Bladsy 12 van 15 EersteEerste ... 289101112131415 LaasteLaaste
Wys resultate 166 tot 180 van 213

Draad: Inspirasie vir die Dag

  1. #166

    Verstek Ant: Inspirasie vir die Dag

    Sjoe GB, dis 'n "eye opener". Mens raak so maklik verstrengel met die "sand". Dankie, hierdie is voorwaar inspirasie!
    Deu 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

  2. #167

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Skool Telefoon OpsiesKaliforniese Skool

    Hello! U is nou by die outomatiese antwoord diens van u skool. Ten einde u in staat te stel om met die regte onderwyser in kontak te kom, luister asb. eers na al die opsies voordat u die keuse maak:

    - Om te jok hoekom jou kind nie vandag by die skool kan wees nie Druk 1

    - Om verskoning te maak hoekom jou kind nie sy huiswerk gedoen het nie
    Druk 2

    - Om te kla oor wat ons doen Druk 3

    - Om personeel te vloek - Druk 4

    - Om uit te vind oor inligting wat reeds per kennisgewing in u kind se huiswerk boek aangestuur is Druk 5

    - Indien u verlang dat ons u kind moet grootmaak Druk 6

    - Indien u graag wil uitreik en iemand klap of slaan Druk 7

    - Om te versoek dat u kind oorgeplaas word na n ander onderwyser, vir die derde maal die jaar Druk 8

    - Om te kla oor die busvervoer Druk 9

    - Om te kla oor die kos wat die skool voorsien Druk 0

    - Indien u besef dat dit die werklike lewe is en dat u kind verantwoordelik is en rekenskap moet gee vir sy / haar eie gedrag, klas werk en huiswerk. Dat nie net die onderwyser te blameer is vir u kind se gebrek aan moeite met sy / haar skoolwerk nie Lui af en geniet u dag!
    "The tongue is but three inches long, yet it can kill a man six feet tall."

  3. #168

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Die Wyse Vrou

    n Wyse vrou wat deur die berge op reis was het, het in n bergstroompie n baie kosbare edelsteen opgetel. Die volgende dag ontmoet sy n ander reisiger wat honger en moeg was. Die wyse ou vrou het haar reissak oopgemaak om haar kos saam met die honger reisiger te deel.
    Die honger reisiger het die kosbare edelsteen in die wyse vrou se reissak opgemerk en aan haar gevra of sy nie die edelsteen aan hom wil gee nie. Sy het dit gedoen sonder aarseling.

    Die reisiger is daar weg, baie ingenome met die goeie geluk wat hom te beurt geval het. Hy het geweet die edelsteen se waarde is van so n aard dat hy vir die res van sy lewe hom nie meer sal hoef te kwel oor geld nie.

    Maar, na n paar dae, keer hy terug na die wyse vrou om die kosbare edelsteen aan haar terug te gee. Ek het gedink, s hy. Ek weet hoe waardevol die edelsteen is, maar ek gee dit terug in die hoop dat jy aan my iets anders kan gee wat meer waardevol is. Gee aan my wat binne jouself is, wat gemaak het dat jy die kosbare edelsteen aan my gegee het.

    Soms is dit nie rykdom wat jy het nie, maar wat binne jouself is wat ander nodig het.
    "The tongue is but three inches long, yet it can kill a man six feet tall."

  4. #169
    Staatmaker Volksregister wasklip's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Mar-Thu
    Poste
    1,305
    Blog inskrywings
    1

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Dankie,dat jy bereid is om te deel wat binne jou is.

    Hou julle oe op Jesus.

  5. #170

    Verstek Ant: Inspirasie vir die Dag

    dankie Gelofte boer. Na my 2 maande tee speod het ek dit nodig gehad. Baie dankie

  6. #171

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Ek Wil die Wreld Verander

    Toe ek n jong man was, wou ek die wreld verander.

    Ek het gevind dat dit moeilik is om die wreld te verander, dus het ek probeer om my volk te verander.

    Toe ek vind dat ek nie my volk kon verander nie, het ek begin fokus op my dorp. Ek kon nie my dorp verander nie en, as n heelwat ouer man, het ek probeer om my gesin te verander.

    Nou, as n ou man, besef ek dat die enigste ding wat ek kan verander is myself en skielik besef ek dat indien ek lank gelede myself verander het kon ek n inpak op my gesin gehad het. My gesin en ek kon n inpak gemaak het op ons dorp. Hulle inpak kon die volk verander het en ek kon op die manier wel die wreld verander het.

    Onbekende Monnik
    "The tongue is but three inches long, yet it can kill a man six feet tall."

  7. #172

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Die Krag van Woorde

    n Groepie paddas het deur die woud gereis en twee van hulle het in n baie diep put geval. Al die ander paddas het rondom die put vergader. Toe hulle sien hoe diep die put was, vertel hulle die twee paddas dat hulle so goed as dood is.

    Die twee paddas het die kommentare gegnoreer en probeer om uit die put te spring so al wat hulle werd is. Die ander paddas het aan hulle vertel dat hulle maar net sowel kan ophou spring want hulle is so goed as dood is. Uiteindelik, het een van die paddas gehoor gegee aan wat die ander paddas ges het en moed opgegee. Met sy laaste sprong poging het hy neergeval en dood gegaan.

    Die ander padda het steeds gespring so hard en hoog hy kon. Weereens het die paddas buite die put vir hom gegil om op te hou om homself so te pynig en maar eerder rustig te raak en kalm dood te gaan. Maar die padda het net harder gespring en uiteindelik maak hy dit toe om uit die put te kom.

    Toe hy uit die put is vra die ander paddas aan hom, Het jy ons nie gehoor nie? Die padda verduidelik toe aan hulle dat hy doof is en dat hy onder die indruk was dat hulle almal hom die heeltyd aangemoedig het om nog harder te probeer.

    Die storietjie gee ons baie om oor te dink naamlik:
    1. n Bemoedigende woord aan iemand wat platgeslaan is kan hulle aanmoedig om op te staan en hul doelwit te bereik.
    2. Vernietigende woorde aan iemand wat platgeslaan is kan n negatiewe effek h. Wees versigtig oor dit wat sy s.

    Mark Russel se aanhaling oor woorde is baie waar:
    Die sneeu mag glad en sag lyk maar die rotse daaronder is skerp!

    Is die woorde wat jy uiter aan ander bemoedigend sodat hulle aanhou spring om uit te kom of laat jou woorde hulle moed opgee en gaan l?
    "The tongue is but three inches long, yet it can kill a man six feet tall."

  8. #173
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Thu
    Plek
    Ons Geskiedenis moet voortleef
    Poste
    2,679

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Dankie aan almal wat hierdie insperasie poste daagliks hier plaas.

    Daar is lesse te leer in baie hiervan.

  9. #174

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Eensame Soldaat by die Rommelhoop.

    Die stryd was fel, baie soldate het gesneuwel. Ek neem plaas op n klip, n kort afstand vanwaar die eens blink en nuut, nou geroeste, dowwe en ingeduikte helms, borsplate, gordels, beenstutte, skoene, swaarde en skilde op die smeulend rommelhoop gestrooi is. Ekself is nie meer so goed bewapen nie. Ek het iewers in die geveg my gordel, skild en swaard verloor. My borsplaat het n hele paar merkbare duike in. Ek kruip nou maar so bietjie hier by die rommelhoop weg. Ek treur oor my makkers wat geval het en ek vrees want my eie lewe is in gevaar.

    My gedagtes moes baie vr gewees het want dit is eers toe Hy direk voor my staan dat ek van Sy teenwoordigheid bewus geraak het. Ek het geskrik, maar toe ek opkyk na Hom, merk ek trane in Sy o en hartseer op Sy gesig. Die uitdrukking op Sy gesig het my eie gevoel van verslaenheid weerspiel. Hy het langs my plaasgeneem en my vraend aangekyk. Ek het gedink dat Hy dalk die Vader van een van die gesneuwelde soldate was. Ek het die hele geveg breedvoerig uitgel. Ek het gepraat en gepraat totdat ek ook my hele lewensverhaal voor Hom uitgestort het. Ek het Hom nie die geleentheid gegee om n enkele word te s nie, net voort gebabbel. Eers later het ek verle stilgebly.

    Hy het oorgeleun en my hand in Sy Hand geplaas. Hulle was almal My stryders en kinders het Hy in Sy sagte rustige stem ges. Hulle het so passievol vir die stryd aangemeld. Ek het hulle toegerus met die beste Wapenrusting uit die Hemelse Arsenaal. Hulle het so mooi gelyk, en so hard geoefen. Dit het goed gegaan, maar later het hulle hul paraatheid verloor, die hande het gehang, die knie het swak geword en die binneste het gesterf.

    Ek het die teleurstelling in Sy stem gehoor. Ek het skaam, nederig en skuldig voor Hom gevoel. Ek wou my hand uit Sy hand wegtrek maar Hy het dit stewig vasgehou. Hy het afgekyk na my met soveel liefde en begrip dat die trane vrylik begin loop het. Wat moet ek nou doen het ek deur die trane geprewel.

    My kind, Ek verseker jou dat God julle nooit sou toegerus het met n sterk Hemelse wapenrusting, as die slag wat gelewer word nie eg was nie. Satan is n bekwame generaal. Hy verberg sy soldate agter mure en bome en in loopgrawe. Hy is slu en subtiel. Hy is ook baie geduldig. Hy wag net totdat God se stryders en kinders maar slegs n gedeelte van die wapenuitrusting uittrek. Dan slaan hy toe en hy sal poog om hulle met een hou of pyl neer te fel

    Opregte gebed, innige geloof en volharding sal weer:
    Die Gordel van Waarheid laat skitter en blink,
    Die Borsplaat glad poleer en dig rondom die bors laat sluit,
    Die Helm laat blink in die son.
    Die duike in die Skild uitklop wat deur die vurige pyle van Satan getref is.
    Die Swaard van die Gees slyp tot n nuwe glans, dit sal ook krag gee aan jou arm om die Swaard te swaai.

    Hy het my beduie na wapenrusting so entjie weg en daar sien ek my Swaard, Skild en Gordel wat ek verloor het.

    Deur opregte gebed, innige geloof en volharding kan julle hierdie Wapenrusting van God dra tot die dag van julle dood

    Slegs deur oefening en volharding word julle gelei na oorwinning. Daar is n prys vir elkeen wat oorwin, eerste of laaste. Die prys is n Goue Glorieryke plek by ons Vader in die Hemel.

    Hy het my opgehelp van die klip waar ons gesit het. Hy het nog steeds my hand vasgehou toe ons weggestap het van die verlede af. Hy hou nog steeds my hand vas waar ek die toekoms instap. My hart juig en ek huil van vreugde, want ek het nog n kans gekry.

    Elizabeth vd Schyff
    "The tongue is but three inches long, yet it can kill a man six feet tall."

  10. #175

    Verstek Ant: Inspirasie vir die Dag

    Ek dink die inspirasie vir die dag/week/maand is die feit dat die vergadering in Ventersdorp n sukses was. Ons historikusse moet nou regsit want van hier af gaan ons geskiedenis maak!!!
    ONDERSTEUN DIE JEUGFRONT. DIE TOEKOMS IS NOU.

  11. #176
    Hannes Lottering
    Besoeker

    Verstek Re: Ant: Inspirasie vir die Dag

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Waarmaker Bekyk pos
    Ek dink die inspirasie vir die dag/week/maand is die feit dat die vergadering in Ventersdorp n sukses was. Ons historikusse moet nou regsit want van hier af gaan ons geskiedenis maak!!!
    Ek sekondeer dit.
    Saam kan ons baie meer vermag.

  12. #177
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Wed
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    LEES NET AS JY VIR GOD TYD OOR HET*
    Maak seker jy lees alles, van die eerste tot die laaste woord.
    Ek het byna hierdie uitgewis.
    Toe ek hierdie ontvang, het ek by myself gedink: hiervoor het ek nie tyd nie...
    Ook is dit eintlik onvanpas gedurende werktyd. Maar toe kom ek tot die besef dat hierdie denkwyse is...

    Presies wat 'n menigte probleme in die wreld van vandag veroorsaak.

    Ons probeer om God te beperk tot binne die kerk op Sondagoggend...
    Miskien ook Sondagaand... En binne die onwaarskynlike diens op 'n weeksdag.

    In tye van siekte, wil ons hom graag daar h...En, natuurlik, by begrafnisse.

    Nietemin, gedurende werktyd en wanneer ontspan word, het ons nie vir hom tyd of plek nie...

    Want...

    Daardie deel van ons lewens, na ons mening... Kn ons, en behoort ons, self te behartig.

    Mag God my vergewe dat ek ooit so gedink het...

    Dat daar 'n tyd en 'n plek is waar HY nie die EERSTE plek in my lewe moet inneem nie.

    Ons behoort voortdurend tyd te h om alles in herinnering te roep wat HY vir ons gedoen het.

    As jy nie te skaam is om dit te doen nie... Volg dan asseblief die volgende aanwysings.

    Jesus het ges,* "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy
    Vader..."* (Mar. 8:38 ).

    Jy is nie skaam nie? Gaan hiermee verder SLEGS AS JY DIT BEDOEL HET!!

    Ja, ek ht God Lief. HY is die bron van my bestaan en my Redder. Hy hou my funksioneel elke en iedere dag. Sonder Hom sal ek niks wees nie. Sonder Hom is ek 'n nul. Maar, ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil. 4:13). Hierdie is die eenvoudigste toets. As Jy God Liefhet; en nie skaam is oor al die wonderbaarlike dinge wat HY vir jou gedoen het nie,
    Ek dink nie ek ken 10 mense wat sal erken dat hulle Jesus liefhet nie. Het Jy Hom lief?

    *DIE GEDIG** *

    Ek het gekniel om te bid,
    maar soveel het my te doen gestaan,

    dus was dit van korte duur.

    Ek moes my na my werkplek haas,
    anders kon di aan wie ek iets skuld, my aangluur.
    Derhalwe het ek gekniel, gou 'n gebed gedoen;

    en vinnig van my knie opgestaan.
    My Christelike plig was tog nou nagekom,

    so my siel kon in rustigheid weer voortbestaan.

    Die ganse dag het die tyd ontbreek om 'n woord van
    bemoediging teenoor iemand te spreek.
    Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
    hulle kon met my die draak steek.
    Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
    dit was my voortdurende klaaglied.
    Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
    maar eindelik baie tyd: dt wat die dood aan my bied.

    Met neergeslane o het ek voor die Here verskyn
    en daar moes ek staan en bewe,
    Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
    dit was die Boek van die Lewe.
    "Jou naam verskyn nie in my Boek nie",
    s God toe Hy met my spreek,
    "Ek wou dit op 'n keer neerskryf,

    maar die tyd daarvoor het ontbreek".

    *Het jy nou die tyd om dit deur te gee?*

    *Maklik vs. Moeilik*
    Waarom is dit so moeilik om die waarheid te praat en tog so maklik om 'n leuen te vertel?

    Waarom word ons so vaak in die kerk maar skielik nugter wakker onmiddellik na die preek verby is?

    Waarom is dit so moeilik om oor God te praat terwyl dit maklik is om oor lelike dinge te praat?

    Waarom is dit so vervelig om in 'n Christelike tydskrif te lees, maar soveel makliker om in 'n smerige een te kyk?

    Waarom word 'n e-pos met 'n godvresende strekking so maklik uitgewis, terwyl ons al die smeriges deurstuur?

    Waarom word die kerke al hoe kleiner terwyl die kroe en dansklubs al groter word?


    GODS SEN!

    Mag God jou bewaar en jou sen.
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  13. #178
    Staatmaker Volksregister wasklip's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Mar-Thu
    Poste
    1,305
    Blog inskrywings
    1

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Dankie Gelofte Boer.Ja ek het Jesus lief.

    Hou julle oe op Jesus.

  14. #179

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Kosbare Tyd

    Met n sagte stemmetjie en o wat vol bewondering is, groet die klein seuntjie sy pa wat net van die werk af terug gekom het, Pappa, hoeveel geld verdien pappa per uur?

    Baie verwonderd gluur die pa sy seun aan, en s, Kyk seun, nie eens jou ma weet dit nie. Moet my nie nou verder pla nie. Ek is moeg.

    Maar Pappa, vertel my tog net asseblief! Hoeveel verdien Pappa per uur. Het die seuntjie aangehou.

    Later het die pa maar moed opgegee en antwoord: Twintig rand per uur.

    Dankie, Pappa. Kan Pappa asseblief vir my tien rand leen? vra die seuntjie in n bangerige stemmetjie.

    Hoogs verontwaardig en erg gerriteerd snou sy pa hom toe, So dis die rede hoekom jy wil weet hoeveel geld ek per uur verdien? Gaan slaap nou en moet my nie verder pla nie!

    Heelwat later die aand, terwyl die pa in die donkerte sit en alles oordink wat hy aan sy seun ges het, het hy baie skuldig gevoel. Hy het by homself gedink, miskien wil sy seun vir homself iets koop wat hy baie graag wil h.

    Na n wyle, om sy gewete te sus, staan die pa op en gaan na sy seun se kamer. Slaap jy al my seun? vra sy pa.

    Nee Pappa. Hoekom? antwoord die seuntjie ietwat deur die slaap.

    Hier is die geld wat jy vroer gesoek het my seun, antwoord sy pa.

    Baie dankie, Pappa juig die seuntjie terwyl hy sy klein handjie onder sy kussing indruk en nog geld onder sy kussing uithaal. Nou het ek genoeg!! Nou het ek twintig rand! deel die seuntjie sy pa opgewonde mee.
    Sy pa het hom aangestaar, heeltemal verward oor wat sy seun nou ges het.

    Pappa, kan jy asseblief aan my een uur van jou tyd verkoop?
    Tyd is hopeloos te kosbaar om dit alles aan werk te spandeer!
    Waardeer jou geliefdes en moet hulle nie sommer net as vanselfsprekend aanvaar nie.

    Moet nooit toelaat dat jou kinders of jou vrou of jou man jou moet kom vra om van jou tyd te koop vir hulself nie.
    "The tongue is but three inches long, yet it can kill a man six feet tall."

  15. #180

    Verstek Re: Inspirasie vir die Dag

    Sjoe Gelofte Boer, jy weet net hoe om my hok te skud!! Fank u most kindly daarvoor!
    "....deur storms sal ons jou vlag dra"

Soortgelyke drade

  1. Vullis as inspirasie
    By Arend in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 14 May 2008, 10:49
  2. Inspirasie vir die dag!
    By Swartkruit in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 24 Aug 2007, 08:24

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::