Wys resultate 1 tot 13 van 13

Draad: Vark Boerdery

  1. #1

    Verstek Vark Boerdery

    Is daar vark Boere op die forum, soek advies, hokke, kostes ens....

    Kolbroek vark ras, ek kyk na die soort vark.

    B.G.
    Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem, en diť wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. SIENER VAN RENSBURG Boodskapper van God.

  2. #2
    Kennis Volksregister maritzpm's Avatar
    Aansluit Datum
    2009-Feb-Fri
    Plek
    Nylstroom
    Poste
    235

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Peter, ek kan jou help met van die basiese inligting - boer nie self nie, maar groot geword op groot varkplaas :-) en het darem nog 'n goeie idee wat aan die gang is daar..

  3. #3
    Kennis Volksregister maritzpm's Avatar
    Aansluit Datum
    2009-Feb-Fri
    Plek
    Nylstroom
    Poste
    235

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Ek ken nie 'n kolbroek nie, ons boer nou met Groot Wit, maar het ook lank lantras en deerhog gehad..

  4. #4
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,769
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Ek ken 'n man wat dit ook lank gedoen het. Hy bly hier in alberton nou maar hy juk om weer te boer. Pm my met 'n nr dan sms ek jou sy besonderhede
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

  5. #5

    Verstek Ant: Re: Vark Boerdery

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur maritzpm Bekyk pos
    Ek ken nie 'n kolbroek nie, ons boer nou met Groot Wit, maar het ook lank lantras en deerhog gehad..
    Ou varkras herleef
    LOUW PRETORIUS

    Danksy 'n toegewyde veredelingsprogram die afgelope agt jaar is 'n ou inheemse varkras, die Kolbroek, besig om terug te keer. VanweŽ sy eienskappe sal hy 'n belangrike byrae ten opsigte van voedselsekuriteit kan lewer.

    Die Kolbroek is 'n byna vergete inheemse vark wat in sy tyd die nederige taak gehad het om die plaaswerf van kombuisafval en vrugteboorde van afgevalde vrugte skoon te hou.

    Sy dik rugvet het gesorg dat daar af en toe lekker kaiings op die tafel was en gewoonlik 'n smeerseltjie uitgebraaide varkvet op die spensrak.

    Die Landbounavorsingsraad se Diereverbeteringsinstituut (DVI) op Irene het egter die afgelope agt jaar die bordjies verhang en 'n nuwe status vir die Kolbroek in 'n veredelde vorm geskep.

    Die nuwe Kolbroek kan nou 'n betekenisvolle rol ten opsigte van voedselsekuriteit in ontwikkelende gemeenskappe speel en bied ook nuwe moontlikhede vir mense wat net 'n klein stukkie grond het.

    Mnr. Danie Visser, assistent-direkteur van vark- en pluimveeprestasietoetsing by die DVI, sÍ diť instituut het agt jaar gelede al besef sy benadering tot varkproduksie moet uitgebrei word.

    Die onderwerp van sy verhandeling vir 'n meestersgraad in 1995 het juis gefokus op buitenshuise of vryloopvarke waarin hy onder meer na die voordeel van sů 'n soort varkboerdery vir kleinboere verwys het. Dit is onder meer minder kapitaalintensief en aan minder risiko's blootgestel.

    Die tyd was ryp om op hierdie benadering voort te bou. In die proses is opkomende boere betrek by goedkoper, maar doeltreffender varkboerdery waarvoor daar 'n nismark is.

    'n Vryloopstelsel is geskik vir enige van die moderne rasse, soos die Groot Wit en Landras.
    Trouens, bykans 25 % van die varke in Brittanje word in sulke stelsels gehuisves. Dit verg egter bykomende aandag aan aspekte soos die dreinering van die grond, watergate, beskutting teen koue en die verskaffing van koelte. En boonop moet pigment van rasse soos die Duroc, Hampshire of Groot Swart bygebring word vir beskerming teen sonbrand.

    Met baie inligting oor diť soort varkboerdery aan die een kant en 'n behoefte aan die ander kant om varkboerdery vir ontwikkelende gemeenskappe aan te pas, was die volgende stap om 'n geskikte genotipe te kry.

    'n Landwye soektog na veral geskikte inheemse (en dus reeds aangepaste rasse) is begin. Daar is hoofsaaklik op die Kolbroek gefokus - 'n skaars vark wat nog op enkele plekke in Suid-Afrika voorgekom het.

    Die eerste wetenskaplike artikel oor diť ras is al in 1925 geskryf. In 1932 is Kolbroeke op Worcester se landbouskou ingeskryf.

    Vir meer as 150 jaar is in die teling van hierdie varke klem gelÍ op aanpasbaarheid en voortplanting, maar nie uitermate groot werpsels nie.

    Trouens, toe met die opteelprogram begin is, was die gemiddelde werpselgrootte minder as vyf. Nou, ses jaar later, is die gemiddelde werpselgrootte al 8,3 waarvan gemiddeld 7,3 varkies grootgemaak word. Dit is nie 'n groot vark met 'n groot uterusvermoŽ nie, maar min varkies vrek voor speentyd.

    Diť ras het bepaalde gehalte-eienskappe. Daarby is dit 'n vark wat met min klaarkom. Hulle vaar goed op 'n rantsoen met 'n heelwat hoŽr veselinhoud vergeleke met die kommersiŽle rasse en kan byvoorbeeld kikoejoeweiding doeltreffend benut. Die Kolbroek is nie 'n groot vark nie en ook nie 'n sterk groeier nie. Uitgegroeide diere weeg sowat 150 kg en selde meer as 200 kg.

    Hierdie varke het 'n goeie weerstand teen siektes en 'n rustige geaardheid,
    sÍ Visser.

    Die DVI se Kolbroek-teelprogram is betrek by die aktiwiteite van die bekende Heifer-International se 50 jaar oue welwillendheidsprojek. Dit kom daarop neer dat hulle varke koop en met die oog op voedselsekuriteit in 'n gemeenskap plaas. 'n Sog en 'n beer word aan 'n individu in 'n gemeenskap geskenk met dien verstande dat minstens 'n sog uit elke werpsel deur die eienaar aan 'n volgende buurman geskenk word om die verspreidingsketting op dieselfde manier voort te sit.

    As deel van hierdie projek het die DVI al sowat 80 Kolbroeke by gemeenskappe in veral Limpopo geplaas.

    In 'n meer gesofistikeerde boerdery kan die Kolbroek as skoonmaker gebruik word. As die sŰe as 'n moederlyn gekruis word met Groot Wit- en veral Durocbere word varke gelewer wat op sowat 100 dae bemark kan word.

    Op diť ouderdom sal 'n suiwer Kolbroek waarskynlik 15 kg tot 18 kg weeg, terwyl die kruising tot 33 kg kan weeg. Veral Kolbroek-kruisings met die Groot Wit en Landras het feitlik deurgaans 'n spierwit nageslag tot gevolg, terwyl die Duroc 'n bietjie pigment oordra. Die bepaalde mark sal dus bepaal watter kruising in aanvraag is.

    Weens die genetiese agterstand het die oorspronklike Kolbroek 'n rugvetdikte van ongeveer 32 mm tot 40 mm vergeleke met die gewenste 10 mm tot 13 mm. En tog is die vleisgehalte baie goed wat in kruisings met die moderne rasse vir beter vleisopbrengs steeds 'n produk van goeie gehalte lewer.

    Ouer mense vertel dat die dik rugvet van die Kolbroek een van sy belangrike eienskappe was. Dit was die bron van die lekkerste kaiings en die uitgebraaide varkvet as energiebron was 'n wesenlike deel van plaaswerkers se rantsoen.

    Daar word goed met die veredelingsprogram van sowat 40 sŰe gevorder wat al 'n vierde geslag bereik het, met sommige diere al in die vyfde en selfs sesde geslag. By die sesde geslag is die meeste van die gewenste eienskappe in die veredelde Kolbroek vasgelÍ en kan met die opbou van die kernkudde voortgegaan word.

    Dit is al informasie wat ek tot dusver kon kry, dit lyk na n goeie vark, veral as n mens niks weet van boerdery nie...EK
    Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem, en diť wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. SIENER VAN RENSBURG Boodskapper van God.

  6. #6
    Kennis Volksregister maritzpm's Avatar
    Aansluit Datum
    2009-Feb-Fri
    Plek
    Nylstroom
    Poste
    235

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Lekker bloos ek nou oor my lelike spelling! Jammer.

    Peter, dit lyk vir my na 'n goeie vark, maar ek dink dat jy eers 'n klompie ander vraagstukke moet oplos voordat jy op 'n varkras besluit?

    Wat wil jy bereik deur die boerdery? Wil jy grootskaals en kommersieel lewer, of begin jy dit maar vir 'n stokperdjie m.a.w watter tipe opbrengste het jy in gedagte?

    'n Tweede belangrike ding waaraan ek sou gedagte gee is die aanhouding en getalle van die varke. In die geplaaste artikel word verwys na 'n vrylopende boerdery. Is dit wat jy oorweeg? Doen baie goed navorsing oor die voor en nadele die huisvesting van die diere. Nog 'n ding wat 'n rol sal speel in jou besluit sal wees of jy in 'n varkpes gebied val of nie. Indien jy wel is so gebied val is daar BAIE STRENG maatreels waaraan die plaas en die huisvesting (en vervoer) sal moet voldoen.

    My persoonlike opinie is dat 'n kolbroek nie in ons situasie die beste opsie is nie. Onthou dat groeispoed een van die grootste bepalers van wins is. So lank as wat die vark groei tot op produksie gewig moet jy hom elke dag voer. Voerpryse wissel baie, maar wanneer die voer so baie duur raak soos 'n paar maande gelede maak 'n dag se groei tydperk die verskil tussen bemark teen 'n wins of 'n verlies.

    Jou situasie lyk moontlik heeltemal anders. Laat weet gerus meer oor wat jy ingedagte het, dit sal dit makliker maak om jou opsies te bespreek.

    Groete

  7. #7

    Dankie vir jou raad...

    Kom ons se ek wil begin met n klein boerdery, netjiese skoon,higiŽniese hokke, ek is nie baie gepla oor die vark grote nie en dus ook nie groot wins nie, maar meer gekonsentreerd na die kwaliteit (sterkte,siektes ens..)
    kom ons se die toekoms word duur, medikasie,siektes, gaan daar geld wees om die varke op te piep soos nou... so ek soek n vark wat sterk is, wat alles vreet,en wat aanpasbaar is.

    Weereens ek ken nie varke nie, watter ras is die beste in al die faktore.
    Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem, en diť wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. SIENER VAN RENSBURG Boodskapper van God.

  8. #8
    Registrasie B Lid Volksregister
    Aansluit Datum
    2007-Dec-Thu
    Plek
    Brakpan
    Poste
    4,561

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Peter, die Kolbroek is goed as jy speenvarkies wil verkoop vir slag doeleindes, verder glo my kry vir jou `n goeie "Groot Wit" beer en so 30 Landras soee. Jy sal `n vinnig groeiende mooi vleis vark met net die nodige spek kry. Redelik min hare en `n gewigtige vark. Ongelukkig is die beertjies nie goeie teel talent nie("kapater" op 6 weke) en jy kry groot en mooi vleis. Kies jou soggies uit `n werpsel noukeurig vir verdere uitbreiding. Gebruik nog dieselfde beer, maar op hulle kleintjies het jy `n nuwe bloedlyn beer nodig. (Large White) Jy moet ongelukkig dop hou vir lewer siekte.As jou soee in `n kamp loop, sit `n paar kolbroek soee(gesteriliseer) saam met hulle. Jou kamp bly dan so redelik skoon.
    God sy met julle

  9. #9
    Kennis Volksregister maritzpm's Avatar
    Aansluit Datum
    2009-Feb-Fri
    Plek
    Nylstroom
    Poste
    235

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Peter, ek dink Scrooge het vir jou goeie raad gegee.

    Ek sou nie soee in 'n kamp laat loop nie, ek sou hulle ook in skoon hokke hou, en ek sou kastreer binne eerste 48 uur :-) maar dan weer, dis klein verskilletjies en persoonlike opinies.

    In watter omgewing is jy??

    Ek kan vir jou name en nommers gee van 'n paar ouens wat jou sommer baie sal kan help met alles van hok ontwerp tot en met voedings vereistes, as jy belangstel.

  10. #10

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur maritzpm Bekyk pos
    Peter, ek dink Scrooge het vir jou goeie raad gegee.

    Ek sou nie soee in 'n kamp laat loop nie, ek sou hulle ook in skoon hokke hou, en ek sou kastreer binne eerste 48 uur :-) maar dan weer, dis klein verskilletjies en persoonlike opinies.

    In watter omgewing is jy??

    Ek kan vir jou name en nommers gee van 'n paar ouens wat jou sommer baie sal kan help met alles van hok ontwerp tot en met voedings vereistes, as jy belangstel.

    Baie Dankie aan julle ouens, Ek woon nou in Pretoria en het nog nie n boerplek nie (soek nog grond), ek is nog in die navorsing fase, maar my toekomstige planne (binne hierdie jaar) is om alles reg te hÍ.

    Ek
    Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem, en diť wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. SIENER VAN RENSBURG Boodskapper van God.

  11. #11
    Registrasie B Lid Volksregister
    Aansluit Datum
    2007-Dec-Thu
    Plek
    Brakpan
    Poste
    4,561

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Peter doen jouself `n gunsie, as jy eendag tyd het ry uit na Nigel se rigting, daar na Hallgate se kant toe. Daar is `n paar mooi plekkies wat al klaar in gerig is vir wat jy wil doen, te koop. Jy ry deur Nigel op pad Devon toe. Dit is nou as jy na die Ooste toe wil uit wyk.
    God sy met julle

  12. #12

    Verstek Re: Vark Boerdery

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Scrooge Bekyk pos
    Peter doen jouself `n gunsie, as jy eendag tyd het ry uit na Nigel se rigting, daar na Hallgate se kant toe. Daar is `n paar mooi plekkies wat al klaar in gerig is vir wat jy wil doen, te koop. Jy ry deur Nigel op pad Devon toe. Dit is nou as jy na die Ooste toe wil uit wyk.
    Dankie Nigel is nie so ver vanaf Pretoria nie, en ook naby al die voedsel fabrieke, sal so maak.....
    Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem, en diť wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. SIENER VAN RENSBURG Boodskapper van God.

  13. #13
    Kennis Volksregister maritzpm's Avatar
    Aansluit Datum
    2009-Feb-Fri
    Plek
    Nylstroom
    Poste
    235

    Verstek Re: Vark Boerdery

    As jy in Pretoria is kan jy gerus by Charles street vetenary group 'n draai maak. Ek gaan vir jou jok as ek 'n adres moet gee, maar hulle sit op die teen oorgestelde hoek van die kruising by die BP garage in Charles.
    Maak 'n afspraak en praat bietjie met een van die vee artse, ek kan veral aanbeveel dat jy met Dr Piet Botha praat. Hulle sal vir jou baie waardevolle inligting kan gee. Hulle spesialiseer in vark boerdery.

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::