Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 29

Draad: Vandag se Boereraat

  1. #1
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Arrow Vandag se Boereraat

    In 2005 plaas Frans hierdie skakel. Ek ontdek dit vandag. Ek gaan daagliks 'n paar Boererate plaas, maar laat hierdie skakel in die eerste pos vir die wat raat oor ander siektes en kwale soek.

    Raadpleeg tog asseblief eers 'n geneesheer as julle van die rate wil gebruik, die samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevolge met die gebruik van die rate nie. Die rate is nie bedoel vir gebruik
    nie maar as bewaring van ons erfenis.

    http://www.boerevryheid.co.za/forums...9&d=1131541845
    Last edited by Arend; 26 Apr 2008 at 18:53.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  2. #2
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Vandag se Boereraat

    Aambeie kan tog so 'n pyn in die, julle weet waar, wees. Hier is 'n klompie Boere rate. As jy na dese nog aan Aambeie lei is dit nie my skuld nie

    AAMBEI…Neem 'n paar blare hotnotsvye…kneus dit en sit dit op die aambeie.

    AAMBEIE... 6 pakkies rabarberpoeier
    6 pakkies salpeter
    1 pakkie epsomsout
    2 bottels water. Kook alles saam tot 1 bottel oorbly. Drink 1 dessertlepel vol.

    AAMBEIE…As jy kwaai ly aan aambeie wat baie pyn en brand dan moet jy 1 lepel
    roumelk of rou bies neem en 80 druppels haarlemensis daarop drup en dit drink
    en so bietjie gaan le. As jy daarby hardlywig is dan moet jy saans as jy gaan
    slaap 1 dessertlepel bitter cascara drink. Indien nodig drink die volgende dag
    7 druppels daarvan voor elke ete.

    AAMBEIE…Eet baie rosyntjies…dit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.

    AAMBEIE…vars botter en die geel van die eier deurmekaar gebraai in 'n pan en
    deur 'n doek gedruk, om mé te smeer.

    AAMBEIE…Kattekruie op brandewyn getrek en saans 'n sopie drink is heilsaam
    goed vir inwendige aambei, veral as dit di maag kwel, haarlemmerolie is ook goed
    vir die lewer.

    AAMBEIE…Maak ‘n salf van ‘n koekie blousel en ‘n botteltjie vaseline en smeer
    aan.

    AAMBEIE…Maal ‘n stukkie harpuis…die soort wat hulle gebruik om viool mee te
    speel en aluin saam. Sodra dit fyn is en goed gemeng is dan sit jy so ‘n mespunt
    vol op jou tong en sluk weg met water. Doen dit 2 keer per week en die
    aambeie sal verdwyn.

    AAMBEIE…Meng 1 blikkie stroop….1 teelepel blomswawel en 1 pakkie kremetart
    baie goed saam. Meng baie goed en eet 3 maal per dag 1 eetlepel vol.

    AAMBEIE…Meng 2 eetlepels rabarber…2 eetlepels suiker…2 eetlepel engelse
    sout…en 1 botteltjie groen amara en voeg by 1 bottel brandewyn. Drink 3 maal
    per dag 1 eetlepel vol.

    AAMBEIE…Nadat jy gebad of gestort het…droog heel eerste jou hande goed af
    sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die
    aambeie verdwyn vinnig…en nadat dit verdwyn het…moet jy hierdie ritueel
    aanhou doen…veral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit 'n
    gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg
    word sal jy nooit weer probleme met aambeie hê nie.

    AAMBEIE…Neem 1 bottel klapperolie..nie te groot nie…2 Vitalis poeiers…en 2
    Solaris poeiers en meng baie goed…maak die klapperolie effens warm sodat dit
    makliker meng. Drink elke aand 1 teelepelvol.

    AAMBEIE…Neem 1 bottel suiwer gliserien en 1 bottel olyfolie en meng baie
    goed. Drink elke aand 1 dessertlepel vol.

    AAMBEIE…Neem groen amara blare en sit in glas of emaljekastrol en gooi 1 bottel
    kookwater daaroor. Laat goed trek tot donkergroen en suig dan deur en gooi
    die water in ‘n bottel en voeg 1 klein botteltjie lewensessens by en skud die
    bottel goed om te meng. Drink elke more op jou nugter maag ‘n goeie mondvol.
    Dit is ‘n lakseermiddel…maar as dit te kwaai werk moet jy net die dosis verklein.

    AAMBEIE…Neem so 1 of 2 maal per dag ‘n mespunt salpeter in 1 eetlepel melk.

    AAMBEIE…Sit 10 druppels swawel balsem in melk en drink 3 keer per dag….dit
    werk gou en dan is die aambeie iets van die verlede.

    AAMBEIE…Sit kattekruid in brandewyn en laat goed trek. Drink elke aand ‘n
    kelkie vol.

    AAMBEIE…Soggens as jy was maak seker dat jy eers jou hande en dan jou gesig
    afdroog.

    AAMBEIE…Trek 1 eetlepel koljander in kookwater en drink soos tee 3 maal per
    dag na etes ‘n kelkie vol.

    AAMBEIE…Trek rabarber bas in kookwater en dan kan jy 2 of 3 maal per dag
    daarvan drink.

    AAMBEIE…Vat 4 pakkies engelse sout…1 pakkie kremetart…1 botteltjie rooi
    poeier en 2 eetlepels suiker en meng goed deurmekaar. Sit ‘n houer met
    skroefdeksel en maak dig toe. Sit elke oggend op jou nugter maag ‘n
    mespunt vol op jou tong en sluk weg met water.

    AAMBEIE…Vir aambeie moet mens diep in die brandewynbottel….waarby ‘n
    knertsie kattekruid gevoeg is… kyk… of jy kan 'n bietjie aansmeer as jy wil.

    AAMBEIE…Voeg 5 druppels skoonteer op 1 eetlepel melk en drink dit elke aand
    met slapenstyd.
    Last edited by Arend; 26 Apr 2008 at 18:51.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  3. #3
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Tue
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Nog Arend.

    Aambeie: eet baie sout vir n week lank. Bitter min, eintlik glad nie water nie.
    As jou maag na n week wil spoel, gaan sit, en as aambeie duik om water te drink, hol en trek ketting selfde beweging.
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  4. #4
    Registrasie B Lid Volksregister Witleeu's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Feb-Sun
    Poste
    2,471

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    ........of trek broek af en buk voor spiel. aambeie sal uitloer en sien daar's NOG 'n ******- en soontoe spring. Sodra aambeie spring- knyp boude toe- trek broek op- en laat spaander!

  5. #5
    Hannes Lottering
    Besoeker

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Ek het n beter plan:

    Sodra die ambeie uithang, steek dit aan die brand met n vuurhoutjie.
    Sodra dit brand trek dit terug.

    Volgende keer as hulle uithang, skud net die boksie vuurhoujies,
    Die ambeie sal vanself terugtrek!

  6. #6

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    ek het ook 'n goeie boere raad. as jy kop luise het smeer kasterolie aan jou kop sodra die luise afspring om toilet toe te gaan hardloop jy weg.
    Glo en vertrou op GOD

  7. #7
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Tue
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Arend gaan ons stenig oor ons die draad so ontspoor het. Maar n paar goeie rate, moet ek s.
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  8. #8

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Op 'n erenstiger noot, hier is ook 'n manier om ontslae te raak van kopluise.

    Vryf die hare goed deur met parrafien, los op kop vir 'n half uur en was met gewone sjampoe. Dit word ook aanbeveel vir bosluise en enige ongewenste insekte.

    Groete
    Stapes

  9. #9
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Vandag se Boereraat

    Nee manne, ek het lekker gelag. Ek het gedink die klomp stoutgatte sal weer die loop neem met hierdie onderwerp. Hier is 'n ander klompie kure.

    AANSTEEKLIKE SIEKTES…Om te verhoed dat jou kinders die siektes optel…
    moet jy gekneusde knoffelhuisies in ‘n sakkie sit en dit om die kind se nek hang…
    of steek dit aan die kinders se klere vas.

    AKNEE… As jy met aknee gepla is kan jy ‘n rooibostee-sakkie baie sterk laat
    trek…en jou gesig soggens en saans daarmee was…of gebruik sommer stukkie
    watte om die tee mee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek nie…
    maar indien jy daaroor bekommerd is…spoel maar jou gesig met koel water af…
    die tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlek…so gebruik maar ‘n houertjie
    wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.

    AKNEE….Aknee/puisies. Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot ‘n
    pasta…smeer aan puisies net voor slaap tyd, en was volgende oggend met warm
    (lou) water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word sal puisies verdwyn.
    AKNEE…Aartappelskil werk baie goed. Smeer dit aan elke dag. Aknee vertel
    'n mens dat jy allergies is vir iets. Hou maar jou dieet dop en kyk wanneer jy
    iets eet watter kossoorte ‘n reaksie gee.

    AKNEE…Meng drie eetlepels heuning en een teelepel kaneel tot pasta…en smeer
    saans aan die vel voor jy gaan slaap…en was die volgende oggend met warm
    water af. As dit daagliks vir twee weke gedoen word verwyder dit die puisies
    en aknee van die wortels af uit.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  10. #10

    Verstek Re: Ant: Vandag se Boereraat

    Party van hierdie rate darem....
    Groetnis
    Frans

    Oos Kaapse Rebel

  11. #11

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Ek weet van 'n raat wat die ou mense gebruik het vir parasiete. Weet egter nie wat die presiese besonderhede is nie. Indien iemand kan help sal ek dit waardeer:

    Blomswawel gemeng met heuning of vet. Dan word dit ge-eet.

    Hoeveel van wat moet mens gebruik? Hoe gereeld?

    Parasiete is verantwoordelik vir baie meer siektetoestande as wat 'n mens dink. Dit is die VSA se nr 1 prioriteit gesondheidsprobleem vir die toekoms. Dis waarskynlik ook hulle nuutste fokus in terme van biologiese oorlogvoering, omdat:
    - dokters parasiete nog grootendeels ignoreer as 'n oorsaak van siekte
    - omdat dit moeilik is om dit klinies te diagnoseer en met konvensionele medikasies te behandel
    - dit maklik versprei kan word en baie gehard is
    - dit baie effektief is binne 'n kort tydperk
    - dit nie 'n vinger na hulle toe kan wys as daar vrae gevra word nie.

    N.s:Indien jy onlangs in die VSA was, kry maar vir jou en jou gesin iets vir pinworm. Die VSA is vrot daarvan en die eiertjies is oral. Kenmerkendste simptoom is jeukende anus (jockey itch) in die oggend as jy opstaan.
    Vryheid is 'n ingesteldheid, 'n denkpatroon, 'n lewenswyse.

  12. #12
    Kennis HOEKSTEEN's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Feb-Sun
    Plek
    MIDDELBURG TRANSVAAL
    Poste
    369

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Ag, neee, daar moet seker nog meer rate wees...Enige iemand?

  13. #13
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,769
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    My vrou glo nie aan staalwol vir potte wat aanbrand nie maar nou laat sy my sit en skuur en skuur en skuur met een van daai groen sponsies..

    Is daar 'n Boereraad om swart aanbrandsel uit potte uit te kry met so min skade as moontlik.
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

  14. #14
    Oudstryder Oudstryder
    Aansluit Datum
    2008-Dec-Fri
    Plek
    Buffeltrop
    Poste
    45

    Verstek Re: Vandag se Boereraat

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur BPK Barend Paul Kruger Bekyk pos
    My vrou glo nie aan staalwol vir potte wat aanbrand nie maar nou laat sy my sit en skuur en skuur en skuur met een van daai groen sponsies..

    Is daar 'n Boereraad om swart aanbrandsel uit potte uit te kry met so min skade as moontlik.
    plaas pot op stoof op warm plaat met bietjie water en asyn gooi koeksoda by en sodra borrel haal af van plaat en laat staan vir 10 minute . die aanbrandsel behoort dan los te wees en kom dan af met groen sponsie.

    Hou kos dop as jy kook dan sal dit nie aanbrand nie. iNDIEN JOU VROU KOOK en sy brand die potte aan stuur haar vir kooklesse of "trade" haar in op 'n model wat kan kook.

  15. #15

    Verstek Ant: Re: Vandag se Boereraat

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur BPK Barend Paul Kruger Bekyk pos
    My vrou glo nie aan staalwol vir potte wat aanbrand nie maar nou laat sy my sit en skuur en skuur en skuur met een van daai groen sponsies..

    Is daar 'n Boereraad om swart aanbrandsel uit potte uit te kry met so min skade as moontlik.
    Aangebrande potte: maak vol water en gooi 5ml-10ml sout daarin. Los oornag en was die volgende more.
    As jy baie vars groente het[soos boontjies wat lank vat om sag te kook, kan jy ook n titseltjie koeksoda bygooi gedurende die kookproses. Word in n kits sag

Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste

Soortgelyke drade

  1. Wie is die Boer Vandag?
    By Wynand Beukes in forum Plaaswerf Aktiwiteite & Nuus
    Antwoorde: 2
    Laaste Pos: 5 Oct 2008, 06:43
  2. Ons wereld vandag
    By Bosperd in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 23 Apr 2008, 06:51
  3. Vandag uit die Geskiedenis
    By Arend in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 9
    Laaste Pos: 9 Apr 2008, 00:29
  4. Die pad van vandag en more
    By PIONIER in forum BVR - Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 1 Aug 2007, 14:00

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::