Grensblad. In laasgenoemde verskyn twee reekse briewe en dialoë oor aktuele aangeleenthede – almal in Afrikaans – en verskeie deur Meurant onder verskillende skuilname. In 1860 – ’61 publiseer hy sy beroemde Zamespraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar in "The Cradock News" wat ‘n geweldige lesertal geniet. In April 1861 word dit in boekvorm uitgegee – die eerste Afrikaanse boek! Die skuilnaam Klaas Waarzegger word byna simbool van Afrikaner-wees en speel ‘n belangrike rol tot in die eerste Taalbeweging. Aka fak P.J.d.B.

1940
Die Herenigde Nasionale Party Gestig
Eenheid Na Bittere Broedertwis
Bloemfontein

Vandag het die afgevaardigdes na die kongres van die Vrystaatse Nasionale Party hul goedkeuring geheg aan die ooreenkoms wat op 26 Januarie vanjaar bereik is tussen dr. Malan en genl. Hertzog en hulle volgelinge. Daarmee word die ingespanne arbeid bekroon wat deur die voorstanders van volkseenheid na September van die vorige jaar in die werk gestel is om ‘n aaneengeslote front te kan vorm. Hoe vurig die volk hierdie hereniging begeer het, het duidelik geblyk toe tienduisende Afrikaners op 9 September verlede jaar op Monument koppie genl.. Hertzog en dr. Malan toegejuig het en geluister het na Totius se woorde dat die tydperk van bittere broedertwis nou beëindig was en almal wat hulle op die pad van Suid-Afrika bevind, mekaar se hand moet gryp om dit nooit weer los te laat nie. Maar die pad het meer opdraand geloop as wat aanvanklik verwag is. In November het die onderhandelinge tussen die leiers misluk en eers op 26 Januarie vanjaar is ‘n ooreenkoms bereik, wat nou deur afgevaardigdes van die gesamentlike provinsiale kongresse bekragtig is. Die naam van die party wat aldus tot stand gekom het, sal “Herenigde Nasionale Party of Volksparty” wees. In sy openingsrede het dr. N.J. van der Merwe vandag aan die lede van die kongres gesę: “Vir my is dit so duidelik en helder as die dag. Hierdie pad moet uitloop op ‘n vrye en onafhanklike Republiek van Suid-Afrika. Die eenwording is dus op stuk van sake nie doel op sigself nie, dog middel tot ‘n doel. Ons moet met verenigde kragte sterker kan vorentoe beur op hierdie groot pad van ons volksgeskiedenis.” In die nuwe party sal egter ook lede wat nie die republikeinse ideaal as hul einddoel beskou nie, opgeneem word.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:26
30 Maart:

1867 – Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, William H. Seward, beding die aankoop van Alaska van Rusland.
1912 - Sultan Abdelhafid teken die Verdrag van Fez wat Marokko in 'n Franse protektoraat verander.
1940 – Tweede Węreldoorlog: Wang Jingwei word deur Japan as hoof van die marionetregering in Sjina aangestel.
1954 - Die Toronto Transit Commission open die eerste moltreinstelsel in Kanada.


Andries Potgieter Heengegaan
Slag vir Trekkers in Noord-Transvaal
Schoemansdal
30 Maart 1853

Op sy plaas in die Soutpansberge, omring deur die lede van sy gesin, is Andries Potgieter op sestigjarige leeftyd oorlede. Gebore in die grensdistrikte van die Kolonie, was hy oud genoeg om deel te neem aan die vierde en vyfde Kafferoorloë Nog beter as die ander Trekkers het hy die Swart-grensbewoners geken en besef watter gevare hulle in die binneland te wagte kon wees. Toe die sesde Kafferoorlog begin het, was sy planne om te trek reeds agtermekaar, en nadat hy sy plig as kommandant gedoen het, het hy aan die hoof van die eerste geselskap wat die Kolonie verlaat het, weggetrek. In sy eie gesin alleen was twintig kinders, stiefkinders en aangenome kinders vir wie hy ‘n veilige woonplek moes vind. ‘n Veilige woonplek was slegs moontlik indien die naturelle ontsag vir die blankes sou hę, en daarna het Potgieter gestrewe met al die krag wat in hom was. Twee maal het hy teen die Mate4beles uitgetrek, en na die rampe wat die Trekkers in Natal getref het, is Potchefstroom deur hom gestig.

Vrees vir Engelse inmenging en die verlange na volkome onafhanklikheid het hom al hoe meer na die noorde gedryf en laat soek na ‘n eie hawe of aansluiting met die Portugese in die noorde. Hy het geen heil gesien in onderhandelinge met Engeland nie, en veral op daardie punt het hy sy beleid radikaal verskil met die van Pretorius. Ander geskilpunte tussen die leiers en die Volksraad is bygelę en ook het die Volksraad op 18 Junie 1852 die Konvensie van Sandrivier bekragtig. Maar dis kenmerkend van die ontslape leier dat hy nie by Sandrivier teenwoordig was nie, en ook sy volgelinge heg minder waarde aan die ooreenkoms as Andries Pretorius en sy ondersteuners.

Die heengaan van die baanbreker-trekker Andries Potgieter is ‘n swaar slag vir die Trekkers wat in die mees noordelike deel van Transvaal woon, maar hulle bly nie leierloos agter nie, want reeds staan die volgende geslag gereed om in die bresse te tree. Daar word algemeen aangeneem dat Piet Potgieter kommandant-generaal in sy vader se plek sal word.

Engeland Neem Basoetoland Oor
Kaapstad
30 Maart 1884

Nadat generaal Charles George Gorden sy bedanking ingedien en Basoetoland verlaat het, het die verwarring, veral in die grensgebiede, toegeneem en is die heer John X. Merriman na Londen gestuur om die oorname van Basoetoland te bespreek. Gevolglik is Basoetoland vandeesmaand deur die Imperiale Regering oorgeneem op voorwaarde dat die Kaapse Parlement ‘n regverdige deel van die invoerregte afstaan.



1893
Kmdt. J.W. Viljoen oorlede

Nadat Johannes Willem Viljoen in die veertigerjare van die vorige eeu ‘n leidende rol onder die Voortrekkers van Winburg gespeel en aan die Slag by Boomplaas deelgeneem het, vestig hy hom in Transvaal, waar hy kommandant word vir Marico. Hier verwerf hy spoedig ‘n reputasie vanweë sy vurige patriotisme en onverskrokkenheid. Hy is ook allerweë bekend as ‘n kranige grootwildjagter wat, soos baie beweer, reeds in 1851 by die Victoria-waterval was – drie jaar voor Livingstone. Aka fak P.J.d.B

Talentvolle Digter Oorlede
Pelindaba
30 Maart 1936

Die lyk van die begaafde digter, adv. Eugene Nielen Marais, is vandag in die veld omtrent twintig myl van Pretoria gevind. Langs hom het ‘n haelgeweer gelę. Hy was vier-en-sestig jaar oud. In die distrik Pretoria gebore, was hy reeds op jeugdige leeftyd ‘n ywerige joernalis. In 1892 was hy redakteur van sy eie blad, Land en Volk, en mederedakteur van ‘n paar Engelse blaaie. In 1898 het hy na die dood van sy vrou Engeland toe gegaan en daar in die medisyne en die regte gestudeer, maar aan die begin van 1902 het hy dwarsdeur Afrika gereis met medisyne en ammunisie om sy landgenote te probeer help. Die hulp het te laat gekom, maar Eugene Marais het ‘n paar jaar later sy volk meer gehelp, toe die publikasie van sy gedig Winternag die bewys gelewer het dat die Afrikaanse taal hom leen tot die fynste uitinge van die gemoed. As digter en denker sal Eugene Marais se naam in dankbare herinnering bly voortlewe. Sy boeke Die Siel van die Mier
(..... Toen een jaar later de Engelse vertaling verscheen, reageerde een Zuid-Afrikaans dichter, journalist en amateurbioloog ontsteld: Maeterlincks centrale stelling zou van hem afkomstig zijn. Onderzoek in Belgische en Zuid-Afrikaanse archieven geeft hem gelijk. .....
http://www.oulitnet.co.za/neerlandi/10termieten.asp ) en Burgers van die Berge is van die eerste Afrikaanse boeke wat ooit in Engels vertaal is.

Winternag

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lę velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
Blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!


1947
Prof. I.D. Bosman oorlede

Izak Daniël Bosman, op 2 Februarie 1897 in die distrik Frankfort gebore, het hom as onderwysman en studentevriend maar ook as kultuurdraer en kultuur skepper onderskei. Hy het aan die Grey-Universiteitskollege in Bloemfontein gestudeer en in 1931 aan die Universiteit van Amsterdam in die Geskiedenis gepromoveer. Hy het onderwys gegee op Reddersburg, Vredefort en Bothaville voordag hy in 1935 professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria geword het waar hy tot met sy skielike heengaan op 30 Maart 1947 gewerk het. Izak Bosman met sy groot Boerehart het orals waar hy hom bevind het, offervaardig gedien, miskien die meeste deur die mooi voorbeeld wat hy gestel het. Die Afrikaanse kultuurlewe het hy verryk, hetsy deur steun te verleen aan bestaande organisasies of die skepping van nuwes. Teenoor die Afrikanerjeug het hy nooit onverskillig of afsydig gestaan nie. aka fak A.N.P

1966
Algemene verkiesing

Tot dusvęr het interne sake in ons politiek die gemoed van die kieser op die stemdag die meeste beďnvloed. Op hierdie dag het buitelandse aangeleenthede egter meer as ooit vroeër ook ‘n uitwerking gehad. Botter-en-brood-sake het geen rol gespeel nie. Die Afrikaner, en vir haas die eerste keer ook die nie-Afrikaanse kieser, het besef dat premier Verwoerd na binne die orde handhaaf, en dat hy in sy buitelandse betrokkenheid binnenslands polities sterk gesteun moet word, ten einde ons vaderland se internasionale staatkundige posisie te help bevestig. Die swart state van Afrika, ons groter skakeling met Europa en nie hoofsaaklik net met die Verenigde Koninkryk nie, die Rhodesiese eensydige onafhanklikheidsverklaring van 1965 en die gevorderde selfbestuur wat aan die Transkei toegeken is het alles ons interne politiek geraak. Die begaafde Verwoerd, bekend as volksgetrou, het met hierdie laaste verkiesing van hom presies bewys dat vriend en vyand agting het vir iemand wat sy kultuurerfenisse bewaar en bevestig, ongeag ander terreine van samewerking. Vandaar die landwye verbystering toe juis hierdie man, en wel by sy werkbank in die Volksraad in September 1966 vermoor is. aka fak M.J.S

1978
Bas Goedhart oorlede

Gebore op 31 Mei 1920 in Nederland, kom Bas Goedhart in 1964 na Johannesburg en tree in diens van die SAUK. Naas sy werk as nuus kommentator, lid van die NSAW en meewerker aan die Kerkblad, skryf hy twee boeke, t.w. Suid-Afrika, die adel van jou naam en Zuid-Afrika op die Tocht. Hy is op 30 Maart 1978 oorlede.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:34
31 Maart:

1778 - James Cook eis Vancouvereiland vir die Verenigde Koninkryk.
1854 – Kommodoor Matthew Perry van die VSA-vloot teken die Kanagawaverdrag, wat Japan dwing om hawens vir Amerikaanse handel oop te maak.
1889 - Die Eiffeltoring word in Parys, Frankryk ingehuldig.
1917 - Die Deense Wes-Indies word die VSA Maagdeeilande nadat die VSA Denemarke $25 miljoen vir die Karibbiese Eilande betaal het.

1856
P. van den Burg gebore

Petrus van den Burg was sedert 1884 orrelis van die Gereformeerde Kerk in Pretoria. In 1888 word ‘n musiekvereniging opgerig met Van den Burg as direkteur. Hy open ‘n klavier- en orrel-saak in Mark straat. As leidraad vir die onderwysers in die ZAR skryf hy in 1894: Beknopt Overzicht der Kerktoonaarden. Later komponeer hy liedere vir Afrikaanse tekste. Van den burg was ‘n stimulerende figuur in die musieklewe aan die einde van die vorige eeu. Aka fak P.G.N

1881
Prof. dr. G.B.A. Gerdener gebore

Gustaf Bernhard Augustus Gerdener was die seun van ‘n Rynse sendeling wat na Suid-Afrika gekom het. Hy studeer op Stellenbosch en gaan daarna na die Universiteit van Tübingen, waar hy in die teologie promoveer. Na sy terugkoms in Suid-Afrika het hy as ‘n veelsydige geleerde uitgeblink. Van 1913 tot 1917 het hy sendingwerk onder die Moslems in die Kaap gedoen. Van 1917 tot 1920 was hy predikant op Stellenbosch. Van 1933 tot 1937 was hy dosent aan die Sending instituut op Wellington, en van 1937 tot 1955 met sy aftrede, was hy professor aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Hy het hoofsaaklik in twee rigtinge belangrike wetenskaplike werk gedoen. Eerstens het hy pionierswerk gedoen in die vaderlandse kerkgeskiedenis. Dit het in 1925 begin met ‘n biografie oor die Voortrekker Sarel Cilliers. Dit is in 1934 opgevolg met ‘n geskiedenis van die NG Kerke in die Transgariep (d.w.s. noord van die Oranjerivier). In 1950 het hy ‘n omvangryke werk oor boustowwe vir die kerkgeskiedenis gepubliseer, wat ‘n beeld gee van sy indringende arbei in argiewe. Tweedens, het hy gewerk aan die Sending geskiedenis. Dit het uitgeloop op ‘n werk Recent Developments in the South African Mission Field (1958), waarin hy hom aansluit by die Sending geskiedenis van prof. J. du Plessis en dit uitbou tot ongeveer 1957. Vir sy reusebydrae op hierdie gebiede het hy die Stalsprys vir Teologie van die SA Akademie ontvang en ook die D.F. Malan-medalje. Hy het sy kerk by verskeie geleenthede in die buiteland verteenwoordig. Hy was ook ‘n stigterslid van SABRA en baie jare in die hoofbestuur. Hy is op 15 Augustus 1967 op Stellenbosch oorlede. Aka fak F.C.F

1900
Oorwinning by Sannaspos

Na die verowering van Bloemfontein het lord Roberts ‘n Britse mag onder bevel van genl.. R.G. Broadwood in die rigting van Thaba Nchu gestuur. Omdat hierdie kolonne die gevaar geloop het om afgesny te word, het Broadwood besluit om na Bloemfontein terug te keer. Intussen het genl. C.R. de Wet met minder as 400 burgers tussen Broadwood en Bloemfontein in die Koringspruit posisie ingeneem, terwyl die res van sy burgers Broadwood se kolonne met kanonvuur sou bestook om hulle in die rigting van Koringspruit te dryf. De Wet se plan het geslaag. Daar is op een na die ander van die vyand se waens beslag gelę; 200 voetsoldate is gevang, en ook die bemanning van ‘n battery van vyf kanonne. Uiteindelik het die res an die Britse kolonne onraad bemerk en was die burgers genoodsaak om te begin skiet. Intussen het die res van De Wet se mag ook op die toneel verskyn. Die geveg wat daarop gevolg het, was ‘n gevoelige nederlaag vir Broadwood, want hy het omtrent ‘n derde van sy mag van 1 800 man verloor. As gevolg van sy deursig en aanleg vir verrassings-aanvalle het genl. De Wet vir Broadwood op meesterlike wyse uitoorlę. Aka fak C.M.B

Genls. Hertzog en Smuts Werk Saam
Koalisie-Kabinet Na Verkiesing
Kaapstad
31 Maart 1933

Na die Volksraadsverkiesing van 17 Maart, waarin die Nasionale Party 75, die Suid-Afrikaanse Party 61 en die Arbeiders van kol. Creswell 2 setels verower het, is ‘n koalisie-kabinet deur genl.. Hertzog saamgestel met homself as Eerste Minister en Minister van Buitelandse Sake, en genl. Smuts as adjunk-premier en Minister van Justisie. Die ander lede van die kabinet is ministers N.C. Havenga, Oswald Pirow, Piet Grobler, genl. Jan Kemp, en A.P.J. Fourie van die Nasionale Party, en adv. Patrick Duncan, kol. Deneys Reitz, J.H. Hofmeyer, C.F. Clarkson en R. Stuttaford van die S.A. Party.

Hierdie vir die volk onverwagte wending in ons politieke lewe is voorafgegaan deur ‘n reeks belangrike gebeurtenisse. Die Rykskonferensie wat verlede jaar van 21 Julie tot 20 Augustus in Ottawa sitting gehou het en waarna ministers Havenga, Grobler en Fourie, met die here Stuttaford en Heaton Nicholls as raadgewers, afgevaardig is om ons land te verteenwoordig, het reeds getoon dat ons regering bereid was om op ekonomiese gebied nouer met Engeland saam te werk. Daarna het die regering wat altyd verklaar het dat hy liewer sou ondergaan as om van goud af te stap, op 28 Desember geproklameer dat Suid-Afrika met sterling sou saamgaan, nadat oud-minister Tielman Roos as appčlregter afgetree en die krete aangehef het: “Weg met die goudstandaard!” en “Weg met rassehaat!”

Nadat dr. D.F. Malan, dr. N.J. van der Merwe en ander Nasionaliste hulle beslis teen genl. Hertzog se koalisie-planne uitgelaat het, het die Eerste Minister op 11 Februarie sewe beginsels en voorwaardes wat as die grondbeginsels van samewerking deur die S.A. Party aanvaar moet word, bekend gemaak. Dr. Malan, wat geweier het om in die koalisie-kabinet te dien, het op 28 Februarie ‘n verklaring aan Die Burger uitgereik, dat daar geen skeuring sal wees nie, tensy handelinge aan die kant van andere dit van die teenstanders van die koalisie afdwing. Tydens die eerste Sitting van die sewende Parlement, wat eersdaags vergader, sal moet blyk in hoe ver genl.. Hertzog in staat sal wees om die beginsels wat hy vasgelę het, in die praktyk te handhaaf.

1965
Universiteit van Port Elizabeth geopen

Die Universiteit van Port Elizabeth – landwyd bekend as die kampus by die see – is op 31 Maart 1965 amptelik in ‘n klompie geboue in die sentrale stadsdeel van Port Elizabeth geopen met 320 student, 10 Professore, 8 senior lektore en 7 lektore, en met prof. Ernst Marais as die eerste rektor. In 1970 is daar begin bou aan die nuwe kampus by Somerstrand langs die see, en in 1974 is die eerste geboue betrek. Dit is die enigste tweetalige universiteit in Suid-Afrika, en in elke Vakkomitee word die helfte van die kursusse in Afrikaans en die ander helfte in Engels aangebied. In die vroeër oorwegend, indien nie uitsluitlik Engelse hawestad nie, is dit ‘n besondere Afrikaanse deurbraak.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:43
1 April: 1 April Gekkedag

527 - Bisantynse Keiser Justinus I benoem Justinianus I as medeheerser en opvolger.
1826 - Die binnebrandmotor word deur Samuel Morey gepatenteer.
1945 - Tweede Węreldoorlog: Die Slag van Okinawa, die grootste amfibiese aanval in die Stille Oseaan Oorlog, begin in Okinawa, Japan.
1979 - Iran worduitgeroep as Islamietiese republiek, 'n teokrasie gelei deur Ayatollah Ruhollah Khomeini as die Opperleier van Iran.

1971
Perskor kom tot stand

Voortrekkerpers Beperk en Afrikaanse Pers (1962) Beperk het op 1 April 1971 saamgesmelt en die Perskorporasie van Suid-Afrika gevorm, wat in Johannesburg Die Transvaler en Die Vaderland en in Pretoria Hoofstad en Oggendblad uitgee, benewens streek blaaie en tydskrifte. In daardie opsig het dit ‘n magtige organisasie geword wat uit Afrikaner-ideale verrys het.

1917
Stigting van die Teologiese Fakulteit aan die Transvaalse Universiteitskollege

‘n Groot ideaal van die Nederduitsch Hervormde Kerk is op die dag verwesenlik toe hy sy eie predikante aan die Teologiese Fakulteit aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege (vandag die Universiteit van Pretoria) kon begin oplei.

1915
C.F. van Rees oorlede

Catharina Felicia van Rees is op 22 Augustus 1831 op Zutphen gebore. Omstreeks 1855 was sy lid van ‘n kring musiserende jong mense van Utrecht, waarnatoe ook die Kaapse teologiese student Thomas Francois Burgers destyds behoort het. Hul liefde vir musiek het tot ‘n lewenslange vriendskap gelei. Sy was nie net ‘n begaafde komponiste nie, maar ook die outeur van ;n groot aantal artikels en boeke. Haar bekendste werk as komponiste is De Transvaalsche Volkslied, in 1875 in Bonn geskrywe en getoonset op versoek van Staatspresident Burgers. Op 14 Oktober het sy die volkslied aan hom oorhandig, waarna dit op 7 Januarie 1876 op Arnhem in die openbaar gespeel en later in dieselfde jaar deur die Transvaalse Volksraad as Volkslied aanvaar is. Van toe af het dit naas die Vierkleur – ‘n besondere plek in die lewe van die Boerevolk verower en ook in Westerse lande bekendheid verwerf, soms in vertaalde vorm.

1900
Gryse President Besoek Die Front
De Wet se Nuwe Veg taktiek word op die Proef Gestel
Sannaspos

Nadat Bloemfontein verower is, het generaal De Wet sy manne verlof gegee om tot 25 Maart huis toe te gaan. Self het hy by Kroonstad, wat nou die setel van die nuwe Regering is, ‘n krygsraad vergadering gaan bywoon. Daar was behalwe president Steyn, ook president Kruger, lede van die Republikeinse Regerings, genls. Joubert, De la Rey en ander. Almal weet nou dat hul vredesvoorstel van 5 Maart aan lord Salisbury van die hand gewys is, maar aan oorgawe dink niemand nie. President Steyn het almal se gevoelens vertolk toe hy gesę het: “Ons veg nie vir die behoud van ons stede nie, maar vir die behoud van ons vryheid.”

‘n Nuwe krygstaktiek is aanvaar: die groot wa-laers is afgeskaf en slegs perde kommando’s sal nou in die stryd gebruik word. Die Vrystaatse artillerie is gereorganiseer onder bevel van regter J.B.M. Hertzog. Die Franse kolonel De Villebois-Mareuil sal die buitelandse Vrywilligerskorps aanvoer. Groot is ook die bewondering van die burgers vir die gryse staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek wat sy burgers aan die fronte in Natal en die Vrystaat op die slagveld kom toespreek het. Die vasberadenheid van die volksmanne en leiers vervul almal met nuwe krag.

Gister is die nuwe krygstaktiek hier by die waterwerke van Sannaspos op die proef gestel toe generaal De Wet ‘n Engelse mag van 1,800 man aangeval, 480 van hulle gevange geneem en 500 gedood en gewond het. Nadat hy die bevel oorgedra het aan sy broer Piet en genl. Andries Cronje, is generaal De Wet gisteraand onmiddellik verder op ‘n verkenningstog met drie van sy staflede.

In die buiteland is al hierdie gebeurtenisse met spanning gevolg, maar hoewel oral geesdrif vir die Boeresaak heers, het slegs die twintigjarige Koningin van die Nederlande die moed gehad om daadwerklike hulp te verleen deur die Nederlandse oorlogsbodem H.M. Gelderland te stuur om president Kruger na Europa te vervoer. Die seereis het van 20 Oktober tot 22 November geduur.

Die Franse volk het die gryse President met gejuig ontvang toe hy by Marseilles aan land gegaan het, maar hoewel die President van Frankryk hom in Parys nie minder hartlik ontvang het nie, moes hy spoedig van die Minister van Buitelandse Sake verneem dat daar van Frankryk geen hulp te wagte is nie.

Daarvandaan sou president Kruger na Berlyn reis. Toe hy in Keulen aankom, het die bevolking hom wel met stormagtige geesdrif begroet, maar die Keiser het laat weet dat hy hom nie kan ontvang nie en dat hy ook bly sal wees as die President van sy voorneme om Berlyn te besoek wil afsien. Gevolglik het die President oor Arnhem en Utrecht na Den Haag vertrek waar hy vandag met hartstogtelike geesdrif deur ‘n diepbewoë skare ontvang is. Hy sal môre deur Koningin Wilhelmina in bysyn van die Koningin-moeder op oudiënsie ontvang word.

1882
Republiek Land Go(o)sen

Die bepalings van die Konvensie van Pretoria van Augustus 1881 het ‘n deel van die Keategrond van Transvaal weggesny. Hier het toe oor ‘n kort tydperk ernstige moeilikheid tussen talle inboorling leiers ontstaan wat elkeen op kapteinskap en gebied aanspraak gemaak het. Op die koop toe het Brittanje die fout gemaak om vir byvoorbeeld Mankoroane as hoof van die Batlapin en vir Montsioa as hoof van die Barolong buite hulle eintlike gebiede te erken. Oor en weer het die Swartes toe hulp gesoek om hulle eie standpunt met geweld te help seëvier. Die ondersteuners van Moshete, meesal jong Transvaalse burgers, het spoedig sukses behaal en onder N.C. Gey van Pittius die Republiek Land Gosen gestig. Later het Paul Kruger die staat by Transvaal probeer inlyf, maar Kaapland het opdrag gekry om die streek vir Brittanje te bekom. Kruger het self na Gosen gegaan en sy mense verbied om weer van “Engelse skiet” te praat. Oorlog het werklik gedreig, maar Kruger en Rhodes, wat by Veertien Strome onderhandel het, het onluste verhoed. In Maart 1885 het die Britte ‘n protektoraat oor hierdie gebied afgekondig. Vir Kruger was die hele verloop ‘n verleentheid en ‘n neerlaag.

1876
Begin van die Graaf-Reinetse Onderwyskollege

In sy wese was die stigting van die “Midland Ladies’ Seminary” op 1 April 1876 die voorloper van onderwysers-opleiding op Graaf-Reinet, weliswaar was die opleiding op losse voet, maar sedert 1894 was sake veel planmatiger, nadat die “Seminary” ‘n afsonderlike “Training Department” gestig het. Die kollege het egter sy huidige beslag gekry toe sentralisasie die totstandkoming van die Graaff-Reinetse Opleidingskool met ingang 1917 genoodsaak het. Die afgelope sewe dekades speel die kollege ‘n leidende rol in die plaaslike kultuurlewe van die /Afrikaner; trouens, die Afrikaanse Kultuurvereniging is juis een van die eerste verenigings wat spontaan by die studente ontstaan het. Reeds in 1923 bied die vereniging ‘n geslaagde opvoering van C.J. Langenhoven se Die Hoop van Suid-Afrika aan, en ook op die gebied van sang en musiek word pragtig gepresteer.

1572
Slag by Den Briel

In die 80-jarige Oorlog (1568 tot 1648) tussen Nederland en Spanje het die Nederlandse /Watergeuse onder leiding van Jan Coppelstock ‘n verrassende oorwinning oor die Spaanse vloot onder Alva behaal by die slag van Den Briel. Dit het ‘n jubelkreet deur Nederland laat weergalm: “Die eerste dag van April, verloor Alva sy bril.” (Den Briel) Hierdie “gekkedag” word vandag nog in Nederland herdenk.

Ben Kruger
1 Apr 2011, 23:58
2 April

1513 - Juan Ponce de Leon word die eerste Europeër om Florida te betree.
1725 - Giacomo Casanova word in Venesië gebore.
1982 - Die Falkland Oorlog word ontketen toe Argentinië die Britse Falkland-eilande inval.
2005 - Pous Johannes Paulus II sterf.

1918
D.F. du Toit oorlede

Daniël Francois du Toit is op 21 November 1853 op Dal Josafat gebore. Aangesien hy altyd ‘n medisyne tassie by hom gedra het, het hy die bynaam “Dokter” gekry. Hy was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en ‘n groot kampvegter vir die erkenning van Afrikaans. Hy was behulpsaam by die drukpers in die huis van Gideon Malherbe in die Paarl in 1875. Hy was die vader van prof. D.F. du Toit, van Stellenbosch, en dr. P.J. du Toit, opvolger van sir Arnold Theiler op Onderstepoort.

1911
S.G. Smidt gebore

Severus Gerhardus Smidt is op Frankfurt gebore. Hy het baie rondgeval voordat hy beroepskrywer geword het onder verskillende skuilname, soos Johann van der Post, Donald Fouche en Adriaan Roodt. Sy eerste 70 kortverhale het almal teruggekom, totdat hy eindelik in 1932 sy eerste kortverhaal in Die Volksblad geplaas kry. Hy kry toe ‘n aanstelling as bode by Die Vaderland teen R8 per maand. Later is hy bevorder tot redaksielid. In 1938 word hy beroepskrywer. Sy eerste boek is Op die Spoor van die Rampokkers (1938) Nagenoeg honderd romans het uit sy pen verskyn voordat hy op 23 Julie 1973 in Durban oorlede is.


1910
B. Gerstman gebore

Blanche Gerstman was een van Suid-Afrika se belangrikste komponiste, maar ook ‘n veelsydige musikus wat haar brood as orkes speelster verdien het. Sy was ook van tyd tot tyd dosent in komposisie aan die Universiteite van Pretoria en Kaapstad. Sy het musiek vir die viool, klavier, orrel en orkes gekomponeer, maar het haar grootste welslae met sang werke behaal, waarvan die koorwerke Die Boodskap van Maria en Uit die Passie die belangrikste is. Sy is op 11 Augustus 1973 oorlede.

Burgeroorlog In Transvaal?
Verdeeldheid oor Pretorius se Presidentskap van Twee Republieke
Pretoria
2 April 1862

‘n Nuwe Volksraad het vandag in Pretoria bymekaargekom en almal vra met gespanne afwagting of hulle die burgeroorlog wat dreig, sal kan voorkom. Die burgers is in twee vyandelike kampe verdeel. Daar is die ondersteuners van president Pretorius wat nou in die Oranje-Vrystaat aan die hoof van sake is. Hulle het hul president eers ses maande verlof toegeken, terwyl J.H. Grobbelaar in sy plek waargeneem het. Daar is verder Pretorius se teenstanders wat beweer dat hy geen reg het om president van albei republieke te wees nie. Hulle het die president in September 1860 gedwing om te bedank. ‘n Maand later het Pretorius egter self vir ‘n paar dae Transvaal toe gekom en sy ondersteuners het hom op ‘n groot vergadering te Rustenburg ‘n jaar verlof gegee en Stephanus Schoeman in sy plek aangestel. Baie van Pretorius se eertydse vriende en ondersteuners beskou hierdie daad as volkome in stryd met die grondwet. Onder hulle is ook kommandant Paul Kruger. Gevoelens oor die saak loop baie hoog en almal verkeer in gespanne afwagting oor die houding wat die nuwe volksraad sal inneem.

1859
H.P.N. Muller gebore

Hendrik Pieter Nicolaas Muller is in Rotterdam gebore en besoek Suid-Afrika die eerste keer in 1883, toe hy reeds vennoot in ‘n Nederlandse handelsfirma was. Hiermee begin sy belangstelling in Suid-Afrika, en as begeesterde reisiger (en volkekundige) het hy talle artikels en kleiner werkies oor Paul Kruger en Suid-Afrika geskryf. In 1896 het hy H.A.L. Hamelberg opgevolg as konsul-generaal van die Oranje-Vrystaat en het hy hom beywer om verdrae vir die Republiek in Berlyn en Bern te sluit. Sy vaderlandsliefde en nasietrots was so ruim dat hy die Boeresaak tydens die Engelse Oorlog met volle oorgawe kon dien. Sy kantoor in Den Haag het ‘n belangrike sentrum vir hulpverlening aan die Boere geword, en hy het selfs na Amerika gereis om die saak van die boere te propageer. Orals het hy kennis van die Boere stryd versprei en meegewerk om by die verskillende nasies van Europa wye belangstelling te wek. In 1919 is hy in die Nederlandse diplomatieke diens opgeneem, en hy het talle ordetekens ontvang. Sy borsbeeld staan in die hoofgebou van die UOVS,. Hy is op 11 Augustus 1940 in Den Haag oorlede.

1595
C. de Houtman vertrek op sy seereis

Op hierdie dag het Cornelis de Houtman met ‘n eerste Nederlandse vrag vloot van vier skepe uit Texel via die Kaap na die Ooste (Indonesië vertrek. Hy was toe dertig jaar oud, vol ambisie en nie baie taktvol nie. Op 2 Augustus het hy om die Kaap geseil en op 11 Augustus by Mosselbaai aan land gegaan. Hier is skape en beeste van die Hottentotte geruil Met sy terugreis het hy op 7 Mei 1597 by die Kaap verby gevaar, maar weer nie aan land gegaan nie. Die onderneming was die begin van talle verskillende handelsendings na die Ooste, waaruit in 1602 die VOC ontwikkel het. Op 21 November 1598 het admiraal De Houtman weer om die Kaap gevaar, maar die keer by Tafelbaai aan land gegaan en vee geruil. Met sy aankoms in Atjeh, is hy in September 1599 vermoor. Sy eerste tog het nietemin blywende belangstelling gewek. Die groei van die VOC het toe ook in 1652 ‘n verversingspos aan die Kaap genoodsaak. Vir ons is Cornelis de Houtman derhalwe van groot waarde. Sy kennis soeke, waarnemingsvermoë en avontuur gevoel was tipies van die soort Wes-Europese Renaissancegees in die sewentiende eeu.

Ek los julle met 'n gedagte vir vandag -


Gedra jou net so sindelik onder jou eie mense as by vreemdes.

Jy het hulle respek langer nodig.

- Langenhoven -

Ben Kruger
2 Apr 2011, 22:33
3 April
Joseph Stalin in 1912

1922 - Joseph Stalin volg Lenin op as leier van die Sowjet-Unie.
1941 - Hongaarse en Nazi-troepe masjeer Joego-Slawië binne.
1968 - Simon en Garfunkel stel die album Bookends vry.
1968 - Martin Luther King Jr. gee sy "mountaintop"-toespraak.

1785
Mev. C.L. Thom gedoop

Christiana Louise Thom (gebore Meyer) het bekendheid verwerf as dagboek-skryfster, welsyn werkster en predikantsvrou. Sy het haar ouers vroeg verloor en by Reinier Beck grootgeword, waar sy ‘n goeie opvoeding geniet het en, behalwe die Protestantse kerkleer, ook verskeie tale bestudeer het. Na haar huwelik met ds. George Thom in 1814, het sy hom getrou in die gemeente van Tulbach bygestaan en veel gedoen om die lot van die slawe en heidene te verlig. Sy was diep godsdienstig en het ‘n dagboek gehou waarin die invloed van die Piëtisme duidelik blyk; dit is na haar dood deur haar man uitgegee. Sy is op die jeugdige ouderdom van 27 jaar oorlede. Aka fak P.G.N.


1866
Genl. J.B.M. Hertzog gebore

James Barry Munnik Hertzog is op Soetendal, distrik Wellington, gebore. Sy hoërskoolopleiding ontvang hy op Stellenbosch, waar hy in 1889 die graad BA behaal. Hy kies die regte as studierigting en studeer verder aan die Universiteit van Amsterdam, waar hy in 1892 sy doktorsgraad verwerf. Terug in Suid-Afrika, vestig hy hom in Pretoria as advokaat, maar toe hy in 1895 regter word, verhuis hy na Bloemfontein, waar hy baie jare lank woon. Die Engelse Oorlog het ‘n ingrypende verandering in sy lewe veroorsaak, want hy verlaat die regs bank om krygsman te word, aanvanklik as regsadviseur in die veld, maar later as krygsman, en teen die einde van die oorlog was hy tweede in bevel in die hele Vrystaat. Hy was ‘n groot voorstander van die beweging strategie van klemkrygtaktiek, wat so doeltreffend toegepas is dat die oorlog na die oorgawe van Bloemfontein en Pretoria nog twee jaar geduur het. As een van die verteenwoordigers by die vredesonderhandelings, stel hy ‘n standpunt wat in sy latere loopbaan die grondslag van sy strewe sou vorm. Hy het daar o.m. gepleit vir die gebruik van Hollands in staatskole en in die regspleging in die verowerde gebiede. Omdat hy vroeg reeds voorsien het dat Afrikaans die plek van Hollands sou inneem, het hy as logies-denkende, selfrespekterende Afrikaanse kultuurmens nie net volstaan met sy beskouings oor taal-en kultuursake nie, maar het hy sy volksgenote van vroeg tot laat aangespoor om hulle eie te ag en so hul selfrespek te behou. Hy het as voorsitter opgetree by die stigtingsvergadering van die Afrikaanse taalgenootskap wat in 1906 in Bloemfontein gehu is, en hy was die persoon wat sy taal en kultuur genote gelei, aangespoor en gehelp het om die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns in 1909 tot stand te bring. Die Suid-Afrikaanse Akademie is voorwaar ‘n blywende monument vir hierdie groot, selfrespekterende Afrikaner. Dit alles het sy grootste prestasie ten grondslag gelę om langs staatkundige weg deur die Vrystaatse Onderwyswet van 1908 moedertaalonderwys vir die Afrikanerkind te verseker, ‘n kultuur daad waarsonder die Afrikaanse taal en kultuur ongetwyfeld langsaam maar seker aan bloedarmoede sou gesterf het. En voeg hierby sy onverbiddelike stryd om die gelykberegtiging van Hollands, en later Afrikaans, naas die ekonomies- en kultuur kragtiger Engels af te dwing deur Artikel 137 in die Grondwet van die Unie van Suid-Afrika in 1910 ingeskryf te kry: van volkstaal tot staats taal.

‘n Ander belangrike lewenstaak waaraan genl. Hertzog hom met oorgawe gewy het, was ‘n doeltreffende oplossing vir die naturellevraagstuk. Sy siening kan inderdaad beskou word as die begin van die segregasiebeleid. Sy aanvoorwerk het gelei tot die aanvaarding van die Naturelle grond-wet van 1913, waarvolgens die land in blanke en nie-blanke gebiede verdeel word met ‘n verbod op koop van grond in nie-blanke gebied deur ‘n blanke en andersom. Ook in later jare het genl.. Hertzog hom onvermoeid aan hierdie lewenstaak gewy en veral twee oogmerke vooropgestel, nl. Die verwydering van Kaaplandse Swartmense van die gemeenskaplike kieserslys en die aankoop van meer grond vir die Swartmense, sodat die beleid van gebiedskeiding deurgevoer kon word. Politieke omwentelinge tussen die jare 1911 en 1914 het ‘n groot rol in die Afrikaner se wordingsgeskiedenis gespeel, en genl. Hertzog het daarin ‘n leeue-aandeel gehad. Sy twee stroom beleid, waarvolgens die Afrikaanse taal- en kultuurgroep met volkome gelykberegtiging naas die Engelssprekendes sou kan ontwikkel, is teenoor die een stroom beleid van Louis Botha, wat ineenvloeiing van die twee taalgroepe voorgestaan het, gestel. Bittere botsings het gevolg, wat tot genl.. Hertzog se uitsetting uit die Kabinet gelei het. Met Hertzog in die politieke woestyn, was daar een uitweg, die stigting van ‘n nuwe party – die Nasionale Party – in 1914. In 1924 het die NP aan bewind gekom en daarmee saam kom die derde lewenstaak van genl. Hertzog, nl. Die verkryging van konstitusionele onafhanklikheid. Die Balfour verklaring van 1926 en die daaropvolgende Statuut van Westminister (1931) verleen konstitusionele onafhanklikheid binne die Britse Ryk.

Hierdie welslae, wat as eerste besliste stap tot Republiekwording beskou kan word, is in ‘n groot mate aan Hertzog te danke. Ernstige ekonomiese probleme vanweë węrelddepressie, die instorting van die New Yorkse-aandelebeurs, ens.,. Lei daartoe dat Hertzog swig onder voortdurende oproepe, ook uit sy eie party, om met die opposisie saam te smelt. Dit word in 1933 werklikheid, en hoewel genl. Hertzog nog tot 1939 Premier bly, voel hy veral ongelukkig omdat daar verdeeldheid onder sy mense heers. IN die strydvraag oor deelname aan die Tweede Węreldoorlog word Hertzog se standpunt dat SA neutraal moet bly, verslaan en bedank hy as Eerste Minister. Ondanks pogings van die kant van die NP om hom tot die politiek te laat terugkeer, tree hy af en vestig hom op sy plaas Waterval naby Witbank. Hy sterf op 21 November 1942 in Pretoria.

Ben Kruger
3 Apr 2011, 20:10
4 April

1949 - Twaalf nasies teken die Noord-Atlantiese Verdrag, en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.
1968 - Apollo-program: NASA lanseer Apollo 6.
1983 - Pendeltuig Challenger se eerste ruimtetog.
1984 - Die kernreaktor by Koeberg wek vir die eerste keer elektrisiteit op.

1706
Kaapse Bannelinge vertrek na Nederland

Op hierdie dag het die retoervloot met Henning Huijzing, Jacobus van der Heijde, Ferdinandus Appel, Pieter van der Bijl en Jan van Meerland aan boord na Nederland vertrek, waarheen hulle as gevolg van hul deelname aan die versetbeweging teen goewerneur W.A. van der Stel verban is.

1889
H.A. Fagan gebore

Henry Allan Fagan is op Tulbagh gebore. Na studie in die regte op Stellenbosch en in Londen was hy agtereenvolgens advokaat in Kaapstad, onder-redakteur van Die Burger, professor in Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Stellenbosch, waarnemende regter in Kimberley en van 1938 tot 1939 Minister van Naturellesake, Onderwys en Volkswelsyn in die Kabinet van genl. J.B.M. Hertzog. Van 1957 tot sy aftrede in 1959 was hy Hoofregter. Naas sy bydrae tot die openbare lewe, het hy ‘n belangrike bydrae tot die Afrikaanse literatuur gelewer, waarvoor die Hertzogprys in drama van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1935 aan hom toegeken is. Veral as toneelskrywer het hy ‘n ereplek in die Afrikaanse literatuur verower. Hy is die baanbreker vir die Afrikaanse drama oor die daaglikse en aktuele lewe. In die dertiger- en veertigerjare was sy toneelstukke besonder gewild op die Afrikaanse verhoë. Regter Fagan is op 9 Desember 1963 in Kaapstad oorlede.

1905
SAOU gestig

Gedurende die laaste dekades van die 19de eeu is daar aan die Kaap ‘n taalstryd gevoer – aan die eenkant die stryd van die Afrikanervolk vir gelyke regte van die volkstaal met die van Engels en aan die anderkant die stryd onder Afrikaner taalmanne oor wat die voertaal moet wees: Patriot-Afrikaans soos voorgestaan deur die Genootskap van Regte Afrikaners of Nederlands. In 1819 kom dr. Kollewijn in Holland met die voorstel dat Nederlands vereenvoudig moet word en hier te lande vind die gedagte ‘n ywerige dissipel in dr. W.J. Viljoen van die destydse Victorie Kollege en later Superintendent-Generaal van Onderwys in Kaapland. Op Dinsdag 4 April 1905, om 10h00 kom 56 persone byeen in die saal van die Hugenote-gebou in Kaapstad. Die doel van die vergadering was om die vereenvoudiging van Nederlands te bespreek sowel as “Andere punten van belang”. Uit hierdie “andere punten van belang” is die SAOU gebore, want op voorstel van ds. F.S. du Toit gaan die vergadering gedurende die middag oor tot die stigting van De Suid-Afrikaanse Onderwyzerunie. Die stigting van die SAOU moet egter nie gesien word as ‘n impulsiewe daad of as ‘n neweproduk van die Vergadering van Taalvereenvoudiging nie. Na die Engelse Oorlog wou die Afrikaner-onderwyser sy hande los hę, nie alleen om te werk vir die opheffing van die verwaarloosde Afrikanerkind nie, maar ook om gelyke regte en status vir die Afrikaner-onderwyser te verwerf. Die belangrikste werksaamhede van die SAOU is advies aan lede in verband met omstandighede wat voortvloei uit hul diensvoorwaardes en diens omstandighede; skakeling met die Onderwysowerhede ten behoewe van Onderwysers; skakeling met die Kaaplandse Onderwysdepartement oor Opvoedkundige aangeleenthede; ‘n wakende oog te hou oor die onderwys in die algemeen en behartig partikuliere onderwyssake;
behartiging van die Afrikaanse onderwyser se belange in die besonder.

1978
B.H.J. van Rensburg oorlede

Barend Hendrik Janse van Rensburg is op 9 Maart 1898 op Cradock gebore. Hy is kort na sy aanstelling as deeltydse sekretaris en penningmeester van die Nasionale Vrouemonument kommissie in 1929 deur die kommissie gevra om ‘n museum vir oudhede uit die Engelse Oorlog by die Vrouemonument tot stand te bring. Hy het die uitdaging met groot geesdrif aanvaar, en op 30 September 1931 is die Oorlogsmuseum amptelik deur genl. J.B.M. Hertzog geopen. In 1947 het hy sy redaksiepos by Die Volksblad neergelę en hom heeltyds aan sy taak by die museum gewy. Met sy afskeid in Mei 1969, het oud-president C.R. Swart gesę: “Deur baie moeilike omstandighede heen het Ben van Rensburg vir sy volk ‘n grootse monument gebou waarvoor sy volk vir hom sę: Baie dankie!”

Ben Kruger
5 Apr 2011, 22:29
5 April
Winston Churchill in 1944

1955 - Winston Churchill bedank as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
1973 - Pierre Messmer word Eerste Minister van Frankryk.
1976 - In die Volksrepubliek van Sjina, lei die massaprotes op die Tianmen-plein tot verskeie se dood.

1952
Van Riebeeckskoolkoshuis (Thomsons Falls, Kenia) amptelik ingewy

Die Afrikaner het gelukkig nog altyd die hoogste premie geplaas op godsdiens en onderwys in sy persoonlike en volkslewe. Met die vestiging van Afrikanergemeenskappe buite ons landsgrense is hierdie tradisie in talle węrelddele gehandhaaf. So ook in Oos-Afrika. In Tanganjika (Tanzanië) het mnre. Gert de Beer, J.F. van Wyk, H.J.C. Pieterse en andere, groot pionierswerk op onderwysgebied in belang van die Afrikanerkind verrig. In Nairobi, Kenia, was mnr. P.G. Nel die eerste (en laaste) Afrikaansonderwyser aan die Engelse hoërskool in Nairobi (1950 – 1954). In 1946 is besluit om ‘n Afrikaanse skool op Thomson Falls te bou. In 1947 is uitvoering aan hierdie besluit gegee met die opening van ‘n beskeie skooltjie op Ol Joro Orok, by Thomsons Falls, met “meester” J. van der Wethuizen as hoof. In 1948 het die NG Sinode (Suid-Afrika) R30 000 (Ł15 000) vir ‘n Afrikaanse skool en koshuis op Thomsons Falls bewillig. Die dryfkrag en besieling agter hierdie grootse kultuuraksie in die vreemde was wyle ds. J.H. (Hoffie) Louw, leraar van daardie gemeenskap. In 1950 is die boukontrak (R33 000) vir die koshuise geteken. In 1951 het die leerlinge van die Ol Joro-skooltjie ‘n toer deur die destydse Unie onderneem om geld vir die nuwe skool in te samel; 16 000 km is afgelę, 40 konserte is aangebied en R5 000 is ingesamel. Op 5 April 1952 is die koshuis amptelik in gebruik geneem deur brig. Campbell Ross, SA se Hoë kommissaris in Nairobi, terwyl die hoeksteen van die Van Riebeeckskool op Thomsons Falls deur die NG Kerk-moderator, ds. C.B. Brink, gelę is. Teen 1958 was die skool feitlik voltooi. Die argiefstukke vermeld ‘n personeel van nege met oor die honderd leerlinge. Merkwaardig hier is die groot materiële offers wat die Afrikaanse gemeenskap vir die verwesenliking van hulle ideaal gebring het. Die Van Riebeeckskool, saam met die nuwe kerk, was ‘n manifestasie van hulle kulturele belydenis. Op 6 April 1960 is die skool amptelik ingewy deur ds. A.F. Louw, van Bothashof, Salisbury. Die Van Riebeeckskool het die brandpunt van die Afrikaanse Kultuurlewe gebly tot Uhuru. As gevolg van massale emigrasie van Afrikaners is die skool in 1963 aan ‘n Amerikaanse Sendinggenootskap verkoop. Dit was die einde van nog ‘n epog in die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Met dankbaarheid kan gemeld word dat oudleerlinge van die Van Riebeeckskool, Thomsons Falls, reeds ‘n groot bydrae tot die kulturele en ekonomiese lewe in die RSA gelewer het. aka fak P.G.N

Meer oor die Boere Leier trek na Kenia 1908
http://www.geocities.com/Athens/Rhodes/1266/historical-Kenya.htm

1900
Graaf G. de Villebois-Marceuil sneuwel by Boshof

Graaf Georges de Villebous-Marceuil, die Franse edelman, is op 17 Maart 1900 te Kroonstad tot veggeneraal van die Boere benoem deur presidente Kruger en Steyn. Sy opdrag was om ‘n legioen te stig uit die vreemdelinge wat hulle aan die kant van die Boere-republieke geskaar het. Op 24 Maart het hy met ongeveer 125 Franse en Hollanders uit Kroonstad vertrek om na Modderrivier te gaan en die spoorlyn suid van Kimberley op te blaas. Hierdeur sou die lewensbelangrike verbindingslyn van die Britte van die Kaap na Transvaal, waarheen lord Roberts aan’t opruk was, afgesny word. Onderweg sou hy ‘n nagtelike aanval op Boshof uitvoer om die dorp te ontset, waar net ‘n klein Engelse garnisoen was. Voordat hy egter Boshof kon bereik, het die Engelse ‘n sterk leër daar geplaas. Toe hy in die vroeë skemer van 5 April Boshof nader, was daar geen sprake van ‘n aanval nie. Sowat nege myl suid van Boshof het hy en sy manskappe in die koelte van bome gaan rus om in die donker van die aand verder te gaan. Die Engelse is van hul skuilplek verwittig en het ‘n sterk mag teen hulle uitgestuur. Vier uur lank het hy en sy manskappe dapper teenstand gebied, voordat hy dodelik gewond is.

1900
D.J. Roode gebore

Dawid Johannes Roode was ‘n musiekonderwyser, orrelis, koorleier, komponis van Afrikaanse liedere en die eerste musiek professor aan die Vrystaatse Universiteit. Daarna was hy direkteur van musiekeksamens by die Universiteit van Suid-Afrika.

Ben Kruger
5 Apr 2011, 22:44
6 April

1652 - Nederlandse seevaarder Jan van Riebeeck sit vir die eerste keer voet aan wal in die Kaap die Goeie Hoop waar hy 'n handelspos stig.
1917 - Eerste Węreldoorlog: Die Verenigde State verklaar oorlog teen Duitsland.
1941 - Tweede Węreldoorlog: Duitsland val Joego-Slawië en Griekeland binne.
1994 - Die Rwandese volksmoord begin toe die vliegtuig waarin die President van Rwanda, Juvénal Habyarimana en die President van Burundi, Cyprien Ntaryamira deur ekstremiste met vuurpyle afgeskiet word.

1652
Aankoms van Jan van Riebeeck

Die middag om 14h30 van 5 April 1652 word Tafelbaai gewaar deur die opperstuurman van die Drommedaris, een van die drie skepe waarmee kommandeur Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan Tafelbaai land om ‘n verversingspos vir die VOC te stig. Die ander twee skepe was die Goede Hoop en die Reijger, wat hulle om vieruur die oggend by die Drommedaris aan die Kaapse kus aangesluit het. Die skepe het op 6 April naby die kus bly lę, terwyl Adam Hulster, die boekhouer, en die onderstuurman, Aernt van Ieveren, per sloep vertrek het om Tafelbaai te verken. Twee uur voor sononder het hulle berig dat daar geen skepe in die baai is nie en kon die Drommedaris en die Goede Hoop die baai binnevaar en by die “versse”-rivier anker gooi. Twee weke lank sou almal slegs bedags aan land gaan en saans op die skepe slaap.

Hoewel Jan van Riebeeck en sy geselskap dus nie lyflik op 6 April 1652 aan die Kaap voet aan wal gesit het nie, het hy self hierdie dag as die verjaardag van die nedersetting beskou. In 1654 belowe hy in sy dagregister om “dese dagh”, den 6en April wesende, tot Godes eer met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vastblijvende danck ende bededagh in te stellen, ten eijnde daer des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen noijt vergeten, maar altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden moge worden.”

Van Riebeeck moes ‘n verversingspos aan die Kaap vir die skepe van die VOC stig, wat op hulle lang reis van Europa na die Ooste in Tafelbaai vars voedsel kon inneem. Die oogmerke van die VOC was bloot prakties en ekonomies van aard, en die gedagte aan ‘n volksplanting word nie by hulle aangetref nie. Tog sou hierdie daad oorgaan tot die vestiging van ‘n nuwe volk aan die suidpunt van Afrika: ‘n volk met ‘n eie taal, beginsels, lewensbeskouing, filosofie en lewenswyse.

Die immigrante moes hulle aanpas by gans ander omstandighede as die waaraan hulle gewoond was. Vanuit die ontwikkelde Nederland het hulle gekom na ‘n onontwikkelde, ongetemde land. In hulle stryd teen die elemente sou die bodemgesteldheid beslissend inwerk op die vorming van ‘n groep mense met ‘n eie aard en die geboorte van ‘n nuwe volk onvermydelik maak.

Veral met die instelling van Vryburgers in 1657 is die volksplanting bevestig en het die nuwe volk sy eie tuiste gevind. Van Riebeeck en sy mense was die draers van sekere beginsels en ‘n eiesoortige kultuur. Met die latere binnekoms veral van Duitse en Franse immigrante sou die volksaard vervorm word tot wat later die Boervolk geword het.

Kaapstad se aanskyn sou spoedig verander met die oprigting van Westerse geboue, die bewerking van die aarde, wat ‘n meer produktiewe landbou tot gevolg gehad het, en die beëindiging van die absolute isolasie wat teweeggebring is deur die aandoen van skepe by die verversingspos. Die Kaap het spoedig ontwikkel in ‘n pos onafhanklik van Nederland, en daarmee saam het sy mense onafhanklik van Nederland geraak. In hulle gesamentlike stryd teen die bodem, barbarisme en later die kompanjie, het die mense van die verversingspos ‘n nouer verbondenheid met mekaar begin ervaar en ‘n nageslag voortgebring wat as nuwe volk onder die naam Boervolk en later ook Afrikaner bekend sou staan en ‘n Westerse staat aan die suidpunt van Afrika sou stig.

1846
Oorlog Ontstaan Oor ‘n Byl : Die Oosgrens in Beroering

Die oorlog tussen Bantoe en witman aan die oosgrens, wat party waarnemers reeds ses maande gelede as onvermydelik beskou het, is aan die gang. Goewerneur Peregrine Maitland het aan kolonel Hare opdrag gegee om K@fferland binne te trek, aangesien Sandili se volgelinge Hare se landmeters gedwing het om hul werk by Block Drift te staak en daarna ook geweier het om die moordenaars van die Hottentot wat aan Kleintjie geboei was, uit te lewer.

Kleintjie was die naam van die Kôsa wat op 16 Maart ‘n byl in Beaufort-Wes gesteel het. Hy is gevang en saam met ‘n paar ander prisoniers na Grahamstad gestuur om daar voor die magistraat te verskyn. Op pad soontoe het sy vriende hom bevry, maar die Hottentot aan wie hy met handboeie vasgemaak was, vermoor.

In die stryd is Kleintjie se broer doodgeskiet en die K@ffers het beweer dat sy dood opweeg teen die dood van die Hottentot. Aangesien Maitland nie tevrede was met hierdie antwoord nie, het hy kolonel Hare oor die grens gestuur om die misdadigers te gaan haal. Ervare grensbewoners sę dat glad te min voorbereidings getref is om teen die Bantoe op te trek.

Wel is die burgers op kommandodiens uitgeroep, maar wanneer hulle K@fferland binnetrek, bly hul plase sonder beskerming agter. Geen wonder dat daar sprake is van paniek op die oosgrens nie.

1847
Grensoorlog Eis Baie Slagoffers

Die Oorlog van die Byl het gedurende die afgelope twaalf maande met onverminderde krag gewoed en reeds baie slagoffers geëis. Dertienduisend man is in die veld en meer troepe word nog steeds aangevoer. Honderde plase is weer verwoes en duisende mense is dakloos. Die dorpie Riebeek-Oos is deur sy inwoners verlaat; die dorpsbewoners het al hul besittings verloor, die boere al hul vee en in die meeste gevalle ook hul hawe en goed.

Die verre gaande roofsug en waaghalsigheid van die K@ffers word toegeskryf aan die gebeurtenisse wat aan die begin van die oorlog plaasgevind het. Toe die vyand daarin geslaag het om die kolonel Henry Somerset by Burnshill te verras. Hulle het toe verskeie van sy mense gedood, tussen die agt- en negehonderd osse en een-en-sestig waens gebuit.

Die goewerneur, sir Peregrine Maitland, het dadelik krygswet uitgeroep en die burgers opgekommandeer om te kom help. Meer troepe is na die grense gestuur as ooit tevore. Die gebou wat die sendelinge by Lovedale gebou het, was ‘n tyd lank die enigste plek wat die blankes behou het. Eers in Augustus was hulle in staat om teen Kreli uit te trek. ‘n Aantal lede van Patrollies wat uitgestuur is, is vermoor.

Toe die omvang van die ramp in Engeland bekend geword het, is besluit om sir Pegegrine Maitland terug te roep, aangesien hy as te oud beskou is om die vermoeienis van die leiding op hom te neem. Die nuwe goewerneur, sir Henry Pottinger, is ‘n Ier wat reeds in sy veertiende jaar by die Engelse Oos-Indiese Kompanjie in diens getree het. Die grootste deel van sy lewe het hy in die Ooste deurgebring en eers as soldaat en later as diplomaat goeie diens gelewer. Hy is die eerste goewerneur wat behalwe as goewerneur, ook aangestel is as Hoë Kommissaris met mag om sy gesag ook buitekant die grense van die Kaap-Kolonie uit te oefen.

Toe sir Henry Pottinger op 27 Januarie vanjaar die bewind oorgeneem het, het hy dadelik sy volle aandag aan die grensoorlog gewy. Hy stem saam met sir Peregrine Maitland dat die nuwe grens van die Kolonie na die Keiskamma- en Tyhumieriviere verskuif moet word. Albei meen ook dat die gebied tussen die Keiskamma en die Kei as Brits-K@fferland by die Kolonie ingelyf moet word. Verder verskil hulle beleid in alle opsigte. Sir Henry Pottinger wat op 28 Februarie in Grahamstad aangekom het, meen dat die gesag van die K@ffer kapteins erken moet word. Hy het die burgers weer uitgeroep op kommandodiens en besluit om militęre voorposte langs die Buffelsrivier te stig. Drie dae gelede is een van sy patrollies langs die rivier aangeval en is twee burgers vermoor. Verder het die nuwe goewerneur weer krygswet uitgeroep en is ‘n proklamasie uitgevaardig om alle handel tussen die Bantoe en die blankes te verbied. Handelaars wat betrap word dat hulle wapens aan hulle verkoop, sal met die dood gestraf word.

Ben Kruger
7 Apr 2011, 06:16
7 April

1795 - Frankryk aanvaar die meter as lengte-eenheid. Napoleon vervang dit weer met die Mesures usuelles op 12 Februarie 1812.
1815 - Tombora bars uit en 92 000 mense sterf.
1906 - Vesuvius bars uit.
1964 - IBM kondig die System/360 aan.

1867
F. Oerder gebore

Frans Oerder is in Rotterdam gebore en kom in 1890 as jong kunstenaar na die ZAR, waar hy onder uiters moeilike omstandighede ‘n bestaan moes maak. Hy het hom heeltemal met sy nuwe vaderland vereenselwig, want by die uitbreek van die Engelse Oorlog sluit hy hom by die Boerekommando’s aan. Sy sketse van Boere-tipes en Boere-aktiwiteite te velde, is van ons seldsaamste en kosbaarste Africana. Dit lewer tegelykertyd blyk van ‘n suiwer waarnemingsvermoë en groot teken talent. Oerder het ook die Suid-Afrikaanse landskap leer ken, en dit is merkwaardig hoe ‘n Europees-geskoolde kunstenaar die gees van die Suid-Afrikaanse landskap kon begryp en so treffend kon weergee. Daardeur het hy die grondslag vir ‘n egte Suid-Afrikaanse landskap skilderkuns gelę. Deur sy blom studies, stillewens en portrette het hy egter ook groot bekendheid verwerf. Sy realistiese kuns het baie bygedra tot die begrip en waardering van die skilderkuns by die Afrikaner. Hy is op 15 Julie 1944 in Pretoria oorlede.


1861
“Nuwe Kerk” in Pietermaritzburg ingewy

Op die Sondagoggend is die “Nuwe Kerk” van die Nederduits Gereformeerde gemeente Pietermaritzburg in ‘n gees van nederige, diepe dankbaarheid ingewy. Dit is gebou op die halwe erf van Langmarkstraat 34. Ds. P. Huet was toe predikant van die gemeente, en verskeie hooggeplaastes, soos die luitenant-goewerneur, die hoofregter en die sekretaris van naturellesake, het saam met die gemeente die inwydingsplegtigheid bygewoon. Dit was die tweede kerkgebou van die gemeente en is opgerig onmiddellik langs die eerste, die Geloftekerk, wat tans die Voortrekkermuseum is. Die twee geboue het min of meer dieselfde getal sitplekke gehad, maar die nuwe gebou het nodig geword omdat, soos dr. H.E. Faure – predikant van die gemeente in 1855 – op 18 Julie van daardie jaar aan die regering verklaar het, “the one at present in use is altogether in a state of dilapidation.” Die oprigting van die “Nuwe Kerk” was vir die gemeente ‘n besondere prestasie. Die mense was arm, en met groot moeite is die nodige geld gevind deur middel van kollektelyste en lenings en deur die verkoop van kerkgrond in die distrik. Vir Afrikaners van Pietermaritzburg in die besonder en Natal in die algemeen was die gebou baie jare lank ‘n geestelike, en kulturele, swaartepunt. Onder sommige mense het die indruk posgevat dat die “Nuwe Kerk” die eintlike Geloftekerk is. Die moet waarskynlik daaraan toegeskrywe word dat hierdie tweede kerkgebou met soveel dankbaarheid en vreugde in ontvangs geneem is; en ook omdat, nadat die eerste gebou voltooi was, daar al gou die gedagte ontstaan het om, wanneer meer geld beskikbaar is, ‘n nuwe kerkgebou op te rig – wat toe in werklikheid die “Nuew Kerk” was. Hierdie indruk is egter nie korrek nie. Die eerste gebou, die huidige Voortrekkermuseum, is die ware Kerk van die Gelofte. Afdoende bewyse hiervoor vind ons onder meer in die kollektelyste wat reeds kort na die Slag by Bloedrivier rondgeneem is om geld en voorrade vir die oprigting van die gebou in te samel. Die redakteur van De Zuid-Afrikaan, C.J. Brand van Kaapstad, wat aktief met die insameling gehelp het, skryf bv. Op 13 Junie 1839 aan Andries Pretorius: “Ik heb eene intekening lyst alhier geopend tot bydragen van het opbouwen des tempels, welke gy den Heere hebt beloofd.”

1652
Jan van Riebeeck stap aan wal

Hoewel Jan van Riebeeck self 6 April 1652 met sy aankoms in Tafelbaai as die geboortedag van die nedersetting aan die Kaap bestempel het, het hy eers die volgende dag aan wal gegaan om te kyk waar die geskikste plek vir die bou van ‘n fort sou wees. Aan land kom hulle twee Hottentotte teë. Met baie handgebare kon hulle met die inboorlinge kommunikeer. Nadat “den buijk met eeten ende drincken” gevul is, hoor van Riebeeck tot sy teleurstelling dat hulle maar net vissers is en dus nie vee kan verruil nie. Die Hottentotte van Saldanhabaai sal egter vee met die Hollander kan verruil.

Ben Kruger
7 Apr 2011, 23:49
8 April

1646 - Die eerste koerant advertensie verskyn in Engeland.
1904 - Frankryk en Groot Brittanje teken die Entente cordiale.
1905 - Die Britse Oos-Afrika protektoraat word die Keniaanse kolonie.

1844
Oproep tot immigrante benoorde die Grootrivier om herstel van hul vryheid

Nadat die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, op 3 Februarie 1848 wederregtelik en teen die sin van die meeste blanke inwoners die gebied tussen die Oranje-en Vaalrivier tot Britse grondgebied, t.w. die Oranjerivier-Soewereiniteit, verklaar het, het verl. Die republikeinsgesinde immigrante benoorde die Vetrivier besluit om hulle teen hierdie daad te verset. Hiervoor het hulle die hulp van Andries Pretorius, die bekende Voortrekkerleier, ingeroep, wat toe aan die Magaliesberg geboer het. Dit was hy wat aan Smith gesę het: “Hier vlug ons van die Britse gesag en waarheen ons wil, neem u alles in besit, waar moet ons heen? U sal daardeur die Emigrante-Boere tot twee weë dwing, nl. Om hul wettige gekoopte land te verdedig, of dieper die wildernis in te gaan.”

Tot die laaste uitweg was Pretorius en sy volgelinge nie meer bereid nie, en op grond van hierdie versetgees het Pretorius op 8 April 1848 “eene Algemene Oproeping” aan alle mense gerig “om ons wettige eygendom, welk ons goed en den bloet van mans, frouwens en kinderen heef gekos, weer om te vragen . . ., (want) siet gij niet dat gij UE niet kond vry trekken nog vlugten, maar neemt God in UE harten en dan zweert in UE handen en verdedig UE reg en UE vrijheid welk aan alle schepselen op den aardbodem is geschonken.”


1844
J.C. de Waal gebore

Jan Christoffel de Waal is op Stellenbosch gebore en het in sy vroeë jare twintig skaapboer in die distrik Bethulie in die Vrystaat geword, waar hy ook die openbare lewe aktief betree het. As Volksraadlid het hy hom in 1899 teen oorlog teen Brittanje uitgespreek, maar die regering nietemin in die oorlog gesteun. Hy het ook ‘n groot rol gespeel in die hervestiging en uitbreiding van die Vrystaat se uitgedunde skaapbevolking na die oorlog deur as amptelike afgevaardigde stoetskape in Australië te gaan koop. Op die manier het hy die hele vaderland gedien en veral gehelp om die Afrikaner weer op die been te bring. Hy is op 16 Oktober 1936 in die Paarl oorlede.

1652
Eerste vergadering van die Breë Raad aan die Kaap

Op die Maandag, twee dae na hul aankoms in Tafelbaai, ht Van Riebeeck die Breë Raad byeengeroep, d.w.s. die hoogste gesagvoerende liggaam van die vloot, bestaande uit die kommandeur as voorsitter en die vernaamste bevelhebbers van die skepe, die Reijger en die Goede Hoop, Hoewel die vergadering nog aan boord van die Drommedaris plaasgevind het, was die dit eerste vergadering van Van Riebeeck se bestuursliggaam aan die Kaap. Hierdie geskiedkundige vergadering vorm dus die grondslag van die regeringstelsel in Suid-Afrika. Die Breë Raad sou spoedig as die Politieke Raad of Raad van Politie bekend staan – die hoogste regeringsliggaam aan die Kaap, hoewel ondergeskik aan die Raad van Indië in Batavia. Op hierdie eerste vergadering is belangrike besluite oor die stigting swerk geneem en is daar besluit om ‘n plakkaat uit te vaardig – die eerste wet in Suid-Afrika – waarin voorskrifte oor die bou van die fort, optrede teenoor die Hottentotte en die gedrag van die soldate bepaal is.

Ben Kruger
8 Apr 2011, 23:51
9 April

1916 - Tweede Węreldoorlog: Slag van Verdun - Duitse magte begin hulle derde offensief van die oorlog.
1940 - Tweede Węreldoorlog: Duitsland val Denemarke en Noorweë binne.
1967 - Die eerste Boeing 737 (100 reeks) se eerste vlug.
1991 - Georgië verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjet-Unie.

1860
Emily Hobhouse gebore

Emily Hobhouse is op Liskeard in Cornwallis, Engeland, gebore. As pastorie dogter het sy haar sieklike vader pligsgetrou versorg en ‘n leidende aandeel in gemeentewerk geneem. Sodoende het sy die skadukant van die maatskaplike lewe leer ken en is die weg gebaan tot die opheffingswerk wat sy later in Suid-Afrika sou doen. Vir haar as oortuigde pasifis, het die oorlog teen die Boere-republieke haar van meet af aan teen die bors gestuit en het die Konsentrasiekampbeleid van die Britse militęre owerheid in Suid-Afrika haar met weersin vervul. Enersyds het sy haar verontwaardiging openlik in toesprake, brosjures en briewe aan die pers gelug, en andersyds het sy oorgegaan tot die stigting van ‘n noodlenigingsfonds. Met die karige bedrag van R600 op die wyse geďn, is sy persoonlik na Suid-Afrika en het sy ‘n aantal uitgebreide reise deur die oorloggeteisterde gebied onderneem, ten einde eerstehandse inligting oor die toestand in die Konsentrasiekampe in te win en terselfdertyd persoonlik noodlenigings werk te doen. Op die wyse word sy vir die Boerevrou en –kind die verpersoonliking van ware menslikheid en mensliewendheid te midde van oorlog smart en –onreg. Terug in Engeland het sy die Britse owerheid meedoënloos in die pers aangeval en op die wyse soveel druk uitgeoefen dat grootskaalse verbeteringe in die kampe teweeggebring is en die sterftesyfer gaandeweg ‘n daling begin toon het. Die owerheid het haar egter hardhandig verhinder om self weer in Kaapstad voet aan wal te sit. Na die oorlog, in 1903, het sy weer persoonlik na die verwoeste Boere-republieke gegaan, ten einde hulp aan die ontredderdes te verleen en opheffingswerk onder die hulpbehoewendes te doen, onder meer deur die aanmoediging van tuisnywerhede en die stigting van weefskole. Sodoende word sy ook die heler van ‘n volk se wonde. Sy is op 8 Junie 1926 in Londen oorlede. Haar as is na Suid-Afrika gebring om aan die voet van die Vrouemonument ‘n laaste rusplek te vind. Op 27 Oktober 1926 het die Afrikaner en Boervolk op gepaste wyse aan hierdie weldoenster hulde gebring. Dr. J.D. Kestell het ‘n indrukwekkende roudiens in die tweetoringkerk gelei, ses Boere dogters met die naam Emily Hobhouse het as draers opgetree. Honderde skooldogters met ‘n wit palmtak in die hand, het aan die optog deelgeneem. Afrikaner en Boere leiers en-leidsters van alle vlakke van die Boere volkslewe het aan ‘n heldin hulde kom bewys.

1850
Abraham Fischer gebore

Abraham Fischer is in Kaapstad gebore waar hy ook sy skool- en naskoolse opleiding ontvang het. Hy het hom veral as regstudent onderskei en het die regsberoep betree as prokureur in Kimberley en van 1875 af as prokureur en advokaat in Bloemfontein. Hier het hy in aanraking gekom en vriendskapsbande gesmee met advokate M.T. Steyn (later president) en J.B.M. Hertzog (later Boeregeneraal en premier). Sy politieke loopbaan het op 9 Januarie 1879 begin as Volksraadlid vir Philippolis en later vir Smithfield. Fischer het die hoofbemiddelaarsrol in die spannings jare voor 1899 tussen sir Alfred Milner, pres S.J.P. Kruger en pres M.T. Steyn gespeel en hom onafgebroke vir vrede beywer. Toe oorlog onvermydelik was, het hy die Boere-ultimatum in sy finale vorm gegiet. Hy was die hoofonderhandelaar om hulp aan die Boere in Europa en Amerika, maar ofskoon hy die vriendelike moondhede geďmponeer het, kon hy geen hulp kry nie. Na die vrede in 1902 het Fischer in 1907 Eerste Minister van die Vrystaat geword. In 1908/09 het hy ‘n belangrike rol in die totstandkoming van die Unie gespeel, en ‘n pos in die eerste Botha kabinet beklee. Hy is op 13 November 1913 in Kaapstad oorlede.

1678
Fondamentstene van die eerste kerkgebou aan die Kaap gelę.

Die gereelde kerkdienste aan die Kaap is eers in ‘n saal in die Fort de Goede Hoop en daarna op verskillende plekke in die nuwe Kasteel gehou. Toe die eertydse hout kerkie in die Kasteel verwyder is, moes ‘n plan gemaak word met die oorblyfsels van die mense wat sedert 1666 rondom die kerkie begrawe is. In 1677 is ds. Petrus
Hulsenaar dus in die Kompanjie se verlate tuin begrawe, wat toe vir ‘n kerk en begraafplaas bestem was. Hier het goew. Bax en die lede van die Politieke Raad die namiddag van 9 April 1678 die eerste stene van ‘n kruiskerkie gelę. Om verskeie redes het dit jare lank by die fondament gebly, en van Pinksterdag 1695 af het die gemeente in die nuwe dwarsmuur of “Kat” van die Kasteel vergader, maar met die plegtigheid van 1678 is die plek vir die toekomstige kerkgebou van die Kaapse gemeente vir goed aangewys.

Ben Kruger
10 Apr 2011, 22:01
10 April

1865 - Amerikaanse Burgeroorlog: 'n Dag na sy oorgawe aan die Uniemagte, spreek Generaal Robert E. Lee van die Konfederate sy troepe vir die laaste keer toe.
1912 - Die RMS Titanic verlaat die hawe in Southampton, Engeland.
1944 - Henry Ford II word aangewys as vise-president van die Ford-motormaatskappy.
1986 - Jim Fouché begin sy ampstermyn as die derde president van Suid-Afrika.
1972 - Viëtnam-oorlog: Vir die eerste keer sedert November 1967 begin Amerikaanse B-52 bomwerpers Noord-Viëtnam te bombardeer.

1854
Die Grondwet van die Oranje-Vrystaat geproklameer

Na die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 23 Februarie 1854, wat die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat verseker het, is ‘n “Raad van Volks representante”, of kortom Volksraad, van 29 lede deur die verskillende veldkornet wyke en dorpe verkies. Hul eerste bestuursdaad was om die tradisionele republikeinse staatsbeskouinge van volksoewereiniteit en uitoefening van die volkswil in ‘n geskrewe grondwet vas te lę. Die twee uitlanders J.J. Groenedaal, Nederlander en onderwyser, en J.M. Orpen, Ier en landmeter, het waarskynlik die grootste bydrae tot die bewoording van die grondwet bygedra.

Na deeglike ontleding blyk dat sowel die grondwette van die VSA as die Franse Republiek van 1848 as model gedien het. Belangrik is egter die feit dat uit hierdie grondwette slegs oorgeneem is wat in ooreenstemming met die tradisies, gebruike, ervaringe en aspirasies van die burgers was. Die merkwaardige van die grondwet wat uiteindelik op 10 April 1854, skaars twee maande na onafhanklikwording, goedgekeur is, is dat dit ‘n groepie eenvoudige Boere was wat daaraan finale beslag gegee het; dat in die loop van die volgende halfeeu geen kardinale beginsel daarin gewysig of aangevul is nie; en dat dit reeds in die 19de eeu deur die beroemde Britse staatsregskenner, lord Bryce, en in hierdie eeu deur Kennedy en Schlosberg sowel as dr. G.W. Eybers as ‘n model-grondwet aangeprys is. Naas die bydrae wat presidente J.N. Boshof, J.H. Brand, F.W. Reitz en M.T. Steyn gelewer het tot die vorming van die model-republiek, die Oranje-Vrystaat, moet die grondwet se rol daarin nooit misgekyk word nie. Teenoor die latere grondwet van die ZAR, wat uit 232 artikels bestaan het, het die Vrystaatse grondwet slegs 62 artikels bevat. In eenvoudige en duidelike taal is die kwalifikasies van die kiesers en die pligte en magte van die Volksraad,, die Staatspresident en die Uitvoerende Raad bepaal en die regterlike mag omskryf, terwyl die kryg stelsel se beginsels kort en kragtig omlyn is – alles volgens tradisies en ervaringe wat tot die Beuse in Nederland, die staatsbedeling onder die Kompanjies- en Britse bewind, die Trekker-konstitusies en eie Christelike en demokratiese beskouinge teruggevoer kan word.

Ek wonder of iemand die Grondwet in sy geheel kan opspoor en vir my kan stuur asseblief. As 'n gebore Vrystater sal ek graag meer van my Vrystaat wil weet. - BPK

1876
B.R. Buys Gebore

Bernardus Rudolf Buys, “digter” en onder-redakteur van Ons Klyntji en Die Patriot, is op Krompoort in die distrik Albert gebore. Hy het verskeie gedigte en twee novelles in Ons Kluntji gepubliseer, waarvan een, ‘n Haastige Huwelik, in 1905 afsonderlik uitgegee is onder die skuilnaam Barbu. Sy ander skuilnaam waaronder hy gepubliseer het, was Darius Bendolf. Hy is op 16 September op Buffelshoek in die Pretoriase distrik oorlede.

1968
J.J. Fouche ingehuldig as Staatspresident

Die inhuldiging van mnr. Jacobus Johannes (Jim) Fouche as die tweede Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika, het te midde van groot openbare belangstelling op 10 April 1968 in Kaapstad plaasgevind. Die inhuldigings plegtigheid het geskied in die Groote Kerk, waar die predikante, dr. J.S. Gericke, dr. P.S.Z. Coetzee en prof. W.D. Maxwell voorgegaan het. Daarna het mnr. Fouche die ampseed voor hoofregter L.C. Steyn afgelę. Na afloop van die inhuldiging is die nuwe Staatspresident na die Parade, waar hy deur die Eerste Minister, mnr. B.J. Vorster, aan tienduisende lede van alle bevolkingsgroepe voorgestel is. In sy toespraak het mnr. Fouche gesę dat deur sy verkiesing erkenning gegee is aan die waarde van toegewyde diens van die gewone mens. Hy het ook daarvoor gepleit dat Suid-Afrika ‘n beleid van leef en laat leef volg, en dat elke bevolkingsgroep die waarborg van selfbehoud met hę.

1978
H.E.J. Senekal oorlede

‘n Noord-Kaaplander van geboorte – in 1909 op Griekwastad – het hy onderwysloopbaan in Transvaal, tot op inspekteur vlak en leergang komitees, gewy aan die onderrig van Afrikaans totdat hy op 31 Oktober 1972 weens swak gesondheid afgetree het. Hy was in 1946 organiserende sekretaris van die FAK. Hy is op Queenstown oorlede.

Ben Kruger
10 Apr 2011, 23:00
11 April

1814 - Napoleon word verban na die eiland Elba.
1851 - Gesterf: Michail Lazaref, Russiese vlootaanvoerder, verkenner en admiraal.
1921 - Die eerste sportuitsending oor die radio word uitgesaai.
1945 - Tweede Węreldoorlog: magte van die Verenigde State bevry die gevangenes by die Buchenwald-konsentrasiekamp.
1970 - Apollo 13 word gelanseer.

11 April
1916
Willem van der Berg gebore

Hy was een van Afrikaans se begaafste en veelsydigste prosaďste. Tog het hy weinig gehalte wat hy binne ‘n skrale ses jaar onder die moeilikste omstandighede gelewer het. Sy eerste roman, Reisigers na nęrens (1946), is ‘n hoogtepunt in die Afrikaanse romankuns. Dit was nie net ons eerste belangrike moderne stadsroman nie, maar ook waarskynlik die beginpunt van die vernuwing in ons prosa. Met sy bundels soos Solitęrspel by kerslig (1949) en Die asvaal ou Karoo (1951) het hy ook ‘n nuwe dimensie aan die Afrikaanse kortverhaal en essay verleen. Daarbenewens het hy tientalle ontspanningsverhale onder verskeie skuilname geskryf. In sy beroep het hy ook snelle vordering getoon. Toe hy op 34 weens swak gesondheid moet uittree, was hy al uniale hoof van die SAUK se Afrikaanse programme. Op jeugdige ouderdom van 36 is hy na swaar lyding op 19 Junie 1952 oorlede.

11 April
1902
Slag by Roodewal

Nadat genl.. J.H. de la Rey reeds na Klerksdorp vertrek het om aan die voorlopige vredesonderhandeling deel te neem, het genl.. J.C.G. Kemp, wat hy in bevel gelaat het, besluit om die Britse kamp by Roodewal aan die Brakrivier aan te val, veral om die doelgerigte Britse pogings om De la Rey se magte in Wes-Transvaal vas te trek, ‘n knou toe te dien. Met sowat 2 600 burgers, verdeel onder genls. Liebenberg en Celliers en kmdt.. Potgieter, is die sowat 11 000 Britse troepe op heldhaftige wyse bestorm. In die vroeë oggendure het die Engelse aanvanklik die stormloop vir ‘n deel van hul eie magte aangesien. In werklikheid was dit kmdt.. F.J. Potgieter, die dapper en onverskrokke aanvoerder, se 800 man wat met doodsveragting op hul afgestorm het. Sommige het tot sowat 70 treë van die Britse bajonette gevorder en 50 gesneuweldes, onder wie Potgieter, en 30 swaar gewondes agtergelaat. Vanweë die geweldige oormag, moes Kemp die aanval op die uitgestrekte Britse linies afgelas en self sy magte in twee verdeel om die Britse teenaanval en agtervolging te ontkom. Daarmee was die laaste groot slag van die Engelse Oorlog afgeloop en die verliese wat die Boere gely het, het gewis ook ‘n neerdrukkende uitwerking op die gedagte van die voortsetting van die oorlog by die vredesonderhandelinge gehad.

11 April
1838
Dirkie Uys sneuwel

Dirk Cornelis Uys, wat op 3 Maart 1823 op Pollenberg gebore is, was die tweede oudste seun van die Voortrekkerleier Piet Uys. Toe Hy oorlede is, was hy 14/15 jaar oud. Na die moord op Retief en sy mense en die Zoeloe-aanval op die Voortrekkers tien, elf dae later, het die Voortrekkers besluit om Dingaan te gaan straf en hulle beeste terug te vat.

Op 7 April 1838 het ‘n perdekommando onder twee kommandante, Piet Uys en Hendrik Potgieter, uitgetrek. Dirkie het saamgegaan. Die elfde het hulle in die omgewing van die Italaberg by Italeni met die Zoeloe-impi slaags geraak. Uys se afdeling het die Zoeloes wat teen die hange van die berg was, aangeval. Hulle het spoedig die Zoeloes uitmekaar gedryf en hulle toe in groepies agtervolg. In die proses is sommige van Uys se mense afgesny en deur Zoeloes omsingel. Piet en Dirkie het juis sulke mense gaan help toe ‘n assegaai Piet getref en hom swaar gewond het. Die wond het baie gebloei, maar hy het darem op sy perd aangesukkel. Hy het ‘n paar keer flou geword. Toe hy nie verder kon nie, het hy die mense wat by hom was, aangeraai om vir hulle veiligheid te vlug.
Almal het weggejaag, behalwe die jongeling Dirkie Uys wat omgedraai het aangesien hy nie kon toesien dat sy vader met assegaaie deurboor word nie. Dirkie het by sy vader gebly en hom verdedig. Nadat Dirkie drie krygers doodgeskiet het is hy by sy vader se lyk oorval en deur ‘n assegaai getref.

11 April
1838
Piet Uys sneuwel

Petrus Lafras (Piet) Uys, Voortrekker held, is op 10 Julie 1797 op Potteberg, Swellendam, gebore. In September 1834 is hy die leier van ‘n geselskap van twintig wat as gesante van die inwoners van Albanië en Uitenhage die moontlikheid om na Natal te emigreer, ondersoek. Hulle het tot aan die Tugelarivier gereis en in Maart 1835 met ‘n gunstige rapport teruggekeer. Hierna het die Sesde Grensoorlog uitgebreek, waarna Uys en ander Trekkers onder leiding van sy vader, Jacobus Uys, uit die Kaapkolonie emigreer. Saam met Andries Hendrik Potgieter en Gerhardus Marthinus Maritz, trek Piet Uys in November 1837 te velde teen die Matebele in Transvaal en behaal ‘n groot oorwinning. In Februarie 1838 word die Natalse Trekleier, Pieter Retief, vermoor deur Zoeloes, wat daarna op die treklaers toeslaan. Leierloos nader hierdie mense Uys en Potgieter om hulp, Hulle trek op teen die Zoeloes, maar Uys en sy mense word by Italeni in ‘n lokval gelei, waar Piet, sy dapper seun Dirkie, en agt ander mans sneuwel.

11 April
1837
George McCall Theal gebore

Die Kanadees-gebore George McCall Theal, is na vele omswerwinge as eerste argivaris en in 1891 ook as koloniale geskiedskrywer deur die Kaapse regering aangestel. Hy versamel en publiseer baie dokumente oor die vroegste geskiedenis van Suid-Afrika en is ‘n baanbreker-skrywer van die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy sterf of 17 April 1919 in Wynberg, Kaapstad. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis het kennis aangaande die inheemse verlede, veral van die Boer en Afrikaner, sterk onder die aandag gebring. Daarmee is die oordrewe klem op en gevoel vir die Britse geskiedenis in Suid-Afrika ietwat aan bande gelę.

Ben Kruger
12 Apr 2011, 05:56
12 April
STS-1 lansering van die Columbia ruimtependeltuig

1877 - Die Verenigde Koninkryk annekseer die Zuid-Afrikaansche Republiek.
1946 - Sirië verkry onafhanklikheid van Frankryk
1975 - Viëtnamoorlog: Die VSA-ambasade in Phnom Penh, Kambodja word ontruim as Khmer Rouge troepe die stad omsingel.
1981 - Die eerste lansering van die Columbia-ruimtependeltuig vir die STS-1-sending.

1967
Sydney Richfield oorlede

Hy is op 30 September 1882 in Londen gebore. In 1904 het hy na Suid-Afrika gekom, hom in Pretoria gevestig, maar ook in Potchefstroom gewerk van 1920 tot 1928. ‘n Komponis van ‘n hele aantal van die bekendste Afrikaanse liedere.


1903
W.H. Maskew oorlede

William Henry Maskew is in 1861 op Somerset-Oos gebore. Na sy opleiding in die regte praktiseer hy as advokaat in Kaapstad. Hy is een van die eerste digters in Afrikaans met sy digbundel ‘n Jolly Hotnot en ander snaakse versies. Baie van die gedigte is vertalings.


1877
Britse anneksasie van die ZAR

Die meeste Transvaalse Boere het die anneksasie as ‘n onregverdige daad beskou, maar was om verskeie redes nie by magte om dit gewapenderwys teen te gaan nie. Gevolglik het die regering van die Republiek skriftelik teen die anneksasie geprotesteer en ‘n afvaardiging in hierdie verband na Londen gestuur. In afwagting van die uitslag het die burgers hulle rustig gedra. So het ‘n wanindruk ontstaan dat die Transvalers in die anneksasie berus het. Dit het bygedra tot die besluit van die Britse regering om die ware begeerte van die Transvalers te verontagsaam. Hierdie begeerte is beliggaam in ‘n memorie aan die Britse koningin, waarin uit ‘n moontlike 8 000 burgers 6 591 hulle teen en 587 hulle ten gunste van Britse gesag uitgespreek het. Ofskoon sommige burgers na die wapen wou gryp, het die leiers daarop aangedring dat in ooreenstemming met die protes eers alle vreedsame metodes aangewend moet word om die vryheid te herwin. Nog ‘n deputasie na Londen, onderhandelings met verskeie Britse amptenare in Suid-Afrika en ‘n beroep op premier Gladstone was egter tevergeefs. Intussen het die volks byeenkomste wat gehou is om sake te bespreek, ‘n innige saamhorigheidsgevoel en ‘n vurige nasionalisme opgewek wat dwarsdeur Suid-Afrika weerklank gevind het. Indien daar enige hoop was om die Transvalers met Britse gesag te versoen, is dit verydel deur swak administrasie. Uiteindelik het die burgers op 13 Desember 1880 hulle eie regering op Paardekraal herstel. Van Britse kant is dit nie erken nie, en die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 – 1881 het gevolg. Die anneksasie en wat daarop gevolg het, het meer as enigiets anders daartoe bygedra om Volksnasionalisme in SA te stimuleer.


Die meeste Transvaalse Boere het die anneksasie as ‘n onregverdige daad beskou, maar was om verskeie redes nie by magte om dit gewapenderwys teen te gaan nie. Gevolglik het die regering van die Republiek skriftelik teen die anneksasie geprotesteer en ‘n afvaardiging in hierdie verband na Londen gestuur. In afwagting van die uitslag het die burgers hulle rustig gedra. So het ‘n wanindruk ontstaan dat die Transvalers in die anneksasie berus het. Dit het bygedra tot die besluit van die Britse regering om die ware begeerte van die Transvalers te verontagsaam. Hierdie begeerte is beliggaam in ‘n memorie aan die Britse koningin, waarin uit ‘n moontlike 8 000 burgers 6 591 hulle teen en 587 hulle ten gunste van Britse gesag uitgespreek het. Ofskoon sommige burgers na die wapen wou gryp, het die leiers daarop aangedring dat in ooreenstemming met die protes eers alle vreedsame metodes aangewend moet word om die vryheid te herwin.

Is dit nie wat ook huidiglik gebeur het nie? F.W. het julle laat stem Ja of Nee oor of hy mag onderhandel met die ANC en toe sommer verder gegaan en Mandela Vrygelaat, Swart Bewegings ontban en diesmeer...Ek wonder regtig wat die Volk daarbuite se gevoel vandag is teenoor swak diens lewering en administrasie...Ons is tans onder Straf Gerig, en dit het nie net te doen met bloed rivier nie dit het te doen met hierdie : Deuteronomium 7:2

1856
R. Gregorowski gebore

Reinhold Gregorowski is op Somerset-Oos gebore en is as regsgeleerde opgelei. Hy het aanvanklik in Kaapstad gepraktiseer, daarna regter in die OVS geword en van 1896 was hy regter van die Suid-Afrikaanse Republiek. In laasgenoemde hoedanigheid het hy na die mislukte Jameson inval die opsienbarende doodvonnis oor die leiers van die Reform Committee, Lionel Philips, John Hays, Frank Rhodes en George Farrar, uitgespreek. Die straf is later deur pres. Paul Kruger tot ‘n boete van Ł25 000 (ongeveer R50 000) elk versag. Die boete is deur niemand anders nie as Cecil John Rhodes, wat in Engeland van aandadigheid aan die komplot vrygespreek is, betaal. Gregorowski sterf op 19 November 1922 in ‘n ongeluk op Pretoria se spoorwegstasie.

Ben Kruger
13 Apr 2011, 20:58
13 April

1598 - Koning Henry IV van Frankryk skep die Edik van Nantes, wat vryheid van geloof aan die Hugenote gee.
1849 - Hongarye word 'n republiek.
1970 - Die suurstoftenk van Apollo 13 ontplof.
1997 - Tiger Woods word die jongste gholfspeler om die Amerikaanse Meesterstoernooi te wen.


13 April
1897
Dr. A.J. van der Merwe gebore

Abraham Johannes van der Merwe is in die distrik Calvinia gebore. By sy aftrede was die kerkman en volksleier, dr. A.J., alombekend. Aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad het hy die graad MA met lof behaal en die Jameson-beurs vir buitelandse studie ontvang. Nadat hy sy opleiding as predikant an die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan die Teologiese Seminarium, Stellenbosch, met lof afgelę het, sit hy sy teologiese studie in Utrecht voort en doktoreer aldaar. Vanaf 1926 is hy 40 jaar lank leraar van die Groote Kerk, Kaapstad. Naas dr. Andrew Murray, is hy die jongste predikant wat Moderator van die Sinode van Kaapland word in 1945. Vyf keer agtereenvolgens is hy as sodanig verkies. In 1962 is hy tot die eerste Moderator van die Algemene Sinode van sy kerk verkies. Hy neem ook leiding in die samelewing en word aangewys as voorsitter van die Van Riebeeck feeskomitee by die derde eeufees in 1952. Met sy taktvolle en bekwame leiding, was hy hooggeag. ‘n Geruime tyd was hy lid van die raad van die Universiteit van Kaapstad. Van laasgenoemde universiteit sowel as van drie ander, Amsterdam, Stellenbosch en Rhodes, het hy ere-doktorsgrade ontvang. Hy sterf op 23 April 1978.

13 April
1688
Eerste Hugenote land met die Voorschoten aan die Kaap

Vir die klein Kaapse nedersetting was die jaar 1688 van groot betekenis. Met die koms van die Franse vlugtelinge is die geledere van die koloniste versterk en het die Calvinistiese godsdiens ‘n vęrdere versterking en stukrag ondergaan. Die Hugenote het hulle vaderland in 1685 verlaat nadat die Edik van Nantes herroep is en hulle aan meedoënlose vervolging, vernietiging van hul kerke ens. Blootgestel was. Die bewindhebbers van die VOC het van die geleentheid gebruik gemaak om ‘n aantal van hierdie Protestantse vlugtelinge na die yl bewoonde Kaapkolonie te stuur. As vlugtelinge was die Hugenote vanselfsprekend brandarm, en slegs deur geloof, deursettingsvermoë en onvermoeide ywer het hulle die eerste moeilike jare oorleef. In die vallei van die Bergrivier het hulle hul gevestig, veral in die boloop van die rivier, in die “Fransche Hoek”. Die Hugenote was soos die Hollandse koloniste Calviniste, maar in sterker graad. Frankryk was immers die land van oorsprong van die Calvinisme, waarvoor die Hugenote bereid was om soveel op te offer. Waar die Calvinisme in Nederland ‘n onskatbare aandeel gehad het in die geloofskrag, moed, vertroue en standvastigheid van sy mense, het die Hugenote hierdie eienskappe aan die Kaap onteenseglik versterk. Die godsvertroue in ‘n almagtige en liefdevolle Vader, wat ‘n wesenskenmerk van die Afrikaner se geloof vorm, het dus hier sy beslag gekry. Die Hugenote het sekere karaktertrekke van die Nederlander aan die Kaap versterk. Hulle was gesteld op godsdienstige, maatskaplike, politieke en persoonlike vryheid. Geen wonder dus dat hulle aangedring het op ‘n eie gemeente, eie predikant en ‘n eie skool nie. Toe goewerneur Simon van der Stel dit weier, is ‘n versoekskrif aan die Here Sewentien gestuur, sodat die Hugenote in 1691 ‘n eie gemeente, Drakenstein, gekry het met ds. Pierre Simond as leraar. Die onderwyser en sieketrooster was Paul Roux. In die stryd teen goewerneur W.A. van der Stel en die uitbuiting van die koloniste deur die hoë amptenare van die VOC, het die Franse hul lot by die van die Hollandse koloniste ingewerp en ‘n hoë mate van sedelike en fisieke moed aan die dag gelę. Ook die praat- en redenaars liefde van die Franse word by die Boervolk aangetref – vandaar sy voorliefde vir beroepe soos die van advokaat, predikant en politikus. Van die Fransman word gewoonlik gesę dat hy verstandig, nugter en prakties is. Hierdie eienskappe het die Boer-pionier inderdaad goed te pas gekom op die afgesonderde boereplase. Hoewel nie van adellike herkoms nie, was die Hugenote afkomstig uit die beskaafde burgery, bekend vir hulle hoflike maniere. Die omgewing waar die Hugenote hulle gevestig het, het bekend geword vir die wellewendheid, statige huise en meubels en smaakvolle kleredrag van die bewoners. Op stoflike gebied het die Franse se kennis van die wyn- en brandewyn makery, vrugtekwekery en verskeie ambagte die Kaap tot groot voordeel gestrek. Vandag staan daar in Franschhoek die indrukwekkende Hugenotemonument ter ere van ons Hugenote-stamouers en hulle aandeel in die volkswording van die Boervolk.

Ben Kruger
13 Apr 2011, 21:08
14 April:

1739 - Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam na vernoem is, word Goewerneur van die Kaap en ook die eerste wat in die Kaap gebore is.
1912 - RMS Titanic bots teen 'n ysberg op haar eerste vaart - en sink geheel en al teen 02:20 die volgende dag.
1962 - Georges Pompidou word Eerste Minister van Frankryk.
1981 - Die ruimtependeltuig Columbia voltooi sy eerste toetsvlug suksesvol.
1986 - Die Verenigde State bombardeer Libië in weerwraak teen Libië se ondersteuning van terrorisme teen die Verenigde State.

14 April
1838
Vereniging van die Voortrekkers by Doornkop

Doornkop, geleë in die nabyheid van die huidige Chievely, het ‘n belangrike rol in die geskiedenis van die Trekkers in Natal gespeel. Dit was die plek waar die Trekkers vir die eerste keer werklik verenig het. Na die moord op Retief en sy kommando en die daaropvolgende slagting onder die Trekkers, het Gert Maritz die klein laertjies, wat oor ‘n groot gebied versprei was, en ook sy eie laer, na Doornkop, die staanplek van die hooflaer van Piet Retief, verskuif. Piet Uys en Hendrik Potgieter het hulle kort daarna, op versoek van Maritz by die res van die Trekkers kom voeg. Die Trekkers was dus in hierdie stadium in drie laers by Doornkop georganiseer, te wete die van Maritz, Retief en Piet Uys. Potgieter se kommando het in twee groepe verdeel en by die laers van Maritz en Retief onderskeidelik ingeskakel. Die Voortrekkers in Natal was nou werklik eendragtig bymekaar. Die sending van Uys en Potgieter teen Dingaan, wat op ‘n nederlaag by Italaberg uitgeloop het, het die Trekkers weer tot vertwyfeling en moedeloosheid gestem. Dit was hier waar die vroue van tou opgooi en terugkeer na die Kaapkolonie niks wou weet nie, en Maritz vasgestaan het deur bewuste steun by individuele persone en klein groepies Trekkers verder agtertoe te soek. Weens die gevaarlike toestand wat nou vir die Voortrekkers ontstaan het, het daar op 14 April 1838 ‘n vęrdere mate van vereniging plaasgevind toe al die Trekkers in net twee laers verenig het, nl. Die van Maritz en Modderlaer. Enkele weke, voordat omstandighede die Trekkers weer uitmekaar laat gaan het, het die twee laers aan die bo-loop van die Bloukransrivier in die buurt van Doornkop bly staan. So verenig was hulle waarskynlik nooit voor die tyd en ook nooit weer daarna nie.


14 April
1900
Die eerste Boerekrygsgevangenes aan boord van die Milwaukee kom op St. Helena aan.

Ongeveer 30 000 Boere is in die Engelse Oorlog in gevangenskap gehou. Die meerderheid was krygsgevangenes. ‘n Kleiner groep wat oor die Mosambiekse grens gevlug het, is in drie interneringskampe in Portugal aangehou. Terwyl die Kolonialers wat gesimpatiseer het met die Republikeinse saak, in strafkampe en tronke in Kaapland gevange gehou is. Die krygsgevangenes is egter hoofsaaklik aangehou in kampe oorsee. Op die eiland St. Helena was drie kampe, op die Bermuda-eilandgroep ses, in Ceylon vyf en in Indië tien sulke kampe.

Die Kaapse kampe is streng bewaak teen moontlike ontsnapping. Daarteenoor het die kampe buite Suid-Afrika minder geleentheid vir suksesvolle ontsnapping gebied. Pogings het wel voorgekom. Die bekendste was die ontsnapping van ‘n vyftal Boere van ‘n skip met krygsgevangenes af in die hawe van Colombo (Ceylon). Nadat hulle uit die water opgepik is, het hulle na Odessa gevaar, deur Rusland na Wes-Europa, van daar na Duits-Wes-Afrika om hulle weer in die noordweste by die Boeremagte aan te sluit. Weinig was egter gelukkig om te ontkom.

Om nuttig besig te bly, was ‘n groot probleem. Die krygsgevangenes was, behalwe die paar honderd uitlanders wat saam geveg het, bykans almal landbouers. Min kon vlot lees en skryf en kon hul geleerdheid aanvul deur van makkers, oud-onderwysers en predikante onderrig te ontvang. Behalwe hierdie formele onderrig, is aandag gegee aan Bybelstudie en kategese met die oog op aanneming. In hierdie kampe was seuntjies van agt jaar tot ou mans van oor die 80 saamgetrek.

Naas onderwys het baie hulle afleiding gevind in ‘n verskeidenheid van verenigings soos debatsverenigings, toneelverenigings, verskillende Christelike en kerklike verenigings, kore en sportverenigings. Ander het hulle toevlug geneem tot handwerk en ‘n bloeiende bedryf in aandenkings, wat selfs na oorsee uitgevoer is, het ontstaan. Heelwat kamp blaadjies is versprei, sommige gedruk en ander op verskillende maniere afgerol.

Dit was veral op kerklike en kulturele gebied dat daar ‘n groot opbloei ontstaan het. Vele het daarop toegespits om hul beter te bekwaam vir die toekoms en vir die heropbou van land en volk na die oorlog. Die kerk, sending, onderwys en kultuurlewe sou veral baat vind by die kamp bedrywighede.

Naas konserte hou, is aandag gegee aan die herdenking van Volksfeeste, die aanleer van hand vaardighede, aan besinning oor die toekoms van die Afrikanervolk en oor nasionale vraagstukke wat opgelos moet word. Daar is gedig en dagboek geskryf.

Namate die oorlog aangesleep het, het die praatjies van vrede vermeerder. Spoedig was die krygsgevangenes oral in twee kampe verdeel:

diegene wat na vrede huiswaarts wou keer en
die onversetlikes, wat van geen oorgawe of eed van trou teenoor die Britse vors wou hoor nie.

Die gemoedere het in sommige kampe so hoog geloop dat die kamp owerheid die inskiklikes van die onversetlikes moes skei. Diegene wat bereid was om die eed van trou af te lę, is in die loop van 1902 gerepatrieer, dog die “swearnots” sou in sommige gevalle nog jare lank doringdraad kou. Teen die einde van 1904 was daar in Indië nog etlike honderde wat die eed van trou geweier het, sodat genl. De la Rey uiteindelik gestuur is om hulle tot ondertekening te beweeg. Enkeles het die eed nooit afgelę nie en verhuis na ander węrelddele, soos die VSA, Duitsland en Java. Sommige het gebly. Die onversetlike Matthys Swart is in 1926 as finale bittereinder op die Bermuda-eilande oorlede.

Ben Kruger
16 Apr 2011, 18:41
15 April:
HMS Warspite tydens die Slag van Narvik

1865 - Andrew Johnson ingehuldig as die 17de President van die Verenigde State.
1912 - Die passasierskip die RMS Titanic sink.
1940 - Die Geallieerdes begin hulle aanval op die Noorweegse dorp Narvik wat deur Nazi-Duitsland beset is.
1983 - Tokio Disneyland open.


15 April
1834
T.F. Burgers gebore

Thomas Francois Burgers is op Langfontein, Graaf-Reinet, gebore. Na sy skoolloopbaan op Graaff-Reinet, universiteitstudie in Nederland (1853 tot 1858) en predikantskap op Hanover (waartydens hy in ‘n kerkstryd en hofsake betrokke geraak het), is hy in 1872 verkies tot Staatspresident van die ZAR. Deur die invoer van Hollandse amptenare, knap hy die agterlike landsadministrasie op, verbeter hy die staatsfinansies, beywer hy hom om die berugte Keate-uitspraak ongedaan te kry, die onderwys op ‘n gesonde grondslag te plaas, die mineralerykdom te ontwikkel en ‘n spoorweg na Delagoabaai te bou. Sy belangstelling in die verbetering van die kulturele lewe van die ZAR deur die totstandbringing van biblioteke, literęre en natuurwetenskaplike verenigings, museums, dorps parke, botanies tuine en die verkryging van ‘n volkslied en koerant was prysenswaardig. Met die hysing van die Britse vlag in Pretoria op 12 April 1877, bewerkstellig deur verraad en interne twiste, gaan die ZAR tydelik ook in Britse beheer en kom die Burgers-bewind tot ‘n einde. Hy keer terug na die Karoo, waar hy op 9 Desember 1881 in Richmond sterf.

Kan enige iemand vir my verduidelik hoekom?

15 April
1875
R.A.T. van der Merwe (Oom Roelf) gebore

Met die stigting en uitbouing van Bethlehem-Saamwerk Beperk, een van die eerste Afrikaanse ondernemings in die Oranje-Vrystaat, lewer hy, ook as Volksraadlid vir Bethlehem, ‘n besondere bydrae tot die uitbouing van Boere belange in die Oos-Vrystaat.

1889
J.F. (Tom) Naude gebore

Jozua Francois Naude is op Middelburg, Kaap, gebore. Hy vestig hom in 1910 as prokureur op Pietersburg. Hy protesteer teen Suid-Afrika se deelname aan die Eerste Węreldoorlog en bring drie maande in die Booysens-interneringskamp deur. Hy was lid van Pietersburg se stadsraad (1915 – 1920), LV vir Pietersburg (1920 – 1961), lid van parlementęre komitees, sweep van die NP, hoofsweep van die VP (van 1933- 1939) hoofsweep van die NP na 1939, en Speaker van die Volksraad vanaf 1948. Vanaf 1950 tot 1961 was hy Minister onder dr. Malan, adv. Strijdom en dr. Verwoerd, nl. Van Pos en Telegraafwese (1950 – 1954), Gesondheid (1954 -1956), Finansies (1956-1968), en Binnelandse Sake (1958-1961). Hy was die eerste President van die Senaat van die Republiek in 1961, en Waarnemende Staatspresident (1967 – 1968). Hy is op 31 Mei 1969 in Kaapstad oorlede en is op Pietersburg begrawe. Hy was drie keer getroud en het vyf kinders gehad. Tom Naude was ‘n groot kenner van parlementęre prosedure, ‘n doelgerigte Boer en Wit Afrikaner, wat sy werk met toewyding gedoen het, en ‘n waardige man met ‘n wonderlike sin vir humor.

15 April
1953
Algemene Verkiesing

Toe dr. Malan in 1948 premier geword het en daardeur aan die Wit Afrikaner politieke mag in sy eie land besorg het, het baie mense geglo dat dit ‘n toevallige, frats gebeurtenis is. Om te verseker dat hierdie Wit Afrikaner gesag spoedig afgetakel word, is ‘n haatveldtog in die buiteland deur magte vanuit Suid-Afrika daarteen ontketen. Die verkiesings van Maart 1949 vir die provinsiale rade het egter getoon dat die Volksraad sukses nie ‘n politieke glips was nie.

Op 1 Augustus 1951 het N.C. Havenga met sy Afrikanerparty buitendien ten volle in die HNP van dr. Malan opgegaan, sodat die Wit Afrikaner se politieke eenheid verder bevorder is. Die verkiesing van 1953 is nogtans met bitterheid teen die Wit Afrikaner as Afrikaner van stapel laat loop. Die ses Suidwes-lede vir die Volksraad wat op 30 Augustus 1950 verkies is, was immers ondersteuners van dr. Malan. Die gevolg was die skepping van die sogenaamde United Front, wat die Torch Commando en die Springbok Legion ingesluit het om die Wit Afrikaner polities, kultureel en andersins aan te tas. Die opposisie onder J.G.N. Strauss wou veral deur middel van die regsplegende gesag die mag van dr. Malan polities beperk, maar dr. Malan het in die gees van Paul Kruger gehandel. Hy het naamlik bevestig dat die wettig verkose verteenwoordigers van die volk se wetgewende demokratiese gesag die hoogste orde vorm en nie deur ander aangestelde liggame soos appčlhowe aan bande gelę mag word nie. Soos S.J.P. Kruger baie jare vroeër gesę het: in die stem van die volk hoor ek die stem van God. Dr. Malan se Nasionale Party het ook 94 uit 156 setels teenoor die opposisie se 62 verower.

Ben Kruger
16 Apr 2011, 21:21
16 April (http://af.wikipedia.org/wiki/16_April):


1799 (http://af.wikipedia.org/wiki/1799) - Napoleon (http://af.wikipedia.org/wiki/Napoleon) verdryf die Ottomaanse Turke oor die Jordaanrivier (http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Jordaanrivier&action=edit&redlink=1) naby Acre (http://af.wikipedia.org/wiki/Akko) tydens die Slag van Taborberg.
1917 (http://af.wikipedia.org/wiki/1917) - Vladmir Lenin (http://af.wikipedia.org/wiki/Vladmir_Lenin) keer terug uit ballingskap.
1943 (http://af.wikipedia.org/wiki/1943) - Dr. Albert Hofmann (http://af.wikipedia.org/wiki/Albert_Hofmann) ontdek die psigiese effekte van LSD (http://af.wikipedia.org/wiki/LSD).

16 April
1745
Adriaan van Jaarsveld gebore

Die Oos-Kaapse verset figuur, Adriaan van Jaarsveld, is op 16 April 1745 op die plaas De Kromme Rivier in die huidige distrik Piketberg gebore. Hy onderskei hom sedert 1771 as ‘n dapper krygsoffisier in die lang stryd teen die Boesmans en die Kôsas en tree na vore as ‘n leiersfiguur in die grens distrikte. Van Jaarsveld vestig hom in 1785 in die nuwe distrik Graaff-Reinet, en in Februarie 1795 dwing hy en ander leidende burgers vir Maynier, wat as landdros ongewild was omdat hy ‘n beleid van swakheid teenoor die Khôsas volg, om te bedank. As voorsitter van die krygsraad speel Van Jaarsveld ‘n belangrike rol in die nuwe burger bestuur. Die verset van Graaff-Reinet teen die nuwe Britse bestuur (1795) het in 1799 tot openlike opstand oorgegaan toe Van Jaarsveld weens vervalsing gearresteer word. Die sogenaamde Van Jaarsveld opstand word egter gou onderdruk. En op 29 Junie 1801 sterf Van Jaarsveld as gevangene in die Kasteel, Kaapstad.

1877
Genl. J.J. Pienaar gebore

Johannes Jacobus Pienaar is op Ladybrand gebore. Hy speel ‘n belangrike rol in die Wit Afrikaner volkslewe as staatsamptenaar, militęre bevelvoerder, politikus en tussen 1938 en 1948 as Administrateur van Transvaal. Hy is op 29 April 1966 oorlede.


1958
Laaste verkiesing van die Unie-tydperk in SA

Op hierdie dag is die laaste algemene verkiesing binne Unie verband in ons land gehou. Talle veranderinge het sedert die verkiesing van 1953 ingetree. J.G. Strijdom het Malan as Premier en sir De Villiers Graaff vir Strauss as leier van die Opposisie opgevolg. Talle hofsake in verband met aparte kieslyste was agter die rug, die Nasionale Party het reeds tien jaar regeer, in Opposisie geledere het afskeidings voorgekom, en oor SA het ‘n enigste landsvlag sedert 1957 gewapper. Die uitslag van 103 setels ten gunste van premier Strijdom het onmiddellik die Wit Afrikaner laat besef dat hy polities sterk staan, dat hy na 10 jaar van politieke bewind weer meer aandag aan sake van Afrikaans-kulturele belang behoort te skenk. Een hiervan was die kwessie van republiekwording; en ander was volke skeiding in die praktyk. Hierdie twee aangeleenthede was kern redes vir die Wit Afrikaner se politieke steun aan die Nasionale Party. Dit het immers om sy staatkundige en ongeskonde fisieke voortbestaan gewentel. Die politieke Opposisie het albei aangeleenthede volledig teengestaan en daarmee bevestig dat bloot die bestaan van ‘n Wit Afrikanervolk met inheemse vryheid ideale en ‘n eiesoortige volksbewussyn vir hulle onaanvaarbaar is. (Wie was hierdie Opposisie?)


1955
C.C. Nepgen aanvaar sy emeritaat

Op hierdie dag het Cornelis Christiaan Nepgen, MA, BD, D.Phil., sy emeritaat as predikant van die NG Kerk na 35 diensjare aanvaar. Hy is op 7 Desember 1889 gebore en in 1919 gelegitimeer. In drie opsigte het hy ‘n besondere bydrae gelewer sedert hy in April 1920 as hulpprediker op Umtata begin werk het. Hy het naamlik die Wit Afrikaners van die Transkeise geweste begin besoek; mense wat deur jare reeds afgesonder van ander blankes gewoon het, tussen die klowe moeilik bereikbaar was en wat die omringende heidendom nie telkens meer so volledig raakgesien het vir wat dit behels nie. Geestelik moes hulle opgehef word en sekere bepaalde waardes weer vir hulle onderstreep word. Tweedens het hy op 27 Oktober 1924 ‘n voorstel voor die Sinode van die Kaapse NG Kerk laat dien, waarin hy om georganiseerde sendingwerk in die Transkeise streke gepleit het. Die versoek is opgevolg en deurgevoer, waarna in 1925 met ‘n deeglike sending aksie aldaar begin is; ‘n taak wat tot vandag toe uitgebreid voortgesit word deurdat onder meer Wit Afrikaner studente in die gebied die Woord verkondig en fisieke arbeid soos kerk bou behartig. Ten derde het dr. Nepgen se besondere navorsingswerk. Die Sosiale Gewete van die Afrikaanssprekendes in 1938 verskyn. Dit is ‘n boek wat gereeld as studie bron gebruik en aangehaal is, omdat veel van die Wit Afrikaner se karaktereienskappe daarin aangeteken en ontleed word.

Ben Kruger
17 Apr 2011, 21:30
17 April: Paasmaandag in Westelike Christendom, (2006)

1906 - San Francisco-aardbewing
1964 - Ford-Motormaatskappy onthul die Mustang-motorkar.
1970 - Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug met alle bemanningslede.
1975 - Kambodja val in die hande van die Khmer Rouge.

17 April
1962
Jeugraad van die FAK gestig

As regstreekse uitvloeisel van die Jeugkongres van die FAK wat op 16 en 17 April 1962 in Pretoria gehou is, is die Nasionale Jeugraad gestig. Later het die Hoofbestuur van die FAK besluit dat die Nasionale Jeugraad voortaan slegs as die Jeugraad van die FAK bekend sal staan. ‘n Besondere mylpaal is bereik toe die Departement Sosiologie van die Universiteit van Pretoria op 1 April 1964 deur die Jeugraad versoek is om ‘n omvattende ondersoek na Jeug aangeleenthede te begin. Professore J.E. Pieterse as navorsingsdirekteur en G. Cronje as adviseur het die ondersoek gelei. Die verslag van die ondersoek het tot ‘n paar doktorale proefskrifte in Sosiologie gelei. Die verslag is in vier publikasies vervat: Jeug en Arbeid, Jeug en Kultuur, Jeug en Vrye Tyd en Jeug en Godsdiens. Tydens ‘n jeugkongres in 1968 is die bevindinge van die jeug ondersoek bespreek. Organiseerders van die Jeugraad bied talle jeug leidingsprojekte regoor Suid-Afrika aan. As gevolg van ‘n besondere behoefte wat ontstaan het, het die Jeugraad, weer eens onder leiding van prof, J.E. Pieterse as voorsitter, die publikasies Fokus in 1977 uitgegee. Fokus bevat onderwerpe wat riglyne vir bespreking by jeug leiers-kursusse en –konferensies bied. ‘n Behoefte aan gespesialiseerde opleiding aan belangstellendes van Afrikaanse kultuurorganisasies het tot opleidingskursusse in seminaar bestuur gelei. Gevorderde kursusse in seminaar bestuur is van 1978 vir dieselfde teikengehoor gereël. Om Jeug opleidingsprojekte in die algemeen te koördineer, het die Jeugraad begin om Advieskomitees binne bepaalde streke saam te stel. Lede van Advieskomitees verteenwoordig verskillende Afrikaner kultuurorganisasies en sodoende word oorkoepelend aan die ontwerp van talle projekte gewerk. Die Jeugraad word tweejaarliks deur die Hoofbestuur van die FAK saamgestel.

1935
SA Noodhulpliga gestig

Die oogmerke met die stigting van die SA Noodhulpliga was nie slegs om die Boer en Wit Afrikaner deur medium van sy moedertaal in noodhulp op te lei nie, maar veral ook om ‘n noodhulp vereniging wat in alle opsigte eie aan die Afrikaner en Boervolk sou wees, in die lewe te roep. In daardie stadium het Suid-Afrika reeds oor die dienste van twee gevestigde internasionale noodhulp verenigings beskik, sodat die primęre behoefte nie aan noodhulp en nood versorging was nie, maar wel aan selfverwesenliking en aan ‘n beweging wat uit eie bodem ontspring het. Danksy die ywer en moed van veral ‘n persoon soos George Nezar, is die SA Noodhulpliga te midde van groot probleme en weinig belangstelling gestig. Die nuwe vereniging moes met gevestigde bewegings kompeteer wat heelwat meer voordele aan hulle lede kon bied. Die doelstellings van die SA Noodhulpliga is duidelik geformuleer, nl. Om langs die weg van Kennis, Liefde en Diens die volgende te bereik. (a) Belangstelling in gesondheid onder die volk aan te wakker. (b) Lede te leer om op doeltreffende wyse in gevalle van ongelukke of skielike ongesteldheid op te tree. (c) ‘n Gees van selfopoffering in diens van die medemens te alle tye en oral, sowel binne as buite die Liga, aan te kweek.

Ten einde sy groot kultuur taak aan die Boere en Wit Afrikaners in die besonder, maar ook aan die mensheid in die algemeen, met sukses te verrig, moes die SA Noodhulpliga kort na sy stigting dringend aandag aan die opleiding van sy lede gee, en dit is op hierdie terrein waar die liga ‘n baanbreker was wat ‘n besondere bydrae tot die ontwikkeling en groei van die Afrikaanse taal gelewer het. In 1938, lank voordat ‘n Afrikaanse mediese fakulteit aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit tot stand gekom het, het die SA Noodhulpliga sy eerste amptelike handleiding in Afrikaans gepubliseer. In die komende jare sou hierdie handboek telkens hersien word, ten einde in inhoud, terminologie en taalgebruik met moderne ontwikkelinge tred te hou, maar reeds die eerste uitgawe getuig van besondere verantwoordelikheid ten opsigte van die korrekte aanwending van Afrikaans. Sedert die stormagtige dertigerjare het die Liga tot die grootste noodhulp vereniging (wat blanke lede betref) in die RSA en SWA gegroei. Amptelike handleidings vir noodhulp, tuisverpleging, volksgesondheid en moederkunde is in Afrikaans beskikbaar, terwyl die senior handleiding ook in Engels vertaal is. Hoewel die Liga lede uit albei taalgroepe trek, en sy dienste aan alle mense beskikbaar stel, bly dit in praktyk Afrikaanse met ‘n Christelike-nasionale grondslag.

17 April
1662
Eerste appels aan die Kaap

Van Riebeeck, wat hom onder meer vir die aanplant van appelbome beywer het, het op die datum die eerste twee appels afgepluk van ‘n boom wat in die Kompanjie se boomkwekery gegroei het.

bravo
17 Apr 2011, 21:35
Wat het jy nodig om aan jou verduidelik te word?


15 April
1834
T.F. Burgers gebore

Thomas Francois Burgers is op Langfontein, Graaf-Reinet, gebore. Na sy skoolloopbaan op Graaff-Reinet, universiteitstudie in Nederland (1853 tot 1858) en predikantskap op Hanover (waartydens hy in ‘n kerkstryd en hofsake betrokke geraak het), is hy in 1872 verkies tot Staatspresident van die ZAR. Deur die invoer van Hollandse amptenare, knap hy die agterlike landsadministrasie op, verbeter hy die staatsfinansies, beywer hy hom om die berugte Keate-uitspraak ongedaan te kry, die onderwys op ‘n gesonde grondslag te plaas, die mineralerykdom te ontwikkel en ‘n spoorweg na Delagoabaai te bou. Sy belangstelling in die verbetering van die kulturele lewe van die ZAR deur die totstandbringing van biblioteke, literęre en natuurwetenskaplike verenigings, museums, dorps parke, botanies tuine en die verkryging van ‘n volkslied en koerant was prysenswaardig. Met die hysing van die Britse vlag in Pretoria op 12 April 1877, bewerkstellig deur verraad en interne twiste, gaan die ZAR tydelik ook in Britse beheer en kom die Burgers-bewind tot ‘n einde. Hy keer terug na die Karoo, waar hy op 9 Desember 1881 in Richmond sterf.

Kan enige iemand vir my verduidelik hoekom?

Ben Kruger
17 Apr 2011, 21:47
18 April

1942 - Pierre Laval word Eerste Minister van Frankryk.
1972 - Die Roland Korporasie word gestig in Osaka.
1980 - Republiek van Zimbabwe (voorheen Rhodesië) word gevestig.
2002 - 'n Nuwe orde van insekte, Mantophasmatodea, word aangekondig.

18 April
1862
Skorsing van Stephanus Schoeman as waarnemende Staatspresident van die ZAR

Op hierdie dag het die Volksraad van die ZAR besluit om Stephanus Schoeman uit sy betrekking as waarnemende president en as kmdt.-genl. en lid van die Uitvoerende Raad te skors, omdat hy aan “pligsversuim met voorbedagte-rade” skuldig bevind is. Schoeman het op 18 April die brief ongeopen aan die Volksraad teruggestuur, omdat dit nie aan hom as waarnemende staatspresident en kmdt.-genl. gestuur is nie, maar slegs aan die heer Schoeman gerig is. ‘n Deputasie het hom later mondeling van die besluit in kennis gestel, want die brief wou hy nie aanvaar nie. Die Volksraad het nietemin op dieselfde dag vir W.C.J. van Rensburg eervol uit sy amp as waarnemende kommandant-generaal ontslaan en eenparig as waarnemende president gekies en beëdig. Uit hierdie daad het onder meer ‘n ernstige burgeroorlog in Transvaal gevolg, wat in 1864 deur die toedoen van veral kmdt. S.J.P. Kruger met geweld en die dood van talle burgers beëindig is. Van Rensburg is in 1976 in die Heldeakker van Pretoria herbegrawe. Hy was tog in April 1863 wettig deur die volk bo M.W. Pretorius in die amp van staatspresident verkies.

18 April
1658
Eerste skool aan die Kaap geopen

Die onderwys beginsel wat die Nederlandse volksplanters uit die Hervorming ontneem het, wou dat elke kind ‘n godsdienstig geďnspireerde opvoeding kry. Willem Wijland, die sieketrooster, was in afwesigheid van ‘n formele skool aanvanklik verantwoordelik vir die godsdiensonderrig van die kinders aan die Kaap. Die eerste skool was bedoel om die slawe touwys te maak in die Hollandse taal en die basiese beginsels van die Christelike geloof. Daar is vooraf besluit dat die slawekinders nie toegelaat sou word om hulle eie taal te handhaaf nie en om hulle aan te moedig om Nederlands te leer. Trouens, een van die voorwaardes waaronder slawe na 1658 hulle vryheid kon koop, was deur “. . . sprekende prompt de Nederduytsche tael . . .” In 1663, ‘n jaar na die vertrek van Jan van Riebeeck uit die Kaap, is die eerste skool opgerig, wat ook voorsiening vir blankes gemaak het. Hierdie skooltjie, die latere bekende solder skool, was nieteenstaande ‘n beskeie begin met twaalf blanke kinders, vier slawe- en een Hottentot kind, die voorloper van ‘n skoolstelsel waarin moedertaalonderrig en Christelike vorming ingebou sou wees.

18April
1521
Luther voor die Ryksdag van Worms

Martin Luther gee beslag aan ‘n nuwe bedeling in die Westerse Kerk en samelewing. Hy hervorm dit in die lig van die Skrif, wat hy as die enigste gesaghebbende openbaring van God aanvaar. Hierdie oorlewering in die Kerk en sy geskiedenis maak hy weer beslissend en kom in botsing met die oorlewering waarin die Pous vanuit Rome beslissend optree. Op 18 April 1521 vel hy die beslissing voor die Ryksdag van Worms. Daar verskyn hy op las van die Pous voor die pas verkose keiser. Op weg is hy afgeraai om voort te gaan, terwyl die pouslike gesant op verskeie plekke sy boeke laat verbrand het om hom af te skrik. “Ek sal na Worms gaan,” het hy volgehou, “al is daar ook soveel duiwels soos die dakpanne op die geboue!” So staan hy op 17 April 1521 tereg in die oortuiging dat dit om Christus gaan, om die heil van die mens en die hoogste goed op aarde, om God se Woord. Toe die pouslike gesant van hom eis om sy geskrifte sonder meer te herroep, vra hy tyd om daaroor te dink en te bid. Die volgende aand om sesuur antwoord hy in die lig van brandende fakkels, eers in die taal van sy moeder, die volk, Duits; toe in die taal waaraan die Kerk vasgehou het om alle gelowiges sakramenteel te bedien, Latyn. Soos dit ‘n Christen betaam, bely hy en vra om verskoning oor persoonlike belediging in die werke wat hy gerig het teen bepaalde persone wat die Roomse tirannie verdedig. Bewus daarvan dat ‘n mens kan dwaal, is hy bereid om sy opvattings oor die leer van Christus te laat toets. Maar dan moet dit uit die Woord van God geskied, want, so kom hy daartoe om te sę: “Deur die Woorde van die Skrif waarna ek verwys, is ek gebind in my gewete en gevange in die Woorde van God.” Hy waarsku die jong keiser om nie sy regering met ‘n onregverdige daad te begin nie, want dan sal God hom tot ‘n val bring. In die rumoer wat losbars, word beweer dat hy sou afgesluit het asof hy gepreek het: “God help my, amen.” Die groot woord was uitgespreek. ‘n Hervorming van die Kerk en samelewing volgens die Skrif kon nie gestuit word nie. Johannes Calvyn het daarin opgegaan. Nederland het sy gereformeerde of skriftuurlike benadering nagevolg en in ‘n stryd van 80 jaar onafhanklik geword. Sy nedersetting aan die Kaap het op sy eie ‘n inkleding daarvan in die kerk en volk gegee. God se Woord is vertaal in die Afrikaanse taal en is voorgehou as die enigste toetssteen vir kerk en staat.

Ben Kruger
18 Apr 2011, 21:24
Wat het jy nodig om aan jou verduidelik te word?
Met die hysing van die Britse vlag in Pretoria op 12 April 1877, bewerkstellig deur verraad en interne twiste, gaan die ZAR tydelik ook in Britse beheer en kom die Burgers-bewind tot ‘n einde. Hy keer terug na die Karoo, waar hy op 9 Desember 1881 in Richmond sterf.

Waarom het die Burgers-bewind tot ‘n einde gekom? Is daar nuwe leiers deur Engeland in beheer gebring of was dit net die einde van sy termyn?

En...ander vrae wat by my opkom soos ek die Geskiedenis deurgaan...

EK wou ook weet of iemand 'n volledige afskrif van die
Die Grondwet van die Oranje-Vrystaat geproklameer 1854 vir ons kan plaas.

En ek het ook 'n vraag gehad oor die volgende -


Die meeste Transvaalse Boere het die anneksasie as ‘n onregverdige daad beskou, maar was om verskeie redes nie by magte om dit gewapenderwys teen te gaan nie. Gevolglik het die regering van die Republiek skriftelik teen die anneksasie geprotesteer en ‘n afvaardiging in hierdie verband na Londen gestuur. In afwagting van die uitslag het die burgers hulle rustig gedra. So het ‘n wanindruk ontstaan dat die Transvalers in die anneksasie berus het. Dit het bygedra tot die besluit van die Britse regering om die ware begeerte van die Transvalers te verontagsaam. Hierdie begeerte is beliggaam in ‘n memorie aan die Britse koningin, waarin uit ‘n moontlike 8 000 burgers 6 591 hulle teen en 587 hulle ten gunste van Britse gesag uitgespreek het. Ofskoon sommige burgers na die wapen wou gryp, het die leiers daarop aangedring dat in ooreenstemming met die protes eers alle vreedsame metodes aangewend moet word om die vryheid te herwin.

Is dit nie wat ook huidiglik gebeur het nie? F.W. het julle laat stem Ja of Nee oor of hy mag onderhandel met die ANC en toe sommer verder gegaan en Mandela Vrygelaat, Swart Bewegings ontban en diesmeer...Ek wonder regtig wat die Volk daarbuite se gevoel vandag is teenoor swak diens lewering en administrasie...Ons is tans onder Straf Gerig, en dit het nie net te doen met bloed rivier nie dit het te doen met hierdie : Deuteronomium 7:2

En dan ook laastens hierdie-

1958
Laaste verkiesing van die Unie-tydperk in SA

Op hierdie dag is die laaste algemene verkiesing binne Unie verband in ons land gehou. Talle veranderinge het sedert die verkiesing van 1953 ingetree. J.G. Strijdom het Malan as Premier en sir De Villiers Graaff vir Strauss as leier van die Opposisie opgevolg. Talle hofsake in verband met aparte kieslyste was agter die rug, die Nasionale Party het reeds tien jaar regeer, in Opposisie geledere het afskeidings voorgekom, en oor SA het ‘n enigste landsvlag sedert 1957 gewapper. Die uitslag van 103 setels ten gunste van premier Strijdom het onmiddellik die Wit Afrikaner laat besef dat hy polities sterk staan, dat hy na 10 jaar van politieke bewind weer meer aandag aan sake van Afrikaans-kulturele belang behoort te skenk. Een hiervan was die kwessie van republiekwording; en ander was volke skeiding in die praktyk. Hierdie twee aangeleenthede was kern redes vir die Wit Afrikaner se politieke steun aan die Nasionale Party. Dit het immers om sy staatkundige en ongeskonde fisieke voortbestaan gewentel. Die politieke Opposisie het albei aangeleenthede volledig teengestaan en daarmee bevestig dat bloot die bestaan van ‘n Wit Afrikanervolk met inheemse vryheid ideale en ‘n eiesoortige volksbewussyn vir hulle onaanvaarbaar is. (Wie was hierdie Opposisie?)

Ben Kruger
18 Apr 2011, 21:42
19 April

1919 - Leslie Irvin van die Verenigde State onderneem die eerste suksesvolle valskermsprong en vrye val.
1927 - Mae West word veroordeel tot 10 dae in gevangenis vir haar rol in die vertoning Sex
1956 - Aktrise Grace Kelly trou met Rainier III van Monaco.
1964 - Die Ford Mustang word aan die algemene publiek vertoon.
1987 - The Simpsons se eerste vertoning op televisie.


19 April
1876
Erich Mayer gebore

Ernst Karl Erich Mayer is in Karlsruhe, Duitsland, gebore. Hy ontvang sy eerste skoolonderrig in sy tuisdorp, en na matriek bestudeer hy argitektuur met tekene en skilderkuns as byvakke. As gevolg van ‘n longaandoening, wat ‘n siekbed van twee jaar meebring, word hy deur sy geneeshere aangeraai om na die droër klimaat van Suid-Afrika te verhuis. Hy vestig hom op Vrede in die OVS, waar hy diens aanvaar as assistant-landmeter. Mayer se noue kontak met die Boer en Afrikaner hier laat hom ‘n besondere toegeneentheid teenoor hulle verkry, wat hom lewenslank bybly. Met die uitbreek van die Anglo Boere Oorlog sluit hy hom vrywillig by die Boeremagte aan. Die buitelewe doen sy gesondheid goed, soseer dat sy wonderlike herstel in mediese vaktydskrifte vermeld word. Mayer se skilder talent kom hom op kommando goed te pas, waar hy sketse maak wat van groot waarde word.

In 1900 word hy krygsgevange geneem en na St. Helena gestuur. Hy maak ook hier van die geleentheid gebruik om sy skilderkuns te beoefen. Na die vredesluiting deurreis hy Suid-Afrika, maar skilder hoofsaaklik in die OVS en Transvaalse Laeveld, waar hy hom toespits op die mooi klein waterverf skilderytjie's, waarvoor hy later so bekend sou word. Tydens die Eerste Węreldoorlog word hy geďnterneer en in Fort Napier, naby Pietermaritzburg, aangehou. Hier gebruik hy die tyd om sy kuns verder te ontwikkel.

In 1928 trou hy met Margaretha Gutter, wat self baie kunssinnig is, en saam deurreis hulle SWA drie jaar lank voordat hulle hulle in Pretoria vestig. Sy vrou open ‘n spin- en weefskool, en Mayer teken baie van die ontwerpe wat in die skool gebruik word. Hy word nou voltyds kunsskilder, en onder beskerming van die Universiteit van Pretoria hou hy ‘n uitstalling van sy werke, wat talle sketse en skilderye uit die tyd van die kommando dae en St. Helena insluit.

Hy het ‘n plek in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis verwerf met sy Nagmaal tonele by Nylstroom en die uitbeelding van die Boere op kommando. Een van sy geliefkoosde onderwerpe was die kremetartboom. Tot sy amptelike opdragte behoort die muurversierings in die personeel restourant van die Johannesburgse poskantoor, by die Johannesburgse Onderwyskollege en by die Hoërskool Monument, Krugersdorp. Die betekenis van Mayer se kuns lę daarin dat hy gesoek het na ‘n ware Suid-Afrikaanse kunsvorm, en dat hy bygedra het tot die ontwikkeling van kunswaardering in Suid-Afrika deur uitstallings op die platteland en deur gesprekke met die mense wat sy uitstallings bygewoon het, te voer. Erich Mayer was ‘n Duitser van geboorte, maar het hom volkome met die Afrikaanse kultuur vereenselwig. Hy en sy vrou was albei teenwoordig by die stigting van die FAK. Sy kunstalent getuig van sy liefde vir die mense en alle fasette van sy aangenome land. Hy bring sy laaste dae in ‘n huis vir bejaardes in Pretoria deur, waar hy op 10 Augustus 1960 sterf.

Ben Kruger
22 Apr 2011, 20:17
20 April

1657 - Jode van New Amsterdam (later New York Stad) verkry vryheid van geloof.
1862 - Die eerste pasteurisasie-toets word voltooi deur Louis Pasteur en Claude Bernard.
1926 - Western Electric en Warner Bros. kondig Vitaphone aan - 'n proses om klank by film by te voeg.
1968 - 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens Boeing 707 val tydens opstyging in Windhoek, Suidwes-Afrika (Tans Namibië) met 122 sterfgevalle.
1972 - Apollo 16 land op die maan.

20 April
1973
Dr. S.P.E. Boshoff oorlede

Stephanus Petrus Erasmus Boshoff is op 14 Julie 1891 op Vaalbank, Senekal, gebore. As taalgeleerde en kultuurleier, het hy ‘n lewe van diens aan die Afrikaner, Boervolk en –kultuur gewy. Die lys van prestasies wat hy behaal het,, is indrukwekkende. In 1922 promoveer hy in Amsterdam met lof op ‘n proefskrif Volk en Taal van Suid-Afrika. Jare lank was hy hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die universiteite van Potchefstroom en Kaapstad, Direkteur van Onderwys in Transvaal, akademiese hof van ‘n korrespondensiekollege en voorsitter of lid van tientalle rade en kommissies. Sy betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarvan hy voorsitter sou word,, begin reeds in 1922 toe hy benoem word as lid van die Taalkommissie, ‘n taak waaraan hy hom ‘n halfeeu met nougesette ywer gewy het. In 1925 word hy deur die Akademie benoem as taaladviseur vir die Bybelvertaling, waarby hy jare lank pleit vir die eenvoudige, suiwere en funksionele gebruik van die Afrikaanse taal. Een van sy grootste prestasies was sy werk as direkteur van die Vaktaalburo van die Akademie. Ondertussen het daar talle van artikels uit sy pen verskyn, veral in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns. Sy bydrae tot die Afrikaanse kultuur is by verskeie geleenthede deur die Akademie bekroon, o.m. deur ‘n erepenning in 1932 vir dienste met die eerste amptelike Bybelvertaling in Afrikaans, deur die Stalsprys vir taalkundige bydraes in 1959 en weer eens in 1967 vir sy Afrikaanse Etimologieë, waarvan prof. G.S. Nienaber die mede-outeur is. In 1963 is die hoogste eerbewys van die Akademie aan hom toegeken, nl. Erelidmaatskap.

20 April
1874
Jack Hindon

Oliver John (Jack) Hindon is in Skotland gebore waar hy in diens van die Britse leër getree het. Hy kom op jeugdige leeftyd na Suid-Afrika om in Zoeloeland diens te doen, maar dros weens swak behandeling. Baie gou het hy hom met die Boere in die ZAR vereenselwig en verkry volle burgerreg deur sy vrywillige deelname aan die veldtog teen Jameson (1895). Hy tree daarna in diens van die ZAR-polisie en neem sodoende deel aan talle veldslae tydens die Engelse Oorlog. Sy onverskrokkenheid het onmiddellik opgeval en in Junie 1900 word hy lid van Danie Theron se verkennerskorps. Na sy bevordering tot hoof van sy eie Veg- en Verkennerskorps wat belas was met die ontwrigting van die vyandelike verbindingsweë, ingesluit van hul spoorweglinies, het hy en sy manskappe ‘n verskrikking vir die Britte langs die Ooster-spoorlyn geword. Hulle het ook talle suksesvolle klopjagte uitgevoer op Bantoes wat Boeregesinne aangeval het. Sy vernuf en vreeslose meelewing in die Boer se stryd het aan hom ‘n ereplek in die volk se heldegalery besorg. Met die aanvang van die vredeskonferensie in April 1902 het hy op advies van lede van die Regering om hom met die vyand te versoen ten einde Britse onderdane in sy korps van vervolging onthef te kry, na die Engelse oorgeloop wat aan sy eise toegee en hom bowendien ‘n loon van 12 sjielings (ongeveer R1,20) per dag betaal het. Die Boere het hy nogtans geen kwaad berokken nie. In 1970 word die beroemde Boere verkenner vereer met die instelling van die Jack Hindon-medalje vir buitengewoon ywerige en voortreflike diens in vredes- en oorlogstyd deur manskappe van kommando’s van die SA Weermag. Op die voorkant van die medalje is daar ‘n reliëf afbeelding van Hindon en twee van sy makkers waar hulle die Vierkleur tydens die slag by Spioenkop hys. Op die keersy verskyn die versierde wapen van die RSA in reliëf. Na die Engelse Oorlog vestig hy hom as bou-aannemer in die VSA, maar keer later terug na die Republiek waar hy op 19 Maart 1919 in Pretoria sterf.

Ben Kruger
22 Apr 2011, 21:23
21 April

43 v.C. - Marcus Antonius word verslaan deur konsul Hirtius tydens die Slag van Mutina.
1619 - Gebore: Jan van Riebeeck, die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika.
1863 - Bahá'u'lláh word as die hoof van die Bahá'í-geloof verklaar.
1975 - Viëtnam Oorlog: Die President van Suid-Viëtnam, Nguyen Van Thieu, vlug uit Saigon, na Xuan Loc, die laaste Suid-Viëtnamese vesting val.
1985 - Ayrton Senna wen die Portugese Grand Prix in Estoril.

21 April
1892
Ds. N.J. van Warmelo oorlede

Dit is die sterfdag van Nicolaas Jacobus van Warmelo, wat in Gouda, Nederland, op 8 September 1835 gebore is. Hy was een van die baanbreker-predikante in Transvaal en ‘n groot patriot. In 1864 word hy predikant van die Ned. Hervormde gemeente te Schoemansdal. In daardie pioniers- en jagters gemeenskap het hy en sy vrou ‘n belangrike opvoedkundige en beskawings rol gespeel. In 1868, na hy Schoemansdal in 1867 verlaat, vertrek hy na Heidelberg, waar hy tot aan sy dood werk. Op kerklike terrein het hy ‘n belangrike en leidende rol in die Ned. Hervormde Kerk gespeel. Met die kerkvereniging van 1885, gaan hy saam met die stigting van die nuwe, verenigde kerk en word die eerste skriba van die Sinode. Die mislukking van die kerkvereniging het sy laaste lewensjare versomber. Van Warmelo het hom volkome met die republikeinse Afrikaner tesame met die Boervolk en sy vryheidstrewe vereenselwig, veral in die jare 1877 – 1880. By die groot volksvergadering te Paardekraal 1880, waar besluit is om die Engelse juk af te gooi, het hy met sy prediking die groot bydrae gelewer om die burgers al hulle vertroue op God te laat stel.

21 April
1858
Dr. B.J.G. de la Bat gebore

Met die afsterwe op 21 Augustus 1942 van dr. Bernabe Jan Gerard de la Bat, eerste hoof van die alombekende Doofstommen en Blinden Instituut van Worchester, verwoord Die Burger sy huldiging soos volg: “Ons eer hom nie slegs as die grondlegger van die doofstomme-onderrig in ons land nie, maar ook as iemand wie se diensgewyde en nederige lewe ‘n voorbeeld en ‘n besieling is.” Vanaf die opening van hierdie inrigting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in 1881 het hy 46 jaar lank daaraan leiding gegee – totdat sy seun hom opgevolg het. In 1938 het die Universiteit van Stellenbosch hierdie kerkvaste opvoedkundige met ‘n eredoktorsgraad vereer.


21 April
1619
Johan Anthoniszoon van Riebeeck gebore

Johan Anthoniszoon van Riebeeck is in Culemburg gebore, ‘n welvarende en bedrywige stadjie aan die rivier Lek. Ook sy vader, Anthony Janszoon van Riebeeck, is hier gebore en het hom hier as chirurgyn bekwaam. Jan van Riebeeck se moeder, Elisabeth van Gaesbeeck, het uit ‘n gerespekteerde en geliefde familie in Culemborg gespruit. Haar vade dr, Govert Anthoniszoon van Gaesbeeck, was prokureur en het in die huis De Fonteyn gewoon. Hierdie huis met sy sierlike trapgewels, is in 1970 gerestoureer en is tans bekend as Van Riebeeck-huis, hoewel Jan van Riebeeck waarskynlik nie hier gebore is nie. Na sy geboorte is Jan van Riebeeck in die St. Barbara-kerk in Culemburg gedoop. Hy was egter maar drie jaar oud toe die gesin Van Riebeeck na Schiedam verhuis het, waar sy suster, Geertruy, in 1623 gebore is. Hierdie suster, aan wie hy baie geheg was, sou later saam met haar man, die sieketrooster Pieter van der Stael, ook na die Kaap kom. Jan van Riebeeck se moeder is in 1629 oorlede in Schiedam. Jare later – in 1648 – sou hy ook sy toekomstige eggenote, Maria de la Quellerie, hier ontmoet. As jong seun het Jan van Riebeeck sy vader op sy reise as skeep chirurgyn vergesel. Moontlik het hy toe al die drang na die onbekende ondervind wat hom in 1652 na die Kaap de Goede Hoop sou bring as stigter van die Westerse beskawing in Suid-Afrika. Na sy verblyf van tien jaar aan die Kaap, waar hy die grondslag van die Christelik-Westerse beskawing in Suid-Afrika. Na sy verblyf van tien jaar aan die Kaap, waar hy die grondslag van die Christelik Westerse beskawing gelę het, vertrek hy en sy gesin op 7 Mei 1662 met die Mars na Batavia. In Batavia het hy verskeie poste beklee, maar die een wat hy hartgrondiglik begeer het, Raad-extraordinaris van Indië, is nooit aan hom toegeken nie. Hy sterf nadat hy maande bedlęend was, op 19 Januarie 1677 en word met groot eerbetoon begrawe. Die brokstukke van sy grafsteen word in 1897 ontdek en in 1913 deur bemiddeling van J. de V. Roos aan die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad geskenk. Dit is later gerestoureer en word saam met die grafsteen van sy vrou, Marie, in die Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese Museum in Kaapstad bewaar.

Ben Kruger
22 Apr 2011, 22:29
22 April

Paasnaweek. Kruisiging van Jesus Christus die Seun van God- Markus 15:15 tot 40


In die 247de jaar gedurende die Diokletianus-kalenderera (gebaseer op Diokletianus se styging na die Romeinse troon), het Dionusios Exiguus probeer om die aantal jare sedert Jesus se geboorte vas te stel en 'n syfer van 753 jaar ná die stigting van Rome gekry. Dionusios het toe Jesus se geboorte as 25 Desember 1 v.C. aangeteken ("voor Christus") en die volgende jaar as 1 n.C. ("na Christus") aangewys en so die stelsel van jaarbeskrywing geskep. Dié stelsel is in die jaar 532 geskep en het amper twee eeue later aanvaarding gewen en die gevestigde kalender van die Westerse węreld geword.

Die Evangelies van Lukas en Matteus plaas Jesus se geboorte tydens die Heerskappy van Herodus. Lukas beskryf sy geboorte as tydens die Romeinse goewerneurskap van Sirenius onder keiser Augustus en het ook die eerste sensus van die Romeinse provinsies van Sirië en Judea ingesluit. Die eerste-eeuse Joodse geskiedkundige Flavius Josefus, plaas die goewerneurskap en die sensus in die jaar 6 n.C. (Lukas verwys ook hierna in Handelige 5:37), lank na die dood van Herodus in 4 v.C.. Debatte rondom die saak vra of die bronne versoen kan word deur 'n vroeër goewerneurskap aan Sirenius in Sirië toe te ken en of 'n vroeë sensus moontlik plaasgevind het, en, indien nie, welke bron dan foutief is.[12]

Die datum van Jesus se dood is ook nie duidelik nie. Die Evangelie van Johannes beskryf die kruisiging as direk voor die Pasga (die Joodse Paasfees) op Vrydag 14 Niesan, waar die sinoptiese evangelies (Matteus, Markus en Lukas) (behalwe Markus 14:2) Jesus se Laaste Avondmaal as die Pasgamaal van Vrydag 15 Niesan beskryf. Sommige geleerdes beweer egter dat die sinoptiese weergawe in harmonie is met die weergawe in Johannes.[13] Die Jode het verder 'n lunęr-solęre kalender gevolg, wat die fases van die maan as datums gebruik het en berekenings met 'n presiese datum in 'n sonkalender vermoeilik.
Bron (http://af.wikipedia.org/wiki/Jesus_van_Nasaret#Arrestasie.2C_verhoor_en_dood)

1056 - Waarneming van 'n supernova in die Kreef nebula.
1500 - Portugese navigator Pedro Alvares Cabral word die eerste Europeër om Brasilië te sien.
1915 - Eerste Węreldoorlog: Tweede Slag van Ypres - Duitse troepe gebruik gifgas by Ypres, België.
1970 - Eerste Aardedag gevier.
1993 - Vrystelling van Mosaic weergawe 1.0.

22 April
1955
Eerste Nasionale Tee- en Koffie maatskappy gestig

Die Eerste Nasionale Tee- en Koffie fabrieke Beperk, is die eerste publieke maatskappy wat deur Afrikaanse vroue opgerig is. Met gemagtigde aandelekapitaal van R2 miljoen en meer as 10 000 vroue-aandeelhouers oor die hele Suid-Afrika, word dit ‘n simbool van die doelgerigte toetrede van die vrou tot die Suid-Afrikaanse ekonomiese terrein. Die eerste voorsitster van hierdie vroue maatskappy was mev. Hobbie le Roux, wat later opgevolg is deur mev. P.K. Morkel. Die maatskappy het hom van die begin af ten doel gestel om produkte van die hoogste gehalte te bemark en sy bekendste produk, Braganza-Tee is vandag een van die top produkte op die mark. Braganza-Tee is genoem na die Portugese prinses Catherina Da Braganza, wat die teedrink gewoonte na Brittanje ingevoer het toe sy in 1662 twee pond as geskenk geneem het vir haar toekomstige man, koning Karel II van Engeland. In 1961 het die maatskappy ook toegetree tot die kitskoffie mark met Frisco-kitskoffie, wat ‘n onmiddellike sukses was en vandag nog die grootste verkoper in sy klas is. Eerste Nasionale Tee- en Koffie fabrieke Beperk kan met reg trots wees op sy bydrae tot die Afrikaner en Boervolk se strewe na ekonomiese selfstandigheid.

22 April
1923
D.F. (Oom Lokomotief) du Toit oorlede

Daniel Francois du Toit, D.P. seun, in later jare alombekend as Oom Lokomotief, is op 15 Januarie 1846 op die plaas Kleinbos, Daljosafat, gebore en is in Bloemfontein oorlede. Hy was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners in die Boerevolk. In 1878 word hy redakteur van die Afrikaanse Patriot, en hy oefen op die wyse geweldig baie invloed uit op die Taalbeweging. Van Die Patriot het hy ‘n gevestigde koerant met invloed gemaak. Hy het so eie met die lesers gesels dat hulle vertroue in sy koerant gehad het. Alle moontlike vrae word daarin beantwoord; daar word raad gegee, moed ingepraat en koers aangedui. Daar ontstaan ‘n onverbreekbare band tussen leser en redakteur. Met die veranderde politieke houding van sy ouer broer, ds. S.J. du Toit, leier van die GRA, kon hy nie saamgaan nie, en hy verlaat saam met C.P. Hoogenhout in 1891 Die Patriot. In 1892 verhuis hy na die Vrystaat, waar hy later in Bloemfontein argivaris was.


22 April
1905
Abraham Jonker gebore

Abraham Jonker is die skrywer van ‘n aantal romans en verhale met ‘n sterk sosiale tendens in die sogenaamde nuwe saaklike styl. Hy is in die distrik Boshof gebore. Jonker sal veral onthou word vanweë sy bewuste poging om vernuwing in die Afrikaanse prosa te bring met werke soos Bande in 1933 en Maskers in 1938. Hy is op 10 Januarie 1966 oorlede.

Boere Kryger
24 May 2011, 07:40
Kan iemand a.s.b vir my alle inligting oor ons BOEREVOLK stuur.
Van dag een tot en met 1994.
Waar ek boeke, video's ens.... kan kry by boekwinkels en op die internet.
Ek wil alles bymekaar kry en sodra my kinders groot genoeg is, ons BOEREVOLK geskiedenis vir my kinders leer.

Ben Kruger
24 May 2011, 22:07
Die beste plek sou sekerlik die Biblioteek by die Voortrekker Monument gewees het. Die Afrikaner Sentrum het ook 'n paar goeie boeke en DVD's van Genl. De la Rey en baie ander dinge wat jou soort van deur hulle geboutjie van begin tot 1994 vat.

Ben Kruger
24 May 2011, 22:13
23 April

1942 - Tweede Węreldoorlog: Duitse bomwerpers val Exeter, Bath en York in Engeland aan.
1967 - Sojoes 1 word gelanseer in 'n wentelbaan en vervoer 'n enkele ruimtevaarder, Kolonel Vladimir Komarov, wat sterf toe die ruimtetuig val tydens terugkeer na die aarde.
1968 - Die Verenigde Koninkryk vervaardig hulle eerste gedesimaliseerde munte, 'n 5p en 'n 10p munt.
1990 - Namibië word die 160ste lid van die Verenigde Nasies en 50ste lid van die Britse Statebond.
2001 - Intel onthul die Pentium 4-verwerker.

23 April
1954
Afrikaans-Duitse Kultuur unie (ADK) gestig

Afrikaans-Duitse Kultuur unie (Afrikaans-Deutsche Kultuurgemeinschaft) is in Pretoria deur ‘n groep Afrikaans- en Duitssprekende akademici gestig as opvolger van ‘n soortgelyke organisasie wat in die jare dertig ontstaan, maar in die moeilike oorlogs jare (1939 tot 1945) ‘n natuurlike dood gesterf het. Dit is ‘n landwye organisasie, met takke in al die groter sentra, wat die versterking en bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Duitssprekende lande van Wes-Europa deur die enersydse verspreiding van kennis van die lande se kultuur, kuns, wetenskap en letterkunde ten doel het. In Duitsland bestaan eweneens die Deutsh-Sudafrikaansche Geselschaft en ‘n aantal vriendskap verenigings (Kreise) in verskillende Duitse stede. Hierdie soort liggame help om die Boerevolk se oog op die Europese vasteland gerig te hou sodat hy nie nog vinniger op die Anglo-Amerikaanse en dus nie-Dietse glybaan voortspoel nie.

23 April , 1919
Opening van Potchefstroomse Onderwyskollege

Die Onderwyskollege Potchefstroom, een van die bekendste Onderwyskolleges in die RSA, is op 23 April 1919 met 131 studente deur die destydse Direkteur van Onderwys in Transvaal, dr. John Adamson, geopen.


23 April
1914
Die erkenning van Afrikaans in die Kaaplandse Provinsiale Raad

C.J. Langenhoven stel in die Kaaplandse Provinsiale Raad voor “Dat deze Raad zijn goedkeuring Hecht aan die toenemende handhaving door het Onderwijs Departement van deze Provincie van het gesonde beginsel van onderwijs door medium van de moedertaal der leerlinge, zoals neergelegde in de Onderwijs Ordonnantie, en verder aanbeveelt dat dat beginsel verder uitgebreid worde door het gebruik van het Afrikaans-Hollands als medium op onze lagere scholen tot en met de Vierde Standaard waar het Hollands volgens wet die voertaal is: mits dat geen leesboeken in het Afrikaans geschreven, voorlopig worden toegelaten tenzij dezelve voorsien zijn van een getuigschrift van goedkeuring door een of meer personen van erkende bevoegdheid, daartoe benoemd door hetzij de Superintendent van Onderwijs, hetsij de Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst: en mits het gebruik van zodanige leesboeken niet toegelaten worde waar het betrokken schoolkomitee erbezwaar tegen heeft.”

Vir die eerste maal in die geskiedenis het Afrikaans amptelike erkenning verkry. Die versigtig bewoorde mosie (slegs boeke was onderhewig aan goedkeuring) is sonder teenstem aanvaar nadat Langenhoven die Koukus van Engelssprekendes toegespreek het. Hy het hulle oortuig dat Afrikaans geen “poverty-stricken patois” was nie en dat dit in belang van elkeen was om sy opvoeding ook in Afrikaans te geniet. Daardeur sal elkeen voordeel trek in sy of haar beroep, persoonlike omgang, politieke bedrywigheid, besigheids verhoudings, ens. Hy het hulle gewaarsku dat hulle nie ‘n wig tussen Afrikaans en Hollands moes probeer indryf nie, omdat almal uit selfverdediging dan sou saamstaan. Voordat hy die mosie ingedien het, het Langenhoven ‘n onderhoud gehad met die destydse minister van justisie, Nicolaas de Wet. Die het hom verseker dat daar ingevolge artikel 137 geen beswaar kon wees nie: toe die Akademie, as hoogste Taalliggaam, gelyke beregtiging aan Hooghollands en Afrikaans verleen het, het hulle die wet reg geďnterpreteer.

23 April
1900
A.J.K. de Klerk gebore

Abraham Jacobus Kotze de Klerk is op Garies gebore en het vroeg in sy lewe reeds die begeerte gekoester om sendeling te word. Na sy studie aan die Sending instituut van die NG Kerk op Wellington vertrek hy in 1925 as sendeling in diens van die Presbiteriaanse Kerk na Ceylon, waar die Gereformeerde Kerk sedert die Nederlandse tydperk reeds van die sewentiende eeu af gevestig was. Die kerk het weer sterk onder die aandag gekom deur die verblyf van die Boerekrygsgevangenes op Ceylon. Op 21 Mei 1925 word hy in die Wolvendalkerk georden. Sy werk was die enigste sendingwerk names die NG Kerk buite Afrika, maar was van korte duur toe hy op 15 Mei 1927 in Colombo, Ceylon, aan longontsteking beswyk kort voordat hy na Suid-Afrika sou terug keer.

23 April
1886
Die Ned. Hervormde Konsulentsgemeente weier om te verenig

Op hierdie dag het die Kerkraad van die Ned. Hervormde Gemeente van die distrik Pretoria onder konsulentskap van ds. G.W. Smits te Witfontein weer eens en finaal besluit om nie deel te neem nie aan die kerkvereniging waartoe die Algemene Kerkvergaderings van die Ned. Hervormde en NG Kerke in die ou ZAR besluit het nie. Met hierdie besluit het die gemeente ‘n voorbeeld en toevlugsoord geword vir alle Hervormde lidmate wat nie die kerk van hulle vaders wou verlaat om ‘n nuwe, verenigde kerk te vorm nie. As wettige voortsetting van die Ned. Hervormde Kerk is die gemeente in daardie dae dikwels die ark van die kerk genoem. In die bekende Kerksaak van Trichardtsfontein het die Hooggeregshof in 1893 bevind dat die kerkvereniging van 1885 ultra vires en dus nietig was. So is die standpunt van die Konsulentsgemeente, by implikasie, volkome geregverdig.

Ben Kruger
24 May 2011, 22:14
24 April
Hubbleruimteteleskoop

1967 - Ruimtevaarder Vladimir Komarov sterf in Soyuz 1.
1970 - Die eerste Sjinese satelliet word gelanseer.
1975 - Die Baader-Meinhof Bende blaas die Wes-Duitse ambassade in Stockholm op.
1984 - Apple Computer onthul die Apple IIc draagbare rekenaar
1990 - Die Hubble Ruimte-teleskoop gelanseer deur Ruimtependeltuig Discovery.

24 April
1905
Adv. G.F. de V.Hugo gebore

Gabriel Francois de Vos Hugo is op Ceres gebore. Sy skoolopleiding het hy aan die Hoër Seunskool op Worcester ontvang, waarna hy sy studie aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit het. In 1925 verwerf hy die BA-graad en deur middel van private studie behaal hy in 1932 die graad LL.B. aan die Universiteit van Suid-Afrika. Na die bewindsaanvaarding van die Nasionale Party in 1948 word adv. Hugo in die Adviserende Raad vir Grondbesit aangestel. In hierdie hoedanigheid word hy deur dr. T.E. Dönges in twee komitees benoem ten einde kort- en langtermyn wysigings van die betrokke wet voor te stel.

Teen die einde van 1950 is adv. Hugo as ondervoorsitter van die Groepsgebiede raad aangestel. In hierdie hoedanigheid het hy ‘n besondere bydrae tot die daarstelling van die Groepsgebiede-Ontwikkelings wet gelewer. In 1959 keer adv. Hugo na die regsberoep terug en wel as tweede regter van die Griekwaland-Wes-afdeling van die Hooggeregshof van Kaapland.

In 1969 word die Noord-Kaapse-afdeling as onafhanklike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika ingestel met adv. Hugo as eerste regterpresident. Hy beklee hierdie pos tot 1973, toe hy om gesondheidsredes moet aftree. Op kultuurgebied was adv. Hugo ook besonder aktief. So was hy onder meer regsadviseur van die NG Kerk in Transvaal, lid van die Kruger genootskap, lid van die Randse Armesorg raad en lid van die Sinodale Kommissie vir die bestryding van Sosiale Euwels.

Dit was egter op die gebied van Christelik-nasionale onderwys dat adv. Hugo ‘n besondere bydrae gelewer het. By die FAK se Volkskongres oor Christelik-nasionale Onderwys in Bloemfontein op 6 en 7 Julie 1939 is ‘n Instituut vir Opvoeding en Onderwys daargestel. Prof. J.C. van Rooy is as eerste voorsitter gekies, maar vanaf 1945 het adv. Hugo aktief by die taalstryd op onderwysvlak in Natal betrokke geraak.

So het die Instituut in 1945 in samewerking met die Natalse Aksiekomitee ‘n CNO-beleid vir Suid-Afrika, wat na deeglike navorsing in Februarie 1948 gepubliseer is. Hiervolgens is onder meer bepaal “dat die moedertaal die basis van alle onderwys en opvoeding is en dat die moedertaal die belangrikste sekulęre vak op skool moet wees”. Hy was ook lid van die FAK se Uitvoerende Komitee.

24 April
1533
Prins Willem van Oranje gebore

Prins Willem van Oranje (ook soms genoem “Willem de Zwijger” en “Vader des Vaderlands”) is in Dillenburg (Wes-Duitsland) in die beroemde kasteel van die Grawe van Nassau gebore. Sy ouers, Juliana van Stolberg en graaf Wilhelm van Nassau-Dillenburg, was oortuigde aanhangers van die Her vorming, wat reeds sedert 1517 sy invloed op die geestelike, politieke en staatkundige lewe van We-Europa laat geld het.

Willem was die oudste seun en het in die magtige keiser Karel V (van Spanje) se guns gestaan, ten gevolge waarvan die toekomstige jong prins in die keiserlike kring opgeneem en teen sy ouers se sin Rooms-Katoliek opgevoed is. Op jeugdige leeftyd erf hy die prinsdom Oranje, word prins Willem van Oranje en in 1555 stadhouer (verteenwoordiger van die keiser) van die provinsies Holland, Seeland en Utrecht.

Tien jaar later word Karel V deur sy seun Filips II, ‘n fanatiese Spaanse Rooms-Katoliek, opgevolg, wat spoedig maatreëls deurgevoer het ter onderdrukking van godsdienstige en burgerlike vryhede van die Protestante. Prins Willem se verset daarteen was die begin van ‘n moeisame stryd waarin hy Nederland se bevryder sou word. Hy lei die protes van die Nederlandse edeles en word die siel van die verset teen die diktatoriale onderdrukking uit Spanje.

Die gewapende stryd het in 1568 begin en geduur tot 1648. Prins Willem het nou ‘n oortuigde Calvinis geword, die meeste van sy kosbare skatte verkoop of verpand om geld te kry vir die stryd teen Spanje tot die dood toe. Spanje plaas ‘n prys van 25 000 goue krone op sy hoof. Hy oorleef talle aanslae, dog op 10 Julie 1584 skiet ‘n Spaanse huursoldaat, Balthazar Gerards, hom verraderlik dood.

Die laaste woorde van prins Willem was: “Ag, Heer, wees my siel genadig en beskerm my arme volk!” Prins Willem van Oranje het nie vrugteloos gesterf nie. Die stryd wat hy begin het, het die weg gebaan vir die uiteindelike vryheid van die Nederlandse volk, hulle godsdiensvryheid en staatkundige soewereiniteit.

Hy het die stryd gevoer in ‘n gees van hoë en milde verdraagsaamheid en aan die Nederlandse volk ‘n kosbare geestelike en kulturele erfenis nagelaat. Nie net aan Nederland nie, maar ook aan die Westerse kultuur en deur Jan van Riebeeck aan die Afrikaanse Boerevolk, wat vandag nog die Protestants-Calvinistiese grondslae nastrewe waarvoor prins Willem van Oranje gestry, gely en gesterf het.

Ben Kruger
24 May 2011, 22:28
25 April

1719 - Robinson Crusoe word deur Daniel Defoe gepubliseer.
1961 - Robert Noyce verkry die eerste patent vir 'n geďntegreerde stroombaan.
1981 - Meer as 100 werkers word blootgestel aan bestraling gedurende herstelwerk aan 'n kernkragstasie in Tsuruga, Japan.
1983 - 'n Amerikaanse skoolmeisie, Samantha Smith, word deur die Sowjet leier Yuri Andropov uitgenooi om die Sowjet-Unie te besoek nadat hy haar brief gelees het waarin sy haar vrese vir 'n kern-oorlog beskryf.
1983 - Pioneer 10 reis verby Pluto se wentelbaan.

25 April
1949
Maatskappy vir Europese Immigrasie gestig

Die inskakeling by die gemeenskapslewe van sy nuwe vaderland verloop vir geen immigrant sonder probleme nie. Daarom het die owerheid die MEI, wat in Mei 1949 as nutsmaatskappy geregistreer is, versoek om aandag te gee aan die inskakeling probleme van immigrante. Met sy hoofkantoor in Pretoria en nege streekkantore deur die land, beywer die MEI hom daarvoor om die immigrant direk na sy aankoms met simpatieke immigrante vriende in verbinding te stel en om hom deur basiese oriëntering met betrekking tot die belangrikste probleem vlakke, vertroud te maak met die Suid-Afrikaanse leefwyse en die Afrikaner se lewens- en węreldbeskouing. Hierin werk die Afrikaanse kerke en nasionale kultuurorganisasies saam. Die doel hiervan is om die immigrant so gou moontlik geestelik, opvoedkundige en kultureel-maatskaplike lewe tuis te maak in die Afrikaner se kerk, skool en kultureel-maatskaplike lewe. Besondere aandag word gegee aan die immigrante vrou en –kind d.m.v. demonstrasies, kursusse, lesings, uitstappies, kampe, ens., terwyl daar ook gepoog word om die immigrant se bydrae tot die samelewing in Suid-Afrika te beklemtoon. Die einddoel is om die immigrant as vreemdeling, volledig te assimileer.

25 April
1905
Schalk J. Botha gebore

Schalk Jacobus Botha, gebore in die Potchefstroomse distrik is op 22 Oktober 1978 in Pretoria oorlede, nadat hy sy lewe gewy het aan die uitbouing van die Afrikaanse kultuur en die vestiging van die Afrikaner op ekonomiese gebied. Hy het sy loopbaan as onderwyser begin, maar in 1944 uitgetree om hom heeltyds aan volksake en die sakelewe te wy. As sekretaris van die Voortrekker eeufeeskomitee in 1938 en as lid van die Inwydingskomitee en hoof kampkommandant in 1949 het hy dwarsoor Suid-Afrika bekend geword as kultuurleier, ‘n taak wat hy met oorgawe tot aan die einde van sy lewe vervul het. In 1948 het hy, as sekretaris van die Duitse Kinderfonds, 83 Duitse wesies vir wetlike aanneming na Suid-Afrika gebring, ‘n taak wat hy dikwels as sy grootste bevrediging beskryf het. Benewens sy talle ander verpligtinge, was hy lid van die FAK-Hoofbestuur, voorsitter van die Afrikaans-Duitse Kultuur unie, en van die Interkerklike Anti-kommunistiese Aksiekomitee (Antikom). Sy belangstelling in die Afrikaner se ekonomiese toekoms strek terug na die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939. Teen die einde van sy lewe het hy in nie minder nie as 32 direksies van Afrikaanse ondernemings gedien.

25 April
1804
De Mist stig Uitenhage

Die nuwe landdrosdistrik, Uitenhage is na die kommissaris J.A. van Uitenhage de Mist Genoem. Na ‘n lang reis deur die kolonie tussen Oktober 1803 en Maart 1804 het die kommissaris besluit om twee nuwe distrikte, te wete Tulbagh en Uitenhage, in die lewe te roep. De Mist het belangrike administratiewe veranderings aangebring en belangrike hervormings op godsdienstige en opvoedkundige terrein aanbeveel. Ongelukkig het min van die mooi planne tereggekom, omdat die Kaap in 1806 weer deur die Engelse beset is

25 April
1801
Frederick Logier gebore

Hierdie Duitse musiekonderwyser van Kaapstad, wat in Cavan, Ierland, gebore is, was in die 19de eeu onder meer medestigter van die Logeriaanse Musiekakademie in Kaapstad, waar ‘n hoë standaard van musiekonderrig gehandhaaf is. Hy was die komponis van die eerste musiek wat in Kaapstad gedruk is, was orrelis in verskeie Kaapse kerke en van 1856 to 1867 in die Grootse Kerk. Hy het in die eerste jare besondere belangstelling vir musiekonderwys gewek. Hy sterf op 11 Oktober 1867 in Kaapstad.

Ben Kruger
24 May 2011, 22:46
26 April

1962 - Die Ranger 4-ruimtetuig bots teen die maan.
1964 - Tanganjika en Zanzibar smelt saam om Tanzanië te vorm.
1986 - In die Oekraďne ontplof een van die reaktors by die Tsjernobil-kernkragstasie en veroorsaak die węreld se ergste kernkragongeluk. 31 mense sterf as direkte gevolg van die ongeluk en duisende meer word blootgestel aan hoë vlakke van radio-aktiewe materiaal.
1994 - Suid-Afrika se eerste veelrassige verkiesing vind plaas.

26 April
1900
Dr. W.H.J. Punt gebore

Willem Henry Jacobus Punt is in Pretoria gebore. As seun van Hollandse immigrante, studeer hy aanvanklik aan die staatsgemnasium in Amsterdam en later in Pretoria, waar hy in 1918 matrikuleer. In 1923 behaal hy die BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en twee onderwysdiplomas; in 1932 die MA-graad in Aardrykskunde en in 1953 die PhD-graad aan die Universiteit van Stellenbosch met sy baanbrekerswerk Louis Trichardt se laaste skof. Vanweë sy liefde vir die behoud van die historiese oudhede en erfenisse in Suid-Afrika word dr. Punt in 1959 beginner, stigter en direkteur van die Stigting Simon van der Stel, wat hom onder meer ten doel stel om belangrikste historiese geboue van sloping te red, te bewaar en te restoureer. In 1974 tree hy uit as direkteur. Dr. Punt was stigter van die Louis Trichardttrek-Monumentfonds, wat hom en sy komitee in staat gestel het om die Trichardt gedenktuin in die destydse Lourenco Marques aan te lę. In 1967 word hy deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met ‘n erepenning vereer vir kultuurhistoriese prestasie, “vir volhardende navorsing, jarelange onvermoeide ywer, taai wilskrag en hooggestemde idealisme”. Dr. Willem Punt is ‘n rustelose denker en ‘n navorser by uitstek. Met meer as honderd wetenskaplike publikasies van kultuurhistoriese aard, word hy vandag geroem as een van die grootste kultuur historici wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

26 April
1887
Dr. Anna Petronella van Heerden gebore

Dr. Petronella van Heerden was ‘n pionier in die ware sin van die woord. Sy was die eerste Afrikanervrou wat as geneesheer gekwalifiseer het (Amsterdam 1915), as geneesheer in Suid-Afrika gepraktiseer het, en haar proefskrif (vir haar doktorsgraad in ginekologie in Amsterdam in 1922) in Afrikaans geskryf het. Sy was ook skryfster, onder ander van die bekende Kers snuitsels, en ‘n Afrikanervrou wat enduit die Afrikaner bygestaan en hoër help vorder het. Waar sy self uitgestyg het, moes haar volksgenote ook kom staan.

26 April
1679
Kasteel voltooi

Die Kasteel De Goede Hoop is die oudste bestaande gebou uit die blanke vestigings tyd in Suid-Afrika. Bouwerk aan die Kasteel het in 1666, onder die bewind van kommandeur Zacharias Wagenaar, begin. Dit moes die bouvallige en swak geleë Fort wat Jan van Riebeeck kort na sy aankoms in 1652 langs Tafelbaai laat oprig het vervang. In 1664, aan die vooraand van Nederland se Tweede See-oorlog (1665 tot 1667) teen Brittanje, het die Here XVII opdrag gegee dat ‘n duursame klipvesting die Fort moet vervang. Die ontwerp van die Kasteel is waarskynlik aan die voorskrifte van die Franse vestingboukundige Sebastiaan de Vauban, of die bekende Nederlandse fortifikasie-argitek Menno van Coehoorn, ontleen. Die ligging van die Kasteel is in 1665 deur Isbrand Goske vesting-deskundige, saam met ingenieur Pieter Bombaer aangewys. Die bouwerk het met wisselende tempo gevorder, maar nadat Goske in 1672 as eerste goewerneur aan die Kaap aangestel is, het hy persoonlik oor die bouwerk toesig gehou. Voltooide dele van die Kasteel is in 1674 vir die eerste keer betrek, maar die bouwerk sou eers in 1679 afgehandel word. Die Politieke Raad het op 26 April van daardie jaar besluit om die vyf voltooide bolwerke of punte van die Kasteel na die titels van die Prins van Oranje te noem, nl. Buren (noord), Catsenellenbogen (oos), Nassau (suidoos), Oranje (suid) en Leerdam (wes). Dit was ‘n heuglike dag vir die bouers en beplanners van die Kasteel. Verdere toevoegings het later gevolg. In 1680 het die gesagvoerder Simon van der Stel sy intrek in die Kasteel geneem. In April 1684 is ‘n uwe ingang aan die landkant van die Kasteel, tussen die bolwerke Buren en Leerdam, voltooi. Die oorspronklike ingang van die seekant is toegebou. In 1691 is ‘n breë dwarsmuur, bekend as die Kat, opgerig om die Kasteel inwendig te versterk. Die benaming Kat was ‘n term wat in die vestingboukunde gebruik is vir ‘n hoë konstruksie waardeur die omliggende gebied bespied en beskiet kan word. Teen hierdie dwarsmuur is daar vertrekke aangebou vir die sittings van die Politieke Raad en Raad van Justisie en ‘n groot saal vir kerkdienste en sosiale byeenkomste. Die Kasteel was in die 18de en vroeë 19de eeu die middelpunt van die Kaapse samelewing. Dit sou jare lank diens doen as regering sentrum, militęre hoofkwartier, woning van amptenare, ambag kwartier, magasyn en pakhuis, siekehuis, gevangenis en plek van openbare teregstelling. Onder die talle mense wat in die Kasteel gevange gehou is, was die kleurryke Adam Tas, onder die bewind van W.A. van der Stel, en Adriaan van Jaarsveld, in die eerste Britse bestuurstyd. Die Donker Gat, diep onder die bolwerk Catzenellenbogen, was die berugste onderaardse plek van aanhouding. Vandag is die Kasteel nog die hoofkwartier van die Kommandement Westelike Provinsie van die Suid-Afrikaanse Weermag. In 1936 is die Kasteel amptelik tot historiese monument verklaar om sy voortbestaan as kultuurhistoriese gedenkwaardigheid te beveilig. Dit is gepas dat die grondplan van die Kasteel, ons land se oudste bestaande militęre vesting en simbool van die vroeë Westerse volksplanting, vandag as amptelike embleem van die Suid-Afrikaanse Weermag dien.

Ben Kruger
24 May 2011, 22:55
27 April: Vryheidsdag in Suid-Afrika

1521 - Ferdinand Magellan word deur inboorlinge van die Filippyne doodgemaak.
1565 - Cebu word gevestig en word die eerste Spaanse vesting in die Filippyne.
1941 - Tweede Węreldoorlog: Duitse troepe val Athene binne.
1950 - Apartheid: In Suid-Afrika word die Groepsgebiedewet goedgekeur en rasse word formeel geskei.
1961 - Sierra Leone verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.

27 April
1918
Adres van waardering aan genl. J.B.M. Hertzog toegeken

Onder hierdie datum is ‘n adres van waardering aan genl. Hertzog gerig. Dit is deur C.J. Langenhoven as voorsitter van die distriksbestuur, Oudtshoorn van die Nasionale Party onderteken. Daarin word Hertzog hartlik welkom geheet op die dorp en word hy as politieke leier, taalstryder en getroue burger besing. Hy word aangemoedig om te bly veg sodat die Afrikanersaak verder bevorder kan word, sodat Suid-Afrika daarby kan baat vind, sodat die land van die Europese roeringe ietwat los gemaak kan word, sodat kleur probleme opgelos kan word en sodat die Afrikaner sy ekonomiese agterstand kan afskud. In Afrikanergeledere is die oorhandiging van adresse ‘n besondere manier van erkenning. Dit getuig van agting en vertroue. Dit is ‘n wyse waarop ‘n volk sy standpunt en behoefte of vrees openbaar maak. Dit is waardevolle eietydse dokumente. Dit openbaar taalkundige fasette, en plaaslike gesteld hede op vele terreine. Meer keer dui dit ook op ‘n bepaalde kunssinnige beskouing – vorm, kleure, aard van die papier, lettertipes, ensomeer. Op die koop toe dien adresse ten opsigte van ‘n verskeidenheid aangeleenthede as belangrike historiese bronne.

27 April
1908
Jac. J. Brits gebore

Johannes Jacobus Brits het hom aanvanklik op skryfwerk van ‘n ernstige aard toegelę. Hy pak egter ontspanningslektuur aan toe hy die tekort daaraan in Afrikaanse besef. Sommige van sy boeke is aan skole en universiteite voorgeskryf. Hy behaal egter veral sukses met jeugverhale. Hy is in die distrik Bloemhof gebore, matrikuleer op Reddersburg en studeer aan die GUK. Hy boer ‘n ruk voor hy staatsamptenaar word. In 1947 begin hy by Unisa werk en word mettertyd hoofraadgewer in die Departement Studentesake. Sedert 1946 is hy lid van die hoofbestuur van die Afrikaanse Skrywerskring en ook jare lank voorsitter. Onder sy talle boeke is daar Agter die rant (1948), Die gesin Serfontein (1962), As broers saamwoon (1964) en Dokter Gerhard (1965).

27 April
1902
Dr. H.J. van Eck gebore

Hendrik Johannes van Eck wat met reg beskou kan word as die vader van die Nywerheidswese in Suid-Afrika, is op Kimberley gebore. Onder sy besielende en geďnspireerde leiding, veral as voorsitter van die NOK, is positiewe gestalte verleen aan die Suid-Afrikaanse Nywerheidswese. Hy is op 19 Februarie 1970 oorlede.

27 April
1897
Chris Blignaut gebore

Met sy voordrag van ligte, humoristies Afrikaanse liedjies, wat hy self op die ukelele begelei het, het Chris August Blignaut groot populariteit geniet en die hele land in die twintiger-dertigerjare deurreis. Die plate wat hy gemaak het het groot aftrek gekry en ‘n groot rol gespeel om die Afrikaner se sanglus aan te wakker en hom aan te spoor om in sy eie taal te sing. Hy is op 21 Julie 1974 oorlede. Die humoristiese en platvloerse het dikwels vir Afrikaanse ‘n deurbraak op nuwe terreine gemaak, omdat Nederlands aanvanklik gereserveer was vir die ernstiger, dieper dinge. In ‘n tyd toe populęre sang gedreig het om heeltemal te verengels en die Afrikaner gekondisioneer is om sy eie taal te verag, het Chris Blignaut se vrolike en selfversekerde sang die volk aangegryp en die besef laat posvat dat dit lekker is om in Afrikaans te sing.

27 April
1885
Dr. Karl Bremer gebore

Karl Bremer is op Hopefield gebore en was ‘n leidende medikus en politikus. Van 1951 tot 1954 was hy Minister van Gesondheid in die kabinet van dr. D.F. Malan. Hy het hom beywer vir die verryking van basiese voedsel soos brood, wat die sogenaamde “Bremerbrode” tot gevolg gehad het. Hy sterf in Kaapstad op 18 Julie 1953. Die Karl Bremer hospitaal in Bellville is na hom genoem.

Ben Kruger
24 May 2011, 23:01
28 April

1920 - Azerbaidjan word by die Sowjet-Unie ingelyf en die Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek word gestig.
1937 - Gebore: Saddam Hussein, president en diktator van Irak.
1945 - Benito Mussolini en Clara Petacci word doodgeskiet terwyl hulle uit Italië probeer vlug.
1952 - Die Verenigde State se besetting van Japan word beëindig.
1969 - Charles de Gaulle bedank as President van Frankryk.

28 April
1945
Die CNO-Bewaarskool word in Pietermaritzburg geopen

Die beperking op moedertaalonderrig het groot ontevredenheid onder die Afrikaners van Natal ontketen. Uit protes teen hierdie beperking van Afrikaans as taalmedium vir onderrig, is daar op 7 Februarie 1944 in die stadsaal van Pietermaritzburg onder luide applous eenparig besluit om ‘n eie CNO-Bewaarskool in die stad te stig. Kragte is gekoördineer, en die Nasionale Instituut vir Onderwys en Opvoeding van die FAK het in samewerking met die Natalse Aksiekomitee besluit om oor te gaan tot die aankoop van ‘n geskikte perseel in Pietermaritzburg waar die CNO-Bewaarskool opgerig sou word. Daar is daadwerklik oorgegaan tot die insameling van geld, en die nodige bedrag is spoedig ingesamel. ‘n Gebou is vir die bedrag van Ł5 500 aangekoop, en op 28 April 1945 is die CNO-Voortrekker-Bewaarskool amptelik deur prof. J.C. van Rooy en dr. E. Greyling geopen.

28 April
1896
W.E.G. Nicolaď oorlede

Willem Frederik Gerard Nicolaď is die komponis van die Vrystaatse Volkslied. Hy was direkteur van die Musiekkonservatorium in Den Haag en ‘n bekende komponis in Nederland. Die lied is op 24 Februarie 1866 die eerste keer in Bloemfontein gesing en die volgende dag deur die Volksraad tot amptelike Volkslied verklaar. In 1879 het Nikolaď ter ere van die 25-jarige bestaan van die OVS ‘n Nasionale Feestarsch gekomponeer waarin hy die melodie van die Volkslied ook gebruik het. Nicolaď is op 20 November 1829 gebore en het nooit Suid-Afrika besoek nie. Die ontstaan van die Vrystaatse Volkslied is aan Hendrik Antonie Lodewyk Hamelberg te danke. Adv. Hamelberg is in Nederland gebore en opgelei en het hom in 1856 in die Vrystaat gevestig, waar hy ‘n belangrike rol in die administrasie en die politiek van die Republiek gespeel het. Nadat hy in 1871 na Nederland teruggekeer het, het hy as konsul-generaal van die OVS diens gedoen. Hy het die woorde van die Volkslied tydens die Tweede Basoetoe-Oorlog geskryf en Nicolaď oorgehaal om dit te toonset.

28 April
1889
Hendrika (Rikie) Postma gebore

Sy was die oudste kind van Stephanus Postma en Johanna Slijkhuis. Sy erf haar kunssin van albei haar ouers en ontvang haar skoolonderrig op Burgersdorp en Middelburg (Kaap). Nadat sy in die eksamen vir kwekeling onderwyseresse geslaag het, gee sy ‘n kort rukkie onderwys. Koorssiekte dwing haar om dit te laat vaar, en sy sit haar studie tuis voort. Van Mei tot November 1937 besoek sy as reisgesellin van prof. J.D. du Toit en sy eggenote die Heilige Land. Sy toon ‘n lewendige belangstelling in die Ossewa-trek van 1938. Sy het die voorstel gedoen dat die waens na Voortrekker heldinne genoem word, dat die spore van die osse en van die wawiele by die fees terreine in sement afdrukke vasgelę word, en dat op die dorpe langs die trekpad gemesselde klipstapels met brons plaatjies opgerig word. Dit was haar begeerte as skryfster om kinders bewus te maak van die skoonheid van die Bybel, soos gesien kan word in Lig uit die Ooste. Sy vertel van oudhede in Kaapstad in Ou dae en dinge en skryf ook drie toneelstukkies en onder meer ‘n kinderverhaal, Elsie, die veldkindjie, waarin sy daarin slaag om die kinderverbeelding aan te gryp. ‘n Aantal hoorspele en talle populęre artikels in dagblaaie en tydskrifte het uit haar pen verskyn.

Kan iemand iets oor die Groot Ossewa Trek van 1938 byvoeg sover ek weet het dit op die dag plaas gevind.

Ben Kruger
24 May 2011, 23:10
29 April

1672 - Louis XIV van Frankryk val die Nederlande binne.
1945 - Tweede Węreldoorlog: Die Duitse weermag in Italië gee oor aan die Geallieerdes.
1945 - Adolf Hitler trou met Eva Braun in 'n Berlynse bomskuiling en hy wys admiraal Karl Dönitz aan as sy opvolger.
1945 - Die konsentrasiekamp by Dachau word deur troepe van die Verenigde State bevry.

29 April
1961
Doodkry is min – bekend gestel

Na die FAK se reeks Wonder van Afrikaans-feestelikhede in 1959 het hy sy rolprent oor Afrikaans, Doodkry is min, bekend gestel by ‘n premiere op 19 April 1961 by die Amfiteater van die Voortrekkermonument in Pretoria, waar 40 000 mense – die grootste rolprent gehoor nog ooit in Suid-Afrika – saamgetrek was. In daardie jaar is die rolprent by haas elke inrybioskoop in die land vertoon en is dit na raming deur ruim ‘n miljoen mense gesien. Daarna is dit nog ongeveer 600 keer vertoon, ook in ander lande in Afrika en Europa, wat die kykertal tot in 1978 op minstens twee miljoen te staan gebring het. Doodkry is min gee ‘n historiese uitbeelding van die ontstaan, die ontwikkeling en stryd om voortbestaan van die Afrikaanse taal seder die volksplanting in 1652. (Het iemand dalk 'n idee of ons nog die ding kan sien?)

29 April
1875
Begin van die Dorslandtrek

Teen die tyd het ‘n aantal Transvaalse Boere begin om Transvaal te verlaat o p soek na ‘n beter tuiste iewers in die onbekende binneland. Die eerste trekgroep het onder leiding van Gert Alberts gestaan en was deeglik georganiseer. Die elf families wat die voortou geneem het en wat later as ‘n rampspoedige onderneming sou blyk, het daarin geslaag om met redelike sukses tot by die Ngamimeer te trek. Dit was egter die groep wat hierna onder leiding van Jan Greyling en Louw du Plessis langs die Krokodilrivier versamel het, wat die grootste teëspoed sou ervaar. Na veel oponthoud het 480 blankes en ‘n aantal bediendes met 128 waens en 1 058 trekosse in April 1877 die Kalahari aangedurf. Van die begin was daar al onderlinge tweespalt. Boonop was die trek geheel en al te groot vir ‘n roete waar water uiters skaars was. Op plekke moes die water lepelsgewys uitgedeel word, of modder deur handdoeke en hemde gedruk word vir vogtigheid. Die meeste van die vee is in die proses verloor en 37 mense het die eerste twee maande hul lewens gelaat. Vele sou nog later sterf. ‘n Derde, dog kleiner trek het kort hierna die Kalahari veilig deurgedring. Maar die Trek as sodanig is eers grootliks beëindig toe grondgebied teen 1881 in Angola van die Portugese owerheid verkry is.

29 April
1868
Regter F.E.T. Krause gebore

Frederick Edward Traugott Krause gebore Bloemfonteiner, bekwaam hom in die regte in Amsterdam en Engeland, word daarna aanklaer in die ZAR. Met die uitbreek van die Engelse Oorlog word hy as kommandant van die Rand aangestel en verhoed dat die goudmyne opgeblaas word. Hy vertrek om gesondheidsredes na Engeland, maar word van hoogverraad aangekla en 2 jaar tronkstraf opgelę. Hy keer terug en bou ‘n florerende praktyk in Johannesburg op en word ook in die Stadsraad en die Wetgewende Vergadering verkies. In 1915 verdedig hy genl. De Wet tydens sy rebellie-verhoor en ook die stakers in 1922. Hy tree in 1923 tot die Transvaalse regbank toe en vanaf 1933 tot en met sy aftrede in 1938 is hy Regterpresident van die Vrystaatse regbank. Hy is op 23 Augustus 1959 oorlede.

(Ek het al iewers gehoor van Oupa Krauze...is dit dieselfde persoon?)

Ben Kruger
24 May 2011, 23:15
30 April
Portrait of George Washington.jpeg

1789 - George Washington lę 'n eed af om die eerste verkose President van die Verenigde State te word.
1945 - Adolf Hitler en Eva Braun pleeg selfmoord nadat hulle getroud was vir een dag.
2001 - Dennis Tito, die eerste 'ruimtetoeris', vertrek in 'n Russiese vuurpyl na die Internasionale ruimtestasie.

30 April
1974
Nunez Holtzhausen oorlede

Johanna Suzanna Holtzhausen, koloratuursangeres en voormalige lid van die FAK se Musiek komitee, het in die dertigerjare heelwat plate gemaak en veel gedoen om die Afrikaanse lied en goeie sang te bevorder. Sy is op 22 Mei 1886 gebore.

30 April
1962
Dr. M.P.O. Burgers oorlede

Marius Philip Olivier Burgers, gebore op 23 April 1909, het letterlik in die tuig gesterf. Hy is agter die mikrofoon oorlede, terwyl hy besig was om ‘n huldeblyk aan wyle Pieter de Waal op te neem. Sy eerste kennismaking met die radio was in 1924, toe hy ‘n opstel wedstryd oor Die gebruik en Waarde van die Draadloos gewen het. Na voltooiing van sy studie aan die Universiteit van die Witwatersrand is hy in 1930 aangestel as deeltydse tweetalige omroeper. Hy was een van die eerste heeltydse omroepers van die Afrikaanse Radiodiens. Tot sy afsterwe was hy streekbestuurder van die SAUK in Wes-Kaapland. Hy was ook ‘n kenner van die Engelse taal en het jare lank die rubriek Knap u Engels op op Donderdae in die Afrikaanse Radiodiens aangebied. Sy MA-verhandeling het oor die Afrikaanse taal reus Langenhoven gehandel.

30 April
1961
Adv. C.R. Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van SA

Die onafhanklikheid strewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke art. 4 verander toe vir die eerste keer daarin bepaal is dat onafhanklikheid in ‘n republikeinse staatsvorm verkry moet word. Die hoof van so ‘n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv. C.R. Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, ‘n pos wat hy op hierdie datum neergelę het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.

30 April
1913
D.J. Erasmus oorlede

Daniël Jacobus Erasmus is op 5 April 1830 in die distrik Bedford gebore. Nadat president M.W. Pretorius in 1871 bedank het, word Erasmus tot waarnemende Transvaalse Staatspresident verkies. As kommandant neem hy ook in 1883 aan die Mapog-oorlog deel. Hy is op Bethal oorlede.

30 April
1749
Jacob Abraham Uitenhage de Mist gebore

As regsgeleerde en lid van die Asiatiese Raad, het hy op 1 Maart 1803 as Kommissaris-generaal die bewind van Kaap die Goeie Hoop oorgeneem. Liberale hervorming wat hy geproklameer het, sluit o.m. in: ‘n sentrale regering beliggaam in die Politieke Raad, ‘n Rekenkamer, Boedelkamer en Raad van Justisie; leningsbanke is georganiseer; vryhandel is bevorder; ‘n gemeenteraad (stadsraad) vir Kaapstad is ingestel; die Kerkorde van 25.7.1804 het Kerk en Staat geskei, maar die oppergesag van die Staat is gehandhaaf; met die Skoolorde van 11.9.1804 is die regstreekse invloed van die Kerk uitgeskakel en is sekulęre onderwys onder staatsbeheer geplaas; nasionaal-gerigte onderwys is bevorder; die buite distrikte se geregtelike en politieke bestuur is ingrypend en doeltreffend gewysig: die landdrosdistrikte Uitenhage en Tulbagh is gestig, die landdroste en heemrade se funksies is omskrywe, die finansiële administrasie is doeltreffender gereël, grondbesit en die leningsplaas stelsel is verbeter, veldkornette se gesag is uitgebrei en elke Drostdy het kommissarisse vir huweliksake gekry; die afskaffing van die Hottentot korps is oorweeg omdat dit ondoeltreffend was; ‘n stelsel van vrye arbeids kontrakte vir Hottentotte by koloniste is ingestel; goedgekeurde sendinggenootskappe is toegelaat om met die ondersteuning en onder toesig van die owerheid te arbei; koloniste en nie-blanke stamme aan die Oos-grens is geskei; nie-blanke kapteins se seuns sou elementęre landbouonderrig ontvang om die beskawing onder die nie-blanke stamme te bevorder. De Mist het in Februarie 1805 die Kaap verlaat en na Nederland teruggekeer, waar hy op 3 Oktober 1823 oorlede is.

Ek sal weer later opvang met die draad. Verskoon my vir eers. BPK

Ben Kruger
24 May 2011, 23:16
30 April
Portrait of George Washington.jpeg

1789 - George Washington lę 'n eed af om die eerste verkose President van die Verenigde State te word.
1945 - Adolf Hitler en Eva Braun pleeg selfmoord nadat hulle getroud was vir een dag.
2001 - Dennis Tito, die eerste 'ruimtetoeris', vertrek in 'n Russiese vuurpyl na die Internasionale ruimtestasie.

30 April
1974
Nunez Holtzhausen oorlede

Johanna Suzanna Holtzhausen, koloratuursangeres en voormalige lid van die FAK se Musiek komitee, het in die dertigerjare heelwat plate gemaak en veel gedoen om die Afrikaanse lied en goeie sang te bevorder. Sy is op 22 Mei 1886 gebore.

30 April
1962
Dr. M.P.O. Burgers oorlede

Marius Philip Olivier Burgers, gebore op 23 April 1909, het letterlik in die tuig gesterf. Hy is agter die mikrofoon oorlede, terwyl hy besig was om ‘n huldeblyk aan wyle Pieter de Waal op te neem. Sy eerste kennismaking met die radio was in 1924, toe hy ‘n opstel wedstryd oor Die gebruik en Waarde van die Draadloos gewen het. Na voltooiing van sy studie aan die Universiteit van die Witwatersrand is hy in 1930 aangestel as deeltydse tweetalige omroeper. Hy was een van die eerste heeltydse omroepers van die Afrikaanse Radiodiens. Tot sy afsterwe was hy streekbestuurder van die SAUK in Wes-Kaapland. Hy was ook ‘n kenner van die Engelse taal en het jare lank die rubriek Knap u Engels op op Donderdae in die Afrikaanse Radiodiens aangebied. Sy MA-verhandeling het oor die Afrikaanse taal reus Langenhoven gehandel.

30 April
1961
Adv. C.R. Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van SA

Die onafhanklikheid strewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke art. 4 verander toe vir die eerste keer daarin bepaal is dat onafhanklikheid in ‘n republikeinse staatsvorm verkry moet word. Die hoof van so ‘n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv. C.R. Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, ‘n pos wat hy op hierdie datum neergelę het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.

30 April
1913
D.J. Erasmus oorlede

Daniël Jacobus Erasmus is op 5 April 1830 in die distrik Bedford gebore. Nadat president M.W. Pretorius in 1871 bedank het, word Erasmus tot waarnemende Transvaalse Staatspresident verkies. As kommandant neem hy ook in 1883 aan die Mapog-oorlog deel. Hy is op Bethal oorlede.

30 April
1749
Jacob Abraham Uitenhage de Mist gebore

As regsgeleerde en lid van die Asiatiese Raad, het hy op 1 Maart 1803 as Kommissaris-generaal die bewind van Kaap die Goeie Hoop oorgeneem. Liberale hervorming wat hy geproklameer het, sluit o.m. in: ‘n sentrale regering beliggaam in die Politieke Raad, ‘n Rekenkamer, Boedelkamer en Raad van Justisie; leningsbanke is georganiseer; vryhandel is bevorder; ‘n gemeenteraad (stadsraad) vir Kaapstad is ingestel; die Kerkorde van 25.7.1804 het Kerk en Staat geskei, maar die oppergesag van die Staat is gehandhaaf; met die Skoolorde van 11.9.1804 is die regstreekse invloed van die Kerk uitgeskakel en is sekulęre onderwys onder staatsbeheer geplaas; nasionaal-gerigte onderwys is bevorder; die buite distrikte se geregtelike en politieke bestuur is ingrypend en doeltreffend gewysig: die landdrosdistrikte Uitenhage en Tulbagh is gestig, die landdroste en heemrade se funksies is omskrywe, die finansiële administrasie is doeltreffender gereël, grondbesit en die leningsplaas stelsel is verbeter, veldkornette se gesag is uitgebrei en elke Drostdy het kommissarisse vir huweliksake gekry; die afskaffing van die Hottentot korps is oorweeg omdat dit ondoeltreffend was; ‘n stelsel van vrye arbeids kontrakte vir Hottentotte by koloniste is ingestel; goedgekeurde sendinggenootskappe is toegelaat om met die ondersteuning en onder toesig van die owerheid te arbei; koloniste en nie-blanke stamme aan die Oos-grens is geskei; nie-blanke kapteins se seuns sou elementęre landbouonderrig ontvang om die beskawing onder die nie-blanke stamme te bevorder. De Mist het in Februarie 1805 die Kaap verlaat en na Nederland teruggekeer, waar hy op 3 Oktober 1823 oorlede is.

Ek sal weer later opvang met die draad. Verskoon my vir eers. BPK

Ben Kruger
6 Sep 2011, 13:20
Mei 1
1955
Trust-Bank gestig

Met die stigting van die Trust-Bank van Afrika Beperk, is ‘n Afrikaanse bankinstelling in die lewe geroep wat spoedig sou groei tot een van die “vyf groot” banke in Suid-Afrika.

Mei 1
1933
Stigting van Spesiale Diensbataljon (SDB)

Hierdie militęre eenheid is op voorstel van kol. Sir Pierre van Ryneveld en onder beskerming van Oswald Pirow, Minister van Verdediging, in samewerking met die Departement van Arbeid, gestig om opleiding aan jong mans te verskaf wat as gevolg van die ekonomiese depressie geen geskikte werk kon vind nie.

Lt. –kol George E. Brink was die stigter en eerste bevelvoerder van die bataljon.

Benewens die bataljon op Roberts hoogte (vandag Voortrekkerhoogte), is daar in 1934 ook kompanies in Durban en Kaapstad gestig. Persone wat hulle opleiding voltooi het, onder wie baie Afrikanerseuns, is hoofsaaklik deur die Unie-Verdedigingsmag, die Suid-Afrikaanse Spoorweë en die Suid-Afrikaanse Polisie in diens geneem. Met die uitbreek van die Tweede Węreldoorlog in 1939 is lede van die Spesiale Diensbataljon na eenhede gestuur wat versterking nodig gehad het, sodat baie van hulle in Oos-Afrika, Abessinië, die Midde-Ooste en Italië aan krygsverrigtinge deelgeneem het.

Op 18 Oktober 1946 is die Spesiale Diensbataljon as eenheid van die Unie-Verdedigingsmag ontbind. Die gimnasium van die Suid-Afrikaanse Leër, lugmag en Vloot het egter uit die Spesiale Diensbataljon voortgevloei.

Mei 1
1882
Hollands in Kaapse Parlement toegelaat

Vanweë Brittanje se verengelsingsbeleid seder 1806, het die Kaaplandse Hollanders wat daaraan blootgestel is, weldra tot verset gekom. Reeds op 13 Mei 1857 het dr. Tancred ‘n versoekskrif van die distrik Albert (Burgersdorp) aan die Wetgewende Vergadering voorgelę waarin versoek is dat lede van die Parlement ook Nederlands in die debatte mag besig. Ruim twintig jaar later skryf Die Patriot ook oor die verkeerde toedrag van sake en verseker dat “so lank as die Parlement in Engels gehou word, sal dit nooit beter gaan nie”. In 1881 het die koerant ‘n bondgenoot in die Kaapse Sinode gevind, wat besluit het om petisies te laat teken met die oog op die verkryging van gelyke regte vir Hollands. Duisende handtekeninge word versamel. Op inisiatief van J.H. Hofmeyr (Onze Jan) het ds. W.P. de Villiers op 7 Junie 1881 ‘n mosie ingedien wat nie tot stemming gebring kon word voordat die Parlement verdaag het nie. In 1882 is vęrdere versoeke gevolglik gerig. Die hele aangeleentheid het weldra ‘n groot politieke twis ontketen – ‘n rusie wat met Hollands weinig te doen gehad het en veel met Jan Hofmeyr, premier Scanlen, John X. Merriman en ander. Op 30 Maart 1882 het Hofmeyr, ‘n skitterende pleidooi gelewer. Die saak is deur Saul Solomon verder gevoer. Bo alle verwagting was daar byna geen teenkanting toe die saak finaal voorgelę is nie en op 1 Mei 1882 is die wetsontwerp deur die Laerhuis aangeneem. Op 9 Mei 1882 is die wetsontwerp deur die Laerhuis aangeneem. Op 9 Junie 1882 was dit wet. J.G. Luttig was die eerste lid wat amptelik in Hollands gepraat het. Lank daarna was daar nog kritiek van Engelstalige kant teen die wetgewing, maar Hollands het onkeerbaar veld gewen. Die een amptelike terrein na die ander het vir Hollands begin oopgaan. Teen 1890 reeds was Hollands in byna elke opsig formeel gelyk met Engels geplaas. Hieruit sou Afrikaans en die Afrikaner weer na vore beur.


Mei 1
1859
Dr. W.J. Leyds gebore

Willem Johannes Leyds is in Java gebore. Hy was ‘n besonder skrander Nederlander, vir wie ‘n blink regsloopbaan voorspel is. Op een van Paul Kruger se besoeke aan Nederland het hy Leyds versoek om die pas geskepte pos van staatsprokureur in die Zuid-Afrikaansche Republiek te aanvaar. Aanvanklik teensinnig, aanvaar hy die betrekking vir drie jaar. Hy word pres. Kruger se regterhand en vertroueling en beklee in sy heelwat langer verblyf in die land onder meer die volgende ampte: staatsprokureur, staatsekretaris en buitengewone gesant van die ZAR in Europa. Hy het hom veral beywer vir die onafhanklikheid van die Republiek, maar het ook ander blywende monumente in Transvaal nagelaat. Hy was onder meer verantwoordelik vir die myn wette van die Republiek en die ontwikkeling van die spoorwegstelsel, en hy het saam met ander Transvaalse hooggeplaastes pres. Kruger oorreed om ‘n deel van Oos-Transvaal tot wildreservaat te verklaar. Dit vorm deel van die Krugerwildtuin. Leydsdorp is na hom genoem. Na die oorlog het hy teruggekeer na Nederland, hom aan die openbare lewe onttrek en hom daaraan gewy om die gebeurtenisse voor die oorlog en sy ondervindinge as gesant van die Republiek te boek te stel. Genl. J.C. Smuts het van hom gesę: “ . . . die grootste figuur in die Transvaalse geskiedenis na Kruger.”

Ben Kruger
6 Sep 2011, 13:22
Ek het baie om op te vang. Ek sit by die huis met waterpokkies so kom ons kyk hoe ver kom ek.

sanetscott
6 Sep 2011, 19:29
Ek het toevallig gister gesit en wonder hoeveel leiers al vermoor is oor die hele wereld, ek dink toevallig aan H.F. Verwoerd en het so bietjie gelees op die internet oor hom, min het ek geweet dat ek 'n dag voor sy moord dit sou opsoek.
So hier is iets belangriks wat vandag 45 jaar gelede gebeur het op 6 September 1966 - Moord van H.F. Verwoerd.

sanetscott
6 Sep 2011, 19:31
Skies, ek sien nou eers dis op 'n ander draad genoem.

Ben Kruger
6 Sep 2011, 19:45
Baie dinge om Verwoerd begin nou duidelik word, was daar enige van die swart buurlande binne die Boere Republieke?

Ek sal hierdie vraag nou nou oorskyf na die ander draad.

Ben Kruger
9 Sep 2011, 21:53
Mei 2
1957
Die Stem van Suid-Afrika word die amptelike volkslied

Op 30 en 31 Mei 1918 het C.J. Langenhoven in sy woning, Arbeidsgenot op Oudtshoorn, die woorde van die eerste drie verse van Die Stem van Suid-Afrika gedig en terselfdertyd ‘n melodie vir die woorde gekomponeer. Albei is kort hierna uitgegee, en het ook in Die Burger verskyn onder die skuilnaam KRN. Allerweë is die woorde geprys en het die musiek kritiek uitgelok.

Langenhoven besluit nou om ‘n ope wedstryd aan te kondig om ‘n geskikte melodie te verkry vir die gedig, wat intussen ‘n vierde vers bygekry het. Talle komponiste, onder andere Emiel Hullebroeck, Gideon Fagan, Stephen Eyssen, Walter Spiethoff, Victor Potgieter en andere het in die loop van die volgende tien jaar hul pogings aan Langenhoven voorgelę; elkeen het in ‘n beperkte kring ‘n mate van bekendheid verwerf, maar nie een het werklik by die volk as geheel ingang gevind nie.

Na ‘n vroeë poging in 1919 wat nie geslaag het nie, het ds. M.L. de Villiers in 1921 in sy pastorie op Simonstad die toonsetting voltooi wat, afgesien van ‘n paar klein veranderinge, dieselfde is as wat vandag nog gesing word. Langenhoven gee hiervoor verlof tot publikasie, en M.L. spring dadelik aan die werk om dit so spoedig moontlik aan die Afrikanervolk bekend te stel.

Veral na die publieke uitvoering van die werk in die Groote Kerk, Kaapstad, in 1924, die gebruik van die melodie by die afsluiting van die daaglikse radioprogramme en die Regering se keuse van hierdie toonsetting om by die eerste vlaghysing van die nuwe Unievlag in Kaapstad op 31 Mei 1928 gesing te word, het die Afrikaner dit as iets van sy eie begin aanvaar en het dit ‘n nasionale simbool begin word.

Stukrag is aan die saak van ‘n verkryging van ‘n volkslied gegee deur die FAK, wat in 1931 ‘n wedstryd uitgeskryf het en die inisiatief geneem het vir die belę van twee “Volkslied”-vergaderings en die aankondiging van ‘n vęrdere wedstryd. Oor die ingestuurde gedigte het die keurkomitee eenparig Langenhoven se Die Stem aanbeveel, en toe die 40 toonsettings vir die gedig beoordeel moes word, het die komitee van vyf, wat twee Engelssprekendes ingesluit het, in 1937 eenparig tot M.L. de Villiers s’n besluit en die hoop uitgespreek dat die vęrdere stappe (Engelse vertaling, ens.) spoedig gedoen sal kan word om vir hierdie lied amptelike erkenning te kry as die volkslied van die Unie van Suid-Afrika.

Met die opening van die Parlement in 1938, het genl. Hertzog hierdie toonsetting van Die Stem tesame met God save the King laat speel. In Julie 1938 besluit die Volksraad dat “ . . . by alle formele geleenthede onder toesig van die Regering waar God save the King of Die Stem van Suid-Afrika gespeel word, albei gespeel sal word”.

Na ‘n mislukte poging deur dr. D.F. Malan in 1939 om Die Stem as die enigste Volkslied aanvaar te kry, breek die Tweede Węreldoorlog uit en word die Volkslied vraagstuk op die lange baan geskuif. Dit het egter nuwe lewe gekry toe die huidige Engelse vertaling deur die Regering aanvaar is en op 5 April 1952 as deel van die Van Riebeeck-vierings in Kaapstad vir die eerste keer gesing is. (Hierdie vertaling was ‘n gesamentlike poging van ‘n komitee uit die 200 vertalings wat hulle onder oë gekry het).

In 1956 stel die Eerste Minister, adv. J.G. Strijdom, in die Volksraad voor “ . . . dat die verkryging van een vlag en volkslied as nasionale simbole ‘n stap voorwaarts (sal wees) na die bereiking van die begeerd volkseenheid”.

Op 2 Mei 1957 vervolg hy, weer in die Volksraad, dat “ . . . hierdie lied, Die Stem van Suid-Afrika, by Afrikaanssprekendes sowel as Engelssprekendes so diep ingewortel is dat ‘n mens vandag sonder die minste teenspraak kan sę dat hierdie lied deur die volk van Suid-Afrika aanvaar is as hul Volkslied”.

Hierdie verklaring is deur ‘n voorstel opgevolg wat eenparig deur die Parlement goedgekeur is, en die land het uiteindelik sy eie amptelike Volkslied gehad.

Ben Kruger
9 Sep 2011, 21:54
Mei 3
1751
Ds. H.H. van der Veen word verbied om die kansel te bestyg

In die kerkraadsnotule van die NG gemeente Malmesbury is daar ‘n verwysing na ds. Herman Haike van der Veen wat verbied is om die kansel in hulle leraar, ds. Voltelen, se afwesigheid te bestyg. Dit is gedoen om die goeie orde ontwil en tot stigting van die gemeente. Ds. Van der Veen was eintlik op pad na Batavia en het om gesondheidsredes ‘n tydperk eers aan die Kaap oorgebly. Maar aan die Kaap was hy spoedig ‘n kerklike verleentheid, omdat hy sterk piëtistiese neigings geopenbaar en op ‘n dramatiese wyse gepreek het. Daarom is hy nie toegelaat om langer in Kaapstad te preek nie. Hy het toe ander geleenthede probeer gryp, maar sy reputasie het hom telkens gestuit. Die betrokke voorval het Van der Veen egter by elke moontlike gesagsliggaam laat beswaar aanteken, maar hy het telkens die swakste daarvan afgekom. Goew. Tulbagh het hom ten einde raad verplig om die Kaap te verlaat, maar dit was eers met bedreiging van militęre geweld dat hy inderdaad ‘n skip na Batavia gehaal het. Met sy vertrek het hy nietemin ‘n hartroerende boodskap vir ‘n dertigtal ondersteuners gelewer en hulle vermaan om in die geloof te volhard, ongeag die vervolging wat ook hulle – soos hy reeds ondervind het – kon verwag.

Mei 3
1879
F. Theophilus Schonken gebore

Francis Theophilus Schonken is op Greytown gebore. Hy was een van ons eerste volkskundiges, skrywer van De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsch Volksoverlevering (http://www.dbnl.org/tekst/scho145oors01_01/scho145oors01_01.pdf) wat in 1914 verskyn het. Dit is ‘n baanbrekerswerk op die gebied van die Afrikaanse volkskunde. Op 25 Januarie 1909 sterf hy in Leipzig.

Mei 3
1894
Prof. F.E.J. Malherbe gebore

Francois Ernst Johannes Malherbe is in die distrik Paarl gebore. Hy het grootgeword in die omgewing van waar die Genootskap van Regte Afrikaners – waarvan die stigterslede van vaders sowel as van moederskant naverwant was – die grootste gedeelte van hulle werksaamhede van stapel laat loop het. Hy het sy opleiding aan die Hoër Jongenskool in die Paarl en aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Na ‘n vyfjarige studie in Amsterdam, Nederland, in die Germaanse Filologie, Nederlandse Taal- en Letterkunde en Kunsgeskiedenis, het hy in 1924 aan die Stedelike Universiteit in Amsterdam die doktorsgraad behaal. Van 1924 tot 1929 was hy dosent en van 1930 tot sy emeritaat in 1959 professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. As inspirerende dosent, geesdriftige essayis en gesaghebbende literęre kritikus, het hy ‘n diepgaande invloed op sy studente en op jong skrywers, veral in die dertigerjare, gehad. Hy is op 5 Julie 1979 oorlede.

Mei 3
1896
P.J. Lemmer gebore

Petrus Johannes Lemmer is op Hartbeesfontein in Transvaal gebore. Hy ontvang sy musiekonderrig o.m. by P.K. de Villiers in Bloemfontein en aan die Royal Academy, Londen. Hy het baie musiek betrekkings met onderskeiding beklee (o.m. as dosent aan die Onderwyserskolleges van Bloemfontein en Wellington en as Direkteur van Musiek by Voortrekkerhoogte), maar sy blywende invloed as pedagoog was tussen 1940 en 1955 toe hy (as Musiek inspekteur van skole) ‘n musiek tradisie in die Vrystaat geskep het wat groot vrugte afgewerp het. Van sy byna 200 komposisies vir solostem, koor, klavier en simfonieorkes is sy kunslied, Kokkewiet, sy koorwerke (o.m. Bergrivier) en sy talle kinder liedere die gewildste. Hy was UNISA se eerste Afrikaanse musiek eksaminator (1932), was verantwoordelik vir die eerste aanbieding van Hansie en Grietjie in Afrikaans. Sy hele lewe lank was hy in aanvraag as koordirigent en kunswedstryd-beoordelaar en is in 1949 tot Fakulteitslid van die SA Akademie gekies.


KOKKEWIET
Woorde: S.J.M. OSBORNE
Musiek: P.J. LEMMER
Het jy gehoor by die voor
hoe die kokkewiet fluit,
En die węreld bekoor
met sy heerlik geluid?
Dis kokkewiet! Kokkewiet!
Dan eers weer rus,
Heen en weer op ‘n takkie gesus.
En hy luister en wag
op sy maatjie se koer,
en hy luister en wag
op sy maatjie se koer:
Wiet-wiet-woer! Wiet-wiet-woer!
Daar in die boom by die stroom;
hoor jy hom? Hoor jy hom?
Borsie van goud, lentes herout;
luister hoe fluit hy dit glorieryk uit!
Stilte, en luister hoe bly dat hy fluit:
Lente kom! Lente kom!

http://www.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/musiek/054.mid

Ben Kruger
9 Sep 2011, 21:54
Mei 4
1903
Hendrik Susan gebore

Violis en leier van sy eie Boere-orkes. Die instelling van ‘n Afrikaanse radiodiens en die opstuwing van volksgevoel wat die Voortrekkereeufeesvierings veroorsaak het, het die behoefte aan ‘n eiesoortige musiek skerp laat toeneem. Die musiek wat op die plase en dorpe gemaak is, met ‘n sterk eie kleur en ‘n algemene styl en klank patroon, was die vanselfsprekende bron. Hendrik Susan was daardie tyd in sy fleur; hy was ‘n vaardige musikant en ‘n leier persoonlikheid wat deurdrenk was met die idioom van hierdie musiek. Hy het die standaard van die spel opgehef, ou melodieë opgediep, jong komponiste aangemoedig om nuwe melodieë te maak en die aanbiedingstyl verbeter. Met sy vaderlike goedhartigheid het hy jong musikante in sy orkes opgelei en hulle sonder afguns of argwaan vry gelaat om hulle eie orkeste te stig. So het hy vader gestaan vir ‘n hele beweging wat ‘n grondslag vir ‘n ontwikkelende ligte musiek met ‘n eie kleur daargestel het. Sy invloed duur voort. Hy is op 25 April 1963 oorlede.

Mei 4
1903
Louise Behrens gebore

Louise Behrens, ‘n Vrystater van geboorte, is een van die eerste Afrikaanse vroue-joernaliste. Sy het verskeie redaksionele betrekkings by Die Volkstem, Die Vaderland en The Pretoria News beklee. Sy is ook die skryfster van verskeie romans, o.m. Die verwaaide vlam en Die verminkte jare.

Ben Kruger
9 Sep 2011, 22:12
Mei 5
1652
Die blankes vind die eerste inheemse Kaapse houtbos

Vanaf die begin van die Kaapse verversingspos was daar ‘n groot behoefte aan allerlei alledaagse noodsaaklikhede, waarvan timmer- en brandhout die belangrikstes was. In ‘n poging om geskikte timmerhout te vind, het vier amptenare op hierdie dag oor Kloofnek gestap en aan die berghange bokant Houtbaai vir die eerste keer ‘n inheemse houtbos teengekom. Dit was die begin van die ontginning van Suid-Afrika se inheemse hout bronne. Geen moeite is ontsien om voldoende voorrade van die kosbare hout te bekom nie. Vervoer- en arbeidsprobleme was egter deurgaans ‘n groot struikelblok. Mettertyd is die gebied vanaf die huidige Constantianek tot by Nuweland verken en ontgin. Die haas onbegaanbare pad oor die Hottentots-Holland berge, het tot diep in die agtiende eeu verhinder dat die welige bosse van die suid kusstreek doeltreffend benut kon word. Reeds gedurende 1710 is in die Politieke Raad verslae oor hierdie Overbergse bosse ter tafel tele. Tog is daar eers in die tweede helfte van die agtiende eeu begin om houtkappers poste in die omgewing van die huidige Riviersonderend, Swellendam en Heidelberg op te rig. Dit is deur Kompanjies arbeiders self bewerk. Daarvandaan is maandeliks enkele wavragte timmerhout na die Kaap gestuur. Gedurende 1777 is ‘n dergelike onderneming in Outeniekwa land langs die Swart rivier begin. Dit was veral die hoë vervoerkoste wat die Kaapse owerheid gedwing het om uiteindelik in Desember 1786 die eerste werklike ekonomiese groeipunt aan die suidkus te begin met die aanlę van die houtkapperspos in Plettenbergbaai. Johan Fredrik Meding is as opsigter aangestel, terwyl Jan Jacob Jerling ‘n skuur vir die opberging van die hout naby die strand gebou het. Reeds in Augustus 1788 is die eerste vrag hout met die skip Meermin na die Kaap vervoer.

Ben Kruger
9 Sep 2011, 22:12
Mei 6
1889
Pres. Kruger lę hoeksteen van die “Staatsgebouw” aan die Kerkplein Pretoria

Die Volksraadsitting in 1889 het die oggend van 6 Mei in die Presidentsteater ‘n aanvang geneem. ‘n Belangrike gebeurtenis uit die oogpunt van die ontwikkeling van die argitektuur van staats- en sakegeboue aan die Pretoriase Kerkplein, wat om 4nm. Op 6 Mei 1889 op die terrein van die voormalige Eerste Ou Goewermentsgebou plaasgevind het, was die hoeksteenlegging van die indrukwekkende “Staatsgebouw” van die ZAR.

Na die Staatspresident se aankondiging dat hy die hoeksteen gelę het, het hy in ‘n toespraak beklemtoon dat die pas afgelope hoeksteenlegging ‘n gebeurtenis is wat almal met vreugde en dankbaarheid moet vervul, aangesien dit ‘n bewys is van die tagtigerjare wat gevolg het op die Britse Tussenregering, die Transvaalse Vryheidsoorlog en die herstel van die ZAR en die ontdekking en ontginning van goud op die Witwatersrand was kommervol en armoedsjare vir die Republiek. Daarom kon die Staatspresident met reg aan sy gehoor rondom die hoeksteen vra:

“Wie zou Vijf jaren geleden gedacht hebben, dat wij thans zulk een gebouw zouden hebben; dat zulk een groot gebouw, van zulke afmetingen en zoo kostbaar voor onze werkzaamheden zou benodigd zijn? Wie heeft, zeg ik, dit vijf jaar geleden gedacht? Doch wat men zich toen niet kon verbeelden is thans werklikheid geworden . . .”

Hy het verder beklemtoon dat die vooruitgang van die Republiek behoeftes laat ontstaan het, en dat die amptelnare wat aangestel moet word ‘n goeie gebou noodsaaklik gemaak het. Die staat kon trouens nie meer net tevrede wees solank hy voorsiening gemaak het vir ‘n dak oor die koppe van die amptenare en die volksverteenwoordigers nie:

“Neen, de positie en de waardigheid van den staat eischen ten sterkste, dat de vertegenwoordigers van het volk zoowel als de Regeering een nieuw gebouw krijgen. Gij zult spoedig dit gebouw zien verrijzen…”

Nadat die Staatspresident vervolgens lof toegeswaai het aan die jeugdige “Departement van Publieke Werken”, wat onder leiding van sy “Chef, den waardigen heer Wierda” en sy assistant (Klaas) Van Rijsse die nuwe staatsgebou ontwerp het en hy ook melding gemaak het van die werk van die boukontrakteur (John J. Kirkness), het hy verwys na die denkbeelde wat in die Departement bedink is en wat spoedig in klip, baksteen en ander materiale sou verrys op die plek waar sy toehoorders staan.

Toe het die spreker se gedagtes onwillekeurig na die verlede van sy volk gegaan toe hy, piëteitsonthalwe en verankerd aan sy volks verlede, die volgende opmerkings gemaak het:

“Maar vrienden, al nemen deze gebouwen de eerste plaats in onze gedachten in, laten wij toch het oude gebou niet vergeten dat op deze selfde plek stond en waar wij zoveel lief en leed te zamen hebben doorgebracht. Met vele moeilijkheden hebben wij daar te kampen gehad, en velen daarvan hebben wij overwonnen. Laat ons derhalve, nu wij in een tijd van bloei spoedig dit Nieuwe gebouw zullen intreden, niet vergeten wat wij in het verleden hebben geleden. Laat ons onze gevoelens te kennen geven door dank aan de Heer toe te bregen, die zoveel weldaden aan ons bewezen heeft…”

Vervolgens het die Staatspresident verwys na die tydperk voor, tydens en na die ontdekking en ontginning van goud in die ZAR, die gevolge daarvan vir die staat en gewaarsku teen die moontlikheid van ondankbaarheid by die volk “opdat deze schatten niet in een vloek voor ons veranderen”. Nadat hy sy gehoor herinner het aan die feit dat “u, die Gods volk zijt, en u zelven als zoodanig erkent”, en verwys het na Psalms 89 en 72, het hy sy rede afgesluit en die aanwesiges uitgenooi om die bouwerk, sovęr dit reeds gevorder het, versigtig te besigtig.

Ben Kruger
9 Sep 2011, 22:21
Mei 7
1900
Die laaste sitting van die Volksraad van die ZAR

Terwyl die Britse magte onder lord Roberts, besig was om deur die Vrystaat noordwaarts na Transvaal op te ruk, het die Eerste Volksraad van die ZAR vir die laaste keer op 7 Mei 1900 in Pretoria vergader. Op die sitplekke van die lede wat sedert die aanvang van die Engelse Oorlog sowat sewe maande van tevore oorlede is, is kranse geplaas. Genl. Piet Cronje, LUR, wat in daardie stadium in krygsgevangeneskap was, se sitplek was met die vlae van die twee Boererepublieke gedrapeer. ‘n Aantal lede, onder wie enkele gewondes, het van die slagveld af teruggekeer om die sitting by te woon. Ander was om oorlogs redes afwesig. Genl. Louis Botha en Koos de la Rey was bv. Besig om Roberts se oormag in hulle aantog na Transvaal te beveg. Anders as met die vorige Volksraadsittings wou dit voorkom asof die swart drag van die Volksraadslede by hierdie sitting uitdrukking gegee het aan die gevoel van ‘n volk in rou. Pres Kruger se “Aanspraak” is deur staatsekretaris. F.W. Reitz voorgelees. Daarna het Kruger self aan die woord gekom om vanweë die toestand waarin die land hom bevind het, sy President aanspraak verder toe te lig. In sy toespraak het Kruger gewys op die toegewings wat die ZAR met betrekking tot die Uitlander stemreg gemaak het om ‘n oorlog te voorkom. Die vyand het egter nie in regte belang gestel nie omdat hul ware oogmerk die inpalming van Transvaal was en hulle gevolglik nie die Boere wou toelaat om, ‘n selfstandige volk te wees nie. Kruger het nietemin steeds sy vertroue in die toekoms behou en met ‘n onwrikbare geloof in die voortbestaan van die Boerevolk die Transvalers in die stryd aangemoedig met die woord: “Salisbury Zegt: Dit Volk moet niet bestaan, en God zegt: Dit volk sal bestaan.”

Op die 9de Mei het die Volksraad sy werksaamhede beëindig en is die afsluiting deur ds. H.S. Bosman waargeneem. In sy gebed het hy gevra dat God wat die harte van konings en volkere in sy Hand het, aan die twee Republieke ‘n glorieryke vrede mag gee en dat Hy mag verhoed dat dit, soos wat daar gesę word, die laaste sitting van die Volksraad sou wees. So het die laaste, maar onvergeetlikste Volksraadsitting in die geskiedenis van die ZAR geëindig.


Mei 7
1880
Die Tweetoringkerk, Bloemfontein, ingewy

Toe ds. Andrew Murray ongeveer ‘n jaar na die proklamering van die Oranjerivier-Soewereiniteit, ml. in 1849, tot predikant van Bloemfontein georden is, moes die ou skool geboutjie en later eerste raadsaal van die Vrystaatse Republiek ook as kerksaal dien. Drie jaar later is die eerste gebou ingewy wat die gemeente in sy eenvoud en nederigheid ‘n kwarteeu sou dien. Teen die sewentigerjare kon die kerkgebou nie langer die groeiende gemeente van die Vrystaatse hoofstad huisves nie en is dit in 1887 gesloop om vir ‘n sierlike nuwe kerkgebou plek te maak. Die beroemde baken en godshuis met twee torings het nou verrys. Op 7 Mei 1880 is dit luisterryk ingewy. In hierdie kerkgebou sou nie net hoog aangeskrewe predikante soos di. P.J.J. Boshoff, J.D. Kestell en C.R. Kotze die gemeente voorgaan nie, maar hier is ook drie Vrystaatse Staatspresidente, J.H. Brand, F.W. Reitz en M.T. Steyn, plegtig ingehuldig, terwyl die beroemde Vrystaatse driemanskap, Steyn die staatsman, De Wet, die krygsman, en Kestell, die godsman, al drie uit hierdie kerkgebou begrawe is.

Die Ou Man
24 Aug 2014, 08:27
24 Augustus

97: Berg Vesuvious begrawe Pompei.

410: Germaanse Barbare plunder Rome.

1572: Ongeveer 50 000 Hugenote word gedurende St Bartholomeus Nag vermoor onder Karl IX van Frankryk. Bron (http://www.historynet.com/today-in-history)

1896: Die eerste plotte in Mayfair word uitgelę op die plaas Langlaagte no. 258 waar goud ontdek is. Bron (http://www.sahistory.org.za/dated-event/first-plots-are-sold-mayfair-west-rand)

1958: Premier J G Strijdom sterf.